AGTEROMSPRINGERS
agteromspring: ... 3. In die steek laat.
(F.J. Labuschagne en L.C. Eksteen  Verklarende Afrikaanse Woordeboek )
Die mens wat ander in die steek laat, skep verleentheid, ongerief en selfs chaos. Dit is die mens wat laat kom vir afsprake of glad nie opdaag nie, telefoonboodskappe nie opvolg nie en dringende e-pos vir dae en weke ignoreer, die plegtige ondernemer wat nie die beloofde diens lewer nie, op die laaste oomblik uitdraai en sodoende n hele projek laat platval, sy verantwoordelikheid ontduik en jou met die gebakte pere laat, jou in n ernstige krisis net so los en dan soos n Pilatus hande in onskuld was en sonder om n oog te knip hom distansieer van die probleem waaraan hy aandadig was, verraaiers wat oorloop na die ander kant wanneer jy hulle die nodigste het. Ek ken drie sulke mense.
Een is n vriendin van ons gesin wat graag dinge inisieer: n vin-nige middagete by n restaurant, n uitstappie na n kunsmuseum, n inkopie-oggend by deftige winkels of n dringende gesprek (wat bete-ken dat jy n ander afspraak moet afstel). Dikwels word hierdie af-sprake n paar minute voor sy sou opdaag, gekanselleer met flou ver-skonings.
n Geskeide pa in my familie dring daarop aan dat sy seun die beste onderrig kry in n privaatskool. Hy rel ook dat sy seun per vliegtuig vir hom in die Kaap sal kom kuier. Alles sal die pa kan bekostig. Die ma  wat groot geldskaarste het  moet oor niks bekommerd wees nie. Die ma was dankbaar en die seun opgewonde. Die kontrakte is aangegaan en die aankope op rekening gedoen. N drie maande word sy opge-skroef vir n paar duisend rand winkelskuld en die privaatskool gee ken-nis dat geen skoolgeld nog betaal is nie. By navraag s die pa: O ja, ek
het vergeet om jou te laat weet ek het n geldelike terugslag gehad. Jy moet maar di dinge uitsorteer.
Die derde storie is seker ook baie ander mense in verskillende kon-tekste se ervaring. Daar was ernstige besware teen die styl van Darius Joostenberg, die besturende direkteur van n groot maatskappy. Die klag-telys, selfs oor misdrywe soos korrupsie, is informeel aan die direkteure oorgedra. Een van die uitvoerende hoofde van die maatskappy wat ook n direkteur was, is deur die ander direkteure genader om die klagtes te kordineer en op n beskaafde en indirekte wyse op die direksieverga-dering te opper. Dit het hy gedoen. Die direkteure wat plegtig onderneem het om die bal verder te speel, staar voor hulle uit en sprak gn sprook. En toe die vuur en die swael op die woordvoerder val en die uitvoerende hoof vra of daar direkteure is wat iets wil s, word die koppe heftig ge-skud. Om iemand s in die steek te laat, is laakbaar.
Wat l agter die kap van die byl? Watse geaardheid en hebbelikheid straal uit sulke mense?
Ongemanierdheid. Eintlik is laatkommery en ontydige uitdraaiery on-beskof en n belediging vir di aan die ontvangkant. Onbedagsaamheid. Iemand wat s optree, neem nie die ander per-soon in ag nie.
Verstrooidheid is soms n verskoning, hoewel mens nie vergeet van iemand waarvoor jy agting het of van n saak wat vir jou belangrik is nie.
Agtelosigheid is ook op die lang duur nie n verskoning nie, want dit is n teken van onverskilligheid.
Agteromspringers het n gebrek aan dissipline, n ontoereikende verant-woordelikheidsbesef en is onbetroubaar. Dit kan selfs beskou word as n vorm van dislojaliteit, oneerlikheid (om nie woord te hou nie), lafhar-tigheid (het nie moed om hulle woord gestand te doen nie) en n tekort aan integriteit.
As dit n voorspelbare patroon is van iemand om so op te tree, is so n mens skuldig aan die voorgenoemde klagstaat, hoe nietig die oortre-ding ook al mag lyk. Hulle is ook daaraan skuldig dat hulle verhoudinge versuur.
As jy in hierdie kategorie val, moenie toelaat dat jou onbetroubaar-
heid en verbreekte beloftes mense langer die harnas injaag nie. Besluit en beoefen stiptelikheid en kom jou woord na.
Die ander uiterste getuig egter ook nie van balans nie. Oormatig pun-tenerige mense wat met byna militaristiese presiesheid ontoegeeflik is wat tyd en belofte betref, vertoon ook neurotiese dwang. Hulle is vasge-vang en begryp nie dat n redelike mate van vryheid toelaatbaar is nie. Ook hier l die antwoord in ewewig.
As jy n slordige mens is wat jou verpligtinge nie nakom nie en jy dit graag wil oorwin, kan jy hierdie drie eenvoudige stappe volg.
Deeglike oorweging van prioriteite. Rangskik jou dagprogram en jou onderneming aan ander in volgorde van belangrikheid. Dit sal ver-hoed dat mindere dinge belangrike dinge verdring.
Doeltreffende tydsbestuur deur dagboekbeplanning. n Mens se ge-heue kan jou in die steek laat. Met n dagboek leef mens meer geor-ganiseerd.
Konsentreer op die deugde van my woord is my eer en ek betaal my beloftes. Dit sal stiptelikheid, betroubaarheid en goeie maniere by jou versterk.
As jy n slagoffer is van agteromspringers is die spreekwoord eerste maal gevang, tweede maal bang van toepassing.
