WYSNEUSE
wysneus. Iemand wat hom verbeel dat hy alles weet, dat hy beter weet as ander. wysmaak. Laat glo, eiewys, eiesinnig, op die mou speld.
(F.J. Labuschagne en L.C. Eksteen  Verklarende Afrikaanse woordeboek)
opinionated. Conceitedly assertive or dogmatic in oness opinions. prig. A self-righteously correct or moralistic person.
(Concise Oxford English Dictionary)
Wysneuse spreek dikwels ongevraag, links en regs opinies oor alles on-der die son uit. Hulle lug hierdie opinie met groot oortuiging en fi-naliteit, asof dit die laaste woord oor die saak verteenwoordig. Wat so irriterend is, is dat dit dikwels n opinie is wat die toets nie slaag nie.
Die wysneuse is deel van die eenogiges, maar daar is verskille tussen die twee. Eenogiges het ook eensydige opinies waaraan hulle waarheids-gewig probeer gee, maar die wysneuse se opinies is sterker gerig op eva-luasie van wat rondom hulle aangaan. Dis nie beginsels en diep oortui-gings nie, maar terloopse opmerkings en kommentaar wat, volgens hul-le, berus op die ingeligte bronne waarop hulle hul beroep. Hulle opi-nies is feitlik altyd veroordelend.
Die volgende storie s baie van wysneuse. Dit is n opsomming van opinies van Annie Brown tydens n aandete en n kuier gelug het: Die bankbedryf in Suid-Afrika is aan flarde en bankrotskappe is ons voorland, maar ek wil nie di geheim uitlap nie. Ons word mislei oor ons land se ekonomie en daar is baie bewyse dat die Reserwebank n marionet van die regering is. Die kwekery waarvan julle nou praat, is n klomp skelms; hulle verkoop groot hoeveelhede siek plante sodat mense gedwing word om dit te vervang en s maak hulle hul geld. Iemand wat weet, en ek weet
dit ook, s alle Labradors het n genetiese afwyking wat hulle onverwags wreed en moorddadig kan maak. Die beste hondekos is die Y-produk. Al die ander produkte, hoor wat ek vir julle s, pleeg bedrog omdat hul-le voorgee die kos bevat bestanddele wat nie daarin is nie. In regskringe is dit n bekende feit dat al die regters in die nuwe bedeling altyd in die hande van die staatsaanklaers speel. Navorsing het bewys te veel koffie veroorsaak maagkanker. Ek weet dis in die pyplyn dat blanke privaat skole deur wetgewing verbied gaan word, maar dis n sensitiewe onder-werp waaroor ek liewer nie verder wil praat nie. Vat dit van my, profes-sor E word gesien as n groot kenner van Sielkunde, maar dis bekend dat hy n fake is. Ek s vir julle, Windsor is die heel beste skool in Gauteng. Julle bewonder almal vir Conrad so, maar ek s vir julle  en dis meer as n vermoede, hoor  hy ontvang omkoopgeld. En Conrad se mistress  julle is geskok oor sy mistress, n?  is saam met hom in shady transak-sies betrokke. Anyway, kom ons los dit maar.
Toegegee, daar is interessante en eksentrieke wysneuse met aller-lei unieke gelowe en opinies wat n mens kan vermaak. Maar die klas-sieke wysneuse soos Annie gee aanstoot. In bostaande gesprek het sy houdings gedemonstreer wat ergernis veroorsaak:
Sy kan meesterlik skimp. Sy weet hoe om te sinspeel, bedekte be-skuldigings en beledigende verwysings te maak. Opmerkings wat in die lug bly hang as n soort terloopsheid, is niks anders as skimp nie. Sy skinder onbeskaamd. Die skinderbekke regverdig eintlik n eie hoofstuk, maar het ook sekere eienskappe met wysneuse in ge-meen. Om te skinder, is om valse berigte op agteraf wyse te ver-sprei om iemand of iets te benadeel. Skinder kan ook wees om die waarheid of halwe waarhede te versprei om mense af te takel. Di geploeter in die modder van ander mense se lewe besorg wys-neuse n soort ekstase.
Haar opinies word gevoed deur agterdog. Sy is voortdurend op die uitkyk vir groot en klein komplotte, vir toutjies wat agter die skerms getrek word. Jy kyk eers met oop o  s s die wysneuse  as jy niks op sigwaarde beoordeel nie, maar soek na wat agter die ding l. No-deloos om te s, vind hulle dikwels hierdie sameswerings.
Sy doen haar voor as n ingeligte mens, maar haar anonieme bronne is f haar verbeelding f verdraaiings van wat sy hoor, lees of sien.
Die meeste van haar opinies berus op skrale kennis.
Sy is arrogant omdat sy haar n vrye s toe-eien, sy neem nie in ag dat ander mense ander opinies kan h oor die persoon of saak wat ter sprake is nie. Wysneuse se arrogansie spruit ook daaruit dat hulle graag met mense argumenteer wat meer as hulle van die onderwerp weet. Die prokureur moet luister na hulle insigte oor prokureurs-prosedures, die politikus word gepeper met verspotte standpunte oor die Grondwet en die predikant kry n lesing oor die kerkorde.
Sy gebruik haar eie opinies as n valbyl om die gesprek te beindig. Almal in die geselskap voel gou aan dat reaksie en redenasie met die wysneus sinneloos is. Die gevolg is dat die wysneus die hele aand die geselskap domineer.
Wysneusigheid word veroorsaak deur aggressie, agterdog, vertoon en n konfronterende geaardheid. Waarskynlik ook minderwaardigheidsge-voelens, want wysneuse wil hulle gehoor bendruk met n vertoon van hulle kennis, insig en ingeligtheid en die indruk skep dat hulle toe-gang het tot belangrike bronne.
Hulle oppervlakkigheid en verveligheid wil mens teen die mure laat uitklim en hulle gevangenheid in die armoede van hulle naewe opinies wek byna simpatie. Die ironie is dat wysneuse juis nie wys is nie. Dat hulle juis nie opinies het nie en daarom maak asof hulle opinies het. Dat hulle selfvertroue om oor alles opmerkings te maak, juis hulle onseker-heid verraai. Dat hulle gewigtige menings juis gewigloosheid onder-streep. Dat hulle die geselskap wil oorheers omdat hulle juis weet dat hulle nie veel te s het nie. Dat dit juis opinieloosheid is wat onder die vaandel van uitgesprokenheid paradeer.
Die teenpool vir wysneusigheid is redelik eenvoudig. Dit kom daar-op neer dat mens versigtig moet wees met jou opinies. Hierdie versigtig-heid kan baie dinge beteken:
Ken jou grense. Daar is oneindig baie dinge waarvan jy niks weet nie en baie dinge waarvan jy baie min weet en min dinge waaroor jy met gesag kan praat. Dit is nie nodig om oor alles n opinie te h nie. Dit is nie n skande om te erken dat jy nie n standpunt oor n saak het nie.
Versigtigheid beteken om net jou mening te gee as jy seker is dat jy
kennis, insig en selfs n afgeronde, gemotiveerde opinie het oor die onderwerp en dat dit n objektiewe standpunt is. Wees selfs dan ver-sigtig vir opdringerigheid en wees ontvanklik vir ander standpunte. Dit is natuurlik lekker om subjektiewe menings te gee, n soort intutiewe mening, soms n vooroordeel, maar s duidelik dat dit die aard van jou mening is. Moenie s: Dit is so nie, maar liewer: Ek voel so of: Ek dink so. Dikwels is dit ook nader aan die waarheid.
Dis beter om menings in debatvorm te gee, om gewillig te wees om te redeneer, in plaas van om jou menings as finaliteite aan te bied. S n debatvorm laat n gesprek ook vloei.
As jy dikwels in die geselskap van n wysneus is, kan jy hom direk of meer subtiel wys op die vaagheid van sy bronne, die eensydigheid van sy standpunte en die kwaadwilligheid van sy suggesties.
Konfronteer die wysneuse met vrae soos: Wat is jou bron van inlig-ting? Of jy kan hulle kortknip met opmerkings soos: Kom ons hoor wat dink Piet van die ekonomie, want hy is hoeka n ekonoom en Kommuni-kasiekunde is mos jou vak, nie waar nie? Of gee die wysneus n bietjie van sy eie medisyne: Interessant, maar weet jy, ek het ook n kontak of twee in daardie binnekring, en hy vertel weer heeltemal n ander storie. Versigtigheid is die moeder van die wysheid. Hou dit in gedagte as
jy iemand is wat graag slimpraatjies verkoop.
