Twee weerpatrone
Hulle s daar is in die weerkunde so iets soos n vaste weer-patroon vir n bepaalde streek, en vir n suksesvolle boer is dit n voorvereiste om die renpatroon van sy streek te ken en sy boerdery daarby aan te pas. Ek het op n keer vir oom Piet Theron, ons skoenmaker wat jare lank die erkende weerpro-feet van ons dorp was, gevra wat hy van n weerpatroon dink. Hy het versigtig die gaatjie in die skoenleer met sy els oopgerek en ges: Ek sal nie s jy moet op n patroon gaan nie. Jou pa-troon kan h goed wees, maar as jou wolkbank nie s hang dat hy die kerktoring met sononder tot by die klokopening vang nie, sal jy sewe dae later nie jou reent kry nie, en loop die rooispinnekop die jaar nie, dan is daar moeilikheid in n Augus-tusmaand wat jou weerpatroon betref, dit s ek vir jou.
Nou ja, hier in Augustusmaand as die wolkbank reg l, kan dit sewe dae later reent, al s die weerburo nou wat. Jou rooi-spinnekop hoef amper nie te loop nie, jou duisendpoot is byna net so goed; dis of hy nog beter is vir n sagte, langdurige reent.
Jou grassie stoot uit, jou bome begin bot en jy kan n mielie dan al insit, want as jy gelukkig is met los buitjies, kan jy hom hier oor die dro maande van September en Oktober heen vat tot die eintlike rentyd in November. As daar een Afrikaanse digter is vir wie ons hierlangs niks voel nie, is dit daardie een wat so tekere gegaan het oor Oktober, die mooiste, mooiste maand. Hy moes n bietjie hier by ons kom kyk het wat in Ok-tobermaand gebeur wanneer die eerste grassie begin verlep,
die beeste begin vrek van die geilsiekte en die stofstorms so oor die kaalgevrete lande jaag.
In die eerste week van November, as die wolke reg is, as die sekelmaan water uitgooi en jou suurdeegplantjie meteens rys dat hy soos n dampadda skree, kan jy reent verwag, veral as die kokkewiet die jaar so erg roep. Maar nou is die kokkewiet n skaars vol by ons en ons ken hom as n tergerige vol. Hy kan skree net om jou te tempteer n goeie drie weke lank voor dit reent.
As die reent eindelik kom, verwag ons nie die sagte, deur-dringende reent waarvoor die bedagsame biduurgangers so uitdruklik gevra het nie. Dis n allemagtige storm wat die eer-ste mielies, die melkstal se dak en die grootuierooie en die boontjiestoele saamvat. Maar ons ontstel ons nie te erg daaroor nie; dis skade wat ons in elk geval ly as die reent nie kom nie.
Die laaste reent van die seisoen kom gewoonlik wanneer die Geloftefeesgangers die middag na die dominee se kinderdiens luister en dan moet die voorsitter van die feeskomitee al die feesgangers se motors met sy trekker deur die turflaagte sleep, anders kom hulle volgende jaar nie weer fees toe nie en dan verloor n mens straks daardie reent ook.
Januariemaand ken ons as n taai maand om te reent en Februarie is ons bekende droogtemaand. Die eerste twaalf dae van die nuwe jaar is nou eintlik ons enigste offisile weerpa-troon vir die komende jaar. Soos die eerste twaalf dae is, s sal die twaalf maande daarna wees. Dit reent baie selde in die eer-ste twaalf dae van Januarie. Daarom, vir die twaalf maande daarna is ons voorspelling ruim so sekuur as die weerburo sn.
Kyk, om nou eerlik te wees: Jy moet by ons nie ongeduldig met die weer wees nie. Hy reent nie graag nie, dit doen hy nie. Jy moet jou daarby aanpas as jy wil boer, dis al. Jy doen so min as moontlik sodat jou skade so klein as moontlik is en jy s so min as moontlik sodat jou straf so klein as moontlik is, s my buurman Jan. Tog jammer, het ek eenkeer n boer hoor s, dat die kunsmismaatskappy nie die reent kan gee en die Goeie Vader die kunsmis nie. Dit sou dalk wondere aan ons weerpa-troon gedoen het. Di onskriftuurlike gedagte was nou darem
na aanleiding van die kunsmisagente wat sy drumpel so deur-getrap het.
Die man wat ek ken wat hom die moeilikste by ons reent-patroon aangepas het, was oom Dries  nou reeds ter siele  maar dit was te verstane. Hy het as groot man hier ingetrek, een van die haastige Terreblanchee van Stinkrivier daar in die Oos-Kaap, en die Noordwes-Vrystaat kon hom nooit vir sy weerpatroon wen nie. As die eerste vals rentjie van Augustus-maand uitsak, wou hy mielies plant, of die rooispinnekop nou geloop het en of hy nie geloop het nie, en of die miere in die na-jaar gewerk het en of hulle nie gewerk het nie. Dan soebat sy vrou en sy bure keer en redeneer en neem hom elke dag met hulle saam na plaasvendusies en boereverenigingvergaderings, net om te keer dat hy begin plant. Maar oorkant hom, teen n lang, skuins bult af, het die Engelsman McRoss geboer, self so haastig soos die josie en n man wat dodelik op die weerburo se voorspellings gewerk het. En as oom Dries hom kom kry, dan staan hy een aand vasgenael voor sy venster en hy sien die geel liggies van McRoss se trekkers oor die lang swart land daar oorkant dobber.
Dan skeur oom Dries hom los en gaan karring aan die tele-foon na sy swaer wat n paar myl van daar af bly.
Swaer Jurie, ek sien McRoss se trekkers loop al. Hulle loop, ou swaer 
Dan paai swaer Jurie so al wat hy kan: Laat hulle loop, Dries, man, laat hulle loop. Hy sit maar seker net n paar akker vir voer in.
Maar die volgende aand is dit dieselfde ding: McRoss se trekkers loop nog al die tyd.
Laat hulle loop, swaer Dries, wat weet n Skot nou van die Vrystaat se weer af? Jy kan mos hoor die paddatjies skree nog nie eens nie.
En die volgende aand: Swaer Jurie  ek dink ek het va-naand n paddatjie hoor skree.
Twak, man. As hulle skree, is dit in hulle slaap, daardie flou ou skreetjie. Jy ken dit mos. Jou paddas moet deurdag skree 
Selde het hy dit langer as vyf aande uitgehou, dan vlie hy met mag en krag in die ploery in: Net sommer so n blokkie vir groenmielies vir sy vrou Cilie, maak hy homself wys, maar wanneer hy eers begin het, kan hy nie ophou nie. Dit gaan dag en nag, sonder slaap of kos, tot hy asvaal is, met sy o verwilder agter sy stoppelbaard, want hy wil nou presies gelyk met McRoss klaarkry. Eindelik is alles klaar; elke sooi omgekeer, elke land geg en geplant en die reent baie weg.
Dan kom hy n paar dae later stil en sonder taal by swaer Jurie aan, sit skraal-skraal op die stoepbank met sy o op die grond voor hom. Hy drink skaars sy koffie, of hy wil weer ver-sit, en by die groet s hy verwytend: Jy kon my ook maar ge-keer het, swaer, jy het self gehoor die paddas is nog nie reg nie, en alles. Jy kon my maar gekeer het.
En as ek nou weer dink aan die man wat hom die moeilikste laat wegskeur het van ons weerpatroon, dan was dit die man wat in my kinderdae as oom Hande bekend gestaan het. In daardie dae was Parys aan die Vaalrivier die groot vakansie-oord van ons kontrei. Daarheen het die omgewing se boere De-sembermaande opgetrek met hulle waens en onder die reus-agtige ou doringbome en wilgers gaan uitkamp. Daar is binne die perke van fatsoenlikheid, meen ek, visgevang, jukskei ge-speel, geswem en saans kaart gespeel en gedans tot hoender-kraai. O, hulle het vertel as jy n nooi in n roeibootjie so in die groen skemerte onder die wilgerslierte langs n eiland soen, kom sy daarna nooit heeltemal los van jou hartsnaar nie. As hulle die terugpad vat, word al die le koskaste volgepak met karbas van Schoemansdrif se perskebrandewyn, jou voorraad vir n hele jaar. Na Parys het oom Hande se broers en susters altyd gereeld gegaan, maar wat vasgesteek het, is hy.
Gedurig sien hy dan tekens in die weer wat maak dat hy nie van huis kan weggaan nie. Die wendam moet skoongemaak word, die beeste moet gebrand word, want die renvoltjie skree, voerkrippe moet gemaak word, want die swaeltjies maak so vroeg klaar om te trek vanjaar  Ag, daar was altyd iets, en die arme Liesbet, sy vrou, moes die hele Desembervakansie by
die huis bly en dorpsmense ontvang. Dit was in die jare voor see toe gaan in die mode gekom het, en in Desember was die dorp se mense n ewige las op die plase rond.
Een sekere jaar was dit Desember en Hande het sy storie reg. Hy hoor daar is nou so baie Engelse in Parys en hy gaan nie soontoe nie, want hy praat nie Engels nie en buitendien moet hy bly om sy skape te dous, want hy hoor die muskiet skree weer so fynerig in die vleie en die bloutong sal vreeslik straf wees vanjaar. Maar die broers en swaers had toe genoeg gehad van Hande se ekskuse. S n mens raak naderhand heeltemal van sy eie mense vervreem, voel hulle.
Die ou grootvader se verjaarsdag l toe nog voor en hulle sou dit eers almal bywoon. Die swaers spreek met Liesbet af dat hulle ou Hande di dag met die verjaarsdag gaan oorhaal, buig of bars. Liesbet moet sorg dat die verewaentjie gepak word en stilletjies deur die werkers na die ou opstal aangebring word.
Daardie dag is al wat familielid is by die verjaarsdag, soos dit daardie tyd met n boer gegaan het. Dit eet en drink en die jong klomp rinkink en die ander sit op die stoepe en grappies vertel en die vroue bly binnenshuis aan die gesels en tee rond-dra. Maar die broers bly pal met ou Hande in die stoepkamer besig. Dit speel nou daar eenkant dat die ou grootvader dit nie sien nie, n bietjie klawerjas en intussen het hulle n bottel Witperd wat hulle hom met lemoenstroop saam injaag. Lies-bet is kort-kort uit met n skinkbord koffie maar sy hou maar almelewe die stoepkamer se deur dop. Daardie aand halfagt, s hulle, toe kom Hande uit die stoepkamer, wiegend op sy buite-sole maar nog regop en, soos oom Dries ons later die storie ver-tel het, doodsbleek, met n vreeslike gelaat op sy gesig.
Pak op, Liesbet, ons gaan Parys toe, s hy. En die skape dan, Hande? vra sy nog huiwerig.
Hy vee oor sy snor en trek sy onderbaadjie se punt af. Hy maak sy een oog toe en korrel met die ander op haar: Look ou girl, maai sheeps can go, aai go Parys toe, en toe slaan hy reg agteroor, die ses voet lange man.
Toe hy die volgende oggend wakker word, l hy onder die verewa op n kermisbed op Vaalrivier se wal by Parys.
