Bobbejaan-rock
By Slaapkrans het min intussen verander. Dis nog effens mistig. Die wagte staan nog waar hulle staan. Die trop sit steeds asof uit klip ge-kap. Die skok van die skielike staatsgreep hang nog in die lug.
Ook by Schoongezicht is die toestand onveranderd. Grootraad Makedaan sit sprakeloos en staar oor n vallei wat net sowel n stuk dekor uit n skooloperette kon wees. Stompie probeer steeds om sy baas en die werklikheid aan mekaar voor te stel, veral noudat die nuwe realiteit kan beteken dat daar met Koevoet oor n tipe van am-nestie onderhandel sal moet word.
Een ding het wel verander: Die soldate laat Tantrum toe om be-soekers te ontvang. Sy en Berta sit soos twee susters mekaar en ver-troos terwyl Plato planne beraam hoe om hier weg te sluip en by sy maat aan te sluit.
Die soldate gewaar hulle eerste. Die twee wat Karos hier weggevat het, wil net storm, maar wie loop daar saam met hom? Dis mos  Fannas!
Hulle bekke val saam oop, asof in militre gelid. Die een wil hol, maar sy dapperder maat maak seker: Nee, dis nie n spook nie, di een is puur bobbejaan! Waar is Koevoet?
Fannas se ma se blydskap loop oor in trane en nogmaals trane. Sy omhels hom, druk hom, streel hom asof hy weer n babatjie is.
In haar blydskap doen juffrou Tantrum drie ongewone dinge: Sy laat glip met n besonder onmusikale ho C; gee vir Karos n lekker stywe druk; en staan toe terug sodat Berta dieselfde kan doen.
Terselfdertyd borrel twee vrae die heeltyd oor almal se lippe: Waar is Koevoet? Van waar Gehasi, oftewel Fannas?
Karos en Plato hou onmiddellik kajuitraad, want n vakuum is n gevaarlike ding.
Die soldate weet nog nie presies wat gebeur het nie, maar son-der Koevoet lyk hulle skadeloos, meen Karos.
Ja, kyk hoe koek hulle om Fannas.
Karos en Plato is min gepla dat niemand waghou nie. Sluipstap hou hom waarskynlik nou besig met Koevoet se omvangryke anato-mie.
Ons moet dadelik vergadering hou, beheer neem.
Plato, as daar ooit in die ganse geskiedenis van hierdie trop n behoefte aan n vergadering was, dan is dit nou.
Sal ons afsak vergaderplek toe? Nee, sommer hier.
Vriende! Karos doen sy bes om nie soos Grootraad te klink nie. Hy wil s wat hy wil s en hy wil dit nou s, al is die slaapplek n bietjie beknop vir n byeenkoms van di aard.
Vriende   Dit  pla  hom  weer  dat  hy  nes  Grootraad  klink. Mede-Donkerbergers  Ook nie reg nie. Dan maar liewer vriende. Vriende, ek kan die vrae in julle o sien, en daar is soveel wat ek en Fannas julle wil vertel. Laat ek by n punt begin: Koevoet is dood. Van die soldate het nog nie die nuus gehoor nie, en daar trek n skokgolf deur die hele trop. Stompie se kop ruk van verbasing, maar
Grootraad staar bloot na die oggendson.
Ek is vanoggend deur wagte hier weggeneem, die twee manne daar oorkant.
Talle o draai na die twee soldate, en hulle weet nie mooi waar om te kyk nie.
Ek is hier weg, verban deur n man wat die leierskap van die trop oorgeneem het. Anders as wat my ooreenkoms met Grootraad was, is my vriende aanges om agter te bly. Ek wil h die twee manne daar oorkant moet dit bevestig. Is ek reg?
Die twee soldate knik huiwerig.
Luister, ek soek nie wraak nie, maar die waarheid moet uit. IS EK REG?
Die twee kopknikke is nou heeltemal oortuigend. Ja, Karos is reg. Hulle kyk vir mekaar. Moet hulle nie dalk nou begin Meneer s nie?
Halfpad met die bergpaadjie niemandsland toe, staan iemand my en inwag. Ja, julle het reg geraai, Koevoet. Nie om vir oulaas koe-
baai te s nie. Hy wou my doodmaak. Hy het die twee wagte beveel om terug te keer slaapplek toe. Net voordat ons mekaar pak, verskyn daar n spook uit die bosse. Ja, ek s spook, en dis nou met eerbied, Mevrou. Karos knik in Fannas se ma se rigting. Die leierskap het mos gedink Fannas is dood, en dat hulle allerhande dinge kon toe-smeer en doodlieg.
Ek het nie by die stoor ingebreek nie, Koevoet het ges ek moet dit doen, s Fannas van die kant af.
Dankie, Fannas, ons sal nog meer daarvan hoor, bevestig Karos. Nou goed, waar was ek? Die magtige Koevoet versteen van skrik. En toe  en ek is jammer dat ek ooggetuie daarvan moes wees, duik Sluipstap op Koevoet af.
Karos sien hoe die tientalle o voor hom oopsper, hoe die hele trop soos een bobbejaan asemhaal.
U sal begryp dat ek nie op die besonderhede van die voorval wil ingaan nie, maar ja, Koevoet is dood. Doodgebyt deur Sluipstap, Tier as u wil, die een waarteen die leierskap ons so dikwels gewaar-sku het.
Oe-oe-oe  een van die ou wyfies ril, en syg op die grond neer. Haar vriendinne is dadelik by om te lawe.
Nou ja, ek en Fannas het nie daar rondgestaan om te verneem hoe die res van Sluipstap se spyskaart daar uitsien nie, ons het terug-gedraai hierheen. Huis toe. Waar ons hoort.
Fannas is nie n man van veel woorde nie, maar hy vertel in be-sonderhede hoe Koevoet hom beveel het om in te breek, en dat die eintlike opdrag waarskynlik van nommer een afkomstig was. Sluip-stap se aanval  Die verwoedheid van die geveg, hoe hy gedink het dat sy laaste oomblikke aangebreek het  Hoe hy wonderbaarlik oorleef het  Die pyn, hongerte. Hoe Karos, Plato en juffrou Tan-trum hom toevallig raakgeloop het. Dat hy hulle nogtans nie vertrou het nie, want hulle was mos die vyande van die trop. Hy het self uit sy skuiling gebreek en is verkiesing toe, nie om vir Karos-hulle te gaan getuig nie, maar om te kyk en te luister, iets wat hy op n veilige afstand gedoen het. Sy sien en hoor het duidelikheid gebring: Hy sou by Karos-hulle aansluit en saam n nuwe trop begin. En toe, van-oggend  Hy het gesien wat gaande was, en kon nie langer toe-skouer wees nie. En, hy is ongelooflik bly om terug te wees, want Donkerberg is sy berg, en hierdie trop is sy trop, hy wil nie op n ander plek wees nie.
Die toejuiging wat volg is lank en luid, meer as wat Grootraad op sy dag kon ontlok. Nursie Berta is dadelik by om met sagte hand na Fannas se beseerde arm om te sien.
Die trop se meegevoel met Fannas ontlok nie net toejuiging nie, daar is ook trane oor wat die arme jongman moes deurmaak terwyl hulle salig onbewus was daarvan. Daar is ook woede.
Karos kan sien hoe die trop skielik in Grootraad se rigting kyk. Stompie krimp ineen, maar Grootraad sit net voor hom en uitstaar, onskynlik onbewus van al die onvriendelike aandag.
Vriende, ek kan sien wat julle dink, maar ek vra geduld, maan Karos. Geduld en selfbeheersing. Ek gaan nou met Grootraad en Stompie gesels. Privaat, natuurlik. Ek sal dan aan u verslag doen. In-tussen moet daar kalmte en vrede wees. Ek wil nou reeds s dat dit nie vir my lyk asof Grootraad langer in staat is om hierdie trop te re-geer nie. En ek wil byvoeg dat hy ook nie langer hierdie trop behoort te regeer nie. As dit u goedkeuring wegdra, neem ek nou tydelik die leisels in my hande totdat 
Karos kry nie kans om klaar te praat nie. Die toejuiging is oorver-dowend, en dit wil net nie ophou nie. Daar kom n wending, en soos n golf word dit al sterker en sterker: Ka-ros! Ka-ros! Ka-ros! Ka Karos hou sy hande omhoog, en daar kom n gedienstige stilte. Dankie, maar dit wil ek nie hoor nie. Dankie vir u steun, maar gn
dreunsang vir my nie.
Steun sonder die gedreun, s Plato vir Tantrum. Wat n beskeie jong man, s die een ou wyfie. Knap spreker, beaam een van die ylkoppe.
Dan besluit ek s: Terwyl ek en Grootraad samesprekings hou, kan julle die slaapplek verlaat. Nie asgate toe nie, bome toe om be-hoorlik te eet en julle kleintjies gesonde kos te gee.
Aanstap Groenes, fluister Plato en Tantrum begin onbedaarlik te giggel.
Karos s dat hy nog een belangrike saak het om af te handel. Ek vra dat die soldate onmiddellik na vore kom, en hier voor my
en die trop kom staan. Toemaar, julle hoef nie te marsjeer nie, kom staan maar net hier.
Die erewag van ouds doen dit tog in gelid, sonder gebulderde be-vele.
Dankie. Fannas is n jong man, maar hy het sy staal gewys. Ek stel hom hiermee as julle bevelvoerder aan. Maar nou wil ek van
julle n onderneming h. Sweer julle trou aan hierdie trop en aan sy wettige gesag?
Die manne knik.
Ek wil julle hoor, manne, ek wil julle hoor! Ja!
Die trop klap spontaan hande.
Nou ja, dan stel ek julle met onmiddellike effek aan as brand-wagte van die Donkerbergtrop. As brandwagte sal julle uitkyk hou om die trop teen enige gevare te waarsku en te beskerm. Ek weet julle kan, maar as julle wil uitvind hoe, vra die oueres onder ons, hulle sal julle goeie raad gee!
Met graagte, s een ylkop, hand agter die oor. Brandwagte? Maar natuurlik, op my dag was ek ook een! Hulle moet net vra!
Dit is n geselserige Donkerbergtrop wat Slaapkrans verlaat. So baie opwinding in so n kort rukkie!
Stompie staan op toe Karos, Plato en Tantrum nader stap, en hy por Grootraad aan om dieselfde te doen.
Stompie steek dadelik sy hand uit. Baie geluk, Karos, jy verdien die leierskap terde. Baie dankie vir wat jy gisteraand daar by die lapa gedoen het. Grootraad kon vandag dood gewees het.
Karos loer skrams na Grootraad, en Stompie volg sy o. Ek het alles probeer. S niks, net n flou kopknik hier en daar 
Karos gaan sit teenoor Grootraad, en hy kan nie help om te dink hoe vinnig dinge in die bobbejaanwreld verander nie. Netnou is hy amper doodgebyt, en nou moet hy regeer. Teenoor hom sit die man wat gister nog absoluut in beheer was. Die man wat tegelyk lakens en slae kon uitdeel. n Man met alles aan sy kant  mag, sluheid, er-varing, populariteit. Alles, behalwe reg en geregtigheid. Terwyl hulle so sit, kyk Karos diep in Grootraad se o. Hy sien nie berou of spyt nie, ook nie afkeer of haat nie. Daar is niks.
Dit is nie vir ons maklik nie, s Stompie verle.
Ek weet, s Karos, en ek is nie van plan om dit uit te buit nie. Soos julle weet, het Koevoet vanoggend n staatsgreep uitgevoer. In alle waarskynlikheid sou hy julle uitgeskop of doodgemaak het. n Diktator hou nie van skaduwees nie.
Eks bevrees jys reg, s Stompie, en hy ril.
Ek gaan nie dieselfde doen nie. Met die verkiesing het Groot-raad n belangrike aanbod gemaak. Hy was bereid om my te laat bly, mits ek my by sy rels neerl. Ek maak dieselfde aanbod aan jou.
Stompie knik terwyl hy luister. Dankie, Karos, ek waardeer dit. Kan ek met Grootraad kajuitraad hou?
Kajuitraad?
Ja, ons kommunikeer op n manier. Met kopskud en knikke. Ek begryp, s Karos en hy stap na waar sy vriende wag. Dink julle hulle gaan bly? vra Plato.
Ek twyfel, s Tantrum. Bomskok of nie, Grootraad sal nie tweede viool wil speel nie, en Stompie sal wil agterna.
Ken jou koor die woorde van Vat jou goed en trek, Ferreira? wil Plato weet, en die drie moet keer of hulle bars uit van die lag.
Grootraad en sy eertydse stafsekretaris se beraadslaging duur nie baie lank nie. Di keer word Karos-hulle nie nader gewink nie, dis Stompie en Grootraad wat nader staan. Skoorvoetend, steeds verle.
Ons waardeer die geduld en die gebaar, s Stompie, maar ons het besluit om te gaan. Dis beter so. Vir ons. Vir julle. Vir die trop. Stompie se woorde is steeds mooi in gelid, amper asof hulle in n Grootraad-toespraak diens doen.
Ons begryp, s Karos. Ek wil nogtans h jy moet mooi dink, Stompie. Vandat ek my verstand het, is jy aan Grootraad se sy, en ek weet hoeveel talente jy het. Wa-wa-wag nou, moenie dat ons daaroor stry nie, jy s n talentvolle man! My vraag is net dit: Wan-neer gaan Stompie n man uit eie reg word?
Wel  Dit lyk nie of die vraag vir Stompie heeltemal vreemd is nie.
Vir vyf jaar skryf jy toesprake, dra jy leesbrille aan, verdra jy om-trent elke dag n afjak.
En kyk waar het dit my gebring, Stompie s dit ingedagte, sy o in die rigting van Grootraad wat stom eenkant sit.
Juistemint. Is dit nie nou die tyd dat jy jou eie ding begin doen nie? Laat die verlede maar die verlede wees, man. Ek en jy sal lekker kan saamwerk. Die trop het jou nodig.
Ek waardeer jou woorde, Karos, want dis nie net woorde nie. Jy, wat alle reg het om my te haat, is bereid om my te vergewe vir al die gekonkel.
Jy hoef nie 
Nee, ek gaan nie nou dinge ontken nie, ons ws n kring van konkelaars, en Koevoet, die geweldenaar, was deel van ons.
Karos wys in die rigting van die vallei. Kyk, Stompie. Al die ou
bakens van n bedelaarbestaan is nog daar. Die asgate, die lapa  Maar kyk wat gebeur hor op, hier onder teen die hang. Nuwe dinge! Koevoet se soldate sit alreeds soos wafferse brandwagte hoog bo in n maroelaboom, met n ylkop of twee wat van onder af raad gee.
Boomklim was seker maar deel van hulle opleiding, s Stompie met n laggie. Nee, ernstig nou, ek waardeer jou aanbod, Karos, maar Grootraad kan en wil nie bly nie. Ek kan hom nie nou in die steek laat nie.
Ek verstaan, Stompie. Ek dink steeds jy maak n fout, maar ek respekteer jou besluit. Wie weet, eendag kruis ons paaie weer 
Ja, n bergpad het baie kronkels. Niemand weet dit beter as jy nie, Karos. Daar is net drie versoeke.
Praat gerus.
Eerstens, ons wil graag stilweg vertrek. Geen afskeidseremonies, medaljes, erewagte, toesprake  Stompie besef skielik wat hy s, en die verle glimlag is terug.
Nee, ek verstaan, Stompie  En? Die manel. Hy wil dit graag hou 
Karos lyk effe verlig. Ja, natuurlik, ek was beslis nie van plan om dit te dra nie. Maar, tussen jou en my en Slaapkrans, wat is die sto-rie van die manel?
Stompie glimlag. Wel, ek herhaal maar wat Grootraad eendag aan my vertel het. Dis nie waar dat die ding onder in die dorp van n wasgoeddraad af gesteel is nie. Nee, in alle billikheid, dis nie waar nie. Die waarheid is veel snaakser. Hy was nog n redelike jong bob-bejaan, voortvarend en baie, baie nuuskierig 
Soos bobbejane maar is.
Juis, juis. Op n dag dwaal hy toe in die dorp se rigting, want hy wil graag kyk wat die mense doen, dalk n bietjie kontak maak en so aan.
Vroe belangstelling in die politiek?
Weer eens is jy reg, Karos, weer eens is jy reg. Stop daar toe mos n kombi vol kerkraadslede onder n paar bloekoms by so n sement-tafeltjie, net buitekant die dorp. Daar was glo n sinodesitting rens, vandaar die etery langs die pad, sien 
Stompie begin giggel. Karos ook, want die prentjie begin vorm aanneem.
Gie-gie  Ewenwel, dit was hoogsomer, en almal gemanel en ge-das, ek s jou. Die manelle is toe uit, en die koffieflesse en toebrood-jies kom te voorskyn. Volgende oomblik staan n welmenende jong bobbejaan by name Grootraad Makedaan tussen hulle, en hy wil net bladskud!
Nee, man!
Hoor nou! Hy het glo net sover gekom as Bly te kenne, my naam is  toes almal so te s terug in die kombi! En om dinge te vererger, het een sy manel daar laat l, en Grootraad is met di ding agterna 
Hy wil dit teruggee. Karos lag nou hardop.
Juis! En hoe harder hy hardloop, hoe vinniger wikkel die eer-waarde kerkraad! En dis toe dat 
 hy die ding maar hou! Presies!
Die twee lag so dat die kranse antwoord gee, onbewus van n skie-like, kortstondige vonkel in Grootraad se oog.
Ja-nee, iemand moet hierdie stories opteken. Dalk moet jy dit doen, daar in die vreemde.
Sal daaroor dink. Dan noem ons dit Stertstories van Slaapkrans, s Stompie met n vat-vat aan sy stert. Of wat van n Stompie op die Vuur 
Kyk nou sulke kreatiwiteit!
Stompie sug. Daars egter nog een versoek, die moeilikste een van almal. Dit gaan oor die swaard.
Karos s niks, knik net. Stompie is reg, di een is nie so maklik nie. Dis nou Die Teken 
Inderdaad. Stompie klink skielik weer verle. Hy vra of hy di ook maar kan hou, in die skede natuurlik.
Sou so dink.
Ek praat nou eintlik nonsens, daai ding is so gebuig, dit sal nooit as te nimmer in die skede pas nie. Wag, ek gaan haal dit gou
Asseblief.
Voor jy kan s moenie-met-elektrisiteit-speel-nie is Stompie terug.
Karos neem die swaard by Stompie. Nee kyk, die ding is behoor-lik gebuig. Steek sal hy nie meer kan nie, en die snykante voel na outand. Nogal aardig, dink hy. Hier staan hy met Die Teken in sy hande. Dis nou die ding wat n hele trop laat glo het doudruppels is
diamante en die rooi aslorrie n Rolls-Royce. En tog is dit di ding wat die geskiedenis laat verander het. As Grootraad nie gisteraand Die Teken diep in die ligsok se binnegoed gedruk het nie, was sake nou baie anders.
Ja-nee, ek sien wat jy bedoel. Maar s my, die storie in Die Spiel  Is dit waar?
Vir n oomblik kyk Stompie anderpad. Dan sug hy weer. Ja, eks bevrees dit is. Plato se koerant praat die waarheid. Ek en Koevoet het een aand gegaan en die ding gesteel. Ons het hom toe in die as-gate gaan wegsteek, en gesorg dat Grootraad hom eerste kry. Die  die res ken jy.
Moet hy nie maar terug dorpsmuseum toe nie? Karos staan steeds met die swaard in sy hande, so asof hy dit weeg.
Stompie lyk effens teleurgesteld, maar nie verbaas nie. Miskien, maar hoe kry ons hom daar. Luister, Karos ek weet hoe jy voel, dis tog by hierdie ding wat die moeilikheid begin het.
Wel  Karos dink aan wat die dorpenaars se reaksie gaan wees wanneer hulle helder oordag n bobbejaan swaard en al in die hoof-straat gewaar. Nee, jys reg, dit sal nie werk nie. Vat hom, hys in elk geval skadeloos, en moet beslis nie hier bly nie.
Hy druk die gebuigde Teken in Stompie se hande terug. En die kopermoer? korswel Karos.
Stompie kyk skrams in Grootraad se rigting voor hy antwoord: Oor n krans, Karos. Hys weg, ver weg!
Weer lag hulle dat die trane loop.
Ek  ons is jou dank verskuldig, Karos. Jy gaan n goeie leier wees, s Stompie wanneer die gelag bedaar.
Hoe laat vertrek julle? Karos hou van alle musiek buiten loflie-dere.
Gee ons n kwartier, s Stompie haastig, en stap vinnig in Grootraad se rigting. Die kort, vinnige treetjies is terug. Dalk was hulle nooit weg nie.
Terwyl die oorlewende lede van die eertydse leierskap laaste voor-bereidings tref vir die reis na die onbekende, sluit Karos weer by Plato en juffrou Tantrum aan. Dit is duidelik dat die regterkant van juffrou Tantrum se brein al weer oortyd werk.
Ek het al n bietjie begin dink  Jou inhuldiging, jy weet. Ons moet n groot ding rel daar onder by die vergaderplek.
Is dit werklik nodig?
Ja, daar gaan baie musiek wees en voordragte en toesprake en  Nee, daarteen het ek nie beswaar nie. Maar waarom die ophef?
Oor my? Kom ons noem dit liewer n vryheidsfees of die Maroela Kunstefees of  of so iets.
Maroela Kunstefees, s jy  Klink goed of hoe Plato? Luister, vrinne. Laat ons saam hierdie heilige eed neem. Ons luister, s Plato en Tantrum tegelyk.
Belowe my dat as dit lyk of ek n tweede Grootraad gaan word, julle dit vir my in privaatheid sal s.
Ons belowe.
Julle het dit self gehoor. Die trop skree nou Karos! Karos! nadat hulle n paar uur gelede Lapa! Lapa! en Grootraad! Grootraad! ge-skree het. Moenie van my n standbeeld maak wat almal aanbid nie, want standbeelde word groot en swaar en dan val hulle hard. Ek wil eendag vreedsaam uittree. n Bom moenie die enigste manier wees om my hier weg te kry nie.
Nee, ons hoor jou. s Plato. En di nou?
Stompie en Grootraad staan skoorvoetend nader, gereed om te vertrek.
Ek en Stompie het gesels. Hulle gaan nou. Die manel kan ek verstaan, maar die swaard?
Karos gee n laggie. Die swaard is skadeloos. Hys vir ewig ge-buig.
Stompie gee eerste hand, en Grootraad doen hom dit na. Karos voel dit dadelik: Daar is geen krag of mag meer in die lang vingers nie.
Nou dan s ek maar namens ons al twee totsiens. Dankie vir die uitnodiging om te bly, maar, soos ek s, ek kry hom jammer, en mis-kien kan ek vir hom nog iets beteken.
Sterkte, Stompie. Ek is spyt dat ons mekaar vandag eers behoor-lik leer ken het, maar ek wens jou alles van die beste toe.
Ja, s Stompie skamerig, selfs n sekretaris het sy ambisies en aspirasies.
Wats joune, sekerlik nie n manel met medaljes nie! wil Karos weet.
Nee, n hemp met n bosak vol penne.
Grootraad het reeds die swaard om sy lyf. Die ding pas nie meer in sy skede nie, maar Stompie het jou werklikwaar weer n tipe belt
geprakseer. Die Teken hang nou laer as gewoonlik, en soos Groot-raad Makedaan beweeg, trek die skewe punt allerlei potsierlike pa-troontjies in die sand.
n Laaste wuif en die optog van twee vertrek suutjies vanaf Slaap-krans. Donkerberg sal weldra ver agter hulle l.
Juffrou Tantrum spring dadelik aan die werk. Sy weet van n paar jongkrels wat uit die asgate se afval tuisgemaakte kitare geprakseer het, en sy tree hulle een vir een aan. Ysters wat die snare kan slaan, vir n parade met n verskil. n Talentparade. Hulle beter begin oefen, s sy. Oor n paar dae is dit die Maroela Kunstefees, en dan speel en sing ons dat die kranse antwoord gee! Ons wil daai bobbejaan-rock hoor!
Juffrou Tantrum kry haar koor bymekaar. Party het nog n maroe-la in die kies. Sluk in of spoeg uit, julle het n lied om te leer. Ja, die toonsetting is myne, maar die lirieke? O, julle sal verbaas wees om te hoor wie di talentvolle krel is:
Assie son opkom, assie son opkom, is ons kleintjies daar,
dis klipomkeer en boggomskree, al te naar
dis klein bojaan se kattemaai, ranktou gryp en skoppelmaai, dissie blydskap, o, dissie blydskap oor die poeleskaar
dissie groengeit, dissie dikgeit van die nuwe blaar
dis lipaflek en bolkies vreet, groot geheim
wat kleinkees weet
maar
as die dag doodgaan met n bloedrooi bal, dit donker word soos hy
by die berg inval
loer ons grootoog vir die maan. Ma, o, Ma, sal die son eendag ook vir ons ondergaan?
Terwyl die koor oefen oortuig Plato vir Karos om sy intrek by Schoon-gezicht te neem. Nee, dit het niks met Grootraad die Tweede te doen nie, dis net dat die plek nie behoort leeg te staan nie.
Nog n ding. Die naam moet verander. Schoongezicht was toe al die tyd nie so schoon nie, s Plato met n dro laggie. Die nuwe naam moet saam met die trop vorentoe kyk.
Enige idees, Plato? Jyt gewoonlik nie n tekort daaraan nie! Plato se ingewing kom eensklaps, sonder vlerkgeklap of gedruis:
Wat van  Karos@slaapkrans?
Karos frons, maar hy hou daarvan. Bietjie vreemd, maar hy hou daarvan.
Stompie en Grootraad vorder maar stadig, want die bergpaadjie is smal, en die swaard maak sommer vroeg al n oorlas van homself. Dit haak aan al wat bos of struik is vas, maar wat klou is Grootraad.
Dit is n dikgevrete Sluipstap wat vanaf sy luilekkerlplek doer onder se vreemde prosessie gade slaan. Hy gaap n groot, geel gaap en slaap verder.
Amper n dagreis ver, diep in niemandsland in, gaan Grootraad en Stompie staan om n bietjie te rus. Die laatmiddagson is nog warm, maar hulle sal so stadigaan moet begin kyk vir slaapplek.
Toe sien Stompie die klompie bobbejane wat op n groot rots l en bak. Alles is oop en wydgesper, kakebene, pense, tone, enigiets om die laaste hitte te benut.
Berugte bosbobbejane, dink Stompie.
Al weet die klomp gerookte leeglers van gn see nie, en al dink hulle n padkaart is iets waarmee jy jou watsenaam afvee, noem hulle di klein paradys Durbs. Reg van toegang word streng voorbe-hou, want net diegene wat deur hulle onderskeie troppe weens sleg-tigheid verban is, mag hulle hier kom vestig. Geil wreld boonop, vol vrugte  vet, sappige bobbejaanklappers, maroelas, moepels en wil-depruime na gelang van seisoen.
Grootraad sien hulle ook, en hy stryk oor sy lang kinnebak. Dags! roep Stompie verby sy bakhand.
Nou wies daai? vra een klipler, en maak sy o oop.
Waar? vra n ander, en lig hom met moeite op sy elmboog. Toe l hy maar weer, want dit lyk nie na die balju of Ontvanger van In-komste nie.
Moet n belangrike man wees, dalk n lord of n ding, s die eer-ste een, sy o op skrefies. n Belangrike man reis nooit alleen nie  Wel, wel, wel, s Grootraad skielik, en trek-trek aan die swaard
aan sy heup.
Stompie ruk soos hy skrik. Dis Grootraad wat praat, Grootraad Makedaan!
Ek dink hierdie spulletjie het n bietjie terugruk nodig, of hoe, Stompie?
Regruk.
Wat ook al. Wat hulle nodig het, is n nuwe leier. Iemand soos ek, of wat praat ek alles? H? H?
En met di boks Grootraad Makedaan vir stafsekretaris Stompie liggies teen die boarm.
Die karakters en gebeure in hierdie verhaal is denkbeeldig. Enige ooreenkomste met mense, bobbejane en gebeure in die werklike lewe is bloot toevallig.
NIEMAND  KAN  KLIPPE  GOOI  NIE
In ieder lewe is daar n armoede, n onvoltooidheid ... dit lyk my of alle lewens uitein-delik neerkom op n poging om n privaat duiwel te besweer.
(Hennie Aucamp  Allersiele)
Elke mens het n eie persoonlikheid en n spesifieke geaardheid. Dit is wat ons individue maak.
Dit is onnodig om lang hoofstukke oor persoonlikheidstipes in die sielkunde te bespreek. Breedweg is daar byvoorbeeld die sorgelose, hoop-volle, vrolike, sosiale, pessimistiese, bekommerde, bedreigde tipes; die flegmatiese tipe wat goed bestand is teen opwinding en hartstog; die in-tellektuele tipe wat logies argumenteer en groot waarde heg aan die re-delikheid en objektiwiteit van dinge; die ekonomiese tipe wat gerig is op die praktiese en nuttigheidswaarde van dinge; die emosionele tipe wat op gevoel, intusie en vooroordeel lewe; die magstipe wat altyd in beheer wil wees.
n Mens se persoonlikheidstipe maak jou vatbaar vir sekere hebbe-likhede. Volgens die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal is n hebbelikheid n (hinderlike) gewoonte, aanwensel,  neiging. Besonder individualistiese mense is dikwels interessante mense. Hulle hoekigheid en andersheid is kleurvol. Hulle woede of spoggery of skinde-ry of opneukery of dwarsheid of ondersteboheid is die sout en peper van menslikheid.
Hierdie boek gaan egter oor geaardhede wat vasval in sekere 
Dit gaan hier oor die te van n faset van mens se geaardheid. Te ja-loers, nederig, aggressief, skynheilig of wat ook al. Gewoonlik het dit n vernietigende uitwerking op so n mens se verhoudings.
Dikwels is mens salig onbewus van jou hebbelikheid omdat nie-mand dit vir jou s nie. Dit kan ook wees dat mens weet wat omtrent jou te erg is, maar jy weet nie hoe om hierdie privaat duiwel te be-sweer nie.
Jy kan ook baie ongemaklik voel oor die te van mense met wie jy moet saamlewe omdat een of meer sulke mense jou dwing om voortdu-rend katvoet te loop, anders ontstaan konflik.
Die oorsake van negatiewe aspekte in mens se geaardheid is so wyd soos die lewe self.
Die probleem kon ontstaan het by mens se gene wat deur oorerwing aan jou oorgedra is. Opvoedingspatrone kan van kleintyd af infeksie ver-oorsaak wat in die volwassene se gemoed bly etter. n Bepaalde kultuur, waardesisteme, ideologie en lewenstyl kan koorsagtigheid veroorsaak. Traumas kan n steurnis veroorsaak wat vir jare letsels laat. Verkeerde keu-ses bring op die lang duur vergroeiings in jou gees mee. Blootstelling aan gebeure waaroor jy geen beheer het nie, soos siekte, dood, ramp, skeiding, verlies, stres en oorlading kan vergroeiing veroorsaak.
Die intensiteit van vergroeiing wat hebbelikhede meebring, verskil. Dit kan n geringe psigiese kneusplek of ernstiger skaafmerke wees.
Di boek wil n baie reguit gesprek wees. Dit is konfronterend, maar nie vingerwysend nie. Dit wil help en nie beledig nie. Niemand kan klip-pe gooi nie. Die stelrel is dat mens jou individualiteit moet ontdek, slyp, handhaaf en geniet.
Die roetes om jou en die mense om jou se vergroeiings te hanteer, word ook verken. Hierdie roetes begin by algemene ontleding van n spesifieke vergroeiing. As mens weet wat die oorsaak van n hebbelik-heid is, kan jy aanpassings begin maak om die gevolge daarvan te temper. Dis oordrewe profiele wat hier geskets word, want sodoende kan die leser van die volle konsekwensies van n hebbelikheid bewus raak.
Dit is as t ware spiels waarin jy kan kyk sodat jy kan ontdek hoe ander mense jou dalk sien of deur jou sien  en dit kan tot selfinsig en selfbesinning lei want dis nie lekker as ander jou swak plekke sien en bespreek nie.
Dit wil roetes en houdings verken waarmee mens jou geaardheid kan temper. Mens wil darem iets daaraan doen, ter wille van jouself en die mense rondom jou. Om aanpassings aan mens se geaardheid te maak, is n proses.
Menswees bepaal dat ons nie altyd regverdig kan wees nie, nie altyd oor wysheid en bedagsaamheid beskik en nie altyd korrek optree nie. Tog is n deel van menswees ook die strewe om wat krom is te probeer reg-trek.
Die roetes wat bespreek word, is nie tipiese psigoterapie nie maar berus eerder op die praktiesheid, nugterheid en gesonde verstand wat binne elke mens se bereik is. Dit is sielkundig beproefde houdings wat energie genereer om die ewewig in mense se geaardhede te herstel.
Hierdie boek is gebaseer op die kennis wat ek van my eie 
DONDER  EN  BLIKSEM
You dont have to look very far to witness the destructive impact anger can have on human lives. Just turn on the television or read a newspaper and you will undoubted-ly notice that anger plays a role in all sorts of atrocities, large and small.
(Albert Ellis  How to control your anger)
Bedonderd is n plat woord, vir sommige mense selfs n vloekwoord, maar dis n lekker woord in die volksmond.
Bedonderde mense is bewolk en rondom hulle dreun en kraak en blits dit. Woordeboeke l die woord uit as mense wat befoeterd, bedui-weld, veglustig en bakleierig is. Aggressief is die ordentlike woord.
Aggressie groei uit frustrasie oor n belemmering in jou lewe wat jy nie kan aanvaar nie. Dit is n teenreaksie op en selfhandhawing jeens iets of iemand wat jou, of iets van jou, bedreig. Dis n aanval op n saak of persoon of idee wat in jou pad staan.
Aggressie is noodsaaklik in mens se lewenswerklikheid, want daar-sonder sal jy ondergaan. Daarom is dit deel van n mens se genetiese toe-rusting, van kleins af demonstreer jy dit, veral in die kleuterfase en puber-teit. Aggressie is n selfhandhawingsmeganisme en as sodanig selfverde-diging sowel as aanvalsenergie teen die gebrokenheid van die lewe. In elke mens se lewe is teenstanders, vyande, onbillikes, leuenaars, onder-grawers, rugstekers, diewe, ontroues en beledigendes. Die lewe is soms n vyandige ruimte waaruit jy wil vlug of waarteen jy wil veg. Soms moet jy vlug, maar meestal wil jy veg. Sonder aggressie sal jy vertrap word.
Aggressiewe optrede is nie net n verdedigende reaksie nie, want ag-gressie is ook proaktief. Dit beteken onder andere dat mens doelbewus op iets fokus sodat jy kan wen. n Aggressiewe benadering tot sport, studie of bemarking is voorbeelde daarvan. Volharding en mededinging word
deur aggressie ondersteun. As dit nodig is  let wel, as dit nodig is  is dit gesond om jou man te staan, jou bloedig te vererg, jou s te s, die strydbyl op te neem en te weier om verdere nonsens te vat.
Die te gaan egter oor persone wat van aggressiwiteit n lewenstyl maak. Hulle benadering tot feitlik alles is aggressief. Hulle geselstrant, emosie en verhoudings is daarop gerig om aan te val, te verdedig of te ontplof. Dis die kwaai mense di. Dis hulle aard en identiteit.
Hulle het baie gesigte. Probeer jouself of mense wat jou met ag-gressie treiter, herken.
Bertie Coetzer spesialiseer daarin om alles onder die son af te kam. Oor alles het hy altyd kritiek en braak hy gal. Die politiek is die afgrond in. Die kerk is te verdraagsaam jeens ketters en die dominee is lui. Alles is te duur en geldelike knyp is wie ook al se skuld. Dokters en hospitale is geldwol-we. Die skool maak n gemors van opvoeding. Die naaktheid van alles en almal word uitgewys. As hy wel vir iets waardering het, het hy altyd ook n ja, maar.
Dit is die gesig van die negatiewe mens. Negatiwiteit kan n ge-dempte vorm van aggressie wees. Negatiewe mense kan bloot pessimiste en klakouse wees wat passief hulle treurmares uitryg. Soms is daar by negatiewes tog n onderstroom van aggressie.
Kenmerke van die aggressiewe, negatiewe mens is die volgende: Knaende ontevredenheid en kritiek.
n Negatiewe benadering tot alles. Die uitdrukking dat n halwe glas nie halfpad vol is nie maar halfpad leeg, is op hulle van toepassing. Nie openlik konfronterend nie, maar lang gesig, kop onderstebo en brommerig.
Frans van Rooyen se kollegas kla dat hy puntenerig op sy regte aandring. As akademikus is dit sy reg om nie kantoorure te handhaaf nie, om die leerplan aan te pas, om nagraadse studente sonder oorlegpleging weg te wys, om n dag of twee nie op kantoor te wees nie want hy werk baie oortyd. Frans kla voortdurend omdat hy oorlaai en voorgeskryf word en hy weier om met die dekaan oor besluitneming onderhandel.
Dit is die aggressie van bedreiging en verontwaardiging. Die kenmerke daarvan is die volgende:
Die klem l op wie, wat, waar en wanneer iemand jou te na kom.
Oormatige en meestal onnodige selfhandhawing.
Agterdog dat hy ondermyn word, is sy lewenstyl.
Gerrit Crafford het in die spreekkamer raad kom vra oor sy vrou se bit-sigheid. Sy is n regte feeks, s hy. Haar aggressie slaan soos masels uit. Dis flitsende o, snydende woorde, haastige oordele, onbillike verwyte, dreigemente, afkeur en deure toeklap.
Dit is die aggressie van kroniese irritasie. Die kenmerke daarvan is die volgende:
Nors, ongeduldige gedrag.
n Gevaarlike humeur l net onder die oppervlakte. Gebrekkige selfbeheersing.
Selfhandhawing deur boeliery. Kroniese rusiemakery.
n Fliek van jare gelede bly my by weens die intense boodskap daarvan. In die hoofkarakter het altyd n vuur gesmeul. Hy het rekord gehou van sy (soms vermeende) vyande en hulle oortredinge jeens hom gekoester. Daar was stilstuipes, aanvalle van ou woede wat nuwe woede aangeblaas het. Hy het verontreg en verwond gevoel. Daar was magteloosheid en selfbe-jammering wat die woede in sy binneste soos n sweer laat klop het. Alles het uitgeloop op katastrofes in sy gesin en uiteindelik op sy selfmoord.
Dit is die aggressie van haat en verbittering. Die kenmerke is die vol-gende:
Gefokusseerde aggressie jeens spesifieke mense. Irrasionele woede.
Die wrokkige mens beplan en droom oor sy vyande se vergelding. Mens lees daarvan in die sogenaamde vloekpsalms, byvoorbeeld Psalm 69:2527 waarin die wraakgierige mens versug dat sy vyande stokblind en gebreklik sal word, dat die vlam van toorn hulle sal oorval, dat hulle blyplekke verwoes sal word.
Dit is sterk taal wat in moderne vorm nog skrikwekkender klink. Wraak hoop dat die gewraakte mens dubbel en dwars terugbetaal word vir wat aan die wrokkige gedoen is.
Die kenmerke daarvan is die volgende:
Terugbetaling van werklike en vermeende onreg.
Absolute gebrek aan vergifnis.
Allerlei vorme van geweld.
Hulle is die moordenaars, die verminkers van lywe en gesigte met hulle vuiste en ysters, die vroueslaners, die mishandelaars van kinders, die ge-weldenaars wat swaar strawwe uitdeel en twee o en twee tande terug-eis want n oog vir n oog en n tand vir n tand is te mak.
Di mense het n paar dinge in gemeen. Hulle is onbeheers, onvolwas-se, opvliend, wreed, opsetlik gemeen, onversoenlik, hulle projekteer alles wat in hulle lewe verkeerd loop, gewoonlik is hulle vasgevang in magte-loosheid, minderwaardigheid en angs, hulle soek moeilikheid, is bang om probleme te deurdink en daarom word dit, hoe ook al, reggemoker.
In gesinsterapie in die spreekkamer het Karen Breed uitvoerig ver-tel hoe sy, die kinders en haar ouers verskroei word deur haar man se woede. Toe haar man se beurt vir gesprekke kom, het hy min of meer verbatim die volgende sinne herhaal (die terapeut se gedagtes tydens die gesprek verskyn tussen vierkantige hakies):
Ek weet dis vir hulle ongemaklik maar ek is my oorlede pa se kind. [Dit kan s wees want identifikasie en opvoedingspatrone vorm n mens se geaardheid. Maar jy is nie meer pappa se seuntjie nie en moet verantwoordelikheid vir jou lewe neem.]
Ek is n man met n sterk persoonlikheid en ek laat nie toe dat iemand, nie eens my vrou, my rondgooi nie. [Jy beskou aggressie as iets vleiends waarmee jy kan spog, maar dis narsisme  oordrewe selfliefde en selfaanprysing.]
Orde, dissipline en beginsels doen niemand kwaad nie en ek vra nie verskoning dat ek dit afdwing nie. [Jy gee aan jou kwaaiheid mooi gesigte en vrome name.]
Ek gee toe dat ek soms ontplof, maar dit is tog goed, want my vrou en kinders vind baat by druk. [Manipulasie wat vrees en straf uitbuit om sy majesteit se wil te laat geskied.]
My skoonpa is n inmengerige tipe wat kort-kort vasgevat moet word en ek is lus en verbied hom my huis en toegang tot my vrou en kinders. [Haai, grootbek en brebors!]
Jy moenie so bekommerd wees oor ons gesin nie. Al het ek n
vinnige humeur, is ons baie lief vir mekaar en ons is gelukkig. Ons het nie huweliksvoorligting nodig nie. [Meneer, meneer, as jy maar weet hoe ver die beplanning om jou te los al gevorder het.]
Waar staan jy op n denkbeeldige skaal as jy jou meet aan die aggressie-profiele van negativisme, bedreiging en verontregting, kroniese irritasie, haat en verbittering en wraakgierigheid?
En hoe gemaak om hierdie duiwels uit te dryf? Ek moes self my ag-gressiewe aard leer temper en kan dus uit persoonlike ervaring n paar aanbevelings maak.
Soek professionele hulp. Di hulp kan medikasie wees of gespreks-terapie wat jou jou aggressie help analiseer. Gewoonlik word gekyk na opvoedingspatrone en omgewingsfaktore wat alle verhoudings met ag-gressie penetreer. Jy kan aan n neurose ly, wat kan beteken daar is n ver-band tussen jou aggressie, angs, skuld en depressie. Aggressie is dikwels die ore van die seekoei; onder daardie sigbaar aggressiewe gedrag l n groot lyf in die waters van jou onderbewussyn. Dit kan vrees wees, of trau-ma of minderwaardigheidsgevoel of verontregting. Met professionele hulp kan jy die agtergrond van jou aggressie ontdek. Dit gee jou die geleent-heid om teenoor n kundige uit te praat. Dit is reeds n stap om jou objek-tiewer jeens jou aggressie te maak en leiding en begeleiding te ontvang oor hoe jy jou aggressie moet hanteer. Die doel van terapie is om die ver-skil tussen aggressie en selfgelding te verstaan. Selfgelding is aanvaarbaar, aggressie nie.
Pas selfbeheersing toe. Dit begin met insig. Hierdie hoofstuk bied n spiel waarin die aggressiewe mens weerkaats as onuitstaanbaar, n swak-keling en n saboteur van ander mense se selfvertroue en geluk. Die insig wat deur sulke selfondersoek verwerf word, maak mens eerder skaam as trots oor jou bakleierigheid. Lees weer wat Karen Breed se man ges het toe hy sy aggressie beskryf het. As jy begin sleg voel oor jou aggressie, sal dit jou motiveer om selfbeheersing toe te pas. Ploeg voort met di insig: Dit is onwaar dat jou aggressie sal ophoop as jy dit nie met uitbarstings verlig nie. Sulke uitbarstings versterk aggressie en vestig die gewoonte om uit te bars. Om jou te onttrek sodat jy kan kalmeer, kan n fout wees. Om om die blok te gaan loop of n dag in die berge deur te bring, kan ontvlug-ting wees maar ontvlugting is nie probleemoplossing nie, dit stimuleer
eerder jou woede. Die aggressiewe mens moet hom probeer indink hoe ander sy uitbarstings ervaar en hoeveel skade dit sy verhoudings aan-doen. Jy moet besef dat jy n gek van jouself maak, of narsisties is, of god speel. Probeer n slag rolspel waarin die man en vrou byvoorbeeld me-kaar se rolle speel. As die vrou die aggressiewe een is, speel die man nou die rol van die aggressiewe een om vir haar te illustreer wat sy s. Dis n waardevolle metode om selfbeheersing te slyp.
As di insig opreg is, is die volgende stap om alternatiewe lewens-beskouings in jou te kweek. Laat die volgende deel van jou alledaag-se werklikheid word:
Feilbaarheid en gebrokenheid is onlosmaaklik deel van menslikheid en niemand kan die eerste klip gooi nie. Daarom moet ons meer sag-kens met mekaar werk. Hoe groter jou verdraagsaamheid vir ander se foute, hoe groter hulle verdraagsaamheid vir jou foute.
Vergewensgesindheid is n uitnemende houding. S leer jy om die minste te wees in plaas van om buig of bars jouself te handhaaf; om begrip te toon vir ander se foute in plaas van om hulle terug te betaal; om geduldig te wees in plaas van om die valbyl neer te bring; om die bladsy om te blaai in plaas van om jou woede te laat broei. Die mens wat kan vergewe, is sterk want sy krag l in kalmte. Om ander te vergewe, is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee.
Agting vir die medemens maak n mens selfs in jou woede waardig. Nugterheid is n stap op die pad na genesing. Frustrasie, ergerlikheid, uitbarstings, selfs haat, val alle mense voortdurend aan en mens moet dit aanvaar en dit kreatief probeer hanteer. Probeer om nie alles so ernstig op te neem nie. Relativeer dinge en roer selfs n bietjie humor by die irritasie in. Raak neutraler teenoor diegene wat jy nie kan veel nie.
Wanneer beslistheid en konfrontasie nodig is, kan dit help om met em-patie en ontvanklikheid die twee kante van die saak op te weeg. Dit kan jou kwaai reaksies temper. Jy moet jou aggressiewe hebbelikheid wl af-leer. Daarna moet jy dit stap vir stap besweer deur jou in te oefen (met hulp of sonder hulp) in selfbeheersing. Jy kan dit regkry as jy insig soek in die krag van selfkritiek, vergifnis en agting vir ander mense. S bou jy jou nugterheid in plaas van om soos n bul rondom jou te gaffel. Miskien
kan jy die donder en bliksem heeltemal afleer of ten minste afkoel tot die mate dat jy selfs in jou woede n aanvaarbaarder mens word.
Die slagoffers van aggressie  di wat aan die ontvangkant is  moenie hulle kruis in stilte dra nie. Ook hulle moet professionele hulp soek. In die algemeen moet die slagoffers  hoe vreesbevange hulle ook al mag wees  die een konfronteer wat hulle boelie en hom oorreed om hulp te soek, selfbeheersing toe te pas, versoening en vergifnis te beproef en te groei in nugterheid.
Hoe meer jy jou laat boelie, hoe erger word dit. Om jou aan don-der en bliksem te onderwerp, is nie n oplossing nie.
