kyk van Plato.
Stompie maak of hy Karos nie gehoor het nie. Hoe lank wil julle hom spreek, dis nou as hy bereid is om julle te woord te staan.
Plato kyk na waar Grootraad ewe stywe arm in die asgate rond-stap. Haastiger as gewoonlik, want die munisipaliteit se rooi lorrie het pas weer n vrag afgelaai. Hm  n uur behoort genoeg te wees.
So tussen vragte, voeg Karos by, en beduie dadelik met die o vir Plato iets van jammer, maar ek moes dit s.
Goed, sug stafsekretaris Stompie, en die ander twee weet die gesprek is verby.
Opgeblase klein kortgat, grom Karos met die wegstap.
Wel, so het elkeen maar sy jop, maan Plato. Hierdie ou hou daai ou warm en hy laat weer n ander ou belangrik voel, dis mos hoe die lewe werk.
Jy bedoel dis hoekom party bobbejane in die politiek is en ander bobbejane in die staatsdiens, s-vra Karos. Ewenwel, dis goed dat jy ons besorgdhede op skrif gestel het, anders het ons woorde som-mer nou al weggewaai.
Dieselfde kan met papiere gebeur, waarsku Plato.
Karos en Plato het skaars omgedraai of stafsekretaris Stompie nader sy baas met kort, vinnige treetjies, Plato se fladderende papier in die een hand. Wow! Dis dinge soos di wat maak dat Grootraad n stafsekretaris nodig het. Wat maak dat Grootraad vir n verande-ring na hom gaan luister en nie na Koevoet nie. En hy wat Stompie is, kan Plato se papier nog moeiliker maak met vrae soos: Heng, Grootraad, kyk net al die woorde! Nou hoekom gebruik hulle hier-die woord hier, en daai een daar? Stook die twee dalk sedisie, sub-versie of sabotasie? Wat s ons as die trop ook wil weet, dis nou as hulle behoort te weet, natuurlik!
Wassit? vra Grootraad kortaf, een oog op n aankomende lor-rie. Koevoet kyk ook op, o bewolk.
Karos en Plato het my kom spreek, hulle wil n afspraak maak om met jou te praat.
Karos! Klein twak! grom Koevoet, sy gelaat skielik nog donker-der.
Ag so, s Grootraad met n skewe glimlag. En waaroor nogal? Hieroor. Stompie hou die papier dramaties na Grootraad toe
uit. n Memorandum, n lys van dinge wat pla.
Stompie s dit ewe nonchalant, maar hy weet dis n kolhou. M-e-m-o, watse goed?
Memorandum, dis n 
Skeur dit op! Is jy bang vir hulle of wat? grom Koevoet.
Skei uit, julle twee, beduie Grootraad. En nou die  m-e-m-o
randum, help Stompie.
Wat ook al. Wanneer wil hulle antwoord h? Nie ges nie, Grootraad.
Hm, ons sal moet koukus. Maar luister nou mooi julle twee, ek wil nie h daai latte moet dink ons vat hulle ernstig op nie, gehoor! s n nadenkende Grootraad. Laat die trop aantree vir Slaapkrans, die beste vragte is in elk geval klaar verby, dan draai ons drie by die vergaderplek af.
Seker, Grootraad, s Stompie, en glimlag liefies in Koevoet se rigting.
En as een of ander bright spark wil weet, dan s jy dit gaan oor n brief wat ek aan die burgemeester skryf oor beter geriewe by die lapa. Het jy my?
Seker, Grootraad, s Stompie weer, steeds ingenome. Hy sal die sweepslae van Grootraad se tong verduur vir oomblikke soos di. Oomblikke wanneer hy getuie is van geskiedkundige gebeure en lotsbepalende besluite.
Aandag, aandag, vir n amptelike aankondiging! Die stortingster-rein word nou ontruim met onmiddellike effek! skree stafsekretaris Stompie al met sy bakhand langs. Dis met genoegdoening dat hy sien hoe troplede hulle rondkrappery staak en inval vir die terugtog Slaapkrans toe.
Kort duskant die vergaderplek beduie Stompie vir die trop hulle moet aanstryk, die leierskap het n ernstige kwessie om aan aandag te gee. Nee, nee, nie n krisis nie. Grootraad oorweeg dit om n brief aan die dorpsburgemeester te skryf oor die geriewe by die lapa.
Karos en Plato loer onderlangs vir mekaar, maar s niks. Grootraad sitl teen die praatklip op die verhoog waar hy altyd
toespraak hou. Hande agter die kop en bene gekruis, maar die wak-ker ogies is heeltyd op die papier in sy stafsekretaris se hand, so asof hy wil bepaal watter soort slang dit is. Is dit n kwessie van mamba vir vinnig dooi of n adderbyt wat langer gaan vat?
Nou laat ons hoor, s Grootraad.
Stafsekretaris Stompie val weg met Plato se swierige aanhef: Geagte Grootraad Makedaan, leier van die Donkerbergtrop. Ons, die besorgdes, nader u met die vertroue dat u as ervare en verant-woordelike persoon 
Moet ons na di goed luister? vra Koevoet bars, maar Groot-raad val hom in die rede.
Stil nou. Toe, toe, jong, gaan voort, ons luister!
Soos die stafsekretaris verder lees, word Grootraad se bakkies al hoe stroewer, en Koevoet se o al hoe donkerder. Daar is n paar dinge wat die vertomakers pla, en die asgate en lapa is bo aan die lys. Plek-plek is Grootraad en Koevoet se reaksie so heftig dat Stom-pie hulle daaraan moet herinner dat hy maar net die leser is van goed wat hy nie self geskryf het nie.
Plato se sierlike handskrif lei Stompie tot by die einde van die brief. Dienswillig, die uwe, Karos en Plato.
Dienswillig se stert! snork Grootraad.
Vir n rukkie heers daar n ongemaklike stilte, en is al wat Koe-voet en Stompie hoor die hadidas in die verte en die rammelende ratte van Grootraad se politieke verstand.
Laat hulle kom, s Grootraad skielik. Ek sal hulle spreek. Stafsekretaris Stompie lyk heel ingenome, maar Koevoet kyk sy
leier sydelings aan: Spreek? Daai twee lightweights?
Grootraad vererg hom vir Koevoet se reaksie, maar wys dit nie. Ja, laat hulle kom praat. Dis een manier om te sien hoe diep di ding se wortels l. Luister Koevoet, ek weet hoe jy voel, maar laat di klas ding maar aan my oor. Ek weet wat ek doen!
Grootraad weet van Koevoet se slagtande, maar hy gaan hom nie toelaat om dit te gebruik nie. Nie nou al nie. Nie omrede Grootraad oor Karos en Plato se gesondheid begaan is nie, maar omdat hy die politiek ken. Laat hy Koevoet toe om geweld toe te pas, is hy wat Grootraad Makedaan is dalk mre-oormre aan die beurt. En voor-dat jy kan s munisipaliteit-se-rooi-lorrie, neem die harige vent die trop oor! Nee, hierdie saak is nie een vir slagtande nie. Hy sal vir Karos en Plato mooi uitluister, hulle terselfdertyd mooi uitkyk. Daai twee mannetjies staan vroeg op, en hulle is nie stupid nie. As hulle met n opstand besig is, gaan dit n slim opstand wees, een wat van die trop n tambotievrug maak met n goggatjie in. Aan die buite-
kant is daar niks, maar laat die gogga net spring en die vruggie spring saam. So min as wat hy gaan toelaat dat Koevoet sy tande in die trop inslaan, net so min gaan hy toelaat dat twee goggatjies by name Karos en Plato vir hom en die trop in allerhande rigtings laat spring.
