Kruispad
Die nuwe dag arriveer soos n welkome, vroulike besoeker aan die oosterkim. Vol geur, in n sagte kleed van goud- en rooskleur.
Maar met die Donkerbergtrop se ontwaking wyk die vroegmre soos n betrapte minnares kaalvoet al met die rotslyste langs. Pas knor van puur ongedurigheid, mas raas met die kleintjies wat op hul beurt weer soos maer varkies tekere gaan.
Karos mag wel van die digterlike tipe wees, maar vanoggend voel hy allermins daarna om soos n Boerneef die stil vroemre te besing. Daarvoor is die nuwe dag vol te veel raaisels. Enigiets kan gebeur: Die toespraak kan goed afgaan. Plato se stukkie Spiel kan die leier-skap verblind en die waarheid-volgens-Fannas kan dalk inskop, of  Karos, Plato en Tantrum verlaat vanoggend die slaapplek vroer as gewoonlik, onskynlik om vir oulaas kajuitraad te gaan hou. Eers toe hulle tevrede is dat niemand hulle dophou nie, sak hulle laer af na  waar  hulle  gistermiddag  vir  Fannas  veilig  toegemaak  het  vir  n
nag se broodnodige rus.
Hierdie keer is daar nie bloed en hare nie, net n paar klippe wat los rondl, en n rotsskeur wat soos n ondier vir hulle grynslag. Fan-nas is weg.
Dmmit! s Karos. Daar gaan die verkiesing!
Skei uit, Karos! Hys dalk dood! betig juffrou Tantrum. Jammer, s Karos dadelik. Dis net dat ons so oorgehaal was. Hoe op aarde sou hy uitgekom het? spekuleer Plato.
Of wiet hom hier uitgehaal? vra Karos. Sluipstap kan nie klip-pe wegrol nie.
Maar Koevoet en sy soldate kan! Dis asof juffrou Tantrum vir haar eie woorde skrik, en die drie kamerade kyk vir mekaar.
Koevoet se handewerk, s Plato onhuts. Dis sy vingerafdrukke di. Het ons seker gister hierheen gevolg, en toe  Plato maak nie sy sin klaar nie, maar die ander twee weet wat hy bedoel.
Kan ook wees dat Fannas self hier uitgekom het, dis n taai krel daai! Karos probeer sy bes om die ander twee op te beur, maar hy slaag nie.
Jy bedoel dat ons te veel van hom verwag het, soos om teen sy bevelvoerder te draai? wil Plato weet.
Dalk wil hy dinge vir homself uitwerk, op sy eie verkiesing toe kom!
Arme Fannas, is al wat Tantrum te s het, en sy ril.
Die drie vriende loop vir n rukkie so onopsigtelik as moontlik in allerhande rigtings. Hulle roep selfs Fannas se naam in dringende fluisterstem, maar die hele bedekte soektog lewer niks op nie. Op Karos se voorstel keer hulle terug slaapplek toe.
Moenie iets laat blyk nie, s Karos met onderlangse wrewel toe hulle by Slaapkrans arriveer. Verbeel hy hom of het Grootraad n beterweterige gryns op sy bakkies? Is dit oor Fannas, n sappige ver-kiesingsvooruitsig of beide?
Ook die tropvertrek is vanoggend vroer as gewoonlik. Om tyd te maak vir die verkiesing, is stafsekretaris Stompie se amptelike weer-gawe, maar eintlik is dit maar net Grootraad wat nie wil h dat die kiesers op n le maag of sonder iets blinkerigs moet stem nie.
Heelpad asgate toe dink Karos aan Tantrum se woorde van gister: Daar is n hele paar wyfies wat siek en sat is vir die alewige gedrinke-ry by die lapa en die volgende oggend se ongedurigheid teen Slaap-krans. Dis daardie vrouestem wat hy moet myn, besluit Karos, al is daar maar n uur of twee oor, en al weet hy nie mooi waar om te begin nie.
By die asgate pak n groot onsekerheid hom beet. Hy voel soos n jong vryer wat weet dat iemand van hom hou, maar nie seker is wie dit is nie. Sy verkiesingsflikkers kan enigiets van n taai klap tot n taai Oros-soen tot gevolg h.
Dalk is die ou wyfies n goeie beginpunt, die lapagefuif kan tog nie n dame van aansien se goedkeuring wegdra nie! Een het nou net n stringetjie plastiekkrale opgetel en hou dit teen haar nek terwyl haar vriendinne ewe groen oe! en a!
Karos maak eers keel skoon, en vra heel hoflik of hy n paar woorde met hulle kan wissel. Die ou wyfies hou op praat, maar kyk
hom met skrefieso aan asof hy n begrafnispolis aan hulle wil ver-koop.
Ja, jongman?
Mre dames. Soos u weet, is dit vanmiddag verkiesing. En?
Wel, e  Ek wil u vra om vir my te stem!
Dis asof n onsigbare hand die vier ou dames tegelyk begin kielie. Hulle trek skoon skeef soos hulle giggel. Stem? Vir jou stem? Grootraad Makedaan is ons man! Wat het jy om te wys, kreltjie, waars jou medaljes?
Die ou wyfies se praat raak al hoe harder en skerper, en dit voel vir Karos asof hulle hom van alkante met breinaalde in die ribbes steek. Dan maar liewer retireer, hande omhoog. n Paar ander trop-lede aanskou die petalje en geniet elke oomblik daarvan.
Met die ergste verleentheid agter die rug, neem die viesgeit oor. Dmmit, dit het hy nou van Tantrum se idee! Hy is nie gemaak vir hierdie soort van politiek nie! Hulle moet hom vat of los soos hy is!
Ek sal vir jou stem, Karos! Dis Berta, en sy tuit haar lippe op n manier wat Karos laat dink dat dit nie net babatjies is wat in ver-kiesingstyd gesoen moet word nie.
Baie dankie, s Karos ewe hoflik, en besluit dat dit net reg is dat Berta weet waarom sy hom moet steun. Dis gou duidelik dat Berta min gepla is oor die lapa. Ten spyte van haar nering hinder die ongebalanseerde dieet van gemorskos en asgatoorskiet haar ook nie.
Ek hou van jou, Karos, koer sy, en hy knik.
Baie dankie, Berta. Ek waardeer dit, en ek sal jou nie teleurstel nie.
Wel, ek hoop nie so nie, Karos.
Dan maar n paar manstemme werf. Karos kry haastig koers na n groepie wat besig is om n halfsak ou meel, goggas en al, te veror-ber. Vier spierwit bobbejaangevrete kyk vinnig op wanneer hy nader kom, maar Karos voel nie na lag nie. Nie op n dag soos vandag nie.
O, die verkiesing, s-vra die oudste van die meelgesigte. Nou wat wil jy ons belowe, Karos? n Swembad hier waar die asgate nou is?
Die ander meelgesigte lag so hard vir hulle maat se spitsvondig-heid, mens sou sweer hulle het hulleself pas in n spiel gesien.
Nee, n ordentlike, gesonde lewe, s Karos heftig, maar dis so
goed hy praat met homself. Die vier is al klaar weer kop eerste in die meelsak.
Dit is drie bekommerde vriende wat weer by mekaar aansluit, al wys hulle dit nie.
Enige sukses? vra Karos, maar die ander twee skud hulle koppe. Enige teken van Fannas? vra Plato half ingedagte, en Karos ver-
erg hom.
Wel, verwag jy hy moet oop en bloot hier aangestap kom, arm in n sling?
Kom-kom, s juffrou Tantrum, asof sy met haar koorlede praat. Ek is seker Plato het dit nie so bedoel nie.
Jammer ou maat, ons is maar almal op ons nerwe, s Karos, en knik verskonend in Plato se rigting. Hy kyk na Tantrum: Jy en jou wyfiestem! As daar verborge steun is, is dit onder n hele paar klippe weggesteek. Ek het met wyfies probeer praatjies aanknoop, maar al-mal lag my uit!
Hou net goeie moed, Karos, met wiet jy gepraat? wil Tantrum weet.
Die ou wyfies 
Maar jy moet mos van beter weet, hulle sal saam met Grootraad oor n afgrond spring. Wie nog?
O, Berta  Gmf!
Plato kom tussenbeide. Wel, elke stem is kosbaar! Of dit nou Liesbet Taylor is of 
 Liesbet Hurley, s Karos, en hulle giggel soos twee skool-seuns.
Skei uit, julle twee! Karos en Plato kry weer die koorjuffrou kyk. Karos  raak  weer  ernstig.  Kyk,  laat  ons  realisties  wees,  ons  het met n oormag te make. Ons het twee troefkaarte, hoe gaan ons hul-
le speel, in my toespraak of in vraetyd?
Dis moeilik, s Plato. Met Fannas nie hier nie 
Ons moenie iets s wat jy nie kan bewys nie, en Fannas is nodig as n soort getuie, s Tantrum.
Dalk moet ons al twee doen. Ek gooi in my toespraak die klip in die bos, en julle vat dit verder met vraetyd.
Hoe seker is ons dat daar vraetyd gaan wees? Plato is ouderge-woonte versigtig.
Wel,  ek  gaan  daarop  aandring.  Dus,  hou  jy  die  stukkie  Spiel voorlopig by jou en gebruik dit om Grootraad met vraetyd te pak! En hopelik het Fannas op eie stoom uit die rotsskeur gekom, en
verras hy ons, voeg Tantrum by.
n Verrassing sal dit wees, ja, s Karos. Goed, dan speel ons maar die bal soos hy hop!
Hoop maar dis n sokkerbal en nie n rugbybal nie, kom die laaste woord van Plato.
So kom ons om, so kom ons om! s al drie tegelyk. Ons kan nie anders nie!
Die laaste uur sleep verby sonder dat iets gebeur. Om die een of ander rede is vanoggend se rooilorrievragte nie te geil nie. Bygelo-wigheid is die metgesel van vele outokrate, en Grootraad is gn uit-sondering nie. Is die swak opbrengs dalk n slegte voorteken?
Hm, lyk nie te goed nie, mymer Grootraad, vier lang vingers in n halfle boks Post Toasties.
Ja, Grootraad, dit sou nou rrig goed gewees het as die kiesers vanoggend meer as gewoonlik kon kry, waag stafsekretaris Stompie.
Verkiesingstyd is inderdaad nerwetyd. Al wat Grootraad nodig het om hom te vererg is n stafsekretaris wat die politiek probeer lees asof dit n stroopblik is! Maar hy hou hom in, want netnou dink die trop daars onenigheid in hulle kamp. Wel, die trop het in elk geval n bietjie bederf geraak. Buitendien, daars deesdae mos die nuwe mode van more or less.
Less is more, probeer Stompie help.
Wat ook al. Luister, ou grootseun, is jou sake agtermekaar vir die vergadering?
Ja, Grootraad.
Grootraad is nou behoorlik iesegrimmig. Verbeel hy hom of is daar n sangerigheid in sy stafsekretaris se stem? En waars daai sigaar wanneer n man dit rrig nodig het!
