Terwyl Tinus nog heerlik aan sy eie verspotte stories smul, kom Danil se vrou hom tegemoet met die nuus dat Danil, Baku en die kuiermeisie vroeg-vroeg reeds weg is na Mapun-gubwe.
S asseblief hy moet maar met my kom praat as daar fout is. Maar, Jessina, is hier dalk nog n tent? Dit kan maar klein wees 
Jessina knik. Paulus, een van Danil se ander seuns word nadergeroep, hy haal n tent uit die pakkamer en met tent en al stap hy saam met Tinus terug kampplek toe.
Daar aangekom, spring Tinus dadelik aan die werk. Elke het hom verseker dat hy met gerustheid nog sowat n kwartier kan werk voor ontbyt. Buitendien, s sy, van die ander is daar geen spoor of teken nie, dus kan jy maar rustig aangaan met jou dinge!
Die eerste van die dinge waarvan Elke gepraat het, is om die klein tentjie op te slaan. Hy wil die tentjie inrig vir al die toe-rusting wat oom Martin saamgebring het om die wildtelling mee te behartig. Die wildtelling gaan vanuit n helikopter ge-doen word en die data gaan op die PDA aangeteken word, maar dan moet daar n stasie op die grond wees waarop hierdie data gestoor kan word sodat dit verwerk kan word tot sinvolle inligting wat die veldwagters van die Vhembe-Dongola reser-vaat kan help met die bestuur van die park. Die GPS-program sal ook ingespan word, sodat daar aangedui kan word watter diere kom waar voor. Tinus bring die skootrekenaar met al sy bybehore uit die sleepwa nader, installeer dit en koppel die krag. Hy installeer die GPS-program en soek Makwena daarop.
So ja, dink Tinus, nou kan ek en Chris gou aan die werk spring en met die voorbereidings vir die wildtelling begin.
Die werkstasie is net klaar ingerig toe Elke haar broer roep om die roosterbrood te kom maak.
Waar sou die ander tog bly? s Tinus n n ruk. Ek gaan beslis nie ewe geduldig wag totdat hlle eendag opdaag nie, daarvoor lyk hierdie ontbyt gans te lekker, Elksie.
n Rukkie is daar stilte in die kombuis terwyl broer en suster aan hul koffie, roosterbrood, spek en eiers smul, toe Tinus skie-lik opkyk.
Wat is dit? Hoor jy dit ook, Elke? Dis sweerlik Herrie en hy blaf soos n maniak! Iets is verkeerd! Weg is ek, brul hy, rivier-walle toe!
Chris, Annemie en Deirdr, wat al geselsend aangeslenter het sonder om op te let dat Herrie vooruit hardloop, hoor skielik sy verwoede geblaf. Daars moeilikheid, gil Annemie en begin hardloop. Halsoorkop volg Chris, met Deirdr kort op sy hakke. Toe sien hulle dit!
n Vreemde man probeer vergeefs wegkom van Herrie wat kringetjies om hom hardloop en soos n besetene blaf. Op die grond l twee koedoes, n bul en n koei. Die bul skop nog, die koei is dood  verwurg deur n draadstrik. Die lawaai laat n tweede man wat agter die dooie koedoe doenig was, opspring. Mes in die hand storm hy op Herrie af, maar iets laat hom vassteek. Was dit n bevel? Verbouereerd kyk hy op, hy struikel, die mes spat uit sy hand en val in die gras. Sy maat skree iets. In n oogwink spring die wilddiewe om. Die bos sluk hulle in, en sekondes later is dit asof hulle nooit daar was nie.
Hoekom ruik dit nou skielik na ren? wonder Chris. Dit het gelyk asof iets of iemand die mans wegjaag, fluister
Deirdr en sy ril asof sy koud kry. Hallo!
Verbaas draai Chris om. Agter hom staan die mooi meisie wat die dag van die interhor saam met Baku teen Tinus en Elke tennis gespeel het. Wat maak sy hier?
Gigi glimlag kalm.
Het die diewe vir haar geskrik? Is dit hoegenaamd moontlik? Skielik is Tinus en Baku ook daar. In n oogwink som Tinus die situasie vinnig op en hardloop na die koedoe wat met stuip-trekkings op die grond l en skop.
Kom help! Move! skree hy.
Chris en Baku snel hom te hulp, terwyl Deirdr nuuskierig nader staan. Behendig druk Chris en Baku die bok vas terwyl Tinus begin om die draadstrop om die dier se nek los te draai.
Staan terug! skree hy, nie n oomblik te vroeg nie, want
die koedoe se horings kap wild in die lug soos hy spartel om orent te kom.
Hy sal dit maak! roep Chris verheug uit. Jy het n won-derwerk verrig, Tiens!
Die bul kom op sy bene te staan, huiwer n oomblik, en toe met een kragtige sprong spring hy bo-oor die dubbele elek-triese draad na Makwena se kant. Almal staan en kyk na die koedoe wat omdraai asof om dankie te s, en dan in die bosse van Makwena verdwyn.
Wat n awesome koedoebul, s Chris. n Paar dae seerkeel vir hom, en dans ons oom n pragdier ryker.
Haai julle! n Stralende Annemie sit eenkant plat in die gras met haar hondjie styf teen haar vasgedruk. Dan kyk sy soekend rond: Waar is Pappa?
Hy het net gou vir Mamma gaan haal.
O! s Annemie doodtevrede, en brei verder uit oor Herrie se heldedade. Weet julle wat? Herrie het die wilddiewe weg-gejaag. Net hy alleen, hys 
Tinus lag. Is dit so? Dan is hy n doring. Hy verdien die heel grootste been in die kamp. Maar, s hy, wat het eintlik gebeur? Ek het my verbeel ek sien iemand weghardloop.
Dit het alles so vinnig gebeur dat ek self nie mooi onthou nie, s Deirdr. Sy draai om en gewaar Gigi vir die eerste keer. Wie is jy? vra sy verbaas.
Ek is Gigi en ek het n taak om hier af te handel. Haar pragtige altstem laat almal sommer rustiger voel. Sy is geklee in die mooiste safaripak wat Deirdr nog gesien het. Die Bos-veldson laat haar armbande en oorringe skitter. Sy gesels voort: Baku het die hondjie hoor blaf en toe het ons dadelik kom ondersoek instel. Die Zimbabwir en Kongolees het groot ge-skrik toe hulle ons sien.
O! s Deirdr ietwat onseker. Hoe weet jy hulle kom van Zimbabwe en die Kongo af?
Ek weet dit net. Gigi glimlag geheimsinnig.
Gigi is die chick wat saam met Baku in die finaal teen Tinus-hulle tennis gespeel het by die inter, s Chris.
O ja, s Deirdr, nou onthou ek! Ek wou s jy lyk bekend,
Gigi. Ek is Deirdr. Maar sjoe, ek dink ons het nou n koppie koffie nodig. Ek bewe soos n riet! Tinus, kan ons maar terug-gaan kamp toe? Annemie, jy ken mos die pad? Kom saam, Gigi. Ja, gaan gerus terug kamp toe. En, Deirdr, s tog vir Paulus om hierheen te kom en sommer die sleepwaentjie saam te bring. Chris, hierdie koedoe kan ons nou nie meer help nie. Kom ons vat die karkas kamp toe, dan maak ek en jy later lekker koe-
doepotjie. Kom jy ons help, Baku?
Toe Paulus n rukkie later met die sleepwa kom, is die karkas reeds in groot stukke verdeel. Vinnig word dit opgelaai en almal keer terug na die kampplek waar n heerlike laatontbyt wag.
Terwyl hulle nader staan aan die tafel wat vrolik gedek is, s Baku: Wie van julle ken nog nie vir Gigi nie? Chris? En jy is Deirdr, n? Ek is Baku, ons het in Gigi se Merc hierheen gekom 
Chris knik. Was dit jy wat die wilddiewe laat vanish het, Gigi?
Miskien, glimlag Gigi, maar Baku het ook sy teenwoor-digheid laat geld.
Chris sluk-sluk. Grote Griet, maar hierdie meisie gebruik groot woorde! En waarom is sy so geheimsinnig?
Tinus is egter so besig om almal te vertel hoe hy en Elke vir Baku en Gigi op die tennisbaan laat les ops het, dat Chris nie n woord verder inkry nie.
E  e  ja, s Baku verle, tennis! Julle het gewen, maar jy brag verniet, ou maat. Die volgende keer dat ek jou op n tennisbaan kry, sal ons sien wat gebeur, mark my words!
Tinus lag net.
Terwyl Elke en Deirdr kombuis toe wip om vars rooster-brood te gaan haal, kyk Tinus met nuwe belangstelling na sy gewese tennisopponent. Baku het ges daardie Merc onder die kremetartboom behoort aan hierdie Gigi, en wie kan sy wees om so n motor te besit? Noudat hy vir die eerste keer aandagtig na haar kyk, let hy verbaas op dat haar gelaatstrekke vreemd is. Haar neus is fyn en sierlik; adellik besluit hy. Haar groot, bruin en effens droomverlore o laat mens aan die duisend-en-een nagte dink, aan n Arabiese prinses. Haar wangbene is hoog,
haar mond pragtig en haar stil sjarmante houding straal iets mistiek uit.
Onbewus van Tinus se gedagtes is Baku besig om opge-ruimd oor ander dinge te gesels. Weet julle dat mens n permit nodig het om na Mapungubwe te kyk? Ek was al dikwels daar, maar Gigi wil graag sien wat bo aangaan. Toe stap ons oor en daar stop hulle ons sommer nog voordat ons naby is. Weet jy iets van hierdie nuwe dinge, Tinus?
Tinus knik. Ja, n mens moet n permit h. Ons is self amper onkant gevang, maar Rudi Steyn  jy ken hom mos, hys De Beers se veldwagter  het ons uitgenooi om saam met hom die berg uit te klim. Ons gaan mre soontoe. Julle twee kan gerus saamkom as julle wil.
Gigi kyk vinnig op. O, dankie! Asseblief, ja, Tinus.
Dan is dit afgespreek, Baku. Julle moet mreoggend niks later as agtuur hier wees nie.
Ten spyte daarvan dat dit al elfuur is, smul almal heerlik aan die koue spek en eiers. N ete en lekker kampkoffie, staan die twee kuiergaste op. Baie, baie dankie! s Gigi met n glimlag. Die ete was heerlik en ek is verheug dat ek u almal kon ont-moet. Maar verskoon ons asseblief. Ons moet teruggaan.
Baku bedank ook sy gashere en die twee van hulle stap terug huis toe.
Terwyl hulle nog aan tafel sit en gesels, onthou Tinus dat hy opgelet het dat die grensdraad lelik beskadig is op die plek waar die stropers die koedoes gevang het. Hy besluit om on-dersoek te gaan instel.
Tinus het nie ver langs die grens af gestap nie, toe hy die eien-aardige opening in die draad sien. Hy kyk sorgvuldig daarna en besluit dat dit nie toevallige skade is nie. Dit is professionele saboteurs se werk. Opgewonde rekonstrueer hy hoe die diewe te werk gegaan het. Die elektriese draad is eers afgeknip. Toe is die heining losgemaak en s uitgebuig om n tonnel te vorm. Die sye van die tonnel is versterk met ysterpale wat hulle seker laer af uit die heining losgewikkel het. Aan die einde van die tonnel is daar n aantal strikke. Dit is twee van hierdie strikke
wat die koedoes verwurg het. Ingedagte bekyk Tinus die vreemde tonnel. Daar is iets wat hom pla: Die tonnel is gans te stewig gebou en duidelik nie vir die vang van koedoes bedoel nie. Snaaks, dink hy terwyl hy begin terugstap kampplek toe, iets is weird  dit maak nie sin nie.
Haai daar, roep iemand skielik uit die bosse, wag vir my! Verbaas bly Tinus staan. Toe sien hy Chris in die valswalle aan die buitekant van die draad aangedraf kom.
Kom hier deur, Chris, roep Tinus. Die krag is af. Jy kan maar deurkruip.
Genuine?
Ja, die stropers het die kragdraad geknip. Die grensmanne sal dit eers mre weer kan aanskakel.
Chris toets die draad en tevrede gestel, klouter hy deur. Die twee van hulle gaan op n boomstomp sit om sake te bespreek. Het jy iets gekry? vra Chris.
Sy broer knik. Ek s jou, hierdie strikke is nie gewone wild-diewe se werk nie. Hulle het n vangtonnel gemaak en dit is n professionele joppie, hoor! Ek dink dit is bloot toevallig dat die koedoes aan die valswalle se kant in die stroppe beland het. Lyk my, die plan was om hele troppe wild van binne die draad aan te keer, wild wat nie bo-oor kan spring nie.
Soos byvoorbeeld?
Waterbokke en zebras miskien, raai Tinus, selfs elande. Die moeilikheid is net, n dooie waterbok is nie veel werd nie. Hy frons. Zebravelle miskien. Ek wed jou hierdie klomp is geldmakers. Hulle vang nie vir vleis nie.
Weird  s Chris. Hy steek sy hand in sy sak en haal n mes uit. Terwyl jy die strikke gaan check het, het ek die mes gaan soek wat die stroper laat val het nadat hy Gigi gesien het. Snaakse meisie daardie, ek weet nie wat om van haar te dink nie. Sy praat so weird. Maar kyk na hierdie mes. Wat dink jy hirvan?
Tinus neem die mes en gee n verbaasde fluit. Dis glad nie n mes nie! s hy verbaas. Dit is n vervlaks snaakse ding, n? n Soort dolk sou ek s. Hy draai die mes om en om in sy hande. Dis n oosterse dolk, di! n Kris. Daarvan is ek seker  ek het al
fotos daarvan gesien in n boek oor China. Fronsend bekyk hy die mes van nader. Kyk wat staan hier. Hiers klein lettertjies op die handvatsel. Laat ek sien of ek dit kan lees  ja wag! Hier staan SAIGON.
