DIE LAASTE NAG IN DIE BOSVELD
Die seuns en die mans skiet al hul patrone weg na vlakvarke, bob-bejane en bosbokke. Oom Fanie wil nie h hulle moet grootwild skiet nie, want die biltong sou nie meer droogword nie. Japie en Fanie skiet elkeen drie varke en Piet vier. Al drie slaag daarin om n bosbok te skiet  Piet sn is n ooi. Verder verjaar hulle lekker onder die bobbejane, want ou Memsi s gedurig: Skiet hulle, knapies, skiet hulle. Die goed is n pes in ons mielielande. En dit is water op die seuns se meul.
Die dae gaan dus baie gou en aangenaam verby, en toe die seuns hulle maar weer kom kry, is dit Dinsdag. Van vroeg in die mre is dit n vreeslike gewerskaf. Die trekgoed word reggetrek; die biltong word uitgesoek en in die sakke gestop; selfs die tent word afgeslaan en op die wa gepak. Die laaste nag moet die seuns maar weer onder die wa slaap, want as oom Fanie in die pad val, wil hy nie nog pak in die mre nie. Vir sover moontlik moet alles opgepak wees, sodat as dit lig word, hulle net kan inspan, en dan moet die sweep klap.
Die laaste aand om die kampvuur is almal maar moeg en stille-rig. Oom Fanie stuur die seuns dus vroeg bed toe. Die drietjies praat ook nie te nie, maar gaan inkruip. Fanie kan egter nie slaap nie. Daar is weemoed in sy siel. Hierdie paar weke in die Bosveld het daar iets tot lewe gekom in sy siel wat voorheen nog gesluimer het  die swerwersgees. Hy het tot die besef gekom dat hy tuis is tussen die diere, dat hy hulle verstaan, dat hy stemme in die nag hoor en tonele sien. Hy dink weer aan die ou jakkalsie  die twee-tjies wat daardie eerste waterbok se binnegoed die aand opge-spoor het  Hoe oom Wolf hulle stormgeloop het  Hoe Jakkal-sie gehol het dat sy wolhaarstertjie so hier en daar teen die bossies
geslaan het  Ja, en die ou sebravulletjie  Hy sien hom weer. Slinger-slinger, half dronkerig in sy koppie is hy die bome in. Sy neusie bloei. Sy tongetjie en lippe is ook stukkend gebyt, en dit begin naderhand te swel. Die outjie probeer, maar kan nie runnik na sy ma nie. Hy hou maar aan met draf. Sy knietjies swik darem later nie meer so erg nie, want die skrik en verwarring het gewyk. In plaas daarvan het die brandende dors in sy keeltjie net een ge-dagte deur sy breintjie laat jaag  melk. En die outjie draf en draf, en naderhand slaan hy oor op n galoppie. En toe hy nou eers hardloop, voel hy publiek daars iets agter hom, iets wat hom so wil-wil hap aan die agterbeentjies.
Au, toe hardloop hy darem regtig. Hy kom in n oopgetrapte voetpaadjie, en kapata, kpata, kpta klap sy pootjies oor die harde pad. Die outjie hardloop so hard dat toe hy by n draai in die paadjie kom, hy sommer regdeur steek. Dis net di slag dat hy reg op n klompie slapende patryse afkom. Dit woerr in n vlerkgedruis. Die een vlieg blindelings teen die outjie se seer neusie vas. Au! Skrik, pyn en verwarring laat hom amper onder-stebo val. En toe hardloop die outjie eers hard. Maar sy beentjies swik onder hom. Die pas is darem te dodend vir so n outjie  hys dan maar pas twee weke oud.
Twee dikkopwolwe draf oor sy spoor. Hulle steek viervoet vas met die neus op die grond. Aan die spoor kan hulle ruik dat dit n jong sebratjie is. Hulle proe al die warm, geurige bloed in hul kele af. Voordat jy vyf kan tel, trek hulle op n windgalop agter die outjie aan.
Fanie voel-voel hier langs hom na sy geweer. Hy kry Oortjies se agterpoot in die hande. Oortjies dink sy baas liefkoos hom en begin sy hand te lek. Die nat, warm, gladde gevoel oor sy hand laat hom wip van skrik. Hy het gedink dis n wolf wat hom beet-kry. Hys helder wakker. Sy voorkop is nat van die sweet. Alles om hom heen lyk egter rustig in die dowwe maanskyn. Bo in die watent hoor hy sy pa snork. Soe, dit was n benoude droom.
n Goeie kwartier sit hy so regop onder die komberse. Twee keer hoor hy ver, baie ver, bo aan die rivier n leeu brul.
Ek wens die leeu wil die twee wolwe vermorsel met sy ou groot poot, s hy n rukkie later half deur die slaap, en hy sak
neer op sy kussing. Hy slaap n rukkie rustig, en toe  toe sien hy weer twee wolwe wat aan n sebratjie l en vreet. Duisend tree of wat bokant hulle, windop, kom n leeuwyfie aangesluip. Sy moet hulle reeds geruik het, want sy sleep so gekoes en wys haar wit tande. Sy kom nader en nader, maar die vraatsugtige wolwe l maar en vreet. Die een ou staan op om n stuk lewer in te wurg. A, die leeuwyfie loop hulle tog storm. Die ou wat gestaan het, slaag daarin om met n benoude soort blafgeluid regsweg buite die bereik van haar pote te spring, maar die ander een is in die slag.
Sy slaan die ou se rug morsaf net met die eerste hou, gryp die verplunderde sebratjie en draf met hom weg, s asof sy dit benede haar waardigheid ag om die wolf verder aan te raak. Die gespuis  sy haat hulle seker soos die pes.
Voor aan die voet van die klipkoppie is daar n donker bos. Die leeuwyfie pyl reguit daarheen  en hier wag drie kleintjies om haar te verwelkom daar voor die ingang van die grot. Die rou skynsel van die maan tower allerhande wangedrogte daar om die ou drietjies. Hulle speel ewe lekker, stoei en rol oormekaar. Links-weg van hulle langs n rotsblok staan n grillerige kol-os. Hy lyk soos n swart buffelbul met twee koppe. Hy beweeg sy kop stadig heen en weer asof iemand by hom soebat en hy weier. Hys seker die leier van die trop, en hy wil nie h die ander moet die klein-tjies gaan vermorsel nie.
Kyk n bietjie! n Paar tree van Fanie af hang n klein bosapie aan die wa se reling aan sy agterpootjies. Met n hees oumens-stemmetjie nooi hy Fanie uit om hom te volg, en hy trek lelike ge-sigte.
Waarheen? vra Fanie hoogs geamuseerd.
O, om al die klein lewe van die Bosveld te sien en die mooi plekkies. Julle was tot nog toe sulke moordenaars dat jul o bene-weld geraak het van die kruitrook. Julle het nooit eens gehoor wat die vols vir mekaar s nie; julle het nie eens een keer gesien hoe die hasies en die steenbokkies resies hardloop in die maanlig nie, en hoedat die silwermeerkat agterstevoor teen n boomstam sit en waghou dat Wolf hulle nie bekruip nie. Het julle partymaal gaan loer in die ou groot aasvolneste bo in die platkruin- en kameel-
bome na die vaal, met dons bedekte kuikens? Het julle  julle moordenaars? En Apie giggel so eenkant langs met sy hees stem-metjie en hy praat n bietjie sagter agter die rugkant van sy hand-jie: Weet julle dat die ou groot neste wat so mooi oop is bo as hulle leeg is, die vryplek van apies is wanneer die maan vol is? Vat aan my broekspyp! s Fanie. Wie sou nou kon dink dat
apies so stout is.
Ja, s die apie, en hy trek n vreeslike ernstige bakkies, het julle ooit saans by die rivier gaan luister hoedat die paddas dans-partye hou en mekaar waarsku as Otter en Likkewaan aan die kom is en n mens hul maag oor n afstand kan hoor skreeu van die honger. En as n mens skelmpies daar onder die ou groot vyeboom gaan sit, sal jy sien hoedat die blouapies bo uit die takke geswelde vye afgooi vir die bosbokkies wat onder staan en wag. Ja! En die apie vee n traan uit sy oog. Het julle ooit geluister hoe die aand-wind saans deur die boomtoppe gesug het nadat julle die dag baie diere doodgeskiet het? Het julle ooit opgemerk dat na so n dag selfs die stoutes en lawaaimakers van die nag  Wolf, Leeu en Jak-kalsie  stiller was as anders? Het julle?
Wag, Bosapie, pleit Fanie, jy maak my hart nou darem baie seer. Ek besef nou eers hoe baie ek gemis het, hoedat ons nog altyd feitlik doof en blind was  Nee, wag n bietjie, Apie. Nie-mand het ons mos van di dinge vertel nie. Nou die dag toe ek op Piet en Jaap gesit en wag het, het n apie na my geloer agter die groen blare uit, en toe vir die eerste keer het ek gedink dat ons so min van die klein lewe gesien het.
Nou, kom saam met my, dan wys ek jou nog so die een en an-der voordat die rooidag breek, s die apie, en hy steek sy swart, kneukelrige handjie met die kort vingertjies uit na Fanie. Die groot, gladde hand van Fanie sluit daarom, en daar gaan die twee. Fanie voel hy beweeg so lig en saggies as n skoenlapper.
Waarheen gaan ons die eerste, Apie?
Kom maar, s die apie, en hulle beweeg voort. Fanie word so opgewonde en nuuskierig dat hy nie meer agter die apie loop nie, maar aan sy sy met hom beweeg. Hulle swaai met n wilde-druiwerank langs n ho platkruindoringboom op dat die wind so
by hul ore verby suis, en hulle loer tegelyk bo-oor die rand van n groot ou aasvolnes. Fanie sien twee apies daarin, handjies om die nek en harige wangetjies teen mekaar. Hy en die apie koes weg onder die nes in.
Wat maak die tweetjies daar bo? fluistervra Fanie vir die apie.
Apie kyk hom n bietjie ongelowig aan: Van watter soort aap-familie kom jy dan dat jy nie sommer aan die lug kan voel wat hulle maak nie? Hoe oud is jy?
Ek was laas sestien, antwoord Fanie.
Noem-noem, sestien! En jy weet nog niks nie. As ons soortjie vyftien maande oud is, begin ons al die lekkerste bessies en die vetste skerpioene in ons kieste te bre, sodat n ander enetjie dit daar met haar vingertjies kan uithaal.
En wat noem julle dit?
Ons s: tweetjies speel kies-aan-kies in die maanlig.
Ek het nie geweet julle gebruik ook Engelse woorde nie, s Fanie half teleurgestel. Maar toe, gaan maar voort, lok hy die apie uit.
Wag, s die apie, jy moet darem onthou ek is al n bietjie oud, en oumense raak sommer weer opgewonde as hulle oor sulke dinge praat. Kom ons gaan sit n bietjie ver van hierdie nes af op daardie ou vyeboom se dik oorhangtak.
Apie, waar is jou maatjie dan? vra Fanie.
Ja, dis n treurige geskiedenis, antwoord die outjie, en hy gee so n dro slukkie.
Vertel my, pleit Fanie.
Goed, s die apie, en hy skuif reg, met sy ruggie na die nes se kant toe. Ek het verkoue gehad.
Kry julle dan ook verkoue?
Ja, sien jy, in die rel kry ons nie verkoue nie, want ons is mos dag en nag buite. Maar ek was n bietjie stout. Ratel met die stompstert was besig om die bye in n vet heuningnes dronk te maak.
Hoe op die aarde kry hy dit reg? vra Fanie ondeund.
Ek is n bietjie skaam om te s, antwoord die apie bedeesd. Hy het n soort lug wat hy op hulle blaas, en dan word hulle so dronk dat geeneen eens sy vlerke kan roer nie. Ja, en ek gaan toe nader sonder om op te let watter kant toe die luggie trek. Ek was so gretig om n stukkie heuning te steel. En toe ek nog tien tree van hom af kom, slaan my bors toe, en ek hoes en nies dat dit sommer so vaal word voor my o. Sonder om te weet waarheen, vlug ek die bome in. My vroutjie kry my toe en help my om in n sekretarisvolnes te klim. Sy het toe gaan kossies soek om my weer sterk te maak, en ek moes wag totdat sy terugkom. Sy het egter nooit teruggekom nie. Silwermeerkatjie het my later vertel dat Jakkalsie haar gevang het waar sy besig was om noem-noem-bessies te pluk.
Waarom het jy dan toe nie weer vir jou n maatjie gesoek nie? vra Fanie op simpatieke toon.
Ag, sug die apie, en hy hou sy ruggie vas, dit was al my vyfde wyfie wat ek verloor het. En n mens raak so stadigaan moedeloos en regtig hartseer.
Maar vertel my, hoe kom dit dan dat jy al vyf maatjies gehad het? My pa leef dan nog met sy eerste vrou.
Jy vra my nou n deurmekaar vraag, antwoord die apie ont-wykend, en hy begin voor hom op die tak die bassies los te hap met sy ou kort voorvingertjie.
Daar moet tog n rede wees, dring Fanie aan.
Nou, begin die apie, die saak is van di aard: Aapmannetjies laat hulle graag bedien deur hul wyfietjies. Ons stuur hulle gedu-rig om vir ons goeters en dinge te gaan haal en aan te dra. Die groot katte en ander aapmannetjies sien dikwels toe dat hulle nie weer terugkom nie.
Luister jul vroutjies altyd vir julle? vra Fanie belangstellend. A ja a, hulle moet! En as hulle nie wil nie, knyp ons hulle of
steek hulle met vreeslike skerp dorings in hul boudjies.
Is dit daarom dat al die apies liddorings op hul boudjies het? Wag, jy word darem nou te persoonlik, antwoord die apie nors. Kom, volg my. En daar trek hy weer van tak tot tak, van boom tot boom. Fanie voel maar ontuis so tussen die takke met
die grond soms doer onder hom. Apie pyl na n klomp vinkneste toe om daaraan skoppelmaai te ry.
Apie, jong, my arms is al so moeg van al die swaaiery. Kom ons rus n bietjie, protesteer Fanie.
Die apie lag met sy hees stemmetjie: Moeg! Ons het nog nie eens begin nie. Nee wat, bog met jou, kom. En daar trek die apie weer.
Iewers in Fanie se onderbewuste is daar egter n vrees vir vink-neste. Opn dag, jare gelede, het hy te ver oorgeleun op n slap wilgertak oor die dam om die vinkeiers by te kom. Die tak het ge-breek en hy het met klere en al binne-in die water geval. Dit was so hittete of hy het verdrink. Hy redeneer so ernstig met die apie dat hy begin hard praat.
Japie word wakker en stamp hom met die elmboog. Komaan, Faan, jong; slaap! Jy woel so baie. Daar is n lang dag voor.
Fanie skrik wakker en kyk werktuiglik rond of hy die bosapie nie sien nie. Hy slaak n sug van teleurstelling.
HUIS TOE
Toe die eerste bosfisant die aanbreek van die rooidag aan die ooste aankondig, maak oom Fanie die seuns wakker.
Toe, my seuns, toe! Gaan maak die swartes wakker dat hulle pap kook. En, Pieterman, laat ons koffie kry, my seun. Koffie  koffie 
Alles is in rep en roer. Die huiswaartse tog begin. Toe die sweep klap, sit die drie seuns langs mekaar op die reling hul bene heen en weer en swaai. Die osse trap eers n bietjie rond, die voor-stes bondel.
Staan kat daar voor die tou, Jantjie! skreeu oom Fanie voor van die wakis af. Singida waai weer so n slag met die dunge-strykte voorslaggie oor die span, en hulle vat die wa.
Ou Memsi en sy twee maats staan by die vuurmaakplek, waar nog so n dun rokie die fris mrelug inkrul. Hulle waai die ver-trekkendes n vaarwel toe.
Hambani kahle  mag jul weg voorspoedig wees!
Salani kahle  bly mooi agter, antwoord die seuns, en Lea waai met haar kopdoek. Die ou siel is in haar skik. Deur haar hart pols net een gedagte: Ons gaan Piesl toe  ons gaan Piesl toe 
Toe die wa so oor die klippe knars, oor polle en slootjies kraak en die seuns so wieg, dan links, dan regs, begin Japie weer lustig te sing, terwyl hy na die wiegende horings van die osse kyk:
Oom Paul het n vark gery. Afgeval en seergekry 
Piet dreun so onderlangs op die tweede stem saam en kyk die ruie bome in of hy nie wild sien nie. Fanie sit diep ingedagte met sy blik daar ver op die bekende koppie gerig. Die koppie sak al hoe laer en laer agter die boomtoppe in.
Outjies, begin hy, ons het darem maar min van die Bosveld-lewe gesien. Ons het te veel geskiet en te min rondgekyk.
Japie kyk half geamuseerd na hom en begin weer te sing. Piet fluit n deuntjie, maar dink na oor wat Fanie ges het.
Die terugreis is voorspoedig, maar net n bietjie te lank na die seuns se sin. Toe hulle nou eers op pad is, wil hulle graag op die end en tuis wees. Hulle kom die Dinsdagvoormiddag tuis. Piesl is so bly en verbouereerd dat hy net lag en aanhou dags. Dan is hy agter by die briek, waar die seuns aflaai, en dan voor, waar Sin-gida-hulle uitspan.
Die aand na godsdiens, toe oom Fanie en oom Gert net hul pype opgesteek het en die seuns nog n bietjie sit om te hoor wat oom Gert se planne is, word daar geklop aan die eetkamer se bui-tedeur. Oom Fanie gaan oopmaak. Daar staan ou Piesl met sy hoed in albei hande.
Baba Fanie!
Ja, Piesl?
Die seuns spits albei hul ore.
Naand, baba Fanie  Nee, ek wil net s, baba Fanie  ou  ou  Lea s dis padlangs, daars plek vir twee in die rondawel-tjie. Nou wil ek net weet of baba Fanie en mesi Lenie s dis goed so? en die ou frommel sy hoed.
Ramkat! skreeu oom Gert.
Nou toe maar, Piesl, jy kan maar jou kooigoed daar indra, help oom Fanie die ou, en hy wil die deur toemaak, want hy kan nie meer sy lag bedwing nie.
Nou, naand, baba Fanie; naand, baba Gert; naand, mesi Le-nie; naand, bantwana  klink die ou se stem dowwer.
Nag, ou Piesl, groet almal hom.
Ja, neef Gert, s oom Fanie met n glimlag, dis nie goed vir die mens om alleen te wees nie.
Oom Gert word effens verle en mpa-mpa aan sy pyp. Toe maar, ou neef, alle goeie dinge kom stadig. Oor drie jaar as ek terugkom  ek en Fanie  van my skiettog verder noordwaarts, sal ek ook begin bontstaan hier. Almal praat en lag deurmekaar en maak aanmerkings.
Toe stuur oom Fanie die seuns bed toe.
Woensdag na die ete is oom Gert toe weg. Die seuns ry saam tot op n steil rantjie omtrent n myl van die huis af. Toe die wa bo-op die rantjie kom, laat oom Gert stilhou. Hy en die seuns spring af, en toe laat hy die wa weer ry, met die bevel aan die dry-wer om onder die rantjie weer op hom te wag.
n Rukkie is al vier stil. Dis vir die seuns swaar om van oom Gert afskeid te neem, want hulle het baie geheg aan hom geraak. Vir hom is dit nog swaarder om van hulle af weg te gaan.
Dit was darem n lekker skiettog, n? begin hy eindelik. Dis of die seuns skielik skaam is vir hom.
Ja, oom Gert, dit was die lekkerste rukkie wat ons nog in ons lewe gehad het, stem die seuns saam.
Nou ja, my huis is nog vr. En hy begin groet. Dag, Japie; jy moet nou jou hond kom haal, hoor.
Ja, oom Gert, net ander week.
Dag, Piet; jy moet jou ma fluks help, hoor. Ja, oom Gert.
Dag, Fanie  oor drie jaar, n?
Ja, oom Gert, oor drie jaar. En Fanie kyk vas in oom Gert se o  nog n kind van die veld met n swerwersiel.
Japie gryp sy twee broers elkeen aan die hand en hardloop met hulle die afdraand af. Oom Gert staan hulle so en agterna kyk.
Ja, sug hy, ek wens dit was my seuns, drie pure jagtertjies, elkeen met n eie persoonlikheidjie.
Toe die seuns onder kom, kyk hulle nog n slag om.
Oom Gert waai met sy hoed vir hulle, en toe draai hy om en stap die rantjie af anderkant na sy wa toe.
Twee weerpatrone
Hulle s daar is in die weerkunde so iets soos n vaste weer-patroon vir n bepaalde streek, en vir n suksesvolle boer is dit n voorvereiste om die renpatroon van sy streek te ken en sy boerdery daarby aan te pas. Ek het op n keer vir oom Piet Theron, ons skoenmaker wat jare lank die erkende weerpro-feet van ons dorp was, gevra wat hy van n weerpatroon dink. Hy het versigtig die gaatjie in die skoenleer met sy els oopgerek en ges: Ek sal nie s jy moet op n patroon gaan nie. Jou pa-troon kan h goed wees, maar as jou wolkbank nie s hang dat hy die kerktoring met sononder tot by die klokopening vang nie, sal jy sewe dae later nie jou reent kry nie, en loop die rooispinnekop die jaar nie, dan is daar moeilikheid in n Augus-tusmaand wat jou weerpatroon betref, dit s ek vir jou.
Nou ja, hier in Augustusmaand as die wolkbank reg l, kan dit sewe dae later reent, al s die weerburo nou wat. Jou rooi-spinnekop hoef amper nie te loop nie, jou duisendpoot is byna net so goed; dis of hy nog beter is vir n sagte, langdurige reent.
Jou grassie stoot uit, jou bome begin bot en jy kan n mielie dan al insit, want as jy gelukkig is met los buitjies, kan jy hom hier oor die dro maande van September en Oktober heen vat tot die eintlike rentyd in November. As daar een Afrikaanse digter is vir wie ons hierlangs niks voel nie, is dit daardie een wat so tekere gegaan het oor Oktober, die mooiste, mooiste maand. Hy moes n bietjie hier by ons kom kyk het wat in Ok-tobermaand gebeur wanneer die eerste grassie begin verlep,
die beeste begin vrek van die geilsiekte en die stofstorms so oor die kaalgevrete lande jaag.
In die eerste week van November, as die wolke reg is, as die sekelmaan water uitgooi en jou suurdeegplantjie meteens rys dat hy soos n dampadda skree, kan jy reent verwag, veral as die kokkewiet die jaar so erg roep. Maar nou is die kokkewiet n skaars vol by ons en ons ken hom as n tergerige vol. Hy kan skree net om jou te tempteer n goeie drie weke lank voor dit reent.
As die reent eindelik kom, verwag ons nie die sagte, deur-dringende reent waarvoor die bedagsame biduurgangers so uitdruklik gevra het nie. Dis n allemagtige storm wat die eer-ste mielies, die melkstal se dak en die grootuierooie en die boontjiestoele saamvat. Maar ons ontstel ons nie te erg daaroor nie; dis skade wat ons in elk geval ly as die reent nie kom nie.
Die laaste reent van die seisoen kom gewoonlik wanneer die Geloftefeesgangers die middag na die dominee se kinderdiens luister en dan moet die voorsitter van die feeskomitee al die feesgangers se motors met sy trekker deur die turflaagte sleep, anders kom hulle volgende jaar nie weer fees toe nie en dan verloor n mens straks daardie reent ook.
Januariemaand ken ons as n taai maand om te reent en Februarie is ons bekende droogtemaand. Die eerste twaalf dae van die nuwe jaar is nou eintlik ons enigste offisile weerpa-troon vir die komende jaar. Soos die eerste twaalf dae is, s sal die twaalf maande daarna wees. Dit reent baie selde in die eer-ste twaalf dae van Januarie. Daarom, vir die twaalf maande daarna is ons voorspelling ruim so sekuur as die weerburo sn.
Kyk, om nou eerlik te wees: Jy moet by ons nie ongeduldig met die weer wees nie. Hy reent nie graag nie, dit doen hy nie. Jy moet jou daarby aanpas as jy wil boer, dis al. Jy doen so min as moontlik sodat jou skade so klein as moontlik is en jy s so min as moontlik sodat jou straf so klein as moontlik is, s my buurman Jan. Tog jammer, het ek eenkeer n boer hoor s, dat die kunsmismaatskappy nie die reent kan gee en die Goeie Vader die kunsmis nie. Dit sou dalk wondere aan ons weerpa-troon gedoen het. Di onskriftuurlike gedagte was nou darem
na aanleiding van die kunsmisagente wat sy drumpel so deur-getrap het.
Die man wat ek ken wat hom die moeilikste by ons reent-patroon aangepas het, was oom Dries  nou reeds ter siele  maar dit was te verstane. Hy het as groot man hier ingetrek, een van die haastige Terreblanchee van Stinkrivier daar in die Oos-Kaap, en die Noordwes-Vrystaat kon hom nooit vir sy weerpatroon wen nie. As die eerste vals rentjie van Augustus-maand uitsak, wou hy mielies plant, of die rooispinnekop nou geloop het en of hy nie geloop het nie, en of die miere in die na-jaar gewerk het en of hulle nie gewerk het nie. Dan soebat sy vrou en sy bure keer en redeneer en neem hom elke dag met hulle saam na plaasvendusies en boereverenigingvergaderings, net om te keer dat hy begin plant. Maar oorkant hom, teen n lang, skuins bult af, het die Engelsman McRoss geboer, self so haastig soos die josie en n man wat dodelik op die weerburo se voorspellings gewerk het. En as oom Dries hom kom kry, dan staan hy een aand vasgenael voor sy venster en hy sien die geel liggies van McRoss se trekkers oor die lang swart land daar oorkant dobber.
Dan skeur oom Dries hom los en gaan karring aan die tele-foon na sy swaer wat n paar myl van daar af bly.
Swaer Jurie, ek sien McRoss se trekkers loop al. Hulle loop, ou swaer 
Dan paai swaer Jurie so al wat hy kan: Laat hulle loop, Dries, man, laat hulle loop. Hy sit maar seker net n paar akker vir voer in.
Maar die volgende aand is dit dieselfde ding: McRoss se trekkers loop nog al die tyd.
Laat hulle loop, swaer Dries, wat weet n Skot nou van die Vrystaat se weer af? Jy kan mos hoor die paddatjies skree nog nie eens nie.
En die volgende aand: Swaer Jurie  ek dink ek het va-naand n paddatjie hoor skree.
Twak, man. As hulle skree, is dit in hulle slaap, daardie flou ou skreetjie. Jy ken dit mos. Jou paddas moet deurdag skree 
Selde het hy dit langer as vyf aande uitgehou, dan vlie hy met mag en krag in die ploery in: Net sommer so n blokkie vir groenmielies vir sy vrou Cilie, maak hy homself wys, maar wanneer hy eers begin het, kan hy nie ophou nie. Dit gaan dag en nag, sonder slaap of kos, tot hy asvaal is, met sy o verwilder agter sy stoppelbaard, want hy wil nou presies gelyk met McRoss klaarkry. Eindelik is alles klaar; elke sooi omgekeer, elke land geg en geplant en die reent baie weg.
Dan kom hy n paar dae later stil en sonder taal by swaer Jurie aan, sit skraal-skraal op die stoepbank met sy o op die grond voor hom. Hy drink skaars sy koffie, of hy wil weer ver-sit, en by die groet s hy verwytend: Jy kon my ook maar ge-keer het, swaer, jy het self gehoor die paddas is nog nie reg nie, en alles. Jy kon my maar gekeer het.
En as ek nou weer dink aan die man wat hom die moeilikste laat wegskeur het van ons weerpatroon, dan was dit die man wat in my kinderdae as oom Hande bekend gestaan het. In daardie dae was Parys aan die Vaalrivier die groot vakansie-oord van ons kontrei. Daarheen het die omgewing se boere De-sembermaande opgetrek met hulle waens en onder die reus-agtige ou doringbome en wilgers gaan uitkamp. Daar is binne die perke van fatsoenlikheid, meen ek, visgevang, jukskei ge-speel, geswem en saans kaart gespeel en gedans tot hoender-kraai. O, hulle het vertel as jy n nooi in n roeibootjie so in die groen skemerte onder die wilgerslierte langs n eiland soen, kom sy daarna nooit heeltemal los van jou hartsnaar nie. As hulle die terugpad vat, word al die le koskaste volgepak met karbas van Schoemansdrif se perskebrandewyn, jou voorraad vir n hele jaar. Na Parys het oom Hande se broers en susters altyd gereeld gegaan, maar wat vasgesteek het, is hy.
Gedurig sien hy dan tekens in die weer wat maak dat hy nie van huis kan weggaan nie. Die wendam moet skoongemaak word, die beeste moet gebrand word, want die renvoltjie skree, voerkrippe moet gemaak word, want die swaeltjies maak so vroeg klaar om te trek vanjaar  Ag, daar was altyd iets, en die arme Liesbet, sy vrou, moes die hele Desembervakansie by
die huis bly en dorpsmense ontvang. Dit was in die jare voor see toe gaan in die mode gekom het, en in Desember was die dorp se mense n ewige las op die plase rond.
Een sekere jaar was dit Desember en Hande het sy storie reg. Hy hoor daar is nou so baie Engelse in Parys en hy gaan nie soontoe nie, want hy praat nie Engels nie en buitendien moet hy bly om sy skape te dous, want hy hoor die muskiet skree weer so fynerig in die vleie en die bloutong sal vreeslik straf wees vanjaar. Maar die broers en swaers had toe genoeg gehad van Hande se ekskuse. S n mens raak naderhand heeltemal van sy eie mense vervreem, voel hulle.
Die ou grootvader se verjaarsdag l toe nog voor en hulle sou dit eers almal bywoon. Die swaers spreek met Liesbet af dat hulle ou Hande di dag met die verjaarsdag gaan oorhaal, buig of bars. Liesbet moet sorg dat die verewaentjie gepak word en stilletjies deur die werkers na die ou opstal aangebring word.
Daardie dag is al wat familielid is by die verjaarsdag, soos dit daardie tyd met n boer gegaan het. Dit eet en drink en die jong klomp rinkink en die ander sit op die stoepe en grappies vertel en die vroue bly binnenshuis aan die gesels en tee rond-dra. Maar die broers bly pal met ou Hande in die stoepkamer besig. Dit speel nou daar eenkant dat die ou grootvader dit nie sien nie, n bietjie klawerjas en intussen het hulle n bottel Witperd wat hulle hom met lemoenstroop saam injaag. Lies-bet is kort-kort uit met n skinkbord koffie maar sy hou maar almelewe die stoepkamer se deur dop. Daardie aand halfagt, s hulle, toe kom Hande uit die stoepkamer, wiegend op sy buite-sole maar nog regop en, soos oom Dries ons later die storie ver-tel het, doodsbleek, met n vreeslike gelaat op sy gesig.
Pak op, Liesbet, ons gaan Parys toe, s hy. En die skape dan, Hande? vra sy nog huiwerig.
Hy vee oor sy snor en trek sy onderbaadjie se punt af. Hy maak sy een oog toe en korrel met die ander op haar: Look ou girl, maai sheeps can go, aai go Parys toe, en toe slaan hy reg agteroor, die ses voet lange man.
Toe hy die volgende oggend wakker word, l hy onder die verewa op n kermisbed op Vaalrivier se wal by Parys.
Wat n man
Hier vanaf die vergaderplek is Donkerberg n hele bobbejaanblaf ver, maar Koevoet blaf nie, hy bulder. Twintig soldatelywe trek skoon sekel vir die volgende bevel. Die vorige een weergalm nog van krans tot krans tot krans.
Erewag! A-a-a-ndag! n Enkele, dowwe slag van voete in die stof. Niemand roer nie. Selfs die hadidas is stil.
Die soldate staan rugkant na die gehoor, o gerig op n platterige klipverhoog. Op n gegewe teken val n kinderkoor en slagorkes weg met Bobbejaan klim die berg, amptelike lied van die Donkerberg-trop. Die gehoor staan op, nekke vol afwagting na agter gedraai.
Die nuuskierigheid is sommer onnodig, want die trop ken teen di tyd die ritueel: Die dro, vername hoesie, gevolg deur n ge-klingel van medaljes. Grootraad Makedaan, onbetwiste leier van die Donkerbergtrop, stap met stywe voorarms tussen sy volgelinge deur, kopknik in die rigting van die erewag en bestyg dan die verhoog.
Vyf jaar se leierskap kruip nie sommer soos vlooie tussen jou hare weg nie. Dit wys: Die manelbaadjie waaraan medaljes hang asof dit vye is; die vername stert-in-die-lug-swikstappie, skouers met vragte vol verantwoordelikhede; lang, stywe voorarms wat ewe belangrik meedoen; die gebo hoof en vroom bakkies wat van o, soveel diens-willigheid getuig.
Die koor en orkes doen hulle allemintige bes. Dis net kleintonge-tjies, elmbo, potte en panne waar jy kyk. Die dirigent, die mooie juffrou Tantrum, is lief vir kinders, maar sy vat gn nonsens nie. Sy is per slot van sake die enigste wyfie hier rond wat haar toonnaels rooi verf.
Bo gekom gaan Grootraad ewe plegtig staan. Dan draai hy stadig in die rigting van die gehoor. Met sy regtervuis teen die linkerbors kry die klein, onrustige ogies skielik n soort glaserigheid. Hier staan ek, geliefde tropgenote, nie om gedien te word nie, maar om te dien.
Die Stellenbosse boys kom w-e-e-e-e-r hang nog in die lug wan-neer die koor en orkes hulle plekke inneem. Grootraad kug en in n oogwink is n korterige bobbejaan by, toespraaknotas in die hand. Grootraad vat dit sonder om dankie te s en grawe in sy manel se bosak. Na n gevroetel bring hy n leesbril te voorskyn en druk dit lomp op die punt van sy neus. Stafsekretaris Stompie neem weer sy plek agter op die verhoog in.
Vriende, geagte vriende, dit is vandag my voorreg om hier voor u te staan. Voor u te staan, vriende, as leier en as dienaar. Ek het spe-siaal n toespraak vir die okkasie geskryf, maar laat ek liewer uit die maag uit praat.
Hart, s Stompie saggies van agter af, ietwat afgehaal. E  hart. Wat ook al. Van hart tot hart.
Grootraad prop die toespraaknotas in sy een sak en sy leesbril (die soort waarvan jy die glase nooit kan vuilvat nie) in die ander.
Ja, vriende, ons kom gereeld hier byeen om fees te vier, maar die dag van vandag is n besondere dag. Ons vier vandag vyf jaar van leierskap, vyf jaar van vooruitgang, vrede en voorspoed. Grootraad laat los sy lapel en sper die lang vingers van sy regterhand oop. Vyf jaar 
Nou verstaan almal, s Plato onderlangs vir sy jonger vriend Karos. Hulle sit n entjie agtertoe, buite die bereik van Grootraad se heuningkwaswoorde.
Karos geniet altyd sy maat se spitsvondighede, maar hy durf dit nie wys nie. Daars net te veel o 
Ja, vriende, ons het soveel om voor dankbaar te wees. Daar was swaar tye en daar was maklike tye. Opdraandes en afdraandes.
Die trop luister aandagtig. Die ou ylkoppe sit heel voor, party bakhand agter die oor. Dan die ou wyfies, volgens Plato almal lede van die Grootraad Makedaan Fn Klub. Verder agtertoe is die ge-wone troplede, van geharde manne met hande soos skuurpapier tot vroue wat bereid is om alles te gee vir trop en telg. Die vergaderplek het nie n moederskamer nie, en die jong mas en hulle babatjies deel die agterste gestoeltes met die jongklomp.
Ja, vriende, ons het soveel om voor dankbaar te wees. Die berg daarbo  Tientalle o volg hulle leier se voorvinger in die rigting van Donkerberg. Waaraan ons trop sy naam te danke het. Ja, goeie ou Donkerberg  Majestueus  Manjifiek  Monumentaal  Misterieus 
Grootraad sien met genoegdoening hoe die gehoor aan elke woord proe.
En dan, vriende, n bietjie laer af, Slaapkrans. Ons oornagplek en veilige vesting. Daar waar ons saans gaan slaap en die volgende oggend weer wakker word. Slaapkrans, lewenskans 
Grootraad ken die politiek, en hy ken sy gehoor. Nogal lekker om jou tong n bietjie verfwerk te laat doen. Gou-gou lyk die omgewing na die bokant van daai tjoklitbokse wat n man so dan en wan by die asgate kry.
Vriende, ons daal af tot hier, die vergaderplek. n Plek van soveel seremonies, parades en plegtighede. Hoef ek meer te s?
Liewer nie, mompel Plato.
Dan wil ek u neem na twee ander ou bekende plekke. Plekke wat, as ek so mag s, tydens my leierskap vir die trop toeganklik ge-word het. Daar is die asg  (kug) die munisipale stortingsterrein. n Plek waar elkeen van u as entrepreneur iets kan loswoel  iets te ete of iets te ruile. Dalk iets te houe, bloot omdat dit  mooi is!
Die trop hou van die manier waarop Grootraad mooi s. Dis so  mooi. En buitendien, almal ken die asgate, al mag hulle dit nie so noem nie. Elke dag krap hulle daar rond om te kyk wat die jongste rooilorrievrag oplewer. Op soek na iets te ete, iets te drinke of dalk iets blinkerigs.
En dan, vriende, n ander bekende baken, ook hier in die laagte, die gholfklub se  lapa! Die desibels is heelwat hor as met die vorige toejuiging. Die handegeklap gaan skielik oor in n ritmiese dreunsang: Lapa! Lapa! Lapa!
Karos en Plato vou hulle arms. Koevoet en die erewag staan roer-loos.
Grootraad wag geduldig dat die rumoer bedaar. Ja, vriende, u s dit reeds. Die lapa  Die plek waar elke Donkerberger aan die einde van n lang dag kan ontspan! Waar elkeen maar net homself of haar-self kan wees!
Stafsekretaris  Stompie  het  oudergewoonte  kort  voor  die  verrig-
tinge n bottel water by sy baas se praatplek neergesit. Nogal ewe deftig met n papierservet daarby, want dit lyk darem nie goed as die leier van die Donkerbergtrop na n lang gloeg-gloeg-gloeg sy smoel met die agterkant van sy hand afvee nie. Te midde van hernieude toejuiging vat Grootraad eers n paar slukke plstiek water. Terself-dertyd bespied hy die gehoor hier onder hom met klein, lewendige ogies: Nee, dit gaan goed, dit gaan goed!
Karos en Plato sit steeds arms gevou en kyk hoe Grootraad die trop met sy tong woer-woer.
Daar gaan ons al weer  s Karos. S net lapa! en die hele trop 
 val uit die boom uit! voeg Plato by.
Grootraad vat weer die woord, lang vingers om elke lapel. Vrien-de, soos ek s, hierdie plekke was nie vroer vir ons toeganklik nie. Ek kan vandag die sluier effens lig deur te s dat die kwessie van toe-gang, n saak was van hoogs geheime, stille diplomasie. Dit was nie maklik nie.
Dis skielik doodstil in die vergaderplek. n Bobbejaan is van nature n nuuskierige ding, maar hier, vandag? Wat gaan Grootraad met hulle deel?
Ja, vriende, Grootraad hou sy stem laag, so al asof hy onder vyandelike radar vlieg, daar was n reeks geheime sendings na die dorp doer onder voordat ek en my kollega die burgemeester mekaar kon ontmoet, mekaar uiteindelik in die o kon kyk.
Wat n man, s die ou wyfies in n koor.
U vra hoe op aarde het Grootraad Makedaan dit reggekry? Maklik, as n man glo in wat hy doen, as hy alles veil het vir sy trop! Ek het bloot vir hom ges: Kollega Burgemeester (kug), julle dorps-mense het mangos, ons het maroelas. Julle het moerbeie, ons het moepels. Waarom nou in onvrede langs mekaar leef as ons mekaar kan opvul  ek bedoel aanvul? En u weet, vriende, op daardie oom-blik het daar tussen twee leiers iets gebeur. n Vonk van vriendskap, n band van begrip!
Die skare begin weer wriemel, want so n man verdien darem weer n rondte applous.
Ja, vriende, op daardie geskiedkundige oomblik het ons mekaar hand gegee, dwarsoor die spielblink konferensietafel. O-o-o-o, vriende, besef u dit? n Verbond van vrede waar daar vyandskap was.
Hartlikheid waar daar haat was. n Nuwe toekoms vir die Donker-bergtrop!
Grootraad wag geduldig dat die toejuiging bedaar. Hy het duide-lik nog iets op die hart, en die gehoor raak weer stil.
Daarom, vriende, wil ek in alle beskeidenheid vir u s: As ek dan in my bewind iets bereik het, as daar iets is wat ek tot stand gebring het, dan was dit om die munisipale stortingsterrein en die lapa vir u p te maak!
Die skare begin weer hande klap, maar di keer beduie Grootraad hulle gou tot stilte.
Vriende, as ek eendag nie meer hier is nie 
Die gedagte dat hy eendag nie meer hier sal wees nie raak met-eens te veel vir Grootraad. Vir n volle minuut sukkel hy om te praat, staan hy kop onderstebo. Iewers in die gehoor snik iemand hardop.
Dankie, vriende  Dis net  Dis net 
Ag shame, s een van die ou wyfies vir haar vriendin.
Maar dan ruk Grootraad homself reg: Jammer vriende. As u een-dag terugdink aan my bewind, aan die vrugte van Grootraad Make-daan se bewind 
Moerbeie, mangos en maroelas, s Plato onderlangs, want die oomblik is heilig.
As u vir wyle Grootraad Makedaan eendag n monument wil op-rig, moenie verder gaan nie, vriende, laat die munisipale stortings-terrein en die lapa my monumente wees.
Lank lewe Grootraad! skree iemand uit die gehoor, en die res doen mee. Skielik is almal op die been. Lank lewe Grootraad! Lank lewe Grootraad!
Grootraad aanvaar die eerbetoon met n bre, vaderlike glimlag. Maar Grootraad is nog lank nie klaar nie. Of dood nie.
Vriende, maar terwyl ons hier in vrede vergader, met blydskap byeen kan wees, is daar e-e-e-en ding wat ons nie mag vergeet nie 
Hier kom dit, fluister Karos.
Ja, vriende, ek weet u weet van die geel, jaloerse o wat ons be-loer. Ja, vriende, ek praat van Sluipstap die tier!
Hier waar hy staan, kan Grootraad sien hoe die trop ineenkrimp, hoe pas onrustig rondkyk en mas instinkmatig hulle kleintjies sty-wer vashou. Sluipstap is n luiperd, maar die naam tier rol soveel lek-kerder van die tong af, klink soveel gevaarliker.
Ons sien hom selde, en as ons hom sien, is dit maar kol-kol in die lang gras. Partykeer gewaar ons sy spoor  n Moordspoor van bloed en hare! Ja, vriende, tier is hier! Tier is hier! Grootraad vat weer n paar slukke plstiekwater en beloer die gehoor. Maar, vriende, gelukkig is daar diegene wat ons beskerm. Hier staan hulle voor ons. Ystermanne! Die geharde krels van ons lyfwag. Wat n voorreg, vriende, om voor te kan loop wetende dat manne van hier-die kaliber daar is om my rug toe te maak. My te beskerm (kug). U te beskerm. Ek dank u!
Die skare staan soos een man op vir n laaste rondte applous. So uit die hart, s een van die ylkoppe vir sy maat.
Soos soetkoek, s Plato vir Karos. Karos knik, sy aandag nie by die politiek van die dag nie, maar by die lenige koorleidster.
Die seremonie is verby. Soos n tol wat al hoe stadiger draai, kom die res van die verrigtinge tot n einde. Stafsekretaris Stompie maak sy baas se plstiekwater en ongebruikte toespraaknotas bymekaar. Juffrou Tantrum beduie vir die koor om op te staan, en met n Koe-voetgebulder kom die erewag weer op aandag. Die slagorkeslede se elmbo kom weer in beweging, en onder die geklank van lepels, potte, panne en stemme verlaat Grootraad Makedaan die klipver-hoog. Kop nederig gebo, leier en dienaar van sy trop.
Wat n man, s die maer ou wyfies vir mekaar met Grootraad se verbystap.
