Rudi? Tinus Vermeulen hier. Kan jy my hoor? Oukei, ek sal harder praat. Ons is op pad Bosveld toe  O, jys in Macha-dodorp. Wat maak jy daar?  Sondagaand, s jy? Man, ons wil graag Mapungubwe uitklim. Kan jy vir ons n permit kry? Nie? O, ek verstaan. Hoe nou? O, dit sal bakgat wees  Jis, baie dankie man! Dan sien ons jou Maandag om tienuur by ons rivier-padhek. Cheers! O  goed ek sal hom s.
Tinus gee die PDA terug en Chris streel dit liefkosend voor-dat hy dit bre.
Rudi is tans in Machadodorp, vertel Tinus. Sy ma verjaar, maar hy sal mreaand terug wees. Wat Mapungubwe betref, s hy dat hy nie permitte uitreik nie, maar hy mag enige tyd die berg uitklim. Ons kan as sy gaste saamgaan.
Chris slaak n geheime sug van verligting  dis ten minste n vernedering wat hom gespaar is.
Rudi s ook ek moet vir Oom s hy het die sagteware vir
die wildtelling gekry.
Dis goeie nuus. Oom Martin verwonder hom stilletjies aan hoe gemaklik die jonges met al hierdie nuwe uitvindsels is.
Buite vlieg die landskap verby. Bome en weelderige struike verraai dat die Bosveld nader kom. Die bussie vreet die kilos een n die ander op, steeds noordwaarts, verby Kranskop en Potgietersrus.
Elke, verbreek Tinus skielik die stilte, het jy toe tyd gekry om King Solomons Mines te lees soos Chris jou gevra het? Ek ken nie die boek nie en aangesien ons vir ou Chris belowe het om saam met hom die wedstryd aan te pak, dink ek dit sal goed wees as jy so tussendeur vir ons die storie kan vertel.
Ek het die boek gelees, ja, beaam Elke, en dit was regtig nie n straf nie. Die boek speel af in die agtienhonderds en is vrek interessant. Dit gaan oor n ou, Allan Quartermain, n oli-fantjagter van beroep. Terwyl hy een keer n n jagekspedisie siek was en by n plaaslike stam moes aansterk, ontmoet hy n Portugees wat op die punt staan om na die Sulimam (Arabies vir Salomo)-gebergte te vertrek. Voor hy vertrek groet die Por-tugees Allan met di woorde: if ever we meet again I shall be the richest man in the world. Maar n n week is die ou terug met le hande en boonop sterwend. Op sy sterfbed gee hy n kaart aan Allan wat op n stukkie vergeelde materiaal geteken is. Hy vertel dat sy voorvader, Jos da Silvestra, se slaaf dit driehonderd jaar gelede aan sy oupa se oupa gegee het, nadat Jos dood is tydens die tog na die vreemde.
M-m, onderbreek Tinus sy suster se vertelling, ongeveer driehonderd jaar voor Allan se storie afspeel. Dit beteken die kaart is geteken so vyftig jaar voor Van Riebeeck Kaap toe ge-kom het. Dit was n tydperk waarin die Portugese baie bedry-wig was in en rondom Afrika.
Daarvan s die storie niks nie, maar ja, dis interessant. Die oupagrootjie het die plek waar hulle gedink het Salomo se goud-myn moet wees op die kaart gemerk. Allan Quartermain het die kaart toe vertaal, gekopieer en veilig bewaar. Baie jare later, op n seereis, ontmoet hy sir Henry Curtis en Captain Good wat hom vra om hulle te help om Sir Henry se broer te gaan
soek. Di het n paar jaar tevore verdwyn en volgens die enigste leidraad wat hulle het, lyk dit of hy koning Salomo se skatte gaan soek het. Allan s ja, hy sal hulle help en so gou as wat hulle weer aan land gaan, kry hy n klompie Zoeloes, onder andere Umbopa, en n Khoi met die naam Windvol bymekaar, en vertrek met n stink spoed Noorde toe  op soek na die goudmyn.
Stink spoed? Met n ossewa?
Natuurlik met n stink spoed, s Elke kamma onskuldig. So vinnig as wat n ossewa kn ry met die res van die geselskap wat agterna draf.
Tinus lag. O, ek verstaan. Miskien is hulle nou nog op pad. Net voor ons hom inhaal, s Chris doodernstig, hoor eers n bietjie hier. Elke lees seblief vir ons wat skryf Haggard van
hierdie wreld. Dan sal julle sien ons is op die spoor.
Wees geduldig, boetie. Ek kom daarby, antwoord Elke. Julle moet weet, vertel sy, arme ou Allan en sy vriende is teen di tyd al kastaiings gebraai en boonop dood van die dors. Al hul water is op en die bietjie brandewyn wat hulle oor het, kan hulle nie drink nie, want dit sal hulle heeltemal laat ont-water. Nou lees ek verder: So far as the eye could reach there was nothing but arid, sweltering sand and karoo scrub.
Sukkel-sukkel bereik hulle die snaakse koppie waar daar volgens die kaart kastig water sou wees, vertel sy, maar hulle vind niks nie. Skielik skree Windvol: Ek ruik water! Allan-hulle kyk hom ongelowig aan, maar op die ou einde klouter hulle almal die koppie uit om die water te gaan soek. Umbopa is eerste bo en skielik hoor die ander hy skree: Amanzi, amanzi!  Water, water! Almal strompel agterna en sowaar: Daar kry hulle Umbopa by n pannetjie water bo-op die koppie. Die water was nie baie lekker nie, maar hoe s hulle? Beggars cant be choosers!
Chris loer onderlangs na Deirdr. Sy sal moet erken hy het n cool suster. In sy skik roep hy uit: Nou gaan ons kyk wie eerste die koppie sien!
Nie te lank nie, of Tinus s: Daars hy! Kyk julle, dis sowaar Allan se koppie! En werklik, voor hul o neem n eienaardige
koppie vorm aan. Een enkele rotsmassa op die plat vlaktes rond-om. Hulle ry nader en hou stil. Deirdr se kamera flits terwyl Tinus opmerk: Ek kan glo gn Engelsman sou water bo-op hierdie koppie verwag nie, maar elke boerseun wat dassies ge-jag het, weet dat daar plasse tussen die rotse is.
Die bussie kruip stadig teen n opdraande uit. Chris wys weer. Sien julle daardie berg? Dit is Ysterberg. Allan-hulle het dit Shebas Breasts genoem. Die pad krul nou op soontoe. Oom Martin, sal Oom asseblief bo in die nek stilhou? Ek wil julle iets wys.
Bo trek hulle van die pad af, tot Annemie se groot ontstel-tenis. A nee a! Hoekom hou ons stil? Moet iemand piepie of 
Nee, val Chris haar in die rede, Elke gaan nou eers vir ons lees wat Haggard s oor Shebas Breasts. Dis op bladsy 66, ek het n boekmerk daar ingesit.
Elke kry die plek en begin lees:
So n blikskottel, lag Tinus, is dit wat julle in graad 9 leer? Maar kom, laat ons na Shebas Breasts gaan kyk. Wie kom saam bergklim?
Nie ek nie! s Annemie beslis. En Herrie ook nie! Dis te steil en klipperig, en buitendien wat wil k van shee-shee-goeters weet? Weet nie eers wat dit beteken nie, en boonop is ek nog 
Toemaar, verander Elke die onderwerp, jou Pappa en ek bly hier by jou, dan drink ons koffie.
Annemie druk Herrie styf vas sodat hy nie dalk besluit om saam na die shee-goeters te gaan kyk nie.
Deirdr voel ook maar aardig oor die onderwerp. Dis alles goed en wel om in jou slaapkamer oor Shebas Breasts te lees, maar s, voor hierdie seuns, voel sy hoedat n warm blos haar wange kleur. Eintlik wil sy liewer by Elke bly en koffie drink, maar sy het nou eenmaal beloof om die opstel te skryf. As Chris nou net nie begin simpel word nie.
Die voornemende stappers spring by die bussie uit en die deure klap toe. Chris wil dadelik die teerpad oorsteek. Al hard-lopende draai hy om: Deirdr, het jy jou kamera onthou? en met di beland hy amper voor n groot blinkswart Mercedes, wat hom met skreeuende toeters net-net mis.
Pas op! skree Tinus. Chris spring net betyds weg. Die Mer-cedes jaag verder, maar nie voordat Tinus oplet dat die motor n Mpumalanga-nommerplaat het nie.
Toe die teerpad skoon is bereik hulle die oorkant veilig, kruip deur die draad en begin om met n kronkelende voetpaadjie die koppie uit te klouter. Skielik maak die paadjie n wending. Hulle gaan staan. Kyk mense, s Chris, is dit nie mooi nie?
Sy kalme waardering van die natuurtoneel stel Deirdr ge-rus en heimlik sug sy van verligting dat die woord breasts stil-stil op die agtergrond bly.
Voor hulle verrys Ysterberg, n massiewe rotsformasie. Die laer hange is begroei met gras en groepies suikerbos; n paar beeste wei rustig tussen yl doringbome. Hor op word die berg steiler om heel bo te verdeel in twee enorme heuwels, bolvormig met elkeen n spits punt wat parmantig die hoogtes inskiet.
Deirdr se kamera flits.
Wow! s sy opgewonde. Voeg digterlike vryheid, vyftien-duisend voet en sneeu by, dan lyk die berge hier nes Elke voor-gelees het. Chris, jou doring! Die ooreenkoms met die storie is amazing.
Om sy verleentheid te verberg, brom Chris: Oukei, maar ek is honger. Die dekselse Ultra City is nog twintig kilos ver. Chill man, eks amper klaar! Deirdr neem gou nog twee
fotos.
Tinus glimlag. Hierdie vriendin van Chris is vir hom nogal oulik. Hulle sal n cute paartjie maak. Neem jou tyd, s hy, ou
Chris sal nie van honger doodgaan nie. Ons hou netnou stil om brandstof in te gooi.
By die bussie blaf Herrie luidkeels n verwelkomingsgroet. Annemie kan skaars haar opwinding inhou. En het julle toe alles gesien? Elke s daars n grot daarbo. En weet julle wie sit daar in die grot? Die Portugees se oupagrootjie, stokstyf vasge-vries!
Wie se oupagrootjie? Elke terg jou net, lag Tinus, dis nie waar nie.
Dit s waar. Staan so in die boek. Syt dit voorgelees! An-nemie se o is groot van verontwaardiging. Elke sal mos nou nie vir my 
Jy is nogal reg, ondersteun Chris sy aartsvyand onver-wags. Dit staan s in die boek, maar, voeg hy gemaak ernstig by, ons het nie die grot gesien nie en ook nie die ou Portugees nie. Seker omdat jy nie saamgekom het nie, Enemix!
Terwyl hulle by die Ultra City se petrolpompe stilhou en ma Lulu se kosmandjie plunder, let Tinus op dat daardie swart Mercedes wat Chris amper raakgery het, ook brandstof ingooi. Maar  ? Kan dit wees, of verbeel hy hom dat die Mercedes se bestuurder niemand anders as Baku Maponani is nie? Eienaardig!
Intussen het almal klaar koeldrank gekoop en hulle kan ver-der ry.
N Pietersburg word die landskap eentonig, yl gesaai met gras en karooagtige bossies. Slegs hier en daar krepeer n enkele boom. Die bussie knor die pad af  Vivo en Alldays l agter. Hulle woerts by die uitdraaipad na De Beers se Venetia-diamantmyn verby, en uiteindelik l die beheerpos van die Vhembe-Dongola-wildreservaat voor hulle. Tinus teken die register namens sy oom en die hekke swaai oop. Voor hulle l die Limpopovallei uitgestrek, met die laaste sonstrale wat die mopanies goud kleur en hier en daar n kremetart in n spro-kiesmonster omtoor.
Net toe hulle met die platorand begin afsak, roep Annemie skielik uit: Kyk daar! n Vuurpyl! Kyk!
n Vuurpyl? Waar? skree almal en klouter oor mekaar om by die vensters te kom.
Daar! Nee man, hierdie kant  ag nee, nous dit weg! s Annemie teleurgesteld. Julle kyk nie waar ek wys nie! Wat help dit dat ek 
Wat soek n vuurpyl in die Bosveld? Jy droom, Enemix. Chris trek haar hare terwyl hy praat. Word wakker, meisiekind! Is nie! Ek het dit gesien. n Groen vuurpyl. Niemand glo my ooit nie! Ek sal nooit weer vir julle  Annemie is vies vir almal. Dis n verwelkomingsgroet van Modjadji, probeer Elke troos. Annemie grom, bitterlik in haar eer gekrenk. Sy gaan nou
nooit weer met hulle praat nie. Hulle is 
Wie is Modjadji? Deirdr kyk vraend na Chris wat net brom: Die renkoningin. Sy is teleurgestel dat Chris niks meer wil s nie en so vreeslik afsydig is. Sy het gehoop om  maar dit is duidelik nie nou die tyd om daaroor te gesels nie. Almal stel net in die vuurpyl belang. Annemie pruil nog steeds en wil net besluit om van taktiek te verander en haar lot luidkeels te bekla, toe Tinus omdraai en haar hare streel.
Los julle nou almal vir Annemie uit, s hy gebiedend. Hy het ook die kastige vuurpyl gesien en hy frons. Dat dit nie n vuurpyl was nie, weet hy. Hy loer na sy oom, maar di lyk nie juis bekommerd nie. Tinus egter, dink anders oor die saak. Iets is hier nie pluis nie, daardie persgroen kleur ken hy, maar hy gaan nie almal nou ontstel nie. Hy sal eers verder ondersoek instel.
Intussen is die bussie besig om sy pad langs die grensdraad op die oewer van die Limpopo te vind. Vyftien meter ho bos-reuse versper so ampertjies die uitsig. Vlamrankers en klimop hang soos Tarzantoue van die groter bome af. n Koedoebul spring uit die pad. Twee bosbokkies skarrel om voor die bussie pad te gee.
Hulle is amper by die kampplek toe hulle aan die linkerkant
n geweldige rumoer hoor. Takke breek en kraak, die wreld dreun behoorlik soos n aantal lywige diere vir die motor skrik. Die bos is egter so ruig dat mens in die sterkerwordende skemer niks kan sien nie. Wat was dt? vra Deirdr benoud. Die Bos-veld maak haar skielik bang. Sulke dinge is sy beslis nie ge-woond nie!
Dalk olifante, peins Chris, maar oom Martin skud sy kop. Nee, olifante klink nie s nie. Hulle loop altyd so stil soos
n gedagte.
