VLAKVARKE EN SEBRAS
Maandag douvoordag! Alles is stil in die kamp. Die drie seuns l egter al n hele rukkie wakker. Hulle wag op die bosfisante om die geruis van die dagbreekwindjie bo deur die boomtoppe luidkeels aan te kondig.
Outjies, begin Japie, toe hy agterkom Fanie en Piet is ook wakker, ek het n voorgevoel dat die fisante hulle vanmre gaan verslaap. Ek is seker die dag breek al; my lyf is al seer gel, en ek het so lus vir koffie.
Fanie en Piet gee nie dadelik antwoord nie. Albei is kliphard besig met planne maak. Piet weet dat daar net na oggendgods-diens weer krygsraad gehou gaan word om planne vir die dag te oorweeg, en hy l en dink wat om voor te stel. Fanie, weer, wil nog n keer in oom Gert se guns kom en l en planne maak hoe om Jaap en Piet in die bed te hou onderwyl hy by die vuur gaan werskaf. Fanie kry egter die eerste n oulike gedagte.
Outjies, begin hy, en hy sit regop in die bed, dit lyk vir my nog pure nag; maar wag, ek sal gou by oom Gert gaan vra. Hy het n horlosie en sal nie omgee nie.
Toe hy die kombers oplig om uit te kruip, voel Japie n yskoue luggie inkom.
Auk, dis koud! Faan, gooi sommer n klompie hout op die vuur, jong, roep hy Fanie agterna, wat reeds besig is om af te klouter.
Oom Gert l al n uur lank wakker en is net besig met pyp te stop toe hy die seuns hoor praat. Hy word sommer bly, want hy verwag koffie. Fanie kom tot by die wa en staan so n rukkie stil ten einde genoeg moed bymekaar te skraap om oom Gert aan te spreek. Laasgenoemde l maar stil en loer so oor sy kombers.
Voordat een van die twee nog iets kan s, gee n leeu ewe skielik onder langs die rivier twee diep binneborsbrulle. Oom Gert sit sommer so regop in die bed  sy jagtersiel lewe weer.
Fanie?
Ja, oom Gert? en Fanie staan tot teenaan die wa. Het jy ge-hoor?
Ja, oom Gert. Wat is dit?
Dit is oom Leeu wat daar kennis gee dat hy ons vanaand of mreaand n vlugtige besoek gaan bring.
Au, oom Gert!
Ja, ou seun, dis hy daardie. En oom Gert voel-voel so langs hom na sy broek.
Maar, oom Gert, is hy nie dalk op pad hierheen nie? vra Fanie toe alles weer so stil is.
Is jy dan bang?
Nie bang nie, oom Gert, maar  dis dan n leeu  En asof die ou leeu Fanie nog meer respek wil inboesem, brul hy weer, en werklik n entjie nader di keer.
Fanie  Jaap  Piet ! roep oom Fanie van die tent af, en hy kom aangedraf met sy geweer. Kom, my seuns, kom ons maak n groot vuur.
Jaap en Piet klouter die wa vinniger af as ooit tevore en hits die honde aan: Saa! Saa! Toe hulle by die vuur kom, gooi Fanie al takke op, en hul pa skreeu na die Zoeloes.
Pa, is dit leeus? vra Japie met gejaagde stem, en hy voel asof n groot klam hand om sy hart vat.
Ja, my seuntjies, dis n leeu, maar hy is nog ver, antwoord oom Faan gerusstellend, en hy begin werktuiglik sy pyp stop om die seuns te wys dat daar geen onmiddellike gevaar te vrees is nie.
Sal Pa nie maar darem n skoot in daardie rigting skiet nie, dat die ou net kan hoor ons is gewapen en klaar vir hom, pleit Japie, en almal kyk die donker bome in en wens half dat die ou weer moet brul.
Nee, my seun, oom Gert en ek wil hom n bietjie gerus maak. Mre of oormre gaan hy en ek met die swartes hom soek.
En moet ons bly, Pa? vra Fanie, op die oomblik nog half on-seker of hy werklik sou wil saamgaan.
Ja, my seun, antwoord sy pa beslis, leeus jag is grootmense se werk. Julle drie se harte is reg, maar julle moet nog n jaar of meer ondervinding h van die Bosveld.
Oom Gert, wat die Zoeloes gaan wakker maak en laat vuur maak het, kom nou ook by.
Aa  Mre! Mre! Hoe lyk dit? En hy kyk ondeund na die seuns: Het julle vir oom Leeu ook n emmer koffie?
En toe raak die tonge los. Tant Lenie kom ook daar aan, en een, twee, drie staan almal en koffie drink. Dit word vinnig lig, en die seuns se stemme klink harder. n Rukkie later maak oom Fanie die seuns stil.
Krygsraad, krels! en almal gaan sit.
Kyk, begin hy, Ma wil nie h ons moet vandag of mre al weer buffels of wildebeeste skiet nie. Die vier buffels se biltong aan die stellasies moet eers n kans kry om goed winddroog te word voordat daar vars biltong bykom.
Wil Pa en oom Gert dan maar die leeu gaan soek? spring Piet sy broers voor.
Nee, wag, laat ons eers hoor of oom Gert n voorstel het. Ja, begin oom Gert, en hy klop sy pyp teen sy skoen uit, ek
dink die seuns moet vandag vir my n paar sebras gaan skiet. Ek sal hulle vyf sjielings per stuk betaal. En jy en ek, neef Fanie, kan gerus n paar bosbokvelle probeer in die hande kry vir voorslae. Japie spring sy broers voor: Pa het dan nou die dag ges dat waar daar sebras is, kan n mens altyd leeus ook te wagte wees! Ja,  maar  saans  en  snags,  my  seun,  gee  sy  pa  dadelik  ant-
woord.
Sien jy, ou seun, verduidelik oom Gert toe nog verder, die sebras wei oordag meestal in die graslaagte en teen die hange van die doringbulte. Die leeus van hierdie streke boer oordag weer in die ruie bosse en in die klipkoppies. Jou pa en ek, wat gaan bos-bokke jag, sal heel waarskynlik met n ou vuilbaard in aanraking kom.
Piet is heeltemal tevrede met die uitleg en spring Japie di keer voor: Wat wil oom Gert met die sebravelle maak?
Oorleer, ou seun. Dit is die taaiste en beste skoenleer wat daar is. Hulle is net n bietjie glad.
Kan ons dan maar ou Memsi kry? pleit Fanie, wat altyd die verste vooruit dink. Sy pa antwoord nie dadelik nie, maar kyk eers na oom Gert, en toe di instemmend knik, gee hy toe.
Nou toe, julle kan hom kry, maar dan moet julle mooi luister. En Pieterman, jy moenie weer agterbly nie, hoor! Ek waarsku jul-le nou.
Nee, Pa! Dankie, Pa! Vyf sjielings vir elke sebra! Oom Gert sal sy beurs moet skud! s die outjie so onderlangs, en hy trek sy gord n gaatjie stywer. Die seuns word nou uitbundig van blyd-skap en opgewondenheid en babbel een stryk deur.
Teen di tyd is dit al helder lig, en die leeu is vir die oomblik van minder belang. Fanie en Piet sit af na die Zoeloes toe om die planne mee te deel. Die son is ook nog nie n halfuur op nie, toe stryk die seuns, met ou Memsi vooraan, die bome in, weg na die kant van die graslaagtes en doringbulte. Elkeen is van voorneme om ten minste twee sebras te skiet  elkeen wil n ronde, goue tiensjielingstuk verdien om teen die Zoeloes daarmee te spog! Hulle neem kos saam sodat hulle, as dit nodig sou blyk, tot laat in die middag kan wegbly, want Japie het vol windlawaai ges: Krels, ek weet nie wat julle plan is nie, maar ek kom nie va-naand terug sonder n sebravel nie.
Nou, hulle stap en stap, naderhand al n goeie ses, sewe myl, kruis en dwars, maar hulle gewaar niks nie. Japie word n bietjie mismoedig en gaan sit op n miershoop, stoot sy hoed so agteroor en gee n harde sug. Nee, mapstieks! Ou Memsi, jy lei ons net rond soos mal goed en lok ons al hoe verder van die sebras af.
Hau, nee, Japie. Jy maak nie mooi nie. Ek, ook ek weet mos nie altyd waar die goed loop nie. Nee, wag n bietjie, Memsi sal jou netnou daar bring.
Piet en Fanie stryk sommer voort, en Japie volg so n entjie ag-ter hulle.
Saa, Kits! roep die twee daar voor meteens, en Japie spring vorentoe op n vinnige draffie. Al drie die honde spring tjankblaf-fende agter die ou vlakvarksog met haar vlugtende kleintjies aan.
Bantwana, nee, jul honde is dood! skreeu ou Memsi, en voordat die seuns nog kan besef wat werklik gaande is, ruk hy Japie se geweer uit sy hande en loop soos n jong ribbok agter die
honde aan en skreeu aanhoudend: Voertsek! Enkele sekondes staan Japie en Piet mekaar beteuterd en aankyk, en toe spring die drie weg. Fanie voor. Hulle hardloop deur n kol ho gras, en toe hulle anderkant uitkom, hoor hulle net n varkie vreeslik skreeu, en daar, n honderd tree verder, staan die stof soos die honde n varkie pluk en skud dat hy so hier en daar grondvat.
Aa, die honde het hom! skreeu Japie.
Maar die blydskap is van korte duur. Die ou sog hoor haar kleintjies skreeu en kom aangestorm soos n dwarrelwind. Dit is net wat ou Memsi verwag het, en voordat sy met haar woeste uit-staantande onder die honde kan inspring, skiet ou Memsi haar n skrams skoot langs die kop dat sy n paar keer rondomtalie draai, dronkerig in haar kop. Voordat sy nog weer tot verhaal kan kom, gooi hy die geweer neer, doen n paar spronge en steek sy asgaai tot aan die hef tussen haar skouerknoppe in. Met n langgerekte maervarkskreeu stort sy vooroor, en die bloed spuit langs die as-gaaihef uit. Die honde los die kleintjie, wat reeds dood is, en pak die ou sog en trek tou. Die seuns is ook dadelik by. Japie tel die eerste sy geweer op, buk vooroor en kyk na haar omkrulslagtande, wat minstens vier duim lank is.
Auk, maar sal sy nie n hond se pens skeur nie! Ek  Ja-ha  val ou Memsi van dikant in, jul honde was am-
per dood. Hierdie ding, sy swaai net haar kop, dan waai n hond se binnegoed.
Memsi, dan het jy feitlik ons honde gered, h? prys Fanie hom. Ons sal jou die helfte van ons sebrageld gee.
Ja, ja, ons sal, roep Jaap en Piet tegelyk uit.
Nou ja, dan moet ons die sebras gaan skiet! vat hy hulle kort. Laat die vark maar hier l; die aasvols sal haar kry. En die ou stap voort.
Maar, Memsi, ek wil die tande h, protesteer Japie teen die haastige vertrek.
Goed, Japie; laat die aasvols en wolwe maar eers al die vleis afskeur. Ek sal die tande vir jou kom haal.
Die seuns draal nog n bietjie. Hulle het aan die een kant baie lus om die orige varkies te jag met die honde. Noudat die ou ma dood is, is daar mos geen gevaar nie.
Aa, maar s nou die ou beer kom daarop af? Waar n ma is, moet daar mos n pa ook wees, verras Piet sy broers.
Ja, dis waar, laat hulle daarop volg, en hulle stap agter ou Memsi aan so n draaitjie by die dooie varkie om. Fanie rol hom met sy voet om, en Haspaai is ook by asof hy met sy neus wil help.
Sies a, Haspaai! Julle kan darem mors met so n diertjie, h! Voel net n bietjie. En hy trap Haspaai se tone vas. Hy laat sulke fyn tjankies hoor, en toe protesteer Piet.
Haai, komaan! Trap jou eie hond se tone! En hy stamp Faan met die skouer. Toe Faan sy voet wegneem, loop Haspaai sy baas storm en spring teen hom op.
Kom, my hond, ons gaan nou groot goed soek. En hulle sit af op n draffie agter ou Memsi aan, wat nou baie haastig word.
Ou Memsi is een van die sonderlinge Zoeloes in die groot-wildstreke wat baie keer instinkmatig voel waar die wild is. Van sy vorige werkgewers was al soms van die mening dat hy die wild kon ruik. Van waar hy die vark doodgesteek het, pyl hy nou na n taamlik ho rant.
Haai, Faan, jong, hoor hier, verbreek Japie die stilte. Dink jy nie dis n goeie plan as ons die geld gelykop verdeel wat ons vir die sebravelle gaan kry nie? Ek meen so: S nou ek skiet n se-bra en julle niks nie, dan kry jy en Piet elkeen n derde. Of 
Nee, haikna, boetie, elkeen vir homself di keer. As jy sleg skiet, is dit jou saak, laat Piet hoor, en hy l sommer so vooroor soos hy stap. Faan meen ook so, en Japie sien dit sal nie help om verder te redeneer nie.
Nog voordat hulle bo-op die rant is, gaan ou Memsi skielik sit, en die seuns volg sy voorbeeld ewe vinnig. Hy hou sy hand op en beduie hulle om te luister in n rigting regs van hulle af. In die eerste rukkie hoor hulle glad niks nie.
Wat is dit, Memsi, wat hoor jy? vra Japie, wat dit nie meer kan hou van nuuskierigheid nie.
Sebras. Luister  En dof in die verte hoor hulle n soort ge-runnik.
Die hings en leier van die trop het die skoot gehoor, en nou roep en waarsku hy sy klomp, verduidelik die ou.
Maar, Memsi, begin Fanie, hulle sal mos baie wild wees en hoe kom ons naby?
Hulle weet nog nie waar ons is nie, stel hy die seuns gerus. Julle moet nou hier doodstil sit, sodat ek eers alleen kan gaan spioen. Ek sal julle weer hier kom kry. En die ou verdwyn daar tussen die groot klippe en die blinkblaar-wag-n-bietjiebome.
Die seuns sit n paar minute doodstil, elkeen besig met sy eie gedagtes. Japie begin die eerste rondskuif en kyk in alle rigtings. Die honde l daar by hulle.
Outjies, begin hy, hierdie rant is heeltemal ruig genoeg vir leeus om in te skuil.
Fanie vat hom egter kort: As hier leeus is, sal die honde hulle gou gewaar. Ou Memsi s honde ruik n leeu se spoor op n af-stand van tien tree, en dan trek hulle stert tussen die bene en sit af huis toe.
Piet voel ook maar onrustig. Die leeu se gebrul so vroeg in die mre het heeltemal sy gemoedsvrede verstoor. Soos hy nou voel, sal hy byvoorbeeld dit nie meer waag om sommer alleen agter te bly nie, al sien hy ook hoeveel rietbokke. Japie het die skrik nog meer op die lyf, want hy spreek dit elke keer uit. Die drietjies sit seker vyftien minute daar stil met die gewere klaar as daar dalk iets roer, toe ou Memsi weer ewe geheimsinnig daar verskyn. Hy wys hulle dadelik met sy hand om stil te bly en kom sit gekoes.
Saggies, julle, begin hy met n fluisterstem, hulle kom. Waar  wat, Memsi? vra Jaap en Piet opgewonde. Sjuut  die sebras, n hele klomp. Hulle het vir iets geskrik
en kom al met die hang van die rant langs.
Maar, Memsi, val Japie hom in die rede, ek sweer dis vir die leeus! Is hier n boom waar ons kan inklim?
Bangbroek! byt Fanie die woorde af, en hy kyk met n frons van veragting na Japie. Dit maak sy broer se bloed sommer warm, en hy moet net hou om Fanie nie in te klim nie. Ou Memsi gee hulle egter nie kans om te twis nie.
Kruip agter my aan; ons moet by daardie umtholo-bos gaan skuil. En die ou pyl op hande en voete daarheen. Die seuns volg. Piet en Jaap se harte klop in hul keel. Die twee kyk dan ook gedu-rig om, want hulle voel so half asof iets hulle kan bekruip van ag-
ter. Die sebras kom vinniger as wat ou Memsi uitgereken het. Hy is nog nie met die seuns mooi agter die bos nie, toe hoor hy pote klap oor die klippe, en skuins onderkant deur die yl bome kom daar n paar sebras op n draf verby. Die seuns ruk dadelik hul ge-were se slotte oop en druk n patroon in die loop.
Wag, wag, keer die ou hulle. Laat die eerstes maar verby-gaan; die trop kom nog agter die voorstes aan. En die ou staan op hande en voete agter n bos.
Maar s nou die agterstes slaan n ander koers in? vra Faan met n gejaagde stem, en hy kyk in die rigting waar die voorstes verdwyn het. Dit laat die ou man ook n oomblik twyfel, en hy staan versigtig op om beter te kan sien.
Hulle kom, hulle kom. Sit plat.
Al drie sit plat op hul hurke, klaar om te skiet met die honde langs hulle.
As die verbrande goed maar net nie reg op ons afstorm nie, s Jaap, meer tot homself; die ander hoor nie eens nie.
Outjies, net soos hulle tussen daardie twee bosse, tweehon-derd tree laer af, deurkom, moet ons skiet, stel Fanie voor, en al drie korrel op die opening. Onthou, bergaf skiet mens baie mak-lik oorheen. Vat dus n bietjie laag, is Fanie se laaste woorde.
Shisa  brand los! dreun ou Memsi se stem hier langs hulle, en die seuns knyp stukkend in die bondel in. Die een wil vinniger skiet as die ander. Japie korrel nouliks.
Net met die eerste sarsie keer daar n sebra om.
Vyf sjielings, outjies! laat Piet hoor, en Japie trek sy derde skoot af. Toevallig slaan n sebra neer gelyktydig met Jaap se derde skoot.
Dis raak! Dis myne! en hy storm sommer reg voor hulle uit. Fanie moet homself net keer om nie sy broer met n klip te gooi nie.
Jou aap! Jy sal nog doodgeskiet word, raas hy, en toe sit hy en Piet ook af na die twee sebras toe, wat daar l en skop. Ou Me-msi en die honde volg.
Dis twee merries, outjies; al twee is deur die rug geskiet, ver-kondig Japie, wat reeds by hulle is.
Auk, julle het nog twee ander raakgeskiet, s ou Memsi, en hy begin bloedspore soek. Die seuns is egter nog te opgewonde om hulle aan hom te steur.
Albei deur die rugstring, s Piet ook weer.
Ja, waarlik! skreeu Japie van blydskap. Dis Piet sn en myne, dis Piet sn en myne! En hy spring twee, drie keer oor die sebras van uitgelatenheid.
Fanie word baie verle, maar staan sy man.
Goed, laat dit dan maar julle sn wees. Maar help my nou om na myne te soek.
Piet kry dadelik jammer en gryp sy geweer: Goed, ou broer, ons sal jou help, maar ons wil betaling h  n sjieling elk.
Jou smous! Bog met jou sjieling! En Faan kan nie help om te lag nie, en hy en Piet is voort agter ou Memsi aan. Japie bly nog n rukkie.
Hiers hy, Fanie, hiers hy! Kom gou! skreeu ou Memsi n paar honderd tree na vore. Fanie-hulle hardloop. Die honde dink dis maar weer klein vlakvarkies en storm op eie houtjie los voor.
Toe Fanie en Piet weer hoor, blaf hulle. Die twee hardloop har-der en skreeu vir Japie om ook te kom. Op dieselfde oomblik hoor hulle n nare geluid  n soort lank uitgerekte gerunnik. Toe hulle op die plek kom in n openinkie tussen die bome, skiet daar n pyn deur hul harte. Die drie honde het n sebratjie van n paar weke oud aan die neusie en ore en trek en skud vir al wat hulle werd is. Tien, vyftien tree eenkant l die merrie dood. Vir die eerste keer in hul lewe word albei seuns half blind van woede, loop die honde by en skop links en regs onder hulle dat jy net hoor tjank.
Sie-julle! Voertsek! Nare goed!
Die honde los dadelik en kruip voor hul base, vreeslik skuldig en bang. Toe hulle die ou vulletjie los, slinger-slinger hy dronke-rig sommer n blinde koers in. Fanie en Piet staan hom maar net so en agterna kyk. Op die oomblik voel hulle albei skaam en seer oor die naamlose wreedheid waarvan hulle die oorsaak is. Fanie, met sy gevoelige dromersiel, sien soos op n vinnige rolprent voor hom jakkalse en wolwe wat die ou dronkerige vulletjie agter elke bos voorl, en hy s hardop: Oom Gert wil skoensole maak 
Ou Memsi, wat die ander bloedspoor verder gevolg het, kom gelyktydig met Japie op die toneel af.
Fanie! Fanie, kom gou! Kom skiet die ander een. Sy been is af en hy vlug.
D, vat die geweer en gaan skiet jy hom dood. Ons sal hier wag, s Fanie beslis.
Japie verstaan sake nou glad nie en bied aan om te gaan, maar Fanie is onverbiddelik.
Nee, dis my sebra. Laat Memsi hom doodskiet. En hy oor-handig die geweer aan Memsi. Japie merk dadelik aan sy broers se gesigte dat daar iets gebeur het.
Wat makeer, outjie? vra hy op simpatieke toon, maar so nuuskierig dat hy iets kan oorkom. Piet vertel hom toe alles.
Met al sy gewone windlawaai is Japie ook soms prakties. Outjies, s hy, maar die ou dingetjie sal mos nou van
honger doodgaan? Ons kon hom kamp toe geneem en mak ge-maak het.
Fanie en Piet besef dit nou ook en hulle bly n rukkie stil. Fanie het egter gou n beswaar, waaraan hy voorheen darem nie gedink het nie.
Jong, maar waar sal ons vir hom melk kry? Hy is nog te jonk om gras te vreet.
En sy neusie is stukkend gebyt, laat Piet daarop volg. Kwa-ha  skiet ou Memsi n ent daarvandaan langs die
rant, en die seuns stap daarheen.
Toe maar, outjies, probeer Japie hulle gerusstel, die outjie sal weer by die trop uitkom, en dan sal die een of ander ou merrie hom wel aanneem.
Piet se gedagtes is ook sommer gou weer met meer praktiese sake besig: Ons het ou Memsi die helfte van ons sebrageld be-loof. Ek dink ons gee hom liewer een vel; ons het mos nou vier. Fanie is nie juis in n stemming vir besigheidsake nie en willig sommer in. Toe hulle by ou Memsi kom, is die ou reeds besig om die sebra, wat hy die genadeskoot gegee het, met takke toe te pak.
En nou, Memsi? vra Piet.
Dis nie een en twee man se werk om n sebra af te slag nie.
Die goed se velle sit vreeslik vas. Ek sal liewer twee buffels afslag as een sebra.
Nou, wat moet ons dan maak? vra Piet.
Ons is nie te ver van die kamp af nie; ons moet die ander mans daar gaan roep.
Sjoe, maar ek voel darem nou moeg, sug Faan, en hy gaan l op sy rug onder n boom.
Nou ja, Memsi, ons het kos saamgebring; draf jy maar gou kamp toe. Ons sal hier wag en die aasvols oppas, stel Fanie voor.
Die ou gaan sit toe eers om lekker te snuif, en toe spring hy weg kamp toe. Die seuns gaan gooi toe eers die vulletjie se ma ook toe en gaan daarna terug na die eerste twee om daar te gaan sit en eet en lekker te rus. Japie dink nog maar steeds aan leeus.
Na al hierdie geskiet sal n leeu darem nie sommer gou sy lyf hier wys nie, beduie hy ewe grootman.
Byna n uur lank sit die drie toe daar lekker en eet en gesels. Elkeen tel hardop hoeveel goed hy al geskiet het. Piet het tot nog toe die meeste velle. Daar en dan besluit hulle dat hulle voortaan in alle erns velle, koppe en tande gaan begin bymekaarmaak.
Net die sebravelle verkoop ons aan oom Gert, is die unanie-me ooreenkoms.
Selfs met behulp van die swartes duur die slagtery lank. Dit is omtrent twee uur voor sononder toe hulle met die velle in die kamp aankom. Oom Gert en oom Fanie is reeds terug, en aan een van die bome hang n afgeslagte bosbok. Oom Gert is so bly oor die velle dat hy nie nog wag op die seuns om te begin vertel nie.
A, julle is darem sommer pure bulle. Vier op een dag  som-mer n goue pond uit my sak! En toe eers raak die seuns se tonge los, en al die gebeurde word oor en oor vertel. Jaap en Piet doen maar al die praatwerk.
Nou ja, my seuns, begin hul pa, help nou maar gou eers hout aansleep. Noudat die leeus hier in die omgewing is, moet ons snags dwarsdeur vuur maak. Vanaand om die vuur sal ons julle van ons ondervindings vertel.
Is daardie een darem n ram, Pa? wil Jaap nog eers weet, en toe spring die drie weg om die Zoeloes te help hout aansleep.
Ou Memsi help ook, maar elke keer as hy n stuk neergooi in die kamp, maak hy n draai by ou Lea om vir die soveelste maal water of n kooltjie vuur vir sy pyp te vra. Lea is egter vol gesels en gee hom nie weer kans om van koringlande en beeste te praat nie. Na wat gister in die rivier gebeur het, het sy haar stryd gestry en oorwin: Sy het hierdie frisgeboude Zoeloe, wat al van drie vrouens praat, en ou Piesl, wat so fluks vir haar hout kap, teen mekaar opgeweeg, en haar finale besluit was: Nee wat, hierdie een met sy drie vrouens sal nog nooit vir my hout kap en aandra soos ou Piesl nie. Hys te bederf. En wie wil dan n man se vierde vrou wees?
Net toe die sonnetjie ondergaan, gee tant Lenie kennis dat die ete klaar is, en die seuns storm na hul sitplekke toe. Piet en Japie het so baie te vertel dat tant Lenie hulle aanhoudend moet stil-maak. Onmiddellik na die ete, onderwyl hy sy pyp stop, begin oom Fanie vertel van sy en oom Gert se ondervindings van die dag.
Jongies, julle kan bly wees dat julle nie vandag saam met ons was nie.
Au, Pa, waarom dan? roep Piet uit, en die drie begin rond-skuif.
Jong, en oom Faan gaan weer heerlik aan die lag, daardie oom Gert van julle, wat nou so sedig daar sit, en hy kyk aanhou-dend na die oom, het vandag met skoene, broek en baadjie vin-niger in n soetdoringboom geklim as die ratsste bobbejaan!
Die seuns giggel onderlangs en loer so skelm na oom Gert se kant toe.
Ja, jong, gaan hul pa voort, dit was alles n kwessie van n paar oomblikke. Ons het geloop en geloop deur die ruie bome en naderhand kom ons op vars leeuspore af. Volgens die spore was dit n mannetjie, wyfie en drie kleintjies wat daarlangs geloop het. Nou, die swartes s sommer dadelik aan ons dat waar kleintjies is, n mens liewer moet wegbly; sulke wyfies storm dadelik. Oom Gert s toe: Aag wat, die swartes is sommer bang.
En ons twee volg die spoor, en die swartes kom agterna. n Goeie halfmyl verder sien ons n entjie vorentoe n oop brakkol tussen die bome. Soos die geluk of ongeluk dit wou h, kyk ek na die oop kol daar voor, en my baadjie haak aan n haak-en-steek-
doring. Onderwyl ek dit losmaak, stap oom Gert voort. En hy was nie halfpad in die oop kol nie, toe hoor ek n leeu brul en sien n rooi stofstreep onder n ruie bos uit aan die ander kant reg op oom Gert af.
Jong, dit het alles in n kits gebeur. En ek ruk sommer my baadjie los en buk onder die takke in vorentoe. Maar voordat ek nog n skoot kon los, skiet oom Gert en hy skreeu vir my: Skiet, Fanie, skiet! Maar die leeu het net so vinnig omgespring as wat sy uitgespring het toe oom Gert se eerste skoot val.
En toe, Pa? vra Fanie, en Piet en Japie is sommer kortasem. Nee wat, sy is toe die bos in en weg.
En is oom Gert toe bo in n boom? vra Piet met n sug van verligting.
Nee, ek het oom Gert maar geterg. Die ou het sy man gestaan, maar net mis geskiet.
Maar, Pa, kom Fanie nou by, as n leeu so gou vlug, is hulle mos nie so gevaarlik nie!
Ja, ou seun, die moeilikheid met n leeu is dat jy nooit kan s wat hy die volgende oomblik gaan doen nie. Partymaal storm hy en spring weer kortom; partymaal storm hy en loop jou plat; par-tymaal storm hy glad nie.
Is Pa-hulle toe verder op die spoor? vra Fanie.
Nee wat, my seun, dit was te ruig daar. Ons het toe maar be-sluit om mre met die honde en al die swartes weer te gaan soek. Ek het ou Memsi gestuur om sy twee honde ook te gaan haal.
Pa, en ons? vra Fanie met angs in sy stem.
Nee, my seuns, antwoord hy beslis tot tant Lenie se groot verligting, leeus jag is grootmense se werk. As julle by is, sal ek te besorgd voel oor julle en dan sleg skiet. Dit kan noodlottige ge-volge h.
Pa, maar ek sal by oom Gert loop, pleit Fanie, seblief Pa; dalk kry ek nooit weer die kans nie. En sy trane is nie ver nie.
Oom Fanie antwoord nie dadelik nie. Hy stel hom in sy seun se plek en besef hoe hy self as seun daarna sou gesmag het om te kan gaan. Hy weet ook dat van die drie net Fanie met sy hele siel begeer om te gaan. Japie sal nie gaan nie al kan hy ook. En Piet sal, as hy gaan, net gaan om nie agter te staan by Fanie nie.
Daar is n tweestryd in die vaderhart. Oom Gert sit ook dood-stil. Hy het n groot liefde gekry vir die seun wat hom so aan sy sorg toevertrou. Tant Lenie kyk stip voor haar. Oom Fanie kyk lie-wer nie na haar nie, want hy twyfel of sy ooit sal toegee  moe-ders dink die eerste aan die gevaar en nie altyd juis aan n seun se ideaal nie.
Oom Gert verbreek eindelik die stilte: Neef Fanie, nig Lenie, ek stel my verantwoordelik vir sy lewe. Laat hom maar saam-gaan.
Oom Fanie kan op die oomblik niks s nie. Oom Gert se groot-moedigheid bring n swaar soort spanning in sy keel. En daar is stilte om die kampvuur  net die gekraak van n been waar een van die honde l en kou. Tant Lenie voel haar kop word warm. Wat gaan die antwoord wees? Dit begin dreun in haar kop  Fanie  Fanie is haar eersteling. Fanie, wat soms so stil kan wees met sy sagte blou o  Sy hoor bene kraak. Al die bloed gaan uit haar gesig.
Pieter is vir sy jare n pure klein man. Pappa, as Pa Fanie toe-laat om te gaan, sal Japie en ek met plesier bly, stel hy voor.
Ja, Pa, ons sal, beaam Japie dit.
Oom Fanie is diep bewo. Vadertrots en aandoening ontroof hom van sy taal. Hy staan op en loop n paar keer op en af en toe s hy: My groot seuns, Pa is darem altyd so trots op julle. Fanie, jy kan gaan.
Die seuns loop hul pa storm en omhels en soen hom.
Tant Lenie snik hard en druk haar hande voor haar o. Toe Fanie dit sien, is hy uit onder sy pa se arms en gryp haar om die nek en druk sy wang teen hare.
My liewe ou Mams, moenie huil nie. As Ma nie wil h ek moet gaan nie, sal ek bly.
Net n oomblik twyfel sy nog, en toe skiet daar n helder lig deur haar siel en n glimlag speel in haar o. Hy wat moeders help wanneer oorlogswolke swaar en swart oor die land hang en die seuns die wapens moet opneem, maak haar hart sterk.
Jy kan gaan, my seun.
En toe lag en praat en soen die seuns en hul pa haar.
Oom Gert tree ook nader. Die klompie voel baie gelukkig, en die saak word ook nie weer aangeroer nie. Daar word oor aller-hande ander dinge gesels en koffie gedrink. Toe daar eindelik weer rukkies van stilte kom, stel oom Fanie voor dat almal maar moet gaan slaap. Hy en oom Gert bly egter nog n rukkie by die vuur staan en kom ooreen om beurtelings deur die nag hout op die vuur te gooi ingeval die leeus dalk iets sou wil waag. Die Zoeloes word ook goed gewaarsku, en daarna gaan die twee ook inkruip.
