Hoofstuk 2
Voor die trekkers kruis en versper volwasse soetdoring, karee en witstinkhoutbome die pad. En nou raak die terrein wat vir baie myle sanderige leemgrond en grasvlaktes was, opeens gebroke. Die voorosse beur oor n effense ruggie met n kort afdraande aan die anderkant. Dit is so anders hier dat Abel Klootwyk sy wa terstond tot stilstand bring om eers mooi te kyk.
Na die ooste en na die weste strek die geboomte al op n bre skotige rug wat soos n voorhistoriese wapad strek so ver die oog kan sien. n Verskeidenheid bome groei op die rif en teen sy sye. Dis karee, taaibos, buffeldoring, soetdoring, bloubos, witstinkhout, deurmekaarbos, rosyntjiebos  n wye versameling bome, groot en klein, wat hier hulle staning het; hier almal doodtevrede n bont boomfamilie vorm.
So by my koliewaar, dit het ek nog nooit gesien nie! Abel Klootwyk sny vir hom n nuwe pruimpie onderwyl hy oor die vlakte tuur. Souf! Soufie! roep hy.
Toe sy gesette vrou haar kappiekop by die tentklap uitsteek, skree hy vir haar: Souf, siet jy ok? Dis n klipaar hier so oor die sandvlakte. Ek sweer hiers baie waters. Hier kan dalk nog snaakse goete wees.
Ja, ek siet. Help my af, ek wil bietjie kyk, s tant Soufie.
Abel help sy vrou met kreune en steune met die leertjie van die wa af. Tant Soufie staan eindelik agter die wa, n wiggelstok in die een hand, en betrag die omgewing met n verkennersoog. Toe begin sy agter haar wiggelstok aanwaggel.
Die wiggelstok doen aanvanklik niks. Maar dan begin dit na benede beur. Tant Soufie waggel steeds agterna. Haar mond is effens oop. Haar tong hang ver uit oor haar ken soos sy konsentreer. Sy volg die stok oor die rif, kom met n wye draai terug wa toe en is glad uitasem. Sy pluk haar kappie af, vee sweet af, haar gesig rooi van inspanning en opgewondenheid.
Toe, wat s hy, Souf? vra Abel nuuskierig. Wat vertel die stok vir jou?
Die stok is vol dinge, hyg tant Soufie.
Water?
Ja, water ok.
Maar wat nog? Wat sou ons liewe Here nou weer hier vir ons weggesteek het? wil Abel gretig weet.
Tant Soufie praat nie. Sy kyk die wreld deur. Dan volg sy haar roede in n ander koers.
Toe tant Soufie eindelik uitgeput en natgesweet terugkom, moet oom Abel haar in die watent help. Hy wag hoed in die hand, vol verwagting. Toe s sy: My pa, hiers iets  iets waarvoor ek gn n naam het nie.
Iets kosbaars? por hy.
Dit ok. Maar veral iets anders. Ek s jou, hier loop goeters rond. Die plek is n nes. Ja, die plek is vervuil.
Naasman, ek dink jy moet van hier af maar die tou vir ons vat. Hou maar so hotkant met die pad langes en loop oplet. Goed, dis nog ligson, maar dis n onheilige plek di. Ja, daar kan n spook ook nog op loop gaat. Ons moet maar versigtig wees, wat seg jy, Souf? rig oom Abel hom tot sy vrou.
Ek seg niks, grom tant Soufie.
Die bome weerskante van die pad het gaandeweg groter, die bosse digter geword. Dit is laatmiddag en die bome werp lang skaduwees oor die pad. Vols op pad nes toe kweel en kwetter. Op die agtergrond koer duiwe hul droewige lied. Daarmee saam boots die geklop van die wa se wiele op die asse die relmatige geslof van die osse na.
Hoe dieper hulle die bos ingaan, hoe geheimsinniger word dit. Naas, wat tog bome en ruigtes gewoond is, ervaar n vreemde onrus, wat hy met moeite probeer wegredeneer. Dit sal lekker warm wees om vannag hier in die bos te slaap. Hy sal sommer gou-gou genoeg hout bymekaar h vir n lekker vuur. En om onder n groot karee of doringboom te gaan staan wat beskerm teen die daghitte sowel as die nagkoue 
n Boom het vir Naas in sy jong swerwersbestaan sinoniem met huis geword. Vir hom is dit die enigste dak oor sy kop.
Hulle ry voort vir goed twee kilometer toe die geblaf van n hond hulle waarsku dat daar mense naby is. Toe bulk n koei en n kalf antwoord. Ander beeste bulk en n perd runnik. Hulle hoor n bokklok. Deur dit alles klink die kras, bevelende stem van n man driftig op.
Naas sien die lang kliphuis met die drie peperbome aan die voorkant. Aan die linkerkant tussen die geboomte is daar klipkrale. Dit is daar uit die kraal waar die geloei van die beeste kom  en die stemme van mense tussenin.
Net verby die krale is daar n paar reusedoringbome, so na aan mekaar dat hulle krone n digte dak vorm. Trek vir ons so tussen hulle in, ou Naasman, beveel oom Abel. En n rukkie later: Hook-hanou! So-o! So-o-o! praat hy met die osse en die wa kom tot stilstand.
Oom Abel help gou eers vir tant Soufie van die wa af. Toe kom help hy uitspan. n Bruin man is op pad kraal toe met twee melkemmers. Oudste, s gou vir my waar is daar n suiping vir my osse? vra oom Abel.
Atsjoe, Seur, hoe sal ek seg? Dis nou n stapent terug met die kompad. Daars so n blinderige dowwe paadjie sonop se kant toe. Loop maar met hom saam tot by die suipwater, so deur en halfuit die bome.
Ver? vra Abel.
Ver. Maar nie te moers ver nie, my seur.
En die mense hier?
Dis nou die Lospers en die Bodemers, die hele ou raapsel. Dis ou grootseur Dolf Bodemer en ta Marja en die ou oupa, Dajel Losper en sy ou sorgdraer, antie Hartjie en dan Kernelia, die hele lot. n Bedonderde spul, beindig die man sy verduideliking en sit af kraal toe.
Tant Soufie het al n vuur aan die gang. Naasman, jy vat gou die osse vir hulle suip. Loop so n skotige ent met die pad terug en let op vir n blinde paadjie op hot. Di lei glo na die suiping. Soek maar met die terugkom n paar brandhoute vir die tante. Ek sal oordrawwe opstal toe en loop gesig wys en uitvind.
Is dit hulle, oom Abel? vra Naas, beklemming in sy hart.
Wil vir my so proe. Maar ek wil eers loop o wys en mooi kyk.
Ai, Oom! Naas is opeens siekbang. Dit voel soos n somber plek di. Daar klem iets swaar om sy hart. Dit voel vir hom so al asof die plek enige hoop op geluk en vreugde versmoor  en dat die enigste verlossing van di bedreiging sou wees om so ver moontlik weg te kom.
Toe jaag hy die osse aan. Die son wil-wil op die westerkim lplek soek. Hy kry die blinde paadjie, keer die osse na links, loop nog n ent voort, tot daar opeens regs van hom n paar mak bome  grafsipresse  opdoem. Hy sluk. Hy haas hom verby hulle. Nog n paar honderd tree of so en die bome maak oop op n vlei  en daar is opeens die fontein. Onderkant die fontein l die oop suipplek.
Die dorstige osse draf die laaste ent. Hulle wei die water in; suip gulsig. Naas soek vir hom ook n drinkplek, gaan l op sy maag en drink tot hy skielik agter hom hoor hoe perdehoewe tot stilstand kom.
Toe Naas op- en omkyk, sien hy die meisiekind op die perd wat hom met groot o betrag. Sy sit op n ramsaal en is geklee in n wit rok, met n kappie op haar kop. Sy het haar perd se teuels stewig in een hand en n kort horsswepie in die ander. Hy sien sy is mooi, sommer baie mooi; mooier as wat sy ma of Ousus was, maar met iets in haar gesig; so asof wat sy hartsgraag begeer, haar nie gegun word nie. Sy pluk haar perd om. Die dier steier vir n oomblik op sy agterbene en laat die klippers spaander soos hy wegspring. Sy kyk tog een keer om en hy sien die vraende o in die blom van haar gesig.
Die osse het klaar gesuip. Skemer is besig om die dag in te sluk. Naas jaag die osse tot oor die grootpad. Nou raap hy dro hout bymekaar en sit af wa toe onderwyl die nagduisternis geruisloos agter hom aansluip. Hy probeer om dit nie te doen nie, maar kyk tog n paar keer skigtig om.
Abel Klootwyk kom nie gou nie. By die koffiekan vasgeval, kla tant Soufie, wie se kos al reg vir opskep is. Naas is al tam van honger. Maar daar moet vir oom Abel gewag word.
Die maan kom later op. Nasie, miskien moet jy eers gou gaan kyk waar die osse nou is, s tant Soufie. Toe, as jy terugkom, eet ons.
Die maanlig gee n geheimsinnige skyn aan die donker bos. Naas se voete vat skaars grond, so haastig is hy. Die osse, kom dit voor, het sommer diep die bos in gedwaal. Tog kom hy eindelik op hulle af. Hy loop wyd om hulle, vergewis hom hulle is nog almal. Sommige het al gaan l. En toe skrik Naas hom slap.
Daar reg voor hom l n eensame graf. Verbeel hy hom dit, of het hy n skielike swart ding gesien wat sommer net so in die dun lig verdwyn het? Naas loop wyd om die verlate graf. S iets het hy nog nooit gesien nie. Die plat graf is van kop tot voet bedek met n lang, plat leiklip. Maar die leiklip het in twee gebreek en n fris kareeboom het uit die graf, deur die bars van die leiklip gegroei, so al asof dit reg uit die doderyk beur 
Naas moet al sy selfbeheersing aan die dag l om nie te gil nie. Sy gedagtes verleen vlerke aan sy voete. Eers naby die wa kom hy s tot verhaal dat hy begin stap, en eers toe hy tant Soufie, by die vuur langs die wa doenig, gewaar, waag hy dit om vinnig n slag om te kyk. Hy onthou meteens dat die osse steeds in die bos is en ril by die gedagte. Alleen gaan hy gewis nie terug nie!
Oom Abel kom ook net by die wa aan. Tant Soufie skep op en hulle eet. Dis toe hulle, jou oupa-hulle, Naasman. Maar jou oupa en ouma is oud, kens al, lyk dit my. Ek het maar met jou tante gepraat. Ja, hulle stel belang. Ek het hulle natuurlik nie alles gevertel nie. Hulle sal aanstons oorkom om jou te kom kry, het hulle ges.
Nog vanaand, Oom? vra Naas verskrik. Oom, die osse? Wat van die osse?
Die osse is moeg, Naasman. Hulle sal wei en dan loop l. Ek het gedink om n paar dae hier oor te staan. Maar nou dink ek ek moet, nalat alles klaar gepraat is, versit. Dis beste vir jou en vir ons ammal, s oom Abel.
Eet jou kossies, Nasie. Hiers nog, s tant Soufie moederlik.
Dankie tant Soufie, maar ek is nie honger nie.
Die kos het sommer goor en dor in Naas se mond geword. Hy kyk rond na die yl geboomte en die nag om hom. Naas wil weg hier. Hy wil nie by die onbekende mense agterbly nie. Hy wil by oom Abel en tant Soufie wees. Hulle is goed vir hom. Tant Soufie sal hom nooit afskeep of verstoot omdat hy n boggelrug is nie, weet hy.
Naas bly die graf in die bos sien, die gebarste leiklipblad en die boom wat so uit die graf groei. Hyt n ding uit daardie graf sien kom, n swart, vormlose ding. Daarvan is hy oortuig. Hierdie hele plek is vol boosheid. Hy weet dit sommer en hy glo tant Soufie weet dit nog beter as hy. Want sy sug kort-kort.
Naas is bang, te bang om van die wa en die vuur af te roer. Hy sal hier nie n tree in die donker versit sonder oom Abel en tant Soufie by hom nie.
As die vreemde mense wat sy ouma en oupa en sy tante is  Naas skrik van stemme wat hy hoor. En toe hy stip na die opstal se kant toe tuur, gewaar hy die man en die vrou wat langsaam oor die pad aangestap kom. Die man het n baard, sien hy nou. En die vrou is geset soos tant Soufie; nie heeltemal so vol nie. Sy dra swart. Hulle is bejaarderig, maar nie oud nie. Dit moet tant Maria en haar man wees.
Kry vir ons nog sitgoed, Abel, beveel tant Soufie. Naas klouter rats op die wa om nog riempiesbankies te kry. Hy bly sommer daar. Oom Abel stel sy oom-hulle aan tant Soufie voor.
Neef Dolf en nig Marja Bodemer, s hy.
En Nelie se seun? Tant Maria kyk rond. Naas klouter teensinnig van die wa af; probeer n plekkie uit die oog, tog naby die vuur, bekom. Toe is dit of tant Maria Bodemer skrik. Is dt die kjind? vra sy skerp. Ek het eers gedink dis n bobbejaan.
Stilte.
Die grootmense gesels nou, l familie uit, ontdek nou hulle het hier en daar gemeenskaplike kennisse. Oom Dolf Bodemer lyk nie onaardig nie. Hy praat min, maar wil tog meer weet van Nelie, sy vrou se suster.
Eindelik, nadat oom Abel vertel het van die ander seun wat na mense in die Kaap toe is, vra tant Maria: En hoekom is di een nie ook sountoe nie?
Nee, dit sal ek nie kan seg nie. Ek is maar net gevraag om die kjind aan julle te besre, beduie oom Abel.
Ja, dis eintlik skierlik. Oor so iets wil n mens graag slaap. Nou weet ek nie. Tant Maria se afkeur is duidelik af te lei uit h sy s wat sy s. Dan ontplof sy: Ek dink dis n vermetelheid!
Soetjies tog, Mamma. Tsk, tsk, tsk, dis mos nie sy skuld nie, paai oom Dolf.
Hys n goeie kjind, goed gemanierd. Fluks, probeer oom Abel Klootwyk die atmosfeer temper. Die vrou en ek het glad self sinnigheid lat hy ons kind word. Ja, vir ons kan Naasmantjie net n vreugde wees. Dis net, ons is kerkmuise, soos julle kan sien en  Dit was sy ma se sterwenswens, glo. Die kjind gaat na sy bloedeie femielje.
Bloedeie femielje, gmf! reageer tant Maria weer en oom Dolf tsk, tsk, tsk nog n slag.
Nee, Dolf, ek het jou toeka geseg dis n vangtou di. Watse bewys 
Van toe af vlot die gesels glad nie. Oom Abel probeer nog, maar tant Maria Bodemer, die besluitnemer, bly stug. Na nog n paar minute en nog voordat tant Soufie koffie kan skink, staan sy op.
Dis laat! Ons moet loop inkruip. Kom, Dolf, beveel sy. Oom Dolf groet gedwee; wil nog iets s. Dolf, sie jy nou kom! gebied sy vrou.
Goed, Mamma. Wat hy wou s, s hy nie en volg sy haastige vrou oor die pad.
Sulke opgejoekste klipkristelinge, ga! lug tant Soufie, wat maar min te s gehad het, nou haar gevoelens. Sou sy wragtie dink die Here kan haar nie ook bykom nie?
Ja, n? Hoe meer dae, hoe meer dinge. Oom Abel rek hom uit, gaap. Sjoe, nous ek moeg. Maar loop skuins l. Mre weer n ver pad. Kom jy, Ma?
Hy gaan staan eers eenkant toe en sukkel dan met die leertjie in die watent op, waar hy nog n rukkie kreun en kug, sy skoene en bobaadjie uittrek en sy l kry.
Tant Soufie draal nog, so asof sy besluiteloos is. Dan kom sy na Naas toe. My kind, moet tog nooit dink ons sal jou vergooi nie. Die oom en ek, ons het lief geword vir jou soos jou eige pa en ma.
En voor Naas mooi weet, het sy haar fris arms om hom geslaan en word hy byna versmoor in n moederlike natneussoen.
Naas breek half uit haar omhelsing, skoon oorweldig deur tant Soufie se plotselinge geneentheid. Hy wil sy mond afvee, want dit is nogal n aardige gevoel, di koue nattigheid en hy glo daar sit nou snuif onder sy neus. Maar hy doen dit nie, uit vrees dat hy die goeie tante sal affronteer. Hy staan maar net rond, s nie boe of ba nie en weet nie wat om met homself aan te vang nie.
Loop kruip nou maar in, my kjind. Toe, Tante wil sien dat jy goed toegemaak kom, gee tant Soufie nou rigting aan Naas se besluiteloosheid.
Inskiklik gaan kruip hy in op sy hangkateltjie onder die wa se buik, langs die langwa. En nou kom druk tant Soufie die velkombers agter sy rug en oral onder hom in. So, nou kan ons groot seun lekker slaap, besluit sy. Vir n oomblik vrees Naas sy gaan hom weer soen. Dit gebeur egter nie en toe hy die wa hoor kraak soos sy opklim watent toe, vee hy gou sy mond met sy hempsmou af.
Lekker slaap, ou Naasman, roep oom Abel n rukkie later uit die watent. Gerustige nag, ou seun.
Nag, Oom. Vir Oom en Tante ook so. Nag Oom en Tante, groet Naas, n warm, weldadige opwelling vir die eerste keer in n lang tyd om sy hart. Maar toe wil hy huil.
Die mense hier, sy tante en oom, wil hom nie h nie. Hulle gaan hom nie vat nie, glo hy nou. Maar oom Abel en tant Soufie het hom aangeneem, dit weet hy. Tant Soufie het sonder woorde so ges en hy wil hulle vir n pa en ma h. Dit weet hy nou, al soen tant Soufie hom hoeveel keer.
Vir n lang ruk hoor Naas nog sagte praatgeluide uit die watent. Dit is asof hulle ook, soos Naas, te gaande is om te slaap. Naas sluimer tog in, droom selfs. Toe skrik hy wakker uit die droom. Hy skrik hom katswink en wil orent vlieg, net om sy kop baie hard teen die wa se buik te stamp. Sommer hier naby hom, langs die wa, staan n wit gestalte. Doodstil. Dan hoor Naas iemand praat  en sien hy n ent verder aan nog n vae gedaante. Spoke! is dadelik sy slotsom. Dit wemel hier van spoke, glo hy. Dan praat die gedaante hier naby hom ook. En nou hoor hy dit is tant Soufie. Sy staan hier langs die wa in haar wit nagkabaai. Sy vra n paar keer dringend: Hoor jy iets? Sien jy iets, Abel?
Oom Abel, die ander gedaante, kom nader. Dit was of ek iets gesiet het, Vrou. Kan n jakkals of n hond wees. Maar hy was half groot en half n ent bokant die grond.
Hier loop dinge. Ek het jou vroegaand al ges dis nie reg hier nie. Daar by die aar, daar waar ek gewiggel het, het ek al bowenaardse goete agtergekom maar ek wou nie praat nie. Ja, dis sommer n bose plek vol rustelose siele di, sommer n goddelooslike plek en ons moet gou-gou van hom af wegkom.
Maar dit kon ook sommer n hond gewees het, Vrou. Ons het vanaand bene hier gegooi, moet jy weet, skerm oom Abel.
Hond! Tant Soufie blaflag haar ongeloof. Dit was gn n hond nie. En hier is nog n ding, n onsigbare ding. Ek voel hom. Ek voel hom pebliek of hy voor my staan. Ek voel sy koue, n koue soos n mens nog nie in die kwaaiste winter gevoel het nie.
Naas l doodstil op sy hangbedjie onder die wa. Tant Soufie het nog nie agtergekom hy is wakker nie. Hy is nou net so bang soos hulle. Banger. Hulle weet nie van die kerkhof daar bo en van die verlate graf daar diep in die bos nie. En hy ht n ding daar naby die graf gewaar. Hy ril. n Koue bewerasie kruip langs sy rugstring af, kompleet soos n yskoue doodshand. Toe trek hy sy kop toe.
Oom Abel en tant Soufie kruip terug in die watent. Daar hoor hy hulle stemme. Hulle bespied nog altyd, tant Soufie waaksaam, oorgehaal. Naas weet al sy is met die helm gebore en kan sien wat ander mense nie kan sien nie.
