Bloed en hare
Dis eers met eerste lig die volgende oggend moontlik om die skade aan Fannas se sitvlak te bereken.
Haelgeweer, s Koevoet ingedagte, diep bendruk met die slaan-krag van vyandelike vuur, min gepla oor die ongeval in eie geledere.
Nursie Berta is met die beste van bedoelings en n tuisgemaakte tweezer hard aan die werk om die korrels een-een te verwyder. Wat in moet weer uit, en wat vir Fannas en die pakkamer geld, geld ook vir die haelkorrels in sy boude. Maar al is n man ook hoe dapper, en die nursie ook hoe liefies klink gisteraand se gekerm na Die Maan-ligsonate in vergelyking met vanoggend se geskree.
Die res van die trop sit grootoog en toekyk.
Grootraad sien die jammerte in die trop se o, en hy begin dink. Hoe lank gaan dit neem voor hierdie spul bobbejane begin vrae vra oor hoe dit dan nou gekom het dat die arme jong man in die ven-ster vasgesit het? Boonop vertel hy wat Grootraad is heeltyd die hand-om-die-nek-storie oor hom en die burgemeester, en hier kom een van die munisipaliteit se manne en skiet die jongkrel se agter-wreld vol gate?
Nee, hy moet die vlamme smoor voordat hulle verkiesing hou. Dis n Koevoet-ding di, en hy wink hom nader.
Kyk, Koevoet, hiers n ding wat pla, n ding wat ons kan byt  n Rukkie later stap Koevoet n wye draai om die kermende Fan-nas en gaan staan tussen n paar toeskouers. Ja, s hy met n mee-warige skud van die kop. Ons is jammer vir die knaap, maar vir wat
gaan staan hy nou op sy eie en inbreek, h?
n Paar van die oudstes kyk geskok na Koevoet. Dis iets wat nie in ons tyd sou gebeur het nie!
Wil jy nou meer! En nogal so n mooi, oop gesig! voeg een van die ou wyfies by.
Selde dat jy n bleek bobbejaan kry, maar dis n spierwit Fannas wat deur nursie Berta aanges word om vanoggend liewer bedrus te neem en by die slaapplek te bly. Die vuiligheid en stof van die asgate sal nou die verkeerdste ding denkbaar wees.
Wees nou rustig, ons sal vir jou iets te ete bring. Gemaklik so? vra Berta.
Fannas se glimlag is so flou soos sy knik.
Na kort oorlegpleging met Koevoet besluit Grootraad dat dit nou n geval is van life as usual. Die trop se vertroue moet herstel word. In die leierskap se vermons. In die burgemeester as buurman. In die asgate as lewensaar. In die lapa as plek van plesier.
Mens noem dit damage control, s Grootraad vir Koevoet.
Die arme Stompie is steeds buite aksie. Om die punt van jou stert te verloor is vir enige bobbejaan traumaties, en vir n ho amptenaar om so n verlies in die publiek te moet ly, nog erger. Hier waar hy in n hopie by sy slaapplek sit, sien Stompie hoeka hoe n paar jonge-tjies na hom kyk en agter hulle hande glimlag.
Grootraad is nie juis n man vir hospitaalbesoeke nie, maar hy stap tog oor om te verneem hoe dit met sy stafsekretaris gaan. Hy voel n klein bietjie skuldig oor gisteraand se gebeure, en weet nie mooi hoe om te simpatiseer nie.
Yes!
Mre, Grootraad, antwoord Stompie flouerig.
Grootraad buk oor Stompie. Nie om te voel of hy koors het nie, maar om die stukkie stert wat daar l vieserig te betrag. En di nou?
Ek  ekt gedog ek hou dit maar  Wil jy n sleutelhouer laat maak of wat?
Ekt gedink dit kan dalk weer vasgewerk word 
Wel, ek sien nie vir dokter Krisjan Barnard hier rond nie! s Grootraad en slinger die stuk stert oor die krans.
Stompie kyk dit geskok agterna, maar Grootraad laat hom som-mer dadelik verstaan: Skei uit met die privaat nonsens. Dis nou tyd vir staatsake.
Kyk, ek het vannag gedink. Ek kan nie daai swaard heeldag en aldag dra nie. Ek weet dis n teken en als, maar juis  Die trop moet dit nie t gewoond raak nie  ek en die swaard, het jy my?
Stafsekretaris  Stompie  knik  gedwe.  Hy  gaan  beter  saam  met spesiale geleenthede, ek meen nou saam met medaljes en manel  Ja. En op gewone dae dra ek di. Grootraad hou n ou koper-
moer na Stompie uit.
Waar kry jy dit, Grootraad? Stompie kom orent, die pyn effens vergete.
Gister, by die asgat. Oulik n? Dit sal my van die res onderskei sonder dat n man nou onnodig uitstaan, e  n teiken word vir sluipmoordenaars en so aan.
Stompie knik begrypend. Aan watter vinger, Grootraad? Nee, nee! Grootraad Makedaan skud sy kop heftig heen en
weer. Hier, net hier! Hy wys na die knak van sy stert. Stompie se mond gaan oop, maar die woorde ontbreek. Toe man, ryg! Ryg in, die asgate wag!
Die asgate is gewoonlik maar n vaal, stowwerige plek, en die Donkerbergtrop wat vanoggend hier rondkrap, sien daar ekstra be-deesd uit. Dis asof die jet lag van gister se baie opwinding nou eers inskop, en boonop het niemand veel geslaap nie as gevolg van Fan-nas en Stompie se stereo-gekerm.
Lyk my die spulletjie wil nie vanoggend spoed kry nie, s Grootraad, en beduie met die kop na die trop. Hoe staan sake met die verkiesing? wil hy by die ander twee weet.
Als in plek, Grootraad, verseker Stompie dadelik, terde bewus van sy status as kiesbeampte.
Hoekom al die nonsens, grom Koevoet. Jaag weg of maak vrek, en klaar!
Ek hoor wat jy s, Koevoet, maar ek ken die politiek. Jaag een weg en jy weet nie wat smeul onder di wat agterbly nie. n Verkie-sing dwing dinge in die oopte, die dislojales, vyande van die trop  noem hulle wat jy wil!
Ja, Grootraad, daars dalk meer as net Karos en Plato, beaam Stompie, sy o op die rommelhopie voor hom. Ek trust daai juffrou Tantrum net mooi niks 
Die reusagtige soldatelyf beweeg soos blits vorentoe. n Groot vuis vat Stompie voor die bors. Luister pl, jy hou jou bek van daai girl af, gehoor!
Toe, toe, julle! s Grootraad. Die hele trop kyk na ons! Karos is die eerste een wat die onenigheid gewaar. O-ho Daars
moeilikheid.
Ag so, s Plato ingenome, hand in die sy. Eers kap die een die ander se stert af en nou gryp hulle mekaar!
Grootraad se moer is geroer. Sy adjudante gedra hulle soos twee stout kinders, en boonop is die trop vandag so gevrek jy kan skaars flou tee van hulle maak. Dis n iesegrimmige Grootraad wat gelas dat die trop vandag vroer oppak en waai.
n Entjie van die slaapplek af gewaar Koevoet onraad, en druk Grootraad agter hom in. Met die ander hand beduie hy vir sy sol-date om nader te kom.
Sluipstap was hier. Die sterk reuk van bobbejaanangs in die lug, die bloed en hare teen die rotswand getuig daarvan. Sluipstap was hier, en Fannas is nie meer hier nie.
Arme Fannas. Vanoggend is hy nog verwens vir sy gekerm, veral toe hulle hoor dat hy was waar hy nie moes gewees nie. En nou is hy weg. Hopelik was die einde vinnig, al s die bloed en hare iets anders.
Terwyl n grootoog trop gereed maak vir nog n onrustige nag, hou die leierskap noodvergadering. Die stemme is laag en skor, en die konsensus nie bemoedigend nie. Dis n lelike ding di, en sonder damage control gaan dit nog leliker word. Die verkiesing wat n paar dae gelede nog n kwessie van poeding en paai was, raak nou stadig-aan n nagmerrie.
Die verkiesing moet nou kom, en gou ook, s Grootraad. Stompie knik, maar Koevoet het iets op die hart. Kan ons nie
die hele ding kanselleer nie.
Goeie vraag, Koevoet. Ek het self daaraan gedink, veral toe ek die swaard kry en so aan, maar die politiek van die saak werk so: Die trop het klaar n proeseltjie van die nuwe ding genaamd verkiesing gekry. Ons kan dit nie nou weer wegvat nie. Boys, skiet my, maar ek het gedink dat die verkiesing n manier gaan wees om daai twee kna-pies se sterte aan mekaar vas te knoop en hulle dan weg te ja!
Kan nog steeds gebeur, Grootraad, meen Stompie.
Wel, ek gaan hierdie ding omdraai. Politiek is nie n game vir sis-sies nie, en partykeer moet n man maar die waarheid so n bietjie looi! Een ding is seker  Die trop weet nou as ou Grootraad oor Sluipstap praat, dan is dit nie sommer poppekas nie! En bowendien, wie kan die trop teen die luiperd beskerm: Ek of daai bogsnuiter?
Koevoet en Stompie knik, maar s niks.
Wel, ek slaap nie sleg oor hierdie dinge nie, l een van julle dalk en rondrol?
Nee, Grootraad, s stafsekretaris Stompie, en kyk na Koevoet. Nou ja, ons kan een van twee dinge doen. Ek kan n kommissie van  ondersoek  aanstel  om  die  hele  kwessie  van  die  jong  outjie  se
dood te ondersoek. Iemand wat kan s ons hande is skoon. Briljante oplossing, s Stompie.
Nee, dit is nie, s Grootraad. Ons het nie tyd nie, die verkie-sing moet nou vinnig kom.
Tweede ding  herinner Koevoet.
Ons sit n verklaring uit, en kondig die verkiesingsdatum aan. Gee die trop iets nuuts om aan te dink, oor opgewonde te raak.
Koevoet en Stompie knik weer. Nee kyk, in Grootraad het hulle n man wat weet. Daar is nie n trick in die boek wat hy nie ken nie, dis asof hy die ding self geskryf het! Dis nou krisistyd vir Donker-berg. Nevermaaind die lapa se groot en growwe dinge, dis nou diep en donker dinge hier by Schoongezicht.
Met eerste lig sit stafsekretaris Stompie en krabbel aan n konsep-verklaring. n Grootraad-wysiginkie hier en n Grootraad-invoegin-kie daar, en die trop hoor n rukkie later, kort voor die dag se besoek aan die asgate, die waarheid, die volle waarheid en niks behalwe die waarheid nie betreffende die sage van Fannas versus Tier:
Die leierskap het met skok en leedwese kennis geneem van die ontydige dood van n lid van ons erewag. Fannas was n dapper jong soldaat wat gesterf het soos hy geleef het: Ter verdediging van die Donkerbergtrop en sy vestings.
Kort voor sy afsterwe was die oorledene betrokke in n voorval by die lapa wat gewapende reaksie van die munisipale owerhede ont-lok het. Waarom die jong soldaat besluit het om op eie inisiatief te doen wat hy gedoen het, is n geheim wat saam met hom die ewig-heid in is. Die leierskap word deur omstandighede daartoe gedwing om te verklaar dat die jong soldaat se optrede strydig met offisile orders en verwante verordeninge was. Nogtans doen die leierskap terselfdertyd n beroep dat daar uit respek vir die naasbestaandes nie langer oor die aangeleentheid gespekuleer sal word nie.
Te midde van die dood van n jong soldaat tas ons rond na sin en betekenis: Miskien is dit gele in die feit dat die Donkerbergtrop nou verenig teen n vyand  n bose vyand waarteen die trop se leier dikwels in die verlede gewaarsku het.
Tier is hier, maar elke druppel bloed, elke haar wat val in die stryd teen hierdie bose, listige vyand, is nie vergeefs nie.
Die leierskap betuig hiermee ook sy innige simpatie en leedwese met Fannas se naasbestaandes.
In die lig van die ongelukkige gebeure wat Fannas se dood voor-afgegaan het, sal die trop begryp dat, uit respek vir die ontslapene, die lapa tot nadere kennisgewing out of leaps and bounds sal wees.
