WIK  EN  WEEG
shilly-shally. ORIGIN mid 19th cent.: originally as shill I, shall I, reduplication of shall I?
(The New Oxford Dictionary of English)
Hierdie hoofstuk handel nie oor die stryd om ingrypende en finale keu-ses te maak nie. Dit gaan oor alledaagse keuses, klein, groter en groot, en dan is wik en weeg die regte ding om te doen. Mens dons nie in n besluit in nie. Daardie weifeling voor n besluit, of dit n paar minute of n paar dae en selfs weke is, is goed en verantwoordelik, want jy moet met jou keuse saamleef en daarom moet jy tyd afstaan vir n soort kreatiewe besluiteloosheid sodat jy alle aspekte van die saak kan oor-weeg.
Destruktiewe besluiteloosheid is egter n ander saak. In ernstige ge-valle is dit n neurotiese teistering wat veroorsaak dat feitlik enige besluit onhanteerbare angsaanvalle veroorsaak. Besluite word nagmerrie-erva-rings. Dit is weifeling wat baie ander onderliggende probleme verraai.
Die groep mense wat in hierdie hoofstuk in die visier is, is mense wat van geaardheid besluiteloos is, soms akuut en dikwels kronies. Hulle het die hebbelikheid om oormatig te weeg, te pas, te meet en van hoek tot kant dubbel en dwars te kontroleer voor die besluit dan in elk geval hui-werig geneem word, waaroor die besluitnemer daarna dikwels nog on-seker is. Te veel dinge skep vir so n mens innerlike konflik en om keu-ses te maak, is vir hom n tergende probleem. Om te wik en weeg, word dan n soort dwanghandeling.
Een vrou sal inkopies doen en elke produk bekyk, bevoel, bedink en besluite neem oor wat om te vat en wat om te los  dit is kreatiewe be-sluiteloosheid. Die ander vrou sal vasval in onmag om te besluit, gestel oor kledingstukke: watter kleur, watter patroon, watter handelsnaam? Sy
pas senuweeagtig aan en trek uit en pas weer aan. Uiteindelik koop sy en tuis vreet die twyfel aan haar en dis terug winkel toe vir omruil en mre alles teruggee en niks meer koop nie  destruktiewe besluiteloos-heid.
As jy hierdie vrou daaroor uitvra, kom jy agter wat het alles deur haar kop gegaan terwyl sy moes besluit. Sal haar man, kinders, ma daar-van hou? As sy n jeugdiger uitrusting koop, sal haar vriende haar nie spot nie? En is sy al middeljarig of nie? Dit lei weer na n verdere soek-tog in die winkelrakke. Sulke gedrag is lastig en tydrowend vir haar, om nie te praat van die paniek wat sy ervaar nie. Dis net so lastig vir die mense wat by haar betrokke is. Dit is n mak voorbeeld van besluite-loosheid wat naderhand by sommige wild kan begin groei. Hierdie voorbeeld kan uitgebrei word na talle ander en ernstiger situasies. Huis koop, beplanning, liefdesverhoudings, n huwelik, studierigting, beroep, standpunte oor reg en verkeerd, kerk, geloof.
Ina de Beer, wat vir maande terapie ontvang het, se wik-en-weeg-probleem was diep gesetel. Sy het n siekte gehad wat baie psigote-rapie gevra het om haar weer op die pad van gesondheid te help. Dit was nie n hebbelikheid nie maar n baie diep neurose. Dit wys dat hebbelikhede soms diep wortels het.
Die eerste gesprek het gegaan oor haar probleemkinders en haar onmag om hulle te hanteer. Die kinders is onseker en hulle kry nie rig-ting nie. Tydens die volgende sessies het ek haar gelei om haar kinder-jare te herroep. Dit het duidelik geword dat sy gevoel het daar was n gebrek aan liefde van haar ouers: hulle was perfeksionistiese, oorkritiese ouers en sy moes alles volgens hulle rels doen. Sy was fanaties dat hulle haar moes aanprys, daarom was sy n soet kind.
In verskeie verdere besoeke het n profiel van haar huwelik, beroep, sosiale omgang en selfbeeld duidelik geword. Sy was n baie onseker mens. Sy bestee ure n werk om oor en oor die korrektheid van haar verslae vir haar werk te kontroleer. Haar man is baie gerriteerd met wat hy haar draaiery noem en dat sy dinge nie afhandel nie. In sosiale om-gang voel sy dikwels sy is langdradig en betrek onnodige besonderhede by die gesprek. Die keerpunt in die terapie het gekom toe ons saam be-sluit het dat die sleutelwoord besluiteloosheid is.
Ina de Beer het die insig gekry dat sy sedert die kinders babas was,
nie geweet het hoe om hulle te hanteer nie. Sy kon nie kies wat die regte benadering sou wees nie en as sy die een patroon volg, twyfel sy en gryp na n ander patroon. Moet sy met hulle raas? Hulle ignoreer? Straf? Ge-moedelik gesels? Haar man laat ingryp? Meer rels neerl? Dinge spon-taan laat verloop? Sy is nie tussen twee vure nie maar tussen baie.
Die skakels in die ketting van haar besluiteloosheid is dat dit begin het in haar kindertyd en ontwikkel het in n basiese persoonlikheidson-sekerheid. Dit het gelei tot n gebrek aan selfvertroue. Dit het angs ver-oorsaak. Dit het weer aanleiding gegee tot oorgevoeligheid vir keuses. Dit het konflik in haar gemoed veroorsaak. Hieruit het gespruit dat sy die verantwoordelikheid om te kies, ontvlug het en s het haar kroniese besluiteloosheid ontstaan. Wanneer sy moet bestek opneem sodat sy n keuse kan maak, oorweldig dit haar.
Die hebbelikheid van onsekerheid word goed gellustreer deur n re-dakteur aan n uitgewery wat werk met outeurs wat soms n bladuitleg aandring dat nog n stukkie teks ingevoeg of geskrap moet word. Nie een maal nie maar sovele male, en die redakteur moet telkens toesien dat die wysigings aangebring en die bladuitleg aangepas word  en beleefd bly.
Dan was daar nog een van my dosente wat in sy leeftyd weinig ge-publiseer het. Hy was gewoon nooit seker of die dosyn manuskripte waaraan hy werk gereed was vir publikasie nie. Dit getuig nie van deeg-likheid nie, wel van die hebbelikheid om te veel te wik en weeg.
Om besluiteloosheid af te leer, is n proses wat drie konsepte behels: vryheid, konflikoplossing en moed.
Die vryheid van keuse is n mensereg en n menseplig. Een van die kragte van gesonde menswees is om jouself te handhaaf, te streef na wat jy kies, selfvervulling te probeer bewerkstellig en sover moontlik in be-heer te wees van jouself. Jou vryheid l ook in jou reg tot besluitneming en in uitlewing van jouself. Subjektiwiteit is ook n reg; persoonlike voor-keure kan jou keuse benvloed. Vryheid is egter ook verantwoordelik-heid, dit wil s jy moet vir jouself en vir ander kan verduidelik waarom jy vir of teen iets kies. Die opsiebenadering kan help. Dis om alle keuses so spoedig moontlik te reduseer tot twee of drie opsies, die voor- en na-dele van elke opsie teen mekaar te weeg en n finale besluit te neem. Die houding van kies-en-daarmee-klaar kan aangeleer word deur bewustelik te oefen om vinnig die moontlikhede te oorweeg en toe te
slaan met jou besluit. Aanvanklik is dit gedwonge, maar later kom dit vanself. Erken dat jy besluiteloos is, aanvaar dat vryheid deel van mens-wees is, en kom so in die gewoonte om makliker besluite te neem.
Dit gaan hand aan hand met konflikoplossing. Konflik is onvermyde-lik, maar dit is juis daar om opgelos te word. Soms vereis konflik n broeitydperk waarin jy daaroor moet nadink om helderheid te kry wanneer die opsies relreg van mekaar verskil, soos byvoorbeeld egskei-ding of versoening, besteding of besparing, onttrekking of voortgesette betrokkenheid. Konflikoplossing is om die voor- en nadele van elke opsie te oorweeg, te besluit watter opsie jy gaan kies, ondanks die nadele, of om n kompromiskeuse te maak wanneer moontlik, of nie een van die twee te kies nie, maar n derde weg te volg.
Moed kan besluiteloosheid verdryf. Twyfel is goed  dit vra en besin en kyk nie net vanuit een hoek na n saak nie  maar op die ou end moet jy kies. Moed beteken die vermo om te waag, en n saak af te handel sonder om verder daaroor te pieker. Die moed om te besluit, gee kalmte en beheer, selfs al was die besluit verkeerd. In Engels s hulle face the music. Moed is om te kies in die volle wete  sonder oordadige rasio-nalisering  dat jy en ander n prys sal moet betaal vir jou keuse. Moed is om die konsekwensies van jou keuse te aanvaar.
Besluiteloosheid is n infeksie wat vir die besluitelose baie ongeluk en verwarring kan veroorsaak. Vir die slagoffers van die persoon se besluiteloosheid beteken dit ontwrigting en selfs skade. Die goeie nuus is dat mens selfdissipline kan oefen, en dat mens gou kan leer om jou toe te spits op besluitneming as n reg en n plig.
