DIE  DINGE VAN  n  KIND
kinderagtig: 1. Soos van n kind en nie van n volwassene verwag sal word nie (ongun-stig). 2. Laf, soetsappig.
kinderlik: 1. Onskuldig soos n kind. 2. Naef, opreg, eenvoudig, onbedorwe. (F.J. Labuschagne en L.C. Eksteen  Verklarende Afrikaanse Woordeboek )
Dis nie n lekker verwyt om kinderagtig genoem te word nie en dis nie n lekker mens wat kinderagtig is nie.
Die sielkunde praat van die dinamika van regressie. Dit is wan-neer n persoon te staan kom voor n situasie wat hy nie kan hanteer nie, en dan terugval in gedrag wat voorheen bevredigend was, maar in die huidige situasie onvanpas is.
n Bekende vorm van regressie is om as volwassene terug te val op die gedragspatrone van n kind. Enigiets omtrent n volwassene wat jou herinner aan n kind, kry dan die stempel van kinderagtigheid. Nie alle kinderpatrone wat vervolgens genoem gaan word, kan presies s bere-ken word nie. Nee, as die optrede van die persoon in sy geheel jou aan di van n kind herinner, is hy kinderagtig. Die kindergedrag wat as voorbeelde genoem word, is hoofsaaklik eie aan die kleuter en kinders van vier tot tien jaar.
Aanhou met iets. Die volwassene wat aanhou met iets en nie aan-voel dat dit nou genoeg is nie, weerspiel met di gedrag kinder-agtigheid. Aanhou lag, aanhou terg, aanhou verspot wees, aanhou kerm, dit is die gedrag van n kind. Sy tydsberekening is verkeerd, hy kom nie agter dat almal nou n versadigingspunt bereik het nie. Hy weet nie wanneer om op te hou nie.
Besitlikheid. Oormatig besitlike mense is puntenerig oor watter hlle laaie in die kas is, hlle sitplek in die voorkamer, hlle pen en pa-
pier, hlle kombers en hlle radio waarop hulle die alleenreg het om in te skakel of af te skakel. Dis die onmededeelsaamheid van n kind. Jaloesie. n Sekere soort jaloesie is ook tipies van n kind. Dis die ja-loesie van iemand wat alles wil h wat ander het en wat hulle eie waardes meet aan andere se waardes. Hulle wil op gelyke voet wees met almal in alles, veral di met wie hulle dikwels in aanraking kom. Onstabiele verhoudings. Die volwassene wat kort-kort sy vriend as n vyand sien en sy vyand as sy vriend nader trek, is kinderagtig. Kinders is dikwels onstabiel en naef in hulle verhoudings. As n kind se heel beste vriend iets teenoor die kind doen wat hom grief, is die vriend dadelik sy vyand en as sy vyand iets gaafs teenoor hom doen, word die vyand sy heel beste vriend. Sommige volwassenes doen dieselfde deurdat iemand wat gister nog wonderlik was oor n enkele insident afgeskryf word as goor, en andersom.
Ander vorms hiervan is soortgelyk aan die bendedinamika van kinders. n Groepie van drie of vier kliek saam, is geheimsinnig, sluit ander naarstiglik uit  net hulle is tuis in hierdie bendetjie. Dit is presies wat in sommige volwassenes se verhoudings gebeur wanneer hulle n siek-like geslotenheid jeens die binnekring openbaar en afwysend is teenoor die brer kring. Hulle klou psigies so aan mekaar dat dit benouend is. Identifikasie. Kinderagtigheid is ook om oormatig met n ander per-soon te identifiseer wat dan die held word. Om soos die held te wees, is n koorsige dryfkrag. Hierdie held word in alles nageboots, al is dit soms onbewustelik.
Verbeeldingsvlugte. Wilde verbeeldingsvlugte en liegstories is ook kinderagtige gedrag.
Goedkeuring. Oorafhanklikheid van goedkeuring, die strewe om in elke opsig met die portuurgroep te konformeer, om alle gedragspa-trone van die portuurgroep en gewildheid by hierdie groep die norm vir sukses te maak, is n hartstog by kinders. Sulke hartstogte by vol-wassenes is kinderagtig.
Altyd wen. Dis vir n kind en n volwassene nie lekker om te verloor nie. Kinders is oor die algemeen swak verloorders wat skuldig, on-waardig en hatig teenoor die wenner voel. Volwassenes wat swaar sluk aan n middelmatige verloorinsident, is kinderagtig. Om jou sin te kry, is om te wen en n volwassene wat sy sin wil afdwing deur
manipulasie en onbeheers te kere gaan as hy dit nie regkry nie, tree presies op soos n kleintjie wat op sy rug l en skop. Woede-aan-valle is n erge vorm van kinderagtigheid.
Altyd aandag trek, altyd die middelpunt wil wees en dikbek in n hoekie gaan sit as di aandag uitbly, is die dinge van n kind.
Geen mens kan s hy of sy is nie soms kinderagtig nie. Almal van ons vertoon die een of ander vorm van die voorgenoemde kindergedrag. Dit is goed om kinderagtige optrede te lys, sodat mens dit in toom kan hou.
Die teenpool van kinderagtigheid is volwassenheid. Dis n tema waar-oor sielkundige denkers baie verskil, want kenmerke van volwassenheid kan nie in een vorm gegiet word nie. Om n profiel van wat volwasse is in mens se gemoed rond te dra, is n spiel om jouself in te bekyk. Net enkele aspekte van die volwasse profiel word hier opgesom:
Balans tussen die polariteite in menswees is n kragveld van volwas-senheid. Voorbeelde daarvan is balans tussen onafhanklikheid en af-hanklikheid, afstand en nabyheid, vryheid en verantwoordelikheid, egosentrisme en altrusme, plig en plesier, kritiese en aanvaardende benadering, selfhandhawing en selfverloning. Volwassenheid is om ewewig te h, daarna te strewe of dit te herstel.
Realisme is n kragveld van volwassenheid. Dit het te doen met ob-jektiwiteit, nugterheid en insig in die baie ritmes van die werklik-heid. Dit is die wysheid, intusie, ervaring en kennis om te evalueer en onderskei tussen subjektief en objektief.
Volwassenheid beteken om probleme te kan identifiseer, dit te weeg, dit te deurgrond en oplossings daarvoor soek. n Volwasse mens kan deur beplanning homself en sy werklikheid progressief verander. Die volwasse mens ken sy vermons, sy grense en sy identiteit. Sy gedrag is gentegreer en gesinkroniseer.
Empatie en simpatie met ander, aanvaarding en verdraagsaamheid en begrip vir menslike swakheid. Uitreiking en mededeelsaamheid is tekens van besonder rype volwassenheid. Volwassenheid kan by kruispaaie kies sonder om kompulsief of impulsief te wees. Dit is om met oorleg te konformeer of te konfronteer, om te wag of te spring.
Die gebroke werklikheid bly volwassenheid pootjie. Dikwels word vol-
wasse mense uitgelok tot liggeraaktheid, jaloesie, eenogigheid, onbetrok-kenheid, aggressiwiteit, skynheiligheid en grootpratery. Die kind in ons bly springlewendig. Volwassenheid beteken juis ook dat jy jou kan oprig en klaar kry met die dinge van n kind. Maar dan met die voorbehoud dat volwassenheid nooit afskeid moet neem van die lag, die opwinding en verwondering van n kind nie.
Kinderlikheid is mooi, kinderagtigheid is by volwassenes n ver-groeiing.
Almal van ons is by tye kinderagtig en is dit al n pluspunt om elke kinderagtige optrede te registreer en probeer regstel. Hierdie aange-leerde gedrag kan weer afgeleer word as jy daarop konsentreer. Dit help as jy jou kinderagtige gedrag aan jouself erken en dit telkens ver-vang met volwasse houdinge. Die vier voorbeelde van volwassenheid wat in di hoofstuk genoem is, kan jy spoedig jou eie maak.
As daar in jou intieme kring of by die werkplek iemand is wat jou vreeslik irriteer met kinderagtigheid kan onvriendelike konfrontasie die persoon laat verstaan dat jy klaar is met die dinge van n kind. As jy vrien-deliker wil wees kan jy die persoon wys op di hebbelikheid en dat hy of sy daardeur blootgestel is aan spot en verwerping. Dis hier n kwessie van geduldige heropvoeding in volwassenheid. As jy n goeie verhouding met die persoon het, kan jou gesprek oorredend wees.
Daar is mense met n infantiele persoonlikheid waaroor jy weining kan doen. Intensiewe psigoterapie is nodig. Hierdie mense het, waar-skynlik deur opvoedingspatrone as kind, vasgehak by die behoefte aan oorbeskerming, vertroeteling, oorafhanklikheid en om n kinderlike wy-se te manipuleer.
n Pluimpie vir ouers wat van kleins af hulle kinders leer om ewewig, objektiwiteit, nugterheid, realisme, empatie, verdraagsaamheid, verant-woordelikheid en onafhanklikheid te verwerf.
