Die brood van die lewe
n Moeilike kalant om haltermak op die platteland te kry, is die nuwe dominee. Wel neem hy die beroep op hemelse ingewing aan, wel pak die gemeente sy spens vol kos, strooi sy tuin met vrugbare kraalmis, maak die lekgeute en drupkrane en die kerkhorlosie heel voor hy kom, maar soms bly hy bondel.
Eienaardig genoeg kom die konfrontasies selde met die ele-mente van die Bose. Juis die gemeenskaplike ywer bring die slaggate. Persoonlike eienaardighede van die nuwe predikant laat ons maar buite rekening, soos nou die ongerieflike-pasto-rie-dominee, die stout-kinders-dominee, die tarentale-skiet-langs-die-pad-met-huisbesoek-dominee, die met-elke-toer-oorseil-Palestina-toe-dominee. Die ondervinding leer die plat-telander om hiermee saam te leef.
Maar ek kan aan twee gevalle dink waar nuwe dominees met die allerbeste bedoelings vir ons ingrypende tespoed be-sorg het.
Klokslag elke nuwe dominee sal by ons oor sy swart span kyk en oom Ampie raaksien waar hy klein, oud en verrimpeld tussen die bloesende jong diakens sit.
A nee, maar di broeder is mos ver te oud om diaken te wees. Hy moet oorkom na die ouderlinge toe, maak hy die groot ontdekking. Dan weet ons daar gaan weer opnuut met ons emeritusdiaken gelol word. Oom Ampie sal botweg weier om ouderling te word, en tensy hy met die eerste oogopslag n ware geneentheid vir die dominee voel, sal hy nie sy redes
openbaar maak nie. Afvaardigings van hoofouderlinge en ander skrifgeleerdes gaan maande lank stof opskop, maar niks uitrig nie. Maar ons wat saam met oom Ampie om die skewe toring-kerk oud word, weet 
Laat ek duidelikheidshalwe s dat ons kerk een van die eerste van die moderne, skeefhellende kontruksies was  plan deur n nuwe dominee aanbeveel! Die dag toe ons hom inwy, het oom Kortes, ons ouderling, die argitek gaan handgee: Ag, broertjie, ons is so bly om te sien dat alles tog uitgewerk het. Ons het so baie om jou ontwil in die gebed gely, want ons het gedag jy gaan die toring vergeet.
Ek wou s, aan ons wat saam met oom Ampie oud word, het hy dit op n keer bely: Hy voel hom nog nie geroepe tot die amp van ouderling nie. Die roepstem het baie kennelik destyds tot diaken geroep  dan kyk hy af op sy verkrimpte handjies en werk met die duimnael onder die ander hand se naels in, en n mens besef dat die roepstem destyds met n diep geestelike er-varing gepaard gegaan het. Voor hy nie kennelik, ja kennelik, die stem hoor wat hom tot ouderling roep nie, sal niemand hom in die amp inforseer nie.
Onder Die Stem het hy beslis nie die stem van n predikant bedoel nie. En s wag ons toe al die jare geduldig saam met oom Ampie op Die Stem. Saam met hom raak ons ouer, gryser en slaperiger onder die diens en minder opmerksaam op he-melse openbaringe, maar gaandeweg, gelukkig, word die in-fluisteringe van die Bose vir ons ook vaer en vaer. Vyf-en-sestig jaar oud was hy, toe hy onverhoeds deur n nuwe dominee oor-rompel is en hom tot ouderling laat insen het.
Toe ons hom die eerste keer daar in die ouderlingsbank sien sit, het ons hom byna nie herken nie. Ons sien nou vir die eerste keer die ander kant van sy gesig waar hy dwars reg teen-oor sy ou plek sit. n Mens kon dit nie verklaar nie, maar dit was asof hierdie kant van oom Ampie se gesig nie heeltemal dieselfde as die ander kant was nie. Sy oor was op een of ander manier smaller, meer gepunt, en sy baardjie het meer stoets weggestaan. Die berustende, weemoedige vou wat ons aan die
ander kant van sy mond goed geken het, het hard en onbehaag-lik na di kant toe weggetrek. Natuurlik het oom Ampie jare gelede toe hy nog messelaar was, van n steier afgeval en sy ka-kebeen gebreek, en waarskynlik het dit aan die een kant van sy gesig n letsel gelaat, maar van voor en van die ander kant af kon jy dit nooit agterkom nie.
Hoe welsprekend en arbeidsaam ons nuwe dominee ook al was, ons het gevoel dat hy ons van iets kosbaars in die geloofs-lewe beroof het met sy sekondasie van oom Ampie tot ouder-ling. Ons was verbaas dat ons almal op ons ouderdom weer meteens die influisteringe van die Bose so sterk aanvoel en ons kon nie help om ook dit in verband te bring met die verkeerde kant van oom Ampie se gesig nie.
By ons sal elke nuwe dominee onder die eerste gesangversie die kop behoedsaam lig en die kerkgangers aandagtig begin deurkyk. Jy sien hy merk onraad, en ons weet hy soek die mens wat so vals sing en hy gaan n kwessie daaroor maak, want hy sal nooit glo dat die sterk tenoorstem wat nou te gou, dan te laat, nou onder die solfanotering en dan weer daar bo vassteek, soos n vendusie-os wat hom aanhou teen n draad vasloop  dat dit alles nie n gekskeerdery is nie.
Dan fynkam hy verder tot hy die knoets singendes sien wat met verbete gesigte soos stormgeteisterdes tussen die wan-klanke probeer wysie hou, hy sien die kinders wat in hulle sak-doeke giggel en pen die sanger eindelik vas in n gesinnetjie: n jong man van pas in die dertig, met sy jongste baba op die arm en die gesangboek in die ander hand; s n gesette, inkennige vroutjie langs hom wat met haar mond toe staan; en by hulle n paar skraal kindertjies met die duidelike tekens van armoede in hulle o. Dis die vader wat so ernstig aan die sing is en hom glad nie steur aan die orrelis wat later blaasnote soos robot-seine uitstuur om hom padlangs te probeer hou nie.
Op navrae van die dominee agterna sal aan hom ges word dat die man Stefaans Botha, spoorwegarbeider is en ja, dat Ste-faans al die jare s sing. Ons kom maar reg so. Daar is nuwe dominees wat hulle daarby neerl, maar dit het daardie slag
met dominee  ons sal maar s sy van was ook Botha  nie so gebeur nie. Dominee Botha het volgehou dat Stefaans se singery n ontstigting van die erediens is en het onderneem om met Stefaans te gaan praat en n ouderling saam te neem.
S het dit dan gebeur dat hulle op n dag reg teenoor mekaar te sit gekom het in Stefaans se sementsteenhuisie buite op n plot. Hulle was byna ewe oud. Die dominee n skrander, fyn opgevoede, begeesterde man, van jongs af in n pastoriegesin vir die evangelieverkondiging bestem. Teenoor hom Stefaans: een van die talryke spruite uit n treurige familie wat bestem-mingloos tussen welsyn, beroepskool en ongeskiktheidstoelae gedwaal het. Maar Stefaans het op n dag onder roetvlae en steenkoolgloede bekeerd geraak. In die alledaagse lewe was die een man die teenpool van die ander, maar met die woord van God tussen hulle, was hulle op n vreemd ontstellende manier op gelyke voet.
Dominee was beleefd, taktvol. Hy het vir Stefaans in die ge-sangeboekie gewys dat die nootkolletjies nou eintlik daar tus-sen die strepies is om vir die stem te wys of dit hor of laer moet gaan en die kleur van die kolletjies hoe stadig of vinnig jy die woorde daaronder moet sing; dat die orrel daar is om n mens te help en hoedat dit eers is wanneer almal saam sing  en nie onnodig hard ook nie  die klanke in een ademtog tot God opstyg.
Stefaans was ewe beleefd, maar nie erg onder die indruk nie. Hy weet daar is mense wat tot lof van God sing en dan baie strik op die kolletjies gaan, en dit is hulle saak as hulle dit wil doen, maar wat hom betref, hy gaan op die woorde, maar hy sal tog weer kyk wat die Woord van God oor die saak s. Stefaans lees nie koerante nie, hy besit nie n radio nie, maar ons weet al-mal hy kan onvoorbereid twintig minute lank welluidend en samehangend die een teks na die ander in die gebed aanme-kaarstrengel. Toe hulle daardie middag by Stefaans weggaan, het die ouderling geweet dat die saak van die kolletjies en stre-pies nog ver van uitgewys is.
Die volgende Sondag het Stefaans as dit moontlik kon, nog
valser en harder in die kerk gesing. Dominee Botha het moeds-willigheid vermoed. Hy het die saak op die kerkraadsvergade-ring aanhangig gemaak, maar weens skielike drukke werk-saamhede van onbepaalde aard kon geen ouderling saamgaan nie toe hy Stefaans onomwonde gaan s het dat hy baie wel-kom by die erediens is, maar dat die kerkraad dit as n voorver-eiste stel dat hy onder die gesang op die kolletjies en strepies gaan en heelwat sagter daarop gaan. Die Sondag daarna was Stefaans Botha en sy gesin se plek in die kerk vir die eerste keer in baie jare leeg. Ou kerkgangers was ongelukkig oor die saak. Hoeveel jaar is dit nie wat n mens Stefaans smiddae n sy lang, moordende dagtaak in sy swart oorpak op sy fiets die lang op-draande sien uitry na sy armoedige maar reeds afbetaalde plot nie? Met lang taai hale trap hy, sy gesig ernstig na vore gerig, want Stefaans lag selde. Daarvoor is die stryd teen die honger-snood van die liggaam en die aanslae van die versoekings te wesenlik in sy lewe. Agterop sy fiets se rakkie is daar onfeil-baar n vars wit brood in n netjiese meelsakkie vasgeklamp. Met sy God, sy fiets en sy brood veg Stefaans vir di wat in sy sorg geplaas is, en wie sy wapens onderskat, sou n groot fout begaan.
Stefaans kom daarna nie weer kerk toe nie, maar hy kom wel biduur toe, iets wat hy voorheen weens die afstand na die kerk op weeksdae selde kon bybring. En hier in die teenwoor-digheid van die Een om wie dit gaan, knoop hy die geveg aan.
Drie maal heilige Meester, so begin hy die eerste keer, as U eenmaal in die nuwe Jerusalem op die wolke te voorskyn kom, en engele sing vir U n nuwe lied, sou U hulle s om sagter hulle rykdom en eer en heerlikheid en lof toe te bring? As die sterwelinge wat uit die groot verdrukking kom en hulle klere wit gemaak het in die bloed van die Lam, saam met die engele wil sing, sou U vir hulle vra om op kolletjies en strepies te sing net omdat die valse profete op aarde so s?
Vanselfsprekend het almal met een oog na die bediener daar voor geloer, en die ergerlike uitstoot van sy ken en die senu-weeagtige saamtrek van sy vuis was vir ons almal sigbaar. Die
aanval was onverwags, en die dominee kon hom maar net in die slotgebed floutjies uit Handelinge 18 verweer: U Here, het aan U dienskneg Paulus ges, wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie, want Ek is met jou en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie. Die teks was toepaslik, maar die dominee se stem het van woede gebeef, en dit het gemaak dat hy, met eerbied ges, ook die tweede ronde verloor.
By die biduur vir reent n paar weke daarna het Stefaans vir die stampvol kerk uit Hosea 5 vertel hoe die land en alles wat daarop woon, wegkwyn, die wilde diere van die veld en vols van die hemel, ja, ook die visse van die see omkom, en toe het hy welluidend gedeklameer: Hoor dit, o priester, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, want die vonnis raak jou omdat jy vir Mispa n vangnet geword het en n uitgespreide net vir Tabor 
Maar die dominee was di slag reg vir hom en het hom in n rustige kalmerende stem uit dieselfde boek getroef: Laat ons dit najaag om U, Here, te ken. U opgang is so seker soos die dagbreek en U sal tot ons kom soos die ren, soos die laat rens wat die aarde besproei  en ons het almal gevoel dat die domi-nee se groter selfbeheersing hom hierdie ronde besorg het.
Maar die saak het wyer uitgekring, en lidmate het redena-sies daaroor gevoer. Party was aan Dominee se kant en ander aan Stefaans se kant. Ekself was rotsvas aan Stefaans se kant, nie in die eerste plek oor sy sang nie, maar oor die manier waar-op hy smiddae op sy fiets teen die lang steil bult uittrap met die brood vir sy gesin agterop. Vir watter saak hy ook al stry, was sy gesindheid di wat in alle eeue die heroese stryd van die enkeling teen die oormag kenmerk.
Maar ek kom agter dat ek mettertyd self in die kerk behoef-te aan n nuwe manier van sing ontwikkel. Ek word ook lus om op die woorde op my eie manier aan te gaan en die kolletjies en strepies oor te laat aan wie dit mag behoef. Ek voel daarna om my eie aksent en tempo te gee, my stem te lig en te laat sak soos k die woorde aanvoel. Dit bring n gevoel van bevryding so
sterk dat alles om my in die kerk onwerklik word, asof daar iewers sewe vuurfakkels glinster en dat hulle lewende wesens vol o word. Die kansel wil n boekrol met sewe sels word en die ho glasvensters n see van glas.
Ek is blykbaar nie die enigste wat so voel nie. Die dominee laat ons partykeer n gesangvers oorsing, en met die daaropvol-gende Nagmaal sing die koor s vals dat die orrel die stryd ge-wonne gee.
Ons dominee was nie gelukkig in sy nuwe werkkring nie. Dit was nog voordat n predikant drie jaar in n gemeente moes wees voor hy beroepbaar is. En hoewel ons nie verbaas was toe hy n n jaar n beroep aanneem nie, het ons tog baie jammer ge-voel. Hy was so n vurige prediker, so deeglik in sy voorberei-ding.
