Om te praat
Dis een van daai oggende. n Oggend na n lapa-aand tipe van og-gend, wanneer die sonlig skerper is en die hadidas luidrugtiger. Hardebaarde wat gisteraand voor gn bottel of blik gestuit het nie, krul, kerm en kla oor kopseer. En wee die jongetjie wat dit te naby waag of die wyfie wat n vinger van teregwysing durf lig.
Die meer private deel van Slaapkrans staan bekend as Schoonge-zicht, amptelike kwartiere van die leier van die Donkerbergtrop. Vat n skerpsinnige man soos Grootraad om di mooi naam een aand in die lapa se flou lig op n wynbottel se etiket te gewaar en te besluit: Hier kom n vernoeming!
Dis hier waar stafsekretaris Stompie elke oggend by sy baas aan-meld, hom help om op die been te kom en die dag se program be-spreek.
Enige afsprake? Grootraad het n koue lappie oor die o. Nee, Grootraad.
Beter so, s Grootraad met n sug. Dan kan ek vandag n paar papiere skuif  n Bietjie aandag aan tropsake gee.
Die koue lappie en n regmakertjie uit n geheime kabinet (n rotsskeur wat op gewone dae ook sy seremonile uitrusting van ma-nel en medaljes huisves) verrig wondere. Die Grootraad wat bietjie later sy verskyning voor die trop maak, het gisteraand behoorlik by Schoongezicht agtergelaat, en is reg vir n nuwe dag vol eise en erger-nisse.
Karos en Plato is al lankal wakker en op pad terug Slaapkrans toe nadat hulle teen die hang gewei het. Dit is vroegherfs, en die maroe-las is lekker ryp en voedsaam.
Dinge kan nie so aangaan nie, ons moet met hom praat, s Karos.
Ek stem, maar weet jy wat Grootraad gaan s? Jys te jonk om te weet en ek probeer net slim wees. Hlle weet wat goed is vir die trop, en hlle gee wat die trop wil h!
Ja, maar 
En weet jy wat, Karos, op n manier is Grootraad en sy trawante reg. Wat is nou makliker as om daagliks tussen rommel rond te krap en jou dan en wan aan oorskiet te vergryp? En dinge gaan nie veran-der nie, want dis n bose kringloop. Die heel jongetjies weet van niks beter nie, want dis wat hulle elke dag sien 
En sien word later glo.
Juis, en dis die sirkel wat ons moet breek! s Plato.
Wel, s Karos met n sug, laat ons maar eers teruggaan, die op-winding van die asgate wag! En jy weet wat gebeur met n Donker-berger wat hom t eenkant hou!
By Slaapkrans maak die trop gereed om af te sak asgate toe, maar Grootraad het eers iets met sy stafsekretaris te bespreek.
Wassit di? Grootraad wink sy sekretaris met sy voorvinger nader, o stip op die blink muntstuk in sy handpalm.
Dis n geldstuk, Grootraad. Die dorpsmense koop daarmee. E  mag ek vra, waar kom dit vandaan?
Gisteraand by die lapa opgetel. Nou  nou wats hierdie slange-tjie 
Dis n vyf. Vyf rand. Seker uit n gholfspeler se broeksak geval. Stafsekretaris  Stompie  wonder  partykeer  oor  sy  baas.  Wat  hy weet en wat hy nie weet nie. Wat hy dink en wat hy nie dink nie. Gister knyp Grootraad hom met n bekende tennisspeler se naam, vanoggend kyk hy na n doodeenvoudige muntstuk asof dit van die
buitenste ruim afkomstig is.
Grootraad vryf oor sy lang kakebeen. Vyf, s jy  Grootraad dink aan vyf jaar van leierskap en hy dink aan die enkele oop plekkie onder die linkerlapel van sy manel. Sorg dat dit tussen my ander medaljes vasgewerk word, s hy met die opstaan, en prop die geldstuk in stafsekretaris Stompie se hand. O ja, en reik sommer n verklaring uit. Dis vir vyf jaar se voortreflike leierskap. Orde van die Wildebees, Silwer, Klas 1.
Weldra is die trop op pad asgate toe. Hulle loop in die bekende
diamantformasie met die leierskap voor, die res in die middel en die soldate reg rondom. Maar die diamantformasie skitter nie. Die paadjie van Slaapkrans na die asgate en terug is uitgetrap en stowwe-rig, net soos die trop wat dit daagliks gebruik.
Dit l al geruime tyd vir juffrou Tantrum skerp teen die vel dat hierdie saai bestaan in die o begin wys. Dis omtrent net lapa-aande wat die Donkerbergers opgewonde maak, en dis nie n goeie ding nie. Daarom het sy die trop aan die sing begin kry, want n singende trop is n gelukkige trop.
Aanstap Rooies, die pad is lank en swaar  Die trop hou van die lied wat Tantrum hulle geleer het, veral die lekker boudeswaai-ritme daarvan. Plek-plek sing die trop in koortaal, met die dames lig-voets doer teen die kranse en die donker mansstemme diep onder in die vallei. Dan neem juffrou Tantrum se pragtige altstem weer oor.
Klink of almal uitsien na die stortingsterrein, s Grootraad. Gmf! is al waartoe Koevoet in staat is, sy gedagtes nog die ene
modder na gisteraand se afjak by die lapa.
n Belangrike man kry jy nie sommer dadelik te siene nie, jy spreek eers sy sekretaris en vra vir n oudinsie. Grootraad is so n man. Terwyl die trop in die asgate rondkrap, stap Karos en Plato na Stompie toe en verduidelik dat hulle graag met Grootraad Make-daan wil praat.
Mag ek verneem waaroor? vra stafsekretaris Stompie, sy wenk-broue op n vername trek.
Wel, oor n hele paar belangrike tropsake, s Karos, dadelik vies vir die klein bogger se belangrikheid.
Het julle iets op skrif? vra Stompie terwyl hy sy vingernaels be-studeer.
Karos wil-wil hom vererg, maar sy vriend neem oor. Om die waarheid te s, ja, s Plato, en sit n netjiese vel papier voor die staf-sekretaris neer.
Stompie se o rek effens, maar hy hou sy stem heel saaklik, so as-of hy daagliks met veel dikker voorleggings en amptelike lers te doen kry. Laat dit maar hier. Wanneer ek kans kry sal ek daarna kyk, en Grootraad Makedaan dienooreenkomstig adviseer.
Ons sal bly wees as hy dit self sal lees, probeer Plato weer. Hy het mos n leesbril, voeg Karos saggies by, en kry n kwaai
