My mense
Dat hoenders ook my mense is, het ek eers n my troue ontdek, toe ons jonk en onervare gaan boer het. Jong boervroue begin almal op dieselfde manier met hoenders boer en brei daarna ooreenkomstig hulle aard en omstandighede verder uit. Party hoenderboerderye raak al groter en groter tot hulle betalende ondernemings word; ander raak al kleiner en kleiner tot die boervrou in krisistye by die strooise laat eiers haal.
nVrou begin met hoenders boer deur by haar man daaroor te neul. S het ek ook begin. My man het tegestribbel, want dit is bekend dat n hoenderhen twee keer soveel kos van die baas opvreet as wat sy geld vir die nooi inbring, maar dit is n feit wat geen boervrou ooit van n hoenderboerdery afskrik nie.
Eindelik het ek dan n kuikenhuis, kompleet met n glas-venster en n ordentlike sifdraadkampie daaromheen, uitge-neul en my kuikens bestel. Bestel net die beste, want hulle eet net soveel as die slegste, gee party buurvroue my raad; bestel net die swakste, want die beste vrek net so maklik soos hulle, raai ander my aan.
My kuikens kom. Net die koms van my babas later kon so-veel opwinding en geesdrif oortref. Ek het ure in die bedom-pige huisie saam met hulle deurgebring om te sorg dat hulle ge-maklik is. Ek het drome gedroom en gesigte gesien. Toe ek my kom kry, begin ek sekeres uitken; toe ek my kom kry, het ek n paar knieseriges in watte voor die stoof en voer hulle antibio-tika met n oogdruppertjie; toe ek my kom kry, is party so mak, hulle eet uit my hand. Ek gee hulle name: ou Skewes, ou Vlek-
kie, ou Ogies, ou Piet. As ek vir hulle sing, lag hulle, as ek met hulle raas, druk hulle hulle snawels van skaamte in die kos. Hulle spring op my skoen se neus en klou jillend my kouse vas as ek loop. Hulle dink ek is hulle ma, sowaar as wat ek leef.
Dit was toe reeds vir my man duidelik dat my hoenderboer-dery in een van die onbetalende soort gaan ontaard, die per-soonlike soort, waar die hoenders sulke vriende van jou word dat jy nie kan verwag hulle moet nog vir jou eiers ook l nie. Dit het my glad nie ontstel nie. Daar sou tog dan en wan iets vir ontbyt wees, en hulle kosrekening sou ek nog lank met misluk-te koeke en verbrande pampoen onder beheer kon hou.
So speel-speel het dit voortgegaan tot n middag vroeg in Desember toe my hoenders net mooi uit hulle babavere gegroei het, njaap-njaapkuikens geword het, soos my buurvrou s  darem al hoender, maar nog nie eier nie. Die weer kom die mid-dag toe so lelik aan. Ons het skaars die vensters en deure toe, die renwatertenk oop en die wasgoed van die draad, of die eerste haelkorrels val oor die werf of hulle met die hand gesaai word. Dit word pikdonker in ons platdakhuisie. Gelukkig dat die hoenderhuisie daar is, dag ek nog, nou is my hoenders da-rem veilig.
Een van die eienaardighede van ons toentertydse huis wat so teen die afdraand gesit het, was dat as die reent straf kom, die water bo-oor die afleivore loop, by die agterdeur in, oor die kombuis se sementvloer, onder die middeldeur deur tot op die eetkamer se plankvloer, waar dit deur die groot splete onder die vloer verdwyn, verder spoel en weer onder die fondament by die voordeur uitloop. Weke n so n reent ruik die eetkamer en die voorhuis so muf soos n grafkelder. Met die gevolg dat ek daardie middag ook weer haastig voorom hardloop om die kombuisdeur van buite met sakke en bakstene dig te maak, terugkom en die middeldeur met strykkomberse en stronk-sakke toestop en met n emmer en n skepding regstaan. Die water wat dan insyfer, jaag ons haastig met die besem in n hoek vas, skep dit op en skiet dit by die venster langsaan uit, sodat die stroom nie die plankvloer bereik nie.
Eindelik bedaar die weer, en ek staan nog by die venstertjie en uitkyk na die haelriwwe oor die gras, toe die eerste onheils-klop aan die bodeur kom. Daar staan die werfhandlanger tot oor sy enkels in die haelwater met n sinkbad vol platgerende hoenders: geskrik toe hulle die hael op die sinkdak hoor, uitge-hardloop en in die koue verkluim. Maar hy weet van hoender, s hy. As die miesies hulle gou-gou met warm water afspoel, dan partkeers kom hulle reg. Hy gee hulle vir my aan soos bossies blomme op stywe stele. Ek raap die wasskottel op, gooi die ketel daarin leeg, dompel die eerste kuiken in, spoel die modder uit sy verlepte vere, droog hom sommer met my voor-skoot af, en jou waarlik, hy begin te skop, en toe ek hom op die vloer neersit, bly hy regop soos n blompot staan.
Tog moontlik! Toe ek die derde kuiken in die skottel het, kom die tweede klop aan die deur en n tweede bad vol hoen-ders. Ons pak hulle oop soos miskoeke, ons sit l wat le kas-trol is vol water op die stoof. Ons stook die vuur met stronke dat dit dreun en ons was hoenders. Elke keer is daar maar weer n klop, weer n bad vol hoenders. Daar is later niks meer om mee af te droog nie, en ek gaan haal haastig my vrolik gestreep-te uitsethanddoeke en hang die ander voor die stoof om droog te drup of bruin te skroei, selde wat. Ons pak koerante in die oond, sit party van die hopeloosste gevalle daarin om warm te word. Party haal ons deur; hulle sit daar verslae oor wat hulle getref het. Vir die ander is dit helaas te laat en hulle l stomend morsdood op n hoop in die hoek.
Die kombuis is nie baie groot nie; die hoenders oor die tweehonderd. Alle deure en vensters moet toe bly en die stoof ratel later van die hitte. Ek is nat tot op my lyf. Wanhopig en siek van treurigheid was ek maar hoenders. Eindelik is alles dan klaar. Die hele kombuis van onder die tafel tot teen die deure staan vasgepak van die hoenders, en n onheilspellende hoop toring lyfhoog in die hoek. Dit is halfnege in die aand. Ek weet nie waar my man is nie. Ek het hom sedert die onheils-klop op die agterdeur nog met geen oog gesien nie. Sit seker binne by brood en melk, want van kosmaak was daar geen
sprake nie. Ek gee die getroue werfhandlanger vir sy onder-skraging tien dooie hoenders present en stuur hom huis toe.
Nou begin ek by die hoop dooies. Ek trek hulle vere, klaar losgestoom, af en haal hulle binnegoed uit. En nou, alleen by die lig van die paraffienlamp en verlos van die angsvallige be-drywigheid, herken ek hulle een vir een soos ek met hulle werk. Hier is die outjie met die skewe vlerk, die een met die wit vlekkie by die oor, die een wat so hard probeer het om te kraai, die een wat altyd die vetergaatjies van my skoen wou uitpik; en hier, stil en nou net maar n swart ou flenterkardoes, is Piet. Ek huil. Daar, eindelik, staan drie skottels vol bleek lykies van hulle wat my so sonnig, so bevatlik liefgehad het, my swakke pogings om vir nooitgekende moeders plek vol te staan, in soveel goeie trou aanvaar het.
Dit is seker naby elfuur. Ek weet ek kan die oorlewendes nie terugneem hoenderhok toe nie, hulle sal net hier in die kombuis moet slaap. Ek prop die laaste stronke in die stoof, kyk oor die swyende swart skare en maak die middeldeur ver-sigtig agter my toe. Dis donker voor my en ek sien n flou skre-fie lig onder ons toe kamerdeur. Ek maak dit oop en staan in die deur. My goeie man l onder die komberse in die eilandjie van die paraffienlamp en lees, stil, weg van alles. Hy kyk op na my, druipend nat, verwese gehuil en ryp gestoom in hoender-mis en -afval. Dit was n strenge toets vir die liefde, hoe jonk en seker ook al.
Niemand kan hom kwalik neem toe hy aarsel voor hy die deken vir my oopslaan nie: Ek het jou naghemp daar op die stoel by die deur gesit. Daar is warm water in die fles by die skottel. Maak jou bietjie skoon en kom l, dan lees ek vir jou wat s genl. De Wet in hierdie boek oor die Slag van Rooiwal. Nie n woord van troos oor my hoenders nie.
Diep gekwets klim ek later by hom in, glad nie genteres-seerd in wat genl. De Wet oor enigiets te s kan h nie. Toe hoor ek vir die eerste keer die gedreun van die spruit, ek hoor die gedrup van die dak, en die yskoue asem van die deurhaelde landskap buite kom aan my wange vat. Daarmee saam ook baie ander dinge.
Jou mielies! Was jy daar? vra ek bang. Hy sit die boek neer: Nee. Ek weet mos 
Ek beur oor die geweldige lakenvlak wat n dubbelbed soms kan h tot teen hom vas. Ons l in mekaar se arms, weerloos af-sonderlik en tesame teen die meedonlose wette van die na-tuur waarin ons moet lewe, geluk vind en geloof behou. Die groot donker nag, die reuk van kneusing en pyn, die silwer doodskleed, die invreting van die water, dit l alles myle wyd om ons heen gesprei. S het ons aan die slaap geraak.
Toe ek die volgende oggend wakker word, is dit van iets vreemds, iets soos n koesterende rustigheid oor my, asof daar n senende hand oor ons bed gestrek is. Ek lig my kop na een van die vreemdste gesigte wat ek ooit in my lewe gesien het. Bankvas, bo-oor ons op die kombers, bo-op die kas, die stoele, die hele vloer vol, staan swart hoenders saamgedrom. Wakker soos brandwagte, maar roerloos, asof hulle bang is om die stilte geweld aan te doen, staan hulle daar.
Waarskynlik het dit iets met die uitermatige hitte in die kombuis en die latere temperatuurdaling te doen gehad dat die middeldeur se slot oopgegaan het. Hulle het die warmte van ons slaapkamer gevoel en daarheen versit. Beslis, ja, dit is al wat dit was, moes ek toegee  as ek aanvaar dat hulle hoenders is. Maar nou was hulle nie. Hulle was mense, my mense.
Hoofstuk 1
Die skarminkel van n man met die motgevrete vosbaard en o wat so gedurig bokspring in die kasse, gooi die pruimpie met sy tong oor na sy ander kies en spuug n bruin straal rakelings oor die hotagteros se kruis. Hy speel met die langsweep oor sy bontspan en gesels. Aanstap! Aanstap! Ai-ai daar, my kaller!
 Hy wend hom tot die gehurkte seun langs hom. Nou nie meer altevol ver nie, ou Naasman. Sien jy die bos doer diekant op hot? Nou net so n halfuur te perd of so verby hom kry ons die opstal. Dis waar jou oupa Losper bly, haarkant so neffens die wapad.
Naas Ferreira knibbel langtand aan die nuus. Hy is n seun van so veertien, vyftien jaar, maer en met n honger gesig en o wat plattrek van gedurig in die skerp sonlig kyk. Maar dit is nie al aan hom wat opval nie. Eintlik sien mens heel eerste sy kort nek, sy ho borsbene en die groot bult onder sy hemp op die skof van sy rug raak. Dis n allemintige lang pad wat hy tot hier saam met oom Abel Klootwyk en tant Soufie afgel het.
Dan moet ek nou by hulle loop bly, oom Abel? vra Naas vir die soveelste keer; vrees in die opslag van sy o. Hy het oom Abel Klootwyk en tant Soufie op die lang pad hierheen al so gewoond geraak. Hy kom goed oor die weg met hulle. Met ossewa op die wapad boer, is iets wat hy goed ken. Al wat hy ken.
Dis die akkoord. So het ek vir jou stiefpa gebeloof. So moet ek maak; dan verdien ek wat my toekom. Abel Klootwyk blaflag verskonend. Hoe wil dit lyk, Nasie, jy lus nie om by jou oupa-hulle te loop bly nie?
Ek ken hulle nie. Ek ken hulle van gn kant nie, oom Abel, kla die seun sy nood.
Jou oorle ma se pa-hulle. Dis jou hoortmense, bloed van jou bloed. Met jou eige bloed kry n man dan sommer sy pad. Of wou jy by jou stiefpa Willem Bessemer gebly het? Ga! Abel Klootwyk blaflag weer. Dis maar n sonder-omgee-man darie. Jyt self ges 
Naas Ferreira ril sigbaar. Hy tuur swyend voor hom uit, sy gesig in ellende verknyp. Hy is klein vir sy ouderdom, half verpot, so asof hy van sy kruipdae af net die agterspeen gekry het.
Of wil jy seg ek moet jou terugvat? Ek kan altyd loop s ek het my mal geverdwaal en kry die oumense gn. Abel Klootwyk lag weer en sy adamsappel ry wipplank in sy lang keel.
Naas Ferreira praat nie. Net sy hande klem in vuiste. Sy gesig verknyp in groter ellende. Toe kyk hy op na Abel, die bang vraag in sy weerlose o.
Of wou jy pal by my en antie Soufie op die wapad kom bly het?
Ek wil by oom Abel-hulle bly, s Naas baie ernstig.
Abel Klootwyk se gesig versober. Hy dink n oomblik, skree dan byna opgewonde na agtertoe: Het jy gehoor, Ma?
Agter uit die watent skree n ho vrouestem gul: Ja, my pa!
Dis wat ons, jou antie Soufie en ek, die graagste wil h. Ja, ons het nie kind of kraai van ons eige nie en ons is al so gewoond aan jou, Naasman. Abel Klootwyk knaag n oomblik aan sy pruimpie, spuug n slag sekuur. Maar nou is daar n belofte en n kontrak. Ek is gebetaal. Nou moet ek doen wat ek gebeloof het.
Kan ons nie maar verbyry nie, oom Abel? Ons kan mos s my oupa wil my nie h nie. Ons hoef niks te s nie. Stiefpa sal nooit weet nie, pleit Naas sielsernstig.
Nee, Naasman, dis kontrakbreuk. Ek sal dit altyd op my konsensie h. Nagte as ek nie kan slaap nie, sal dit my soos n nagmerrie ry. Sien, jou antie Soufie en ek kan jou niks vir eendag beloof nie. Ons is kerkmuise, arme sukkelaars gedoem om te swerf. Maar jou oupa het n groot plaas; is glo n vermonde man met beeste, bokke en sulke goed. Daar wag n erfporsie vir jou eendag. Ja, Naasman, verontreg wil ons jou nie. Maar dit beloof ek jou: Ons sal, as ons kan en die lewe behou, af en toe met die jare se loop hierlanges kom en kom oog gooi oor hoe dit met jou gaat. En is jy die dag mondag en jou eige baas is met n sinnigheid vir die wapad  Nou ja, dans jy mos jou eige president en kan jy jou kies maak  of wat seg ek tog?
Naas reageer nie sigbaar op oom Abel Klootwyk se voorstel nie. Oom Abel, op sy beurt, gesels weer met die osse, spring selfs n slag van die wa af en dryf hulle lustig voort. Hulle gaan langsamerhand ver verby die bos op linkerhand, n plaat doringbome met karee, buffeldoring, witstinkhout, wag-n-bietjie, taaibos en deurmekaarhout yl gesaai tussenin.
Die eerste doringbome verskyn nou kol-kol langs die pad en die plantegroei word gaandeweg digter. Die wreld word al mooier, n die eindelose grasvlaktes. Hoe nader hy aan sy bestemming kom, hoe meer neem die beklemming om Naas se hart egter toe. Wat wag vir hom?
In die land Goosen, daar aan die Marokkaanse rante, het dit dikwels nie goed gegaan nie. Sedert sy pa-hulle die Kolonie verlaat en die ongetemde wildernis ingegaan het, het die een teenslag op die ander gevolg en hy was daarvan die direkte gevolg, al het hy dit nie geweet nie. Wat hy daarvan weet, is wat sy ousus aan hom vertel het.
Ousus het hom alles vertel van die trek uit die Kolonie, glo uit die omgewing van Cradock. Want hulle het oor die dorre Karoo getrek, tot oor die Grootrivier die niemandsland in. Van toe af is daar blywende indrukke. Sy ma het n tyd lank knaend in die watent gebly. Ma gaan n babatjie h, het sy ousus ges. Toe die kind kom, is dit n tweeling wat skaars twee weke gelewe het en sommer onder n doringboom, n paar myl uit mekaar, n graf gekry het.
Hulle was tog n gesellige groepie bymekaar. Daar was Ousus, dan Jopie, net ouer as hy, Fransie en sy tweelingboetie Kerneelsie, en die ander tweeling, Stefaansie en Martatjie, net uit hulle doeke. Daar was sy pa en ma, oom Willestefaans en oom Kalie.
Oom Willestefaans en oom Kalie het baie te perd gery. Hulle het gereeld met n wildsbok wa toe gekom. Sy pa het plaas gesoek, di plaas. Sy ma het ges: Joop, jy trek oor trek trek is. Wanneer kom ons eendag tot ruste?
Maar die wapad het hulle woning gebly. Wild was daar vir die skiet, en die mense van die land was skaflik. Ook nie altyd nie. Naas onthou te goed toe kaptein Malabog en Mankoeraan, sy toordokter, so lank met sy pa gesels het. Hulle het onder die kameeldoring langs die wa geredekawel. Sy ma het intussen op haar riempiestoel by n eenkantvuur koffie gebrand, later opgestaan.
Toe sy weer haar stoel soek, het Mankoeraan dit vir hom weggedra; sit hy te lekker breed. A nee, magtig, dis te kontant! het sy ma ontplof. Sy het Mankoeraan van haar stoel afgestamp en toe die agterossambok gegryp.
Kragtie, ek het nou genoeg van julle. Trap! Trap in julle swernoot in! Toe l sy sambok in. Ook kaptein Malabog het deurgeloop.
Dit was presies waarvoor oom Willestefaans gewag het. Naas sien nou nog die kaptein en sy toordokter val-val tussen die bome vlug met die koels uit oom Willestefaans se roer wat die stof weerskante van hulle opskop.
Naas se pa was woedend. Nelie, nout jy moeilikheid gemaak. Nou sal ons moeilikheid kry, het hy ges. Tag, Malabog en ek het ampers n voorwaarde gebereik.
Voorwaarde se voet. Hy wou jou kind kwansel. Ek het mos ore. Ek het mos o, het sy ma heftig teruggekap.
Jy maak jou dinge wys, vrou. Ai, ons moet met die mense saamleef. Sy pa het moedeloos na sy ma gekyk.
Di het haar mond vies op n plooi getrek. Maar dan kom sit sy volverskrikkers nie op my stoele nie.
Nous jou stilsitplek in di land vir goed daarmee heen.
Ook goed. Ook goed. Ek hou nie van hierdie godverlate wildernis nie. Ek  kragtie, ek sien mos hoe word my kind bekyk!
Sy ma se stem het weggeraak, en n vreemde, hartseer kyk het vir n oomblik oor sy pa se bruingebrande gesig gekom. Toe hy weer praat, was sy stem vurig en op oom Willestefaans gerig.
En jy, Stefaans, jy is glad te voor op die wa met jou roer. Magtig, alles is nie aldag n grap nie. Malabog se mense sal kom. Hulle sal in die nag kom 
Joop, laat die maaikaiers kom, nag of dag. My bobbejaanbout  oom Willestefaans het met die plathand op sy roer geslaan  en ek sal hulle groet. Gedorie, hulle sal weet hulle was gegroet!
Daardie nag is van hulle trekosse gesteel. Naas se pa en sy broers het gaan soek. Sy ma het met hul kinders en n haelgeweer by die wa gebly, twee nagte en twee dae lank. Laat die tweede middag het sy pa en oom Willestefaans sonder oom Kalie terug gekom.
Na nog twee dae, toe kom Malabog en sy veldraers. Oom Joop het intussen, met van die koeie ingesluit, n halwe span voor die wa kon sit. Naas se ma moes vlug met die wa; Ousus, voor die tou, moes ook pad soek. Sy pa en oom Willestefaans, op perde, moes die skreeuende aanvallers van hul lyf af hou, die hele dag lank.
Die nag het hulle aan n dro rivier gerus. Die beeste moes rus; vreet. Ousus en Jopie moes di nag beeste oppas. Want hulle sou enige oomblik weer moes inspan.
Ousus het gillend by die wa aangekom: Pa, n ding  n wilde ding het Jopie gevang!
Naas se pa en oom Willestefaans is die bosse in. Hulle het ligdag teruggekom met die osse en 
Sy pa het met wat van Jopie oorgebly het by die wa aangekom. Daar was skaars iets om te begrawe.
Die wye wreld het vir hulle te nou geword. Naas se ma het aan sy pa ges: Joop, as ek te sterwe kom en jy my begrawe het, moet jy my kinders wat oor is vat en padgee uit di land. Trek reg oos die Transvaal in en verneem daar rond, daar iewers is my mense, Pa en Ma Losper en Maria, my suster. Gaan gee my kinders vir hulle. Want as jy dan moet swerf, swerf in jou malle verstand in, maar sonder die kinders.
Naas se pa het beloof. Maar dit sou nie Naas se ma wees wat eerste dood is nie. Hulle het getrek tot hulle in die dorre landstreek by n groot water gekom het. Dit was die mooiste plek. Wild het daar gewemel. Dis die land Kanan di. Hier kan ons bly vir altyd en altyd en nog n paar dae, het oom Willestefaans ges en sy pa het beaam.
Die swerwers het sommer uit die staanspoor drome gedroom. Biltong en velle  Velle kan n goeie prys by die naaste handelspos in die suide behaal. Ook horings. En jy kan seep kook, Nelie. Nou kan jy na hartelus seep kook! het Naas se pa geesdriftig herhaal. Hout was volop.
Hulle het onder n plaat kameelbome naby die pan kamp opgeslaan. Hulle het takkrale vir hul diere gebou en binne n week, behalwe vir leeus, ook ontdek daar sluip Boesmans rond. Vir hulle sal ons moet kleinkry voor hulle ons uitroei, het oom Willestefaans gewaarsku en Naas het n nuwe vrees in sy ma se o gewaar.
Toe het die trop olifante die dag by die pan opgedaag. Genade, Joop! Wat n rykdom! het oom Stefaans uitgeroep en na sy roer gereik.
Wag! Hou jou in, Stefaans! het oom Joop gekeer en eers n plan uitgewerk. Hulle het die olifante van n kant genader en subtiel pan toe gedruk. By die pan, toe sommige al in die water was, het hulle begin skiet.
Die verskrikte reuse is dieper die water in. Daar het van die grootstes in die modder vasgesit. Altesaam dertien bulle met mooi tande is geskiet. Die Boesmans het uit die niet verskyn en beduie hulle wil van die vleis h. Oom Joop-hulle het twee dae oor n boeg tande uitgekap. Die Boesmans is intussen belaai met vleis daar weg.
Oom Joop-hulle het onverwags ongekende rykdom voorsien. Oom Willestefaans is met die wavrag tande en velle inderhaas Kolonie toe met opdrag om trekosse en baie ammunisie te bekom. Hulle het lank geswerf, maar hier was hulle land van belofte!
Daar langs die pan, daar waar water van iewers af kom en nooit minder word nie, het hulle die maande om gewag. Die olifante het nie weer gekom nie. Hulle het gewag. Hulle beeste, ook die osse wat oom Stefaans gekoop het, het siek geword; gevrek.
Van die vlieg, het oom Stefaans ges. Ons moet padgee van die pan af.
Maar weg van die pan was hulle ook weg van water af. Hulle het n keuse gehad tussen die dood en die dors. Hulle moes maar weer pan toe trek. Op n dag was daar nie meer genoeg osse om die wa te verskuif nie. Toe het oom Willestefaans siek geword. Die koors het hulle een na die ander platgetrek. Fransie is eerste dood. Toe oom Stefaans. Toe een van die tweeling. Toe Naas se pa.
Tant Nelie was gestrand, n weerlose vrou in die godverlate wildernis, met n dogtertjie van so elf jaar, n seuntjie van so ses, Kerneels en Kleinsus wat nog nie getel het nie. Die koors het gewyk, maar n ander bedreiging het gekom: die Boesmans, opeens brutaal, noudat n man met n roer nie meer gedreig het nie.
Die Boesmans het gekom, hul enigste melkkoei se hakskeensenings afgekap en die vleis stuk-stuk weggedra. Die roer in sy ma se hande het die rowers tg laat besin. Hulle het die vrou en kinders sporadies beler, dan weer vir dae weggebly. Maar hulle sou weer kom en elke keer wanneer hulle kom, sou dit in die nag en met nuwe listigheid wees.
Kere wanneer hulle drinkwater opraak, het hulle man en muis gaan water haal. Ousus moes die waterhouers dra; hul ma die roer. Naas moes Kerneels en Kleinsus elk aan n hand hou, oor die brandende sand voortsleep.
Op n dag, terug by die wa gekom, vind hulle die wa geplunder, die wakis oopgebreek en hul karige klerevoorraad wyd gesaai. Wat die Boesmans gesoek het, sou hulle nie weet nie.
Hulle het nog net een koei gehad. Sy het gekalf. Toe vrek die koei van maerte. Die kalfie het twee dae lank verdrietig gebulk. Toe het hulle sy bulk ook nie meer gehoor nie.
Hulle kos, die laaste van die baie biltong wat aan die begin so oordadig gemaak is, het opgeraak, was tot op die boom toe gedaan juis op die dag toe die nuwe trekkers daar opdaag: n bebaarde Boer, sy vrou en vyf kinders met wa en sestien osse.
Dis n bestiering van Bo, mens, het die man vir Nelie Ferreira ges. Dis of die Here my aanges het om hiernatoe te kom. Vra vir die vrou daar. Net eergister het ons nog gewik. Plan was om daar by Haakboslaagte oos agter oolfante af te draai. Maar toe  toe is my haarvoorwiel aan die kalf en toe seg ek vir die vrou ons moet pan toe trek. Ek moet die wiel eers ordentlik gekort kry, want anderkant Haakboslaagte is die kalkslaggate. Met n slegte wiel daar in, soek n man sy ongeluk. Ai, wat n bestiering!
Die trekker, Willem Bessemer, het n week oorgestaan, sy voorwiel gekort, n gemsbok en n hartbees geskiet, sy waterkanne volgemaak en toe ges: My osse het nou goed gerus, vrou Ferreira. Ek s jou wat doen ons. Ons haak jou wa agter myne. Ek sleep jou saam tot iewers waar daar n medemens is en jy verder geholpe kan raak tot by jou mense.
Ai, neef Bessemer, ek sal so dankbaar wees, het Nelie ges. Hulle het in die koers van die opkomende son getrek.
Maar toe het die noodlot nog nie met hulle klaar gehad nie. Oom Willem moes n bietjie te veel aandag aan die weduwee gegee het. Hy, Naas, was nog te jonk om van sulke dinge te weet. Hy weet net tant Elsie Bessemer was n tante met n vlymtong. Sy het gedurig oorgekook en teen iemand afgegaan. Was dit nie n balhorige kind nie, was dit oom Willem wat deurgeloop het. Die Ferreiras het sy aanvanklik links laat l.
Tant Elsie het egter op n dag en sommer sonder waarskuwing haar woede op Ousus geledig, verskriklik. Naas was saam met klein Freek Bessemer by die beeste en bokke so n ent weg van die wa toe hulle die lawaai hoor. En toe Ousus se geskree, kompleet soos n maer vark. Hulle het gehol en gaan kyk, betyds om te sien hoe tant Elsie Ousus aan die hare beet het; haar teen n boom te pletter wil slaan onderwyl die een gruwelike beskuldiging na die ander oor haar lippe rol.
Tant Nelie het handewringend gesoebat: Seblief, nig Elsie? Ai tog, nig Elsie! Nig Elsie! Hulle was afhanklik van die Bessemers, aan die voetvalkant, aan die bedelkant.
Maar toe kon tant Nelie dit nie langer verduur nie. Elsie Bessemer was in staat om haar kind te vermink. Jou helleveeg! A nee a, sie jy end kry!
Jou !
Dit was opeens lelik. Naas was verslae. Hy kon net huil; ook Kerneels. Ousus  Dat twee vroue mekaar so die klere van die lyf kon skeur! Elsie Bessemer was besete van woede. Naas se arme ma 
Oom Willem en Basie het uit die veld opgedaag. Oom Willem het n groot woord gelos, uit die saal gespring en die twee vroue uitmekaar probeer pluk. Naas se ma, haar klere in repe aan haar lyf, was te dankbaar om pad te gee; het haar naaktheid met haar flenters probeer bedek.
Maar tant Elsie was nou eers onkeerbaar. Sy het uit haar man se greep gebreek en tant Nelie aan die hare beetgekry Oom Willem moes weer tussenbeide tree, di keer hardhandig teenoor sy vrou. Toe sy begin skel en liederlik vloek, het hy haar geklap, weer en weer, tot sy waansinnig na hul wa toe gehardloop het, daar n oomblik vertoef en toe met haar jongste op haar heup die bosse in is.
Los haar. Ek ken haar so. Sy sal oor haar dinge kom en dan wa toe kom, het oom Willem ges. Nig Nelie, gaan na jou wa toe. Kry iets aan jou. Sy o was afgewend.
Elsie Bessemer het nie teruggekom nie. Dit was n onuithoudbare situasie. Nelie Ferreira het daarna net een keer met Willem Bessemer gepraat. Neef, jy moet my en my kinders hier los. Haak my wa af. Ons kan nie verder saam met julle nie. Die Here sal ander uitkoms bring.
Willem Bessemer het nie gereageer nie. Hy het deur skrefieso die kimme bestudeer; na sy vrou gesoek. Hy wou daardie dag nog middagskof ry om by water uit te kom. Maar sy vrou en sy jongste het nie teruggekom nie. Tot dit donker word, het hy bly soek. Hulle het geroep na haar en dan met ingehoue asems geluister. Sy het verdwyn met hul baba asof die aarde haar ingesluk het.
Hulle het hulle in n woeste wreld bevind, n land sonder wet of geregtigheid. Elke man was sy eie wet, aanspreeklik vir sy dade net aan God. Maar in sy hart was Willem Bessemer n goeie mens met deernis vir sy naaste en ingestel om God se gebooie, soos hy dit verstaan, te onderhou.
Elsie Bessemer het nie teruggekom nie. Hulle het voortgetrek, dae aaneen, herwaarts en derwaarts. Hulle het af en toe ander trekkers raakgeloop. Die Ferreira-wa was nog agter Willem Bessemer se wa gehaak. Tant Nelie en haar drie kinders het in hul wa gebly. Maar by uitspannings en stanings het hulle n gesamentlike kookskerm gedeel; het Nelie die kook- en versorgwerk gedoen.
Nelie Ferreira het s die moeder en versorger van almal geword, sodat Willem Bessemer, sedert sy vrou se verdwyning n afgetrokke man, op n dag ges het: Nelie, jy is al klaar so moeder vir my kinders. Wil jy nie maar vrou vir my ook wees nie?
Ek weet nie, Willem. Ek weet nie of dit reg sal wees nie. Nelie was meteens verbouereerd; blosend.
Maar hoe sal dit nie reg wees nie? Ek het jou so nodig en jy het my tog ook nodig. Hoe sal dit nie reg wees nie? Ek maak aankomste week weer n draai by die handelspos. Dan kan ons maar verder aan met die pont oor die Grootrivier gaan en voor die magistraat op Prieska gebooie opgee. Dan sal dit mos reg wees.
Ja, ek dink dan sal dit reg wees, het Nelie Ferreira beaam.
Toe het sy ma opeens nie meer saans saam met hulle in hul watent ingekruip nie. Hulle drie kinders het nou alleen in die wa geslaap en n gevoel van vereensaming en verwaarlosing ondervind.
Dit het so gevoel hulle ma het woord gebreek met hulle. Ousus het nou nog meer as voorheen Naas se toevlug en beskerming geword.
Willem Bessemer was nou joviaal. Hy het baie gelag. A nee a, jy moet nou vir my Pa s, jong, het hy Naas op n dag konfronteer.
Ja, Oom, het Naas ges  en daarby het dit gebly. Maar toe het hy agtergekom Basie, Freek en Elsie s vir sy ma Ma.
Hy en Ousus het nie vir oom Willem Pa ges nie. Hulle het n ma verloor, nie n pa gekry nie.
Basie en Freek het Naas nog soos in die verlede afgeknou wanneer hulle maar uit die volwassenes se oog is. Hulle het hom gespot en hom ou knoprug, genoem. Hy het toe al geweet hy is anders as ander kinders. Maar toe het Basie in die sand geteken hoe ander kinders lyk en hoe hy lyk.
Toe Naas die neklose ding sien met die lang maer arms en die lang maer bene en met die knop agter die rug en Basie s dis hy, want dis hoe hy lyk, en Freek ook s dit is hy, het hy woedend geword. Hy het die nare tekening met sy voete vertrap en hulle met n skreeu bestorm. Hy wou hulle vermorsel. Maar elkeen het n koers ingehardloop en begin koggel: W, ou knoprug! W, ou knoprug!
Eers daarna het die verdriet gekom. Hy het nou geweet daar is iets met hom anders as met ander kinders  en dat di iets hom ook weerloos teen hulle spot maak. Dit het hom vir die eerste keer getref waarom sy pa, oom Stefaans en ook sy ma, hom apart van die ander behandel het, so of hulle hom meer liefde wou gee. En nou het hy ook geweet hoekom sy ma wanneer hulle alleen was, gehuil het en hoekom sy so kwaad geword het wanneer ander kinders hom afknou.
Daardie aand in die watent toe Kerneelsie al slaap, het hy vir Ousus gevra: Ousus, hoekom is ek soos ek is?
Nee, hoe vra jy nou, ou Naas? het Ousus weggeskram.
Daar is iets verkeerd met my. Hoekom s Freek-hulle vir my knoprug?
Freek-hulle is sommer vuilgoedse kinders. As ek moet hoor hulle s so vir jou 
Ousus, maar daar s iets verkeerd met my. Ek weet ek is nie soos ander kinders nie. Ek  ek is gebreklik. Hoekom is my arms en bene so maer en lank? Hoekom s hulle vir my ou knoprug?
Aag! Ousus het tog nagedink. Toe s sy: Nasie, my boetie, jys n boggelrug. Maar dis nie jou skuld nie. Jy is gebore met n knop op jou rug wat jou rug agteroor trek en jou bors uitdruk.
En  en ek het nie n nek nie.
Jy het n nek, maar jou nek is kort. Jou nek maak nie saak nie, want jy het jou verstand. Jy het voete om mee te loop en hande om mee te werk. Ja, jy kan werk en jy kan praat en alles. Jy sal  jy sal miskien nie kan trou nie. n Meisie  n meisie  meisies is sommer snaakse, nare goed.
Ag, ek gee nie om nie. As ek tog net altyd by jou kan bly.
O, by my kan jy altyd bly. Ek sal jou nooit verstoot nie, het Ousus beloof.
Dit was genoeg vir Naas. By sy ousus. By Ousus het hy veilig en beskermd gevoel. En omdat hy nog kind was, het hy aanvaar dit sou altyd so wees. Ousus sou altyd daar wees soos n boom wat hom koelte en skuiling teen son en onweer gee.
Maar Ousus het geblom in n jong vrou en die jong jagter wat sommer so terloops op n dag by hul staning uitgekom het en daar koffie gedrink en beskuit geet het, het haar opsommend gadegeslaan en sy eie gedagtes gedink.
Die jong jagter het kort daarna weer gekom, di keer met sy wa, n blomwa en n span van agtien osse. En hy het gepraat van die wildsparadys na die weste anderkant die groot sand, daar waar n land van oorvloed wyd uitgestrek l.
Hy het n paar dae vertoef en toe vertrek, maar nie voordat hy sy geneentheid vir Ousus ondubbelsinnig laat blyk het nie. En daarna was Ousus n ander mens. Dit was so asof sy nie meer so bewus van hom en Kerneelsie was nie. Sy het lief geword om sommer so tussen die yl staande bome te dwaal en soms droomverlore te sit. En sy het gesing met die vreemde blydskap, die vae treurigheid, die verlange in haar.
Toe Piet Gunter, die jong jagter, weer kom, was dit om Ousus te kom haal. Sy is saam met hom in sy blomwa daar weg, eers af Prieska toe om getroud te kom voor die magistraat. Dan sou hulle spoorsny deur die Kalahari na die land van belofte daar ver. Ousus het Naas sommer net so links laat l. Hy en Kerneelsie het weerloos agtergebly, voor die venyn van Basie en Freek. Hulle ma het nou meer aandag aan hulle gegee, hulle probeer inbring in die groter familiekring. Maar sy het nie geweet van Basie en Freek se agteraf afknouery nie.
Hulle het tog na n ruk  eers Kerneelsie en toe Naas  vir Willem Bessemer Pa ges en n deel, n aangewerkte deel, van die Bessemers geword. Maar die afknou en die tart het nie opgehou nie.
Hulle het bly swerf. Soms het dit goed gegaan. Dan weer het dit broekskeur gegaan. Daar was die keer toe die Tswanas al hul vee weggevoer het en hulle weerloos, ver van water af, in die grammadoelas gestrand was. Oom Willem en Basie het gaan soek vir uitkoms, osse iewers om hulle uit hul penarie te sleep. Nelie Bessemer moes, soos met haar eerste man, alleen agterbly met die kinders waarvan die elfjarige Freek nou die oudste was, met net n haelgeweer om hulle te beskerm.
Hulle het drie weke in angs moes wag. Naas moes sorg vir brandhout; water ver gaan haal. Soms was hy ongehoorsaam, balhorig, opstandig, want Freek was ook mos daar  hoekom moes net hy werk?
Nelie het haar misvormde seun met die agterossambok te lyf gegaan. Hy het aanvanklik op sy tande gebyt. Van binne wreed seergemaak, wou hy nie liggaamspyn wys nie. Dit het haar woede laat styg tot n besetenheid. Sy het haar kind geslaan en geslaan, die een striemende hou op die ander. Sy het sy hemp oor sy boggelrug stukkend geslaan en hom toe op die kaal lyf bly gesel.
En toe Nelie oplaas die sambok van haar af weggegooi het, het sy vir n oomblik verdwaas na sy verbryselde lyf gekyk, voordat sy hom met n snik gegryp en huilend teen haar hart vasgedruk het.
Daarna het sy sy wonde behandel; die plekke gesoen waar sy hom gekasty het. Ai, my kind, Ma wou jou nie so seermaak nie. Maar Ma  Ma kry tog so bitter swaar. Ma staan so alleen. Ma het jou tog so nodig om haar te help.
Sy was opeens die weerlose, afhanklike een.
Naas het toe geweet sy ma het hom nog lief. Om daardie liefde te behou, sou hy enigiets doen. Toe sy stiefpa en Basie opdaag met n span osse, het Willem Bessemer dadelik agtergekom hoe vlytig die gebreklike seun sy ma bystaan en hy het dit waardeer.
Ja, help jou ma, Naasman, en jy sal in der ewigheid nooit spyt wees nie, het hy ges en met Naas omgegaan soos met n man sonder n liggaamsgebrek.
Hulle het by n goeie water beland, tuin gemaak, landerye met die houtploeg aangel, n mooi oes ingesamel en verder getrek.
Toe het Nelie Bessemer weer verwag. Naas het dit nie geweet nie. Hy het net gesien sy ma word frisser en hy het n mooier teerheid by Willem Bessemer teenoor sy ma agtergekom. Dit was Freek wat eerste ges het: Jou ou ma gaan n kleintjie kry.
Hy was van nuuts af diep ongelukkig. Dit was asof sy ma hom nog n keer in die steek gelaat het. Haar liefde vir hom was soos bedrog en hy het weer traag geword om vir haar dinge te doen.
Ag nee, Nasie, hoe het Ma dit dan met jou  jy was dan so n goeie kind vir Ma die afgelope tyd. Wat is dit dan nou met jou? Ma het so gehoop jy sou vir Ma, noudat sy jou nodiger as ooit het, haar regterhand wees, het sy verwyt.
Naas se ma het rede gehad om hom vir sy nuwe balhorigheid af te ransel. Maar nou het sy so gepraat. Hy het na haar gesig gekyk en gesien hoe afgerem sy is. Matelose jammerte het in hom gegroei vir hierdie ma van hom se swaarkry. Hy het haar weer gesien as iemand aan wie n onreg gedoen is. Hy het niks ges nie, maar was daarna beskermend begaan oor haar. Broeis, het sy dit genoem, met trots en n wulpse vreugde in haar moe stem.
Maar Nelie Bessemer was aan die aftakel. Die geel kleur van haar vel en die donker kringe onder haar o het dit gestaaf. En sy wat die leisels een keer so goed in haar hande gehad het, het langsamerhand nie meer omgegee nie. Daar was tye wanneer sy nie kos reg gehad het wanneer Willem Bessemer uit die veld terugkom nie.
Ai, hoe het ek dit met jou, vrou? Ai, jy was mos nie so nie? het hy dan verwyt. Maar ook hy het die nood in haar o gesien, besef iets groot is verkeerd, maar nie raad geweet nie.
Ek moet by n ouvrou kom, het Nelie Bessemer ges. Willem, jy moet my na n goeie ouvrou toe vat. Daar is iets nie reg met my nie.
Maar hier in die wildernis, ver van almal en alles, was net die harde lewe en die onvermydelike dood.
Dit was in di tyd dat Nelie die brief geskryf het. Een van die weinige swerwers wat af en toe hulle pad gekruis het, het dit met hom saamgeneem; beloof dat die brief sy bestemming sal bereik. Wat in die brief was, het net Nelie geweet. Daarna het dit vir n kort tydjie met haar beter gegaan, asof die brief wat sy geskryf het, die verwagting wat sy daarvan koester, effens halt geroep het aan die ding in haar wat besig was om haar te verteer en haar n vervatkans op die lewe gegee het.
Toe die ruiter die dag by die wa opdaag en vra om af te saal, het hy nie veel te vertel gehad nie. Hy het wel verneem of dit Willem Bessemer se staning is waar hy nou is. En toe het hy gevra: En niggie, was niggie eers met n Josef Ferreira getroud?
Eers toe het hy hom voorgestel as Amos Hechter, Piet Gunter se swaer. Ag ja, wreld tog! het hy gesug, keelgeskraap, weer gesug, oral gekyk behalwe in Nelie Bessemer se vraende o. Ek moet Niggie die tyding gee, maar dis so swaar 
Naas het afgeluister, toe blind die veld in gestrompel. Hy wou later vir Kerneelsie s, het so ver gekom: Ousus  Kerneelsie, Ousus  Jy moenie skrik nie, maar Ousus 
Later, toe Amos Hechter reeds agter die boomruigtes verdwyn het, het Willem Bessemer hulle na hulle ma toe ontbied waar sy bleek in die watent gel het. En Nelie het aan haar twee seuns ges: Naas en Kerneelsie, julle sussie  ons Ousus lewe nie meer nie.
Daardie aand het Willem Bessemer weer uit die Bybel gelees, toe die gesang ingesit: Als wij den doodsvallei betren  Boesmans het Piet Gunter glo agter olifante aangelok en hom vermoor. Ousus, verwagtend en ver heen, het te voet die woestyn in gevlug en vir dae  Jagters het haar ongeskonde geraamte maande later onder n digte doringbos gekry.
Hoe Kerneelsie en sy ma oor die verlies gevoel en dit verwerk het, het Naas nie geweet nie, maar hy het nog lank die verdriet met hom saamgedra.
n Paar maande na die nuus van Ousus se oorlye en die moord op haar man, het n vierperdewa by die Bessemers opgedaag.
Here, Giel, is dit jy? het Nelie uitgeroep en in haar oorlede man se broer, Giel Ferreira, se arms flou geword.
Ja, ons het jou brief gekry en ek kom haal dan die kinders, het Giel met die deur in die huis geval.
Naas en Kerneelsie is nadergeroep.
Ug-ug, het Giel Ferreira toe gekug. Jong, ja  Sy o het sku oor Naas se potsierlike lyfie geskram.
Giel Ferreira het twee dae oorgestaan om sy perde goed te laat uitrus. Toe is hy met Kerneelsie, n uiters verdrietige Kerneelsie, daar weg.
Naas het lank geherkou aan wat sy spoggerige oom Giel te s gehad het: Ja, Nelie, dis die ding. Ek is gebind. Ek kan net een kind vat. Ja, jy ken Pa. Hy het ok nie meer so baie om te erf nie. Hm  Ek moet nou kies. Kerneels is n Ferreira-naam, pa se noemkind. Nou ja  Hm. Dan vat ek Kerneels. Ek dink dis reg so.
Naas het nie omgegee nie. Hy sou Kerneelsie baie mis, maar hy wou hier bly, by sy ma.
My kind, die Here sal hulle straf. Nelie het anders oor alles gedink. Sy het haar misvormde seun betrag en hy was opeens nog nader aan haar.
Daarom het sy meer dikwels met Willem Bessemer gepraat oor hierdie kind van haar. My suster-hulle is iewers in Transvaal, Ottoshoop, daar rond. Doornrug  dis die plaas se naam, verbeel ek my. My man, as ek te sterwe kom, belowe my jy sal die kind na sy tante-hulle toe stuur, na hulle toe. Dis waar hy hoort, by my suster Maria.
Nelie het so daarop aangedring. Willem het belowe; op die Bybel gesweer hy sal die kind na Nelie se mense toe stuur. En dit is wat hy nou, met die eerste geleentheid na Nelie se dood, gedoen het. Want Nelie Bessemer het net haar baba, die enigste van haar en Willem Bessemer, in die wreld kon bring voor sy gesterf het.
