OM  LEPEL TE  L
opdring. Deur aanhoudende druk iemand teen sy sin iets laat doen. ... Op lastige wyse iemand se geselskap soek, hom dienste probeer bewys; inkruip 
(F.F. Odendal  Handwoordeboek van die Afrikaanse taal )
Die entoesiaste wat vroer bespreek is, bevind hulle ook binne die veld van opdringerigheid, maar in hierdie hoofstuk gaan dit om n ander en intiemer aanspraak van een mens op n ander. Kreatiewe betrokkenheid wat uitreik en s afsydigheid en verveeldheid oorwin, is ook vroer be-spreek as n alternatief vir onbetrokkenheid.
Betrokkenheid kan egter skeef of misplaas wees. Nie alle vriend-skap, hulpvaardigheid en uitreiking is skeef nie. Trouens, dit kan wonder-like medemenslikheid wees.
Daar is egter opdringeriges wat betrokkenheid in persoonlike ver-houdinge so ver dryf dat dit te erg word vir die ontvanger.
Sulke betrokkenes reik net te veel uit, hulle is te dienswillig, te belang-stellend, te intiem. Di opdringerigheid kan n ontluikende vriendskap kortknip of n bestaande vriendskap opdraande gee. Vriende wat te veel kom kuier, te lank bly, te dikwels bel, te veel saam wil doen, te afhank-lik is, te veel intieme geheime wil deel en te veel raad gee, is uitputtende vriende.
Opdringerigheid in die sin dat een van die partye in n verhouding alles van die ander wil weet, kan n liefdesverhouding, huwelik of ouer-kind-verhouding baie stram maak. Die hoe, waar, wie en wanneer van jou handeling en emosie word as t ware met radar afgetas want die liefde vereis dan kwansuis naaktheid teenoor mekaar.
n Vriend vertel die storie dat hy by n kennis n opinie gevra het oor die tuinuitleg by sy nuwe huis. Di opinie word toe nie net n opinie nie
maar stapels sketse van moontlike uitlegte, brosjures oor plante, struike, klippe, fonteine, kenners waarmee afsprake vir hom gerel word sowel as ontydige besoeke aan spogtuine in ander omgewings waarop die ken-nis aandring. Dis wonderlik dat n mens soveel tyd en belangstelling wil gee, s my vriend ongeduldig, maar die punt is dat ek dit nie gevra het nie. Ek het net terloops n opinie gevra.
Dis die opdringerigheid van hulpvaardigheid waar jy n hand vol vra, maar n wavrag gegee word.
So iets het my ook jare gelede oorgekom. Die ma in ons gesin is ge-hospitaliseer. Kos vir die pa en kinders word in stapels afgelewer en dit bly n pratery by die voordeur om die kos in ontvangs te neem. Die hulp-vaardiges bel soggens en saans en voer lang gesprekke oor hoe dit met die ma gaan. Ongevraag herorganiseer die hulpverleners die huishulp se roe-tine met opdragte en pligte; vervoerrelings vir kinders se buitemuurse aktiwiteite word links en regs deur hulle getref. En toe die gesin s: Wag, wag, dis nie nodig nie, ons kom reg, was die helpers gekrenk. Nogtans het hulle aangedring om voort te gaan met wat hulle doen. Sulke mense se hulp en liefde is besonder lastig en selfs onbeskof. Dit belas die ge-sin met die siek ma met die plig om hulle weldoeners te akkommodeer.
Die opdringeriges is ook dikwels mense wat spesiale intimiteit met iemand probeer vestig. In heeltemal n ander verband, maar tog ook bruik-baar as n beeld vir hierdie soort opdringerigheid, skryf Van Wyk Louw soos volg in Tristia: Jy is die walg-self, die vormlose ding / wat met n idioot se liewerigheid / slap-lit en sonder neus-been in die nag / aanvly en opkruip teen die harde string van die lyf.
Die terapeut het n hartseer lesbiese verhouding begelei. N n skyn-baar gelukkige verbintenis van vier jaar het Maria die verhouding sum-mier opgeskort en albei het hulle vir terapie aangemeld. Dit blyk toe dat hierdie einste opdringerigheid die kortsluiting was. Van die begin af het die een aangedring om alles te deel, want juis dit is n bewys van liefde. Aanvanklik was dit bolangs deel, maar dit het intenser geword en ontaard in sessie waartydens van die ander een verwag is om van el-ke gedagte, elke emosie, elke ontmoeting, elke handeling van die afge-lope dag verslag te doen. Dan het die ondervraer alles genterpreteer, die diepte daarvan gepeil en as moederfiguur vir die ander een advies of n waarskuwing aangebied. Dit is alles weer in liefde verwerk en ver-
dra, maar die weerstand het gegroei en beide se liefde het haat en weder-sydse verwyt geword. Opdringerigheid het nie net n gevaarlike gesig nie, dit is inderdaad gevaarlik en dit het in hierdie geval liefde vernietig.
Die opdringeriges se motiewe is dikwels ook nie so edel nie. Die belangstelling kan nuuskierigheid wees, die hulpvaardigheid verwag dalk beloning van die een of ander aard en die uitreiking kan n vorm van inpalming wees.
Heelwat opdringeriges dien eerder hulle eie belange as di van die mense op wie hulle hul toespits. Bewustelik of onbewustelik word hulle egostiese behoeftes gevoed deur hulle bemoeienis met ander mense. Dit kan wees omdat hulle hul lewe deur die ander persoon wil leef om die leegheid in hulleself te vul. Diesulkes spring in ieder geval op jou rug omdat hulle geabba wil word.
Di aan die ontvangkant van opdringerigheid kan maklik skuldig be-gin voel oor die oordaad, verle oor die moeite, gerriteerd as gevolg van die plig wat op hulle rus om dankgesange te sing. Die wavragte wat ont-vang word, is ook nie sonder n prys is nie, want betaal moet jy betaal, al is dit nie met geld nie.
By herhaling en om misverstand te voorkom: Daar is uitsonderings. Dit is onbillik en ondankbaar om alle blyke van liefde as opdringerig-heid te belewe. Egte medemenslikheid is hoog te waardeer. Maar selfs liefde het grense.
Die beste ingesteldheid is nie om opdringerigheid met afsydigheid te probeer vervang nie  want dit is ook skeef  maar om die ewewig tussen nabyheid en afstand te bewaar. Die situasie bepaal waar die meeste klem moet val, maar dan altyd binne die raamwerk van ewe-wigtige nabyheid en afstand.
Afsydigheid is om iemand van jou te vervreem. Om die afstand te bewaar, is egter om iemand n armlengte ver te hou en om jou plek en tydsberekening te ken. Om die afstand te bewaar, is om nie in n ander mens se nek te blaas nie. Bly figuurlik gesproke binne hoor- en sienafstand van mekaar, want dan hoor en sien julle mekaar beter as wanneer julle net n haarbreedte tussen julle het.
Dit is nodig, want elke mens het n privaat ruimte wat geag moet word en waaraan almal behoefte het. Di privaat ruimte is fisiek, emo-sioneel en geestelik en dit word bepaal deur elke mens se unieke ge-
aardheid, deur die selfstandigheid waarin hy of sy beslag gevind het. Elke mens besluit self watter deure in sy lewe wyd oopstaan vir ander en watter net op n skrefie oopstaan sodat die geheime, angste, skuld, begeertes nie openbaar gemaak word nie. Mens se privaat ruimte is jou alleenheid, die stil kern van jou ek waardeur jy ook nie heeltemal kan dring nie.
Nabyheid is om in jou betrokkenheid die persoon se privaat ruimte te ag, en om afstand te handhaaf, is om niemand se privaat ruimte met jou nabyheid te oorlaai nie. As jy iemand nie hierdie ruimte gun nie, laat jy so n mens ingeperk voel.
In alle verhoudinge, maar in die besonder in intiemer verhoudings soos vriendskap, binne gesinsverband, liefde en die huwelik, moet na-byheid s wees dat dit ook afstand respekteer. Al hierdie verhoudings vra vir parallellisme waarvolgens verskillende houdings en gedragspatrone eweredig funksioneer. Dis myne, dis joune, dis ons sn; los van mekaar, langs mekaar en saam met mekaar; opsy staan vir mekaar, ligte aanra-king; vasgryp; begrip dat sommige deure selfs vir di naaste aan jou toe staan, op n skrefie oopstaan of wyd oopstaan sodat die betrokkenes in mekaar se gemeenskaplikhede kan baai. Sommige dinge word glad nie gedeel nie, ander binne perke, ander ten volle. Omhels mekaar maar laat ruimte, gee aan mekaar sonder om mekaar te besit.
Ons intiemer verhoudings vereis nie van ons om altyd absoluut open-lik en deursigtig te wees of mekaar onder n mikroskoop te bekyk nie. Daar is dinge waaroor gepraat word en dinge wat nie bepraat word nie; mens besnuffel mekaar nie.
Marie Fry het n afspraak gemaak om probleme met haar seun Paul te kom bespreek. Sy het vertel van sy botheid, parmantigheid, geslotenheid, uitbarstings en onttrekking. Die terapeut het verduidelik dat dit tipies adolessente gedrag is en as t ware n lesing gegee oor die emosies van so n jong seun. Toe die terapeut s te veel intimiteit van die ouers en kinders is vir n kind n las, het Marie haar opgeruk en ges die rel in hulle huis is geen geheime nie en openlike gesprek. Hierdie sin het die terapeut op die spoor van die probleem gesit en hy het voorgestel dat hy Paul vir n gesprek ontmoet.
Paul het kop onderstebo gesit, maar toe die kwessie van geheime en openlike gesprekke ter sprake kom, het hy losgetrek: Pa en Ma ag
nie my privaatheid nie. Hulle het n sieklike nuuskierigheid oor my be-wustheid van seks en my opinies daaroor. As ek nie oopmaak nie, is hulle seergemaak en hulle verwyt my dat ek hulle verwerp. Paul het die opskrif van hierdie hoofstuk geskep toe hy met die groetslag verwys het na n lepellery wat ek nie kan vat nie.
Inderdaad. Die standpunt dat dit ouerlike plig en opvoeding is om van die kind te verwag dat hy sy emosie voor sy pa en ma oopvlek, is foutief. Die feit dat ouers gesagsfigure (tereg) vir die kind is, inhibeer hom juis; dit is hoekom hy hulle nie by sy verwarring en ander intieme emosie wil inlaat nie. Die rel moet geld dat die ouer moet wag op die kind se inisiatief om oor sy innerlike lewe te gesels. Dan eers kan  binne die per-ke van nabyheid  saamgesels word. As ouers oor dinge soos seks, gods-diens, vriendskap, mededinging gesels (ja, dit is opvoedingsplig), moet dit n onpersoonlike gesprek bly wanneer hulle standpunte wil oordra in plaas van om die kind se binnegoed te probeer uitryg.
Alles gaan oor afstand en nabyheid. Die goue rel is om te alle tye respek te h vir n ander mens se privaatheid.
