Nou wat dan, Pappa? vra Annemie. Renosters? Ek weet mos renosters klink so! Hulle breek mos die hele wreld voor hulle plat en 
Sou kon wees, stem haar pa saam, behalwe dat daar nie renosters op ons plaas is nie. Die naaste renosters is in De Beers se renosterkamp by die myn, waar hulle soos goud opgepas word.
Dalk buffels, stel Elke voor, maar voordat iemand kan ant-woord, maak die paadjie n skielike draai en is hulle by die hek van die kampeerterrein.
Op sy bosryke wildplaas Makwena het oom Martin vyf hek-taar tydelik afgekamp vir n vakansieoord. Eendag sal alles nog behoorlik ingerig word om buitelandse gaste te ontvang, maar tans is nog net die kampterrein aangel met n lapa, veldkom-buis en stortgeriewe. Daar is ook n oopgekapte ruimte waarin Tinus nou die tente opslaan, terwyl Chris n gesellige kampvuur in die lapa aansteek. Elke deel slaapsakke en komberse uit. Die meisies slaap in die groot tent, oom Martin in n kleiner tent langsaan, terwyl Chris en Tinus langs die kampvuur vir hulle lplek inrig. Met hierdie takies afgehandel is dit skaars nodig dat Chris almal daaraan herinner dat sy maag van die honger skree.
Roosters word reggekry en gou-gou vul braaivleisgeure die lug. Chris deel koeldrank uit en die meisies smeer broodjies in die veldkombuis met Annemie wat eintlik meer hindernis as hulp is. Nie lank nie, of Annemie besluit dat sy nou werklik haar deel bygedra het en soos groot spelde verdwyn sy en Herrie kampvuur toe.
Nous ek vodde! kondig sy melodramaties aan en plons in die naaste lstoel neer. Herrie spring op haar skoot. Ag, ou Chrisman, torring sy, bring tog vir my n stukkie wors, my ou gunsteling neef. Jy weet tog dat ek altyd lief is vir jou al trek jy my hare en knyp jy my, want ek weet mos jys eintlik vreeslik goed en sterk en 
Jou vleitaal sal jou niks help nie, jys klaar lights out! smoor Chris haar lofbetuigings. Uitgepaasde mense kan nie eet nie. Netnou kry jy flippen maagpyn.
Sy begin luidkeels protesteer, maar bly dadelik stil toe Chris n stuk wors aangee met: D, brand nou nog jou vingers, hoor! Tinus inspekteer die braaivleis en haal die rooster met die eerste gaar wors van die vuur af. Die geur versprei en die kring om die kampvuur word voltallig. Oom Martin teug aan n bier-
tjie.
Aitsa, so n worsie smaak vir jou puik, s Deirdr terwyl Tinus vir haar n kampstoel langs syne regskuif (eintlik wou sy liewer langs Chris gaan sit). Nou is ek weer gereed vir alles!
Renosters, buffels, olifante? Chris glimlag tergend.
Wel  e  ? Deirdr is nie so seker nie. Chris glimlag. Sy is eintlik nogal oulik, dink hy.
Die vuur kraak en knetter soos hardekoolstompe in bloed-rooi kole verander. Hulle hoor hoe n hina veraf die volmaan met n melankolieke hoe-e-hoep begroet. Elke gaan haal haar kitaar. Vrolik sing die groepie Jan Pierewiet, Die Oukraalliedjie en al die ander kampvuurgunstelinge. Die vrolikheid raak algaande minder en o begin toeval. Elke kyk na haar broer. Annemie is amper aan die slaap, maar vir oulaas gaan jy my gunsteling sing. Ons luister, Tiens! Hy glimlag, tokkel die instrument totdat hy tevrede is. n Melodie neem vorm aan.
Tinus se pragtige stem neem die tenoornote suiwer in n silwer draad boontoe tot waar die sterre tussen die hardekoolblare skitter.
Die kitaarklanke word stil en spontaan breek die applous los. Elke sug van lekkerkry: Jy het my sowaar hoendervleis gegee.
Tinus glimlag n dankie en onderdruk n gaap.
Weet julle, s oom Martin terwyl hy opstaan, dit was n lang dag. Ek dink julle moet my verskoon, ek gaan inkruip.
Oom is reg, dit was hectic, stem Tinus saam terwyl Elke die kitaar neem om te bre, ek dink ons moet nou almal gaan slaap. Mre is nog n dag en julle moet op sports voorbereid wees. Dames, bewys my nou n guns en verkas tente toe sodat ek kan gaan slaap. Nag, mense!
Die meisies staan traag op vanuit die lstoele.
Jou hulp word hier benodig, boetman Chris! lag Elke ter-wyl sy na Annemie wys wat maak asof sy vas aan die slaap in haar stoel opgekrul l. Neem jy vir Annemie, ek sal Herrie bring. Maar die gedagte dat Chris haar moet tent toe dra, is net een te veel vir Annemie. Sy spring op en in n japtrap is Chris se aartsvyand binne in die meisies se tent en buite sy bereik.
Lank nadat almal in droomland is, rol Tinus rond. Hy kan net nie daardie persgroen ligflits vergeet nie  was dit dalk n laserstraal of n ligpistool? Onmoontlik  en tog  kon hy hom dan s misgis het? Hier is iets vreemd aan die gang, dis seker. Hy sal ondersoek moet instel.
Hy moes net ingesluimer het, toe n harde donderslag hom wakker ruk. Tinus maak sy o oop en kyk om hom rond. Wat gaan n aan? Dis net vlamme en vonke  asof die hele wreld aan die brand is!
Brand! Brand! skree Tinus en spring op van waar hy langs die kampvuur l en slaap het. Chris kom brullend orent en neem koers na die naaste tent. Hy storm by die tentdeur in net om hom disnis te loop teen sy oom wat uitkom om ondersoek in te stel na die vlamme. Die rumoer het die dogters ook wakker gemaak, laat opspring en vergesel van n vrolik blaffende Herrie hardloop hulle na die kampvuur. Verdwaas staan hulle nou en kyk na die kampvuur wat brand asof dit die wreld wil ver-woes.
Chris is die eerste om die oorsaak van die brand vas te stel. Dis Modjadji se skuld, som hy die gebeure ewe kalm op. Kyk, haar blitse het n tak afgebreek en op die kampvuur gegooi. Dis nou stupid!
Al weer Modjadji, dink Deirdr. Hierdie Modjadji moet reg-tig iemand besonders wees. Chris, begin sy, wie is Modjadji? Toe skielik: Tip! Tip, tip! Groot rendruppels begin sissend op die kampvuur val. Vlamme en water veg behoorlik om die
botoon te voer.
Modjadji is die Vendas se renkoningin, beantwoord Tinus haar vraag, maar gedurende die jare lange droogte het sy onver-klaarbaar verdwyn. Dit is wat die mense hier rond vertel. En toe, ses maande gelede, verskyn sy ewe skielik weer en maak haar tuis op Mapungubwe, die koppie op die plaas net langsaan. Sedertdien ren dit katte en honde. Soos jy sien, is haar rentjie nou besig om die vlamme te blus. Dus weet ons sy is tog nog lief vir ons, al het sy ons so laat skrik. En weet julle wat? As ons nie nou spore maak nie, ren ons almal sopnat.
Dit is die volgende oggend; Sondag. Skaam-skaam loer die win-terson tussen die hardekooltakke deur en kielie die jongmense wakker. Dit is koel. Die renbui wat gedurende die nag geval het, laat n fris geur uit die blaartapyt opstyg.
Chris maak sy een oog oop.
Haai daar, roep Tinus wat besig is om Elke te help met die gasstofie, bly om te sien jys wakker. Staan op, broer, want die meisies werskaf reeds lankal in die kombuis. Dit sal rrig sleg wees as hulle jou koffie bed toe moet aandra. Buitendien vir my en jou l daar n besige dag voor.
Wat moet ons doen? brom Chris wat beslis nie lus is om sy vakansie met werk te begin nie.
Rekenaars regkry, die PDA koppel, n tent vir die rekenaar inrig 
Di toorwoorde het die gewenste uitwerking en Chris vlieg
op.
In die veldkombuis vind hulle die meisies wat heerlik aan bekers koffie teug. In n kits is die seuns ook besig om die warm bekers te gebruik om die koue van hul vingers af weg te jaag.
Tinus, s oom Martin wat al sy tweede koppie in het, ek wil gou na my voorman se huis loop om te hoor wat alles gebeur het vandat ons laas hier was. Kom jy saam?
Graag, s Tinus. En Chris, voeg hy by om sy jonger broer aan sy pligte as gasheer te herinner, ek is seker jy sal graag vir Deirdr so n ietsie van die plaas wil wys, of hoe? Hulle mag mos maar, nie waar nie, Oom?
Seker! Gaan by die syhekkie uit en volg die voetpaadjie tot by die hek in die grensdraad. Julle kan gerus n entjie langs die rivier afstap. Moet net nie te ver gaan nie, hoor. Julle is alleen en mens weet nooit nie 
Deirdr se o blink van opwinding.
Ek kom saam! roep Annemie uit en Elke voeg by: Moenie lank wegbly nie! Ons eet om tienuur lekker ontbyt!
Oukei! roep Chris oor sy skouer en die drie van hulle, met Herrie agterna, sit af rivierwal toe. Snaaks genoeg, dink Chris, hier in die bos is dit nie so erg sleg om met Deirdr te gesels nie. Seker omdat hier gn ander ouens is om alewig af te luister nie.
Hoekom het julle so n woeste draad gespan? vra Deirdr toe hulle die hek in die grensdraad oopsluit en deurstap vals-walle toe. Dit is mos nie nodig nie?
Ek verstaan die owerhede het hierdie draad teen die eie-
naars se sin gespan, verduidelik Chris, opreg dankbaar dat oom Martin hulle so goed touwys gemaak het, glo om beeste te keer wat bek-en-klouseer van ons buurstate af kan inbring. Maar oom Martin s eintlik is die bedoeling om te keer dat onwettige immigrante inkom.
Maar wat van die wild? Deirdr kyk aandagtig na die grensdraad. Dit is n dubbele heining, twee meter hoog en boonop gelektrifiseer.
Dis hoekom ons die draad ht, s Annemie heftig, want daar is baie bokke en ander diere in Botswana wat na ons kant toe moet kom. Dis droog en sleg in Botswana. Hier is baie wa-ter en dis lekker vir hulle. Maar die diere is slim. Hulle maak die oulikste planne om deur die draad te kom. Koedoes spring bo-oor. Olifante loop sommer dwarsdeur die heining, en kleiner diertjies grawe slote onder die drade deur. Slim n, Deirdr?
Awesome! Die Bosveld begin werklik lekker word, so met Chris as gids 
Hulle stap aan tussen die valswalle waar die buffelsgras kniehoogte staan. Deirdr bewonder die ho bome, wat slimkop Annemie as anabome en wildevye uitken. Hulle stap aan tot by die oewer. Voor hulle, tussen die sandbanke, l die Limpopo, tans eintlik nie veel meer as n smal streep groen water tussen sandbanke nie.
Met vrolike blafgeluidjies hardloop Herrie al op die kron-kelpaadjie voor hulle uit. n Luislang gee stil-stil pad tussen die lang gras.
Chris en Deirdr-hulle is skaars weg rivierwalle toe, toe oom Martin se selfoon lui. Hallo! s hy. Hallo, my skat! Waar is jy? Wat? Nooit! Is jy seker jy het nie seergekry nie? Natuurlik is jy geskok! By die hotel, s jy? Goed. Ek kom dadelik. Ek is binne vier ure by jou. Sterkte, my liefling!
Elke kom aangehardloop: Wat het gebeur?
Dit was tannie Vera. Sy was in n ongeluk betrokke  naby Nylstroom. Die BMW is sleg beskadig  ek moet dadelik ry.  Elke en Tinus is albei yskoud geskrik. Ek kom saam, oom
Martin!
Nee, Tinus, bly jy hier. Julle twee sal na die kinders moet kyk totdat ons terug is. Elke, vertel tog maar net vir Annemie dat ek haastig weg is om vir Mamma te gaan haal. Dis nie nodig dat sy alles moet weet nie. Ag, en Tinus, doen my tog n guns 
Seker! Praat net!
Gaan na Danil en vind uit of alles hier in orde is. Dalk het hy iets nodig. Hier, neem my selfoon en kontak my op tannie Vera se sel as daar probleme is. Haar nommer is op die foon.
Slegs minute later staar Tinus en Elke die verdwynende bus-sie agterna.
Tinus ruk hom reg. Bly jy hier in die kamp, Elke. Ek draf gou na Danil se huis om te hoor of alles nog reg is. 
By Danil se woonplek aangekom, vang iets Tinus se oog. Net agter die huis, onder n reuse kremetartboom, staan n swart Mercedes geparkeer.
Sjoe! fluit hy verbaas. Ek het nie besef die salaris wat oom Martin Danil betaal is s goed nie. Maar  wag n bietjie, hierdie Merc lyk vir my mos bekend. Ek sweer dis dieselfde kar wat Chris amper disnis gery het toe ons na Shebas Breasts gaan kyk het? Hier is iets weird aan die gang  Hy stap nader, en ja waarlik, dit is dieselfde motor wat hulle langs die pad gesien het, kompleet met Mpumalanga-nommerplaat en al. En nou weet hy ook dat hy daar by die Ultra City nie n fout gemaak het nie. Dit was Baku wat bestuur het. Baku, wat natuurlik oud genoeg is om reeds n bestuurderslisensie te h.
Alles goed en wel, vertel hy homself, maar wat beteken dit? Hy bekyk die motor. Dit is splinternuut met donker ruite, n spesiale model wat nie algemeen beskikbaar is nie. Daar is ekstra ligte wat laag op die grond skyn en in mistige weer gebruik word. Wie verwag nou misweer hier in die Bosveld? Hy loer deur die ruite. Hy sien eers min, maar toe sy o beter gefokus raak, merk hy dat die voorste sitplekke van die ag-terstes deur glaspanele geskei is. Hierdie motor is n model vir n koning! mompel hy. Waar sou n matriek-ou soos Baku Maponani so n Merc kry?
Terwyl hy terugstap na Danil se huis, onthou hy dat die
storie lui dat Danil Maponani n afstammeling van die Venda-konings is. Eintlik, so het tannie Vera destyds vertel, sou hy, Danil, die Venda-koning gewees het as daar nog so iets soos n Venda-koningshuis was. Dit, dink Tinus laggend, maak dan ons vriend Baku die troonopvolger, die kroonprins. Ek moet dit onthou as ek hom weer sien en hom as U Koninklike Hoog-heid aanspreek.
