Groot en growwe dinge
Koukus! s Grootraad oor sy skouer, en Stompie knik begrypend. Dis tyd vir die leierskap om te vergader. Stafsekretaris Stompie kry haastig koers na die middel van die asgate waar Koevoet doenig is. Stafsekretaris Stompie het eendag vir Grootraad ingelig dat daar by die dorp se ho vergaderings glo net van munisipale stortingster-rein gepraat word. Grootraad het di deftige woord n paar keer in sy mond rondgerol en toe n dekreet uitgevaardig: Voortaan sal dit munisipale stortingsterrein wees en (wee jou) niks anders nie. Bui-tendien, het Grootraad vir homself ges, hoe oortuig jy n klomp bobbejane dat hulle rommelkrappery n waardige bestaan is as jy ewe kommin die hele tyd van asgate praat?
Elke keer wanneer een van die munisipaliteit se rooi lorries n vrag aflaai, is daar n beroering. Dis een van Grootraad se perks om by elke aflewering eerste te wees, gevolg deur Koevoet en Stompie. Die res kry uiteindelik tog hulle kans. Enigeen kan die jackpot slaan: Van n halfboks Post Toasties tot n lekker dik leksel joghurt (ver-kieslik aarbei) of n paar vingers Coke.
Is dit dringend? grom Koevoet vieserig. Daar het nou net weer n vol vragmotor stilgehou.
Eks bevrees dit is, verseker Stompie met n vroom glimlaggie. Koevoet het die stem en die spiere, maar wanneer stafsekretaris Stompie praat, doen hy dit gewoonlik op amptelike gesag van die onbetwiste leier van die Donkerbergtrop.
Sit, s Grootraad wanneer die ander twee aansluit. Hoe lyk vandag se opbrengs?
Goed, s Koevoet.
Dit lyk uitstekend, Grootraad, verbeter Stafsekretaris Stompie. Kyk,  hoekom  ek  julle  laat  kom  het   Die  byeenkoms  was  n groot sukses, maar ons moet so gou moontlik weer lapa toe. Bietjie
gees bou, het julle my?
Die trop was gaande oor die toespraak, die trop het  begin Stompie.
My manne is reeds besig met observasie, val Koevoet hom in die rede. Die klein mannetjie kan maar gatkruip soveel as wat hy wil, maar hy wat Koevoet is, sit met die inligting.
En? Grootraad kyk belangstellend op. Daars tekens van n groot paartie  Gholfklub of rugbyklub?
Moeilik om te s. 44s, koelbokse, harde musiek. Hm  rugbyklub, mymer Grootraad.
Kan ook die tennisklub wees, Grootraad, dink stafsekretaris Stompie hardop, iets wat jy nie sommer in Grootraad se geselskap doen nie.
O so, en het jy enigiemand in tennisklere daar rond gesien, me-neer Agassi? vra Grootraad met n mik-mik in sy stafsekretaris se rigting.
Dis Koevoet se beurt om te glimlag.
Goed, s Grootraad met die opstaan, lek solank die storie dat dit dalk vanaand weer lapatyd is.
Seker, Grootraad. Stompie weet dat die opdrag vir hom bedoel
is.
Maar nog niks definitief nie, gehoor! gelas Grootraad, en weer knik sy stafsekretaris kop. Dit laat die spanning opbou tot n 
Hoogtepunt, help Stompie. Wat ook al, s Grootraad.
Goed so, Grootraad, s Stompie, maar hy praat met sy baas se rug, want di is alreeds besig om in die jongste vrag rommel rond te krap, met Koevoet aan sy sy.
Bobbejane het baie goeie o, en Koevoet se verspieders is geen uitsondering nie. Geleerde mense wat reeds vir baie jare bobbejaan-gedrag bestudeer, beweer dat n trop wat in n mielieland doenig is die boer kilometers ver kan sien aankom. Hulle kan ook sien of die boer hou van waarmee hulle besig is, en of die ding wat hy by hom het rrig n besemstok is.
Koevoet se verspieders stuur kort-kort berigte na hulle mobiele hoofkwartier by die asgate. Dis tydens opleiding ingeprent dat hulle verkenners is, nie spioene nie. n Spioen waag dit tot binne-in die teiken, maar n verkenner kyk sy kyk vanaf n redelike afstand. Een van Koevoet se manne sal byvoorbeeld kwalik n rugbybraai kan binnesypel, n paar biere wegsit, n grap of twee vertel, die klubpresi-dent op sy rug slaan en verkas sonder dat iemand vra: Nou wies daai bobbejaan? of Watter posisie speel hy?
Nogtans doen die verspieders hulle werk deeglik. Elkeen het n checklist in die kop: Die mense, is hulle oud of jonk? Hoe lyk die ry-tuie, is dit 44s, gewone gesinsmotors of klein karretjies met groot uitlaatpype, dalk hier en daar n oupa-mobile? Koelbokse, is daar baie? Wat demonstreer die manne wanneer hulle in groepies staan, gholfhoue of skepskoppe? En die musiek, is dit Patricia of Laurika? Bok van Blerk of Klipwerf?
Die rugbyklub se partytjies hou langer aan, maar vir die bobbeja-ne is die gewag die moeite werd.
By die gholfklub-aande is die oorskiet minder, maar hulle pak gouer op, en die bobbejaanjolyt kan dus vroer begin.
Die ou wyfies is mal oor die tennisklub se aarbeie, room en kom-kommer-toebroodjies, maar die rolbalklub maak niemand opge-wonde nie. As Grootraad hoor dis hulle wat die lapa beset, gooi hy sommer hande in die lug: Al die moeite vir flou tee en n paar koe-kies? Nee wat boys, kom ons maak dit liewer n ander aand.
Die laaste motorkar se deur het pas toegeklap of die Donkerberg-trop kom in beweging. Soos by die asgate, geld hier n streng proto-kol. Grootraad het die woord by stafsekretaris Stompie gehoor, en van die eerste oomblik af was hy daarop verlief. Buitendien, n woord is mos n ding wat vir jou werk, nie andersom nie. En dis juis protokol wat bepaal dat Grootraad altyd voor loop, met Koevoet en Stompie elkeen sowat n stertlengte agter hom. Of dit nou voetpad, asgate of die lapa is.
Die munisipaliteit het natuurlik die lapa vir die dorpsbewoners gebou, maar daar is ook heelwat wat in n bobbejaan se smaak val. Die groot sementvloer het n klipmuurtjie reg rondom met voorsie-ning vir n gerieflike braaiplek en skoorsteen. n Paar stewige hout-pilare en -balke hou die groot grasdak in posisie. Aan die middelste balk, reg bo n losse versameling staaltafels en plastiekstoele, hang n
elektriese lig wat heelnag brand. In die een hoek is die gholfklub se kleedkamers, en in die ander hoek n geheimsinnige vertrekkie met tralies voor die vensters.
Die leierskap het sommer gou streng rels vir lapabesoeke neer-gel. Aan die balke mag daar geswieng word, en dis dit. Gn geplun-der van die grasdak of gelol aan deure of vensters nie, want dit sit die goeie verhouding tussen Grootraad en sy kollega Burgemeester op n piesangskil.
Lyk goed, dink Grootraad terwyl hy die staaltafels se laat oes van naderby beskou. Genoeg wyn vir die fynproewer, en boonop staan rye en rye bierbottels soos boepensmannetjies en blink. n Verskei-denheid slaaie, brood en konfyt peul tussen stapels papierborde uit, terwyl die jong bobbejane waterbek staan en kyk na die gapende pakke tjips wat die dorpskinders eenkant gelos het toe die mas be-gin poeding skep.
Hm s Grootraad, en hou n bottel 1993 Oude Vallei Caber-net teen die lig. Die trop kyk met afwagting. Ja-nee, hulle leier ken sy wyn net so goed as wat die trop die ritueel ken: Grootraad moet eers sy proe proe voordat hy met n kopknik die lint knip en die paartie as geopen verklaar.
Grootraad skommel die bottel en ruik daaraan. O, die pikantheid van daardie eerste, belangrike sluk! Vir n paar oomblikke spoel hy die kosbare vog in sy kieste rond, maar dan vat bojaan se kind skie-lik oor met n agteroor-keelgat en n gloeg-gloeg-gloeg wat die tone laat krul. Met n laaste, wilde kyk in die rigting van sy volgelinge gryp Grootraad n homp brood uit die naaste bord, knyp nog twee wynbottels onder sy blad vas en spring tot op sy vaste sitplek by die braairooster.
Koevoet en Stompie kry wat hulle wil h, en dan is dit free-for-all. Eindelik is dit tyd vir groot en growwe dinge hier onder die lapa.
Weg is die vaal roetine van slof in die asgate se stof en Slaapkrans se gaap en gaan slaap.
Die lapa se oorskiet is die Donkerbergers se oorvloed, en dit wys. Party word stil, ander al hoe luidrugtiger. Van die manne sing koor terwyl jongelinge aan die balke rondswaai. Ylkoppe raak driftig oor gister se dinge en die ou wyfies al hoe meer eksplisiet terwyl hulle Grootraad se hoedanighede besing. Mas dink moedeloos aan mre se knieserigheid terwyl hulle kinders die kieste vol tjips en lekker-goed stop.
Karos en Plato sit die spulletjie eenkant en dophou. Hier en daar n slaaitjie of n jmbroodjie, maar niks meer nie. Karos het vanaand al twee keer probeer om met juffrou Tantrum praatjies te maak, maar dit rumoer te veel. Buitendien is die kwaai koorjuffrou nie sommer n Elsie-Geselsie nie.
Die Impromptu-mannekoor val skielik weg met For hes a jolly good fellow. Dis die sinjaal vir Grootraad Makedaan se bekende bobbejaanbrg. Eers die reusesprong van die braaiplek tot op die middelste staaltafel met n landing soos di van n Boeing op n ys-gladde aanloopbaan, want dis die ene wyn- en bierplasse. Grootraad skud sy kop n paar keer hard heen en weer, dit klink soos iemand wat n binneband rondswaai. Op en af, al met die staaltafel langs. Stadig, statig, met die kop omlaag, skouers effens vorentoe en arms styf terwyl die stert doer bo in die lug hoepel.
Die bobbejaanbrg geskied natuurlik nie in doodse stilte nie, maar onder luide geklank van ritmiese handegeklap en dreunsang: Lapa! Lapa!
Stafsekretaris Stompie se werksdag is nog nie verby nie. Al is daar vanaand geen amptelike toesprake nie, moet hy die hele tyd by wees. Die aand is jonk, maar Grootraad se tong loop alreeds dubbel-spoor. Netnou laat glip hy iets en dan is dit nou n brandslanery tot mre heeldag om die skade ongedaan te maak. Veral as dit iets is wat die immer sobere Karos en Plato nuttig mag vind.
Wil jy dans, Wilhelmiena  Koevoet se stem is diep en skor, en sy o het n snaakse skynsel.
Nee! Juffrou Tantrum haat dit as iemand haar op haar regte naam aanspreek, en soveel te meer as dit iemand is wat te veel ge-drink het.
Hoekom? Koevoet se groot lyf steier effens, maar sy kyk bly stip en deurdringend.
Ek is nie lus nie, en dis laat. Dis in elk geval tyd dat die trop Slaapkrans toe gaan. Kyk hoe vaak is die arme kinders!
Ha! Koevoet se lippe krul op n snaakse manier. Wag jy dat daai outjie jou vra?
Nee! s juffrou Tantrum. En ek weet nie wie jy bedoel nie. Jy weet, Koevoet gryns tot by sy slagtande. Jy weet goed, en
ek weet goed, en ek watch julle  Koevoet hou n groot voor- en middelvinger voor sy o, en gluur beurtelings van juffrou Tantrum
na waar Karos met Plato sit en gesels. Dan draai hy om en stap sta-dig weg.
Die partytjie is verby, en stafsekretaris Stompie kry opdrag om die nodige aankondigings te doen.
Die maan sit al hoog toe die Donkerbergers die tog Slaapkrans toe aanpak. n Koel aandluggie bring nugterheid, en selfs die Im-promptu-mannekoor is tjoepstil. Grootraad en Koevoet loop voor, moeders en kleingoed in die middel en die soldate reg rondom. Die ystermanne waarna Grootraad vroer die dag in sy toespraak verwys het.
Lekker plek, die lapa, maar die terugtog bly gevaarlik, veral as Sluipstap in die omtrek is.
