JANNETJIES
O, beware, my lord, of jealousy; it is the green-eyed monster which doth mock the meat it feeds on.
(Shakespeare  Othello)
Jaloesie is deel van menslikheid. Die tiende gebod in die Bybel, die voor-skrifte van die Oosterse godsdienste en die humanisme se moraliteitsbe-ginsels waarsku almal teen die begeerte na ander mense se goed.
Die wortel van jaloesie is mededinging. Bykans elke kind, vanaf die baba van n paar maande tot in die tienerjare, het jaloerse uitbarstings oor dinge wat hulle eie is en jaloesie op alles wat die ander kinders van die gesin of die maats besit, of jaloesie op ander se vermons en ge-leenthede. Wesenlik is dit nog gesonde jaloesie wat verband hou met die vorming van die kind se selfbeeld, wilskrag, aggressie en selfbehoud. By kinders is dit n oefening in mededinging. Ook in volwassenheid is me-dedinging as sodanig nie boos nie. Dit is die strewe na selfhandhawing, sukses en selfvervulling. Dit is motivering om lere te klim en sover moont-lik bo uit te kom. Dit is goed om beter, ryker, gesonder, mooier en sukses-voller te wil wees. Prestasies, van watter aard ook al, is prysenswaardig en elke mens het volop aanprysing nodig. Hoe hor die suksesse opgestapel is, hoe lekkerder. Dis beloning vir harde werk en hier en daar tref n ge-lukkie mens selfs.
Kinderjaloesie moet egter deur nugter opvoeding getemper word, an-ders groei dit soos wilde lote tot in die volwasse jare. Ongetemde kinder-jaloesie kan maklik uitloop op n geaardheid wat ander mense wil oor-heers. Ouers kan natuurlik daartoe bydra dat hulle kinders jaloerse vol-wassenes word deurdat hulle kinders verkeerd slyp.
Voortrekkery van een kind, voortdurende vergelyking tussen kinders
is alles saad vir die groei van n jaloerse mens. Deur die kind erg mede-dingend groot te maak, kan ook later n tol eis. Kinders wat uitermate gedryf word tot topprestasies in skoolwerk, sport en ander aktiwiteite, oor die grense van hulle vermons, kan n minderwaardigheidskom-pleks ontwikkel. Die kind voel as hy nie die beste is nie, is hy n mis-lukking. En n kind wat voel hy is n mislukking in sy ouers se o, kan maklik in n jaloerse volwassene ontwikkel. Drie soorte jaloesie val op:
Algemene jaloersheid op alles en almal.
Spesifieke jaloesie wat toegespits op ander se geld of aansien. Ja-loesie is egter nie die grondmotief in hulle lewe nie.
Jaloesie oor verhoudings. Dit word gevoed deur die vrees n huwe-liksmaat of intieme vriend of vriendin hulle sal verkul deur ander in-tieme ervarings te soek.
Spreekkamervoorbeelde van alle soorte jaloerses, sommige openlik en ander versluier, is net so volop soos die jaloerses in die alledaagse lewe. Dis veral met iemand wat sy jaloesie versluier dat die terapeut lang paaie moet loop voor die gifsakkie van jaloesie ontbloot word.
Die volgende drie gevalle wat bespreek word, illustreer hoe diep en afwykend jaloesie kan l en dat n terapeutiese proses nodig is om die angel uit te trek. As jy jaloesie as n bewuste hebbelikheid vertroetel, kan jy ook in die dieptes val van Willem, Sonja en Katrien.
Willem Beetge het kom praat oor die toenemende konflik in sy hu-welik. Die opsomming van sy woorde en die terapeut se woorde tussen hakies, lui s:
Dit begin hande uitruk. Ek bou n wrok op teen my vrou, want sy is verwytend en selfsugtig en ondersteun my nie in al die dinge waar-mee ek besig is nie. [Waarmee is hy besig?] Ek werk die meeste van die tyd agtien uur per dag met my droogskoonmaakbesighede en dan spekuleer ek ook met eiendomme en ek is ook betrokke by invoer- en uitvoerprojekte. [Ly hy nie aan uitbranding nie?] Ja, maar ek het n groot verantwoordelikheid teenoor my vrou en twee kinders. [Is dit al wat n pa en man se plig is  werk, werk, werk?] Speel kan vir later wag, want nou strewe ek na sukses, iets op te bou en te bereik. [Is hy dan nie reeds redelik suksesvol nie en hoe lyk sy geldsake?] My vrou verwyt my presies met dieselfde argument. Sy s ek is vreksuinig en
ons leef te skraps, maar dis die angs oor hulle toekoms wat my voort-dryf.
N baie verkenning en toetse en n speurtog na sy obsessie, kom die storie stukkie vir stukkie uit. Sy skoonfamilie was van voor die troue af teen hom. Hulle het groot aansien en invloed en geld. Hy kom nog nie naby hulle met sy geldsake nie, maar hy sal sorg dat hy dubbel word wat hulle is. Hy sal hulle oortref. N baie afskillery is die kern toe ontbloot: Hy word verteer deur sy jaloesie op sy sakemanskoonpa en di se drie ewe suksesvolle seuns. Dit vreet aan hom. Hy het al oorgenoeg, maar hy wil op dieselfde vlak as hulle wees. Hoe meer hulle hom oortref, hoe jaloerser word hy. En ja, hy is al hoe jaloerser op almal wat hom klop. Dit is jaloesie wat agter verantwoordelikheid en sorgsaamheid skuil. Jaloesie het sy huwelik en gesin op die rand van ineenstorting gebring.
Sonja Henning het in my spreekkamer kom raad vra omdat mense verskriklik van haar skinder en haar al hoe meer afsny. Sy weet nie hoe om dit te hanteer nie. Haar selfbeeld l aan skerwe en depressie bedreig haar. N baie vrae en afdraaipaaie is dit duidelik dat sy vlymskerp dinge vir die terapeut te s het oor elke beduidende ander mens naby haar, hulle links en regs afkraak, verkleineer en verdag maak. Deur dieper te delf, het dit geblyk dat niemand haar naywer gespaar word nie. Alles van almal om haar maak haar groen van jaloesie. Daarom het hulle haar stap vir stap eenkant begin skuif. Hier het ons weer eens n geval van verskuil-de jaloesie waarvan sy grootliks onbewus was.
Jaloesie kan ook openlik en met opset en grimmigheid ander afmaai. Katrien Beukes het ineengestort oor haar man se gedrag en besluit eg-skeiding is onvermydelik, ondanks die finansile gemors waarin dit haar en haar driejarige seuntjie gaan laat beland. Van voor die huwelik het hy dikwels geskimp dat ander mans haar met blink o beloer. Daarna het rusies ontstaan as sy, waar hulle albei teenwoordig is, te veel met die ander mans gesels. Daarop het die opdrag gevolg dat sy minimale gri-mering moet gebruik, dat sy los klere moet dra wat haar knie bedek en dat n lae hals vir hom die teken sal wees dat sy uitlokkend is. Skielik het hy haar oral heen begin vergesel, na winkels, vir doktersafsprake en selfs op besoeke aan haar vriendinne. Hy s hy weet sy is nie lief genoeg vir hom nie, al probeer sy hoe om hom daarvan te verseker. Tydens sek-suele verkeer eis hy dat sy meer en meer moet bewys dat sy hom begeer
en dikwels volg n rusie daarna. Ondanks haar entoesiastiese oorgawe is dit f nie goed genoeg nie f hy beskuldig haar dat sy by ander mans sekere seksuele vaardighede geleer het. Hy kry verslae van al haar foonoproepe. As hy gedrink is, vloek en klap hy haar om haar te dwing om te bely dat sy buite-egtelike verhoudings het en skreeu hy voor die seuntjie en die huishulp dat sy n straatvrou is. In al di bewerings was daar nie n snars waarheid nie. N n paar sessies het die man dit sonder voorbehoud erken en hulp gevra vir sy ongeregverdigde jaloesie. Sy ja-loesie is herlei tot vrees en woede teenoor enigiets wat moontlik sy seku-riteit en liefde kan beskadig. In sy verhoudings met sy ouers, vriende, kol-legas is hy beangs dat sy liefde en vriendskap vertrap gaan word en dat hulle hom in die rug gaan steek. Dit is wat hom so besitlik en jaloers maak. Al die tekens was daar dat hy die jaloesie sou kon afskud, maar die huwelik kon n heelwat berading nie gered word nie, want sy jaloe-sie van vier jaar het sy vrou se liefde vir hom geheel en al vernietig.
Jaloesie as n hebbelikheid is n parasiet wat n mens kan leegsuig. Die geringer jaloesie wat alle mense maar koester, is normaal. Mense be-geer maklik, hetsy ander se geld, strandhuis, motor en lewenstyl, status, invloed, sukses, prestasies, populariteit of mooi lywe en gesigte. Maar dit bly by jaloesietjies: flitsgedagtes of n vae wens.
As jaloesie n gevestigde emosie word, n voortdurende, honger be-geerte om soos ander te wees, onbeheerste afguns en fiksasie, is die dood in die pot.
Sulke jaloerse mense is stroef, aggressief, ontevrede, opstandig, nega-tief en selfbejammerend.
Minderwaardigheidsgevoelens vreet aan hulle.
En s word hulle tonnelmense wat alles en almal reduseer tot wen-ners en verloorders in die groot wedloop van mededinging. Medemense bestaan nie, net mededingers.
Die teenpool van jaloesie is vergenoegdheid. Dit is tevredenheid met wie, wat en waar jy is en hoe die meetsnoere vir jou geval het. Dit is vol-doening oor wat jy bereik het, hoe groot of gering jou prestasies ook al is. Dit is aanvaarding en rustige nugterheid dat mense nie dieselfde is nie, nie dieselfde gawes ontvang het nie en minder of meer as ander besit. Dit is dankbaarheid oor alles wat jou lewe die moeite werd maak.
Dit beteken nie dat jy handjies gevou moet sit nie. Jy moet ingestel
wees op vernuwing, verbetering en groei. As jy nie dryfkrag het nie, sal jou lewe stagneer. Kompetisie is goed, veral as jy hoofsaaklik teen jou-self wedywer. Dit is goed om bewus te wees van jou beperkings want dit sal jou laat verstaan hoekom jy nie alles kan bereik wat jy wil be-reik nie. Dit is ook goed om jou talente en vermo te ken en dit tot die uiterste toe te ontgin omdat jy jou dit gun. Meet jou aan jouself, nie aan andere nie. En wees maar n harde meester vir jouself.
Die manne en vroue wat so jaloers is op hulle lewensmaats moet werk maak van n ander benadering. As hierdie jaloesie ongegrond is, moet die jaloerse sy/haar besitlikheid, wantroue, vrese en minderwaar-digheidsgevoel ondersoek en besef dit kan die verhouding wat vir hom/-haar so belangrik is, juis vernietig. Wantroue dat jou vrou of man jou gaan verkul, of die wantroue blote suggestie of uitgesproke beskuldiging is, is onderliggend n belediging. Dit is n bevraagtekening van die liefde en integriteit van die vrou of man. Deur hom of haar met jaloesie te voed, wek jy aggressie, vernedering en verwerping as teenreaksie.
Mens moet maar wakker wees, want die lewe is vol versoekinge en liefde is n vorm van jaloesie en besitlikheid, maar binne perke. Die aantrekkingskrag tussen mense is n feit van die lewe. Speelse uitlok-king, kleredrag wat bedoel is om raakgesien te word en ander koket-terige gedrag is deel van mense se erotiese bestaanswyse. As ander mans o het vir jou vrou en ander vroue met jou man flankeer wanneer hulle met hom gesels, kan jy dit as n kompliment beskou. Dit hoef nie julle twee se verhouding te skaad nie. Inteendeel, dit kan julle ver-houding voed.
Erge jaloesie het beslis professionele hulp nodig. n Psigoterapeut sal so n paartjie kan lei tot insig in hul gevoel van minderwaardigheid, on-sekerheid en ontoereikendheid, sodat hulle hul eie waarde besef.
