Die profeet van Rietfontein
Hoewel my pa n groot agting vir my ma se familie gehad het, het die jaarlikse besoek van n week aan my oumagrootjie in Winburg hom diep verveel. Die enigste ligpunt daarin was die dag waarop hy na Theunissen kon oorry om by oom Joseph du Plessis te gaan kuier. Hy het ons nooit saamgeneem nie, en altyd daarvandaan teruggekom soos een wat by n fontein van lewende water gaan skep het. Afgesien van sy bewondering as jong en geesdriftige Afrikanerbeesboer vir oom Joseph as Afri-kanerbeesgenie, was daar by hom die aanhanklikheid van n seun wat sy pa te vroeg verloor het, die oorgawe van n geslote mens aan iemand wat liefde en geesdrif en vitaliteit na buite uitstraal.
Want so was oom Joseph Plessis  n volkome persoonlik-heid, iemand wat presies geweet het wat hy wou wanneer hy wou. Elke mens en elke dier en elke omstandigheid was vir hom n belewenis wat hy na aard en gees ondersoek en omge-keer en geniet het.
Met baie name en baie prestasies wat vir die eer in aanmer-king kan kom, word daar nog steeds aanvaar dat Joseph Alber-tus du Plessis die eintlike skepper, verfyner en groot kenner van die Afrikanerbees was. Elke kudde van belang in die land het op die een of ander tyd lewegewende bloed uit sy oor-spronklike kudde ontvang. Die wetenskaplike standaarde waarvolgens Afrikanerbeeste vandag nog beoordeel word, be-rus op sy beginsels, soos geleerdes dit vertolk. Jare lank is daar
in die Afrikanerbeestelersvereniging byvoorbeeld gestry om ander kleure behalwe rooi vir registrasie in aanmerking te laat kom, en altyd het dit misluk, omdat daar in die oorspronklike beginselstelling wat hoofsaaklik deur oom Joseph geformuleer is, nie van ander kleure sprake was nie.
Die Du Plessiss, te wete oom Joseph se oupa, ook Joseph, het waarskynlik saam met die Potgietertrek na die Vrystaat gekom. Hulle was van Graaff-Reinet, Potgieter van Tarkastad, en het hulle Afrikanerbeeste saamgebring. Dit is doodnatuur-lik dat n Potgieter die grond tussen die Vet- en die Vaalrivier by Makwana geruil het, die Du Plessiss die vleie langs die Vet-rivier as die beste beeswreld in Suid-Afrika sou herken. Ou oom Joseph du Plessis het sy plaas daar afgery en vir verder trek geen sinnigheid gehad nie. Sy plaas het hy Strydfontein genoem, ter erkenning van die feit dat daar min plekke in Suid-Afrika was waar die groot vrae en verkeerde antwoorde van die negentiende-eeuse Boeregeskiedenis so duidelik was as in Winburg. Het Winburg sy naam gekry as gevolg van die oor-winning oor die Matabeles by Vegkop? Nog nooit gesien nie, s die ou voorsate. Die Wesselse en die Therons  die ou, eerste intrekkers  het verskil oor waar die dorp uitgemeet moes word, soos hulle oor elke geskilpunt op aarde verskil het. Die Wesselse was bekend as veglustige mense; die Therons versig-tiger, maar baie koppig. Die Wesselse het hulle sin gekry. Die dorp wat verrys het, het hulle Winburg genoem om hulle oor-winning oor die Therons te gedenk!
Strydfontein het weg van die hoofroetes gel, gerieflik ver van die Basothos en Engelse, en hier het ou Du Plessis en sy twaalf kinders hulle koninkryk gevestig. Dit was n ideale woonplek. Ek verbeel my altyd dat toe A.G. Visser sy Lotos-land geskryf het waarin hy vertel van Voortrekkers wat aan-gekom het in n luilekkerland van Leipoldtse lente, waar die koedoes kom skuur aan die waens en die swartwitpense melk uit n bak drink en hoe hulle daar van luiheid gesmelt het (vandaar die naam Vetrivier!), dit met meer geografiese deur-skouing geskryf is as wat mense besef.
Dit was n wonderlike tyd en n wonderlike lewe, onthou tant Hendrina Theunissen nog, oom Joseph du Plessis se enig-ste oorlewende dogter. Nee, sal sy jou reguit s, hulle het nie gewerk daardie ou mense nie, my hartjie. Hulle het die Here gevrees en hulle goed opgepas. Daar is nie veel gesaai voor die Anglo-Boereoorlog nie. Dit was vee. Hulle het na hul diere ge-kyk en hulle geld gebre. Hulle het swartes gehad om die han-dewerk te doen.
Niks, s tant Hendrina, nie eens die maande in die helkamp op Winburg  toe so baie op n dag gesterf het dat katte en honde aan die lyke begin vreet het voor hulle begraaf kon kom  niks van hierdie dinge het vir haar die werklikheid van die Boere se nederlaag so tuisgebring nie as die dag toe hulle terug op hulle afgebrande plaas was, en sy haar pa sien water lei en tuin omspit en pampoene plant  soos n swarte.
Die Du Plessiss was gasvrye mense by wie troues, verjaar-dae en Nuwejare gevier is soos op Leon Mar se Palmietfon-tein. Op n plaas soos Rietfontein sou die waens sulke tye plaat-plaat staan. Rietfontein is een van die plase wat oom Joseph die oue bygekoop het en waar in chronologiese volg-orde sy seun Koos, sy kleinseun Joseph, die Afrikanerbees-koning, sy agterkleinseun Koos en sy agteragterkleinseun Klein Joseph gewoon het.
Op Nuwejaarsfeeste daardie tyd het dit gebeur dat die plaaseienaar op die oggend van die eerste Januarie dink dat die fees besonder geslaagd en die samesyn lieflik was. Hy wag dan tot almal hulle waens ingespan het en skiet die vooros van die voorste wa dood. Die mans trek hom by en slag hom af, die vrouens bewerk hom, en die vertrek word uitgestel tot hulle die os opgeet het. Die gasheer gee die eienaar n nuwe os pre-sent, en die terugreis begin.
Oom Piet du Plessis, n seun van ou oom Joseph wat na Se-nekal se wreld uitgewyk het, vertel nog n merkwaardige ver-haal. Een Nuwejaar was oom Piet sonder opgaaf van redes af-wesig by die Nuwejaarsfees op Rietfontein. Twee van sy broers het n oop bokkiekar ingespan en laat oopl tot in Senekal.
Daar het hulle oom Piet gevang, hom oopgetrek en onder die buik van die bakkie vasgemaak, sy mond vol gekerfde pruim-twak gedruk en s met hom teruggery Rietfontein toe. Oom Piet sou daarna twee maal dink voordat hy die Nuwejaar op Rietfontein met sy afwesigheid beledig.
Goeie wyn was een van die gesogte ruilartikels wat met die Du Plessiss se waens van die Boland af gekom het. As groot luukse het daar dan en wan ook n ankertjie regte druiwe-brandewyn saamgekom. Origens was daar genesende koeke-makranka- en gemmerbrandewyn en kaalvuisperskebrande-wyn wat toe reeds hier aan die Vaalrivier by Schoemansdrif en ander plekke gestook is.
Dit is nou eenmaal so dat n mens se jagstorie en jou griewe teen die Engelsman en die swart man op hul beste vlot wan-neer die ankertjie van die een na die ander begin loop. Dit wil nie s dat drank misbruik is nie, en die ou mense, vertel tant Hendrina my, het baie gemmer- en hopbier gemaak.
Die jongmense het al piekniekende met n wa van plaas na plaas gery, die jongspan daar opgetel en aangery Rietfontein toe. Daar is gedans, vinger getrek en jukskei gegooi. Dit is waar jongmense mekaar ontmoet het en vryerye begin is.
Byna al die gevestigde, vermonde Vrystaatse families het toe reeds hulle Afrikanerbeeste gehad: die Fouchs, die Grey-lings, die Van Biljons wat onder die Du Plessiss ingetrou en s hulle beeste gekry het, die Geldenhuyse en die Du Plessiss. Hulle het die bees bestudeer en geteel en ingeteel en was op hom gesteld soos Persiese sjahs op hulle Arabiere. Hulle het hulle geel, skilder, bont, rooi en bloedrooi apart gehou, hulle kon ure redeneer oor die draai van n horing, die val van n kruis, die hang van n stertkwas. Aanteelbeeste is selde ver-koop, en om van iemand soos oom Joseph du Plessis n bulkalf of n ou koei te koop te kry, was n teken van heel besondere ge-neentheid.
Dis waarskynlik toevallig, maar tog interessant, dat Vry-staatse families wat om hulle teelwerk in hulle kuddes be-roemd was, ook met hulle eie families so graag en so deskundig ingeteel het. Die Wesselse, wat vir hulle skape en perde be-
roemd geword het, het ingetrou; die Geldenhuyse, wat n die Du Plessiss die beroemdste Afrikanerbeestelers van die twin-tigste eeu sou word, het ingeteel dat jou hare daarvan rys. Die Du Plessiss het onder die Oliviers en Van Biljons ingetrou, meer nog onder takke van die Du Plessis-familie self sodat hulle self nie meer weet hoe hulle inmekaarsteek nie.
Kyk, s tant Hendrina, daar is drie soorte Plessiss: die Per-devleiers, die Kringgatte en die Strydfonteiners. Hulle het onder mekaar ingetrou, maar keurig, nou, jy verstaan. Hulle het net geweet tot hoe ver. Toe oom Joseph se seun Koos met sy eie niggie trou, het oom Joseph byvoorbeeld niks daarvan gehou nie, goeie mens soos Lena du Plessis was. Jy vang nie n hoender op jou eie werf nie, Koos! het hy gewaarsku.
Elkeen van die drie takke het hulle eie manier van lyk, van dink en selfs van doodgaan gehad. Die Perdevleier het die ma-nier om sommer net te gaan  in n oogwenk! Tant Hendrina se eerste man was n Perdevleier, en sy het nog met hom staan en praat, dit was n maand n haar troue  dit was nie maklik nie. Die Strydfonteiners is die mense met die siekbeddens: Maande, jare bring hulle op n siekbed deur. Die Kringgatte  ja, di het wel in die lewe nie veel onderskeiding in hulle nie, maar met die sterwe kan hulle jou nogal verras.
Van die oergeskiedenis van die Afrikanerbees is weinig be-kend, behalwe dat dit die migrasies van die Afrikastamme be-leef het en eindelik met die aankoms van die eerste wit mense as vaste tipe deur die Hottentotte as ruilmiddel aangebied is. Die bees is vasgeweef in die godsdienstige rites van die swart man en het koninklike status in die stamlewe gehad. Die ou stamkapteins was kundige telers, hoewel die dinge waarvoor hulle geteel het, nie van belang vir die wit man was nie. Die kleur was baie belangrik vir hulle, omdat die beesvelle vir die regimente se skildvelle gebruik is. Sekere stamme het sekere kleure verkies, en vir sekere seremonies was die kleur van die offerbees belangrik. Witrugge was in boswreld makliker sig-baar as eenkleurige beeste. Sekere stamme het die horings in bepaalde patrone geteel en seremonile waarde is aan n lang stertkwas geheg, wat terloops ook gehelp het om die dier vry
van steekvlie te hou. Vanselfsprekend is by die uitsoek van bulle op uithouvermo, vrugbaarheid en aggressiwiteit gelet. Dikmelk was een van die belangrikste voedselsoorte van die kaptein, daarom moes op die koeie se melkproduksie gelet word.
Die Boere het baie gou die gehardheid van die inheemse bees leer waardeer en trekosse is van die vroegste tye van die swartes verkry. Die Afrikanerbees had, soos vandag nog, n be-sonder sterk erfdwang, met die gevolg dat verbastering met Vaarlandsbeeste uit Holland en latere Europese beeste om-trent net die kleur en byna glad nie die bouvorm benvloed het nie. Dit was seker een van die redes waarom daar, toe die bees later tot die stamboek toegelaat is, so konserwatief met die kleur te werk gegaan is. Net rooi is toegelaat, en swart aan die neus, horings en kloue  dikwels die enigste teken van verbas-tering  is met mening geweer.
Die grensboer van die negentiende eeu het n effens verbas-terde Afrikaner, swaarder van bouvorm, gehad. Hulle het ty-dens die Groot Trek die land in versprei waar hulle deur roof en ruiltransaksies weer eens met die inheemse bees van die in-boorling gekruis is. In die tweede helfte van die negentiende eeu was daar reeds drie vaste Afrikanertipes bekend: die eerste n groot, swaar bees met dun, onrelmatig gebuigde horings, die bakhoring genoem, met n helder, bloedrooi kleur, dikwels wit onder die pens en wit aan die bene. Die tweede tipe was n rank bees met n lang nek, reguit rug, hoog op die bene en die horings byna reguit met twee buigings. Hulle is die draai-horing genoem en was n besonder geharde tipe. Die ou boere het egter n derde tipe verkies wat as die keepnek bekend was. Die dier had fyn gevormde, gebo horings, van die weglsoort, hy was breed oor die kop, met n kort nek en ho skof met n keep voor. Die blaaie het hor as die boude by die bulle ge-staan, die rug was kort, met n hangkruis, die kleur rooi met wit vlekke onder die pens en soms n wit ring om die nek (rinkhals).
Die keepnekke was n middetipe tussen twee uiterstes, en
die beesboer van die negentiende eeu het baie slim met die eer-ste twee tipes geteel om die derde as eindresultaat te verkry. Daar het met verloop van tyd bekende kuddes ontstaan: di van Johannes Cloete van Makwassie, byvoorbeeld, die man wat die eerste hierdie drie tipes beskryf en in later jare na Kenia uitgewyk het; di van oom Petrus Erasmus, die seun van genl. P.J.E. Erasmus wat by Pretoria geboer het; di van die Bhrmanns by Ermelo, die Hoffmanns by Wolmaransstad; in die Vrystaat di van die Pieterses, die Rasse, die Fouchs, die Du Plessiss, en in die Kolonie di van die Pringles en Besters.
Maar reeds voor die Anglo-Boereoorlog was Joseph Alber-tus, die tweede seun van oom Koos Strydfontein, op sy plaas Rietfontein as die fynste kenner van Afrikanerbeeste bekend. Daar was iets besonders aan sy kudde, n eenvormigheid van bou, n fynheid van haar, n grasie van beweging wat tevore nog net by die wildsbok van ons graslande gesien is. Toe reeds het mense groot moeite gedoen om van sy rasbeeste in die hande te kry, en daar is gegis oor die metodes waarvolgens hy inteel.
Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, was oom Joseph n man van vier-en-veertig jaar oud. Hy is opgekommandeer en het saam met die Winburgse kommando na Natal vertrek ter-wyl sy vrou Lenie met haar vyf kinders op die plaas agtergebly en soos al die boervrouens van die tyd gewoonweg met die boerdery voortgegaan het. Oom Joseph se groot vriend was Helgaard Theunissen, toe getroud met een van sy niggies. Theunissen was die kommandant van die Winburgse, Sene-kalse en Ventersburgse kommandos onder hoofkommandant Marthinus Prinsloo, en aan die sy van Theunissen, een van die dapperste kommandante van Christiaan de Wet, het oom Joseph die binnekant van die oorlog leer ken.
N die val van Bloemfontein het hy die eed van getrouheid aan Brittanje afgel. Terug op sy plaas het hy n bees geslag, be-skuit laat bak, sy wa gepak, die keur van sy Afrikanerbees-kudde uitgekeer en met hulle Transvaal toe, tot agter die Sout-pansberge getrek. Tot die einde van die oorlog het hy en sy ge-troue jong Brend met die beeste rondgevlug. Die een keer toe
oom Joseph dit terug na sy plaas gewaag het, het hy sy huis af-gebrand gevind. Sy vrou en kinders was in die Winburgse kon-sentrasiekamp. Op sy skoonouers se plaas het hy sy skoon-moeder nog gekry. Omdat hy byna nie klere aan sy lyf had nie, het sy vir hom in die haastigheid n baadjie van vel met wilger-houtknope gemaak. Dit is later in die Oorlogsmuseum op Bloemfontein bewaar.
Oom Joseph was nooit spraaksaam oor sy belewenisse mensalleen in die wildernis met sy beeste nie. Hy het geweet dat hy sy kommando in die steek gelaat het. Eers n skrywer soos Eugne Marais kon die heroese in iemand wat sy beeste deur vol riviere en Engelse kolonnes met n fluitroep gestuur het, insien en beskryf. Die verhaal Afrikanerbeeste in Marais se bundel Die Leeus van Magoeba is waarskynlik op oom Joseph du Plessis se oorlogsondervindinge gebaseer.
Toe die gesin n die oorlog op Rietfontein kom, kon hulle n bokseil bekostig om oor die afgebrande mure te trek. Oral op die werf het wit wolpluisies aan die drade en gras gekleef. Voor sy kamp toe is, het sy vrou Lenie nog die skape laat skeer. Om-dat wolsakke onverkrygbaar was, het sy die wol in die spens laat vastrap en die deur gesluit. Toe die huis afgebrand is, het die wol nie gebrand nie, later uit die murasie gewaai en oor die hele werf versprei gel. Die kinders het dit bymekaargemaak en na Winburg geneem, en hiervoor kon oom Joseph vir hom twee perde, n kar en n bietjie lewensmiddele koop.
Daar is ook ander telers wat daarop aanspraak maak dat hulle kuddes deur die oorlog behoue gebly het. Dit is waar dat boere n die oorlog beeste met hulle oormerk onder di van joi-nerskuddes uitgekeer en teruggekoop het, maar daar is seker nie een wat kan s dat hy met sewe-en-tagtig van sy beste n die oorlog kon begin nie.
Oom Joseph het by twee geleenthede n koei wat hom as bruikbaar voorgekom het, by ander gekoop  een daarvan by Ferdinand Pieterse, en haar verskalf het hy Juffrou Pieterse ge-noem. Dit is hierdie Juffrou Pieterse wat die skilderbeeste in oom Joseph se kudde teruggebring en die stamboekkeurders
jare lank grys hare besorg het, want wanneer telers se kuddes te veel Rietfontein-bloed bykry  dus onbetwisbaar op ho standaard begin raak  begin die skilderkleur wat nie aanvaar-baar vir die stamboek is nie, uitslaan en moet dit met minder-waardiger bloed doodgeslaan word!
Wie ook al voor die Anglo-Boereoorlog mog aanspraak maak op koningskap onder die Afrikanerbeestelers, n die oor-log was dit die eerste twintig jaar lank Joseph du Plessis en Joseph du Plessis alleen. Hy het die beeste, die ervaring, die visie en die selfvertroue gehad. My pa het geglo dat dit die grootste enkele faktor is waardeur die Afrikanerbees n die oorlog hoegenaamd bewaar gebly het. N die Vrede van Ver-eeniging is die land oorlaai met Europese beeste in n poging om die veestapel aan te vul. n Nuwe beleid van teling is gevolg en op alle rasse afgedwing. Die edel werk van die Departement van Landbou wat in daardie jare ontstaan het, van die landbou-kolleges wat wetenskaplike kennis onder die boere versprei het en die landbouskoue waar die boer sy pogings aan deskun-dige beoordeling onderwerp het, is bekend. Hierdie haastige modernisering het veel goeds tot stand gebring, maar dit het ook n nadelige uitwerking gehad waaraan n ontwikkelende ras soos die Afrikanerbees hom moeilik ontworstel het.
Daar is sedert die Anglo-Boereoorlog aanvaar dat die Afri-kanerbees met sy ranker bouvorm en later ryping n agterstand teenoor die Europese bees het, en deur goedbedoelde weten-skaplike pogings om hierdie agterstand in te haal, is daar meer skade aan die ras gedoen as wat verwaarlosing ooit kon.
N die oorlog is daar besef dat n stamboekregister opgestel en n vereniging vir die beskerming van die Afrikanerbees ge-stig moes word. Mnr. Alex Holm, prinsipaal van die Potchef-stroomse Landboukollege, het met hierdie doel voor o op 19 Junie 1912 n vergadering van die land se bekendste Afrikaner-beestelers op Potchefstroom bel. Teenwoordig was byvoor-beeld mnr. Johannes Bhrmann van De Emigratie, Ermelo. Hy is as voorsitter gekies van die Afrikanerbeestelersvereniging wat toe gestig is. Die reeds genoemde Erasmusse van Pretoria
was daar, die Rasse van Hoopstad, die Pieterses wat voor die oorlog van die voorste telers was, maar wat hul grootste krag verloor het toe die seun Jan Pieterse saam met genl. Beyers ge-durende die Rebellie in die Vaalrivier verdrink het. Daar was die vader van pres. J.J. Fouch uit Rouxville; Barry Gradwell, n prokureur van Bloemfontein wat later Bhrmann as voorsitter opgevolg het. Uit die Kaapprovinsie was daar die Oosthuizens van Cathcart, die De Wets van Zandvliet, die Van Zyls van Britstown.
N die stigting van die vereniging het oom Joseph du Plessis, wat ook daar was, Ferdinand Pieterse, S.P. Erasmus, F. de Wet, A. Greyling en S.P. Fouch die regeringskudde op die proefplaas van die Potchefstroomse Landboukollege beoordeel en hierna n standaard van volmaaktheid opgestel. Daar is be-sluit om ere-inspekteurs  boerende telers  vir elke landsdeel aan te stel om beeste vir die stamboek te keur. n Lys van per-sone wat as beoordelaars geskik sou wees, is opgestel. Daar is besluit dat die geskiedenis van die ras nagevors en opgeteken moes word. Al hierdie stappe kon niks anders as voordeel vir die ras bring nie. Die vereniging het hom in die beginjare veral baie positief deur sy telers self laat lei. Maar die vereniging was magteloos teen n landsklimaat wat hom in sekere rigtings ge-dwing het. As n mens die pryswennende fotos van Afrikaner-beeste uit die 1910s en 1920s nagaan, vind jy hulle oorvoerde beeste met slegs die allervaagste karaktereienskappe van die oorspronklike Afrikaner in hulle bouvorm.
In hierdie omstandighede het die ou profeet van Rietfontein sy boeg dwars gegooi en met n joviale skouerklop en n binne-boudknyp vir die papierboerdery sy eie koers ingeslaan. Hy het ten nouste saamgewerk met die vereniging, die vergaderings bygewoon, aan sy praktiese eise sover doenlik gehoor gegee, maar Afrikanerbeeste het hy geteel soos hy dink. n Jong teler soos my pa het net geweet dat as hy n Du Plessis-bul onder sy kaiings bring, ruk dit hulle soos hase orent, en die saaiboer van die Oos-Vrystaat het jaar n jaar sy osse langs die Vetrivier kom uitsoek. Daardie osse het veertien dae oorland getrek,
daarna orrelstryk voor n drieskaarploeg gaan inval en n die ploegseisoen weer so vet geword dat hulle broeke dra. Op die veeskoue kon die nuwe beoordelaars ure lank lesings oor die beoordeling van die Afrikanerbees hou, maar die skouboer het maar solank sy skoudier so ingetrek dat die J.P. op sy boud dui-delik na die beoordelaar se kant wys sodat di nie deur sy eie diskoerse op die verkeerde spoor gebring word nie.
Toe beoordeling later met maatlyne begin doen is, agter-kwarte gemeet en n dier se kwaliteit op n skaal bepaal is, het oom Joseph oor die voer van beeste lugtig opgemerk: Net n brekfissie van mieliemeel, niks meer nie. Van die oordrewe be-lang wat aan die agterkwart geheg is, het hy ges: Wie by die gatkant begin, sal by die gatkant eindig. Toe Amerikaanse voerresepte om beeste met die groots moontlike gewig vleis te belaai, die dagtaal begin word, het Joseph du Plessis n teen-woord, lyfskoon, geskep, en tot op die huidige dag is daar nog geen ander term om die elegansie van die fikse, veldgeteelde, gestroopte Afrikanerkoei te tipeer nie.
Die kop en horings van n bees is die afval van die slagpale, het die uitlandse beesdeskundige vertel, en dit is die aandag wat dit verdien. Maar die kop en horings dui die karakter van die bees aan; mense sonder karakter en beeste sonder karakter voer ewe min uit met wat jy hulle gee, het oom Joseph toe ges, en tot op hierdie oomblik hou telers hulle met die karakter, die manlikheid en vroulikheid van n Afrikanerbees se kop, be-sig. Hulle kan jou selde iets positiefs vertel, hulle teorie daar-oor is so uiteenlopend, onlogies en soms so eroties dat dit skoon ongesond raak, maar die blote feit dat telers oor die jare heen deur karakter geboei is, het die Afrikanerbees as ras deur ingewikkelde krisisse gedra.
Wat is die hoofeienskappe van die ideale aanteelkoei? Noem die belangrikste kenmerke in volgorde van belangrik-heid by die Afrikanerbul  Oor vrae soos hierdie het die nuwe geslag beeskundiges doktorsverhandelinge gelewer. Op sulke vrae sou die ou Grote van Rietfontein aan die geleerdes die skynbaar naefste antwoorde gee. As jy n koei uitsoek, moet jy
een uitsoek met bre ribbes, sy moet al meer as een bulkalf ge-had het, en haar kalwers moet geil uitgegroei het. Al is n bul hoe vet of maer, jy moet sy skilpadbiltong  die ronde biltonkie hoog aan die buitekant van sy lies  kan sien. Dit was frustre-rend om te dink dat die land se Afrikanerbeeskuddekampioene op sulke vaaghede gebou is! Daar was gedurig geleerde besoe-kers op Rietfontein. Hulle het hom gekruisvra, hulle het hom bespioeneer en gelokval op soek na n meestersformule, hulle het sy beeste gefynkam na die sleutelbul en die oopsluitkombi-nasie.
Hy het ongestoord sy gang gegaan. Hy het sy beeste geteel met n effense hangkruis, n stygende kamlyn, met n relatief klein skof, n baie diep ribsprong en n kop wat in die idioom van die moderne Afrikanerbees lelik is, deurdat hy n buitenge-woon prominente bek- en neusgedeelte en n platter neuswor-tel verkies het. Die poot en been was uitermate sterk. Al hier-die dinge het die bees gemaklik laat loop om sy kos te soek, hom nieselektief laat vreet, al was die term ekonomiese ver-bruiker nog glad nie gangbaar nie.
Die stoetkoeie van Rietfontein is gemelk en elke kalf is op die werf grootgemaak, aanvanklik vasgemaak onder twee ou beefwood-bome, en daar het oom Joseph op sy veldstoeltjie die dae by hulle deurgebring. Daar word vertel dat hy n potlood kon neem en elke kalf op die werf kon teken en hom kon teken soos hy oor twee jaar en oor vier jaar en oor ses jaar sou lyk. Jy moet jou beeste heeldag en aldag ken, anders ken jy hulle nooit nie, het hy ges. Hy het hulle soos mense geken, elkeen met sy eienaardighede van bou en sy moontlikhede, maar elkeen ook met sy eienaardige persoonlikheid. Die temperament van n bees was vir hom belangrik, en dit is n algemeen aanvaarde feit dat die ou Du Plessis-beeste baie mak en geskik was. Bedui-weldheid is net soos onwenslike bouvorm uit sy kuddes ge-weer. As daar n meesterplan in sy teling was, dan was dit waarskynlik die hiperfyn insig wat n allesomvattende liefde hom gegee het.
Die skilderagtige name wat hy sy beeste gegee het, is deur
ander oorgeneem. Koeie met wit vlekke het hy graag blom-name gegee, soos Malva, Blommetjie, Roos, Angelier. Ligrooi, byna geel koeie het name soos Nartjie, Lemoen, Pampelmoes gekry. Granaat was n donkerrooie, Tarentaal en Fisant was rooi skilderkoeie. Wegler, Donkermuis, Ligmuis  hoe sku en wildsbokfyn was hulle seker. En hoe lief was hy vir Kleinnooi, Ounooi, Mooinooi, Makkie. Hy het van geografiese en rivierna-me vir sy bulle gehou: Zandrivier, Rietvlei, Smaldeel. Bakker en Kanon, Makman, Jop was die name van n paar beroemde bulle.
Daar word vertel dat dr. Van den Heever en dr. Havenga van Bloemfontein op n keer daar op besoek was. Oom Joseph was toe reeds bedlend aan wat later gediagnoseer is as maag-kanker en waaraan hy ook dood is. Hulle wou graag beeste koop en oom Joseph het hulle saam met sy seun Koos veld toe gestuur. Toe hulle terug is, kom Koos die kamer binne: Hulle s hulle wil Roos koop, Pa. Hulle s Pa kan enige prys maak, hulle sal dit gee.
As n mens baie siek is en dokters besoek jou en wil daarna jou beste koei koop, dan bring dit seker baie dinge by jou tuis. Oom Joseph was gevoelig vir strominge om hom: Hulle hoef nie te kom groet nie. S vir hulle my Lenie leen ek nie uit nie en my Roos pluk ek nie.
Nog n interessante naamgewing was die volgende: Op n dag kom Fanie Fouch, erekeurder en vader van die latere Staatspresident, om beeste op Rietfontein vir die stamboek te keur. n Mens kan jou voorstel dat so iets in daardie beginjare op Rietfontein op die allervaagste, informeelste en vriendskap-likste manier gedoen is. Toe hulle die middag ingaan huis toe om te eet, vind oom Fanie Fouch nietemin dat hulle nie in die eetkamer eet soos die gebruik was nie, maar wel in die sitka-mer. Hy vra uit daaroor.
Ander dae is jy my vriend, Fanie, oom Joseph kyk veelseg-gend af op sy baard, maar vandag is jy my inspekteur. Ons eet deftig. Aan n kalfie wat op daardie dag gebore is, gee oom Joseph toe die naam Motorkar na aanleiding van die nuwer-wetse gevaarte waarmee Fanie Fouch daar opgedaag het.
Ja, baie mense het na Rietfontein gekom. Hulle het wel nooit agtergekom presies hoe sy teling werk nie, maar almal was gehipnotiseer deur die mens Joseph du Plessis. Sy sgoed en kwinkslae het oor die land versprei, daar is bygelas en ver-sier daaraan, en as elkeen wat in later jare beweer het dat oom Joseph hom n bulkalf present gegee het, die waarheid gepraat het, kon daar sewe Rietfontein-kuddes uit al die kalwers opge-bou gewees het.
Hy was n mens met n ruim en opgewekte geaardheid. As hy met jou gesels, het hy by jou kom sit, elke gesprekswending met n hartlike klap op jou bobeen of n draaiknyp in jou binne-boud beklemtoon. Hy was n groot man met tamaai groot han-de. Vir sy eie mense was dit altyd n heimlike plesier om te sien hoe besoekers hierdie tekens van sy hartlikheid eers hoog waardeer, stadigaan stiller word daaronder, later die pyn kwa-lik verberg en dan naderhand ongemerk en eina-eina opstaan om verder weg sitplek te gaan soek.
Hy was op n keer in die Bloemfonteinse hospitaal vir n breukoperasie. Die aand voor die operasie kom n jong ver-pleegstertjie sy kamer in met n skinkbord gereedskap.
En nou? wou die oom weet. Ek kom om Oom te skeer.
Oom Joseph se antwoord was: Nee, niggie, die oom skeer nooit sy baard nie.
Dit blyk toe dat dit nie was wat sy wou skeer nie, maar skokkend vir hom, die hare naaste aan die plek waar die ope-rasie gedoen gaan word.
Wie het jou gestuur? vra hy. Die matrone, Oom.
Nou, s jy vir die matrone k s jy is nog heeltemal te jonk om my kaart en transport te sien. En die oom het baie beslis die lakens tot teen sy ken opgetrek.
Wyle dr. Daantjie van den Heever het juis tydens hierdie siekte een van oom Joseph se groot vriende geword. Op n og-gend, so word vertel, was dr. Van den Heever net omgekrap. Hy kla by die matrone dat hy nie n enkele suster kan kry om
met hom die rondtes te doen nie. Ek sal jou gaan wys waar hulle is, s sy en neem hom n gang af. Van ver af hoor hy al die vrolikheid: In oom Joseph se kamer staan hulle almal. Dr. Van den Heever maak sy stem dik oor die ongerymdheid.
Maar Daantjie, s die oubaas, ek het hulle nie geroep nie. Vra hulle! Maar het jy nog nooit gesien as n Afrikanerbul in die vlei loop hoe die wit bosluisvols om hom saamdrom om die bosluise af te pluk nie?
Oom Joseph het elke jaar met sy gesin met n wa en osse en sy skoubeeste na Bloemfontein in die pad geval. As die wa Maitlandstraat afgaan, kom al wat buite staan nader, daar word gegroet en voorgestel. Wie lus het, klim saam op die wa, en wanneer hulle die skouterrein binnegaan, is die wa so belaai dat die osse hom skaars kan trek. Daar word kamp opgestaan, vleis gebraai en ankertjies wyn oopgemaak. Oom Joseph het in sy jong dae self beeste beoordeel. Die beoordeling het nie so lank geduur nie, want sy keuses uit n groep beeste kon hy on-middellik doen, maar die besprekings en vrae het oor dae ge-strek, en die kennis wat hy so oorgedra het, is soos manna-korrels deur jong telers opgepik. Die staaltjies wat hieruit ge-spruit het, leef vandag nog onder die boere.
So het oom Sors Theron op n dag op die skou met mnr. Barry Gradwell (toe die voorsitter van die Afrikanerbeestelers-genootskap) en twee mans by oom Joseph se seun Hendrik aangekom. Hendrik, hier is moeilikheid, s oom Sors. Hier-die twee Engelse is kwaad oor gister se beoordeling. Die vers met die wit plek aan die lies het die prys gekry en die rooie nie. Hulle wil weet hoekom.
Oom Joseph het hom nooit die moeite getroos om Engels aan te leer nie, en daar volg toe n indrukwekkende tafereel: Mnr. Gradwell moet tolk; die betrokke verse en die twee Engelse word nadergeroep, en natuurlik drom talle nuuskieri-ges saam met die hoop om n gratis lesing oor Afrikanerbeesbe-oordeling te hoor.
As hulle Afrikaners was of as hulle ten minste die indruk gewek het dat hulle iets van beeste af weet, sou oom Joseph
waarskynlik die moeite gedoen het om sy beoordeling te ver-duidelik. Soos dit was, het hy hulle nie eens regstreeks aange-spreek nie.
Sorsie, s Gradwell moet hulle vra of hulle al twee Engelse is?
Dit word gedoen en die antwoord kom: al twee Engelse, albei in Engeland gebore.
S hy moet vir hulle vra hoekom een van hulle dan sproete het en die ander nie? En daarmee draai hy met oom Sors aan die arm weg.
Daar is mense wat beweer dat hierdie onderhoud plaas-gevind het tussen oom Joseph en die Prins van Wallis wat in die laat twintigerjare op sy Suid-Afrikaanse reis ook Theunis-sen aangedoen het. Daar is di dag op die stasie n portret van die twee saam afgeneem en daar word beweer dat oom Joseph ruim net soveel aftrek geniet het as die Prins.
Frans Schutte wat van 1921 tot 1927 hoof was van die twee-manskool Vashou naby Rietfontein, was n gereelde gas by die Du Plessiss aan huis. Hy vertel: Saterdagoggende, wanneer hy daar aankom, sit oom Joseph somers onder die beefwood-boom en winters in die sonnetjie. Dikwels het oom Joseph dan vir hom die soldersleutel gegee met die volgende versoek: Mees-tertjie, gaan kyk tog of die rol al die Witperd opgesuig het. Draai hom bokant ondertoe, jy weet mos hoe. Dan het meester met n kennershand na die oom se pruimtwak gaan omsien.
Oom Joseph het sy rolle pruimtabak uit die Kolonie, waar-skynlik Oudtshoorn, bestel. Hy het n glasbak gehad waarin so n rol net gepas het. Dan gooi hy n bottel whisky oor die tabak en die bak word op solder gebre tot die rol tabak die whisky heeltemal opgesuig het. Dan eers was dit vir oom Joseph bele. Di geurige lekkerny het hy soos wildsbiltong by hom gehou en klein kerfies wat net in die kies pas, met sy knipmes afge-sny.
Ja, dit was whisky en dit was Witperd waarin hy geglo het, en die bottel het soos n eerbare medisynebottel smiddae op tafel gestaan. Die hoeveelheid drank wat hy gebruik het,
sou dalk meer as matig gewees het, maar op sy taai gestel het dit geen uitwerking gehad nie.
In die twintigerjare het die idee om landbougrond met kunsmis te verryk, pas van oorsee af ingewaai. So moes oom Joseph op n keer teen sy sin op n tentoonstelling na n Engels-man se begeesterde lesing oor kunsmis luister. Hy was in die eerste plaas as veeboer nie in kunsmis genteresseerd nie en in die tweede plaas het hy hom versondig oor die man se ho, reg-op boordjie wat eweneens pas van oorsee af hier mode geword het. Toe dit vraetyd is, steek oom Joseph sy hand op. Die spre-ker is vooraf daarop attent gemaak dat die vermaarde oom Joseph onder die toehoorders is. Met groot gebaar laat hy oom Joseph opstaan om sy vraag te stel.
Vra hom, s oom Joseph aan die voorsitter, of sy hemp onder in die kunsmis hang dat dit so geil bo by sy boordjie uit-groei!
As daar iemand by hom op die plaas aankom, sal hy hom gasvry nadernooi. Het jy al geet, neef?
Ja, dankie, Oom, ek het.
Daarop was oom Joseph se onfeilbare wederwoord: Ja, ek weet jy het geet, maar dit was seker gistraand. En dan roep hy binnetoe.
Die hoof van Hoopstad se skool, mnr. Koos van Zyl, het op n dag met n boek en potlood daar opgedaag: Vandag wil ek alles opskryf wat Oom s.
Maar Koos, was die antwoord, hoe nou? Mens skiet mos nie na n patrys as hy sit nie!
Chris Claassens, ouddirekteur van Landbou vir die Oos-Kaapstreek, onthou hierdie mooi uitdrukking van oom Joseph: Eendag, soos gebruiklik was, het oom Joseph en n buurman, toe hulle op pad dorp toe is en by mekaar verbykom, stilgehou om die perde te laat blaas. Nadat daar oor en weer na welstand verneem is, s oom Joseph dat hy die mre maar ingespan het om weg te kom, want die tante is moeilik  soos n geel Afri-kanervers wat in n vlak pannetjie gekalwe het; sy wil alles skoonmaak wat naby kom. Skoonmaak is die boere-uitdruk-
king vir n ontstelde Afrikanerbees wat met die horings gaffel na al wat binne bereik kom.
Oom Joseph het nie veel belang in die politiek gestel nie, net maar n hekel in uitlandse modes en gewoontes gehad. Tog het hy op n keer voor die samesmelting vir genl. Hertzog die vol-gende boodskap met mnr. Havenga se privaat sekretaris, mnr. Okkie Bekker, gestuur: S vir die generaal ek dink hy laat te veel bulletjies loop. Hulle gaan stof in sy o skop.
Sy uitdrukking om die opgetakelde artikel van die produk van kwaliteit te onderskei, kan kwalik oortref word: Smeer mis aan wilgerhout en jy het ook stinkhout.
Van n boer wat met meer as een soort bees op dieselfde plaas boer, het hy ges: Hy hou n kffie aan.
Met verloop van tyd het jonger telers, soos dit ook gesond is, die inisiatief oorgeneem, en die Du Plessis-roem was nie meer onbetwis nie. Die werksaamhede van die Afrikanerbees-telersvereniging het uitgebrei en sy verantwoordelikhede het groter en ingewikkelder geword. Dit het noodsaaklik geword om die standaarde wat jare lank net op skrif was, na die letter te begin toepas. Telers moes van die afstammelinge van gere-gistreerde diere boekhou, kalfgeboortes moes binne n vasge-stelde tyd gerapporteer word om vervalsings en verkeerde aan-sprake te verhoed. Jong geesdriftige mense, soos Jim Fouch, Tickey Reynecke, wat destyds prinsipaal van Glen was en heelwat geskrifte oor die Afrikanerbees die lig laat sien en ook in die bestuur gedien het, en prof. A.M. Bosman het hulle bes gedoen om die vereniging se sake op wetenskaplike grondslag geplaas te kry. Hulle het hulself behoorlik ongewild gemaak by ou telers en keer op keer het hulle idealistiese planne teen rotse soos di op Rietfontein gestrand.
Moenie papiere wil maak om julle verkeerde dinge reg te maak nie, het oom Joseph ges. N hy in 1926 op n ledeverga-dering moes luister na die jong Jim Fouch se uiteensetting van hoe om die standaard van volmaaktheid wetenskapliker toege-pas te kry, het hy opgestaan en ges: Mannetjie, jy gaan oor kleinighede tekere. Jy gaan jou potlood skerp maak tot daar op die ou end niks potlood oor is nie.
My pa het toe as jong man in die Afrikanerbeestelersver-eniging se bestuur gedien en altyd vir oom Joseph in die bresse getree, altyd by Tickey Reynecke, met wie hy goed bevriend was, om toegewings vir die ou man gepleit. Soos in alle stam-boeke kom daar n tyd waarop die stamboek gesluit verklaar word, daar nie nuwe registrasies aangeneem word nie en net die afstammelinge van reeds geregistreerde beeste vir registra-sie in aanmerking kan kom. Die Afrikanerbeestelersgenoot-skap het van 1924 af hierdie stamboek gesluit probeer kry; daar is gedreig en gesoebat by telers om hulle kuddes finaal te laat inspekteer, dinge nou eenmaal op datum te kry. In 1932 is daar darem besluit dat as kalfgeboortes nie binne sestig dae aange-meld word nie, sulke kalwers die reg op registrasie sou ver-beur. Maar op aandrang van my pa is duidelik genotuleer dat die reling net van toepassing is op telers jonger as vyf-en-ses-tig jaar! Dit was eers in 1938, n die dood van oom Joseph, dat die Afrikanerbeesstamboek finaal kon sluit.
In 1971, drie-en-veertig jaar n sy dood, kon die vereniging nie anders nie as om sy stamboek weer eens oop te maak en n hulpstamboek oop te stel om die skilder- en geel beeste uit hierdie oerbron, wat al die jare deur telers ongeregistreer ge-laat is maar om sy fantastiese rassuiwerheid bewaar is, op te neem!
Ek het oom Joseph du Plessis net een keer gesien. My pa het my tog op n dag saamgeneem toe hy van Winburg af daar gaan besoek afl. Ek kon so vyf jaar oud gewees het.
Toe ons afklim, het ek oudergewoonte nie saam met my pa binnetoe gegaan nie, maar die huis om op soek na katte. Ek maak nog vriende met n groot geelbont kat, toe my pa by my kom.
Kom saam, s hy, ek wil h jy moet oom Joseph kom groet. En ek onthou nog goed, hy kam met sy vingers so n paar slae deur my hare om dit netjieser te kry en hy poets die stof van my rok af. Hy neem my hand en gaan om na die voor-deur. Dit was n geplaveide stoep sonder veranda en toe ons die groot voordeur oopstoot, snak ek na asem. Die gekapte klip-mure van die buitekant was nie afgepleister nie, dit is net so
gelaat, en vorm n lang gang van ruwe klip, asof jy op die een of ander manier nog buite is. Daardie wonderlike gevoel van nie te wees waar almal dink jy behoort te wees nie, het ek nooit vergeet nie en toe ek en my man jare later ons eie huis bou, het ons ons voorhuis net so laat bou.
Daardie dag stap ons die gang af na n eetkamer waarin n hele paar grootmense was wat ek nie hor as hulle naeltjies be-kyk het nie. Toe staan ons voor n wakis waarop die oom sit, reeds hoogbejaard, met sy groot hand op die skewe knop van n dik taaiboskierie.
My stomme pa was duidelik daarop uit om indruk te maak: Oom Joseph, dit is nou Dottie. Dit is sy wat my altyd die bees-te help uitkeer en wat saans vir die ou koeie die pampoenstuk-kies voer. Daardie jare was gekerfde pampoen bekende win-tervoer vir beeste.
Die oom vat my hand en toe s hy iets wat die ander mense in die vertrek laat uitbars van die lag. Ek hoor dat my pa nie saamlag nie en haastig buig hy af na my: Gaan speel nou maar weer, s hy en ek draai baie vinnig om en loop alleen die mooi gang af na buite. Klein soos wat ek was, kon ek voel dat die on-derhoud op een of ander manier nie aan my pa se verwagtings voldoen het nie.
Wat die oom ges het, was: Nou ja, my kind, eet jy self maar liewer die pampoen; Oom dink jy het dit baie nodiger as die koeie, en ek het nie die vaagste benul gehad hoekom hy dit s en hoekom die ander lag nie.
Jare later eers het ek besef watse indruk ek as vyfjarige op vreemdes moes gemaak het: n bruinverbrande, koponder-stebo-, brandmaer kleintjie met blou tarentaalbeentjies en n windverwaaide bosgasie  inderdaad n ou sondaartjie wat hope voedsame pampoen gekort het.
Die laaste twee jaar van sy lewe was oom Joseph bedlend, en in di tyd is daar volop getuienis dat die oom, soos die ou mense dit stel, n heldersiendheid oor hom gehad het. Dit het sy plaas en sy diere gegeld. Hy het sy seuns male sonder tal veld toe gestuur om te gaan soek na n kalf wat in n erdvarkgat vas-
sit, n bees wat oor die draad gespring het. Hy sou die betrokke dier en die plek presies beskryf. Sy seun Koos het toe reeds die hele boerdery bestuur.
Nou vertel sy dogter van die keer toe oom Joseph sy klein-seun, wat in die omgang Klein Joseph of spelenderwys ou Broodpote genoem is, gestuur het om n sekere paar koeie vir sy oom Hendrik te gaan uitkeer. Hierdie koeie moes hy dan in die Plaatkamp jaag. Dit is gedoen.
Die agtermiddag laat oom Joseph sy kleinseun roep: Daar is fout. Ek hoor Vetrivier hier by die werfhek bulk. Sy moet mos in die Plaatkamp wees.
Klein Joseph was gesteurd: Dit kan nie Vetrivier wees wat bulk nie. Wie s dis Vetrivier wat bulk? Sal hy nou Vetrivier nie by die ander gejaag het nie? Sou sy oupa dink hy wil sy eie oom verneuk of wat?
Dit is Vetrivier wat bulk, ek s so. Watter moeder ken nie haar kind se bulk nie? Ek s nie jy het haar nie uitgeja nie, s die oom met rustige sekerheid, maar wat ek weet, is dat jy vanmre te haastig was om die hek behoorlik toe te maak.
Hy het mense wat vir hom kom kuier, reeds sien kom wan-neer hulle die plaashek, ver van die huis af, binnekom en die huismense aanges om gereed te maak.
Hy het alles vir sy eie begrafnis gerel en minute voor sy dood in n vaste stem sy laaste opdragte aan sy vrou en kinders om sy bed gegee. Dit was geen sentimentele opdragte nie!
Onthou, het hy vir een egpaar ges, die pad na die hemel loop nie deur die bioskoop nie.
Hou nou op om alles te koop wat jou o sien.
By die poot van hierdie bed moet jy n ysterpaal inslaan. Dit is hier wat die Here my gebede vir jou verhoor het.
Die geld in die trommeltjie was sy vrou sn. Sy had n manier om kleingeld oral in die huis rond neer te sit. Oom Joseph het dit getrou weggesluit in n trommeltjie, en dit was tot haar ver-basing toe so swaar dat dit byna nie opgetel kon word nie.
Sy grafsteen in die Theunissense begraafplaas word nou nog deur besoekers opgesoek. Dit is van rooi marmer en die
beeld van n Afrikanerbees is in die marmer ingel, n impone-rende gedenkwaardigheid wat, so glo ek, dalk nie in die vereer-de se smaak sou geval het nie.
N sy dood moes die stoetbeeste volgens boeretradisie ver-deel word tussen sy twee seuns: Koos, wat by hom op die plaas gebly het, en Hendrik, wat in die Hoopstadse distrik op die plaas Nooitgedacht geboer het. Dit is so regverdig moontlik gedoen, maar ek weet dat oom Koos my pa in die saak geraad-pleeg het en dat my pa vir hom ges het: Koos, bly by die lig-rooi en die witpens. Hulle is in elk geval reg. Dit is in daardie stadium deur min mense besef. My pa het altyd geglo dat oom Koos op daardie manier vir homself die hart uit die kudde ge-haal het. Ongelukkig het oom Koos sy pa nie lank oorleef nie, en die stoet het na die tweede Joseph gegaan. Hy was jonk, te jonk vir die verantwoordelikheid, en by sy dood was daar van die oorspronklike Rietfonteinse kudde net di deel oor wat na die seun Hendrik gegaan het en di wat die Theunissens geluk-kig genoeg was om later aangekoop te kry  albei stoete wat in die hedendaagse kwaai kompetisie nog goed van hulleself re-kenskap gee.
My pa het egter sy betrokkenheid by die Rietfontein-deel van die stoet tot aan die einde daarvan behou. Dit was sy onge-lukkige lot om vir die destydse sen. Conroy op bevel van Klein Joseph self vyftig van die beste koeie te gaan uitsoek. Conroy het dit teen n baie ho prys by die eienaar te koop gekry. My pa was dwalend oor hierdie ongelukkige transaksie. Hy het be-sef dat Klein Joseph aan die einde van die pad gekom het en dat hy eindelik alles sou verloor. Wie nou vyftig van die beste daar uithaal, sou eintlik die enigste wees wat n kern het en die stoet dus vir die land kan uitbou. Sen. Conroy het dit ook s aan hom gestel. Maar Klein Joseph was nog altyd die kleinseun van die man wat hy soos n vader liefgehad het en die seun van Koos, wat sy vriend was. My ma het vir hom ges: Hoekom koop jy die diere nie self nie?
Ek sal nooit nou daar iets koop nie. As ek nou op Riet-fontein koop, koop ek nie, ek roof.
My pa is op di bepaalde dag somber weg en het somberder teruggekom. Die koop was deur. Ek het hom aan my ma hoor s: Ek wens ek kon hulle liewer met my eie hand doodskiet voor ek hulle moes aanwys. En ek sal sy gesig nooit vergeet nie, hy het al twee my hande vasgehou en net ges: Oom Kootjie, oom Kootjie, ek vertrou jou. Met sy oupa se o. Ek het party laat gaan, ek het party laat agterbly: vir die volgende koper. Daar sal nie op wat bly, of op wat gaan, n sen rus nie. Riet-fontein is verby.
