ASKIES  DAT  EK  LEEF
Modesty does not mean to be too humble to take your own side in a quarrel.
(Anoniem)
Die mens wat opreg beskeie is, is nie aanmatigend nie, is ingeto en te-rughoudend, dankbaar en nederig. Dit is gesonde nederigheid en dit is die teenpool van verwaandheid.
Party mense is deur vernedering tot nederigheid geslaan. As gevolg van rampe, armoede, skande, verwerping, spot of wat ook al, leef hulle met neergeslane o. Ook dit is gepaste nederigheid en verdien simpa-tieke begrip.
n Ander soort mens se nederigheid is egter n fasade. Hulle pro-beer deur n vertoon van nederigheid hulle belange bevorder.
Die oorsaak van oormatige nederigheid kan natuurlik ook selfoor-skatting wees. Onthou, niemand is so belangrik dat hy so nederig hoef te wees nie.
Hierdie hoofstuk gesels in die besonder oor twee ander soorte ne-derigheid, naamlik die nederigheid van kruiperigheid en die nederig-heid van n swak selfbeeld. Hier volg twee stories oor kruiperigheid:
Die eerste is die storie van n bekende koerantredakteur in die laat sestigerjare. Dis aan die skrywer oorvertel deur n politikus wat teen-woordig was.
Die redakteur het in n persoonlike koerantrubriek aangevoer dat eer-ste minister John Vorster sy nuwe sportbeleid baie vinniger moet ontwik-kel en dat die dralery teleurstellend is. Hy is Kaapstad toe ontbied, waar Vorster hom meegedeel het dat hy n klomp twak geskryf het en nou sy saak verder moet stel. My bron s die redakteur het dadelik opgestaan en met n gebo hoof een sin geprewel: Hooggeagte Eerste Minister, ek vind
self my artikel aanstootlik, want ek het soos n dwaas deur my nek gepraat en ek smeek u om vergifnis. Waarop Vorster hom in die rede geval het: Goed, jy kan maar gaan. Die onderhoud is afgehandel.
Die ander storie, van Visser, het ek van naderby belewe. Hy was die grootbaas van n groot maatskappy, bekend vir sy houding van almagtige teenwoordigheid. Sy styl was blatante inmenging in elke besonderheid rakende sy toppersoneel. Niks was ooit na sy sin nie. Hy het personeel in kras, persoonlike taal voor ander verneder: Geen wonder jy is so onnosel nie, so n vet man soos jy is net goed om n butcher te wees of Jou o sit te na aan mekaar, dit wys jy is onbe-troubaar. Hy veto sy onderdane se besluite links en regs, stuur hul-le uit vergaderings, beswadder die een by die ander, skors hulle vir dae en jaag hulle, soos bokke waarop jag gemaak word, teen die drade vas.
Wat hier belangrik is, is nie die baas nie maar die topbestuur se reak-sie. Let wel, hierdie topbestuur was bekende, bekwame en vooraanstaan-de mense in eie reg. Die meeste van hulle het onder hierdie aanslag ge-knak. Hulle het as t ware deur die gange gesluip, altyd bewend saam met die baas gestem, om verskoning gesmeek vir hulle foute en amper in n gebedshouding met hom gekommunikeer.
Dalk is die leser in s n situasie vasgevang of iemand wat jy ken sweet bloed onder s n baas. Dis nie maklik nie. Jy kry sulke mense jam-mer vir hulle magteloosheid, uitgelewerdheid en die stryd wat dit is om altyd veilig te speel met die baas. Die gevaar is dat hierdie mense in krui-perige nederigheid hulleself gaan beskadig.
Wat is die newe-effekte van kruiperigheid?
Jy leef in vrees en vrees kan lafhartigheid genereer en lafhartigheid laat jou, hoe langer hoe meer, buig tot jy op jou knie is van onder-danigheid.
Die profiel van onderdanige nederigheid is dat jy n hebbelikheid ontwikkel het om ander te behaag.
Om ander te behaag, maak van jou n koes-koes mens, opinieloos, sonder selfvertroue, tevrede om n vloerlap te wees.
Die sentrale motief van jou lewe word n strewe na goedkeuring.
Inderdaad, baie van Visser se toppersoneel het stap vir stap deur hier-
die ontstellende nederigheid gekwyn tot hulle mense was wat tot weinig in staat was.
Hierdie soort nederigheid kom in baie situasies voor. Die vrou wat geboelie word deur haar man en dan die houding en mentaliteit vertoon van n slavin wat beskeie uit sy hand eet, al is haar gees pimpel en pers geslaan; die kind wat in sy ouerhuis of by die skool met angs, spot, be-lediging en verwerping, al hoe kleiner, al hoe dankbaarder en al hoe ne-deriger word.
Dis n ontstellende nederigheid hierdie, dit is die nederigheid van onderwerping.
Dit is nodig om mense (dalk jouself) in sulke nederige situasies aan te hits om dit te waag om regop te staan, ongeag die gevolge. Gelukkig maak wetgewing dit vandag vir n mens moontlik om n Visser-baas da-delik op sy plek te sit.
Die gereg kan ook help om die growwe boelies in n gesin in die bek te ruk. Nog n moontlikheid is om dit te waag om die Vissers te konfron-teer met jou verontwaardiging  skriftelik is waarskynlik beter as monde-ling. Dit kan ook help om kollegas te werf sodat julle die Visser in julle lewe in front kan benader.
In elk geval moet jy ter wille van jou psigiese gesondheid n skans bou sodat vrees, onderdanigheid, opinieloosheid en die soeke na goed-keuring nie van jou beroep af oorspoel na jou persoonlikheid toe nie. Skei in jou gemoed jou werksprofiel en jou persoonlike profiel en oefen om die moed van jou oortuiging te neem, te konfronteer waar dit nodig is en enige kruiperige tendens hok te slaan. As jy dit nie doen nie, kan jy n swakkeling word.
Onderwysers, vriende, predikante of watter betrokkenes ook al moet sensitief wees om die askies-dat-ek-leef-kinders en -volwassenes raak te sien en na hulle uit te reik in hulle kruiperige nederigheid, sodat sulke mense kan opstaan.
Die nederigheid van n swak selfbeeld is n ander oorsaak vir die askies-dat-ek-leef-nederigheid.
Alle mense kry aanvalle van minderwaardigheid. Dit gaan gewoon-lik gepaard met selfafkeer oor n spesifieke saak of sake.
Party mense se negatiewe selfbeeld l dieper en brer, dis akuut of kronies, hulle soek soms professionele hulp. Tog  al is dit kruppel-krup-
pel  gaan hulle aan en kry dit selfs reg om die negatiewe selfbeeld in toom te hou. Maar daar is ander wat inmekaar stort onder die juk van hulle minderwaardigheidsgevoelens. Hierdie inmekaar stort is dik-wels n teken dat die nederigheid hulle oorval  die nederigheid van n minderwaardigheidskompleks. Hulle glo, dink, praat en handel asof hulle niks werd is nie, terwyl hulle dikwels op verskillende vlakke goeie presteerders is.
Petro Labuschagne het by my aangeklop oor haar algemeen depres-siewe stemming. By nadere analise het haar stellings verraai dat minder-waardigheidsgevoelens die oorsaak van haar depressie is: Ek is bang om in n geselskap saam te gesels, want ek is sonder kennis en insig om-dat ek nie geleerd is nie. Ek het nie so n sterk persoonlikheid soos die meeste van my vriende nie. Ek het niks in my lewe om oor te spog nie. Ek maak n gemors van alles wat ek aanpak.
Kobus Greybe se klagte was weer dat sy kollegas, ook sy ondergeskik-tes, hom nie ag nie. Hulle stry hom altyd op. Maar Kobus het gemeen hy is goed in sy werk en billik teenoor almal. Uiteindelik, n twee gesprekke, kom hy met die sak patats uit: Hy dink hy maak n swak indruk omdat by oorgewig is, n te klein voorkop het en dat hy boonop bakbene het. Van kleins af is hy al gespot oor sy voorkoms. Sy kollegas beskou hom as n grap, en ja, sy lyf is net die uiterlike van sy innerlike, hy het nie baie ta-lente nie, hy cope nie, hy is n soort fool. Sy kollegas bejammer hom.
Dis opvallend, nie net by Petro en Kobus nie, dat minderwaardig-heidsgevoelens baie dikwels te doen het met mense se voorkoms, kwa-lifikasies, funksionering en status en hulle vermoede dat ander mense nie van hulle hou nie. Minderwaardigheidsgevoelens maak hulle n minus in hul eie o. En s voel hulle kleiner en kleiner. Hulle word ook nederig tot op die vlak van verskimmeldheid. Sommige gaan l onder di swak selfbeeld en ander probeer kompenseer deur aggressie te pro-jekteer, grootbek te wees, te onttrek en hulle toevlug te neem tot baie van die ander hebbelikhede wat in hierdie boek bespreek word.
Minderwaardigheidsgevoelens is in wese angs en die oortuiging dat ander mense jou verwerp omdat jy gewaande of werklike minusse het wat jou diskwalifiseer. S verloor jy jou vrymoedigheid en ontwikkel jy die mentaliteit van askies-dat-ek-leef.
Minderwaardigheidsgevoelens  het  baie  oorsake,  onder  andere  op-
voedingspatrone, gesagsfigure soos onderwysers en base. Dit kan ook die gevolg van traumatiese ervarings wees. Of voortdurende aftakeling in n verhouding. Dit kan ook n enkele gebeurtenis wees wat perma-nent die mat onder jou voete uitgepluk het. Dit kan n opeenhoping van mislukkings in jou lewe wees wat jou selfbeeld verwoes het. Tog kan mens weer n greep op jouself kry in plaas van om in oordrewe nederigheid skuiling te soek.
Die volgende kan mens self doen (of onder professionele leiding): Oortuig jouself dat in blote menswees  hoe klein of groot, bekwaam of onbekwaam, mooi of lelik ook al  n ek tuisgaan, individualiteit, krag om op te staan. Sonder trots kan n mens nie lewe nie en trots is bewustheid van n mens se eiewaarde en selfhandhawing. Jy het die keuse om jouself te ontdek en om jouself te aanvaar. Neem die besluit dat jy jou nie aan ander meet nie maar aan jouself. Dit kan help om hierdie uitgangspunte uit jou kop te leer en dit herhaalde-lik hardop uit te spreek as die minusgevoelens oor jou begin spoel. Die volgende stap is om n persoonlike balansstaat op te stel  tot in die fynste besonderhede  van jou sterk punte en swak punte. Wees baie eerlik met jouself en bespreek dit selfs met iemand na aan jou. Maak nou n lys van die swak punte wat jy nie kan verander nie en oefen om dit te aanvaar. Gebruik selfs humor en selfspot. Besluit dat dit of dat nou eenmaal deel van jou skewe self is. Wees toegeeflik teenoor jouself oor hierdie skewe dinge wat jy nie kan verander nie. Beweeg van selfverwerping na selfaanvaarding. Vlug van slagoffer-gevoelens en versterk jou selfgeldende houdings. S vir jouself: Ek is ek, en wat daarvan?
Bekyk die swak punte wat jy wel kan verander of dalk hoogstens kan versag en stel n plan van aksie op. Di plan moet fokus op n ander manier om jou swak punte te hanteer. Vernuwe jou voorkoms, bly-plek, vriende, lewenstyl, houdings. Herskep jouself en jou omgewing sodat jy jou swak punte skaakmat kan sit.
Bekyk jou sterk punte en beplan hoe om dit een vir een te slyp en te verryk. Die drie mikpunte is om doelstellings te bereik, jou omge-wing te herrangskik en jou vermons te verskerp.
Wees geduldig met jouself. Al hierdie dinge is n proses en nie haas-tige ingryping nie.
