ARME  EK!
And pity never ceases to be shown
To him, who makes the peoples wrongs his own. (John Dryden  Absalom and Achitophel)
Negativisme, pessimisme en swaarmoedigheid is in vorige hoofstukke bespreek. Hierdie hoofstuk bespreek n spesifieke soort negativisme.
Natuurlik word baie onreg in die lewe gepleeg. Met reg is daar ver-ontregtes wat swaar gely het, slagoffers was van allerlei komplotte en ver-trap is. Hulle verdien simpatie en begrip, maar net tot op n sekere punt.
Annemarie Wemmer is deur n traumatiese egskeiding, sy is kort-kort werkloos, word afgetakel deur finansile krisisse en haar probleme word vererger deur haar seun se afwykende gedrag. Dis alles waar (so min of meer), maar in die spreekkamer bied sy haar verhaal soos volg aan:
Ek is n warmhartige mens wat uit my pad gegaan het vir my man, maar teenoor my was hy n koue vis, hard soos yster. Nee, ek was altyd geduldig, aanvaardend, positief, nie n vinger kan na my gewys word nie; en toe hoor hy n storie dat ek n werk met n ander man in n restaurant gesien is ... Dis waar, ja, maar hy is n kerkvriend van my wat net om die draai werk, sy vrou is drie maande gelede dood. Ek het hom met woord en gees in daardie restaurant vertroos. En wat kry ek daarvoor  nog n spyker in my doodskis, want toe het my man mos hond se gedagtes en in n gepraat tussen hom en sy vriende loop toe wilde stories rond. En s is ek vir n goeie daad teenoor n ontroosbare man soos n waslap wegge-smyt. Waar is die reg? My seun se pa indoktrineer hom om my te treiter en, verbeel jou, ek spandeer nou elke sent vir ons seun se berading ... Dis sy pa se plan met ons seun, hy wil my finansieel breek. Ek verloor kort-kort my werk, want hulle gee aspris die voorraadopname vir my, dis
nou by my laaste werk. Hoekom? Hulle weet wat n gemors die voorrade is, en nou is dit mos maklik om my die skuld te gee. Die vorige werk het ek verloor oor die vryerige baas wat probeer het om my selfrespek ook van my weg te vat. Miskien is dit die Here wat al hierdie dinge oor my bring as n toets vir my krag, maar die Here sal ook weet dat ek dit nie meer kan vat nie. Maar dalk is sulke dinge maar my lot.
Susan de Kock se geskiedenis is ietwat ingewikkelder. Sy het die ver-nedering, verwerping en verontregting van haar kleintyd oorwin met prestasies, geleerdheid, n huwelik wat haar in die voorste gestoeltes van die samelewing geplaas het en haar volop invloed, geld en aansien ge-gee het. Maar as sy nou gekritiseer word of weerstand ervaar, l sy dit weer voor die deur van verontregting, di van lank gelede of sommer van gister en eergister. Sy verwag groot applous en bewondering van al die kringe waarin sy beweeg, want, so s sy openlik, in haar lewe is sy al so dikwels verontreg dat dit nou haar reg is om dit te eis, die onreg moet herstel word. Sy weet en erken dat sy inhalig en jaloers is, maar dis die ontberings van haar jonger jare wat haar dryf. Sy is n uitgesproke mens wat nie maklik verstaan, vergewe en vergeet nie, want met die vrag verontregting wat sy op haar dra, is sy daarop geregtig om so hard te wees soos ander met haar was. Oral eis sy, parmantig en uitdagend net die beste, die voorkeur en die status, want sy weet hoe dit is om gesaboteer te word. Waarom gun mense haar niks nie? Altyd verlekker hulle hul daarin om haar n slagoffer te maak.
John Els se storie is deursigtiger. Sy spreekkamerklagte kom neer op die volgende: Mislukkings in sy beroep het hy daaraan toegeskryf dat sy baas hom boikot. Hy het sy ontoereikendheid bedek deur chaotiese werksomstandighede. Die diskriminasie wat veroorsaak het dat sy werk vir hom n hel geword het, was pogings om sy suksesse af te takel. Die gebrek aan erkenning was afguns. Fyn beplande komplotte het hom in sy beroep vernietig.
Natuurlik kan iets van elk van hierdie verhale waar wees, maar dit is, in alle eerlikheid, net te erg om heeltemal geloofwaardig te wees. Sulke mense verontskuldig hulle foute met verontregting. Hulle is nie ontvanklik vir kritiek nie, alles wat verkeerd geloop het, was ander se skuld. Hulle ontduik verantwoordelikheid deur martelaars te wees. Hulle hande is skoon en hulle harte is rein.
As jy hierdie hebbelikheid in jou geaardheid wil uitroei, kan jy die volgende dinge soos rympies leer en voortdurend herhaal:
Regverdigheid val nie altyd die regverdiges te beurt nie en die sterkes verloor dikwels teen die swakkes, maar alle mense moet medever-antwoordelikheid neem vir dinge wat skeef loop.
Alle mense minag ander se regte. Alle mense oortree norme.
Alle mense verwaarloos ander en misken liefde. In elke mens is brak kolle.
Skuld is deel van die menslike toestand  daarom moet ons me-kaar vergewe.
Hoe witter die verontregtes hulle voordoen, hoe duideliker wys hul-le swart vlekke.
Hou op simpatie soek. Wil jy regtig geken word as n slagoffer? As jy in-derdaad verontreg is, veg dan daarteen en stel jou saak. Menseregte is vandag n sentrale tema. Mens het die reg om op jou regte te staan, solank jy dit nie oordryf nie. Oorwin die bitterheid, vergewe en gaan met jou lewe aan. Deur jou verontregting te vertroetel, versuur jy net jou eie bestaan.
Ten slotte: Moenie jou blootstel om n slagoffer te word nie. As jy an-der se regte aantas, gaan hulle jou terugbetaal. Wat jy saai, sal jy ook maai. As jy ander se regte eerbiedig, kan jy sterker aanspraak maak op jou eie regte.
