So ja.
n Respekvolle Donkerbergtrop maak oop sodat hulle leier kan deurkom. Grootraad Makedaan beweeg gegordel en geswaard tussen sy volgelinge deur, en Stompie is half spyt dat daar nie nou n vol militre orkes is wat iets soos die Pomp and Circumstance March kan speel nie. Grootraad en koningin Elizabeth ken mekaar waar-skynlik van gn kant af nie, maar jy kan sweer hyt in Buckingham Palace grootgeword. Een hand op die hef van die swaard, die ander al wuiwende. Kameras! Ligte! Aksie! O, waars die perde nou, die Royal Baboon Guards! Royal Platoon Guards. Wat ook al.
Die swaard hang bietjie laag in sy skede, en trek n dun, reguit strepie in die stof.
Die verspieders kom flink orent toe die lede van die leierskap by hulle aansluit.
En? Hoe lyk dit? wil Grootraad weet, sy stem laag en skor. Dit lyk steeds goed meneer, s die senior verspieder, sy o beur-
telings op Grootraad en Koevoet, onseker aan wie hy nou eintlik moet rapporteer.
Smaak my daars heelwat 44s  Ja, Meneer.
En koelbokse met n  julle weet wat  Grootraad hou daar-van om so dan en wan met die soldate te korswel.
Die hoofverspieder lag gedwe saam. Wies daai groot vent in die middel?
Volgens ons inligting is dit die voorsitter van die rugbyklub. Hm. Nou goed, gaan dan maar aan met julle goeie werk. Met die terugkeer asgate toe is stafsekretaris Stompie solank
vooruit om die trop te gaan meedeel dat daar vanaand weer gelapa
gaan word. Bywoning is natuurlik verpligtend, s hy met n onder-langse kyk in Karos en Plato se rigting. Ja, daar is iets te vier, die koms van Die Teken.
So in die terugstap kry Grootraad gaandeweg n selftevrede grin-nik op sy bakkies. Nou het hy wragtag alles wat n leier van n bob-bejaantrop kan begeer: n Tros blink medaljes, n pikswart manel, en nou  die kroon op alles, n grnd swaard wat girts-girts maak wan-neer hy daarmee loop. Die beste van als is die eerlike manier waarop hy dit bekom het. Goed, oor die medaljes kan n man argumenteer, en die manel, wel, dis n ander storie, maar die swaard, nee, heng dit was nou n geval van kroon op die arbeid.
Die rugbymanne het n geil oes agtergelaat, maar die lang wag het Grootraad n bietjie knorrig gemaak. Hy is nie vanaand lus om na kiesers te vry en babas te soen nie. Wiet in elk geval nou lus om stemme te werf met so n blink, nuwe ding aan jou heup? Swaarde is vir konings, en konings veg nie verkiesing nie. n Enkele, konink-like kopknik en lasposte soos Karos en Plato word onthoof!
Vanaand vat die verrigtinge sommer kortpad, en die kortpad slinger sommer gou-gou. Grootraad het skaars sy drank vir die aand bymekaar gemaak of hy kondig heel formeel aan: Let the Games begin!
Grootraad drink vanaand dubbel soveel as gewoonlik. Elke heil-dronk wat hy op homself drink word gevolg deur nog een op die wonderlike, blinknuwe maat wat hy bygekry het.
Die senior mannetjies laat ook nie op hulle wag nie. Kort voor lank raak die Impromptu-mannekoor liries oor die dag se gebeure. En wie is nou gepla as die lirieke en die note nie so lekker by mekaar uitkom nie? Dis tog die idee wat saak maak.
In die halfskemer van die lapa se buitewyke besef Karos skielik dat die opposisie mos nou vordering maak.
Eers die sagte hand op sy boarm, en dan die stem wat daarby pas: Ek is bly oor jou sterk standpunt, Karos  Die hand en die vol-roomstem behoort aan Berta, alombekend as die verpleegstertjie van die trop. Nydige wyfies noem haar sommer nurse, en party manne wat kastig weet, praat van Berta Bom.
Wel  e  dankie, s Karos, en kyk onwillekeurig na waar juf-frou Tantrum haar bevind. Ons is maar te bly as daar troplede is wat ons punt insien.
My plesier, Karos.
Met die Impromptu-mannekoor se For hes a jolly good fellow! besluit Grootraad dat dit nou tyd is vir die gebruiklike bobbejaan-brg. Sy nuwe vriend moet natuurlik saam, maar met die sprong tot op die staaltafel haak Die Teken iewers vas en dis so hittete of Grootraad sien meer as net sy sekelstert.
Te midde van uitroepe van bewondering posisioneer Grootraad hom aan die bopunt van die tafel. Maar met die bobbejaanbrg lol dit so bietjie. Die swaard skuur die heeltyd saam, en dit klink asof Grootraad nou n ystervark vir n aide-de-camp het. Dis di dat hy halt roep en die ding met n effense gesukkel uit sy skede trek.
Die herverskyning van Die Teken lok opnuut reaksie uit. Iemand kry die blink gedagte dat Grootraad nog n heildronk op Die Teken moet drink. Dis n bottel wat Grootraad vroer vanaand nors een-kant toe geskuif het, maar nou maak oesjaar of palet nie meer saak nie.
Op Die Teken! s Grootraad, swaard in die een hand, bottel in die ander, en stort die hele heildronk in sy keelgat af.
Stompie is eintlik n Fanta- en Coke-man, maar selfs hy vat va-naand n paar sterketjies  iets wat die sekretarile tipe geredelik doen wanneer iemand anders betaal. Te midde van die geroesemoes
besluit hy om ook n bydrae te lewer. Dames en here, n heildronk op ons leier!
Ons leier! s die manne, en lig hulle drinkgoed. n Heildronk op Die Teken!
Die Teken! weergalm dit.
Stompie se toetrede tot die verrigtinge laat Grootraad n ingewing kry. Koppe ruk wanneer hy hard met die swaard op die staaltafel slaan.
Vriende,  ek  isj  dankbaar   Grootraad  wieg  so  lank  heen  en weer dat party aanwesiges begin wonder of hulle leier dalk vergeet het waarvoor hy dankbaar is.  dat onsj vanaand feesj kan vier! n Paar woorde, maar dit laat die lapa weer eens van opwinding
bruis.
Maar, vriende, wieg Grootraad voort, ek wil vanaand ietsj doen, iets spesiaalsj  Ek wil vir Sjtompie knight 
Stompie se andersins gladde bojaanbek val tot op sy bors, en sy bottel bier veel verder.
Eksj King Arthur  Grootraad weeg-weeg die swaard tussen sy hande, en ek wil hom knight!
Stom-pie! Stom-pie! Stom-pie! dreunsing die skare.
Stompie dink nog, toe tel n paar skuurpapierhande hom sonder seremonie op die tafel. Hy bly op die verste punt staan, voetjies by-mekaar.
Kom, kom hier, beduie n waggelende King Arthur, swaardpunt na onder.
Stafsekretaris Stompie sluip nader.
Die skare raak doodstil. Selfs Karos-hulle is nou die ene belang-stelling.
Kniel! s Grootraad, en stafsekretaris Stompie maak presies net so. Stafsekretarisj Sjtompie, ek knight jou  Jysj nou ridder van Donkerberg! en met di swaai Die Teken swoesj! rakelings bo Stompie se ore verby en snip n twee sentimeter lange stukkie van sy stert af.
Die skerp kant van Stompie se gil klief dwarsdeur die lapa se gras-dak en slaan doer bo teen Slaapkrans vas. rens in die donker vries Sluipstap in sy spore. Sou daar nou n ander roofdier in sy gebied bedrywig wees?
Arme Stompie word nie dadelik van verdere bywoning verskoon nie. Grootraad sien geen rede waarom die geselligheid nou weens n
enkele ou ongelukkie tot n skielike einde moet kom nie. Vanaand se partytjie begin juis nou alle vorige lapageleenthede met n hele paar desibels oortref.
Terwyl nursie Berta haar oor Stompie te ontferm, steier Groot-raad swaard in die lug in Koevoet se rigting. Dis asof hy die Rooisee deurkruis, want almal maak net pad sodat hy kan deurkom.
Die drank isj op en ek soek nog. Grootraad se tong sleep swaar aan al die woorde, maar Koevoet kry die boodskap.
Sal plan maak, s hy met n knik van die kop. Maar ek dink ons moet daai swaard bre. Netnou kry iemand seer.
Grootraad het skaars sy rug gedraai of Koevoet wink een van sy soldate nader. Dis Fannas, een van die jonger lede van die erewag. Geeneen van die Ysters word toegelaat om te drink nie, al raak dinge ook hoe jolig. Koevoet vat die jong soldaat liggies aan die arm en neem hom eenkant toe, buitekant die groot lawaai.
Wil jy naam maak, n medal of iets  ?
Fannas knik effe verbouereerd, want hy is gewoond aan bevele, nie versoeke nie.
Dis vanaand n groot aand, veral vir nommer een. Om dit nou pleinweg te s, die drank is op.
Fannas knik. Hy verstaan.
Sien jy daai venster? Ek hoef nie n spaai te wees om te weet hys nie op knip nie. Dis n stoorkamer. Binne is daar iets wat ons wil h. Koevoet se lag is skor.
Weer eens knik Fannas.
Nou, hiers die ops. Jys jonk en skraal, en net jy kan daar deur. As jy binne is, gee jy aan. Het jy my of moet ek als vir jou uitspel? Fannas knik weer n keer. Hy sou graag wou weet van die uitkom na die inkom, en of hy sal moet oorgee na die aangee, maar hy bly stil. Dis n voorreg om een van die Ysters te wees. Om nou allerhan-de vrae te vra, sal net een ding beteken: Hulle gaan dink hys dom
of bang, watter een ook al die ergste is.
Die trop rumoer nog vir n rukkie totdat iemand sien wat Fannas besig is om te doen. Vele vingers beduie in die rigting van die oop venstertjie. Daar daal n onverwagse stilte oor die Donkerbergtrop, want dis nuwe grond di. n Paar van die ouer garde trek asem in, maar die mannekoor se aanmoediging doof alle besware uit.
Fannas is gewoond om sy werk in betreklike stilte te doen, maar die toejuiging spoor hom nou aan. Eers beur hy die venster verder
oop en steek kop en skouers tussen die diefwering deur. Wat as een ratse beweging begin, eindig skielik in n gewurm en n gewriemel.
En daar sit hy, s Plato lakonies.
Om dinge te vererger hoor Fannas skielik n getik-tik-tik wat nog nie die res se ore bereik nie, want die rumoer is te groot. Die vol-gende oomblik bars daar n lawaai los wat klink soos tien bulkende Brahmaan-beeste. Nuwe grond, nuwe dinge: Die Donkerbergtrop se eerste kennismaking met die gesofistikeerde Watchdog-alarmstelsel.
Ons ontruim! skree stafsekretaris Stompie byna instinkmatig, stukkie stert in die hand, gesig steeds vertrek van die pyn.
Die nag l donker maar oop slaapplek toe. Maak nie saak of Sluipstap daar voor l en wag nie, hulle moet net wegkom van hier-die ding wat skree.
Met sy bolyf binne en sy agterstewe buite, weet Fannas nie mooi of hy moet vorentoe of agtertoe nie. Te midde van al die lawaai kan hy hoor hoe die trop weghardloop. Dis skielik onheilspellend stil. Al wat hy nog hoor is die gekrap-krap van sy toonnaels teen die muur. Dan is daar voetstappe: Swaar, gestewel en doelgerig 
Die munisipale sekuriteitswag vra nie vrae nie. Hy druk die hael-geweer teen sy skouer, en vind onmiddellik die booswig se agter-stewe in sy visier.
Dis asof die skoot bokhael die heel beste uit Fannas haal, beter as wat n Koevoet-bevel of die belofte van n medalje ooit sou kon ver-mag. Die inkom n die uitkom doen hy binne n breukdeel van n sekonde. Van aangee is daar natuurlik geen sprake nie. Die wag waag n tweede skoot, maar teen di tyd is Fannas oor die ringmuur die donkerte in.
Kort duskant die slaapplek kyk n holderstebolder trop verbaas toe hoe Fannas hulle al gillend van agter verbysteek.
Die maan sit al baie hoog voordat die trop enigsins tot bedaring kom.
Na die ylingse vlugtog is Grootraad skoon nugter, en dis in hier-die laat uur dat hy sy militre bevelvoerder na Schoongezicht ont-bied.
Die man wat Koevoet daar aantref is in n verwoede bui: Eks glad nie bendruk nie! Ek verwag wragtag meer van die burgemees-ter! Hoe kan sy mense sommer op ons staan en skiet!
Koevoet s niks, knik maar net kop. Stafsekretaris Stompie is nie by nie, want n ent weg l hy en Fannas mekaar kliphard en bejam-mer.
Kort-kort onderbreek Grootraad die geween met n brutale Sjar-rap! Ons probeer dink hierso!
Dis al laat toe Koevoet Schoongezicht verlaat en Grootraad begin insluimer. Al bevind Grootraad en Karos hulle op verskillende plek-ke teen Slaapkrans, en al beveg hulle mekaar eersdaags in n verkie-sing, skop dieselfde gedagte nes in beide se koppe: Di swaard is nie n speelding nie.
