Ysters
n Dag wat met musiek en vrolike sonskyn begin het, word een van die langste dae in Karos se jong lewe. In die Donkerbergtrop versprei nuus nogal vinnig, veral as n gerug van kooltjie tot vuur aangeblaas word. Mas se o word groot en Pas sn vernou wanneer dit duide-lik word aan watter gevare hulle kinders blootgestel was. Buitemuur-se aktiwiteite is belangrik, ja, maar nie as dit n lewe kan verwoes nie! En waar was die sekuriteit? Karos sou glo relings tref, want die arme Juffrou Tantrum kan tog nie vrou-alleen daarvoor instaan nie. Maar nee, meneertjie en daai slim vriend van hom het gruwelik ver-brou! Dankie tog vir Koevoet en sy manne. Dankie tog vir Groot-raad.
Die ou wyfies kweel saam, hulle stemme net so skerp soos hulle oordeel: Ja-nee, musieknote, melkbaard en muisneste keer nie vir Sluipstap nie. Jy soek spiere, slaankrag en slagtande, en Koevoet het al drie. En om te dink dat Grootraad die wysheid gehad het om vir Koevoet en sy soldate terug te stuur slaapplek toe! Dis mos nou ware leierskap! Wat n man!
Te midde van al die gegluur krap Karos en Plato maar ewe gedwe in die asgate rond. Hulle is honger. Daar was nie vanoggend tyd om wilde vrugte te pluk nie. Al wat nou oorbly is die oorskiet-kitskos, en dis nie veel nie. Die koorkinders is ook honger en steeds naar van die skrik, en dit dra weer by tot n algemene gevoel van grommerig-heid onder die ouers. Die twee vriende wyk dus maar liewer uit na die rant van die asgate, waar hulle langs mekaar gaan sit. Woorde-loos, moedeloos. Wat gelyk het na n nuwe begin, lyk nou na n skie-like einde.
Die twee vriende kan sien dat daar nou weer nuwe lewe in die leierskap is. Die drie is besig om te koukus, en dis net vanoggend se gebeure wat vir soveel handgebare en kopknikke kan sorg. Ja-nee, dink Karos, die valbyl gaan val: Gn konsessie vir kooroefeninge of toegewing vir tamboeryne nie.
Karos kan sommer aan stafsekretaris Stompie se flippen ou stap-pie sien dat daar weer n aankondiging aan die kom is. Di klein skepsel het n manier om sy pen agter sy oor in te druk en dan sy heupies te loop en swaai. Hy probeer natuurlik sy baas die lapa-bob-bejaanbrg nadoen, maar kry dit nie heeltemal reg nie.
Aandag, dames en here, aandag! Ek maak dan nou amptelik be-kend dat die leierskap pas besluit het dat dat daar oor n uur n ver-gadering by die vergaderplek sal plaasvind. Ons leier sal by die ge-leentheid n verklaring doen. Dankie, thank you.
Die res van die trop is dadelik in gedempte gesprek. Almal aan-vaar dat vanoggend se amperse tragedie op die agenda sal wees.
Dis n stemmige Donkerbergtrop wat vir die vergadering byme-kaar kom. Koevoet en sy soldate staan oudergewoonte erewag, maar hierdie keer is hulle ekstra brebors, goed bewus van hulle hernieude heldestatus. Juffrou Tantrum en haar koor en orkes is die swye opge-l, en sit stemmig in die gehoor, arms gevou. Karos en Plato sit n bietjie verder agtertoe as gewoonlik, en maak of hulle die o, die ter-loopse kyke, die onderlangse gemompel en vingerwysery nie sien of hoor nie. Origens verloop die samekoms soos gewoonlik: Gebulder-de bevele wat die kranse laat antwoord gee, die dro, vername kug-gie, die geklingel van medaljes.
Dames en here, dis n voorreg om ons geagte leier Grootraad Makedaan aan die woord te stel!
Stafsekretaris Stompie mik-mik om nog iets te s, maar Groot-raad druk hom ru opsy. Die trop sien dit, en hulle weet: Dis ernstige sake wat ons vandag byeen bring, dalk n noodtoestand of so iets. Boonop is daar vandag nie toespraaknotas en leesbrille nie. Nee, die Grootraad Makedaan wat vandag hier staan, kom sommer reguit tot die punt.
Vriende, ek weet dat vanoggend se amperse tragedie vlak in julle harte l. Ons ril by die gedagte aan wat kon gebeur het. Ons is saam dankbaar vir elke lewe wat gespaar is. Toe ek vanoggend besluit om die ystermanne op hierdie sending te stuur, het hulle die taak op n
onverskrokke wyse volvoer. Ja, vriende hierdie manne staan voor u. En,  vriende,  as  opperbevelvoerder  van  die  Donkerbergtrop  gee  ek nou die ongewone instruksie dat hulle omdraai en na u moet kyk. Grootraad knik vir Koevoet, en die reus bring sy manne op aan-
dag. Erewag! Erewag o-o-o-mkeer!
Die gebulderde bevel word op so n presiese wyse uitgevoer, dat die gehoor spontaan begin hande klap.
Grootraad lyk tevrede. U het my dikwels in die verlede so tref-fend hoor s dat hierdie manne n ysterlinie vorm, n ring van staal. Daarom is dit met trots en genoegdoening dat ek aankondig dat hierdie erewag, hierdie eenheid voortaan as die Ysters bekend sal staan. Nou, vriende, wil ek vir u vra  gee vir hierdie manne, hierdie Ysters, die hardste handeklap wat u kan, sodat ons aartsvyand Sluipstap dit doer teen die kranse kan hoorrr!
Die gehoor het nie aanmoediging nodig nie, en Grootraad grin-nik tevrede. Hoe dan anders, dink hy, as jou aartsvyand ook jou bes-te bondgenoot is?
Die erewag bly staan met hulle gesigte na die gehoor. Grootraad hervat sy toespraak: Ja, vriende, soos ek s, ons is dankbaar vir le-wens wat gespaar gebly het, maar daar is n ander rede waarom ons vandag hier bymekaar is.
Die gehoor is doodstil. Van die oueres kyk na mekaar. Wat kan dan nou belangriker wees as vanoggend se gebeure?
Gister het die leierskap n versoekskrif gekry. Nie uit n vreemde oord nie, dis van n tweemanskap, die boodskapperfirma Karos & Plato. Of wag, vriende, is dit dalk die prokureursfirma Karos & Plato?
Daar is n skielike geruis en n gebrom. Hier en daar begin iemand lag. Lede van die gehoor kyk om. Party kwaai, ander smalend.
Ek s doelbewus boodskappers, want volgens ons twee vriende is daar n hele paar dinge verkeerd in die Donkerbergtrop. En vol-gens die brief is dit nie hulle wat so s nie, dis u wat so s, hulle dra maar net n boodskap oor!
Nonsens! roep een van die ou ylkopmannetjies uit, en spring op. Die res van die gehoor beaam luidkeels. Karos en Plato kyk nie na mekaar nie, maar stip voor hulle. As daar nog iemand agter hulle was, iemand op wie hulle die blaam kon plaas, het hulle ook omge-kyk. Maar hulle kan nie. The buck stops here. Dis asof die see van ge-sigte rondom hulle skielik leegloop en net n dro eilandjie agterlaat.
Rustig nou, vriende, rustig, Grootraad hou sy lang, maer hande in die lug. Ek gaan nie die hele brief vir u staan en lees nie, maar dit gaan onder andere daaroor dat dit kwansuis vir die trop vernede-rend sou wees om elke dag in die munisipale stortingsterrein doenig te wees 
Ag nee! Dis weer die ou ylkopmannetjie, en die gehoor praat saam.
En dan is die lapa ook nog uit die bose 
Eers n paar oomblikke van geskokte stilte, dan n koor van ver-ontwaardiging. Toe dreun dit deur die vallei: Lapa! Lapa! Lapa!
Weer hou Grootraad sy hande omhoog. Ek s weer, vriende, ek gaan nou nie die hele brief vir julle staan en lees nie 
Jy kan nie lees nie, man, grom Karos onderlangs, arms gevou. Maar feit is, hier is twee troplede wat ontevrede is met my leier-skap. Wat meer is, hulle s daar is nog troplede wat ontevrede is met my leierskap. Nou wil ek vir u s, vriende, dat ek die belange van die Donkerbergtrop op die hart dra, en as daar fout is, is daar fout! Ek gaan nie sommer iemand wegjaag omdat hy kla nie! Daar is troppe
waar dit gebeur, maar hier? Nee, a!
Die gehoor raak weer stil, al etende aan die woorde uit hulle leier se gul handpalm. Dis groot woorde di, en waarheen wil Grootraad nou?
Nee, hier by die Donkerbergtrop maak ons darem seker of iemand wat kla rede het om dit te doen! Nou, vriende, iemand moet besluit of Karos en Plato rede het om te kla. Wie sal dit wees? Grootraad kyk om hom rond, asof die iemand te eniger tyd tussen die klippe te voorskyn gaan kom.
Karos snork van verontwaardiging, arms steeds styf voor sy bors gevou. As hier nou n sirkus verby kom word hy die hoof-clown, s hy onderlangs vir Plato. Di knik net, ook maar terde bewus daar-van dat hier nou n ongelyke stryd vorm aanneem.
Ja, vriende, wie sal dit wees? Wie sal oordeel? Moet ek die hadi-das doer bo vra? Party bobbejane giggel. Ai, die Grootraad darem. Of dalk my goeie kollega die dorpsburgemeester doer onder?
Sallie werk nie! skree n ylkop in die voorste ry, en daars n klomp kopknikke en hoor-hoors.
Korrek, my liewe ou oom! Nee, vriende, dis u wat moet besluit, u, die seergeagte en geerde lede van die Donkerbergtrop!
Ons s hulle moet weg! Dis weer die ou ylkopmannetjie. Di keer skree hy tussen sy bakhande deur.
Nee, vriende, nee. Grootraad hou sy hande weer omhoog, en wag dat daar weer stilte is. Nee, ons gaan verkiesing hou. Ons is n beskaafde trop, en ons doen dit op die beskaafde manier. U sal moet besluit wie die leier van die Donkerbergtrop moet wees, ek of Karos! Te oordeel aan die toejuiging het die meerderheid klaar be-sluit. Elke jarige bobbejaan sal kan stem!
n Paar heel jongetjies juig saam, totdat n knorrige, ouer manne-tjie hulle reghelp. Jarig klink baie na harig, maar is nog lank nie die-selfde nie.
Die res van Grootraad se toespraak is soos n kaal boom sonder blare van lieg, dramatiese effekte en betekenisvolle pouses. Net die feite: Die verkiesing vind binne enkele dae plaas. Die presiese datum sal aanstons aangekondig word. Stafsekretaris Stompie sal die kies-beampte wees. Die verkiesing sal hier by die vergaderplek plaasvind. Elke kandidaat sal n spreekbeurt h, en dan sal daar gestem word.
Maar Grootraad Makedaan is nog nie klaar nie: Ek het nou al die dinge vir u ges, my mielies as t ware hier voor u uitgepak, maar dit beteken nog niks. Dis nie n alleenresies di nie. Daarom vra ek hier en nou voor getuies vir Karos: Aanvaar jy die uitdaging?
Dit rumoer weer in die gehoor.
S ja. Eks by jou, kom dit onmiddellik van Plato.
Karos staan op. Ja, ek aanvaar. Hy is onmiddellik vies vir hom-self, want sy stem klink vreemd, veel dunner as Grootraad se sterk, forse stem.
Daar is weer n gelag en n gegiggel.
Danku-u-u-u, s Grootraad, duidelik ingenome. Maar dis nie al nie. Die een wat die verkiesing wen is die nuutverkose leier van die Donkerbergtrop, maar die een wat verloor en die wat hom steun, verlaat Donkerberg vir altyd! Aanvaar jy dit?
S jy wil eers beraadslaag, s Plato vinnig, maar Karos skud sy kop. Die handskoen is gewerp, en hy gaan dit optel, by wyse van spreke.
Ja, ek aanvaar! Hierdie keer klink Karos se stem harder en sekerder, al wil-wil die gejil om hom n vroe aanduiding van die ver-kiesingsuitslag gee.
Gisteraand was die maanlig nog romanties, maar nou lyk alles mis-troostig, dink Karos ewe bobbejaan-bedremmeld. Hy het vir Plato ges dat hy vanaand alleen wil wees, n bietjie wil dink oor die knyp-tang waarin Grootraad hulle nou het. Mreoggend vroeg kan hulle weer teen die hang hier onder kajuitraad hou. Plato het Karos aan die skouer gevat en ges hy verstaan, dis hoekom plle plle is. En solank hy doen waarin hy glo, sal Karos altyd op sy steun kan staat-maak. En andersom.
Karos het in sy jong lewe al een ding geleer: As jy uit die moeilik-heid wil kom, moet jy eers die onaangename ding doen om te bepaal hoe jy in die eerste plek daarin geland het. Alles het begin toe hulle kop uitgesteek het. Nie dat dit verkeerd was nie, maar toe nooi Grootraad hulle ewe vriendelik vir n geselsie, kielie hom wat Karos is so n bietjie onder die kinnebak en stuur hulle boonop huis toe met n koekie in die hand: Ja, die koor kan aan iets nuuts begin oefen as hulle wil! n Toegewing, iets om te wys, iets om op trots te wees! Toe kom die eerste oefening, en hy en Plato bly alleen agter om die kinders op te pas. Foutjie. Waarheid is, hy wou gn soldaat naby h nie, want dit sou sy uitsig op die mooie juffrou Tantrum be-derf. Goed, toe daag daai blssit luiperd ongenooid op, en Koevoet word die held van die verhaal. En net daar draai Grootraad die hele storie op so n manier dat dit die opposisie bitter sleg laat lyk.
Karos sug, en hy sug diep. Vroumense, darem. Toe hy vanmiddag vir Tantrum uiteindelik weer alleen te siene kry om vir haar te s hys jammer oor vanoggend, draai sy haar welgevormde neus in Donkerberg se rigting en s: Nee, dis seker maar reg so, Karos. Sy kon hom rrig maar nootvas n ou drukkie gegee het, maar nee, sy laat hom voel asof dit hy is wat die kinders bang gemaak het. En met wie sal sy nou die meeste bendruk wees, die ou wat deur volgehoue diplomasie n sanggeleentheid rel of die gespierde reus wat tientalle lewens red? Wel  daaraan wil Karos nie eens dink nie.
Waarom weet hy nie, maar Karos draai sy kop effens agtertoe. Vanuit n hor hoogte as Slaapkrans met al sy kwellinge, kyk Don-kerberg soos n groot ou kolos op hom neer. Nie n onvriendelike kyk nie, maar een wat n vreemde soort berusting bring. Dis asof die berg stem kry en vir hom s dat Donkerberg groter is as Slaapkrans. Dat hoop groter is as tespoed en vertwyfeling. Hou aan, hou uit, maar hou net. Dit gaan nie maklik wees nie, maar dis hoekom jy vir hier-die jop gekies is.
