MET  PASSIE VOORWAARTS
There is nobody as enslaved as the fanatic, the person in whom one impulse, one value, has assumed ascendancy over all others.
(Milton R. Sapirstein  Paradoxes of everyday life)
Hoe durf mens entoesiaste bevraagteken? Mense wat nooit vurig kan raak oor n saak nie, is tog nie die ideaal nie.
Maar ons kry entoesiaste en Entoesiaste. Di met n kleinletter is be-trokke by n saak en hulle bring blymoedig en pligsgetrou hulle kant. On-danks terugslae volhard hulle en hoop op die dinge waaroor hulle hoog opgee. Die Entoesiaste met n hoofletter is die soort wie se te uithang.
In n groterige plattelandse dorp het mevrou Iris Pretorius as t ware die gemeenskap bestuur. Haar dogter het in my spreekkamer kom hulp soek omdat sy nie geweet het hoe om haar ma se uitbranding te han-teer nie. Haar ma was voorsitster van die plaaslike Demokratiese Party, deeltydse amptenaar in die kerkkantoor, voorsitster van die horskool se ouervereniging, aktief betrokke by die plaaslike museum, biblioteek en ontwikkeling van die openbare tuine. Kore, fondsinsameling, basaars, uit-stappies, politieke saamtrekke en al die gemeenteprojekte het haar agen-da uit sy nate laat bars. Die uitbranding het begin toe sy al hoe minder daarin kon slaag om mense te aktiveer. Sy het agtergekom dat sy nogal ongewild is. Die laagtepunt was toe sy uitgestem is as voorsitster van die Party. Sy was bitter, depressief en verskriklik verwond dat sy, n al haar harde werk, so min erkentlikheid gekry het.
Die leser kan nou Iris se twee ergste foute uit die onderstaande lys kies:
Sy het te energiek een en almal opgekommandeer om in gelid, wat sy bepaal het, te loop.
Sy het alles waarmee sy besig was met n propagandistiese aanslag probeer bevorder.
Sy het die mense senuagtig gemaak met die koorsagtigheid van haar eindelose foonoproepe, memoranda, vergaderings, werkswinkels en taakgroepe.
Sy het die indruk geskep van iemand wat vertoonsugtig is, aandag soek en haar ten alle koste onmisbaar wou maak.
Sy het die gemeenskap skuldig laat voel met haar verwyte jeens die-gene wat op die kantlyn bly staan het.
Sy was te selfversekerd en voorskriftelik.
Iris se voorwaarts was oor veelvuldige organisatoriese projekte ver-sprei. n Ander soort entoesias is di wat fanaties op n enkele saak of twee konsentreer. Die woordeboek noem hulle ekstremiste. Hierdie mense word gedryf deur wat hulle as die tema van die lewe beskou.
Hulle skop veral in die politiek en godsdiens nes. In die politiek ken ons dit as ideologiese konsepte wat aangebied word as sou dit die enigste waarheid wees. Ander mense se lojaliteit word gemeet aan die mate dat hulle hierdie konsep aanhang. Ons het dit ervaar met apartheid wat skei-ding gemaak het tussen man en vrou en broer en suster wanneer daar nie eenstemmigheid oor apartheid was nie. Baie politici het lighoofdig geraak wanneer hulle lofsing en dreig en voorspel vir die saak. Fanatiese entoe-siasme is nie kenmerkend van een politieke situasie nie, dit kook vandag, in n ander politieke bedeling, steeds oor. Minderheidsregte. Menseregte. Vroueregte. Taalregte. Transformasie en swart bemagtiging. Rassisme. The voice of the people. We are two nations: one white and rich, the other black and poor. Regmatige entoesiasme vir al hierdie sake is in orde, maar die eensydigheid en fanatisme waarmee dit dikwels oorgedra word, temper die entoesiasme van die baie gehore wat daartoe aangespoor word.
Die godsdiens lewer sy kwota ooryweriges in baie gestaltes. Elna Rabie het die terapeut kom spreek oor haar dogter in graad twee
wat van die mre tot die aand met Jesus praat. Dit is soos n dwangge-dagte, s Elna. N speurwerk is die dogtertjie se entoesiasme teruggevoer na haar onderwyseres. Di was ook baie entoesiasties oor die feit dat sy vervul is van Jesus. In haar oorywerigheid het sy Jesus gebruik om haar jeens die kinders te handhaaf. Vir elke stoutigheidjie loer die boelie-Jesus
oor die skouertjies en vir elke skoon neusie en netjiese boekie laat Jesus die engele in die hemel sing. Dis hierdie oormatige entoesiasme wat die dogtertjie f n ongesonde Jesus-kompleks gaan gee f haar van Jesus af gaan verwilder.
Sommige predikers en kerklike groepleiers is so eensydig entoesias-ties oor bekering en volmaaktheid dat hulle gebroke menslikheid igno-reer. Hulle maatstawwe en die emosies waarop hulle op grond daarvan aandring, is nie haalbaar nie. S word die mense skuldiger en banger ge-maak, en lei dit uiteindelik tot ontvlugting en vervreemding. Sulke entoe-siasme skep die indruk dat bekering en geloof ons van menslike swakheid sal stroop en omdat niemand volmaak is nie, lyk die hemel dan na n on-vriendelike plek.
In die Kerk is ook oorentoesiaste wat mense tot veldtogte oproep. Hul-le geloof word dan getoets aan die oordrewenheid waarmee hulle mee-doen aan gemeentebou, getuienis by die werk, bidure organiseer, die armes en siekes en treurendes gaan besoek en vir geloofverrykingskur-susse inskryf. Di wat dit nie oordryf nie, druip die toets. Die geskreeu op sommige kansels kan s maklik n aversie by die gevange gehoor in die kerkbanke teweeg bring.
n Mens is ekstremisties wanneer n troetelsaak die enigste ding is waaroor jy kan dink en praat. Die gesondheidsfanatikus is n voorbeeld. Hy maak n godsdiens van reg eet plus gym plus n verbod op alkohol en nikotien plus asemhalingsoefeninge plus flink stap vir n uur per dag plus botteltjies homeopatiese dieetaanvulling plus in die supermark kyk of die balans in elke voedselproduk die handboektoets sal slaag plus die gas-vrou wat hom vir ete nooi mooi vertel wat hy eet en nie eet nie en hoe dit gaargemaak moet word.
Dit is lofwaardig om jou gesondheid te beskerm, maar wat te erg is, is inderdaad te erg. Dit geld ook vir sport, geld, mode, stokperdjies en werk. As so iets jou gesprekke oorheers, as dit n verslawing is, is dit ekstremisties, dan is jy dalk n met-passie-voorwaarts-mens. Die hebbelikheid van ooren-toesiasme is vermoeiend vir die een wat daaraan skuldig is sowel as vir die mense rondom hom. S n oorbetrokke mens loop die risiko om hierdie saak te skaad eerder as om dit te bevorder. S n mens loop ook die risiko om uit te brand want as hy nie geesdrif vir hierdie saak kan bewerkstellig nie, is hy blootgestel aan teleurstelling en depressie.
Die teenpool van oorentoesiasme is nie middelmatigheid of onverskil-ligheid nie. Betrokkenheid, selfs met hartstog, is goed vir psigiese higine. Die teenpool van oorentoesiasme is matigheid, om nie tot uiterstes te gaan nie, om ekstremisme hok te slaan en om besadig jou saak te bevorder. Die oorentoesias gaan diep verneder, verwytend en sinies word as sy gehoor flouerig reageer. Sulke reaksie is onvermydelik want die gehoor raak moeg en wil nie meer n vinger verroer nie.
Onderbeklemtoning het dikwels meer werwingskrag as oorbeklem-toning. Rustigheid genereer meer energie as lawaaierigheid. Mense rea-geer goed as hulle aangetrek word maar steek vas as hulle aangejaag word.
Hoe moet n mens oorentoesiasme temper? As dit buitengewoon in-tens is, is hulp van n psigoterapeut nodig. Jou oorentoesiasme mag ge-dryf wees deur n oormatige behoefte aan erkenning of status, n neu-rotiese obsessie, n aggressiewe manipulasie, of wat ookal. Di persoon sal professioneel gehelp moet word om die agtergronde van dit alles op te spoor en so bevrydende insig verwerf in die dinamika van di afwy-king.
As dit n minder intense drywing is, n aangeleerde hebbelikheid, kan insig ook bevrydend wees. Konfronteer jouself nugter en so ob-jektief as moontlik met die inhoud van hierdie hoofstuk. Oorweeg al die rooiligte wat jou waarsku: dat jy te veeleisend is; dat dit kontraproduk-tief is want dit lok weerstand by ander; dat jou fanatisme jou ewewig ver-steur en jou vereng tot n eenrigting mens wat al die ander wonderlike roetes van die lewe misloop; dat jy jouself gaan verteer met di opge-skroefdheid.
Insig kan ewewig herstel in jouself of by ander oorentoesiaste met wie jy moet saamwerk. Konfronteer hulle met logiese argumente.
Die oefening in n houding van gesonde relativisme kan ook die reg-te medisyne wees. In die hoofstuk Een Oog word di lewenshouding be-spreek.
As niks help nie moet ons maar sugtend aanvaar dat die oorentoe-siaste altyd met ons sal wees.
