Tier is hier
Gee Grootraad Makedaan krediet. As hy s dis nou, dan is dit nou. Die dag het nog baie sonlig oor, en stafsekretaris Stompie kry sum-mier opdrag om vir Karos en Plato by die slaapplek te gaan haal. Gaan kry hulle, en bring my manel saam!
Karos en Plato is ligweg verbaas toe hulle Stompie se koddige stappie gewaar. Die res van die trop kyk in stilte toe terwyl die twee vertomakers soos skoolkinders uit n klas geroep word. Grootraad het ingestem om julle te woord te staan. Hy en Koevoet wag daar onder by die vergaderplek.
Maak jou reg vir enigiets, s Karos so in die loop.
Daars hoop, hulle kon ons net sowel gegnoreer het, mymer Plato.
In die mopaniebos kort duskant die klipverhoog word Karos en Plato staangemaak. Wag hier, s Stompie en verdwyn, manel oor die arm.
Stafsekretaris Stompie help eers vir Grootraad om sy manel aan te trek, waarna hy met n kopknik beveel word om die twee te gaan roep.
Wanneer Karos en Plato by die leierskap aanmeld, sit Grootraad op die klip waarteen hy netnou in n meer informele oomblik gel het. Met die een hand vat-vat hy na n denkbeeldige rafeltjie teen sy lapel, en in die ander hou hy n ou sigaar wat hy vanoggend by die asgate opgetel het.
Koevoet staan skuins agter Grootraad, sy donker o stip op Karos gerig.
Kom sit, menere, beduie Grootraad met n vriendelike, wye handgebaar. Voor hom l die veelbesproke memorandum.
Terwyl die twee vriende plaas neem, vroetel Grootraad in sy sak-ke rond, so asof hy die sigaar wil aansteek.
Asseblief tog nie, dink Karos.
Grootraad laat vaar sy soektog en tel die papiere op, dooie sigaar steeds in die hand. Wel, ek het julle m-e-e-m-o-randum sorgvuldig bestudeer, s hy, o op die papier.
Memorandum help stafsekretaris Stompie saggies, maar sy baas ignoreer hom.
Soos ek s, ek het julle papier met aandag gelees, maar neem my kortliks weer daardeur.
Karos kyk vlugtig na Plato, en val weg: Ons eerste probleem is die asgate. Ek weet die amptelike naam is munisipale stortings-terrein, maar wat by die plek gebeur is belangriker as wat dit genoem word. Die dorp se rommel word daar afgelaai, en dan krap die eens trotse Donkerbergtrop soos sukkelaars daarin rond.
Die punt is?
Ons punt is, Grootraad, dat die trop die kuns verleer om in die veld kos te soek, kos wat goed is vir hulle. Ons kinders ken gn ander manier van leef as hierdie onwaardige bedelbestaan nie.
Die trop lyk nie vir my juis verwaarloos nie, lyk die trop vir een van julle verwaarloos? vra Grootraad in die rigting van sy adviseurs. Koevoet reageer nie, maar stafsekretaris Stompie skud kop. Nee, n, die trop lyk nie verwaarloos nie.
Gesondheid is nie iets wat vir altyd hou nie, Grootraad, dis iets wat opgepas moet word. Een of ander tyd gaan die gevolg van die asgatdieet die trop tref. As die rommelkrappery nou nuttig kon wees, soos om plastiek en papier van mekaar te skei 
En waarom kan dit nie? Grootraad stel nie werklik belang nie. Hy wil Karos bloot laat praat sodat hy die kreltjie kan opsom, dalk n ou sagte plekkie raaksien wat hy weer later kan opsoek wanneer dit saak maak.
Karos is vir n oomblik van stryk af, en Plato tree tussenbeide: Dit kan nie.
En waarom nie? Grootraad kyk effe gesteurd na Plato. Dan werk die trop mos vir die munisipaliteit.
En?
Dan is die burgemeester ons baas, en nie jy nie.
Never! snork Grootraad en kyk in die rigting van Donkerberg, die tropgebied se hoogste punt.
Maar ons grootste beswaar is teen die lapa. Dinge begin handuit ruk, hervat Karos.
Die trop wil dit h.
Met respek, Grootraad, maar is dit die enigste toets? wil Karos weet. Kalm bly, kalm bly, s hy vir homself. Hierdie ouens het die hef in die hand, moenie dinge nou verongeluk nie. n Verslaafde wil gewoonlik iets h, maar is dit die regte ding?
Wag n bietjie, w-a-a-a-g n bietjie! Grootraad se hande is in die lug. S julle ons trop is n klomp verslfdes?
Dit was net n voorbeeld, en dalk nie n goeie een nie. Plato be-sef dadelik dat sy maat in die knyp is. Met Grootraad aan die ander kant moet jy jou woorde tel. Wat Karos bedoel is dat die asgate en die lapa die trop onnatuurlik laat optree. Neem nou maar die lapa se laataand-kuiers. Wanneer dit donker word moet n bobbejaan op sy klip wees, nie rens op n kronkelpaadjie tussen lapa en Slaap-krans nie! Wat doen ons as Sluipstap een aand iemand gryp, n kind of iets?
S julle my soldate kan nie die trop beskerm nie, h? Koevoet staan skielik voor hulle, laag en dreigend soos n donderwolk, met o wat soos blitse daarin rondflits.
Dankie, Koevoet  ek s DANKIE! Grootraad klink kalm maar leeutemmer-streng.
Koevoet gluur eers sy gluur en gaan sit weer. Teensinnig, die groot, harige lyf weerbarstig onder die roede van Grootraad se tong.
Karos sluk hardop, want hy het geskrik. Dis net  dis net dat ons n tragedie moet vermy.
En as die lapa ons blinddoek, ons daardie kanse laat waag, dan praat ons van verslawing, voeg Plato by.
Nog iets? Grootraad klink kortaf, vingers al trommelend teen sy knie, die opvoerinkie met die sigaar iets van die verlede. Hy sal moet harder oorkom, dink hy. Vir Koevoet oortuig dat hy nie non-sens van di twee knape gaan duld nie.
Ja, daar is, Grootraad. Dit gaan oor wat ons sing. Die troplied  is dit nie bietjie verouderd nie?
Ha! Grootraad sit agteroor. Sy vingers soek-soek al weer na die sigaar. S my, is dit nou Karos of juffrou Tantrum wat daar praat? Karos kyk opsetlik nie in Koevoet se rigting nie, maar hy kan voel
di se o smeul en brand.
Wel, om die waarheid te s, ek en sy  ons het dit bespreek, kom Plato tussenbeide. Karos moet keer om nie verbaas te lyk nie.
Hm. Nou wat moet ons sing, I talk to the trees? Grootraad kyk beurtelings na sy adjudante. Stafsekretaris Stompie vou dub-beld soos hy lag, maar Koevoet vind dit nie snaaks nie.
Ons hoef nie dadelik die troplied te verander nie, Grootraad, dis net dat ons vir Tantrum kans moet gee om iets uit te werk en voor te l. Dit voel vir Karos asof hy net sowel met Slaapkrans kan praat, maar dit het hy hom voorgeneem: Opgee gaan hy nie. Voordat hy en Plato eendag n ander trop loop soek, sal hulle praat en weer praat as dit moet.
Grootraad gee n lang gaap. Jys n jong man, Karos, en ek waar-deer n man met moed en oortuiging. Grootraad kyk Karos stip in die o. Maar anders as ons almal hier, jou vriend inkluis, is jy nog jonk, skaars driekwart-bobbejaan.
Stompie begin giggel, maar sy baas bedoel dit nie as n grap nie, hy is doodernstig.
Wel  Karos weet nie mooi hoe om te reageer nie. Ek glo waarin ek glo 
Dit gaan nie daaroor nie, Grootraad se stem het n ligte ramme-ling van donderweer, sagter as Koevoet sn, maar op n manier dalk gevaarliker. Is jou karos, driekwart-bobbejaan, groot genoeg vir Donkerberg? Is dit groot genoeg om die ganse trop toe te maak?
Ek daag jou nie uit nie, Grootraad, as dt is wat jy bedoel  Karos se mond proe meteens na lood, want nou word hy kwaad. Maar hy gaan nie kop verloor nie, hy moet sy woorde in gelid opstel voor hy hulle die slagveld instuur: In belang van die trop nader ons jou in alle ordentlikheid met voorstelle en goedbedoelde kritiek. Dis jammer as jy dit as n uitdaging sien. Jy s eks te jonk, maar dis my geslag wat eendag sal moet oorvat waar jy laat los. Ek het die reg om te praat 
Vir n paar oomblikke kyk Grootraad en Karos mekaar waterpas in die o.
Nou ja, sug Grootraad uiteindelik. Gee ons n paar minute, as dit julle nie sal verontrief nie.
Die leierskap wil koukus, s Stompie met n kug en staan haas-tig op. Hy neem die twee vertomakers na die boom waar hy hulle die eerste keer laat wag het. Sit hier. Ek sal julle kom roep sodra ek vir julle nuus het. Dit kan natuurlik n tydjie duur.
Karos en Plato maak hulle gereed vir n lang wag, en die leierskap begin met die beraadslaging.
Nou ja, vrinne, s Grootraad en rek hom behaaglik uit. Wat s julle?
Gee hulle vir my! Veral daai Karos! Basta met al die twakvrae! Koevoet loop n paar sirkels voordat hy weer grommend plaas neem.
Stafsekretaris Stompie het n voorstel van sy eie: Grootraad, ek dink nie ons moet die saak onderskat nie. Ek wil voorstel dat ons die saak eers sorgvuldig bespreek en hulle dan antwoord. Op skrif, na-tuurlik 
Nie nodig nie, s Grootraad met n lui wuif van die hand. Ek kan sien julle ken nie die politiek nie. As iemand n paar dinge vra, gee jy hom iets. Iets wat hom laat goed voel en waaraan hy kan kou. Iets waarmee hy kan wegstap, dalk vir ander wys. Ons het tyd nodig. Ek wil di twee met iets hier wegstuur. Dalk struikel hulle self, dalk loop hulle vorentoe in n strik in. Grootraad sien die onbegrip in die ander twee se o, en hy sug. Laat hulle kom.
Karos en Plato steek dit goed weg, maar dis n gespanne twee-manskap wat beduie word om te sit.
Luister, s Grootraad, weer eens op soek na n denkbeeldige rafeltjie op sy manelbaadjie se mou. Die leierskap gaan julle ver-soeke oorweeg. Dis belangrike sake di, anders sou julle nie die moeite gedoen het om dit op skrif te stel nie (kug). Nou nie dat dit so vreeslik moeite is nie, maar julle weet wat ek bedoel.
Karos en Plato knik.
Soos ek s, ons gaan julle versoeke oorweeg, maar op een saak kan ons nou reeds antwoord gee. Di e  juffrou Tantrum  wel, sy en haar koor kan begin oefen aan nuwe liedjies. Grootraad s dit nonchalant, so asof dit nie rrig belangrik is nie.
Koevoet kyk verbaas na sy leier, maar stafsekretaris Stompie rea-geer feitlik onmiddellik. Moet ek n brief opstel?
Wanneer kan sy begin? wil Karos weet.
Ho-ho nou  Grootraad lig al twee sy hande. Once upon a time, gentlemen, pl-e-e-z. Sy kan mre begin as sy wil.
Mreoggend, terwyl die trop by die asg  stortingsterrein is? vra Karos.
Klink reg vir my, s Grootraad en trek sy skouers op.
Baie, baie dankie, Grootraad, s Karos en kom orent. Hy hou sy hand uit en Grootraad vat dit half ongerg, sonder om na Karos
te kyk. Ek wil sommer namens Tantrum en die kinders baie dankie s. Julle sal nie teleurgesteld wees nie.
Gaan in vrede, broers, s Grootraad met n wuif van die hand. Nogmaals dankie, s Karos en Plato terwyl hulle agteruit beweeg.
k maar lekker stupid, s Grootraad toe die twee vriende n ent weg is. Stompie en Koevoet weet nie heeltemal wat Grootraad be-doel nie, maar hy voer beslis iets in die mou. Ja-nee, n ou twyfel soms, maar hulle leier is gewoonlik n man met n plan.
Die maan maak vanaand nie eenklaps boems! haar verskyning nie, maar skuif statig en geruisloos tot bo die punt van Donkerberg. Dis asof sy in n groot, wit aandrok deur n halfverligte balsaal dans. Net so is daar nie n klok of n sirene of n ding wat vir die trop s sjarrap dis nou slapenstyd nie. Dit vroetel en krap en mur-mur-mur eers vir n hele rukkie voordat Slaapkrans stil word. Nie heeltemal nie, want hier skrik iemand wakker uit n droom waarin Sluipstap die hoofrol speel, daar huil n kleintjie sodat Ma moet troos voordat die ou mannetjies ergerlik raak.
Karos neem vir juffrou Tantrum effe eenkant en vertel haar van Grootraad se toegewing. Die musiekjuffrou gil heel melodieus maar beheersd agter haar hand. Maar dis mos wonderlike nuus! Sy en Plato het bietjie gepraat ja, maar sy is verbaas en trots om te hoor dat hulle die moed gehad het om die leierskap trompop te loop. Karos vertel van die hoe. Van sy gedagtes en Plato se geskrif.
Maar julle is oulik!
Karos voel hoe sy hart begin resies hardloop, want hierdie meisie-kind doen iets aan n man. Wel, dalk draai daardie brief die geskie-denis van hierdie trop om.
Die mooie Tantrum is nie iemand wat komplimente uitdeel asof dit groenmielies is nie, maar wanneer n jong man sy woorde inspan asof dit blink karperde is, raak-raak dit aan n kunstenaarshart. Karos & Plato  Julle lyk na n gedugte kombinasie!
Ja, s Karos skamerig. Plato is die slim een, die ou wat diep oor goed nadink. Ek is dalk meer prakties. Karos bedink hom dadelik. Netnou reken die meisiekind dat hy net in tropsake belang stel. Watter vroumens wil eendag maar net haar man se voorkop klad ter-wyl hy met hogere probleme stoei? Daarom, en net daarom vertel Karos haar dat hy in sy spaartyd ook n bietjie dig.
Maar dit verbaas my nie! s Tantrum met n klokhelder stem wat juis van verbasing (die aangename soort) getuig.
Hulle sit tot laatnag en gesels. Saggies, salig onbewus van die paar o wat hulle die heeltyd vanuit die donkerte begluur.
Omdat daar nie gisteraand gelapa is nie, is die son en die hadidas vanoggend veel sagter op die o en ore. Nogtans ontwaak die trop maar in paaiemente, en by Schoongezicht neem stafsekretaris Stom-pie vir Grootraad eers deur die dagboek vir die dag. Nee, daar is van-dag geen vername besoekers of hovlak-samesprekings nie.
Niks pos van die burgemeester af nie?
Niks nie, nee. Stafsekretaris Stompie raak so af en toe n klein bietjie bekommerd, want dit lyk asof sy baas homself begin glo, soos die stories van hom en kollega Burgemeester se handgery oor spiel-blink konferensietafels.
Wel, s Grootraad met n sug en rek homself behaaglik uit, dan moet hy dit maar stick!
Stafsekretaris Stompie kyk aandagtig toe hoe Grootraad stywe-been na die rand van Slaapkrans stap waar die trop staan en wag.
Die man is n raaisel, n volkome raaisel, s Stompie vir hom-self. Hy bre die dagboek in een van Schoongezicht se skeure en sit sy baas met kort, gedienstige treetjies agterna.
Net voordat die trop asgate toe vertrek, pols Karos vir Stompie oor gister se belofte. Kan hy saam met juffrou Tantrum en haar koor en orkes by Slaapkrans agterbly vir n spesiale oefening?
Stompie maak asof hy eers n bietjie moet dink waaroor dit nou weer gaan. O, ja, natuurlik, die koor. Nee, dis reg, hy het dit juis van-oggend weer met Grootraad bespreek. Daar moet seker met Koevoet gerel word vir beveiliging.
Nee-nee, dit sal nie nodig wees nie, dankie, s Karos vinnig. Dalk t vinnig, maar hy is werklik nie lus om juffrou Tantrum se ge-selskap met Koevoet en kie. te deel nie. Laat die soldate eerder die trop daar onder by die asgate beskerm. As nog iemand moet agter-bly, kan dit eerder Plato wees.
Nou goed dan, ek sal dit aan Grootraad oordra, s stafsekretaris Stompie, bakkies oudergewoonte op n vername trek.
Terwyl die res van die trop afsak asgate toe, maak die oggendson hom behoorlik tuis hier teen Slaapkrans. Juffrou Tantrum stel haar
koor en orkes op, en Karos en Plato maak hulle reg vir n fees vir oog en oor.
n Paar stemoefeninge en juffrou Tantrum val weg met n pragtige vertolking van Al l die berge nog so blou. Dis maar een manier om n klomp bobbejaankinders woorde en wysie te leer, en dis n mooi manier.
Karos maak sy o toe, en laat die koorjuffrou se strelende altstem oor hom spoel.
Die skielike gegil van kinderstemme verskyn in geen musiekstuk nie. Nog voor Karos behoorlik by is, storm die koor en orkes na die agterste rotswand, o oopgesper. Juffrou Tantrum se laaste noot sweef nog bokant Slaapkrans, maar sy staan reeds voor die kinders, arms wydgesprei in n wanhopige poging om hulle te beskerm.
Nugter weet hoe lank Sluipstap al daar is.
Wegkomkans is daar nie. Die luiperd hurk reeds in die lae, am-perspring-posisie, en versper die paadjie waarlangs die trop Slaap-krans daagliks verlaat. Reg onder die slaapplek dreig n afgrond wat selfs n bobbejaan laat duisel. Agter hulle is dit die ene onklimbare steiltes. Verder terug is n smal bergpaadjie wat na niemandsland lei. Onbekende wreld vir die Donkerbergtrop, bekende jagveld vir Sluipstap.
Sluipstap se vooruitsig is een van sappige, jong bobbejaanvleis. Die wyfie gaan hom nie keer nie. As sy nie oppas nie, vat hy sommer vir haar. Die twee mannetjies lyk nie na gedugte opposisie nie. Hy sal in elk geval weg wees voordat hulle iets kan doen.
Vir Karos en Plato lyk dinge heeltemal anders. Met so n besoe-ker help n tuisveldvoordeel nie veel nie. Die skok en angs van die oomblik laat Karos se ore sing. Hy gaan die dood aanskou. Van n kind. Van Tantrum.
In die natuur met sy valse vrede gebeur dinge net soveel vinniger, veral wanneer instink oorneem. Die vooruitsig van n verwytende voorvinger, die kosbaarheid van n kinderlewe en n gevoel vir Tan-trum is faktore waarvan Sluipstap nie weet nie.
Die spoed van Karos se stormloop laat die luiperd vir n oomblik huiwer. Net vir n oomblik. As jy dan wil held wees, jong mannetjie, vat ek jou eerste 
Maar die bos, die hele Afrika, is vol verrassings. n Skielike, ge-grom laat die luiperd blitsig omkyk. n Paar hale agter hom staan n
reus van n bobbejaan, sy yslike tande tot by die wortels ontbloot. Grootraad was die heel oggend onrustig, en het vir Koevoet en n klein taakmag gestuur om te gaan kyk of alles wel is.
Sluipstap weet hoe gevaarlik n groot bobbejaanmannetjie kan wees, en hy ken di een. Hom al baie dopgehou en as opponent en prooi getakseer. Agter die groot bobbejaan is daar nog een en nog een. Die skielike oormag is te groot. Met n brul van verontwaardi-ging spring die luiperd by Karos verby tot op die rotswand. Die tweede sprong neem hom tot op n smal lys veel laer af. n Laaste omkyk, en hy verdwyn tussen stamvrug en wildevy.
Dis so hittete of Koevoet slaan die tande wat vir Sluipstap bedoel was, in Karos in. Die adrenalien sit dadelik in woede om, en dit wys. In die o, in die boarms, in die hele houding waarmee hy op en af voor die verskrikte kinders paradeer.
Die reuk van amperdood hang nog in die lug toe die twee vriende reageer. Ons is jammer, s Karos en Plato tegelyk.
Jammer! bulder Koevoet met n stem wat oral vasslaan. Kom, julle twee niksnutte, Kom! Ek s kom!
Dit is n beteuterde optog wat onder bewaking van Koevoet en sy soldate by die asgate aankom. Ontstelde ouers sien dadelik wat gaande is en hardloop na hulle kinders toe, gryp hulle vas, bekyk hulle. Van die kinders huil opnuut, bewend van skok.
Karos weet dat die verwyte nou gaan begin. Grootraad, die ouers. Mettertyd gaan die hele trop vinger wys. Hy en Plato is aan die slaap gevang, ten spyte van al die vermaninge. Die skoonheid, sang en son was n susmiddel wat hulle laat vergeet het waar hulle is: n Doods-vallei van eet en geet word.
Karos kyk toe hoe Koevoet sy leier eenkant neem en met hewige armgeswaai van die amperse tragedie vertel. Grootraad luister gedul-dig, knik net af en toe. Grootraad roep nie vir Karos nader nie, hy beduie net met die kop aan Karos, Plato en Tantrum: Toe, toe laat julle in die asgate afsak, julle klomp rie-frie kultuurpape. Ja, laat julle vuil word. In die asgate. Waar julle hoort.
