EENOOG
Die verwerping van eensydigheid en vereenvoudigings, en die saamdink van dinge wat teenstrydig maar albei waar is, het n belangrike deel van sy denke geword ... die geba-lanseerde teenoor-mekaar-in-stand-hou van waarhede wat albei waar is.
(J.C. Steyn  Van Wyk Louw: n Lewensverhaal.)
Dis n groot bevryding om mense te ontmoet wat die dink- en praat-styl beheers waarna in hierdie aanhaling verwys word. Sulke mense is skaars. Daarteenoor staan di wat sien en dink en voel en praat binne die denkrigting van wit of swart. Vir hulle is dit reg of weg. Hier volg n hele parade van hierdie eenogiges:
Die kapitalis  sakeman of huisbaas, boer of aktetasdraer  wat dink, leef en praat oor die vrye mark, entrepreneurskap, wins, mededinging, eiebelang, oorlewing van die sterkste, so min as moontlik regering. Eko-nomiese belang is die enigste geldige oorweging. Hierdie beskouings is nie sonder waarheid nie, maar die kapitalis se ander oog is toe vir so-siale geregtigheid, die ellende van onderontwikkeling en die waarde van mededeelsaamheid en opoffering om die katastrofe van armoede in Suid-Afrika te probeer stuit. Di toe oog maak van hierdie mense trom-meldik vreters wat die res van hulle landgenote net n hand vol krum-mels gun.
Die politikus met tonnelvisie. Vir hom is dit f n renboognasie f etniese selfbeskikking f bemagtiging van swart mense f kleur-blinde meriete, n regering wat f presteer f ineenstort, f die wit ge-vaar f die swart gevaar, f die Waarheids-en-versoeningskommissie se meriete f regverdiging van die Nasionale Partybewind f regverdi-ging van die ANC-rewolusie. Om beide kante van n saak raak te sien, is meestal taboe in di politiek.
Die godsdienstige wat onbuigsame rels, beginsels en dogmas rigied handhaaf. Hy verdoem almal tot ketters wat nie f ja f amen s nie, of vrae durf vra, of krities besin, of vir herbesinning pleit.
Die ouer wat dissipline afdwing sonder om vryheid in ag te neem, eerbied eis maar nie aan kinders eerbied betoon nie.
Die sedebewaker wat aandring op die ewige waarheid dat dobbel afgodediens is; dat sport op Sondae lasterlik is, dat televisieprogramme met n seksuele ondertoon losbandigheid bevorder.
Dit kom neer op opstapeling van eensydighede, leuens en halwe waarhede onder die vaandel van beginsels. Elke eensydige beskouing wat hier bo genoem is, het n keersy wat die eenogige nie raaksien nie.
Gerrit Theron, sy vrou Bess en seun Vincent is vir drie jaar deur my as terapeut begelei. Die terapie was nie suksesvol nie, dit het trouens rampspoedig verloop. Gerrit was nie n hierjy nie. Hy was professioneel, konserwatief, vriendelik en n man met status. Almal het egter geweet dat hy definitiewe opvattings het waaroor hy uitgesproke is. Toe Vincent horskool toe is, het Gerrit ges sy kind is n sissie en hy gaan ingryp om van hom n manlike man te maak. Die enigste sport is rugby. Kunsklasse is gestaak. Vincent moes gereeld gym en kilometers per week draf. Sy hare moes kort geknip wees. Vincent is die modieuse klere wat sy vrien-de gedra het, verbied. Ook moes hy gewigstoot en aan atletiek deel-neem. Sy vriende is deur Gerrit gekeur  sterk Boereseuns.
Vincent was n sagte en sensitiewe kind. Die konflik tussen hom en sy pa het spoedig breekpunt bereik. As Vincent weerstand gebied het, het sy pa hom nie daaraan gesteur nie. As Vincent se ma Bess gehuil en gesmeek het, het Gerrit sy seun gespot, hom n lafaard genoem en hom gestraf. By elke gesprek met die terapeut lewer Gerrit n lesing oor die opvoedkundige beginsels van sy pa en oupa en die Bybel en beklem-toon hy met sy selfversekerdheid dat hy weet wat goed is vir sy kind.
Die kettingreaksie daarop was swak skoolprestasie, onaanpasbaar-heid by maats, oorplasing na n koshuis by n landbouskool, gedragsaf-wykings, dwelms, Vincent wat telkens wegloop en Bess wat aandring op n egskeiding. Alles het skeef geloop omdat n eenogige by rugby, haar-styl en kleredrag vasgeval het.
Daar is grade van eenogigheid. Die een meen dat sy sieninge volko-me, volstrek en onvoorwaardelik geldig is. Hy wil niks weet van twee
kante van n saak nie, dis f die een f die ander. Die ander een tokkel op een snaar en regverdig di eensydigheid met beginselvastheid. Ander sien wel twee kante van die saak, maar verdring opsetlik die kant waar-van hulle nie hou nie en handhaaf die kant wat hulle pas. Die versa-melnaam vir hierdie mense is: absolutiste, wat hulle meestal beroep op een of ander beginsel wat hulle dan probeer afdwing.
Daar is net een grondbeginsel of moederbeginsel, en dit is liefde. Die liefdesbeginsel bied ook weer n klomp moontlikhede wat in verskeie situasies kan geld. Naasteliefde kan byvoorbeeld troos of raas wees, ver-maning of stilswye, hulp of weerhouding van hulp, straf of vergifnis  naasteliefde word op meer as een manier betoon.
Hierbenewens is die eenogiges meesterlike stereotipeerders: Alle po-litici is skynheilig, alle homeopate en ander genesers is kwaksalwers, alle ryk mense is hoogmoedig, alle aantreklike mans knyp die kat in die don-ker, alle vegetarirs het homoseksuele neigings, alle Duitsers is deeglik, alle Italianers is passievol en alle Zoeloes is aggressief.
n Ander vorm van eenogigheid is etikettering. Sulke eenogiges sien en hoor net wat hulle wil van n ander mens en op grond daarvan hang hulle haar of hom n etiket om die nek. Byvoorbeeld: Piet is hulpvaardig, daar-om is hy n modelmens  hy het geen foute nie. Of: Anna is altyd slordig aangetrek, daarom is sy lui, vuil en agterlik  haar goeie eienskappe tel nie. Enersyds oorskat eenogiges mense, hulle sien nie die negatiewe kant raak nie. Andersins onderskat hulle mense deurdat hul een negatiewe aspek gebruik om alle aspekte van die betrokke persoon swart te smeer.
Die voedingsbron van so n eenogige beskouing is velerlei: Tradisionalisme, waarvolgens standpunte uit die verlede steeds as gel-dig beskou en gehandhaaf word, hoe omstandighede ook al verander het.
Fundamentalisme, waarvolgens sekere standpunte, byvoorbeeld in die politiek of godsdiens, letterlik opgeneem word  ou beginsels kan nie nuut toegepas word nie.
Voorskriftelikheid, waarvolgens alles in hierdie lewe beheer moet word aan die hand van onbuigbare riglyne.
Persoonlike voorkeure word tot die norm verhef. Rigiditeit en stramheid.
Die penwortel waaruit die eenogige groei, is n vereenvoudigde beeld van die waarheid en werklikheid en n onvermo om nuanses, teksture en skakerings in die lewe raak te sien en te hanteer. Die paradoks  dat twee teenstrydige stellings albei waar kan wees  is vir eenogiges te ingewikkeld en trouens absurd. S n mens maak nie voorsiening vir die individuele moment nie, die moontlikheid dat byvoorbeeld twee alko-holiste nie noodwendig eenders gehanteer moet word nie, dat een gekonfronteer moet word en een simpatiek verdra moet word. Vir die eenogige voel dit verkeerd want hy of sy werk net met algemene resepte en oplossings. Kompromie is vir so n mens n teken van swakheid. Iets is swart of wit, nooit grys nie.
As jy so n eenogige is, of saam met so een woon of werk, moet jy weet genesing is moontlik  mits die eenoog wil h sy ander oog moet ook begin sien. Natuurlik is dit makliker om in die hawetjie van jou ge-slote denke te bly, maar dis n armer manier van dink. Die oop see is gevaarliker, want dit l wyd en ver, maar op die oop see verbreed jou horison.
Di hebbelikheid kan met relativisme getemper word: Sien al die kante raak, oorweeg dit en kom tot n ewewigtige gevolgtrekking. Geen saak of persoon is eenvoudig nie. Verskillende drade wat saamgekoek is, moet een vir een losgeknoop word. Die lewe is kompleks. Botone en ondertone, hoeke en vlakke, n spel van n verskeidenheid kragte en motiverings is die lewenswerklikheid. As jy iets vereenvoudig, verdraai en verarm jy die werklikheid. Dis gevaarlik en dwaas om te dink jy kan iets een-twee-drie deurskou en van n etiket voorsien. Deur meerkantig te belewe, word n mens versigtiger, nederiger en wyser.
Die sleutel tot relativisme is die volgende:
Die paradoks: Teenoorgestelde dinge kan albei waar wees (byvoor-beeld vryheid en verantwoordelikheid) en mens kan die ewewig tus-sen hierdie twee bewaar.
Die individuele moment: Binne jou groter lewensbeskouing moet jy n individuele moment vind. Dit is sienings wat jou persoonlik aan-spreek. Hoe jy jou huwelik en gesin laat funksioneer. Hoe jy jou vry-heid en verantwoordelikheid rig. Hoe jy die grondbeginsel, naamlik liefde, op jou individuele manier toepas. Dinge wat vir jou sin maak, dinge wat vir jou goed of sleg is. Maar hierdie individuele momente
moet jy nie op ander probeer afdwing nie, want dan word jy een-ogig.
Die misterie. Dit is die wete dat jy nie alles weet nie, dat daar be-perkings aan almal van ons se kennis en insig is.
Hierdie drie sake sal jou met nuwe o laat kyk en laat besef daar is vloei-baarheid in waarheid, kennis, insig en wetenskap. Dit vra n oop gemoed, antennas wat nuanses van konteks en tekstuur opvang wat jou vandag oor n saak laat ja s en mre oor dieselfde saak laat nee s, afhangende van die meriete van die saak. Dit vra dat jy op soek sal wees en alles en almal sal weeg en dat jy hierdie weegproses nooit beindig nie. Baie min aspek-te van die werklikheid is ooit afgehandel. In die dood is dinge wel s, maar die lewe bly onafgehandel. Om te seker te wees oor n saak of n persoon is om so n mens of saak te vereng. Oop gordyne, vensters en deure maak die lewe opwindend, vry en verantwoordelik, om ontvanklik te wees, verg meer helderheid as onontvanklikheid. Openheid is n ver-antwoordelike houding want dit verg goed deurdagte standpunte.
Die nuwe tydsgees van die postmodernisme kan jou daarmee help. Ons leef in n tyd waarin nie meer aanspraak gemaak word op absolute sekerhede en algemeen geldige waarhede nie. Waarheid is onderhan-delbaar want teenoor ander se belewenisse van waarhede bestaan ook n eie belewenis van waarheid. Elke standpunt of houding moet in same-hang (konteks) gesien word. Omdat daar verskillende kontekste in die werklikheid is, sal daar verskillende standpunte oor dieselfde ding wees. Die hedendaags kritiese benadering tot sogenaamde sekerhede laat hier-die sekerhede die een na die ander ineenstort. Daarom moet jy n veel-heid opinies kan verdra. Wreldwyd leef mense in n oorgangstydperk, daarom is die wetenskap, die politiek, die ekonomie, probleemstellings en oplossings onvoorspelbaar. Dinge is minder eksak en vereis meer in-tusie as logika.
Die gevaar is natuurlik dat n mens relativisme ook kan oordryf. Jy kan jouself en ander indwing in di denkpatroon en alle standpunte verwerp wat nie die relativistiese rels en regulasies onderhou nie. Relativisme hou ook ander gevare in. Dit kan meebring dat jy nie standpunt kan in-neem nie, jy is te oop van gemoed, so besig om te weeg dat jy nooit n mening vorm en n keuse maak nie. Dit kan veroorsaak dat jy onkon-
sekwent is, want relativisme kan ontaard in n heen-en-weer-springery sodat jy en ander onseker is oor waar jy staan en jy as n draadsitter be-stempel word. Jy kan n fladdermens word deurdat dit met jou stand-punte gaan soos met die vol wat vlerke het maar nie kan vlieg nie; jy kom nie eintlik weg nie en jy neem nie standpunt in nie. Jy kan met re-lativisme verval in voortdurende kompromie.
Relativisme kan dus van jou n mens maak wat nie sterk standpunte het nie. Tog is daar baie dinge waaroor mens sterk standpunte behoort te h. Die geheim is om nie jou sterk standpunte op ander af te dwing nie en hulle sterk standpunte te respekteer. Dit is waar dat n mens re-lativisme met ingetrekte leisels moet toepas, anders word dit n heen-en-weer-trippelry. Di oorweging s dan: Soek met n oop gemoed na die waarheid in sy gegewe konteks, maar beweeg na n standpunt, n ja of n nee. Laat relativisme jou stroop van vooroordeel en wysneusigheid, maar ook aanspoor om by n duidelik gemotiveerde standpunt uit te kom. Jy moet kies tussen die moontlikhede wat die relativisme onder-soek het.
Is daar dan nie meer grondbeginsels, norme en waardes in die wreld oor nie? Ja, daar is en ons het dit nodig om struktuur en definisie te gee aan menslike bestaan. Die probleem is dat dosyne beginsels geformuleer word, waarin mense hulle vaswikkel of deur ander vasgewikkel word. Reekse beginsels oor gesag, vryheid, geslagtelikheid, godsdienstige etiek, humanitre gedrag, reg en geregtigheid, sosiale omgang en politieke keu-ses. Boonop is wat beginsels genoem word, dikwels tradisie, geykte inter-pretasies en subjektiewe norme van ouers en onderwysers wat deur op-voeding aan kinders oorgedra is. Beginselvastheid kan maklik voorskrifte-like fundamentalisme word.
Die uiteinde is dat daar net een grondbeginsel vir menswees is; en dit is die liefde.
Liefde is nie soetsappigheid of vroomheid nie. Dit is n kragtige energiestruktuur wat alles in die lewe saambind. Dit is n bre beginsel wat elke mens moet toepas in die konteks van elke denkbare stukkie werklikheid. Die toepassing van di beginsel het oneindige variasies en hierdie toepassing, binne die konteks van watter situasie ook al, kan van individu tot individu verskil.
Al die volgende houdings, norme en waardes is gewortel in die liefdes-
beginsel: vergewensgesindheid, barmhartigheid, geduld, verantwoorde-likheid, voorsiening vir en versorging van di wat aan jou toevertrou is en di wat behoefte het dat jy na hulle sal uitreik, respek vir alle mense in jou woorde en dade, soeke na die waarheid, vergenoegdheid, vrede, eerlikheid, eerlike werk, opregtheid, nederigheid, hulpvaardigheid, self-ontwikkeling in gesondheid, vaardigheid en sukses (met ander woorde: gesonde selfliefde).
Die beginsel van liefde rig alle aspekte van ons menswees: die geeste-like wat na misterie soek, die etiese wat uitreik, die geregtigheid wat die reg teenoor die onreg laat geld; die estetiese wat skoonheid bewerkstel-lig en geniet, die intellektuele wat soek na waarheid, orde en insig, die emosionele wat soek na geborgenheid, geluk, deernis, vreugde, die bio-logiese wat soek na die welsyn en gesondheid en instandhouding van die eie en ander se liggaam in genesing.
Hierdie enkele grondbeginsel bepaal ook wat verkeerd is, wat n oor-treding en wat n mislukking is. Alles wat nie n liefdesonderbou het nie, lei tot verminking van menswees. Liefde is die betroubare weegskaal vir alle menslike gedrag.
Liefde as moederbeginsel is deur en deur antifundamentalisties. Die liefde dwing nie, is nie rigied nie, werk nie voorskriftelik met rels en re-gulasies nie. Dit handhaaf die hoogste mate van vryheid, want dit gee aan elke individu ruimte om kragtens sy persoonlikheid en situasie die liefdes-beginsel toe te pas.
Al hierdie oorwegings  veelkantigheid, paradoks, die individuele mo-ment, misterie, die op-soek-wees na die waarheid, die liefdesbeginsel en sy toepassings  sal voorkom dat jy swig voor die versoeking om eenogig te wees.
