n Teken
n Paar oggende later stryk die trop oudergewoonte aan asgate toe. In die middel van die prosessie is die bojaanweergawe van Moms Taxi  hier en daar n kleintjie wat heel kordaat op ma se rug ry.
Die voetpaadjie het skaars begin slinger of juffrou Tantrum se ryk altstem vul die oggendlug. Aanstap Rooies, die pad is lank en swaar 
Vir Karos is dit asof haar sang vanoggend treuriger is as voorheen, maar as dit so is, kom die res van die trop dit nie agter nie. Hulle sing heel lustig saam, van die skrillerige ouwyfiestemme regdeur on-dertoe tot by die skor soldategebrom.
Die eerste rooi munisipale lorrie het skaars sy vrag afgelaai of die leierskap beweeg statig vorentoe, deeglik bewus van die voorregte van hulle amp, al is dit maar net om eerste te kan kyk wat die dorp se uitskot vanoggend oplewer.
Die vrag bied nie veel nie. Eers n halwe bottel ou vrugtesap wat Grootraad in sy keelgat afgooi, toe n le houer joghurt waarin hy sy lang vingers druk asof dit die stadsraad se geldlaai is.
Die res van die trop staan al nader, en Stompie beduie vir Groot-raad iets met die tong. Dis per slot van sake stemtyd, en netnou sien kiesers die potsierlike wit ring om hulle leier se lippe. Grootraad knik sonder om dankie te s en vee alles one shot met n harige voor-arm af. Dis mos waarom daar iets soos n stafsekretaris is, dmmit!
Terwyl hulle vir die tweede rooi lorrie wag, krap die leierskap so-lank maar in gister en eergister se hope. Skielik druk Grootraad sy stafsekretaris en militre bevelvoerder al twee opsy.
Sien julle wat ek sien? Nee, julle sien nie 
Die grootste bojaanspronge is gewoonlik agtertoe, soos wanneer n omgekeerde klip nie n skerpioen nie, maar n slang openbaar. Vinnig en ver, sonder om eens in die truspiel te kyk. Maar hierdie sprong van Grootraad is vorentoe.
Voor jy kan s die-rooi-lorrie-is-al weer-op-pad slaan Grootraad sy hande om iets wat onder die ashoop uitsteek, en hy gee dit n alle-mintige pluk. Die volgende oomblik staan hy soos n wafferse King Arthur met n tamaai swaard bokant sy kop.
Hoi! roep Grootraad, maar dis nie nodig om aandag te trek nie. Stafsekretaris Stompie en Koevoet is dadelik by, en die trop kyk ver-baas op, gesigte vaal van die asgate se stof.
What next? s-vra Karos terwyl hy sy kop meewarig skud. Daar gaan jou verkiesing! s Plato droogweg.
Vir n paar oomblikke lyk dit asof Grootraad nie mooi weet wat om met die swaard te doen nie. Toe laat sak hy dit. Stadig en met respek. Terwyl Stompie en Koevoet die verskynsel bekyk, loer die trop op n veilige afstand oor mekaar se skouers.
Dis n teken! verklaar Stompie, en Koevoet beaam met n kop-knik.
Die trop se verbasing duur nie lank nie. Dis n teken, s iemand, en die res val in n koor in: Dis n teken! Dis n teken!
Sonder dat hy sy baas raadpleeg, besluit stafsekretaris Stompie om n verklaring uit te reik. Dames en here, dames en here, net n oomblik asseblief. Ek kan bevestig dat ons leier pas op n swaard af-gekom het. Dis n teken. Van mag. Van gesag. Van leierskap.
Wat n man, koer die ou wyfies.
Die opwinding van die oomblik laat almal skoon van hulle eetlus vergeet. Op advies van sy stafsekretaris laat Grootraad toe dat die trop die swaard van naderby beskou. Hierdie ding is nie n bril son-der glase nie, en almal kan maar kyk, vat en voel. Nogtans is hulle leier maar redelik snoep oor die blinknuwe vonds.
Karos bly op n afstand, maar Plato doen mee. Hy staan geduldig in die tou totdat hy sy vingers versigtig oor die lang, blink lem kan laat gly, tot bo by die swierige handvatsel. Dis n swaard, orraait. n Seremonile een, maar nogtans.
Heeldag kan die trop oor niks anders praat as die swaard nie, en die aankoms van Die Teken moet gevier word. Sommer vanaand, as dit kan. Stafsekretaris Stompie wil nog die gedagte in sy baas se kop plant toe sien hy dat dit al klaar wortel geskiet het. Koevoet kry ter-stond opdrag om die lapa te laat dophou.
Wie ook al van rens af vir Grootraad glimlag, wil net nie ophou smaail nie. Die verspieders het skaars hulle sit gekry het of die eerste berigte kom al in: Daars n hengse paartie aan die broei by die lapa. Al weer die rugbyklub, maar dis ouer manne.
Hm, seker maar die keurders, is al wat n ingedagte Grootraad te s het, en hy wink sy sekretaris so met die een hand nader.
Intussen krap die trop met hernieude ywer in die asgate rond. Dalk slaan ek ook die jackpot, s een ou, maar skrik vir di aller-
sondige van sondige gedagtes en verban dit tot diep agter in sy har-span.
Luister, s Grootraad en beduie vir Stompie om te sit. Ek sal seker moet leer om met di ding te loop, ek bedoel nou by byeen-komste en so aan  Grootraad het net o vir die swaard, en Stom-pie moet maar geduldig wees.
Ja, Grootraad.
Nou prakseer iets, man, ek kan hom mos nie heeltyd in my hande dra nie!
Dis asof stafsekretaris Stompie die opdrag te wagte was. Binne n halfuur is hy terug met n belt en skede wat uit tamboekiegras ge-vleg is. Spanpoging, s Stompie sedig en beduie met die kop in die rigting van Koevoet. Die ontwerp is myne, maar Koevoet se soldate het die gras help versamel, voeg hy by.
Hm, brom Grootraad ingedagte, al klaar besig om die gedoente om sy middellyf te kry.
Stafsekretaris Stompie verwag lankal nie meer n enkele dankie nie, dis genoeg beloning as jy nie uitgetrap word nie. Gedienstig help hy sy baas met die vasmaak.
