EERLOSE  WAARHEID
Of all plaques, good Heaven thy wrath can send
save, save, oh save me from the candid friend (George Cunning  New Morality)
Straightforwardness, without the rules of propriety, becomes rudeness. (Confucius  aangehaal in Braudes treasury of wit and humor)
Soms is dit nodig om iemand kaalkop die waarheid te vertel. Dit is in alle verhoudings soms nodig, di tussen huisgenote, kollegas, baas en klaas, in die politiek, die kerk, selfs tussen terapeut en klint in die spreekkamer. Om iemand met die waarheid te konfronteer en daardie waarheid eerlik uit te spel, het f genesende krag f breekkrag (as jy die deur teenoor die ander met reg toeslaan).
Eerlikheid tydens n woedeuitbarsting word dikwels in die hitte van die rusie skeef getrek, maar hierdie soort eerlikheid is mens-lik.
In alle verhoudings is n reg en plig tot eerlikheid vervat, maar mens moet versigtig die waarheid praat. Praat dit s dat die waarheid nie on-nodig seermaak nie.
Party mense spog daarmee dat hulle so eerlik en reguit is. Nee, hulle draai nooit doekies om nie en maak nie n moordkuil van hulle hart nie. Hulle s n ding soos dit is. Skynheiligheid is nie hulle styl nie. Hierdie soort eerlikes beoefen hulle deug sonder aansiens des persoons, in toevallige geselskap met vreemdelinge, binne die vrien-dekring, familie, huwelik en gesin.
Die twee aanhalings hierbo ontmasker di soort eerlikes. Hulle vry-
moedigheid om hulle s te s, kan ook ongemanierdheid en liefdeloos-heid wees.
Ek het eenmaal n Hollandse broeder in n privaat gesprek uit die bloute die predikant hoor toesnou: U preke is soos flou, afgeroomde melk. Mens kan dit net maar uitspuug want as ek dit insluk, sal my gods-dienstige lewe die ene maagwerkings wees.
Die dominee het sy rug gedraai en is toe spottend ges: Dit lyk my u is n lafaard wat die waarheid nie in die o durf kyk nie.
My poging om kalmte te bewerkstellig, is afgemaak as sielkundige slimmighede, en as skynheiligheid. Dalk was die predikant n swak pre-diker en dalk was ek as terapeut te versigtig, maar wat het hierdie Hol-landse eerlikheid vermag?
Hier volg voorbeelde van tipiese reguit sgoed en n alternatiewe sagter woord:
Jy het vanaand n groot gek van jouself gemaak toe jy in die ge-selskap jou simpel sienings oor die Suid-Afrikaanse ekonomie so uit-geblaf het. Ek skaam my dood. Die alternatief: Jy moet oppas dat mense jou nie misverstaan as jy oor die ekonomie praat nie. Jy het n punt beet, maar dit kan eensydig klink. Erken dat daar ook ander gesigspunte is, dan voel die ander dat hulle ook die vrymoedigheid het om n siening te waag.
Ek weet nie of iets met jou resep verkeerd is nie, maar eerlik, die vleis was oneetbaar taai. Die alternatief: Al wat jou vleis nodig het om dit smaakliker te maak, is om dit langer in kruie te laat braai.
Mens, maar jy is hopeloos te vet en ek s dit vir jou om jou te help, want niemand anders sal dit vir jou s nie. Die alternatief is om geen kommentaar op iemand se gewig te lewer nie, tensy jy daarom gevra word. En dan kan dit wees: Noudat jy my reguit vra, moet ek s dat jy gewig aangesit het, maar n dieet sal dit gou regsien.
Moenie so aankarring met jou storie nie. Die alternatief: Jong, die tyd loop uit, s net gou vir ons in hooftrekke wat gebeur het, want ons wil graag hoor hoe dit afgeloop het.
Nee wat, my kind, jou tennis is vrotter as vrot en jy lieg nou al lankal blatant dat dit verbeter het. Die alternatief: Ek weet jy het
gehoop en geglo jou tennis het verbeter, maar jy sal nog meer moet insit, en ek glo jy kan en jy wil.
Ons almal ken verwondende eerlikheid. In elke voorbeeld hier bo was die eerlikheid n genadelose klap in die ander se gesig. Die eerlikheid van die alternatiewe hier bo gee egter die ander persoon n uitweg sodat hy sy aansien kan red en dit motiveer hom om dinge reg te stel. Dis waar dat mense in intiemer kringe eerliker met mekaar moet wees. As jy vir iemand omgee, moet jy juis s wat reg en verkeerd, mooi en lelik, waar en vals is. Skynheiligheid en valsheid is growwe misleiding, dis onbe-trokkenheid by ander se belang.
Die soort eerlikheid waarvan hierdie hoofstuk praat, het egter geen nut nie.
Dis onvanpas en onbeskof om links en regs n vrye s uit te oefen. Dis opsetlikheid omdat di met die vrye s die naam wil verwerf dat hulle reguit is.
Dis n uit-die-hoogte-houding van mense wat hulle met sieklike eer-likheid wil handhaaf en ander wil manipuleer deur god te speel. Dis n poging om beheer uit te oefen deur oordele te vel. Hierdie eerlikes put perverse behae uit die vrees wat hulle by ander mense inboesem. Sulke onsensitiewe eerlikheid is n masker vir die genot wat dit hulle verskaf om andere te verwond en te verneder.
Dis gewoon katterigheid.
Dit kraak ander af en die doel daarvan is om straf uit te deel.
Die oplossing vir hierdie soort eerlikheid is om waarheid te koppel aan barmhartigheid, versagting, suggestie en bevryding. Al vier di woorde s min of meer dieselfde, maar elkeen dra n ander klem.
n Voorbeeld uit my jare in die praktyk illustreer die verskil tussen kaalkopwaarheid en brutale waarheid.
Kerneels Jooste was 62 jaar oud, selfversekerd, n bestuurshoof van n groot maatskappy en net te betrokke by loslitpartytjies. Almal weet hy raak dikwels aangeklam. n Skinderveldtog ontstaan, sy toppersoneel wanhoop oor sy verkeerde beslissings en sy direksie raak skepties oor sy dryfkrag en resultate. Almal is egter f lugtig vir hom f lojaal teenoor hom en die woord doen die rondte dat sy hoofde net wag vir die regte
insident om hom af te dank. Kerneels is blykbaar salig onbewus van al die dinge. Of hy steur hom nie daaraan nie, dit is sy geaardheid. Hoe moet Kerneels hanteer word?
Gestel jy is sy goeie vriend en julle is openlik met mekaar. Jou eerste opsie, veral as jy een van die mense is wat brebors is oor jou eerlik-heid, kan wees om hom baie reguit en koelbloedig met al die feite te konfronteer. Jy wat hom ken, weet dit sal hom platslaan, elke greintjie selfvertroue vernietig, hom in depressie laat verval, hom meer destruk-tief maak, sy aggressie verhoog en hom meer foute in sy werk laat maak. Maar jy doen presies dit, onder die dekmantel dat lojaliteit jeens jou vriend Kerneels sulke eerlikheid vereis. En as hy die trekpas kry, kan jy onskuldig simpatiseer en s jy het hom mos gewaarsku.
n Ander opsie is om alles te verswyg, voort te gaan met jou lofpry-sing en sodoende sy argeloosheid jeens die skinderstories te versterk. Dan is jy lafhartig en aandadig aan Kerneels se ondergang.
Die beter opsie is een of meer van die volgende benaderings:
Jy dra eerlik die situasie aan hom oor, maar jy klee dit in barmhar-tigheid. Byvoorbeeld: Kerneels, ek glo in jou insig om dinge te her-struktureer. Jy het ook die mag om dit te doen. Wees jou teenstanders een voor: Neem inisiatief en gee jou adjunk groter status en verant-woordelikheid. Fokus op bemarking sodat jy daarmee opnuut indruk maak, bemarking is immers jou sterk punt. Laat jou adjunk die romp-slomp hanteer. Dit is eerlike konfrontasie wat deernisvol n uitweg help soek.
Die ander opsie is minder direk. Vertel Kerneels die waarheid, maar versag die feite: Jy weet dat jy onmisbaar was vir die maatskappy en dat jy jou nou nog meer onmisbaar kan maak. Baie van die stories teen jou is kwaadwillig. Maar oor jou prestasies word ook steeds gepraat. Vra jou af waar jy die greep op jouself kan versterk om die kwaadwillige sto-ries te lonstraf. Moenie jou teenstanders n vatkans op jou gee nie. S word die waarheid versag. Dit suggereer meer as wat direk ges is maar alles is steeds waar.
Dan is daar ook die opsie om Kerneels deur middel van die waar-heid te bevry. Dit is die proses van empatiese betrokkenheid by die kri-sis van die werklikheid. Iets soos: Mens moet dinge aanvaar. Jy is nie meer die man wat jy ses jaar gelede was nie. En jy is dalk moeg vir die
werk sonder dat jy dit besef. Dit is nie n skande nie, ons lewe ook deur seisoene. Tydsberekening is belangrik. Jy kan n nuwe begin maak. Jou kaliber mens hoef nie hande in die hare te sit nie. Glo in jouself en jou instink. Verken nuwe dinge. Hoe gouer jy begin onderhandel oor uittre-de, hoe beter. S help jy hom om die waarheid te aanvaar en n nuwe fase van selfrespek en vryheid in te beweeg.
Ons is aan mekaar eerlikheid verskuldig, maar dan die soort eerlik-heid wat die mens voor jou en die spesifieke situasie respekteer.
Die eerlikheidsmotief moet wees om met sagte woorde te help in-sig kry. Eerlikheid wat mense met die waarheid deur die gesig klap, is boos.
