VERNAAMHEID
But man, proud man, dressed in a little brief authority, most ignorant of what hes most assured, his glassy essence, like the angry ape, plays such fantastic tricks before high heaven as make the angels weep.
(Shakespeare  Measure for measure)
Die geskiedenis het n hele galery spesiaal begaafde mense opgelewer. Wreldbekende natuurwetenskaplikes, historici, militariste, filosowe, teo-lo, skrywers, en uitblinkers in elke denkbare spesialiteitsterrein, uitson-derlike mense.
Benewens die wreldbekendes is daar ook minder bekende kunste-naars, korporatiewe base en leiersfigure. Hoewel magnate en biljoenrs nie altyd ons bewondering afdwing nie, is hulle dikwels ook presteerders.
In die kleinste kringe van die samelewing soos die skool, kerk, vrien-dekring, woonbuurt en fabrieksvloer, is ook presteerders. Hulle is die voorspoediges wat in alles sukses behaal en uittroon bo die sukkelaars en middelmatiges: die slimste kind in die klas, die rugbykaptein, die skool-hoof, hoofseun en hoofmeisie; die dominee en sy binnekring; prominente beroepslui soos dokters, advokate, professore en sakemanne.
Wat al hierdie presteerders gemeen het, is dat hulle oor mag beskik. Statusmag, geldmag, intellektuele mag, besluitnemingsmag en invloeds-mag. Hulle is in n sekere sin almal base.
Die Klase vind ons op verskillende vlakke. Hulle is die burgery wat n alledaagse bestaan voer en in klein sirkels sukses of mislukking ervaar. Hulle is die werkers wat van nege tot vyf swoeg. Hulle meet en pas om vol te hou en uit te hou, hulle is dikwels die armes, miserabeles, be-delaars en werkloses of onderdorpse mense of middelklas, die gemid-delde mense met geen besonderse aanspraak nie. Hulle is deel van die
massa skoolkinders, amptenare, agente, verkoopsmense, loodgieters, polisie, werktuigkundiges, kelnerinne, veiligheidswagte, afrigters, land-bouers, spoorwegwerkers, telefoniste, joernaliste, rykerige common mense en armrige, gesofistikeerde mense.
Prestasie is deel van menslike strewe, en dis goed so. Om presta-sie, begaafdheid, vervulling, leierskap, ou geld of pasrykheid te laat ontwikkel tot uitnemendheid, is ook deel van die menslike aard. Die minderes hoef nie op die presteerders jaloers te wees nie, want jaloe-sie kan n lelike ding wees. In doodgewone menslikheid en gemid-deldheid is ook status en vervulling. Elke mens het grense, geleenthede en versperrings. Gelykheid is nie die werklikheid nie en sal dit nooit wees nie.
Presteerders kan n hebbelikheid van hooghartige vernaamheid ont-wikkel. Almal is nie op dieselfde wyse hooghartig vernaam nie. Skryf die naam van iemand wat jy ken (plek-plek dalk jou eie naam) agter elkeen van die volgende hooghartige tipes:
Die verwaande hooghartige wat openlik oor sy deugde praat om daar-mee sy meerderwaardigheid te demonstreer. Dis die ekkerige mens wat verlief is op homself en dit skaamteloos vertoon. Dit is n ander hou-ding as die grootbekke wat elders beskryf word. Die grootbekke oor-dryf maar die verwaandes stal hulle werklike prestasies uit.
Die verkleinerende hooghartige wat sy minderes en veral ondergeskik-tes verneder en minag deur onbeleefdheid, neusoptrekkerigheid, sar-kasme, neersienery.
Die kouevishooghartige wat teenoor mense wat hy meen nie sy gelyke is nie kil of ongerg optree.
Die nederige hooghartige wat onskynlik in ander belangstel en hulle teregwys as hulle nie nederig is nie. Daarmee wil hy eintlik s: Kyk hoe nederig is ek, ek is beter as jy.
Die klasbewuste hooghartige. Hy is so bewus van status, gene, be-roep en woonbuurt dat hy hom daarmee in n hor klas as som-mige ander plaas.
Hierdie hoofstuk is geskryf direk na aanleiding van n spreekkamer-sessie met Ben en Estelle Kruger en hulle seun Bert.
Die ouers vertel Bert, wat in graad ses is, presteer nou al vir maande
swak in sy skoolwerk. Dit lyk asof hy belangstelling verloor het, ook in buitemuurse aktiwiteite. Voorheen het hy bogemiddeld presteer. Die onderwyseres verstaan ook nie wat aangaan nie. Sy s dit lyk asof Bert depressief is.
Estelle s sy voel aan Bert se skielike swak prestasie het iets te doen met sy slim maat Hendrikus. Bert en Hendrikus kompeteer nie want Bert weet Hendrikus is begaafder as hy. Buitendien is die Coetzees  dis nou Hendrikus se ouers  baie vername mense. N heelwat gesprekke met die elfjarige Bert het het dit geblyk dat professor Naomi Coetzee, Hen-drikus se ma, n groot rol in Bert se lewe speel. Bert se storie het s ont-vou:
Professor Coetzee  sy s ek mag haar nie tannie Naomi noem nie  gesels baie met my as ek by Hendrikus kuier. Sy het n hele paar weke terug vir my ges sy wil n lesing van haar met my bespreek. Sy het vir my ges as ek dink ek is slim, moet ek my aan n paar dinge meet. Sy het praktiese ervaring van die maatstawwe want dit pas haar seun soos n handskoen. En toe moes ek n elke maatstaf wat sy stel myself n punt uit tien gee. Sy het ges die slim kind leer maklik. Sy belangstelling is so wyd dat dit gewone kinders sn oortref. Hy ondersoek dinge wat op horskoolstandaard is. Hy verkies ouer en intellektuele vriende. Hy kan abstrak dink en praat en begryp. Sy woordeskat is buitengewoon. Om-dat hy weet hy is beter, raak hy gou verveeld met ander. Hy is besonder skeppend en veelsydig en het n goeie sin vir humor.
Sy het die punte wat ek myself gegee het, opgetel en ges daarvol-gens is ek slimmerig, maar definitief nie slim nie. Ek kan my prestasies ver-beter maar ek moenie te hoog mik nie. Ek moenie my te veel laat dryf nie want dit sal my onseker maak. Haar seun kan privaat klasse in vreemde tale, drama en rekenaarwetenskap neem, maar dit sit nie in enigeen se broek nie. Sy s haar seun kom uit n geslag begaafdes. Dit is oorerwing, maar natuurlik tel die omgewing in haar huis ook in sy guns. Kinders soos haar seun is mre se leiers. Ek wat Bert is, moet moed hou, hard werk en my beste gee en probeer om net verby die gemiddelde groep te kom. Ambisie is goed, maar mens moet jouself en jou grense ken.
Bert het dikwels in trane uitgebars en vertel van sy vernedering, sy geknakte selfvertroue en sy vrees dat prestasie nie vir hom beskore is nie. Dit het lank geneem om Bert weer op te bou.
Di professor Coetzee is slu. Haar hulpvaardigheid is skynheilig want daarmee verkleineer sy Bert en sy ouers. Sy pas netjies in by al die profiele van die hooghartiges. Haar subtiliteit maak haar net gevaarliker.
As jy vermoed dat jy ook hooghartige vernaamheid uitstraal, of dat ander jou dalk s kan ervaar, het jy twee keuses. Jy kan s: S is ek en s wil ek wees, ek wil nie verander nie. Daardeur isoleer jy jou, en geen mens is bestand teen isolasie nie. Is jy sterk genoeg om die agteraf spottery oor jou hooghartigheid te verduur? Dink jy mens kan oorleef sonder om liefde te gee en liefde te ontvang? Die mense sal jou nie ag nie maar verag omdat jy jou so aanstel. Die ander keuse is om jou hooghartigheid te temper. Mens kan van jou vermons bewus wees en trots daarop wees. Dit is jou reg. As dit egter soos die spreekwoordelike onderrok uithang, ondermyn jy jouself. Mens moet jou prestasies met grasie dra.
Die houdings wat jy bewustelik kan najaag, is die volgende: Empatie, wat beteken dat jy jou kan verplaas in ander mense se werk of probleme en begrip h vir hulle situasie.
Nederigheid. Ek moet weet van die balk in my oog sodat ek my nie verhef oor die splinters in n ander se oog nie. Nederigheid is om nie neerbuigend te dink of te doen nie. Dit is die wete dat ondanks on-gelyke klas, vermo en talent is die menslikheid wat ons almal deel, groter as die dinge wat ons skei.
Waardering vir ander en die bewustheid dat in elke mens iets is om te waardeer, al is dit hoe klein en hoe min, en dat ek daarom agting vir ander betoon.
Dankbaarheid dat jy in staat gestel is om op die kruin van die golf te ry.
Die resep om houdings te verander, is om in jou denke die aanstootlikheid van die ou hooghartige vernaamheid, elke keer as dit jou oorval, met die nuwe houdings te vervang. Voed jou denke met empatie, nederigheid, waardering en dankbaarheid en voed jou walging vir verwaandheid, ver-kleinering, kilheid, subtiele spoggery.
Hierdie soort mense is seker vir geen leser onbekend nie. In jou fa-milie, vriendekring, kennisse of werksplek herken jy hulle dadelik. Daar is n groot verskil tussen die vername mens wat gemaklik is en leef vol-
gens die Hollandse spreuk van doe maar gewoon, dats gek genoeg en die hooghartiges wat aanstootlik is.
Moenie dat hierdie soort mense jou onderkry deurdat hulle min-derwaardigheidsgevoelens en jaloesie by jou kweek nie. Moet hulle ook nie daarmee laat wegkom nie. Daar is baie maniere om so n mens in die bek te ruk.
Jy kan hulle hooghartigheid baie opsigtelik ignoreer, waardeur jy wys dat jy nie bendruk is deur hulle vernaamheid nie. Verander die on-derwerp van hulle prestasies so halfmoedswillig. Dit kan hulle n bietjie versigtiger maak. Jy kan ook met n glimlag spot en met gevatheid die boodskap tuisbring: N, maar jy is darem oulik, man! Dit moet lekker wees. Ek sal moet soek na my prestasies, anders dink jy ek is darem lig in die broek.
Waar vernaamheid in oortreffende trap voorkom, is konfrontasie dalk al wat oorbly.
AAP,  WAT  BEN  JE  EEN  MOOIE  JONGE
critic, n. A person who boasts himself hard to please because nobody tries to please him.
(Ambrose Bierce  The devils dictionary)
Grootpraters kan net nie help om hul eie beuel te blaas nie. Ons hoor hulle (en onsself) op baie maniere grootpraat: subtiel, openlik, leuen-agtig, dromend.
In n geselskap s n ou kennis van my min of meer die volgende: Noudat julle so praat van hoe bendruk julle was met die Hyde Parkse garage se doeltreffende motordiens, moet ek s ek verstaan julle waarde-ring. Die Engelsman in my  julle weet, Engelse is baie presies en ek is van Britse afkoms  ja, die Engelsman in my kan swak diens en n gesukkel nie uitstaan nie. Ek bestuur my sake so deeglik dat alles vlot verloop. En ont-hou, ek het nie n garage bestuur nie maar n groot korporasie, daarom eis ek eenvoudig oral uitmuntende diens. Dit kan immers gedoen word. (Dit is kwalik subtiele grootpratery, maar toemaar.)
Mevrou Elize Pieterse was goed aan my ouers bekend. Wat hier volg, is n sameraping van dinge wat sy teenoor haar gaste kwytgeraak het tydens n deftige oggendtee: Ja, dis baie gesogte porseleinkoppies, so skaars soos hoendertande, maar ek moet julle my ingevoerde teestel van Denemarke wys. En: Sien julle daardie Persiese matjie? Mooi, n? My diplomaatseun s my in president Reagan se kantoor is presies so n matjie. Tog n voorreg dat my seun n direkte verhouding met die Amerikaanse president het, dis nogal ongewoon in diplomatieke kringe om so hoog op toegang te h. (Subtiel se voet!)
By my in die spreekkamer het Manie Ras oor huweliksterapie gesels. Buite die gespreksverband maak hy die volgende stelling: Ek moet reg-uit en beskeie s dat ek n beter jop sou gemaak het van die onderwys
as die minister. Ek weet onderwys in Suid-Afrika is n ingewikkelde ding. Ek het op stuk van sake twee doktorsgrade in Opvoedkunde en ek het ho lof gekry van n beroemde oorsese eksaminator. Jy moet die boeke in my studeerkamer sien, dis n hele onderwysbiblioteek. In elk geval, waar was ek nou weer ...? O ja, by die minister. Hy het nie die per-soonlikheid om sy hoofamptenare te hanteer nie. En ek praat nie nou groot nie, maar gee my ses weke en ek ruk die beleid in daardie kan-toor reg. (Dis blatante grootpratery di.)
Vriende van my het die volgende oor n sekere Abdul Niemandt te vertelle gehad: Jy s dit het daardie verwer en sy handlanger wat jy gehuur het, vyf volle dae geneem om jou huis buite te verf? Nee, my magtig, man, ek sou dit in een, of hoogstens een en n halwe dag voltooi het. My oorlede pa het my n jaar of so terug gevra om n buitemuur van sy huis te verf maar toe ek eers in die swing kom, draf ek in twee dae daardie huis deur, binne en buite. En onthou, my oorlede pa se huis was ongeveer n dubbelverdie-ping. (Dis n lieg, so deursigtig soos n mens dit kan kry.)
Dan is daar nog die dromers, di wat hulle fantasie vrye teuels gee oor alles wat hulle nog in die lewe gaan bereik. Dagdrome en ambisie is goed maar dan moet dit realisties en bereikbaar wees. Baie grootpraters is, ondanks hulle beperkings, van voorneme om n advokaat te word, n ryk myn te besit, eersdaags opgelei te word as n vegvlienier. (Dis groot-pratery wat die werklikheid ontvlug. Nes n kind.)
Wat is die grootpraters se dryfkrag?
Aangesien hulle meestal onbewustelik grootpraat, wys dit dat iets in hulle kinderdae skeef geloop het. Dit kan verskeie dinge wees: jaloesie op ander se sukses wat later neerslag vind in kroniese grootpratery; ar-moede of ander agterstande wat nou met spoggery verbloem word; ho eise wat aan hulle gestel is toe hulle kinders was, waaraan hulle nie kon voldoen nie en dit nou met fantasievlugte besweer; spot wat hulle as kin-ders moes verduur en waarop hulle nou met grootpratery reageer. Die bron van oormatige grootpratery is n minderwaardigheidskompleks.
Dit kan ook wees dat n volwassene sy mislukkings  werklik of ver-meen  probeer ontsnap deur mense te probeer bendruk met windma-kerigheid.
In baie gevalle is grootpratery die produk van n dors na bewonde-ring en respek. Sulke grootpraters voel hulle word nie geag nie, hulle kry
nie die erkenning wat hulle verdien nie. Daarom bring hulle op oordre-we wyse hulle meriete onder ander se aandag. Sekere grootpraters voel dat hulle in hul huidige situasie misplaas is en dat mense nie weet wat en wie hulle vroer was nie. Grootpraat is dan n soort versugting.
Die spogters stel hulle onwetend bloot aan baie vernedering. Een reaksie van ander mense is om te knipoog, agteraf te spot of hierdie sto-ries openlik te verwerp. n Ander reaksie is om die atmosfeer dik te laat word van irritasie, en dit lei daartoe dat die grootprater se stories gegno-reer word of dat hy as mens vermy word. Di verleentheid laat n mens jammer voel vir die grootprater. Die grootprater kry slae en voel dit, en die mense naaste aan hom kry net so skaam. Party grootpraters reageer weer met dikvelligheid want hulle wil die seerkry afweer.
n Grootprater kan hulp kry deur berading by n kundige te ontvang, of hy moet gekonfronteer word, reguit ges word om die grootpraatge-woonte af te leer, n wag voor sy mond te plaas, of ten minste sy stories af te skaal.
Die grootprater kan ook gehelp word as mens hom erkenning gee vir aspekte van hom wat eg is. Lof moet egter gemotiveer word.
Jou memorandum het rigting gegee, klink na terloopse vriende-likheid. Jou memorandum was puik, dit het die oorsake van die pro-bleem geanaliseer en die feit dat daar net een oplossings is, het oor-tuig, getuig egter van goed oorwo aanprysing.
Jy sal wel weet of jy ook n grootprater is. As jy iets daarvan in jouself herken, moet jy daarvan werk maak want dis n irriterende gewoonte en boonop maak jy daarmee n gek van jouself. Dit help nie om in aangesitte nederigheid te ontvlug nie. Dit doen geen kwaad om jou ek-bewussyn te versterk nie. Alle mense is egosentries. Dis ook goed om die ek te vertroe-tel, goed oor jouself te voel en jouself te beleef as iemand wat suksesvol is en aansien het. Solank jy die ander pool van nederigheid en onbaat-sugtigheid in stand hou, kan jy gerus, wanneer jy meen dis geregverdig, olie op jou eie hoof gooi.
Moet jou net nie laat verlei om te veel te praat oor wie jy is en wat jy vermag het en hoe jy uitgeblink het nie. Prys die mense om jou aan en as jy wel n bietjie wil spog, doen dit deur onderbeklemtoning in plaas van oorbeklemtoning.
Prys andere as hulle dit verdien, dan hoef hulle nie hulself te prys nie.
