n Stukkie spiel
Dit kan gister se amptelike verklaring wees of dalk moet die koue naglug die krediet daarvoor kry, maar die doodsreuk hang vanog-gend nie meer so swaar oor die slaapplek nie.
Vroeg-vroeg maak stafsekretaris Stompie oudergewoonte sy op-wagting by Schoongezicht om die dag se program met sy baas te be-spreek.
Wat s my dagboek?
Ons moet die verkiesingsdatum vasstel en die relings finaliseer, Grootraad.
Enigiets van die burgemeester gehoor? Nee, Grootraad. Stompie skud plegtig kop.
Eks steeds lus en stuur hom n protesnota. Dmmit man, sy wagte kan mos nie sommer gaan staan en skiet nie! En het  wats daai outjie se naam nou weer?
Fannas.
Het daai outjie nou enige bedreiging ingehou? Nee, maar daar moet mos altyd geskiet word. Ewenwel, ryg in, laat ons kan loop. Grootraad hou die kopermoer na sy stafsekretaris toe uit.
Die takie word met groot tesinnigheid verrig, maar wanneer Grootraad omkyk, is die kopermoer en Stompie se gedienstige glim-lag al twee in plek: My voorreg, Grootraad.
Sou so smaail. Luister, ek het vannag gedink 
Stompie is die ene ore, want dis nie aldag dat Grootraad met hom ernstige kajuitraad hou sonder dat Koevoet by is nie.
Die verkiesing wag.
Stompie knik. Hy wens sy baas wil tot die punt kom.
Ek wil vanoggend n medalje-parade hou, die trop weer n bietjie laat gees vang. Die medalje is nie vir myself nie 
Goed, Grootraad. E  Die medalje is vir ?
Ek dink nog, s Grootraad terwyl hy oor die vallei tuur. Stafsekretaris Stompie ken teleurstelling maar hy ken ook hoop.
En hoop s vir hom dis dalk sy beurt.
Het ons iets blinkerigs in voorraad? vra Grootraad, steeds diep in gedagte.
Wel, e  is al wat Stompie uitkry. Wat sou Grootraad in die mou voer, wonder hy. Daar is niks in voorraad nie, maar as dit vir hom wat Stompie is, bedoel is, sal hy vanoggend die asgate omkeer of n ou ding blinkvryf. Mag ek so vra, Grootraad: Di ontvanger, is hy n militre man of iemand uit die burgerlike samelewing, ek be-doel staatsdiens of so iets?
Militr. Kort, maar dodelik.
O. So die medalje is nie vir jare se goeie toesprake skryf, agen-das en notules, vergaderings rel, dagboek hou en bobbejaankuttels opvreet nie, dink hy.
Nou het ons iets in voorraad of nie?
Eks bevrees nie, Grootraad. Ek noem dit maar net as moontlik-heid, di kopermoer. Ek kan dit dalk blinkvryf en e 
Koper se moer! s Grootraad sonder om na Stompie of na sy stert te kyk. Dit sal die dag wees! Sorg dat jy iets kry!
Gelukkig vir Stompie neem dit nie lank voordat die asgate weer iets oplewer nie. Nou wel nie iets blinkerigs nie, maar n bierbottel-doppie wat goed bewaar gebly het. Heel kunstig vleg hy n paar gras-halms en bed die botteldoppie daarin.
Hm. Grootraad betrag die doppie in die sonlig. Sal doen ja, maar vryf nog, ek wil nie h die ding moet na bier stink wanneer ek dit vir die weduweetjie presenteer nie.
Weduweetjie?
Ja, man, van watsenaam, daai outjie wat eergister dood is. Moeder. Dis haar seun wat dood is, nie haar man nie.
Wat ook al. S jy maar net vir die trop ons hou parade. Verga-derplek. Twaalfuur.
Terwyl die son bokant die stof van die asgate uitklim, en die trop gereed maak om vergaderplek toe te gaan, sit Karos en Plato eenkant die vaal kieserskorps en beskou.
Wat gaan ons doen, ou maat, om hierdie spulletjie te draai? vra Karos met n sug.
So kom ons om, so kom ons om. In jou verkiesingstoespraak moet jy maar net herhaal wat in die memo ges is. Met vuur.
Karos knik. En as ons verloor moet ons juffrou Tantrum en n paar ander ompraat om saam te kom. Ons kan n nuwe trop begin. Die boswreld wag! Laat ou Grootraad en sy spul maar die asgate hou. Ek stem, maar jy moenie in jou toespraak daai soort van agter-deur probeer oophou nie. Die trop gaan dink jyt klaar verloor. Ont-
hou, jys nou vierkant in die politiek!
Die twee vriende bly skielik stil, want uit die verte, asof deur n onsigbare hand aangedryf, kom n stuk koerantpapier in hulle rig-ting aangewaai. Die papier (of die onsigbare hand) kies Plato se been, en hy tel dit op. Dis n stuk uit Die Spiel, die dorpskoerant. Plato is n vinnige leser, maar dis nie heeltemal nodig nie, want daar is n foto. Van n swaard, en n swierige een daarby. Die Teken.
Volgens Die Spiel is die swaard n kosbare versamelstuk wat op raaiselagtige wyse uit die dorpsmuseum verdwyn het. Lesers word versoek om die museum of die polisie te kontak sou hulle die swaard gewaar.
My! is al wat Plato uitkry.
Ook Karos kan skaars sy ingenomenheid verberg. Wel, wel, my liewe vriend, van wanneer af kom ammunisie na n man toe aange-waai?
Ja, die tyd sal leer, maar dalk is papier op n manier tog magtiger as die swaard! Plato vou die stuk koerantpapier sorgvuldig toe. Hy is nie n man vir designer jeans of brand names nie, maar die feit is: By geleenthede soos di sou n goeie gatsak handig te pas gekom het!
Karos staan op en rek homself behaaglik uit. Nou maar laat ons die parade gaan bywoon of hoe?
Spieltjie, spieltjie aan die wand, wies die grootste leuenaars in die land? sing Plato so in die loop.
Van die afgelope dae se groot skrik het daar nou n goeie dosis bojaannuuskierigheid oorgebly. n Medaljeparade? Op sulke kort kennisgewing? En die ontvanger? Nog een vir Grootraad of word Koevoet beloon vir die heldedaad by Slaapkrans?
Die ylkoppe sien uit na nog n lekker warm toespraak. Daars groot dinge in die lug. Dalk gaan Grootraad sluiers lig en n bietjie politieke been wys, straks die verkiesingsdatum aankondig!
Die Ysters staan weer erewag, die ene spiere, die ene houding, die verlies van n makker reeds toe onder die klippe. Terwyl die gehoor regskuif en die ou wyfies van afwagting gloei, toets Koevoet Slaap-krans en omstreke se weerklankstelsel.
Moeilike tye kom en gaan, maar Grootraad bly, s die ylkoppe vir mekaar. Daar is genoeg bevestiging: Die vername hoesie, die netjiese manel, die rye blink medaljes 
Selfs juffrou Tantrum se koor is terug, en so ook die ou, geliefde Bobbejaan klim die Berg. Waarom nie? dink trotse ouers terwyl hulle die kleinspan aanskou. Sing eerder n mooi, beproefde lied as om jou lewe op n nuwe musiekstuk te waag!
Die enigste nuwigheid is die aanwesigheid van Die Teken. Terwyl Grootraad die verhoog bestyg bemoei hy hom met die swaard en skede asof dit n bybetjie in n pram is.
Uiteindelik kom Grootraad aan die woord. Oudergewoonte be-storm hy sy gehoor met woorde en nogmaals woorde, oorweldig hy hulle met die gesag van sy voorvinger. Kort-kort kom sy o op Karos en Plato te ruste. Dit raak naderhand so erg dat lede van die gehoor omkyk en met Grootraad saamkyk soos almal die opposisie uitkyk.
Karos en Plato voel hoe dit skroei, maar hulle gee nie bes nie. In die loop van die toespraak spring tier uit elke tweede, derde
sin. Hoe gevaarlik hy is. Hoe belangrik dit is dat soldate die trop teen hom beskerm. Hoe sterk die leier moet wees wat in sulke om-standighede regeer 
En dan, vriende 
Daar is n ongemaklike stilte. Grootraad Makedaan, geharde trop-leier en deurwinterde politikus, is te bewo om verder te praat. Maar hy ruk hom reg.
Ek is jammer  Ek wou s  Te midde van die vreugde om lid van die Donkerbergtrop te wees, huil ons harte oor die verlies van n jong lewe. Ril ons oor die ramp wat ons getref het. Vriende, enige lid
van hierdie trop wat hom met bloed en haar teen die bose tier ver-set, is n ware held!
Die toejuiging is hard, maar respekvol.
Hierdie jong soldaat, die bobbejaan Fannas het gesterf soos hy ge-leef het. Na aan die afgrond. Gereed om sy trop, om vir ons te dien.
Dit is nou heeltemal stil in die gehoor.
Daarom het ek en die leierskap besluit om as n laaste huldeblyk n toekenning aan die jong Fannas te maak. Postuum. Dis Stompie se woord, en vir n oomblik is Grootraad nie seker of dit postuum of kostuum is nie, maar n skrams loer oor die skouer en n sekre-tarile kopknik stel hom gerus. Ons vra nou vir die moeder van die jong soldaat Fannas om na vore te kom, en die dekorasie namens haar seun in ontvangs te neem.
n Skraal wyfie kom stadig uit die gehoor te voorskyn. Dapper vrou, s een van die ou wyfies.
Juffrou Tantrum moes al dikwels in haar musiekloopbaan impro-viseer, en vandag doen sy dit weer. Ongelukkig ken die koor na dese nog niks anders nie, maar Bobbejaan klim die Berg is nog nooit so sag en tegelyk met soveel ingehoue krag en meelewing gesing nie.
Grootraad se silwer tong het nog nie gaan l nie. Vriende, ek het enkele dae gelede aangekondig dat daar verkiesing gehou sal word sodat u self kan besluit wie moet bly en wie moet ry. Die dag en die uur is nou hier. Mre om twaalfuur, sal ons weer hier bymekaar kom sodat u kan kies.
Hoor-hoor! skree n ou ylkop, en die res van die gehoor val in. Koevoet roep sy soldate tot aandag. Met n geruk en gepluk kry Grootraad Die Teken uit sy skede. Stompie wil-wil eers hand gee, maar  bly  liewer  op  n  veilige  afstand.  Swaard  in  die  hand  verlaat Grootraad die verhoog soos hy dit bestyg het: Met pomp and circum-stance. Met die swaard steeds regop voor hom slaan Grootraad oor na stadige pas terwyl hy die Ysters inspekteer. Hier en daar steek hy vas,  kyk  die  soldaat  voor  hom  vol  in  die  bakkies,  en  beweeg  dan
verder.
Bleddie sirkus! brom Karos. Piesangrepubliek! sis Plato.
Die res van die dag bring die trop weer in die asgate deur, maar Karos en Plato doen nie mee nie. Hulle wei hor op in die vallei, n entjie onder die slaapplek. n Maroela is voedsaam en ryk aan vita-
mines, maar hulle gedagtes is nie ryk aan nuwe idees nie, want mre se kaarte het hulle al oor en oor bespreek.
Miskien moet ons vir Tantrum by hierdie gesprek betrek, s Plato terwyl hy ingedagte n vrug pluk en in sy kies druk.
Nee, antwoord Karos dadelik, met n heftigheid wat Plato vin-nig laat opkyk. Hulle moenie dink sys een van ons nie. Wie weet tot watter wraak Koevoet in staat is? En bowendien, dis ons planne wat skeef geloop het, en dis haar koor wat amper moes boet!
Ek dink jy maak n fout, ou maat. Grootraad wil ons isoleer. Hoe meer ons is, hoe beter vir ons!
En as ons Tantrum bytel is ons n hele drie 
Vir n oomblik lyk dit asof Plato hom gaan vererg. Luister, Karos, moedeloosheid gaan nie help nie! Hoe graag wil jy h wat jy wil h? Hierdie stryd is nie oor jou of my nie, maar oor groter dinge. Dit gaan oor slawerny. Oor n trop wat sy siel verloor het. Wat elke dag asgate toe en terug slof. Oor kastige leiers wat lieg en bedrieg. En almal sluk dit! Hoekom? Omdat die beloning by die lapa wag! Moet ek aangaan?
Nee.
Ons het dalk nie getalle aan ons kant nie, maar reg en geregtig-heid. Ons kan drie dinge doen. Een: Nou na Grootraad toe kruip en s jammer ons sal nie weer nie. Twee: Die verkiesing benader asof ons klaar verloor het en al twee mreaand in n maroelaboom slaap.
Met Sluipstap as geselskap. Karos glimlag wrang.
Ja. Drie: Ons veg hierdie verkiesing met alles wat ons het, en dit sluit koerantpapiere wat aangewaai kom en n juffrou Tantrum in. En 
En?
Vat die gevolge soos dit na ons kant toe kom.
By die asgate aangekom roep hulle Juffrou Tantrum eenkant toe. Ons wil oor die verkiesing praat, maar net as jy wil, voor Plato
aan, met Karos effens eenkant.
Tantrum knik. Laat ons gesels. Ek gee nie om wie ons sien nie. As julle nie iets gedoen het nie, sou ek. Dinge kan mos nie so aan-gaan nie.
Feit is, hullet ons netjies in n knyptang. Verloor ons, is ons uit, moet ons padgee 
Dan gee ons pad, val Tantrum vir Karos in die rede, haar stem die ene ongeduld. Dan kies ons ander plek se vryheid bo hierdie
plek se gevangenskap! Daar is n ligte trilling in die mooi, melo-dieuse stem.
Kaalvoet oor Donkerberg, mymer Plato hardop, maar Juffrou Tantrum hoor hom nie.
Hoeveel is ons, vra Karos, ek bedoel hoeveel steun 
Daar is dalk meer steun as wat julle dink. Hoe sterker ons lyk, hoe meer gaan by ons aansluit, ons moet net nie nou al gaan staan en verloor nie!
Ek weet, ek weet, juffrou Tantrum! Dit voel vir Plato asof hy so n bietjie beskoolmeester word. Maar op di stadium bestaan die opposisie uit ons drie 
En n nursie, voeg Karos by, en kry n kwaai kyk van die koor-juffrou.
Kom ons gaan stap n entjie, gooi Plato n bietjie koele waters. Die lede van die leierskap kyk belangstellend toe hoe Karos, Tan-
trum en Plato in die rigting van Slaapkrans verdwyn.
Hm, is al wat Grootraad s, maar sy stafsekretaris voel dat hy daarop kan verbeter: Ek sien nie juis dat n mag der menigte hulle volg nie!
Koevoet s niks, maar in sy o smeul die vure van haat en agter-dog.
Wel, manne, terwyl ons nou daai drietjies so sien wegstap, laat ons n bietjie oor mre praat. Kyk, ek weet wat julle dink. Dit gaan n makeover wees 
Walkover, s Stompie.
Wat ook al. Six-luv, six-luv. Maar ek het dit al vantevore ges: Ek ken die politiek, en julle nie. Verkiesing is nie net koppe tel nie, dis ook n geleentheid  Iets wat al lank soos n slegte wind vassit en nie wil uit nie, borrel skielik boontoe, tot groot skok en verbasing  S  Grootraad kom met n kreun orent. Moenie dat ons met toe o gevang word nie. Daai outjies staan vroeg op. Soos ek s, ek ken die politiek, en politiek is nie vir sissies nie. Dis n kwessie van bloed en hare of wat praat ek? Met di boks Grootraad sy stafsekretaris ligweg teen die boarm. Iets wat hy net doen wanneer hy in n goeie bui is.
Terwyl die leierskap te midde van die asgate se stof en lorriela-waai hulle laaste plannetjies agter mekaar kry, bespreek Karos, Plato en Juffrou Tantrum onder die stil beskutting van n ou boomreus die
strategie vir mre. Karos sal praat soos Plato in die versoekskrif ge-skryf het, maar daar is een nuwe troefkaart.
Plato en Karos is die ene afwagting terwyl hulle die skeurblad uit Die Spiel te voorskyn bring.
Ja?
Kyk mooi na die foto, s Karos, stem laag, o op skrefies.
Ek kan sien, ja. Lyk na die swaard waarmee meneer Dienge-melrie deesdae rondloop, maar kan mens glo wat in die koerante staan?
Sou so dink, ja! antwoord Plato met n heftige kopknik. Maar wat bewys dit? wil Tantrum weet. Ek wil nou nie nat-
tigheid op julle kole wees nie, maar kom ons s nou die ding is ge-steel  Dis bewys nog nie wie dit gedoen het nie.
Ook nie hoe dit by die asgate beland het nie, s Karos.
Plato hou sy hande omhoog. Luister, vrinne, ons het min, vrek min, hierdie beriggie gaan dalk net help om iemand se tjoepie so n bietjie af te blaas. Daar moet vraetyd wees, ek sal dan opstaan, Spiel in die hand!
Nou maar goed, dan vat ons hulle van voor af, besluit Karos, en Tantrum knik instemmend.
Ons het nie n keuse nie, ou maat, doen jy maar net jou woord goed, ons weet jy kan, s Plato.
Dit is met die omdraai vir die terugstap asgate toe dat hulle al drie gelyktydig die geluid hoor. Dis n geluid waarvan die oorsprong moeilik bepaalbaar is, maar een ding is seker: Die een wat dit voort-bring is in egte, erge pyn.
Hoe die arme Fannas hom in die rotsskeur kon inwurm weet nug-ter. Die jong soldaat is nie in staat tot n verduideliking nie, want hy moet die heeltyd op sy tande byt terwyl die reddingspan van drie spook om hom uit te kry. Hy het baie bloed verloor, en die arm naas-te aan hulle lyk sleg.
Dis net genade dat hulle uiteindelik daarin slaag om Fannas se skraal, seningrige lyf te bevry. Dis n taai jongman di. Nie alleen het hy Sluipstap se aanval oorleef nie, maar ook daarin geslaag om hom so diep tussen twee rotse in te wikkel dat hy uit die luiperd se gry-pende kloue kon bly.
Tog jammer dat nursie Berta nie hier is nie, s Karos ingedagte, en kry weer n kwaai kyk van Tantrum.
Die mooi koorjuffrou ken haar musiek, maar haar kennis van he-lende plante is ewe puik. Haar bevele is kort en kragtig, eintlik kort-af. Karos en Plato moet draf om te gaan haal wat sy nodig het: Hier-die blaar, daardie vrug, n bietjie sap, nog water, selfs speeksel  Boonop geskied die noodhulp omkyk-omkyk, want wie weet waar Sluipstap nou is.
Fannas is gehawend, maar hy het oornag man geword. Nou die aand het hy nog gel en kerm oor die bokhael in sy sit en skuur, maar nou byt hy vas, al is hy op die randjie van bewusteloosheid.
Terwyl hulle in afgryse na Fannas se wonde staar, besef Karos en Plato dat hierdie jong man ook om n ander rede ten alle koste moet bly leef. Juffrou Tantrum is nog besig om die pasint te versorg, toe Karos naderstaan met n paar vrae.
Fannas? Fannas, hoor jy my? Knik as jy my hoor.
Fannas knik nog, toe tree juffrou Tantrum streng tussenbeide: Jy kan later jou vrae vra, Karos, hy is nou heeltemal te swak en uitge Het  jy  op  jou  eie  ingebreek  of  het  iemand  ges  jy  moet  dit
doen 
Karos, staak dit nou! Hu-hulle wou nog drank h.
Wies hulle? Koevoet? Grootraad? Beide? Koevoet 
En Grootraad?
K-koevoet het gepraat van ons  Nou stop jy! beveel n onstoke Tantrum.
Ons moet hom veilig maak vir die nag, s Plato nadenkend. Ja, ons moet die krel soos goud oppas, s Karos sedig. Hys
ons beste bewys dat daai spul lieg, en as Koevoet hoor dat hy nog lewe, is dit di keer rrig Donkerberg toe met Fannas!
Ek hoor wat julle s, maar hierdie pasint gaan nrens voordat hy nie gesond genoeg is nie.
Ek het n plan. Ons laat hom dr l. Plato wys na nog n skeur in die rotswand, heelwat brer en langer as die een waaruit Fannas pas  bevry  is.  Ons  maak  hom  gemaklik  en  pak  dan  die  plek  met klippe toe. Gn luiperd of enigiemand anders sal hom daar pla nie. Dankie, Plato, as almal maar net so op andere ingestel kon wees soos  jy.  Tantrum  kyk  vir  Plato,  maar  rol  haar  o  veelseggend  in
Karos se rigting. Ons moet iets in sy maag kry.
Ek sal by hom bly! s Karos terwyl Tantrum en Plato begin rondsoek na iets te ete.
Terwyl die ander twee die bosse invaar, kry Karos sy prekie in. Luister pl, jou eertydse bevelvoerder boor jou. Hy s die in-
braak was jou idee, en joune alleen. Dit sal ons baie help as jy mre by die verkiesing vir die trop die volle waarheid kan kom vertel. Ons sal jou beskerm. Terloops, ek weet dis effe aardig, maar almal dink jys dood.
Fannas wil iets s, sy o tot in die wit gedraai van onsteltenis. Genoeg is genoeg! s Juffrou Tantrum agter hulle. Sy is pas
terug, maar kan goed sien wat gaande is.
Al is die tyd vir stamvrugte verby, het sy en Plato tog n paar ge-kry. Plato voeg dit by n paar maroelas, en tik dit tot n pasta.
Reken net, julle: Bobbejaan met klipwerktuig. Waars professor Phillip Tobias nou? mymer Karos.
Nee, man, wat van Jamie Oliver, s Plato met n laggie. Waarom is alle goeie kokke mans? wil Karos weet, maar juffrou
Tantrum se kyk laat hom goed verstaan dat dit nie nou die tyd of plek is vir so n diskoers nie.
Kry nou end, julle twee! s sy, en begin die pasta meng. Sy voer dit bietjies-bietjies vir Fannas.
Karos en Plato dra die jong soldaat versigting by die skeur in. n Laaste woord van gerusstelling, en klippe word een vir een voor die bek van die skeur gepak.
Is jy oraait daar binne? roep Karos toe die laaste klip in posisie geplaas word, ook maar gretig om vir die vroulike lid van die allian-sie te wys dat hy wel n besorgde, sagte kant het.
Ja, en baie dankie, antwoord Fannas gedemp van agter die ge-stapelde skans.
Moet s, Grootraad, daai drie lyk redelik ingenome, merk staf-sekretaris Stompie op terwyl Karos, Tantrum en Plato hulle weer by die res van die trop aansluit.
Hm, Grootraad se ogies is op skrefies. Dan vat hy vir Koevoet eenkant toe, en laat n bedremmelde Stompie alleen agter.
Luister, Koevoet, vind vir my uit wat daar aan die gang is. Maar versigtig, gehoor!
Grootraad sien hoe Koevoet frons, maar hy is nie lus om te ver-duidelik nie. Nog iets 
H?
Ek is die eerste en enigste wat wil weet.
Wat Grootraad nie weet nie, en wat Koevoet nie s nie, is dat hy die opposisie se doen en late reeds vir geruime tyd intensief laat dophou. Dis al manier hoe hy Grootraad kan bendruk wanneer daar skielik n interessantheidjie opduik. Iets wat Grootraad sal laat s: O, maar jou spaais is op hulle kop h? Dan sal jy gn verwyte hoor van dik vingers in die politiek en so aan nie!
Kort voor slapenstyd wink Grootraad sy stafsekretaris nader. Luister, ek het bietjie gedink. Ons kort plakkate vir mre se ver-
kiesing. Met fotos en als. Almal weet wie ek is, maar nogtans. Maar Grootraad 
Rel sommer nou vir n fotograaf, en as daai outjies mre hulle o uitvee, smaail ek vir hulle van elke boom af!
Maar Grootraad 
Laat ek klaar praat, dmmit! Kyk nou  so  met my een hand op hierdie klip en die ander in my sy. Met my manel aan en my beste kant na die kamera. En jy sorg dat my medaljes blink, gehoor! Nou wassit?
Grootraad, ons het nie n kamera nie. Ook nie n fotograaf nie, s stafsekretaris Stompie. Ook nie duikbote of n ruimteprogram nie, sou hy kon byvoeg.
O.
Teen die minder private deel van Slaapkrans snork, steun en slaap dit reeds geruime tyd, maar dis asof n rukwind Karos se gedagtes die heeltyd opjaag en laat l, opjaag en laat l.
Karos sug. Vannag is in alle waarskynlikheid sy laaste nag teen Slaapkrans. Dis n konfrontasie hierdie wat hy nie loop soek het nie, maar hoe gemaak as jy in n drukgang ingeforseer word? Omdraai en askies vra? Op jou knie neerval en om genade soebat? Hy is nog jonk, en hy kon seker sy tyd afgewag het, maar wat gaan van die trop oor wees teen die tyd dat Grootraad padgee? En gaan iemand soos Koevoet wag tot dan? Dalk is alles nie verlore nie. Kyk maar wat het alles gebeur nadat die verkiesing aangekondig is. Karos glimlag wrang as hy aan die selfvoldaanheid dink waarmee Grootraad gevra het: Is jou karos groot genoeg om die hele trop te bedek? Die min-agting in die tropleier se o toe hy hom as jongeling in die openbaar probeer verneder het: Aanvaar jy die uitdaging, Karos 
En toe, toe tref een fiasko na die ander. Die kastige Teken speel n hoofrol in die drama onder die geliefde lapa, en Stompie sit met n stompie. Toe volg die inbraak, en n enkele wag stuur ou Grootraad se hele liegstorie oor goeie buurskap en diplomasie na sy maai. Boonop kom n stuk uit Die Spiel na Plato toe aangewaai, asof n onsigbare asem dit aanblaas. En asof dit nie genoeg is nie, kom hulle vandag op die arme Fannas af. As die man tog maar net mre gesond en gewillig genoeg sal wees om sy opwagting by die verkie-sing te maak!
