Electrifying
Ek moet dringend met hom praat, beduie stafsekretaris Stompie aan die jubelende menigte wat hulle pasverkose leier skouerhoog rond dra. Dit dreunsing nog toe hulle hom neersit.
Koevoet wag eenkant. Die rede vir die blitsvergadering is die hoe nou en wat nou van Karos se vertrek.
O, dit. Kan mos tot mre wag, s Grootraad effe gesteurd. Vanaand gaan ons eers lapa-lapa om my oorwinning behoorlik te vier!
Ek stem saam, Grootraad, beaam Stompie. Dit was vir ons al-mal maar n spanningsvolle tyd. Een nag sal seker nie n verskil maak nie.
Koevoet se lae, donderweerstem pas by sy bewolkte kyk: Daai vent moet hier uit! So gou moontlik. Dis juis nou die tyd dat hy iets kan aanvang, een van ons probeer vermoor of so iets. Hys n ge-vaar.
Grootraad hoor wat sy veiligheidsman s, maar stem nie saam nie. Kom nou, Koevoet, jyt ook vanaand se ontspanning nodig. Re-lax, man, relax! Ek s jou wat, jy kry n paar soldate om daai ventjie op te pas en ons hou saam paartie! H? H?
Grootraad boks Koevoet ligweg teen die boarm. Die militre be-velvoerder lyk nie ingenome nie, maar stem tog in.
Die heel middag glimlag die geluksgodin in Grootraad se rigting, maar nou lag sy dat jy net skitterwit tande sien. Die leierskap se blitsvergadering is skaars verby of Koevoet se verspieders rapporteer dat die grootmoeder van alle feeste besig is om by die lapa vorm aan te neem. Te oordeel aan al die koelbokse moet dit al weer die rugby-
klub wees. Daars bulmanne wat bier drink asof dit water is, en mammas met kaal skouers wat aan wyne en grnd sambreeldrankies teug. Om van die baie allergiese kindertjies, rooi koeldrank, tjips en swiets nie eens te praat nie!
Hm. Grootraad is meer as ingenome. Knap gedaan, krels! Knap gedaan!
Die verspieders het skaars omgedraai vir die wegstap of Groot-raad deel opdragte uit asof dit vals liksense is: Raait! Stompie, jy kan vir die trop s dis vanaand my oorwinningsfees by die lapa. Die drank is op my! Koevoet, laat arresteer dadelik vir Karos, daai Plato-vent en die tierwyfie. As hulle wil weet waarvoor, s jy dis vir verkie-singsontwrigting! En, o ja, hulle is natuurlik welkom om n proku-reur onder in die dorp te bel!
Grootraad lag so hard dat hy n rukkie vat om sy asem terug te kry. Die ander twee geniet dit ook. Nee kyk, hierdie baas van hulle! n Ou wonder partykeer, maar hy weet van, nee, hy weet van!
Jou manne moet dan daai drietjies saambring lapa toe waar ons n oog oor hulle kan hou. Ek wil n drienk op Karos drink, julle weet, vir oulaas sy ou haartjies in die openbaar bietjie deurmekaar vryf 
Die ander twee knik.
Koevoet, dis nou jammer dat jou manne op n aand soos di moet werk, maar hulle is mos darem blerrie soldate of hoe?
E  Grootraad, dis natuurlik die eerste keer dat ons lapa toe gaan n die skietery, waag stafsekretaris Stompie.
So?
E  Ek bedoel sal dit veilig wees, die wagte en so aan ? Natuurlik, fluister die geluksgodin in Grootraad se oor. Alles is
mos nou weer normaal.
Natuurlik, alles is nou mos weer normaal. Toe-toe! Doen wat ek s. Gaan maak die aankondiging!
Die laaste 44 se stofwolk hang nog in die lug toe die trop afsak lapa toe. Ja-nee, die oes is gul en die oes is geil. Op die staaltafels staan bottels en blikke soos jong mielies in gelid. Pap, sous en slaai beloer die nuwe gaste vanaf stapels papierborde. O, en daar is baie tjips. Chili, sout & asyn, tamatiegeur, maak nie saak nie, die jong bojane is mal oor die kraakgeluid. Boonop blink n tjippakkie, veral as jy hom omdop. En watter bobbejaan dooi nou nie oor iets blinke-rigs nie?
Die drie opposisielede nader die lapa onder streng bewaking. Nou ja, verloor het seker ook maar sy voordele, s Plato filoso-
fies. Van mre af is ons van hierdie tipe nonsens ontslae! Voel net jammer vir di wat agterbly, s Karos.
Wel, hulle het gekies, het hulle nie? Tantrum is sommer erger-lik, oor die verkiesing, oor die kiesers, oor alles. Die trop kry wat hulle verdien.
Dis maar weer die ou-ou ritueel van vorige lapabesoeke, die soort wasgoedlynroetine waarteen Karos gespreek en gepreek het.
Soos gewoonlik stap Koevoet voor om die lapa veilig te verklaar. Maar daar is tog n verskil: Is hier weer wagte met haelgewere? Hulle kan in die donker wag net totdat die hele trop onder die grasdak is en dan gwaaaa!
Koevoet sien niks, en beduie met n duim en n kopknik: Yep! Grootraad knik plegtig terug, en beweeg vorentoe. Statig, ver-
naam, met reguit agterbene soos n Fordkar waarvan die agterste vere te styf is. Boonop het Stompie spesiaal vir vanaand weer sy leier met die swaard omgord. Gelukkig het die opwinding van die verkie-sing die kopermoer agterwe laat bly.
Vir n kenner soos Grootraad is bier maar net n mondspoelmid-del. Nee, hy is n wynman. Eers bestudeer hy die etiket. Hand onder die ken en met n nadenkende Hm  Dan word die wyn teen die elektriese lig gehou sodat hy die kleur met kennersoog kan takseer. Die trop staan grootoog en kyk hoe Grootraad die bottel weer laat sak, hom heen en weer skommel en versigtig beruik.
O, maar toe ruk die bobbejaan in Grootraad al weer los. Kop ag-teroor en met tone wat krul druk hy die bottel teen sy getuite lippe. Met die tweede bottel is sy sluk al haastiger, asof hy pas by die blou pomp stilgehou het. Met n sierlike sprong land Grootraad langs die braaiplek waar hy die res van die wingerd in privaatheid kan geniet.
Vanaand raak Grootraad se skroewe gouer los as ander aande. Die ander het nog skaars hulle sit gekry of hulle leier spring swaard en al van die braaiplek af om met sy volgelinge te kom gesels.
Die drie kamerade bekyk die partytjie met n mengsel van afkeer en verwondering. Om te dink hulle het nog gisteraand di tyd ge-dink dat hulle hierdie spulletjie sal kan bekeer, met n stukkie koe-rantpapier in die een hand en n getuie aan die ander!
Die paartie is in volle swang. n Paar plesieriges swaai aan die dak-balke rond terwyl ander die grasdak plunder, iets wat hulle natuur-
lik nie mag doen nie. Ander krap met lang dekgrasse in die kole rond. Sodra n grashalm vlam vat word hy te midde van groot gejuig die donkerte in gelanseer. Daar is net een ding erger as n dronk mens, en dis n dronk bobbejaan.
Koevoet brom, maar Grootraad trek net skouers op en s dat hy moet ontspan, vanaand is anders as ander aande. Dis vir die trop te lekker om hulle leier so informeel te ervaar. Hier kry hy n respek-volle skouerklop, daar nog n bottel drank. Sy oog vang di van sy verslane opponent.
Wel, Karosj, jysj eintlik nie n sjlegte outjie nie. Hier sit jy nou in die halfdonker. Kom laat ek vir jou n drienk organishe 
Karos skud kop. Nee dankie, ek drink nie terwyl ek onder arres is nie.
Grootraad hoor nie wat Karos s nie of steur hom net nie daaraan nie. Hy druk die wynbottel teen Karos se mond. Karos ruk sy kop weg, en van die kosbare druppels val op die sementvloer.
Skielik kom daar redding vanuit onverwagse oord. n Paar party-tjiegangers begin luidrugtig te skree: Spiets! Spiets! en die Im-promptu-mannekoor val weg met For hes a jolly good fellow!
Stafsekretaris Stompie besef dat sy baas nog nie n oorwinnings-toespraak gelewer het nie, maar een kyk in Grootraad se rigting en hy besef dat die tyd nie reg is daarvoor nie.
Grootraad is nou wel geswaai, maar daar skort niks met sy gehoor nie. Met verbasende vaardigheid lig hy sy dronk lyf tot bo-op die staaltafel en kom onder die elektriese lig te staan. Dis so centre stage as wat kan kom, en die toejuiging is oorverdowend. Stompie probeer n vermanende woord in Grootraad se oor fluister, maar staan dan skielik weg, hand oor die stert.
Grootraad het die swaard alias Die Teken met groot moeite uit sy skede gewikkel, en hou dit triomfantlik omhoog. Met minagting skop hy n paar bierbottels van die staaltafel af, en plas-plas met sy groot, kaal voete in die nattigheid rond.
Hoi, julle! Kyk na my!
Alle bobbejaanstreke word met onmiddellike effek opgeskort. Die balkswaaiers hang doodstil, die grasdak-plunderaars hou hulle han-de tuis, selfs die kinders se kake hou op kou. Almal se o is op hulle leier, wat met iets tussen n Skotse riel en n kata sy swaard hanteer asof dit n warm yster is. Swoesjh! Swash! s die swaard. Die Teken van leierskap. Van mag.
Wat n man, s die ou wyfies. Wat n disgrace, s Karos.
Toe begin die bekende handegeklap: Lapa, lapa, lapa!
Die ritme is aansteeklik, en Grootraad plas-plas op die maat daar-van al op die staaltafel langs, swaard triomfantlik omhoog.
Check! roep Grootraad en kap die gloeilamp bokant sy kop dat jy net glasstukkies sien trek. Dis halfdonker hier onder die lapa. Die Donkerbergtrop weet dit nie, maar hulle leier het pas met die lig ge-maak wat n Franse edelman met n sjampanjebottel se nek doen.
Dis nou maar een ding van mag. Swaardmag, enige mag. Die een oomblik is jy n toring van krag, maar wie weet hoe skerp is die naas-te draai?
Check ! roep Grootraad vir n tweede keer, en hierdie keer is die resultaat rrig skouspelagtig.
Met n enkele, doelgerigte beweging steek Grootraad Die Teken in die sok bokant sy kop. Moeilik om te s wat eerste was, die VHOOOOP! geluid of die blou vlam. Grootraad se hare staan skie-lik in alle rigtings, en sy wydgesperde o speel soos soekligte oor n geskokte skare. Iets ruik na brand, en dis nie die rugbyklub se oor-skietbraaivleis nie.
Help hom, iemand! skree een van die ylkoppe, maar niemand weet hoe nie. Karos skiet soos n pyl uit n boog by sy oppassers ver-by, en die volgende oomblik val Grootraad met swaardgekletter op die staaltafel neer. Als is pikdonker. Karos, amptelik onder arres van-we sy leierskap van n verbanne opposisie, staan met sy hand op die hoofskakelaar.
rens in die donker s n anonieme vent n onbesonne John Tra-volta-ding: Electrifying!
Nursie Berta is onmiddellik op die toneel om noodhulp te verleen en Grootraad in n sitl-posisie te probeer kry.
Die hel breek los, en die pikdonkerte dra by tot totale verwarring. Bottels breek en bobbejane gil. Mas soek vervaard na hulle huilende kindertjies, en ylkoppe dink dat die gevreesde laaste bus na Donker-berg pas gearriveer het. Die balkswaaiers laat los en voer om die beurt harde en sagte landings uit.
Skielik is daar n stem veel harder as die heersende kakofonie. n Stem wat almal oombliklik herken. Di van die munisipale wag se skietyster.
Ons ontruim! bulder Koevoet.
Met onmiddellike effek! voeg stafsekretaris Stompie by, maar sy woorde verdwyn in die gegil en haastige voeteval. Dis puur sekre-tarile pligsbesef wat hom eers die swaard laat optel voordat hy pad-gee.
Kom! Hulle gaan jou doodtrap! skree Karos vir Tantrum, maar toe voel hy die staalgreep om sy boarm.
Julle gaan nrens heen sonder my nie! Dis Koevoet, en hy het nie n druppel gedrink nie.
Twee soldate hardloop heel voor, met Grootraad wat soos n lap-pop tussen hulle hang. Die trop holderstebolder n hele ent agterna voordat almal ietwat tot bedaring kom.
Die res van die terugtog is meer georden, want Koevoet neem on-middellik beheer oor. Anders as die vorige aande hou die donker geen verskrikking in nie. Grootraad Makedaan, die helderste lig in die ganse bestaan van die Donkerbergtrop, gloei al die pad Slaap-krans toe.
n Bergpad het kronkels
Moeder Natuur het vroeg besluit om vanoggend liewer n sluier oor Slaapkrans te trek. Die oggendson spook vergeefs om die misgordyn weggeskuif te kry.
En wat n gesig is dit nie! Macho manne kreun van kopseer, klein-tjies is moeilik weens maagpyn, en iesegrimmige Mas sit en wag dat die spulletjie opklaar. Al die kwale en ongelukkigheid is natuurlik di-rekte afstammelinge van gisteraand se oermoer van alle partytjies.
Die jong wyfies is intussen vrygelaat, maar Karos, Plato en Tan-trum is steeds in aanhouding. Weliswaar sonder kopseer en koliek, maar dis omtrent al rede tot vreugde. Hulle is gisteraand kortaf mee-gedeel dat afrekening vanoggend sou plaasvind. Berta het sedert gis-teraand verskeie pogings aangewend om by hulle aan te sluit, maar die soldate wou haar nie in hegtenis neem nie.
By Schoongezicht heers n somber atmosfeer. Die amptelike kwartiere by Slaapkrans is uiteraard n baie private plek, maar van-oggend se misgordyn dra by om n ongemaklike geheim dig te be-waar. Grootraad Makedaan, pas verkose leier van die Donkerberg-trop, is nie wel nie, en dit lyk nie asof die toestand aanstons gaan verbeter nie.
Stafsekretaris Stompie probeer naarstiglik om sy omgedopte baas weer behoorlik vlot te maak en terselfdertyd te bepaal wat die om-vang van die skade is. Gisteraand se verwilderde pieng-pong-uit-drukking in die leier se o het bedaar, maar n nuwe probleem het nou ontstaan: Daar is niks in die plek daarvan nie. Nie skelmgeit nie, nie kwaadgeit nie, nie ambisie om vir n verdere vyf jaar te re-geer nie, niks. Nog erger: Grootraad Makedaan, die man wat die trop met n enkele woord kon mesmeraais, praat nie.
Soos die minute verbysleep raak Stompie al hoe meer senuagtig. Hoe gemaak as die trop begin navraag doen? Wat gaan hy antwoord as hulle wil weet hoekom Grootraad nie saamgaan asgate toe nie? Ook nie mre of oormre sy verskyning maak nie, en, wanneer hy dit wel eendag weer doen, sy volgelinge aanstaar asof hulle n besoe-kende balletgeselskap is?
n Afgetrokke Koevoet hou Stompie se pogings in stilte dop. Die o wat ander kere so maklik kan smeul, is vanoggend kil en koud, takserend.
Sonder om n woord te s staan Koevoet op en verdwyn in die rig-ting waar Karos-hulle aangehou word.
Die wagte kom vervaard orent toe hulle die groot, donker figuur in die oggendmis herken.
Dis tyd om te gaan. Net dit. Nie eens Hoe gaan dit, het julle lekker geslaap nie? nie.
Die drie gevangenes staan stadig op, o beurtelings op mekaar en op Koevoet.
Nie julle nie. Hy! blaf Koevoet.
Wat van hulle? wil Karos weet. Dit was tog die ooreenkoms  Wat jy waar kry, jou klein bliksem! sis Koevoet tussen sy slag-
tande deur. Grootraad het 
Grootraad! Grootraad? Koevoet se stem weergalm deur die vallei, skeur die misgordyn in twee. Koevoet lag. n Wrede, wrang lag, al harder en harder. Van hierdie oomblik af is ek baas! Doen ons dinge op my manier! Ek is die leier van hierdie trop! Het jy my? Koevoet se gesig is enkele sentimeter van Karos sn, maar sy stem slaan oral vas. Slaapkrans. Donkerberg. Die asgate, die lapa doer on-der.
Stafsekretaris Stompie hoor dit. Die trop hoor dit. Soldate!
Almal kyk bewend hoe Koevoet se troepe tussen hulle kom staan. Een neem voor Schoongezicht se ingang stelling in. Stil, effektief. Geen verdere bevele of instruksies nie, maar die boodskap is duide-liker as n gebulder of geblaf.
Ek s weer, dit was nie die ooreenkoms nie! Karos voel n kil woede in hom opstoot. Voor hierdie baar bliksem gaan hy nie l nie, al kos dit ook wat.
Koevoet bring sy groot vuis tot teenaan Karos se bors, maar daar is n beheersdheid van beweging, asof Koevoet die wilde perd in hom met n stywe stang ry. Luister mooi. Ek s weer. Grootraad is history. Stompie is boggerol. Ek, en ek alleen is nou die leier van die Donker-bergtrop! Is dit duidelik?
Karos s nie ja of nee nie. Kyk net vir Koevoet stip in die o, en die heeltyd is hy bewus van die dreigement van die groot lyf, die slegte asem, die kiem van magsoorname wat so lank reeds agter die donker o broei en nou helaas tot wasdom gekom het.
Koevoet kyk oor sy skouer: Wagte!
Twee soldate staan soos een man op. Hulle kry Karos aan die arms beet.
Vat hierdie man boendoes toe, en smyt hom ver buite die trop-gebied!
Sy donker o draai weer in Karos se rigting. Van hierdie oomblik af is daar n prys op jou kop! Waag dit naby Donkerberg en jys dood. Jy en hierdie merrie! Asof dit nodig is om sy erns te bewys, pluk hy Tantrum se kop genadeloos agtertoe. En jy, jou klein feeks, van nou af doen jy wat ek wil h!
Tantrum gil gedemp, haar o vol trane van pyn en vernedering. Jou opperste vuilgoed! Karos wil vorentoe, maar die wagte hou
hom terug.
So skielik as wat Koevoet juffrou Tantrum gegryp het, smyt hy haar eenkant neer. Die volgende oomblik vou Karos dubbel van n hou in die maag.
n Afskeidsgeskenkie, s Koevoet met n sarkasme wat selfs Grootraad hom moeilik sou kon nadoen. Toe, vat hom weg, s Koevoet met n wuif van die hand. Dis asof hy skielik belangstelling verloor het.
Dis di keer Tantrum wat probeer vorentoe beur, maar een van die soldate stamp haar terug. Ook Plato is magteloos.
Ons sal weer ontmoet, Tantrum, Plato  n Bergpad het baie kronkels, is al wat Karos uitkry voordat die soldate hom met een ruwe beweging omdraai. Weg van Donkerberg, in die rigting van die onbekende.
Die troplede kyk in stilte toe terwyl Karos en die wagte in die mis verdwyn. Niemand s iets nie, want Koevoet se soldate is oral. Dinge is skielik anders. Gn gejou of gekoggel soos met die verkiesing nie, en n Koevoet wat eenklaps gevaarliker lyk as Sluipstap.
Vanaf Donkerberg kronkel die bergpaadjie al met die hang langs in die rigting van die boendoes, die bobbejaanwoord vir die onbe-kende, die woesteny, wilde weste of wat ook al. n Brutale landstreek waar enkele klein troppe bosbobbejane oorleef. n Omgewing waar selfs n slim jongeling soos Karos gaan sukkel. n Bobbejaan is n tropdier, en wie gaan nou hierdie slim meneer, hierdie blinkgepoets-te dorpsmannetjie met ope arms verwelkom?
Hulle stap in stilte, maar Karos se kop is n maalkolk van gedag-tes. Pyn van afskeid. Woede oor verraad en vernedering. Kommer oor die toekoms. Links van hom die afgrond, regs van hom n digbe-
groeide gewelf van klip en rots. Dis soos sy lewe nou lyk, dink Karos. Hy kan nrens heen nie. Nie agtertoe of sywaarts nie, en wat voor wag is een stuk onsekerheid.
Die twee soldate s niks. Die pas is gemaklik, want daar is nie haas nie. Hulle weet dat selfs die mees desperate bobbejaan nie sal probeer wegkom nie.
Karos se o rek toe Koevoet skielik voor hulle in die bergpaadjie opdoem, maar die twee wagte lyk geensins verbaas nie. Dit kan die mis of dalk die smal bergpaadjie wees, maar die reus lyk groter as vantevore. Groter en wreder. n Man vir wie geen rels geld nie. Vir wie gn Grootraad meer kan s: Wag nou, of Hou jou in, nie. Hierdie Koevoet is die nuwe leier van die Donkerbergtrop, sy bors-kas nog deinend na die eise van die geheime kortpad hierheen.
Dis vir Karos dadelik duidelik dat die hinderlaag met sluheid en ervaring beplan is. Agter hom die grinnikende wagte. Links die af-grond. Regs n haas onklimbare steilte. Voor, Koevoet.
Julle kan nou gaan, s Koevoet aan die twee soldate. En ont-hou, gn woord hiervan aan enigiemand nie!
Die soldate knik en draai terug, omkyk-omkyk, spyt dat hulle nie die slagting kan aanskou nie.
Het jy regtig gedink ek sal jou laat gaan? grom Koevoet, o smeulend van haat. Hy gryns. Ek wag al lank hiervoor!
Karos staan botstil. Hy durf nie sy o vir n oomblik van die bru-tale vent hier voor hom afhaal nie. Die klassieke botsing van ver-stand teen krag, dink Karos. Net jammer dat krag die voordeel het: n Smallerige rotslys wat nie veel ruimte laat vir dinamiese denke of slim strategie nie. Van nou af is elke sekonde, elke asemteug kos-baar. Solank hy lewe, is daar n kans, n moontlikheid van uitkoms, dink Karos.
Ek verstaan jou nie, Koevoet  Karos probeer sy uiterste bes om nie bewerig te klink nie, al is hy. Waarom die ompad? Jys mos nou baas, jy kon my sommer vanoggend by Slaapkrans doodgemaak het.
Graag, gryns Koevoet. Maar daai merrie is kapabel en spring oor n krans, en nie een van ons kry haar nie!
Sy kan dit nog altyd doen.
Rrig? Na jou ou mooi afskeidsboodskappie? Sien jou weer lief-ling? Lie-e-fling!
In ander omstandighede sou Karos dit amusant gevind het, hier-die patetiese poging van n G Korsten-wannabe.
En as ek nou vir jou s jy kan haar kry, sal jy my laat gaan? Dans jy die lafaard wat ek gedink het jy is!
Ek weet wanneer ek verloor het, Koevoet  Karos praat stadig, kalmerend.
Hou jou bek, vuilgoed! Koevoet staan klaar gehurk, slagtande ontbloot.
Dit is dan dit, en so sal dit wees, flits dit deur Karos se gedagtes. n Roemlose dood op die bergpaadjie. n Hopelose slothoofstuk vir n verhaal van hoop.
Hy staal hom vir die geweld van Koevoet se magtige, harige lyf, vir die krag van sy hande, die wraak van sy tande. Ek gaan hom pro-beer vasgryp sodat ons saam oor die afgrond val, besluit Karos. Dan bly Tantrum die ondier gespaar 
Not so fast, s n stem agter Koevoet se bre rug. Dit kan net so-wel uit n cowboy-fliek kom.
Die bergpaadjie het inderdaad n paar kronkels, net soos die lewe. Fannas verskyn soos n skim. Uit die oggendmis, uit die bosse langs die pad, uit Koevoet se harige verlede. Brandmaer, met n arm wat nog nie gesond is nie, maar n paar o waarin die vlamme van ver-ontregting hoog brand.
Dis asof iemand vir Koevoet met n bojaanspnner tussen die o klits. Hy tol in sy spore om. Jy! Ek dog jys 
Dood? Karos is nog die ene bewerasie, maar sy stem is terug. Dis mos maklik om n dooie man te beskinder, n, Koevoet? Dis mos Fannas wat op eie houtjie die lapastoor wou plunder! En of dit nie genoeg is nie, gee julle vir sy arme ma n medalje, net sodat julle kan goed lyk voor die verkiesing!
Koevoet swaai brullend om, gereed om elke woord in Karos se keelgat terug te druk, maar hy bedink hom. Koevoet is nie Donker-berg se eerste rocket scientist nie, maar hy het ook nie n telraam nodig om te besef dat hy in die minderheid is nie. Die jong soldaat het n slap armpie, maar hy is goed opgelei, en hys kwaad genoeg om enig-een met een hand te verwurg. Dis nou skielik Koevoet wat moet tyd koop. Hy swaai weer om en kyk Fannas vas in die o.
Luister! Wat weet Karos van soldaatwees? Van koue nagte in op-leiding? Van trou sweer met n bloedeed?
Fannas sluk. Dit is nie maklik om jou bevelvoerder, jou hele lewe skielik so vierkant in die gesig te kyk nie. Moenie  Moenie my kop deurmekaar maak nie, Koevoet! Die lapastoor was jou opdrag! Ek vertrou jou nie meer nie!
Intussen meet Koevoet sy opposisie. Hy kan die jong soldaat gryp en oor die krans smyt, afarm en al. Vinnig omdraai vir Karos se keel 
Hy word selde gesien, maar almal weet van hom, vrees hom. Karos het hom gesien, so ook Koevoet en Tantrum se verskrikte koor. Vir Fannas was dit erger. Hy het sy tande gevoel, sy asem geruik. Afrika skryf sy draaiboeke sommer self, maar n filmregisseur sou sorg dat die klankbaan vol tromme is. Saggies, onheilspellend, in pas met die lae, amper slangagtige manier van beweeg. Dan sal die tromme eens-klaps swyg terwyl hy hurk, die spikkelvel trillend van ingehoue spierkrag. n Enkele simbaal vir die sprong, vermeng met die slagof-fer se laaste kreet. n Nabyskoot van die geplooide neus, die geel o wat klein word terwyl die kake sluit. Die slagoffer se patetiese ge-skop totdat alles stil word 
Vir Sluipstap het die vorige nag niks opgelewer nie. Bobbejaan-vleis ontwyk hom dae lank al. Daar is die jongste tyd n onrustigheid by die spul daar teen die berg, iets wat hulle behoedsaam maak. Daarom brei hy sy jagtog uit, op soek na n bok of iets, maar daars niks. En nou dit. Skuins onder hom is drie bobbejane, en hulle is nie juis op hulle hoede nie. Een is die grote voor wie hy nou die dag die aftog moes blaas. Daars die jongetjie wat hy vasgetrap het, net om met n bek vol bloed en hare toe te kyk hoe hy wegkom. Die derde een lyk vaagweg bekend. Gryp hy een van die kleineres kan die grote hom dalk pak, en dis juis di krel se bloed wat hy soek. Gryp hy die grote sal die ander twee op die vlug slaan, veral die een met die afarm 
Voordat Grootraad Makedaan sou kon s Tier verlaat Sluipstap sy lplek en kronkel teen die styl klipplaat af. Met die teiken in sy visier, werk hy die besonderhede van sy sprong uit. Hy sal die groot bobbejaan skuins van agter tref en hulle sal saam op die bergpad land. Dan sal hy byt en klaar byt 
Sluipstap se sprong is geruisloos, maar die duikslag pers n kreet van verbasing uit Koevoet se longe. Skok en instink laat die slagof-
fer omdraai, maar in di proses laat hy sy nek oop vir die luiperd se tande. Daar is n geroggel van min lug en baie bloed. Die o wat in lewe soveel haat en woede uitgestraal het, raak gaandeweg dof en dop dan finaal om.
Koevoet is dood.
Sonder tromme of simbaal.
