IS  DIT  WEL  MET  JOU  SIEL?
It is with narrow-souled people as with narrow-necked bottles: the less they have in them, the more noise they make in pouring it out.
(Alexander Pope  Thoughts on various subjects)
Uit die mond van die suigeling hoor jy die waarheid. Die volgende toneeltjies het om skrywer se etenstafel afgespeel:
Seuntjie (graad 1) het n medalje van die sokkerafrigter Promise ontvang.
OUERS: Wanneer jy bid, onthou om die Here dankie te s vir die medalje.
SEUNTJIE (geskok): Promise het dit vir my gegee, nie die Here nie!
Seuntjie (graad 2) terug van sy besoek aan die tandarts, skuif op sy plek aan tafel in.
MA: Onthou om vir die Here dankie te s dat die tandarts niks met jou tande fout gevind het nie.
SEUNTJIE (fronsend): Tande is nie die Here se business nie.
Hierdie hoofstuk kan verkeerd begryp word en maklik aanstoot gee. Daarom is dit nodig om te s wat ni die doel van hierdie hoofstuk is nie. Dit is nie n ontkenning, bevraagtekening of bespotting van mens-like spiritualiteit nie. Spiritualiteit is n wesenlike dimensie van mens-wees. Dit is om gerig te wees op religieuse antwoorde oor die kosmos en die mens. Mense wat hierdie dimensie in hulle ontken, doen n be-langrike aspek van hulle menswees skade aan.
Dit is nie gemik op enige godsdiens se belydenis of belewing nie. Dit wil ook nie die nuwe spiritualiteit van die wreldkultuur van vandag
verkleineer nie. Ons era beleef ontwaking en vernuwing betreffende die bonatuurlike ervaring. Daarom is kritiese vrae oor tradisionele, religieu-se opvattings aan die orde, maar dis ook nie die tema van hierdie hoof-stuk nie.
Die tema is wel sommige godsdienstiges se oordrewe houding jeens hierdie sake, bekyk deur n sielkundige bril. Mens kon hierdie onder-werp maar oorgeslaan het, as dit nie was dat soveel mense deur skeef getrekte spiritualiteit gepynig word nie, of dat oormatige spiritualiteit n verleentheid word vir die mense wat so vurig daarvoor gewerf word, of daaraan gemeet word.
Mense met ernstige psigiese afwykings het soms ook waansinnige spirituele opvattings. Godsdienstige grootheidswaan, die gevoel van n besonderse messiaanse geroepenheid, hallusinasies oor bonatuurlike dinge, godsdienstige fiksasies, obsessies, kompulsies en paranoia kom dikwels voor. Hulle spiritualiteit vermom of versluier die dieperliggende afwyking. Spirituele werkers moet bedag wees daarop om hierdie men-se te verwys na professionele hulp, in plaas van hulle afwykende spiri-tualiteit aan te moedig met applous of dit te probeer kortknip met ver-manings. In die manies-depressiewe patologie is daar vertel van n man wat in sy maniese fase sy werk bedank het om by siekes, armes, ster-wendes, verslaafdes en wie hy ook al in die hande kon kry, vurig die evangelie te verkondig. Sy dominee het hom as geroepe gesant voor-gehou en vir sy gehore was dit n konsternasie. Siek spiritualiteit kan nog giftiger gemaak word as dit deur kerkmense aangemoedig of teenge-staan word.
Ekshibisionistiese spiritualiteit het gewoonlik drie belydenisse. Die eerste is n uitvoerige relaas oor presies hoe sleg hulle was en dit word met n soort wellus in die fynste detail beskrywe. Die tweede is aangry-ping van die goddelike wat histeries uitgeskreeu word. Die derde is n vertoon van al die nuutgevonde heiligheid, huppelende blydskap en rit-se ander deugde waarmee gespog word. Daar is oordrewe vertoonsug wat die ek van di persoon promoveer. Dit is n karikatuur van spiritua-liteit wat meer afstoot as aantrek.
Santie van Breda het in die spreekkamer haar hart uitgestort oor haar man se bekering rakende seksualiteit. Hy s dis die grootste sonde denk-baar. Hy weier enige vorm van seks met haar. Sy dogter en seun (albei
is ouer as twintig jaar) word bepreek en gedreig dat God hulle beveel om seks in hulle te vernietig.
Die terapeut se eerste sessie met haar man was n katastrofe. Hy het in besonderhede van al sy dosyne sekseskapades met prostitute, kolle-gas en buurvroue vertel. Hy het ook vertel van die droom, n jaar gelede, waar Jesus aan hom verskyn het en hom op n geestelike manier ont-man het, met die opdrag om die evangelie van seksloosheid te gaan verkondig. As jy God liefhet, moet jy die seksduiwel finaal vernietig, is volgens hom die sleutel tot die hemelpoorte. Toe hy di opdrag gehoor-saam het, het sy lewe n fees van voorspoed en genade geword. Hierdie man se oordrewe spiritualiteit is n manifestasie van skeefgetrekte seksua-liteit en het in werklikheid min met spiritualiteit te make.
Aggressiewe spiritualiteit word n veldslag van bekering, derms uit-ryg oor elke denkbare sonde, die verskrikkinge van die verdoemenis en die gewelddadigheid van die bose. Spiritualiteit kry hier die aksent van verplettering, vervloeking van almal wat nie in gelid loop nie en ver-werping van di wat nie die tekens van die opgelegde spiritualiteit ver-toon nie. Dit is n spiritualiteit van afgryse. Dieselfde energie werk in die spiritualiteit van die okkulte en Satanisme, maar in n teenoorgestelde rigting, waar die goeie aggressief teengestaan word en die bose aggres-sief dinge uitmekaar skop.
Hoogmoedige spiritualiteit is n kenmerk van diegene wat ander uit die hoogte verseker dat hlle spirituele oortuigings die enigste is wat eg, suiwer en waar is. Dis die spiritualiteit van resep en voorskrif, of dit nou mistisisme, meditasie, fundamentalisme of charisma is. Dit is n versmo-rende spiritualiteit vir ander spirituele belewings wat van die resep af-wyk.
Infantiele spiritualiteit trek kinderlikheid so skeef dat dit kinderag-tigheid word. Sulke spiritualiteit beteken dat jy in die watte van godde-like voorbeskikking toegedraai is. Solank jy n soet kindjie is, sal niks jou skaad nie. Alles word vir jou beskik en die beloning vir jou geloof is dat dit altyd maanskyn en rose sal wees. Sommige van hierdie spiritueles word stout kinders as dinge nie vir hulle uitwerk nie, want dan bars die geloof soos n seepbel. Dis n oorvereenvoudigde spiritualiteit wat per-soonlike verantwoordelikheid op voorbeskikking afskuif.
Angstige  spiritualiteit  is  altyd  uitasem  gehardloop,  f  weg  van  die
goddelike f na die goddelike toe, dit is gepreokkupeer met sonde en skuld. Die inhoud van di soort spiritualiteit is onredelike gewetensangs-te en dwangmatige selfondersoek wat mense paniekerig deur die regis-ters van hulle skuld laat blaai. Dis n spiritualiteit van hopeloosheid en masochisme.
Skynheilige spiritualiteit word deur die leuen gekenmerk. Ekshibisio-nistiese spiritualiteit is spog, skynheilige spiritualiteit is bluf.
n Koerant berig van die ouderling wat onder leiding van die Heilige Gees toegerus is om weduwees in hulle droefheid te onderskraag, deur (s het die klagtes gelui wat later ingebring is) tydens gebed die wedu-wees te omhels en ander handopleggings te doen. Die rede was dat hy op di wyse die warmte van die energie van die Gees aan hulle wou oordra.
Skrywer het te doen gehad met n jeugkampleier van n gemeente wat kinders molesteer onder die voorwendsel dat dit tere seksoplei-ding is, sodat hulle ook di gawe van die Here kon leer ken.
Skeefgetrekte seksualiteit en beheptheid het in bogenoemde gevalle ontwikkel tot misdadige gedrag.
Bygelowige spiritueles is die mense wat allerlei tekens en boodskappe lees in alledaagse gebeure. Swart katte wat oor die pad hardloop, drome waarin die bonatuurlike hom aanspreek, telepatiese ervarings wat twee mense tegelyk aan mekaar of aan iets laat dink, die stand van die sterre in horoskope wat lewensaanwysers word, sekere keerdatums wat gevul is met n goddelike bemoeienis, allerlei simbole, natuurfratse, waarneming en ontmoetings wat kontak met die onsienlike bewerkstellig.
Dan is daar ook, by gebrek aan n beter woord, die delwende spiri-tualiteit. Delf is om te spit, te grawe en uit te grawe. Hierdie spirituele soek in alle hartseer, woede, pyn, kommer, n dieper betekenis by hul-self en by ander. Jou hore self moet alles spiritueel beoordeel, want jou siel waarsku jou, of jou siel soek kontak met die mistieke roering van die wreldgees. Jy moet jou siel voel in die ontroering van die natuur of musiek, selfs in n kyk van die oog of die klank van n stem of die gebaar van n hand, is spiritualiteit. Almal waarmee hulle in aanraking kom se siele word geweeg en hulle sien raak as die ander mens se siel roep of beur of kwyn. Hulle is die diep mense wat baie gou die gesprek in die rigting stuur van jou sielestand en die voeding van jou siel en die taal
van jou siel in jou huwelik, ouerskap, werk, verlangens en begeertes. Diep delwers wat jou siel wil aktiveer.
In my binnekring is ook so n spirituele delwer. Waarom is jy so stil-lerig en ongemaklik? Ek dink jou siel wil vir jou iets s. Jou siel soek troos. As jy jou siel laat oorneem, sal jy geestelik weer warm voel. My antwoord daarop was dat ek kwaai sooibrand het, waarop die spiri-tuele delwer antwoord: Presies, sooibrand is die liggaam se protes teen stres en jy moet daarna luister. Hoe dieper jy daaroor dink, hoe meer sal jou siel jou probleme vir jou uitspel.
Die teenpool van oordrewe spiritualiteit is nie om dit te ontvlug met koue rasionalisme en logika nie. Spiritualiteit is deel van volledige mens-wees, maar dan moet die spirituele nie spiritualiteit  en veral hulle soort spiritualiteit  op ander probeer afdwing nie. Dit is spirituele imperia-lisme. Ons is nie almal s nie. As jy tuis is in jou spiritualiteit kan jy dit gerus geniet, maar as jy nie tuis is in die spiritualiteit wat van jou ver-wag word nie, hetsy di van die kerk, predikers, ghoeroes of binnekring, moenie konformeer nie. Dit is selfs aan te beveel dat mens al die ver-skillende vorme van spiritualiteit krities ondersoek. Ook hier is n oop gemoed n goeie ding. Onvanpaste spiritualiteit kan angs, skuld, onegt-heid, teleurstelling en ongeloof by jou skep. Godsdiens kan ook n siek-te word. Dit kan jou van jouself, jou naaste en God vervreem. Ekstro-verte godsdiens kan byvoorbeeld n introverte mens baie ongemaklik maak en mistieke godsdiens kan n daadgerigte mens bedreig laat voel.
Die toets vir watter spiritualiteit ook al, is of dit mens motiveer tot kalmte en kreatiewe waardes. Spiritualiteit wat die verhouding van die spirituele mens met homself, sy naaste en sy God probeer heelmaak, is n wonderlike energie. Spiritualiteit wat spreek van voorskriftelikheid en oorvereenvoudiging is betekenisloos.
