DIT  LAAT  MY  KOUD
The worst sin towards our fellow creatures is not to hate them, but to be indifferent to them: thats the essence of inhumanity.
(George Bernard Shaw  The devils disciple)
Their problem is time  how to make time go by, go by on its own, by itself, with no effort from them, without their being required to get through it themselves. Id say that the quan-tity of boredom, if boredom is measurable, is much greater today than it once was ...
(Milan Kundera  Identity)
Daar is baie soorte onbetrokkenheid. Die aanhaling van Shaw hierbo praat van onverskilligheid en afsydigheid. Die aanhaling van Kundera praat van passiwiteit en ledigheid (volgens n ou spreekwoord is dit die duiwel se oorkussing).
Afstand en nabyheid is teenpole. Te groot afgetrokkenheid teenoor n persoon of n saak loop uit op onttrekking, vervreemding en ver-lies aan warmte. Te veel betrokkenheid of nabyheid kan egter iemand se privaatheid en persoonlike ruimte bedreig. Soos ons vroer gesien het, kan sulke oorbetrokkenheid aanstootlik word.
Die ideaal is om n ewewig tussen afstand en nabyheid te kry. Dis nie altyd maklik nie. n Sekere soort mens vind in afstandelikheid identi-teit waarsonder hulle ongemaklik is. Vir n ander soort mens is die sin van die lewe weer oormatige nabyheid. Ewewig kan egter deur oefening bereik word, tot voordeel van die mens wat oormatig onbetrokke is en die mense rondom hom.
Daar is verskillende soorte verveeldes. Die passiewe mens hou van verveling want dit beteken weinig verpligtinge en aansprake. Onbetrok-kenheid en gebrekkige belangstelling is vir so iemand n aangename
bestaanswyse. Die tyd gly ongemerk by hom verby. n Ander soort ver-veelde mens probeer die tyd omkry, juis omdat daar nie veel te doen is nie. Hulle peusel-peusel aan allerlei roetinetjies en gryp hier en los daar, maar hulle kom nie aan die gang nie want hulle is nie betrokke nie. Hulle is bewus van die verveling maar hulle wend nie n doelgerigte po-ging aan om daaruit te ontsnap nie. Verveling haal hulle altyd weer in en oorweldig hulle.
n Ander soort mens probeer die verveling verbreek deur hom hart en siel in die een of ander projek te werp. Die projek word egter op die lang duur te eng en hulle verloor belangstelling, hulle kry nie die verveeldheid daarmee verbreek nie. Ester Nel was n middeljarige huisvrou wat terapie ontvang het vir die le-nes-sindroom. Haar kinders is na n universiteit ver van haar af en sy het hulle net elke kwartaal gesien. Haar verveeld-heid het kronies geword en haar in die vorm van akute aanvalle getref. Eers het sy dit probeer verdryf met skilderlesse, feitlik daagliks. Spoedig het dit nie meer gewerk nie. Toe probeer sy haar spogtuin vernuwe. Dit was binne twee weke afgehandel. Ester het teruggeval in ernstige apatie en depressie. In die loop van ses maande het sy nog vier projekte aange-pak wat haar tydelik opgebeur het. Let wel, al di projekte was geforseer en selfgesentreer.
Die onbetrokkenes en verveeldes is:
uitblussers wat voortdurend n emmer koue water oor n vonkie le-wenslus en entoesiasme gooi;
vaakmakers wat opwinding bed toe stuur, die gordyne toetrek en die ligte afsit;
skoueroptrekkers wat onaangeraak bly deur alles wat rondom hulle gebeur;
traak-my-nies wat niks vir ander kan aanbied nie; vasvallers wat sonder n spatseltjie adrenalien voortploeter;
vegeteerders wat n passiewe bestaan van eet en slaap en ander sleurtakies voer;
bysiendes wat niks het en niks wil h om na uit te sien nie; le selfgerigtes.
Daarom is onbetrokkenes dikwels verveeld en vervelig. Jy kan oor niks met hulle gesels nie want niks (behalwe hulleself) is vir hul van belang nie.
n Voorbeeld is Katie Basson, wat in gesprek met jou deur die roetine werk van hoe dit met jou gaan, en met jou werk, en met jou kinders. Maar sy stel nie regtig belang nie en luister nie werklik na jou nie, want sy reageer nie op wat jy te vertelle het nie maar wag dat jy klaar praat so-dat sy jou kan vertel hoe dit met haar en haar werk en haar kinders gaan. Sy voltooi nooit n boek nie, kyk nooit n televisieprogram enduit nie en is eintlik onbetrokke en verveeld omdat alles net om haarself gaan.
Om met sulke mense saam te lewe, is om in n woestyn te lewe. Me-nige huwelik wat op egskeiding uitloop, ten spyte van terapie, is toe te skryf aan lewensonbetrokkenheid by een van die huweliksmaats.
Die onbetrokkenes en verveeldes versmoor nie net die mense om hulle nie maar ook hulself. Dis n verarmde lewe, n vlak bestaanswyse. Omdat sulke mense met hulleself opgeskeep is, word hulle gevangenes van de-pressie, aggressie, introspeksie en n minderwaardigheidskompleks. As jy ander met niks kan aanvuur nie, word jy ook al hoe meer n niks in jou eie o.
Sekere soorte reaktiewe depressie (let wel, nie alle depressie nie) hou direk verband met onbetrokkenheid en verveling. Adri Liebenberg het my radeloos gehad. Ondanks psigoterapie, verwysing na n psigiater, sterk dosisse antidepressante en hulp van n kollega, het sy in depressie vervalle gebly. In plaas van om te redeneer dat depressie haar gebrekkige inisiatief veroorsaak, het die terapeut die moontlikheid aan haar gestel dat gebrekkige inisiatief haar depressie veroorsaak. Die gesamentlike be-sluit was toe dat Adri sterk selfdissipline sal toepas. Die doelwit was om haar tot betrokkenheid te dwing. Sy moes die rol van n vrolike, lewen-dige aktrise speel. Elke week het sy opdragte gekry waaroor sy in beson-derhede moes rapporteer.
Week een: Bel elke dag twee kennisse en praat net oor hulle en glad nie oor jouself nie (sy kon di gesprekke voorberei). Skaf n kat aan; be-soek n hele klomp troeteldierwinkels en doen moeite om die regte kat te vind. Koop n sexy rok en laat jou hare in n kort, uitdagende styl knip.
Week twee: Verskuif al die vertrekke in die huis en herrangskik por-trette en ornamente. Nooi n kollega vir n vinnige middagete en dink vooraf waaroor jy kan gesels om die kollega vermaak. Gaan na n stok-perdjiewinkel toe en soek iets om te koop.
Weke drie, vier en vyf: Versterk vriendskapsbande wat jy verwaar-
loos het. Rel n partytjie by jou huis. Rel n naweekuitstappie. Lees. En n hele reeks soortgelyke opdragte, alles voor die hand liggende, een-voudige dinge.
Die proses het n twee maande die depressie bietjie vir bietjie begin verlig. N vier maande van betrokkenheid het die depressie verdwyn. Be-trokkenheid is n kragtige medisyne.
Onbetrokkenheid kan baie oorsake h: opvoedingspatrone wat jou gesoleer het; trauma wat jou laat terugskrik het in jouself; konflik en verwerping wat veroorsaak het dat jy jou in n kokon toespin om jou te beskerm; die soort mens wat jy is, jou gene, jou aard wat jou laat vestig het soos jy is; minderwaardigheidsgevoelens, onsekerheid en angs.
Hoe ook al, iemand wat onbetrokkenheid en verveeldheid wil oor-win, kan die deur na buite oopmaak. Begin by die menswetenskappe se stelling dat menswees skeef getrek word deur onder andere n gebrek aan verbondenheid, deelname en diensbaarheid.
Verbondenheid s dat die mens deel is van sy omwreld en as jy daar-van vervreem word, word jy ernstig skeef getrek. Deur jou omwreld is jy deel van die aarde in al sy volheid. Hierdie volheid setel in die natuur, in arbeid, in n medemens, dit waaier uit in alle nabye en terloopse verhou-dings. Jy sal dit vind in die ruimte waarin jy beweeg, jou huis, stad, dorp en land. Dit is gele in sake van die dag, politiek, kultuur, nuusgebeure. In ander kontinente, in die sterre en die planete. Die misterie van die bui-teaardse. Dit is verbondenheid wat, as jy dit bly bedink, jou ontvanklik maak vir betrokkenheid.
Deelname s dat jy moet saam dink en doen en streef en werskaf. Na-tuurlik nie deelname aan alles nie, dit sal mens stapelgek maak, maar deelname volgens jou voorkeure en afkeure en eie aard en waarin jy vol-hard as jy eers daarop besluit het. Die deelname kan selfs minimaal wees, soos om elke dag die koerant deeglik te lees en na die nuus op televisie te kyk, altyd n boek op jou rak te h waarmee jy besig is, die een of ander selfverrykingskursus te volg, meer en werklik belang te stel in die lief en die leed van n paar mense, meer te luister na ander, jou oplettendheid op te skerp deur bome, tuine, insekte, geboue raak te sien en te dink aan na-tuursiklusse en argitektoniese lyne, meer omtrent kuns te wete te kom, ge-reelder na n film te gaan kyk, vriende meer te onthaal. Klein treetjies  wat van jou n betrokke mens kan maak.
Diensbaarheid beteken jy moet besef jy het n rol om te speel, dat iets van jou verwag word, dat jy rens n verskil kan maak. Dan moet jy nie meer op jouself konsentreer nie maar begin leef volgens die waarheid dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Jy moet tyd bestee aan iemand wat daarby kan baat (ons ken almal so iemand). Jy moet meer aandag gee aan aktiwiteite waarin jy diens kan lewer. Hoe en wat, is elke mens se eie keuse.
As mens verbondenheid, deelname en diensbaarheid optimaal kan aktiveer, kan sin en gerigtheid in jou lewe daag en jy kan selfvervulling beleef. Dit stimuleer op sy beurt nuwe verbintenisse, nuwe belangstel-lings, nuwe prioriteite en nuwe verwondering oor die lewe.
