MOOIWEERSPELERS
mooiweer SPEEL met iem. Baie vriendelik wees teenoor iem. ter wille van eie voordeel.
( F.J. Labuschagne en L.C. Eksteen  Verklarende Afrikaanse Woordeboek)
Skynheiligheid kom in baie gedaantes voor. In hierdie hoofstuk word al die soorte saam bespreek, want alle vorme van skynheiligheid is byme-kaar ingeteel.
Dikwels word bedagsaamheid ten onregte skynheiligheid genoem. n Bedagsame mens wil ander nie aanstoot gee nie. Goeie maniere vereis konsiderasie en agting wat, waar dit van toepassing is, vir iemand ver-leentheid of pyn spaar. Dis nie skynheiligheid nie, maar beskaafde mede-menslikheid. Skynheiligheid is om met verskeie motiewe n huigelaar te wees, wat op n berekende manier dinge voorgee wat nie waar is nie.
Dis beleefd om te s: Dankie vir die ete en die geselskap. Al was dit van begin tot einde vir jou goor. Maar dit is vals en skynheilig om in so n geval te s: Wat n wonderlike aand, fantastiese kos en stimule-rende geselskap, baie dankie!
Mens moet kan onderskei tussen bedagsaamheid en skynheiligheid. Vlekloosheid is een soort skynheiligheid. Sulke vlekkelose mense gee voor alles in hulle lewe is volmaak. In die godsdiens leef hulle te alle tye in vaste geloof, uitreikende hoop en innige liefde. Alle woorde, dade, houdings en verantwoordelikhede is goed en gaaf.
Hierdie mense se houding ontken in werklikheid menslikheid. Hulle gee voor dat hulle aan opstand, uitbarstings, begeertes, glipse en bewe-rasies ontsnap het. En dis mos n lieg! Hier het ons te doen met die skyn-heiligheid van selfverheffing en neerbuigendheid van die heilige mens op al die onheiligheid wat hom omring.
Hierdie skynheiligheid is dikwels gevestig by mense wat n een-
sydige opvatting van bekering het. Tydens n groepbyeenkoms van n gemeente het ek so n belydenis van Rudolph Bester aangehoor. Die te-ma, wat feitlik in elke vierde sin herhaal is, is: Jesus het my soos n stuk brandhout uit die vuur geruk en dis wonderlik dat die sonde geen vat meer op my het nie. God het my immuun gemaak.
Rudolph het tekste aangehaal wat sy immuniteit waarborg. Hy het waarskynlik geglo wat hy s, dat bekering n mens bewus maak van lig en duisternis en jou gewillig maak om duisternis te beveg en van-uit die lig te lewe. Dit maak mens egter nie immuun teen die duis-ternis nie. Om in immuniteit te roem, is n vorm van skynheiligheid wat menslikheid ontken.
Die gesukkel om tussen die pole van reg en verkeerd jou weg te vind, is waarheid. Die suiwering van menswees l in die stryd om lief te h in plaas van om onbetrokke te wees; opreg nederig in plaas van hooghartig; om beskouings van sake as wit of swart af te leer en in woord en denke toe te laat vir grys gebiede; woede te temper en vergroeiings van watter aard ook al te probeer regstel. Om die swak plekke te voel, te sien, te erken en te probeer oorwin: Dit is heiligheid.
Die skyn van heiligheid is aanstootlik. As hierdie skyn deel van jou profiel is, of van iemand wat jy ken sn, is die terapie daarvoor om jou-self en die ander een te konfronteer met die waarheid (ook die Bybel se waarheid) in die wete dat menslikheid tot die dag van jou dood toe n gespartel is om aan die duisternis te ontsnap. Di insig kan jou red van onnodige skuldgevoelens of n poging om jou hebbelikhede met vye-blare te bedek.
n Ander soort skynheiligheid is di wat doelbewus vals is. Mense wat hulle aan sulke skynheiligheid skuldig maak, het dubbele standaar-de. Hulle het twee gesigte, een vir die privaat lewe en een vir die open-bare lewe. In skrywer se familie word daar gepraat van straatengele en huisduiwels.
Jesus teken die Farisers treffend in Matt. 24:2427 as di wat die muggie uit die beker skep, wat die beker en die skottel skoonmaak, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid, hulle is soos witge-verfde grafte wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbeen-dere en allerhande onsuiwerheid is. Van buite lyk hulle vroom, maar van binne is hulle vol huigelary.
Sulke skynheiligheid manifesteer op baie maniere. Die sagmoedige, begrypende man wat daarbuite kompromie aangaan, maar tuis so oor-matig streng is dat dit grens aan skending van vroue- en kinderregte. Po-litici wat nou teen apartheid is maar steeds in hulle privaat gesprekke na die goeie ou dae van apartheid verwys. Politici wat hulle vir die ge-lykheid van alle mense beywer, maar nou omgekeerde rassisme toepas. Die veeleisende ma wat van haar kinders aandag, liefde en betrokken-heid eis, maar al jare haar weerlose, bejaarde ouers verwaarloos. Mense wat hulle verbind tot die uitwissing van armoede, maar skuldig bevind word aan korrupsie
Vir n tyd kan hulle mense mislei, maar dinge lek altyd uit en die ware mens is agter al sy maskers sigbaar. Dis makliker om voor te gee dat jy heilig is as om weg te steek wie en wat jy werklik is. Die persoon wat dit regkry om vir jare agter sy maskers te skuil, het skynheiligheid vervolmaak.
Die goeie en die kwade is in ons almal, maar dis afstootlike skyn-heiligheid om die kwaad weg te steek deur jou voor te doen as presies die teenoorgestelde en in die geheim die kwaad vrye teuels te gee: Bo blink, onder stink.
Nog n soort skynheiligheid is die skelm en koelbloedige optrede van mense wat hulle heilig voordoen om sodoende eie gewin te bevorder. So n mens gee baie oortuigend voor dat hy jou vriend is, lojaal is, n ver-troueling is, n ondersteuner van die belange waarvoor jy staan. Hulle is die saamstemmers, die kruipers, die lofsangers en die werfbobbejane. Op n dag, gewoonlik as dit te laat is, of wanneer jy en jou belange weer-loos is, vang jy hulle uit. Hartseer en ontnugter besef jy op n dag so n mens het as t ware vir jou lokvalle gestel sodat hy homself kon bevoor-deel. Juis toe jy jou deur so n mens laat omhels het, het hy n gaping gevind om jou te benadeel. Soms doen so n mens dit bloot vir die genot daarvan om iemand af te takel. Die meeste mense is al die een of ander tyd verwond deur skynheiliges en die meeste mense het al self ander ondergrawe. Ons moet almal maar die een of ander tyd soos Shake-speare se Julius Caesar verslae vra: Et tu, Brute?  Jy ook, Brutus?
Stroperige skynheiligheid is ook deel van die meeste van ons se erva-ring. Dit is tydig en ontydige aanprysing oor hoe jy bewonder word
vir jou smaak, jou leierskap, jou aangrypende toespraak, jou diens aan die samelewing en wat nog alles. Mens voel gou met n stok aan dat dit nie opreg is nie. Dis meer as blote wellewendheid, want dis net te soet en goedkeurend, dit bestaan uit te veel oe! en a!, die heuningkwas is net te kwistig en opdringerig. Om sulke skynheiliges te ontmasker, kan jy byvoorbeeld reguit vra: Jy prys my so oor my mooi sitkamer. Dankie. Maar vertel my in meer besonderhede hoekom jy di vertrek so spesiaal vind? As daardie mens dan met n mond vol tande sit, het jy hom uit-gevang. Vir jou is dit n klein oorwinning en vir hom n les.
Nie dat mense nie aanprysing nodig het nie, maar dan moet dit van opregtheid spreek.
Die volgende insigte kan jou verskans teen skynheiligheid:
Die onegtheid van alle soorte skynheiligheid maak kommunikasie oppervlakkig en leuenagtig.
Dit skep n samelewing van wantroue en sinisme. Opregte medemenslikheid word n klug.
As mens op opregtheid konsentreer, begin valsheid verkrummel en ervaar ander jou as n geloofwaardige mens.
Eerlikheid is net suiwer as dit saam met barmhartigheid, versagting, suggestie en bevryding gaan.
Die teenpool is opregtheid en dit is n houding wat mens kan aanleer. Dit is om in woord en daad ongeveins te wees. As mens daarop fokus, begin menslike valsheid verkrummel. Dan is jy en word jy belewe as n geloof-waardige mens. Goeie maniere, konsiderasie en agting vra bedagsaam-heid en soms n katspoegie skynheiligheid  maar net n katspoegie.
