Basie
Ek kon die hond van die begin af nooit verdra nie. n Mens hou glo baie van boelterrirs of jy verdra hulle nie. Toe my man die klein dikpensding met die plat kop en die reptielgevreet hier aanbring, kon ek niks vir hom voel nie. Sy geslagregister was lank, sy koopprys hoog en sy maniere nie die slegste wat ek al gesien het nie, maar tog. Miskien het ek gevoel dat hy nie ek-stra liefde nodig het nie, hy en sy baas was so klaarblyklik in hulle skik met mekaar.
Dit het nie by onverskilligheid gebly nie. Hoe groter hy ge-word het, hoe minder het ek van hom gehou. Groot honde hoort nie in die huis nie, glo ek. Al sleep hulle hulle baas se ou trui uit die kas en gaan daarop l en slaap, dan vermurwe dit nog nie my hart nie. Ek het hom uit die huis verwilder net waar ek hom sien. Die gewone huishond kom gou agter wat jy be-doel en n verstandhouding ontwikkel tussen jou en hom. Bin-ne die drumpel is j huis, buite die drumpel is syne. As jy nie daarvan hou dat hy in jou huis kom nie, hy is nie snaaks oor syne nie; jy is welkom daar. Maar so was hierdie boelterrir wat ons ewe naef Basie gedoop het, nou ni.
Hy het die feit dat ek hom uit die huis uitjaag, soos n mens opgeneem. Hy het hom vererg daaroor; moedswillig, kwaad-willig en later heeltemal verbitter daaroor geword. As ek naby hom verbyloop, sou hy opstaan, kil opsy staan tot ek verby is en weer gaan l. As ek hom verjaag, stap hy waardig en woe-dend en op sy tyd by die deur uit. Ek het hom probeer skop om hom aan te help, maar om kaalvoet n boelterrir se staalharde
agterstewe raak te skop, is om jouself leed aan te doen. Ek het met my man gepraat oor die hond. Hy mt geleer word om buitekant die huis te bly. Hond en baas het hulpeloos na me-kaar gekyk en die baas het daarna halfhartig probeer, maar dit het my taak gebly om hom van stoelkussings en matte te ver-jaag, en hy het nog afkeriger na my gekyk as ek by hom verby-loop. Toe al reeds wou hy nie kos eet as ek dit vir hom neersit nie, en hy het my verder beledig deur dit van die bediende aan te neem.
S het dit gebly tot hy reeds n groot uitgegroeide hond was. Toe kry ek eendag n fyn geweefde sydeken vir ons bed, n be-sonder mooi ligte een. Op n dag staan ek in die deur: Sy mod-derspore l oor die dwarste van die bed, tot teen my man se kussing, en daar l hy soos n kat op die deken opgekrul. Ek kry my stem terug, skel en raas en storm die kamer binne. Miskien was dit die onverwagsheid van my aanslag, ek weet nie. Hy rys op, trek hom inmekaar soos n groot leeu wat wil spring, trek sy lippe terug en grom diep uit sy keel. Oomblikke staan ons mekaar vas en aankyk. Toe draai ek om. Nou is die oorlog openlik verklaar. Ek wag hom soggens met n hark by die voor-deur in en verwilder hom as hy naby die deur kom en ek be-skinder hom by sy baas oor hy my bolle uitgraaf en bekla my lot by almal wat wil luister oor die onbruikbaarheid van boel-terrirs.
Die deur van sy baas se studeerkamerrondawel wat so ge-trou teen die katte toegetrek word, het toe begin oopstaan en hy het permanent op sy baas se renjas agter die deur ingetrek. As enigiemand behalwe sy baas op die drumpel trap, grom hy; ons kan net die vertrek aan die kant maak as sy baas hom eers uitlei. Ek het sy baas sy bewonderaar gegun en hom nie verder vertoorn nie, en so kon ons jare lank langs mekaar, maar uit mekaar se pad uit, oud geword het, Basie en ek. Maar daar was iets in die groot beduiwelde hond wat sterker as hy self was en eindelik sy ondergang bewerkstellig het. Dit was sy drang om met iemand veldin te stap en l mens wat myle ver in die veld gaan stap het, was ek, sy vyand.
Middag vir middag as ek die tuinpaadjie afstap  en hy het so goed geweet ek gaan nie net groentetuin of hoenderhokke toe nie  elke middag het ek hom sien veg teen sy weersin en sy wantroue, sien inmekaarkrimp teen die lus om eindelik geluid-loos soos n kat by my verby te streep en voor ek nog n koers inslaan, dit reeds te vermoed en die pas aan te gee. En altyd het ek my weer verwonder oor die lenigheid en ratsheid van sy swaar spiere en so alleen met hom in die veld gewonder of ek nie tog op grond van die een mooi ding wat ons deel, n nuwe verstandhouding met hom kon opbou nie. Ek en hy ken mos al-bei die heerlikheid wat die skaterlag van die veldkorhaan tus-sen die beukesbossies en die goue asemhaling van die saadgras in jou wek. Ons weet mos dat jy kan mal word van die brak reuk van die rivierslote en die piets van die biesiepolle om jou heupe en ons het al albei na die kosbaarheid van klein krappies tussen die spoelklippies staan en kyk en die yslike weemoed van die stil bleshoenderkuile stroomaf aan ons lyf gevoel. Dit is net ek en hy wat weet dat hierdie dinge sterker as gewone lief-de of haat kan wees.
Maar net so gereeld het ons mis op hierdie uitstappe ge-skeur geraak, want meteens sou sy egalige draf ineengedronge raak, sou hy wild en woes die veld agter n reukvlaag aan in-storm. Kort daarna kom n trop skape paniekbevange by my verby gedruis, met n bruin duiwel wat na hulle flanke hap, repe wol uitskeur, dit hoesend uitspoeg en hap en skeur, en niks, niks kon ek doen om hom tot besinning te bring nie. Ek kon my hees skree, ek het baie keer agterna gehardloop tot my longe wou bars, maar ek kon hom nie inhaal nie. Ander kere was dit beeste. Di het hy makliker as skape aan die neus ge-vang en op die knie gedwing. As ek hom inhaal, skop ek hom en steek my vingers in sy klein krokodilogies en trek sy ore uit lit en vat n klip en moker hom oor die kop daarmee, maar nooit kon ek sy kake oopkry nie. Mislik van woede en frustrasie en op die een of ander manier ook skuldig, los ek hom later net daar en haas my huis toe om sy baas te gaan roep. n Melkkoei se hele uier het hy op n keer uitgeskeur, n kalf se onderkaak
vergruis, talle skape tot bloedige lebbe verflenter. Ons het rusie gemaak oor Basie, ernstige rusies. Dis mos j hond en dis j skape en j beeste, wat gee k om? Maar ek gaan nie my lo-pery smiddae laat staan net oor hy hom nie kan gedra nie.
Maar, pleit hy dan, moet hom nie saamneem nie.
Hy het my nog nooit gevra om saam te gaan nie. Hy maak soos hy wil, jy leer hom mos nie.
Eindelik het sy baas hom smiddae begin toesluit in die ron-dawel. Hy het n vensterraam stukkend gekou en deur die ruit gebreek agter my aan. Sy baas het diefwering, wat hy lankal wou, voor die venster laat sit en probeer onthou om hom toe te sluit. As ek dan laat die agtermiddae terugkom, met taaibos-stingels in my trui en klitsgras aan my skoenveters, staan hy my langs die stoep en aankyk; nie na my gesig nie, net na my voete.
Partykeer kon ek dit eenvoudig nie help nie, dan stoot ek self die rondaweldeur vir hom oop voor ek veld toe loop en hoop dan maar vir die beste. Die slegste het gewoonlik daarna self gevolg, want hy kon homself eenvoudig nie keer nie.
Op so n dag, dit was n yskoue, winderige dag in die middel van die winter, stap ek langs die spruit met hom deur die dik-gematte wit gras, ewe rustig, en ek dag nog dit gaan een van ons suksesvolle uitstappe word. Meteens egter weer n wilde vaart, n gedruis van hoewe en benoude brulle en ek raas en skree by voorbaat. Jy het dit nou net een keer te veel gedoen, dink ek vasbeslote. As jy nie weggegee word nie, vat ek jou per-soonlik, die Liewe Vader alleen weet hoe, na n veearts om jou te laat doodmaak. Jy vang nie nou n bees nie, jy vang jouself. n Klomp jong beeste bars by my verby, spring by n wal af en vlug langs die diep waterkuil met die spruit se loop langs. Agter hulle aan, ook voor my verby, kom Basie, maar in sy vervaard-heid het hy nooit opgelet hoe naby die wal hy is nie. Hy loop in volle vaart oor die wal, gee komieklik nog n paar tree in die niks en stort dan in die waterkuil, n goeie tien voet ver die water in.
Dit sal jou leer, dink ek selfvoldaan. Ek staan onbarmhartig
en kyk hoe hy soos n klip sink en onder waterwarrelings ein-delik weer spiel bereik. Hy krap pateties met sy voorpote en sink weer. Hy kom weer op, hap na asem en sink weer, en ek besef meteens dat die hond besig is om te versuip. Ongelooflik! Ek dag enige dier kan instinktief swem, maar hier veg die fris geboude ellendeling onmiskenbaar sy laaste geveg. Ek kyk terug huis toe, ek roep, maar niemand hoor my nie. Ek wil weg-draai, want ek voel my in geen opsig aan sy toestand aandadig nie. Of voel ek wel? Toe ek my kom kry, het ek die wal afge-spring, my skoene uitgeskop en loop ek met klere en al die ys-koue water in. Dis dieper as wat ek gemeen het; ek moet dade-lik swem. Ek kry hom beet, maar dit gaan moeilik. Hy spartel waansinnig en is so glad soos n paling. Sy skerp toonnaels klief my voorarms oop. Ek is stokflou toe ek hom eindelik teen die wal uitstoot. En ek is so kwaad, ek skop hom nog so met die uitklim in sy lies. Ek gooi n klip agter hom aan toe hy die een enkele keer in sy lewe bedeesd met sy stert tussen die bene wegslinger. Ek moet n goeie myl in die snerpende koue terug-loop huis toe en ek werk myself in n histeriese toestand voor sy baas op.
Hy kon my laat verdrink het, die misgewas, huil ek, en hy lyk nie so ontsteld by die gedagte as wat n mens sou kon ver-wag nie. Dalk het hy gewens dit moet gebeur, maak ek myself wys.
n Rukkie later kom die groot bruin ondier by die voorhek ingesluip. Hy bly staan toe hy my sien, daar kom iets in sy o asof hy wil praat, maar ek snou hom dreigend toe in die enig-ste taal wat tussen ons bestaan: Voetsk! en hy glip verby na die rondawel.
Daarna het my man vir die eerste keer vasberade probeer om sy hond te beheer. Hy het hom aan n paal by sy hok vasge-ketting en smiddae as hy tyd het, n draaitjie met hom aan die ketting gaan stap. Ek het die hond se o vermy wanneer hy van hierdie vernederende uittoggies terugkom.
Belangriker sake het gemaak dat die uittoggies al minder en minder geword het. Die hond het vet en lomerig en half krup-
pel geword. Hy het brandsiek aan sy dik neus gekry en uit ver-veling sy oor teen die paal stukkend geskuur. Hy was n swak waghond, want vreemdes kon oor die werf heen loop sonder dat hy ons waarsku en hy was tevrede as die bediende sy kos met die voet na hom oorstoot. Partykeer het ek sy ketting hoor ratel as ek veld toe loop en by die hek getwyfel en maar altyd weer laat staan.
Toe, op n oggend merk ek deur die kombuisvenster dat hy nie daar is nie. Ek gaan kyk. Die ketting het by n swak skakel gebreek en hy is weg, veldin natuurlik. O, ons sal weldra die verwoestingspoor oor die telefoon verneem, dag ek. Seker oral skape verskeur waarvoor ons skadevergoeding sal moet betaal. Ek roep sy baas en ons staan dit nog en bespreek  rustig nou want ons maak lankal nie meer rusie oor Basie nie  toe ons hom sien aankom. Hy draf-slinger stadig na ons toe aan.
Daar is iets verkeerd met hom, ons merk dit dadelik. Hy kom aan, en dit is van alle mense na my toe wat hy ondubbel-sinnig kom. Hondsdolheid, dag ek en tree terug, maar nee, ek het al tevore gesien hoe honde lyk as hulle strignien in die veld optel. Hy is vergiftig en het met sy laaste kragte hierheen aan-gesleep. Hy kom druk teen my aan en ek voel sy groot lyf beef. Ek kniel by hom en sit my arms om hom en dieselfde gevoel van selfverwyt en berou soos n groot, verkeerde beslissings in n mens se lewe, oorval my hier by die stom dier. Ek sou dit vir hom wou duidelik maak: Ek kon nie help nie, ek kon nie help nie, jy was te veel soos n mens. En miskien was dit verbeel-ding, maar vir my was dit asof ek in sy o kon lees: Ek kon ook nie help nie, ek kon nie help nie, jy was te veel soos n hond. En so sit ons vas teenmekaar tot die dood hom kom vat.
