SWAAR,  SWAARDER,  SWAARSTE
Ek het my opnuut daaraan gewy om te wete te kom, na te vors en te ondersoek  (Pred. 7:25)
Ek het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie wreld gebeur het, het vir my sleg afgeloop.
(Pred. 2:17)
Die sleutelwoord vir hierdie hebbelikheid is: swaar.
Die swaarheid van diep depressie en die gewig wat ingrypende hartseer op mens se hart l, is verstaanbaar. Wat te erg is, is mense met n onnodig pessimistiese lewensinstelling of mense wat vasval in swaarmoedigheid. Vir hulle en vir di wat met hulle saamleef, is dit baie hinderlik.
Swaar depressie is n neurotiese infeksie wat die persoon fisiek en psi-gies kan aftakel. Dit word gekenmerk deur n gevoel van onwaardigheid, nutteloosheid, leegheid, duisternis, apatie en afstand en dit lei daartoe dat hierdie mense hulle onttrek. Dit gaan gepaard met angs, aggressie en skuldgevoelens. Die greep van die depressie veroorsaak dat alles vir die mens betekenisloos word: werk, vriendskap, godsdiens, liefde en lewe. Dit demp jou inisiatief. Sulke depressie is f sigbaar f dit word agter emosionele maskers verbloem.
In die sielkunde is baie denkskole oor depressie. Kundiges is dit egter eens dat dit aangebore kan wees en met breinfunksies en chemiese wanbalans verband hou en/of dat dit n reaksie is op trauma en neer-drukkende situasies. Iemand wat aan depressie ly, het beslis medikasie en kliniese gespreksterapie nodig. Genesing is dikwels n lang proses. Hierdie depressiewe mens vra geduld, bystand en nabyheid. Depres-
siewe neurose is egter nie die tema van hierdie hoofstuk nie. Ingrypende hartseer word ook net in die verbygaan genoem, want
op die een of ander tyd tref dit almal van ons of iemand wat na aan ons is. Hoewel mense wat treur baie van die emosies vertoon van iemand wat aan n depressiewe neurose ly, kan hulle gewoonlik konkrete dinge uitwys wat hulle neerslagtigheid veroorsaak. Hulle ervaar n insinking, droefheid wat hulle vir langer of korter tye oorweldig. Dit hou dikwels verband met teenslae of verlies soos siekte, dood, ramp, n ongelukkige huwelik of ander gesinsprobleme, sekuriteit wat wankel of wegval, eg-skeiding, beroepsmislukking. Sulke neerslagtigheid kan in die vorm van akute aanvalle voorkom of dit kan kroniese droefheid wees. Hulle soek troos in die troosteloosheid van hulle situasie, maar troos is n ontwy-kende ding wat jy nie na willekeur kan aan- of afskakel nie.
As jy sulke mense in jou lewe het, sal jou simpatie (meegevoel) en empatie (inlewing in hulle situasie) n besondere manier wees om hulle te ondersteun. Jy moet hulle die geleentheid gun om te treur, want die paradoks is dat mens juis troos vind deur te treur. Jy moet hulle laat uit-praat en opreg na hulle luister en help om insigte te vind en aanvaar-ding te versterk.
Om vertroos te voel, is harde werk en dis eensaam. Tog kan mens dit vind as jy aktief uitreik na aanvaarding van die werklikheid, die nugtere wete dat die mens in sy gebrokenheid onvermydelik ook duisternis er-vaar en heroese geesteskrag moet vind om op te staan. Dit beteken om op te staan in geloof, hoop en liefde sodat jy die dinge wat jou neerslag-tig maak, kan verander of jou daarin berus, om die bladsy om te blaai en met littekens en al met die lewe voort te gaan. Die treurendes is egter nie die fokus van hierdie hoofstuk nie omdat hierdie mense nie n heb-belikheid vertoon nie maar n tydelike gemoedstoestand ervaar.
Die pessimis is die soort mens met n hebbelikheid, n geaardheid wat swaarmoedigheid uitstraal en feitlik alle sake van die donker kant af bekyk. Miskien kom hierdie geaardheid van ver af, deur opvoedingspa-trone, swaarkry en terugslae wat n permanent pessimistiese uitkyk tot gevolg het. Dit is hierdie donkerkykers, die sinici en die langgesigte wat meestal die slegste verwag. Hulle is besorg oor alles onder die son en hulle glo die hoop sal beskaam.
Die pessimiste is naby familie van die negatiewes, tog verskil hulle.
Die negatiewes is krities, onverdraagsaam en aggressief, terwyl die pes-simiste passief is en alles benader asof hulle die slegste verwag. Altyd is daar iets om te bekla en die kop oor te skud, want die lewe is nie n grap nie, en wie o en ore het, sal bewus wees van die pes wat in die donker wandel.
As mens n klomp pessimiste se gesprekke saamgooi, sal dit s lyk: Eintlik word te veel geld aan navorsing bestee, kyk net al die mislukkings van die wetenskap, wat n biljoene steeds magteloos is teen kanker, VIGS, ensovoort. [Dus: blindheid en doofheid vir die merkwaardige prestasies wat die wetenskap wel behaal het.] Die verderflike tydsgees stroop ons kinders van waardes en die volgende geslag volwassenes gaan weer terug-val in onbeskaafdheid. [Dus: geen aanvoeling vir die vernuwing, vryheid en geleenthede wat die tydsgees bied nie.] Die Nuwe Suid-Afrika is ge-doem tot misdaad, korrupsie, wanbestuur, die wreldekonomie skryf ons af. Binne vyf jaar l alles aan skerwe. [Dus: geen begrip vir politieke probleme en deurbrake wat wel tot n beter toekoms kan lei nie.] Ek het goeie beleggings maar ek weet ek gaan kaal uitgetrek word. Die anti-inflammatoriese medisyne help wel vir die rumatiek, maar die newe-ef-fekte daarvan maak my lewe hel. Die aanbou van die stoep, waaroor ons so entoesiasties was, gaan n mislukking wees want bouers meng al-tyd te min sement met die sand sodat hulle groter winste kan maak.
Hierdie swartgalliges bring n neerdrukkende atmosfeer in gesel-skap. Dis vervelig en swaarmoedig en dit rem almal in die geselskap af. Hulle persoonlikhede is skeef getrek omdat hulle so swartgallig en verbitter is. Dit ontbreek hulle aan adrenalien. Hulle is grotbewoners, skaduweemense wat op een toonhoogte hulle stem teen die lig ver-hef. Hierdie mense is bang vir die toekoms. Hulle gaan haal die bob-bejaan agter die berg.
As jy so n pessimistiese geaardheid het, moet jy daarvan werk maak, want dis n hebbelikheid wat galsterig is. Di woord verwys na ou bot-ter of vet wat nie meer vars is nie en walglik smaak. Spaar jouself en ander om jou hierdie galsterigheid. Hoe oorkom jy dit?
Optimisme is nie altyd die antwoord nie, want dit kan ook goedkoop en oppervlakkig vertoon. Mens kan van die lig alleen nie lewe nie. Die sonskynkindertjies kan ook te erg wees.
Hierdie swaarheid moet met realisme getem word. Die realisme wat
daarop ingestel is dat lewe skadu en lig is en wat dan die skadu en lig in n saak, persoon of situasie bereken. Realisme is nugter in die wete dat wat op is, moet af en wat af is, moet op. Dit is bewustheid van die lewe se positiewe en negatiewe aspekte. You must under-stand the whole of life, not just one little part of it. That is why you must read, that is why you must look at the skies, that is why you must sing and dance, and write poems, and suffer, and understand, for all that is life, skryf J. Krishnamurti in A dancing star. Inspiration to guide and heal.
Tel die plusse op, al is dit minder as die minusse, en konsentreer op die plusse. Soek die plusse, begin met die plusse, omskep die minus-se waar jy kan en vermenigvuldig die plusse al is dit bloot in die hoop op beter dae. Dis n dapper houding om die negatiewe te beveg en die positiewe te bevorder. Dit klink dalk slagspreukerig, maar dis n bewese sielkundige feit dat positiewe denke energie genereer wat emosie en dade weg kan laat stuur van die tamheid wat pessimisme veroorsaak.
Ervaar en beoefen lig. Lig is opgewektheid. Dis beweeglik, uitspattig, vrolik, uitgelate en speels. Dit is soos son en sterre; soos wit blomme in n tuin; soos die herfs in sy sagte helderheid; soos sneeu wat uit-stort soos n wit golf van vreugde s Van Wyk Louw; soos n kers-vlam, n lamp, soos kole in n kaggel.
Strewe doelgerig na humor in jou lewe. Soek na die humoristiese in jouself en ander mense, die verspotheid van situasies en die geestig-heid van ons bestaan. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek s humor is luimigheid met erns as grondtoon, n glimlag met n traan, die vermo om iemand te laat lag, opgewekte geestigheid, komiek-likheid. Humor is nie lawwigheid nie. Dis n lewenshouding wat lig in die donker soek. Dit is n houding dat jy jou nie laat onderkry nie. Met humor verdeel jy swaarmoedige gebeurtenisse en emosies in han-teerbare porsies. Sonder humor verstik jy aan die lewe. Sonder hu-mor sleep jy jou deur die dae, maande en jare, maar met humor word die reis ligter en makliker.
Dink aan Horatius se carpe diem  pluk die dag. Party mense vind slegs bevrediging in die goeie ou dae. Vir hulle is die hede swoeg en sweet en die toekoms vrese net waar jy kyk. As die swaar mense
van hierdie hoofstuk konsentreer op die oomblikke en episodes van elke dag, sal die daaglikse lig en donker hulle wakker en lewendig hou.
Die swaarwigtiges is weer n ander menstipe. Hulle houding en ge-sprekke is altyd ernstig. Natuurlik is erns ook n deug en natuurlik verg party geleenthede n indringende bespreking van ernstige sake. Maar wanneer dit n hebbelikheid word, kan dit onuitstaanbaar word. Die swaarwigtiges val as t ware op mens. Hulle blote teenwoordigheid is soos n skadu wat nader kruip. Hulle ondervra en ondersoek altyd. Dis asof hulle geselskappe toepak onder argumente, besware, ontsteltenisse en voorspellings. Die swaarwigtiges praat nooit lighartig en bolangs oor n verskeidenheid onderwerpe nie.
Terwyl vriende gesellig saameet en kuier, het Gert Buys dit oor sy onderwerp, naamlik die huis se buitemuur wat vars geverf is. En s begin hy sy klipmuur bou. Verf is duur, en wel vanwe die vier redes wat hy opsom. Hy noem ook die voor- en nadele van self verf of iemand betaal om te laat verf. Hy verstrek syfers oor wat dit mens per jaar kos om n huis te onderhou. Die woede in sy stem bou op teen diensleweraars se ver-neukery. Huurhuise se meriete word op die vingers afgetel. Hy nader die klimaks deur te s dat ons huise oor die algemeen kleiner en eenvoudiger moet wees. Daaruit volg n betoog dat die Westerse beskawing se onder-gang oordaad sal wees. Toe kom die laaste rotsstorting in sy filosofie: definisies van oordadigheid. Almal wou maar net eet en drink en gesellig wees, maar Gert se diepte het die hele aand afgrond toe gesleep.
Swaarwigtigheid kan deur die volgende tegniek en gespreksrels getemper word:
Verander die onderwerp sonder om Gert Buys te beledig. Onthou, die swaarwigtige is ook n soort vasvaller.
As jy self aan swaarwigtigheid skuldig is: Moet nooit die mense in n geselskap toespreek nie. Dit is onbeleef om n geselskap oor te vat. Almal moet n beurt kry, kans kry om te reageer en deel te wees van die wedersydse gesprek.
Wie ook al die swaarwigtige is, neem die aard van die geleentheid in ag. Stel jou daarop in om geselligheid te bevorder, al moet jy vir n rukkie oor koeitjies en kalfies gesels. Roer daarna interessante onder-
werpe aan, benader aktuele dinge uit n ander hoek, wees kwistig met humor en ironie om n onverwagse wending te bring en iets ligs oor n diep onderwerp te s. Onthou, swaarwigtiges is nooit lekker ge-selsers nie, maak nie saak oor watter onderwerp nie.
Binne die skaduwees wat altyd om ons hang, is daar ligkolle te vind. En dit dra mens deur die swaar.
