DIE  GELUKSOEKERS
Alles kom tot niks, s die Prediker, tot niks. Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy ge-
swoeg in hierdie wreld?
(Pred. 1:23)
Dis nie haalbaar om in die laaste hoofstuk van di boek al die mense wat ons ontmoet het, onder een opskrif saam te vat nie.
Wat seker is, is dat hulle te erg is. Wat ook seker is, is dat elkeen van ons aan die een of die ander hebbelikheid van hierdie hoofstukke skuldig is.
Miskien is daar nog iets wat ons gemeen het en dit is ons soeke na geluk. Die aggressiewes wil die lewe en almal om hulle dwing om te wees soos hulle dit wil h, soos hulle glo dit moet wees om geluk te bewerkstellig, en hulle is woedend as hulle dit nie regkry nie.
Die hooghartiges maak asof hulle alles bereik het, maar dikwels val die skadu van gemis maar oor hulle ook.
Die grootmonde wil bewondering afdwing met leuens en n ge-spog.
Die entoesiaste soek geluk in dryfkrag, maar dit ontglip hulle dik-wels omdat hulle nie alles wat hulle wil daarmee bereik nie.
Die onbetrokkenes en verveeldes smag na geluk, maar hulle stag-neer in hulle afgeslote bestaan. Die opdringeriges hoop om geluk te vind deur ander te dwing om hulle te abba. In die liefde soek almal vervulling in die geliefde, maar dit ontwyk hulle dikwels, en harte breek so maklik.
Die kruipers verneder hulle sodat hulle aanvaar moet word, en die minderwaardiges, oorgevoeliges, skynheiliges en praatjiesmakers wil so graag geluk vind deur vir ander belangrik te wees.
Die verstoktes soek sekerheid en finaliteit in vaste geldige begin-sels, die spirituele wag op geluk uit die hemel, die pessimiste glo nie in geluk nie en die slagoffers verwyt ander dat hulle nie geluk gegun word nie.
Die jaloerses begeer ander se geluk en die kinderagtiges probeer ge-luk afdwing deur woede-uitbarstings.
Geluk is vir mense belangrik en waar hulle dit mis of meen dat hulle dit mis, kompenseer hulle met oordrewe optrede om die geluk en be-vrediging te probeer vasvang.
Dit is n feit dat mense na betekenis soek. Dikwels word gevra wat die sin van die lewe is en dikwels word antwoorde verskaf. Die vraag na sin hou verband met krisissituasies van algemene of persoonlike aard. Wat is die doel, die sin, die betekenis van al die geweld in die wreld, ook die geweld, verwerping en pyn in my huwelik? Hoekom is daar soveel ver-woesting, bedrog, rampe, frustrasies, blootstellings en hartseer? Wat is die doel van my sielsongelukkigheid? Gelowiges vra of God in beheer is, regverdig is en liefde is. Is al die vervelende roetine in my lewe die moeite werd? Waarnatoe is ek op pad? Waarom kry ek geen erkenning vir my werk nie? Is daar nog iets om oor te droom in my lewe? Wat is die regte doelstellings en mikpunte vir my en sal ek dit ooit bereik? Wat help gods-diens, politiek, liefde, diens, geleerdheid, en al die hoge dinge as dit die chaos van die lewe nie kan besweer nie? Gestel ek oorwin my skewe ge-aardheid en ek kweek nuwe houdings, sal dit my geluk laat vind, en as ek dit vind, gaan dit weer verdwyn? Is die lewe nie maar net stippellyne en vraagtekens tot die bladsy uitgeskeur en opgefrommel word nie?
Die godsdiens, filosofie en sielkunde het biblioteke vol geskrywe oor die sin van die lewe. Meestal beweeg die standpunte tussen die uiter-stes van walging en sinisme tot gloeiende, hoogheilige idealisme wat le-we sien as n opvaart na die hoogtes.
Natuurlik kan geluksoekery ook n hebbelikheid word. As afsluiting wil die hoofstuk n verkenning waag van waar die geluk dalk vir jou kan l. Die vraag na geluk en betekenis moet jy verpak in die volgende grondhoudinge.
Leef ironies, want die lewe is dikwels presies die teenoorgestelde van wat mens verwag het.
Leef  in  nugterheid,  want  die  lewe  is  nie  altyd  n  paradys  nie.  Die
lewe is soms gebroke en besmet en mens moet besadig aanvaar dat die lewe n blootstelling is en dat die hoop ook soms beskaam. Leef in die paradoksale wete dat teenstrydige sake albei waar kan wees. Dat my werk vervullend en vervelig kan wees, my huwelik ge-lukkig en ongelukkig, my geloof vas en wankelmoedig, dat sukses ook mislukkings inhou en mislukking ook saad kan wees vir sukses. Orde en chaos is albei waar.
Leef gebalanseer deur die te te probeer vermy.
Leef in die misterie, want in alles is n element van onverklaarbaar-heid. Op baie vrae is nie antwoorde nie.
Leef in die voortgang van die lewe. Mens beweeg deur fases, prosesse en seisoene. Dit is saai en oes, oorsaak en gevolg, aksie en wag. In al hierdie prosesse ontvou sin of sinloosheid, en geluk en ongeluk wissel mekaar af. Die geluk moet jy soek in n holistiese (die geheel) uitkyk op die lewe, maar ook in die fragmente (die oomblikke, ure, maande, jare).
Met hierdie houdings as jou grondslag bou jy n pantser rondom jou omdat jy weet geluk is nie iets vanselfsprekends nie. Moenie te veel ver-wagtings koester nie. Wees realisties.
Algemene geluk bestaan in die vervulling, die volheid van menswees, individuele geluk vind jy in die vervulling van jou unieke menswees. Die sleutelwoord is vervulling, want sonder selfvervulling verskraal jou geluk of verloor jy dit.
Die algemene profiel van menswees is onder meer die volgende: liggaamlikheid (jou fisiologiese, biologiese, chemiese dimensie); bewustheid (jou intellektuele en emosionele dimensie); gerigtheid (jou wil en strewe-dimensie);
individualiteit (jou spesifieke menstipe, karakter, persoonlikheid en geaardheid);
saamwees (jou netwerk en samesyn in n konstellasie intermens-like verhoudinge);
verantwoordelikheid (jou opdragte, norme, waardes, besluite, op-tredes, arbeid en verbintenisse);
geestelikheid (jou soeke en oorgawe aan n leidende totaliteit).
Jy behoort maksimale geluk te beleef as al hierdie dimensies van jou
goed funksioneer: jou liggaam en gesondheid; jou intellek en emosies; jou wil en die fokuspunte waarop jy jou rig; ruimte en vervulling vir jou spesifieke persoonlikheid; volheid van saamwees met ander mense wat uitwaaier van die binnekring na baie ander verhoudinge; die krag van jou verantwoordelikheid; die soek en vind van n geestelike vrede wat vir jou betekenis het.
As sommige dimensies nie goed funksioneer nie, aanvaar dit met die pantser van ironie, nugterheid, paradoks, balans, misterie en voortgang. Konsentreer op die dimensies wat wel goed funksioneer en put jou ge-luk daaruit.
By algemene geluk kan jy ook die bonus van jou individuele geluk voeg. Hierdie individuele geluk l in dinge wat n sentrale motief van jou lewe word, wat jou boei, opwinding en vrede gee, wat vir jou die brood van die lewe is, wat jou aantrek en vashou en wat jou laat voel dat energie deur jou vloei.
Hierdie individuele geluk kan soms verskuif in die voortgang van die lewe. Die sleutel hier is dat intieme vervulling verband hou met jou unie-ke persoonlikheid, geaardheid en orintering (jou gerigtheid).
Die mens wat versorgende orintering as kern van sy geaardheid het, sal hierdie meer intieme geluk vind in diens aan mense, diere, plante en die aarde. Hy sal vervul word as hy uitreik, offers bring, gee, troos, help, n verskil kan maak. As jy s is, aktiveer hierdie dade van versorging in jou lewe en verkry s intieme geluk.
Die mens met magsorintasie as kern van sy geaardheid sal die in-tieme geluk vind in situasies van selfhandhawing, leiding, heerskappy, invloed, posisie, organisasie, aansien en erkenning waardeur hy dinge kan laat gebeur. Gryp dit aan as dit jy is, want dit gaan jou spesifieke geluk bring.
Die mens met n liggaamlike orintasie sal vervulling (geluk) vind in n aantreklike liggaamsbou, gesonde leefstyl, oefening, besondere fiks-heid, sportprestasies, modes wat die voorkoms vlei, vakansies vol ak-tiwiteit en avontuur in berge, bosse en vlaktes. Konsentreer hierop, en die intieme geluk is joune.
Die mens met n materialistiese orintasie as kern van sy selfbele-wing se persoonlike geluk l in vergader, spekuleer, wins, beleggings, groter en beter wees, wonings, karre, Olimpiese swembaddens,luuks-
hede en ander materialistiese spoggerighede. As dit jy is, sal jy waar-skynlik altyd na intieme geluk bly soek en niemand kan jou waarborg dat jy dit gaan vind nie.
Die mens met n sosiale orintasie sal vervulling ervaar in saamwees met mense, geselskap, partytjies, onthaal, vrolikheid, opwindende ge-meenskapsprojekte, vriende met wie jy intieme dinge kan deel en gesel-ligheid. Hier l jou geluk, as dit die kern van jou geaardheid is.
En wat nog? Die kreatiewe mens, die estetiese mens, die hartstogte-like mens, die idemens, die revolusionre mens, die toegewyde, gods-dienstige mens ...
S nou maar jy het al hierdie orintasies en nog meer? Dis moontlik, maar skaars. Jaag dan soveel as moontlik na en laat jou meer intieme geluk meer word.
As daar n gevolgtrekking by die skrywe en lees van die boek moet wees, lees dit s.
Werk hard daaraan om van die hebbelikhede wat in jou geval te erg geword het, reg te stel. Dit sal jou al gelukkiger maak.
Probeer om jou algemene menswees optimaal te laat funksioneer. Dit is die sin en betekenis van die lewe en waarborg vir algemene ver-vulling. Ontdek en ontwikkel jou eie intieme aard om die intiemer bo-nusgeluk te vind.
Pantser jou met ironie, nugterheid, paradoks, balans, misterie en voort-gang sodat jy realisties en nederig bly in jou soeke na geluk.
Dit is n voorreg vir Pretoria-Suid Hor Seunskool om bekend te maak dat REKDATA Bpk. aan ons n rekenaar geskenk het om uitgeloof te word aan die leerder wat die beste STORIE AGTER DIE STORIE kan skryf oor n voorgeskrewe boek van enige taalvak.
Boonop, onthou Chris nou, is daar bo en behalwe die rekenaar, n kontantprys van vyfduisend rand aan die wedstryd ver-bonde.
Chris kan die kennisgewing amper uit sy kop ops, in elk geval die dele wat saakmaak. Maar hy sal vir D3 moet vra om hom met die opstel te help, want hy wat Chris is, is hopeloos met opstelle, dit weet hy maar alte goed. Net so hopeloos soos hy met meeste ander dinge is, sug hy. Maar, dalk sal hy tog iets kan regkry. As D3 nou net saamspeel. Nee, dink hy, hy moet eenvoudig hierdie ding takel.
D3 is ook in graad 9, nes hy, en hulle behandel dieselfde boeke by Horskool Arcadia as by Suiders. D3 het juis vantevore ges King Solomons Mines is vir hom soos n droom. Hy leef daarin. Nou ja, hy wat Chris Vermeulen is, gaan nou met daardie droom n rekenaar en vyfduisend rand losskop. Die moont-likheid dat D3 dalk sal weier, bestaan eenvoudig nie. Nou net die ontmoeting rel. Dis mos waarvoor die interhor daar is!
Jaarliks ding Suiders (die seun- en meisieskool span saam), Arcadia en St Pauls Privaatskool mee op die atletiek- en tennis-baan tydens n byeenkoms wat onder die leerders sommer as die inter bekendstaan.
Behalwe landloop neem Chris nie eintlik aan sport deel nie, en vir langasems is daar nie juis interhoritems nie. Maar sy broer Tinus en suster Elke  n tweeling  is voorslag tennis-spelers. Hulle gaan vir Suiders daardie tennisbeker huis toe bring. Of D3 aan sport deelneem, weet gn mens nie, maar hy sal ten minste daar wees, want Arcadia tree as gasheer op vir di byeenkoms. Dus is dit net n kwessie van relings tref. Hy sal 
Chris, roep sy ma, kom, jou kos word yskoud! Tinus en
Elke het al lankal klaar geet. Hulle is al weg bane toe om haar handrug te oefen. Chris! Christi-a-a-an! Is jy daar bo? As dit nie vir my rolstoel was nie, het ek jou sowaar kom haal 
Toemaar, Mams, ek kom dadelik, roep hy terwyl hy die trappe twee-twee afspring. Skoon vergeet dis Vrydag wanneer ons almal saam eet. Jammer, skattebol-Mams. Hiers n lekker vet klapsoen en n drukkie om alles weer reg te maak.
Lulu Vermeulen lag terwyl sy haar jongste se drukkie beant-woord. Wat gaan nog van hierdie kind van haar word? N haar man se dood sukkel sy om finansieel die mas op te kom. Prof. Frans Vermeulen is in dieselfde motorongeluk oorlede wat haar in n rolstoel laat beland het. Sy pensioen, wat nou vir hulle moet sorg, is klein omdat hy slegs n jaar lank professor was voordat hy dood is. Daar is net genoeg om Tinus en Elke uni-versiteit toe te laat gaan, dit wil s om vir klere, boeke en sulke dinge te betaal. Hulle sal wel beurse kry, dit weet Lulu. Soms wens sy die tweeling wil nie heeltemal so hard leer nie, n kind moet mos pret en plesier ook h. Maar al twee stel baie in sport belang. Daardie liefde het Frans by hulle gekweek, want hy het geglo dat n kind gebalanseerd moet grootword. Maar ou Chris was bitter klein toe sy pappie oorlede is en, troos Lulu haarself, is gans te veel van n kind om goed op skool te presteer. Behalwe natuurlik in Wiskunde; daarin is hy briljant! En eendag sal hy nog wakker skrik, selfvertroue kry en dan verower Chris alle wiskundebeurse wat daar bestaan. Lulu stuur haar rolstoel na die opwasbak om Chris te help waar hy besig is om skottelgoed te was.
Maandagmiddag, die oomblik toe die laaste periode deur n skril TRRR! afgesluit word, pyl Chris reguit na die rekenaar-sentrum. Hy moet seker maak dat hy sy geliefkoosde werkstasie bereik voordat die ouer seuns inkom. Almal weet die rekenaar in die hoek is die nuutste, beste en vinnigste in Suiders se rekenaarsentrum en vanmiddag het hy spoed nodig. Dis al amper twee-uur en D3 sal beslis nie wag as hy nie betyds opdaag nie.
Hy tik gou sy wagwoord in. Hy maak die geselsprogram
oop. Vinnig tik hy sy username Matesis en nog n wagwoord in. Soos blits verskyn die boodskap:
Welcome Matesis
Nou volg die gebruiklike waarskuwings en instruksies: Geen vloekwoorde, onwelvoeglike sinspelings  Hy wag n rukkie, want D3 is nog offline. Skielik verander die status:
D3 Available
Chris klik dadelik op D3 se naam. Op hierdie manier kan nie-mand anders aan hul gesprek deelneem nie.
matesis: hallo d3? howzit?
d3: hei ou wiskundeboffin! wat kan ek vir jou doen? matesis: ek moet jou rens ontmoet. dinge bespreek.
jys seker by die interhor daar by julle saterdag. hoe ken ek jou?
d3: ja, wees by draaihek, bushalte, presies 9:30. waai met linkerhand. daar sal min ouens wees. almal by die groot hek. reg?
matesis: is dit die hek in jamesstraat? d3: jip
matesis: ok thanks. sien jou dan.
Chris is in sy noppies. Alles is gerel. D3 is darem n nice ou. Hy vra niks onnodige vrae nie en verstaan dat mens in n chatroom nooit regtig privaat is nie. Met so n ou se hulp sal hy definitief iets kan regkry. Nee wat, daardie rekenaar is so goed soos ge-wen.
Dis Saterdag, die laaste dag van die interhor. Die items wat reeds afgehandel is, laat Suiders gerieflik voorloop. Maar n opwindende dag l nog voor. In die naellope en hoogspring is Suiders nie so sterk soos in die ander items nie. Hulle s, peins Chris terwyl hy al in Van der Merweweg afdraf, dat St Pauls n
fantastiese atleet het. n Graad 12-ou, vervlaks sterk in alle af-delings  hy het skoonskip gemaak in verspring, hoogspring en naellope. Mens sidder om te dink wat hy volgende kwartaal op die rugbyveld gaan doen. En dan is hy boonop Saints se tennisster. Veral in die dubbels  en dis Tiens en Elkie se item daardie. Daardie boet en sus van hom het maklik deurgedring tot die finaal. Wel, moet Chris erken, nie so maklik nie. Daar was n paar wedstryde wat tot drie stelle moes gaan. Juis teen Saints. Hulle is vrek sterk in tennis, dink Chris, maar hy ken sy ouboet. Tinus speel n slim spel. Gee dikwels voor om nie juis agter elke punt aan te hardloop nie, maar op n kalm manier sorg hy altyd dat hy die laaste punt wen. En dis al wat nodig is. Onder sy leiding is Elke ook al n meester van hierdie taktiek. Moeilik om so n tweeling te klop. Hulle dink sommer eenders, sonder om te praat 
En verder, dink Chris, vandag gaan hy vir D3 ontmoet en alles met hom bespreek. Daardie rekenaar is so goed soos syne. Die storie agter die storie, droom Chris, dis wat die kompetisie s  King Solomons Mines is een van hulle voorgeskrewe boeke. Om die storie agter daardie storie te skryf, is n breeze.
Van kleins af gaan Chris en die tweeling elke jaar saam met hulle oom Martin na sy plaas Makwena  dit beteken plek van die krokodil  op die walle van die Limpopo. Die plaas l pre-sies langs die befaamde Mapungubwe-koppie, die geheim-sinnige hoofstad van die Monomotapa-koninkryk van oudsher. Maar dit is eintlik die pad soontoe wat Chris opgewonde maak. Dit is asof jy die hele tyd in Rider Haggard se boek oor Salomo se goudmyn is en op sy spore ry. Die landskap, die koppies, alles, is King Solomons Mines uitgeknip.
Nou verg dit net n opstelskrywer duisend om die woorde te vind wat die hele spul omtower in n Storie agter die storie. En daardie opstelskrywer is niemand anders as D3 nie. Boonop sal hy die inskrywing sommer tuis op sy eie rekenaar kan tik. Dit rock! D3 het sy eie rekenaar en hoef nie soos hy, Chris, altyd skool toe te hardloop om iets te doen nie.
En wat kry D3 uit die transaksie? Hy sal vir hom natuurlik die helfte van die prysgeld gee en boonop kry hy n awesome
Bosveldvakansie. n Vakansie om van te droom, dit weet Chris. Die plaas Makwena, wat aan sy oom Martin behoort, is in die groter Dongola bewarea gele en spog met n groot verskei-denheid wild- en volsoorte. Daar is ook baie te leer oor die ou beskawings wat voorheen daar gewoon het. D3 kan sy hoed agterna gooi om s n vakansie los te slaan!
Voor hy hom kom kry, is Chris op die hoek van Van der Mer-weweg en Jamesstraat. Dis waar Horskool Arcadia is. Maklik vind hy die draaihekkie waarvan D3 gepraat het, maar daar is geen spoor of teken van die mannetjie nie. Chris kyk op sy horlosie. Presies 9:30. Wat sou skeefgeloop het? Die sypaadjie is verlate behalwe vir n paar simpel meisies wat onderling staan en giggel. Die donkerkop lyk nogal oulik, maar toe sy in Chris se rigting kyk, draai hy vererg weg. Netnou dink sy nog hy staan en staar na haar.
Teleurgesteld draai Chris die hekkie oop en stap deur. Dis nou maar net weer sy slegte geluk, soos altyd  N tien minute is daar nog niemand wat D3 kan wees nie. Chris kan nie bekos-tig om langer te wag nie, want die gemengde dubbels finaal gaan nou enige oomblik begin. Ja, daar blr die luidspreker dat almal hul sitplekke moet inneem; die spelers stap op die baan.
Chris kom uitasem aangehardloop, net betyds om die aan-kondiging te hoor: Die senior gemengde dubbels sal nou be-gin. Vir St Pauls speel Baku Maponani saam met Gigi Dolemeti. Dawerende applous kom van die oostepawiljoen. Saints! Baku-Baku-Gigi-Gigi! sing Saints hul deelnemers moed in. Weer bulder die luidspreker.
Vir die span van Pretoria-Suid is dit die tweeling Tinus en Elke Vermeulen.
Oorverdowende applous styg op. Suiders sowel as Arcadia, wat hul nederlaag teen Saints nie so mooi kan verwerk nie, span saam om die Vermeulens te ondersteun. Chris voel hoe sy keel toetrek. Om darem s n boet en sus te h, laat mens sommer lekker voel!
Die skeidsregter kom die baan binne en verduidelik aan die spelers dat weens gebrek aan tyd die wedstryd net oor drie stelle beslis gaan word. Die skare is tjoepstil. n Muntstuk word
opgeskiet. Saints wen die loot. Hulle sal eerste afslaan.
Dit is Gigi wat eerste moet afslaan, maar die spel verloop nie te goed vir haar nie. Sy begin met n dubbelfout: Die telling is dus stroop  vyftien. Dit ontsenu haar en sy verloor die pot. Elke slaan goed af, Tinus ondersteun haar en gou is dit 20 in hulle guns. Baku behou egter sy afslaan en Tinus syne. Suiders loop nou voor met 31. Die patroon word herhaal en Suiders wen die eerste stel 62. Die tweede stel verloop egter anders en die Saints-kombinasie wen met 64. Dit is een stel elk.
Die laaste en beslissende stel begin met Baku wat afslaan en die pot wen. Tinus maak dit 11. Gigi verloor haar pot, maar Elke behou hare, 31 in Suiders se guns. Die spel vorder tot 54 in Suiders se guns en dit is Tinus wat moet afslaan. Hy wen sy eerste afslaan, 150. Ook die tweede, 300, maar toe ruk die ander twee hulle reg met Baku wat feitlik elke bal neem en die telling word 30 elk. Tinus glimlag en hy slaan oor na die taktiek wat Elke so goed ken. Hy stuur sy opponente van bakboord na stuurboord, dan hierdie kant, dan daardie kant, totdat al twee van hulle aan dieselfde kant van die baan is en Tinus met n kishou die punt neem. Voordeel aan Suiders en wedstrydpunt. Die skare is tjoepstil. Vir hulle lyk dit asof Tinus die spel soveel geniet dat hy nie lus het om op te hou nie, want dit word n tweede en n derde wedstrydpunt. Tinus slaan weer af en n n paar houe, plaas hy die bal s dat Baku na regs moet skarrel terwyl Gigi ver links is. Baku kry die bal beet, neem sy kans waar en slaan dit na Elke op haar handrug. Sy is egter gereed en met n allemintige hou stuur sy die bal netjies tussen die twee opponente deur. n Kishou!
Oorverdowende applous styg op. Suiders en Arcadia word mal, dit juig en gaan te kere, skoliere omhels mekaar, ander spring op en af. Party val amper van die pawiljoen af. Selfs die oorwonne Saints klap hande. So n spannende stryd het hulle lanklaas gesien.
Baku Maponani gooi sy tennisraket omhoog, skree vir n maat om dit te vang en dat hy vir hom moet wag. Toe spring hy rats oor die net. Met uitgestrekte arms hardloop hy Tinus tege-moet. Geluk, ou Tiens! Die beste span het gewen. Julle het ons
behoorlik ore aangesit. Al wat nou kortkom, is dat ons daardie tennisbaan op Makwena bou. Dan speel ons net heel vakansie lank tennis.
Tinus, ietwat oorbluf, kyk Baku vraend aan. Ook Elke, wat intussen by gekom het, kan Baku se woorde nie mooi begryp nie.
Makwena? Wat weet jy van my oom se plaas?
Baku skaterlag. Daar gebore! Maar dit lyk my mos asof jy my nie herken nie. Ons twee het as tjokkers saam krieket op die walle van die Limpopo gespeel, onthou jy?
Tinus bly steeds oopmond. Ons het wat? Iets is verkeerd, maar hy kan nie sy vinger op die fout l nie.
Man, dit lyk my ek moet myself ordentlik voorstel. Ek is Baku, jou oom Martin se plaasbestuurder Danil Maponani se seun. Ons het saam 
Nooit! Baku, maar ons het mekaar seker meer as vier jaar laas gesien en intussen het jy 
Moenie dit s nie, keer Baku, want as jy wil s: pure Eng-lish gentleman geword, dan foeter ek jou hier en nou.
Hulle lag. Baku glimlag vir Elke. Geluk! Daardie kishou van jou sal my nog maande lank nagmerries laat kry. Maar wag, ken jy vir Gigi? Ons twee is groot maats. Sy sal waarskynlik di winter saam met my Makwena toe gaan. Stel glo belang in Mapungubwe.
Terwyl die drie van hulle stap na waar Gigi staan, flits Tinus se gedagtes terug na sowat ses jaar gelede toe hulle die eerste keer saam met oom Martin na sy plaas toe was. Hy onthou dat hulle dikwels krieket of rugby in die dro lope van die Limpopo gespeel het. Ook dat Baku soms saam kom speel het. In rugby was hy almal se moses, niemand kon tackle soos hy nie! Dis net  hy onthou nou duidelik dat Baku heelwat ouer as hulle klomp was. Minstens drie jaar. Wat soek hy dan nou hier  in matriek op St Pauls? Maar, dink Tinus, Baku het seker destyds nie die geleentheid gehad om sy skoolloopbaan te voltooi nie.
Gigi staan nog geduldig vir hulle en wag en Baku stel hulle aan mekaar voor.
Ek voel geerd om u te ontmoet, s Gigi in n duidelike stem.
Elke wil eers lag. Maak hierdie Gigi n grap? Waarom noem sy hulle u? Baku vang gelukkig betyds haar oog en skud sy kop terwyl hy frons asof hy iets vir haar probeer s. Sy sluk vinnig haar lag en s vriendelik: Ek hoor jy kom saam Ma-kwena toe.
Gigi kyk vinnig na Baku. Sy lyk skielik effens bekommerd. E  miskien. Ek het nog nie genoeg hieroor gedink om tot n finale besluit te kom nie  Sy kyk intens na Elke, frons liggies en toe skielik verhelder haar gesig. Ek het besluit, s sy. Ek het werk om daar te doen. Baku, ek neem hiermee amptelik jou uitnodiging aan.
Tinus kyk verwonderd na hierdie meisie met die regop hou-ding. Sy praat soos iemand wat n woordeboek ingesluk het!
Maar Elke lag: Great! Ek dink ons twee sal sommer lekker vriendinne kan word. Elke se o gly oor Gigi se tennisrokkie. Awesome uitrusting wat jy aanhet, Gigi! My ma sou ges het: chic! En kyk net hierdie armband van jou. Eks mal daaroor.
Gigi bloos effens. Merci! Dit kom van Parys 
Elke kan haar ore nie glo nie. Was jy in Parys? Parys, Frank-ryk?
Ja. Ek het daar skoolgegaan.
