DIE  WYDLOPERS
wydlopig: 1. Uitvoerig, omslagtig, breedsprakig. 2. Vervelend; ...
(F.J. Labuschagne en L.C. Eksteen  Verklarende Afrikaanse Woordeboek )
Ek het n lang pad met wydlopigheid geloop. Gedurende my studentejare was daar n professor wat tydens die drie jaar wat die kursus geduur het teen Oktober van n jaar nog net die helfte van die werk gedek het. Elke jaar het sy inleidende, los opmerkings oor die leerstof van die jaar agt periodes geduur en verdwaal in kruis-en-dwars-verwysings  tipies van n sukkelende gedagtegang en gebrekkige vermo om te fokus.
As koerantredakteur moes ek en ander joernaliste die teenoorgestelde van wydlopigheid bemeester. Dit is om die kern van n onderwerp op die kortste, duidelikste en opvallendste wyse te stel ten einde die leser se aandag te trek en te behou. Dit kom neer op haastig praat en kortpad vat. Tydens onderhoude het party mense (veral politici) geblyk meesters van wydlopigheid te wees, gewoonlik omdat hulle iets versluier het en daar-om draaie om die onderwerp wou loop. Ook tydens televisie-onderhoude was dit vir my n nagmerrie om party mense binne drie minute iets sinvols te laat s.
Wydlopigheid kan ook menige kongres en vergadering laat misluk. Vrae word aan die spreker gestel wat maklik vyf minute duur om te for-muleer. Die persoon wat die spreker moet voorstel, lewer n lesing van sy eie oor sy verbintenis met die spreker of die onderwerp en praat op die lang duur meer oor homself as oor die spreker.
Dit is nie al nie. Dink net aan uitgerekte telefoongesprekke. Mense wat by jou kantoor inval om n boodskap oor te dra maar nie daarin slaag nie. Iemand wat jou voor n winkel raakloop en jou gou iets wil vertel, maar nie by daardie iets uitkom nie.
Elkeen van ons ken seker iemand wat sirkelgesprekke voer, wat oor en oor dieselfde ding s. Jy moet geduldig wees met sulke mense, maar net tot op n punt.
Wydlopigheid onderhou nie die verkeersrels van kommunikasie nie. Dit mors tyd. Dis n slordige, onbedagsame gewoonte, want dit lei nie tot dialoog in n gesprek nie. Die wydlopige dreun voort met sy monoloog. Sy gehoor verloor belangstelling en bou irritasie op, die langdradige se storie bly in die slag en weldra sal hy bewus word van die weerstand, wat hom verle en seergemaak sal laat voel.
Natuurlik hang dit af van die gespreksituasie. Sekere stories moet juis uitgerek word omdat dit n storie is wat geleidelik opbou na die verrassende klimaks. Maar jy moet jou praat ken om van so n storie n sukses te maak. Vir begaafde vertellers is langdradigheid n tegniek en n kuns. Terapeutiese gesprekke in die spreekkamer moet juis ook in detail en wydlopig wees.
Herken die leser in sy of haar ervaring die volgende wydlopiges? Servaas Vorster bel my om verskoning te vra vir afwesigheid by n vergadering.  N  n  paar  algemene  vriendelikhede  oor  of  die  oproep gele is of nie en wedersydse navraag oor gesondheid, verloop dit s: Ek wil sommer met die deur in die huis val. Ek is jammer dat ek nie vanaand se vergadering kan bywoon nie. Ek weet dit is kort kennisge-wing. Ek is baie jammer. Jy weet ek voel nogal siekerig. Die vergadering is mos vanaand by jou huis, of hoe? Sou wou kom, maar ek kan nie. Ek is jammer. Ek voel regtig siek, dalk die begin van griep. Ek voel skuldig dat ek nie daar kan wees nie. Regtig, ek is jammer, maar n mens voel sleg met so n broeiende griep.  Ek dink  ek gaan maar vroeg l, want griep is n derduiwel van n ding. Dis onverantwoordelik om te probeer kom. Ek is regtig jammer. Maak verskoning vir my, asseblief. As ek enig-sins kon, sou ek daar gewees het. Ek weet jy sal verstaan. S vir almal
ek is jammer.
Sulke gesprekke hoor mens daagliks. Dit word gekenmerk deur her-haling, oorbeklemtoning, gekoppel aan boetvaardigheid. Di gesprek sou in die kol gewees het deur net te s: Ek vra verskoning vir vanaand se vergadering want die griep roer in my. Jammer, ek sou graag daar ge-wees het. Sterkte.
Die tweede gesprek vind plaas in n woonvertrek waar ses mense
by my aan huis kuier. Attie val weg met die volgende storie: Daar was vandag nogal n ding by die werk. Ek sit nog s by my lessenaar om die uitgawestate van een van ons maatskappye te kontroleer. Dis harde werk en ek moet elke dag twintig sulke state laat klop. Elke aand moet ek rapporteer. In elk geval, ek sit nog so en werk aan die state, toe daar n man instorm by die linkerdeur, dis n deur so halfskuins agter my. Wag, dis dalk die regterdeur ... maar laat dit wees soos dit wil, hy storm in en hy skreeu soos n maer vark. Julle weet, nie n ho, skril geluid nie, eerder n bromgeluid, harder en sagter. Ek dink dit was eerder hard, want dit sou van ver af gehoor kon word. Ek skrik toe so dat ek na regs opspring en ek voel net hoe stamp my kop teen die boekrak. Kyk, die rak hang so halfvorentoe en toe hulle dit laas maand ingesit het, het ek ges die ding is te laag. Ewenwel, toe my kop die rak tref, hoor ek die geweerskoot afgaan. Dis dalk n rewolwerskoot, maar dit kon net sowel n swaarkalibergeweer gewees het. Gewoonlik kan mens die verskil hoor. Dis n klapgeluid met n naklank. Maar, om n lang storie kort te maak, ek skreeu toe: Naomie, Naomie!  sy is die klerk wat al twaalf jaar by ons werk, en sy is n groot vrou, hoor. En toe hoor ek die skuifel-geluid by die ander deur, nie die deur waar die man ingekom het nie. Sy stoot toe die deur so stadig met haar voet oop. Julle moet weet sy staan nou so vier tree van die skreeuende man af, of nee wag, dit kon dalk ses tree gewees het, of so iets. In elk geval, s maar vier tree. En sy spring, so met n duikslag, julle weet, soos n rugbyspeler wat n drie druk, s spring sy met haar groot lyf, dwarsoor my lessenaar, so drie voet of so van my kop af. En sy gil, n bloedstollende gil. Naomie het so n sterk stem, selfs as sy gewoonweg praat. Terloops, in haar dae het sy opera gesing. Dis toe dat die man die tweede skoot aftrek en hy die baie waardevolle lamp tref wat so laag in die hoek hang. Nogal n kristallamp wat ou John, ons vorige baas, op n veiling in Engeland gekoop het. Naomie gryp hom; s, laat ek julle wys, met die een arm om sy nek, s, en met die ander arm gryp sy hom, julle weet, so hier, so in die middel van sy lyf, laat ek maar reguit s, sy gryp hom tussen die bene. En toe
... En verder hoe die polisie gekom het en n woordelikse weergawe van die gesprek met die polisie, wat n herhaling van die hele storie is.
Wat die wydlopigheid verder gedryf het, is dat Cessie, Attie se vrou, hom in die rede val en opstry. Toe hy na Naomie verwys as n groot
vrou, open sy n binnegeveggie dat Naomie darem nie so groot is as wat hy beweer nie. Toe word dit n tweegesprek oor Naomie se mate en ge-wig. Dat John die kristallamp op n veiling in Engeland gekoop het word deur haar gekorrigeer deur uitvoerig te verduidelik dat hy dit via Gert gekry het (en dit word n verduideliking van Gert se afkoms en nering), maar Attie hou vol en motiveer sy stelling dat John die koper was. Twee wydlopiges in dieselfde gesprek is n uiterste beproewing. Dit gebeur dikwels dat wydlopigheid ander gespreksgenote aansteek om ook die lang paaie te loop.
Wat n goeie storie kon gewees het, het platgeval. Die stilte van ver-moeienis en irritasie hang in die vertrek. Gemaakte laggies en opmerk-ings, alles gedemp. En Attie voel aan dat iets nie goed verloop het nie, maar hy weet nie presies wat nie.
Dit was sy langdradigheid, irrelevante besonderhede, oorvolledigheid, sy onnodige kronologiese weergawe van die verloop van die gebeure. Dieselfde storie kon spanning opgebou en n lekker slot gehad het. Dit kon met n paar sinne gesentreer het op die indringer, sy geskreeu, sy ge-weerskoot, Naomie se lywige duikslag en die tweede skoot, haar vas-vat op die plek waar dit seermaak en die indringer se inhegtenisname.
Onnodige kronologie skep die versoeking om langdradig te raak. n Kronologiese vertelling wat gevat en verrassend is, is egter suksesvol. Maar as daar vasgeval word in: Toe s Piet vir my ... en ek s toe, ja, maar ek verstaan dit nie. En Piet noem toe weer sy drie punte, een ..., en twee ... en drie ... en ek stry hom toe op oor punt twee waarin hy be-weer het .... en hy antwoord toe ... Hierdie omslagtigheid kon vermy geword het as die persoon net ges het waaroor sy en Piet gestry het en dat die uitkoms was dat sy sy stellings weerl het, en wat die kern van haar stelling was.
In Rina se gesprek weer dreun sy voort oor n onderwerp, maar die luisteraar het net n foonnommer gevra. Ek sal jou nou die nommer van die boekbinder gee. Hy is in Brixton. Baie knap. Dis wonderlik hoe hul-le boeke bind. Jy kan n kleur vir die omslag kies. Hulle het, laat ek nou dink ... ja, groen, blou, rooi en ek dink so gryserig. Eers sny hulle die bladsye met so n hefboomlem, sodat dit presies gelyk is. En met n spe-siale gom plak hulle net die randjie van die papier. Die luisteraar kry n vinnige, gerriteerde woord in: Rina, ek weet presies hoe werk boek-
binders. Gee my net hulle foonnommer. Dis al wat ek gevra het.
Dis die wydlopers wat n saak soos boekbindprosedures wat alge-mene kennis is ongevraag aanbied asof dit warm, lewendige nuus is.
Die volgende voorbeeld illustreer langdradigheid wat die gevolg is van n poging om iets te versluier. Dit word gekenmerk deur vaagheid, onsekerheid en n rondvallery met woorde. In die spreektaal word dit n gegorrel genoem. Die samevatting wat n prominente minister in die tagtigerjare n n lang toespraak aan sy gehoor voorgehou het, is des-tyds verbatim in n spotrubriek van Finansies en Tegniek aangehaal: Die samelewing bestaan uit diverse gemeenskappe. Die aanvaarding van hierdie feit beteken nie dat daar nie gemeenskaplike belange is nie, maar dit beteken ook nie dat daar nie gemeenskapsbelange is nie. Die oorbeklemtoning van die gemeenskaplike ten koste van die gemeen-skapsbelange, net soos die teenoorgestelde, skep weerstand en frustra-sie. Ek wil n gemeenskaplikheid tussen die partye identifiseer wat steeds rekening hou met gemeenskapsbelange. Gemeenskap en gemeenskap-likheid verskil, hoewel daar ooreenkomste is.
Hierdie soort langdradigheid getuig van n spreker wat self nie be-gryp wat hy wil s nie. Churchill (Book of political quotes) het hiervan ges: He can best be described as one of those orators who, before they get up, do not know what they are going to say; and when they are speaking do not know what they are saying, and when they have sat down, do not know what they have said.
Ons het maar almal ons wydlopige oomblikke. Dis normaal, soms selfs lekker in loslitgeselskappe waarin mens s net wat in jou kop kom. Hierdie hoofstuk bepleit nie blafgeluide wat die minimum s wat daar te s is nie. Maar as wydlopigheid n patroon by jou geword het, is dit lastig vir jouself en vir ander. In kantoorsamesprekings, vergaderings, formele groepbesprekings asook informele geselskappe skep dit weerstand by diegene wat daaraan uitgelewer is.
Mens moet jou gehoor se reaksie leer lees. Jy moet kan sien en aan-voel as mense nie na jou luister nie. Jou woorde word goed ontvang wan-neer mense redelik stil is, aandagtig na jou kyk, en hulle spontaan glim-lag of ernstig is. Mens word swak ontvang wanneer jou gehoor rondskuif, vroetel, weinig oogkontak met jou maak, wanneer hulle liggame strak is, gaap of jou in die rede probeer val (waar dit moontlik is).
Die drie sleutels om wydlopigheid te voorkom, kan tweede natuur by mens word as jy dit oefen.
Sleutel een: Praat eerder logies as kronologies. Kronologie vertel hoe dinge of situasies mekaar opgevolg het (toe en toe en daarna en toe, en-sovoorts). In sekere gesprekke is dit goed en noodsaaklik. Dis egter vei-liger om meestal logies te praat, deur jou te bepaal by die aanloop, ver-loop en afloop; of te hou by die oorsaak, kern en uitslag.
n Voorbeeld daarvan is die volgende: Tussen my en Griet is daar al vir weke spanning oor haar skimpe oor my familie [aanloop]. Toe sy weer in n geselskap skimp, het ons n uitval gehad en op verskillende maniere het ek haar vertel dat ek sterk aanstoot neem [verloop]. Sy het haar opgeruk en ek het besluit ek gaan ons vriendskap verbreek [af-loop]. Dis vir jou luisteraars om jou verder uit te vra.
Nog n voorbeeld: Ek vertrou my finansile raadgewer nie meer nie, want te veel transaksies het misluk [oorsaak]. Ek het sy dienste opgeskort en dit was vir my ongemaklik [kern]. N groot druk van sy vriende en sy vrou dat dit hom sy loopbaan kan kos, was ek sterk genoeg om voet by stuk te hou [uitslag].
Sleutel twee: Praat eerder holisties (oor die geheelprentjie) as gede-tailleer (oor besonderhede). Dit hang natuurlik van die doel en aard van die gesprek af want klein besonderhede kan soms noodsaaklik wees, maar in die algemeen is die holistiese manier n kenmerk van uitnemen-de gesprekvoering. Dit werk met opsommings, gevolgtrekkings en die weglating van irrelevante feite. (Kyk weer na die storie van Attie op p. 75 en probeer die storie in vyf sinne neerskryf.)
Sleutel drie. Hou by die algemene gespreksrel dat humor, ironie, uitsonderlike en ontroerende dinge die gesprek stimuleer.
Elke mens moet sy eie weg vind met hierdie drie sleutels. Die aan-gewese mens om jou wydlopigheid te temper, is jyself. Maar jy kan ook wydlopiges rondom jou probeer help.
Probeer ingryp in die langdradige gesprek deur die spreker vooruit te loop met n paar gevolgtrekkings: Ek kan sommer nou al hoor die man het jou tereg om verskoning gevra. Dis n bietjie onvriendelik, maar daar-mee kan jy die einde van die storie verhaas.
Probeer ook taktvol wees: Ek wil graag hoor, maar gee net gou vir my die ding in n neutedop, anders verloor ek die draad van jou storie.
Die ou metode is om halfdikvellig die gesprekstema te verander. Die teenpool van langdradigheid is nie om die minimum te s nie.
In sommige gesprekke hoort uitvoerigheid of geselligheid, en in ander saaklikheid. Die teenpool is eerder om vinnig te dink voor jy praat, te besluit hoe jy jou woorde gaan aanbied, en dan die essensies daarvan uit te lig deur opsomming, samevatting en kommentaar. Vat kortpad waar dit moontlik is, en gee dan die luisteraar kans om te reageer.
Lekker gesels is nie om deur langdradigheid gesprekstyd te verspil nie. Lekker gesels is ook nie om in die tydjie wat daar is om te gesels, so langdradig te wees dat die gesprek verskraal word tot n paar mo-nolo nie.
Deur doelbewus te luister na jou eie en ander se wydlopige gesprekke, sal jy gou besef hoe maklik geselskap in sinneloosheid kan verval.
Daar is ook nog ander soorte wydlopers wat met hulle verwarde deurmekaar pratery die gesprek laat vashaak. Noem hulle versnip-peraars.
Hulle spring blitsvinnig van onderwerp tot onderwerp. Om dit reg te kry, val hulle hulself voortdurend in die rede en die ander een se draad word ook links en regs uit die gesprek gesny. Hulle kaap ook sto-ries deur die storieverteller stil te maak ten einde n eie, soortgelyke sto-rie te vertel.
Mien Eloff begin n foongesprek oor koeksisters wat sy wil kom af-lewer; wat haar n dertig sekondes laat praat oor die ou dominee wat so versot op koeksisters was, en sonder n pouse slaan sy oor na heden-daagse swak predikers van die kerk; n n paar sinne spring dit vinnig oor na God, maar sy onderbreek haarself, terwyl sy nou van God praat spring sy na kinders van n sekere gesin wat sy ken wat so opstandig is teen hulle ouers, want dis mos n oortreding van die vyfde gebod; toe kry koeksisters weer n beurt, wat dadelik n afspringplek word oor gevaarlike dieetgewoontes, maar een, twee, drie, val dit haar by van n advertensieaanbod om heuning teen halfprys te koop ... n Uitasem-gesprek met geen fokus nie.
n Versnipperaar kan vriendelik, selfs speels gekonfronteer word. Val hom of haar in die rede met iets soos die volgende: Stadig, stadig, jy praat my kop deurmekaar; Dit lyk my jy het nog nie besluit waar-oor jy wil praat nie  is dit nou koeksisters of predikante of God of
die Tien Gebooie of winskopies?; Vertel my net eers meer van die verkeerde dieetgewoontes wat jy nou genoem het.
n Kapingsgesprek is wanneer iemand begin vertel van die nagmer-rie-ondervinding toe hy n motor by n rooi robot gestamp het. N die eerste sin kry sy gespreksgenoot n omkrulglimlag en in die middel van die tweede sin s di blatant: Ek weet presies hoe dit voel, want dit het met my ook gebeur. En daarop volg n lang storie wat die oorspronk-like storie net daar laat stol. So n kaper beindig dikwels sy storie met n toegeeflike glimlag en s aan die oorspronklike verteller: Toe, gaan nou aan met jou storie.
Hierdie kapers het n gebrek aan selfbeheersing, en n oormaat aan selfgesentreerdheid en arrogansie. Dikwels spruit dit uit n gebrek aan selfvertroue: Die kaper moet voortdurend die versekering h dat die ge-selskap na hom ook luister, dat iemand anders nie dalk te lank die mid-delpunt van die gesprek word sodat niemand meer van die kaper kennis neem nie.
Die kapers moet trompop geloop word met iets soos: Gee my net kans om my storie te vertel, want daar is nog baie van my storie oor. n Ander metode is om doelbewus meer aandag aan die kaper te gee sodat hy kan ontspan in die wete dat hy nie vergeet word nie; ander kan dan ook n woord inkry. Maar wees opreg in die ekstra aandag wat jy aan hierdie weliswaar irriterende medemens skenk; onthou, hy het dit werklik nodig.
Die vasvallers is die mense wat gesprekke op een tema laat vashaak en uit daardie hoek ontsnap niemand nie. S n soort gesprek is seker van die uitputtendste en verveligste wat mens te beurt kan val. Ons moet egter onderskei. n Gesprek kan vasval in een tema omdat dit al is waar-oor die vasvaller kan praat. n Gesprek wat oor een tema handel omdat al die geselskapgenote in die tema belangstel en waarin almal insette maak, is egter n ander saak; s n eentemagesprek is stimulerend en dit lei dikwels tot nuwe perspektief op die tema.
Die koorleier sit die noot in van motorkapings en n sy storie ver-tel drie van die vier mense soortgelyke stories oor wat met kennisse gebeur het. Die stories hou min verrassings in. Naderhand verander die tema effens, misdaad in die algemeen is nou onder bespreking en dit dreun voort. Vir die vierde gespreksgenoot klink alles baie een-
ders. Later is sinryke insette oor misdaad nie meer moontlik nie. Hoe gemaak om uit di hoek te ontsnap? Die springmetode kom hier
handig te pas, en dit verskil heeltemal van die verstrooides se rondspring-ery. Spring na n ander onderwerp, maar die nuwe onderwerp moet ver-band hou met die vorige onderwerp, anders vlot die gesprek nie maar ontaard in rukkerigheid. Gestel die uitgetrapte onderwerp is ekonomie. S dan: So van die ekonomie gepraat, arm mense kry darem baie swaar. Wat sou jy s, hoe moet die armoedeprobleem in die land aangepak word? (Nou het jy gespring.) En as armoede voos gepraat is: Die ryk mense in hierdie land is darem ryk, hoor, vat nou maar die ouens met wildplase, strandhuise, paleise vir wonings en n paar karre  wat dink jy is hulle bates werd? (Jy het weer gespring.) Verdere spronge: Veilig-heidsdienste is vandag n enorme bedryf in die land om al die ryk mense en hulle eiendomme te beskerm. Spring weer: Sal die polisie ooit hulle probleme oorkom? Spring weer: Wanneer gaan regstellende aksie op-hou? Spring weer: Emigrasie het nou al mode geword.
Hierdie hoofstuk oor die wydlopiges is nie om dowe neute onder be-spreking wanneer dit oor hebbelikhede gaan nie. Alle mense voer elke dag gesprekke, intiem, gesellig, formeel, terloops, meelewend en dies meer. Die mens is by uitnemendheid n kommunikasiewese wat woorde uitstuur en ontvang. En alle soorte gesprekke het gespreksrels, naamlik praat en luister, wederkerigheid waarin woorde soos n tennisbal heen en weer geslaan word, sinrykheid. Gesprek is kortom n medemenslike ont-moeting.
Gesels is een van die belangrikste aspekte van menswees en as gesels geslyp word, is dit n verrykende ervaring. Deur in n sinvolle gesprek op-reg te luister, word jy in denke en gevoel na n ander mens se binne- en buitewreld verplaas. Deur vertel-gesels word ervarings gedeel. Deur verduidelik-gesels word jy verhelder. Kits-gesels is n plesierrit. In rusie-gesels is jy aan t skerm. Fantasie-gesels is n droomrit. In klaag-gesels en troos-gesels bied julle vir mekaar n skouer om op te leun.
Gesels is n spel van wederkerige aanraking wat baie plesier en warm-te kan gee. Elke mens behoort te oefen om n interessante en genteres-seerde gespreksgenoot te wees.
