KRUIDJIE-ROER-MY-NIE
liggeraak: Touchy, over-sensitive, easily offended apt (quick) to take offence, peevish, thin-skinned, testy, irascible.
(D.B. Bosman, I.W. van der Merwe en L.W. Hiemstra  Tweetalige woordeboek )
Die kruidjie-roer-my-nie is familie van die askies-dat-ek-leef-mense. Hul-le voel ook gou minderwaardig en verneder. Hulle hanteer dit deur vlym-skerp aggressie en voed hulle sogenaamde vernedering deur op die uit-kyk te bly vir seerkry.
Die volgende gesprek met Santie du Plessis word opgesom, spesi-fiek die gedeeltes waar die kruidjie-roer-my-nie deurslaan.
Toe sy bel vir n afspraak en die terapeut huiwer en s die dagboek is oorvol vir die volgende twee weke, maar die derde week kan ons n tyd afspreek, kap sy terug: Ek is jammer dat ek lastig is. Vergeet dit maar. U is besig met belangriker mense as ek. Die terapeut kon darem haar foon-nommer opspoor en n afspraak gerel kry. Haar reaksie: Ek hoop dis vir u die moeite werd en dat ek u nie verveel nie.
Die gesprek in die spreekkamer het toe die volgende opgelewer. Terapeut: Jy kan gerus openhartig jou probleem blootl ... Santie: Dink u ek is nie n openhartige soort nie?
En toe vertel sy, en die terapeut sien sy hou sy reaksie fyn dop. Sy is diep ongelukkig, s sy. Haar baas spot met haar, hy is snydend sarkas-ties. Hy en sy kliek by die werk ignoreer haar en knipoog vir mekaar agter haar rug. Sy kan die beledigings wat sy moet aanhoor nie langer verduur nie en sy kan die woede wat daaroor in haar opbou nie meer hanteer nie.
Die terapeut vra vir nog voorbeelde van di vernederings. En Santie
ryg dit uit. Vir al haar moeite om n vriendin te help met haar dogter se troue, kry sy n flou, terloopse dankie, daarom oorweeg sy om die vriendskap dadelik te staak. Toe sy by die leeskring haar mening gee oor die taalstryd in die land, sprak niemand n sprook nie, behalwe een wat ges het mens moet onthou dis n ingewikkelde saak. Santie was ontsteld dat die lot vroue haar so ondermyn het en nou voel sy ontuis in daardie kring. Sy vertel ook van die belediging toe sy en haar dogter by n skoolfunksie in die hoof se rigting geloop het, en die hoof sy rug op hulle gedraai het.
Het sy n hegte vriendekring om haar? wou die terapeut weet. Ja, antwoord sy, maar sy het vreeslik seergekry toe hulle een naweek saam met hulle beste vriende by die dam gaan uitkamp het en n ongemak-like stilte tussen die vriende ontstaan het, so erg dat sy onwelkom ge-voel het.
Wat die atmosfeer tussen pa, ma en kinders betref, moet sy ook maar baie opvreet, skimpe en verwyte verduur. Dit maak haar rasend.
Terapeut (versigtig): Jammer dat ek jou in die rede val, maar kom ons gaan eers n bietjie in op wat u sover ges het.
Santie: Beskuldig u my van langdradigheid?
Terapeut: Glad nie, ek wil net dat ons bietjie dieper delf in wat u reeds ges het.
Santie: Is ek onhelder? Ek voel ek verveel u.
Terapeut: Ons moet net een saak ook op die tafel sit en dit is die moontlikheid dat u al hierdie mense verkeerd genterpreteer het. Beauty is in the eye of the beholder, soos die Engelse s. Ek wil net graag hoor wat u reaksie daarop is.
Santie: U is nou sarkasties en spottend en u suggereer dat ek leuens vertel.
Ons gesprek het begin skipbreuk ly.
Daar is baie Santie du Plessiss in die wreld, altyd op die uitkyk vir iemand wat hulle sou seermaak. Hulle is in watte verpak. By hulle moet jy elke woord tel want elke kyk en elke gebaar weeg hulle en as dit nie aan hulle verwagting voldoen nie, sal hulle gekrenk voel.
Die dun-nerf-mens se lewe draai om gekrenktheid, beswaardheid, verontregting en vernedering. Di word wrokkigheid en teensin. Hulle gaan op hulle kruisweg as die gekwetste slagoffers, die martelaars.
Hulle onthou die nietigste voorval, want die dikwels onuitgesproke ver-wyte word lank in die geheue gebre.
Sulke oormatige liggeraaktheid kan baie oorsake h. Minderwaardig-heidsgevoelens. n Swak selfbeeld. Blootstelling aan werklike en ver-beelde vernedering. Dit hou verband met die soeke na goedkeuring, die vrees vir afkeer en verwerping.
Om hiervoor te kompenseer, kan so n mens homself oorskat. Hy glo dan  om die vrees vir afkeer te besweer  dat hy goed en diensbaar is en daarom applous verdien. As mense nie in oorvloedige dankbaarheid op hom reageer nie, is dit nie goed genoeg nie en hy is verwond. Wie nie in al sy doen en late belangstel nie, is besig om hom af te kraak. Met-tertyd begin hierdie liggeraaktheid sy hele persoonlikheid oorheers en gou loop hy nukkerig rond.
Die ironie is dat di fyngevoeliges hulle dikwels daarop beroem en dit by die mooi name van fynbesnaardheid en sensitiwiteit noem.
Nietemin is liggeraaktheid se teenpool nie ongevoeligheid nie, nie die ingesteldheid dat ander se reaksie op jou jou nie raak nie. Die dik-velligheid van n renoster is eweneens afstootlik.
Die teenpool van oormatige fyngevoeligheid is eerder n ontspanne houding. Ontspanne mense weet dit is ook in die mens se aard om op ander se tone te trap, onbeskof te wees en n kritiese houding in te neem. Blootstelling aan vernedering is deel van die werklikheid. Ont-spanne mense hanteer sake soos dit kom. Hulle gee ander mense die voordeel van die twyfel en weeg sake eers op voor hulle toegee aan ge-krenktheid of beswaardheid. Hulle is nie veeleisend nie.
As jy voel iemand het jou te na gekom, hanteer dit op ontspanne wyse. Vergeet dit, maak dit af. Of bespreek dit openlik en vriendelik met die een wat jou gekrenk het, uitgaande van die standpunt dat dit dalk n misverstand was.
Ontspanne mense verwag nie te veel van n medemens nie en is dankbaar oor wederkerige positiwiteit in menslike verhoudings. Hul-le skik maklik, gee maklik toe oor sake wat nie van lewensbelang is nie en hulle broei nie oor andere se reaksie op hulle nie.
As mens aangenaam is, is ander mense ook aangenaam met jou. Jy kan die hebbelikheid van liggeraaktheid besweer deur daarna te streef om n meer ontspanne mens te word.
Jy kan ander se oorgevoeligheid op twee maniere hanteer: ignoreer of konfronteer. Jy kan maak asof jy die gekrenktheid nie hoor of sien nie. Jy kan n bietjie fermer wees deur kortaf iets soos ag nee, wat te s. Of jy kan meer demonstratief wees deur jou rug te draai.
As iemand wat baie in jou lewe beteken so n kruidjie-roer-my-nie is, sal jy daardie mens n guns bewys deur hom of haar vriendelik te konfronteer. Wys simpatiek daarop dat oorgevoeligheid onbillik of pie-perig is.
As jy jou dinge onnodig aantrek, versuur jy jou lewe. Jy word gerig deur mense se reaksie op jou in plaas van deur jou eie ek.
As jy jou oorgevoeligheid nie self kan hanteer nie het jy diepgaande berading nodig om die wortels van jou probleem bloot te l.
