DIE BUFFELJAG
Dit is Fanie se kinderideaal om eendag saam met n maat  liefs nie n familiebetrekking nie  die minder bekende dele van Afrika te deurswerf. Die maat moet iemand wees wat nie kinders het nie en ook nie te gebonde is aan sy boerdery nie  iemand wat som-mer maande lank deur die woestyne swerf met sy honde en wer-kers sonder om terug te verlang, iemand wat nie bang is nie, iemand wat nie baie praat nie. En die vooruitsig om mre alleen saam met oom Gert te gaan, terwyl Piet en Jaap saam met hul pa gaan, al is dit dan maar net een dag, is reeds so n vae voorsmakie van wat miskien eendag werklikheid kan word.
Hy slaap daardie nag gevolglik ook maar min.
Vroeg, toe n bosfisant in die ou groot bome langs die rivier die aanbreek van n nuwe dag aankondig, rol hy saggies uit die bed  hy het aan die kant by die briek geslaap  en draf vuur toe om hout op te gooi en die koffiewater te kook. Hy is nog daar by die vuur, toe kom oom Gert ook aangestap.
A, mre, Faan, begin hy op gedempte toon, ten einde oom Fanie-hulle nie wakker te raas nie. Ek wou julle drietjies net kom wakker maak het. Nou sien ek jy is my voor. En waar is Japie en Piet?
Hulle slaap nog, oom Gert, antwoord hy trots. En hoe is jy dan so vroeg uitgeslaap?
Fanie voel dis nou sy kans: Oom Gert, ek is al so opgewonde om saam met oom Gert uit te gaan, en ou Memsi s my gister-aand dat n mens maar vroeg moet gaan vir die buffels.
Oom Gert ken die drie seuns nog nie eintlik nie. Maar vir hom as jagter is dit al n groot ding as n seun van die oortuiging is dat die daglig n jagter nooit in sy kamp moet vang nie en hom daar-volgens gedra.
Mooi so, ou seun. Gaan trek nou maar gou jou skoene aan en maak Piet en Faan  ag, ek bedoel Jaap, ook wakker. Ek sal so-lank koffie maak.
Oom Fanie, wat ook maar n ligte slaper is, hoor die gepraat daar by die vuur en loer by die tentjie uit, en toe hy oom Gert daar by die vuur sonder skoene en kamaste sien, besluit hy om hom skelmpies voor te spring. Hy het sy klere die vorige aand so reg-gesit dat hy kan opstaan en aantrek sonder om kers op te steek en tant Lenie wakker te maak. Toe oom Gert dan ook so omtrent tien minute later met die koffie aangestap kom tent toe met die plan om sy ou maat lekker te vang in die bed, ontmoet oom Faan hom voor die tent, kant en klaar aangetrek met die woorde: Mre, neef Gert, ek sien jy het nog nie eens jou skoene en kamaste aan nie. A nee a!
Oom Gert is vir die oomblik heeltemal in die kooi gesit. Hy gee so n verle hoeslaggie en s: Jou ou vabondse skelm! D, hiers jou koffie.
S vir ou Lea sy moet julle die beskuitblik gee  hy is voor in die wakis, verraai tant Lenie dit dat sy al lank wakker l.
Mre, nig Lenie; jys mos vroeg wakker, skreeu oom Gert, en die twee stap aan wa toe om die beskuit te gaan haal.
Japie, Faan, Piet! roep oom Faan. Kom haal gou vir julle n klompie beskuit hier; ons wag nie vanmre op ander kos nie. Is die Zoeloes al wakker?
Ja, Pa. En die drie kom nader met hul bekers vuurwarm koffie.
Kyk hierso, begin oom Fanie, toe die seuns naby kom, julle moet 
Mre, Pa.
Mre, kinders! Kyk, julle moet elkeen n riem neem om die honde mee vas te bind as ons naby die voorlplek kom. Fanie, jy en oom Gert se plek is die verste. Julle moet roer, ou seun. En jy moet mooi luister na oom Gert, hoor. Moet nou nie dat daar n on-geluk kom nie!
Ja, Pa! Nee, Pa! s Faan, en begin sy beskuit in sy baadjie-sakke steek om dit later stukkiesgewys sommer so droog te loop en kou. Hy voel nou veels te opgewonde.
Neef Gert, is oom Fanie se laaste versoek, onthou, dis mre Sondag, hoor. En skiet nou goed, sodat ons die Sondag met lekker harte kan ingaan. Die stellasies moet vanaand sommer vol buffel-biltong hang.
Trap julle drie maar in jul spoor of Fanie en ek gaan julle uit-stof, waarsku oom Gert onderwyl hy sy kamaste aantrek.
n Paar oomblikke later stap hy en Fanie die donker bome in, gevolg deur n Zoeloe. Oom Fanie-hulle is omtrent tien minute daarna uit die kamp, met ou Memsi vooraan. Toe hulle, volgens ou Memsi, naby die voorlplek kom, gaan oom Fanie staan om eers vir Piet en Jaap te s wat hy van hulle verwag.
Kyk hierso, die plan is nie eintlik dat julle ook vanmre moet skiet nie. Julle gaan vanmre net saam om ondervinding op te doen. Buffels is gevaarlike diere, en julle moet mooi oplet hoe ek te werk gaan. Daar by die voorlplek moet julle tweetjies bo in n boom klim en baie stil sit. Memsi en ek l onder, en as julle daar bo die eerste iets gewaar, moet julle net sag f1uit en dan maar wag en kyk wat gebeur.
Pa, maar s nou oom Gert laat Fanie toe om te skiet, dan wen hy ons mos vreeslik, protesteer Japie.
Nee, ek het oom Gert ges om Fanie ook in n boom te laat klim. Julle is eintlik ons brandwagte vanmre.
Japie en Piet is nie heeltemal tevrede nie, want dis of albei dit so aan hul vel voel dat Fanie tog gaan skiet. Hul pa gee hulle egter nie verder kans om te praat nie en stap voort. Dit is al so lig dat hulle n goeie tweehonderd tree ver kan sien, en elke keer spring daar n duikertjie of bosbok vlak voor hulle die bome in. Die hon-de begin onstuimig word.
Sit maar die rieme om hul nekke en kom. Pasop vir die dro stokkies, hoor! s oom Fanie, en hy staan gekoes en wag totdat die rieme om die honde se nekke is. Daarna sluip die vier weer ge-bukkend vorentoe. Elke paar honderd tree vorentoe beduie ou Me-msi met sy hand dat hulle moet staan, en dan luister hy eers. En dan maar weer vorentoe.
Pa, watter kant toe trek die lug? fluister Piet.
Toe maar, my seun, ou Memsi lei ons windop; hy het al lank
die rigting daarvan bepaal, antwoord sy pa gerusstellend, en hy koes onder n tak in wat ou Memsi voor hom wegdruk en laat los sonder om te dink aan di wat volg.
Baba Fanie, ons is nou naby, fluister die ou, en hy wys na n kol bome op die rivier se wal. Daarso is die plek waar die buffels drink en deurgaan.
Piet en Jaap raak kortasem en sien elke keer n donker platte-rige boompie aan die oorkant van die rivier wat net soos n buffel lyk. Twee keer is dit op Japie se tong om te vra: Haai, Pa, wat is daardie? Dan bedwing hy hom weer en reken maar sy pa en Me-msi kyk beter.
Toe hulle by die kol bome kom  apiesdoring, rivierwilger en bessieboom  beduie ou Memsi vir hulle om te staan, en hy sluip af tot by die water en loop so n entjie al langs die water deur die yl fluitjiesriet om te sien of die buffels nie miskien al deur is nie. Hy vind egter geen modderwaterspore aan die kant nie en weet dus dat die buffels nog nie deur is nie. Hy stap, effens regopper nou, terug na die ander toe.
Hulle moet nog kom, baba Fanie. Ons moet ons lywe nou maar goed wegsteek. En hy glip tussen die bome in, gevolg deur die ander.
Die kol bome en die plek wat hy gekies het, is uitstekend. Die rivier vorm twee walle daar  een ho rooi wal, waarop die bome groei, en omtrent twaalf tot vyftien tree verder die tweede wal. Hierdie wal, n kweeksandwal, is uiters agtien duim hoog, want die rivier loop breed en stil daar. In die kol bome het die Zoeloes n jaar of wat gelede n groot ou rivierwilger afgekap vir n vleis-bak. Om die stam het toe n digte bos lote opgeskiet. Net langs die stam groei n tamaai ho rooibessieboom. Oom Fanie kyk die plek in n paar oogopslae deur en deel nou sy bevele uit.
Pieterman, klim jy in die bessieboom so hoog as wat jy kan in die ruie takke, sodat jy op die rivier kan sien. Sorg dat jy n goeie sitplek kry, want jy moet so stil as n broeivol daar sit.
Pa, en my geweer? vra die outjie besorgd.
Toe maar, klim in; ek sal hom vir jou aangee. Hang hom daar aan n sterk mik; dalk kan jy hom nodig kry.
Japie moet in die ou stomp tussen die ruie lote sit met die twee honde om hulle stil te hou.
Japie, as ek skreeu, klim! dan los jy die honde en klim vir al wat jy werd is in die bessieboom, hoor!
Ja, Pa.
n Paar oomblikke later is dit roerloos stil daar in die klompie bome. Bo in die een is daar n soort donker skaduweekol. Van ver af sou iemand s dis n slapende bobbejaan of dalk miskien n aas-vol. Die minute gaan traag verby. Naderhand is dit n halfuur, en nog niks nie. Dit is al helder lig. Van bo uit die boom kan Piet sien hoe die opkomende son eers die punte van die ho rante en koppe kleur en dan die toppe van die ho bome  al hoe nader. En hoe nader die sonlig kom, hoe laer sak sy moed. Elke keer is dit so op sy tong om te s: Aag wat, Pa, die buffels het vanmre n ander pad gekies. Kom ons loop maar. Dan bedwing hy hom maar weer en hou die ou paar vlakvarke dop wat oorkant in die rivierkweek vroetel.
As die buffels van die oorkantse wal af kom en die varke daar op die wal gewaar, sal hulle sonder enige agterdog naderkom, s Piet in sy gedagtes vir homself, en hy kyk dan maar weer die ruie bome in daar oorkant. Hy sit weer so n rukkie met toe o asof hulle dan eerder sou kom, en jou werklikwaar, toe hy weer kyk, is hulle daar. n Yslike buffelbul, met sy bre, plat elmbooghorings, staan met ho kop op die oorkantse wal die wreld om hom heen en beskou. Kort agter die ou bul gewaar Piet nog n paar ou swar-tes met groot horings. Hy sien hul sterte ook waai. Hy wil fluit vir sy pa, maar sy lippe is skielik kurkdroog en hy moet hulle n hele paar keer aflek en oor sy tande krap voordat hy n sagte, waarsku-wende fluit kan uitkry. Oom Fanie fluit onmiddellik terug as be-wys dat hy hulle ook reeds gewaar het, en verder is dit doodstil. Vier pare o is op die oorkantse wal gerig en daar word nouliks asemgehaal.
Toe Japie die oor en weer gefluit hoor, kan hy nouliks meer op sy hurke sit, s beef sy bene onder hom. Hy klou die honde sty-wer vas, en dit sing in sy ore. Piet wag en wag, maar hy hoor nie die geweer se slot oopgaan nie, en tallose vrae jaag deur sy brein: Sou Pa dan wil wag totdat hulle die wal af is? Het hulle dan skie-
lik nie meer dors nie? Het die ou bul iets in die boom gewaar? Waarom kyk hy dan so strak  of sien hy dalk die vlakvarke vir honde aan?
Klieks! hoor hy die goed geoliede slot van sy pa se geweer toeglip  die oubaas stoot n patroon in die loop. Meteens sien hy sy pa op hande en voete kruip na n boompie n paar tree van waar hy eers gesit het. Hy kyk weer op na die buffels; ja, daar kom hulle af: twee  vier  ses  agt  nege, en n koei en n kalfie, tel hy. Die ou leier en n ouerige koei loop sy aan sy n paar tree voor die ander. Hulle stap tot halfpad in die rivier. Piet loer vinnig na sy pa en sien dat hy korrel, en toe weer na die ou bul. Die ou bul staan, ruik-ruik so aan die water en draai sy kop effens regs om te kyk of die res van die trop hom volg. Dis net waarop oom Fanie wag. Bokant die oor onder die horing is een van die beste plekke om n buffel te skiet. Skiet, Pa  Skiet, Pa  skreeu dit deur Piet se brein, en sy ore sing. n Lee-Metfordskoot donder dan ook deur die vroe mrelug, gevolg deur nog een en nog een.
Auk! Pa skiet soos n meksim, dink Piet, en hy kyk na die uit-werking. Die ou bul is teen die grond met die eerste skoot. Die tweede skoot keer een van die koeie om. Sy steier op haar knie, en weer sny n koel op die knop van haar blad in, en sy is teen die grond. Toe vergeet Piet homself. Hy sien die ander buffels wat eers gemaal het, die pad waluit kies die bome in. Die outjie het die geweer aan sy skouer. Daars takkies voor, maar vorentoe oor die korrel sien hy swart goed beweeg. Sy korrel is op hulle en hy trek af. Sy skoot slaan amper gelyk met sy pa sn, en n buffel keer om.
Dis raak! Daar l hy! Dis myne! skreeu hy net so hard as hy kan en sukkel die boom af.
Japie ruk ook reg, los die honde en druk die geweer aan sy skouer. Daar is te veel takke voor, en die outjie sukkel onder die bome uit nader na sy pa toe. Die gekweste buffel steier weer n slag en kom orent. Dis Japie se kans. Voordat oom Fanie of Piet nog weer n skoot kan los, skiet Japie die gewonde dier deur die pens dat die koel so klap, maar dit het geen uitwerking nie.
Saa  skreeu hy, en die honde storm saam met ou Memsi die water in. Die honde is al om die buffel en hap na sy neus. Au!
toe ruik en sien en proe die buffel net rooi bloed. Sy blinde woede gee hom nuwe krag en hy storm die wal af na ou Memsi toe. Daar is nie nou kans om te skiet nie, want ou Memsi nael vooruit, en die honde is al om die buffel.
Terug ho wal toe, beveel oom Fanie die seuns, en hy draf tot aan die kant van die water, geweer aan die skouer. Ou Memsi spring opsy, en die honde hou die buffel n paar oomblikke so aan die gang dat oom Faan n kans kry om n doodskoot op die skouer-knop te los. Die buffel gee n benoude brul, kom op sy knie, steier n sekonde agteroor en ploeg op sy neus so n paar voet deur die water en sand. Met n dowwe slag dat die water so spat, slaan hy neer  morsdood.
Usuthu! galm Memsi sy jagkreet uit, en hy stap nader on-derwyl die honde staan en water lek. Elke buffel kry n hou met die knopkierie met die woorde: Umthakathi wehlathi elimnyama  towenaar van die donker bos, en toe wend hy hom tot oom Fanie om hom volgens tipiese Zoeloegewoonte n lofliedjie uit die vuis toe te dig: Aa  En hy spring weer so op in die lug met asgaai omhoog.
Bewaker van die Mfolozi-driwwe!
Waar jy jou stem verhef, daar sidder die aarde! Waar jy praat, daar swik selfs die grotes se knie! Jy hang die donker nag voor die vlammende o!
Jy giet die sterkes se bloed op die spoelende waters! Die duif laat jy tuis 
haar voed jy met koring.
Die jong arende neem jy mee  hulle voed jy met bloed.
As daar vyf is wat vra om kos, dan gee jy genoeg vir honderd. Aa  hoe dan!
So loop die pad van n koning mos! Bayede Nkosi  Heil, Grootmeneer.
Oom Fanie en die seuns kom tot aan die kant van die water en staan geamuseerd en luister na die ou man se loflied. Toe die ou sy Bayede Nkosi uitgalm en n swierige buiging voor oom Fanie
kom maak, hef Piet en Jaap hul gewere omhoog en erken sy lied met die woorde: Siyavuma  ons s ook so, en oom Fanie, met n glimlag op sy gesig, haal sy tabaksak uit en gee Memsi n paar pruimpies. Nog voordat die ou n pruimpie in sy mond het, is Piet en Jaap se skoene en kouse uit, en hulle stap in na die drie buffels toe. Oom Fanie gee hulle egter maar n kort tydjie om die buffels te beskou en tallose vrae aan hom te stel.
My seuntjies, kom trek aan jul skoene, sodat ons kan terug-gaan kamp toe om te gaan eet en dan die osse te bring. Ou Memsi sal hier agterbly om die buffels op te pas teen die aasvols.
Hy kan hulle egter nie daar wegkry voordat hulle oor en oor getel het hoeveel skote die laaste een van die buffels gekry het nie.
Hoeveel skote het hy? vra hy eindelik om hulle tegemoet te kom.
Pa, hy het vier skote. Maar die eerste skoot is myne, skerm Piet.
Sy pa moet Japie beskerm en kan dus nie maar akkoord gaan met wat Piet s nie.
Nee, Pieterman, ons twee het omtrent tegelyk geskiet. Toe het Japie hom ook n skoot gegee en toe het ek hom die doodskoot ge-gee. Dus kan jy glad nie s dis joue nie. Ons drie het hom saam geskiet.
Pa, maar ek het hom eerste geraak, en Pa het aan ons ges dat dit rel by die jagters is dat die persoon wat die bok die eerste raak, al is dit ook net beenaf, hom vat, al het drie ander hom ook verder doodgeskiet.
Oom Fanie is nou half in die hoek, maar hy het darem so n soort uitweg: Ja, die buffel behoort aan jou, maar jy kan hom nie tel as een wat jy alleen geskiet het nie.
Nee, maar dis reg, Pa, solank as ek maar net aan die swartes kan s dis my buffel. En die vel is natuurlik ook myne, n, Pa? Maar wat wil jy nou eintlik met die vel maak? vra sy pa ge-
amuseerd.
Ek wil hom aan Pa of oom Gert verkoop vir tien sjielings! Pa, kan ek dan maar die horings vat, want ek het hom mos
ook n skoot gegee? pleit Japie.
Ja, jy kan maar die horings kry, spring Piet sy pa voor. Oom Fanie vat hulle nou kort, en een, twee, drie is hul skoene aan en hulle is voort kamp toe.
Tant Lenie is so bly oor die drie buffels dat sy, veral om die seuns te terg, dit eers nie wil glo nie. En toe het Piet en Jaap haar naderhand aan albei hande, en die een wil mooier beduie as die ander hoe alles plaasgevind het. Piet eindig net elke keer met: Ma sal my n kussingsloop vol droperskes moet gee om my buf-fel se biltong te kry. En dan lag sy maar net en s: Ek wil hom nog eers sien.
Nog voor eenuur die middag is die drie buffels in die kamp  twee sleevragte  en die seuns en Zoeloes slag en lawaai dat dit n aardigheid is. Oom Faan stel egter minder en minder belang in die gedoente daar, want hy begin baie onrustig voel omdat oom Gert-hulle so lank wegbly. Twee keer was hy reeds met sy verkyker op n koppie agter die kamp, maar hy gewaar niks nie. Hy wil tant Lenie egter niks laat merk nie en s maar elke keer: Ou hart, ek is darem nou al so nuuskierig om te weet hoe Gert en Fanie gevaar het. Vir Piet en Japie se ontwil hoop ek hulle het minstens een ge-skiet.
Van haar kant af steek tant Lenie ook weg en probeer weer om haar ou man gerus te stel. Teen twee-uur se kant besluit oom Fanie om met ou Memsi Fanie-hulle tegemoet te loop, en tant Lenie willig ook maar goedsmoeds in.
Memsi weet naastenby waar hulle die buffels gaan voorl het en pyl reguit daarheen. n Afstand van by die drie myl. Toe hulle omtrent n myl ver is, hoor hulle n geweerskoot en n oomblik daarna n geskreeu. Oom Faan, met sy goeie stembande, antwoord dadelik dat die bosse so weergalm. En weer kom die stem effens duideliker uit die verte.
Baba Fanie, s ou Memsi, ek weet nou waarvandaan hy skreeu. Dit is by die siziba sengwenya  krokodilgat. En die ou begin draf. Oom Fanie volg op n goeie drafstap, maar elke keer staan hy eers weer en skreeu. n Rukkie later herken hy duidelik Faan se stem: Pa, hiernatoe!
Oom Fanie se voorgevoel van n dreigende onheil maak nou
plek vir nuuskierigheid. Die gewone jagtersafspraak is dat, as daar n ongeluk plaasvind, die betrokke persone vier skote  twee, twee  vinnig na mekaar moet skiet. Die feit dat Fanie dus nie skiet nie, maar skreeu, dui aan dat daar bepaald iets interessants aan die gang moet wees. Toe die outjie sy pa sien aankom, sit hy die rieme neer hom tegemoet met die groot nuus. Op n goeie vier-, vyfhon-derd tree begin hy ook al vertel.
Pa, raai net wat? Ek het n krokodil geskiet!
Is hy dood? skreeu sy pa terug, en hy stap n bietjie vinniger. Ja, Pa, maar hy dryf nog in die water. Ek is bang om hom al-
leen uit te sleep. Hy gaap nog elke keer sy bek oop en toe! Waar is oom Gert en die swarte? Wat maak jy alleen hier?
vra oom Faan, toe hulle bymekaar kom.
Fanie gaan staan met die hand op die bors en hyg na asem ter-wyl sy pa pyp opsteek.
Pa, begin hy kortasemrig, Pa, oom Gert en die Zoeloe is hor op aan die rivier. Hulle pas n gekweste buffel op. Die buffel is in n ruie kolletjie bos. Oom Gert het my gestuur om Pa met die honde te kom haal. Oortjies wil nie alleen die bos ingaan nie. Oom Gert het ges ek moet al met die rivier op kamp toe loop, want dis oop en veilig.
Oom Fanie stoot sy hoed agteroor en krap sy kop. Ou Memsi is reeds by die seekoeigat en sien die krokodil dryf.
Au, Fanie se hart en o is goed om hierdie silwane te skiet. Hulle is mos net so skelm as die mambaslang, s die ou.
Oom Fanie stap nou ook vinnig nader en ondervra sy seun: Het die ou op die sandbank gel en slaap?
Nee, Pa, ek het met Oortjies op die wal gestaan. Ek wou kyk of ek nie visse sien nie. En sien Pa daardie riet by die ou groot pol in die water? n Beweging daar het my opgeval, en toe ek weer sien, begin n ding wat ek vir n stomp aangesien het, hom stadig draai met sy lang, spits bek na my en Oortjies se kant toe. Ek wis toe sommer, volgens wat Pa ons vertel het, dat dit n krokodil is. Pa, en ek was klaar, en toe die dop klap, sien jy net water spat. Hy het die water geslaan met sy stert en gespartel dat dit naderhand soos n groot kokende seeppot daar om hom gelyk het. Pa, en toe
het ek n lang haakstok gaan soek om hom te probeer wal se kant toe trek. Toe ek terugkom met die stok en ek staan die wreld so en beskou, word ek darem n bietjie bang, Pa. En toe het ek ge-skreeu in die verwagting dat Pa-hulle dalk sou hoor.
In sy hart voel oom Fanie groots op sy seun, maar hy besef ook dat die knapie hom darem te veel aan gevaar blootgestel het.
Fanie, jy moet liewer nie by die seekoeigate langs loop as jy alleen is nie, my seun. Party van hulle, soos daar byvoorbeeld, het n sandbank, en as n mens onbedags daar loop, glip die sand on-der jou weg en jy gly die water in. En dan  wie help jou as die krokodil jou beetkry?
Pappa, ek sal darem ook nooit weer nie, antwoord hy. Hy voel skuldig, want oom Gert het, toe hy hom gestuur het, hom ook gewaarsku om nie naby die seekoeigate te kom nie.
Hoe lank is jy al van oom Gert af weg? Is dit al lank? Nee, Pa, nog nie te lank nie.
Nou ja, kyk, die ou is dood en hy sal stadig afdryf tot aan die onderent van die gat. Draf jy nou maar gou kamp toe en laat die Zoeloes met vier osse kom na waar oom Gert is. Teen dat julle daar is, het ons die buffel al dood. Toe, wys nou vir Pa hoe gou julle kan maak, my seun.
Ja, Pa. En die outjie spring weg.
Oom Fanie en Memsi loop al met die rivier op en fluit elke keer. Omtrent n myl hor op fluit oom Gert terug, en toe nader hulle baie versigtig. Oom Gert kom hulle egter tegemoet en ver-duidelik die toedrag van sake. Oom Faan rep niks van die krokodil nie en s maar net dat die osse aan die kom is.
Maar waar is die honde, neef Fanie? wil oom Gert weet. Toe maar, stel oom Fanie hom tevrede, ou Memsi sal die
buffel daar gaan uithaal; hy verstaan die ding.
Hulle gaan toe versigtig nader, en nadat oom Gert Memsi haarfyn beduie het waar die buffel omtrent moet wees, sluip die ou alleen vorentoe die ruie bosse in. Die twee mans staan en wag.
Die ou is nouliks tien minute die bos in, toe skreeu hy: Nansi-ke ifile  hier is hy, hy is klaar dood.
Dit blyk toe, veral aan die plas bloed, dat die ou bul hulle ge-
staan en afwag het en toe later sommer daar in sy vier spore dood neergesak het.
Nou ja, toe nou! Hier staan ons die hele tyd n buffel se lyk en oppas. So n ou vabond! roep oom Gert uit toe hulle die ou staan en beskou. Hy is al meer as n uur dood, en ek sit hom nog altyd met vinger op die sneller en dophou. Hy kon tog maar ken-nis gegee het dat dit sulke tyd was, voeg hy daar verle by.
Dit is n spogbul, neef Gert, laat oom Fanie hoor, en hy gaan sit teen die bul se blad om n lekker pypie te rook. Hoeveel van hulle l nog hier rond?
Nee, dis maar net die een  mintig, maar dis ook genoeg, a! Hy gaan sit. Ou Memsi-hulle dra almal n klein handbyltjie by hulle, en oom Faan laat hom en die ander Zoeloe toe solank n paadjie oopkap, sodat die osse tot by die buffel kan kom. Intussen sit die twee mans mekaar hul ondervindings van die dag en vertel. En voordat die twee Zoeloes nog klaar is, hoor hulle Fanie skreeu. A, hier kom hulle al met die osse, s oom Fanie, en hy spring
op om die swartes te help met die paadjie.
Het Pa-hulle hom dood? vra Fanie, toe hy hulle gewaar. Ja, kom maar, s sy pa.
Na heelwat gesukkel het hulle die buffel op die slee en sleep hom naby die krokodilgat verby. Die krokodil word ook uitge-sleep en op die slee vasgemaak, en toe stap oom Fanie en oom Gert vooruit kamp toe. Fanie bly egter by die slee. Dit is een van die gelukkigste dae van sy lewe. Dit is nie sommer elke seun wat kan s hy het n reusekrokodil geskiet nie, en Fanie laat die swar-tes dit goed verstaan. Hulle gaan ook heeltemal akkoord, en ou Memsi word na n rukkie hoogdrawend in sy lofuitinge.
Fanie vra sy pa-hulle om nie by die kamp iets te s van die kro-kodil nie. Hy wil Piet en Jaap vreeslik verras. Hy hoop hulle is daar as hulle met die slee daar aankom. Op sy meesterlike manier hou oom Fanie toe ook die twee seuns besig in die kamp totdat Fanie-hulle feitlik in die kamp is.
Piet, s Jaap, kom ons gaan kyk of daardie ou bul groter is as ons sn. En die tweetjies stap ewe krities nader. Toe Fanie hul-le sien aankom, voel hy so hoogmoedig dat sy keel gerus kan toe-trek. Jaap is die eerste by en hy stap agter die slee om.
Hiert, jou moelietoet! skreeu hy, en hy gee pad eenkant toe. Faan, wat vir n ding is dit? roep die twee in verbasing uit,
en hulle staan nader.
Wie het hom geskiet? vra Piet met groeiende onrus in sy hart.
Fanie gee nie antwoord nie, druk net sy bors uit en beveel die swartes om uit te span.
Ma, kom kyk hier! Kom kyk die vreeslike krokodil, skreeu Japie, en almal in die kamp kom nader. Doppies en Gedja-hulle trap mekaar se tone om die ding van naderby te beskou.
Het oom Gert hom geskiet? vra Piet weer, en hy kyk die oom vraend aan.
Nee, ou seun. Hy wys net na Fanie, wat maak asof hy nie ge-hoor het nie.
Watwou! Die skelm, en hy s niks nie! Piet en Jaap loop hom albei storm om hom eers n knyp te gee en dan kastig geluk te wens. Albei voel self so gelukkig oor hul buffel dat hulle Fanie sy geluk ten volle gun. Tant Lenie vat die outjie om die nek en gee hom n soen, en toe moet Fanie eers weer honderd en meer vrae beantwoord. Die swart seuns se monde hang oop soos hulle luis-ter. Elke keer hoor jy net ja-ja, en toe Doppies weer n ry wit tande laat sien, pomp Japie hom in die ribbes met die elmboog.
Toe! As jy weer vergeet om my velle saans in te bring, dons ek jou in daardie krokodilgat! En die kleingoed laat maar net n fyn gegiggel hoor.
Die son wil-wil net so ondergaan toe hulle die laaste buffel se biltong insout en in die vel toerol. Almal voel moeg, maar oom Fanie stel voor dat al die mans eers gou in die rivier moet gaan baai. Hieroor is die seuns baie bly, en hulle draf sommer so n entjie vooruit om n dertig tree onderkant hul pa en oom Gert te gaan was.
Toe hulle terugkom in die kamp is dit al heeltemal donker. Die kos is egter gaar, en hulle gaan sit om die eerste regte maaltyd van die dag te geniet. Oom Gert moet toe, veral ter wille van tant Lenie, vertel hoe hy en Fanie gevaar het.
Nadat ons vanmre uit die kamp is, het ons geloop en geloop, seker n goeie twee myl, maar niks gewaar nie, nie eens water-
bokke nie. Naderhand het ons darem n groot ou buffelbul se vars spoor en ander tekens van hom gekry. Ons is toe al op sy spoor. Jong, daardie Zoeloe wat ek saam gehad het, kan vir jou spoor volg. Sy moses is dood! Nou, di man moet kan ruik ook, want een keer toe ons net so deur n kol ruie bome gaan, beduie hy met sy hand dat Fanie en ek moet wag. Hy sluip toe vorentoe. n Ruk-kie later kom hy weer teruggesluip en hy wink vir ons om nader te kom.
Ons volg hom toe tot by n omgevalle doringboom. Van daar, so deur die takke, wys hy ons n buffel in n oop kol tussen die bome teen so n soort rantjie. Met die verkyker kon ek sien dat die ou taamlik onrustig moes wees, want sy ore het nou vorentoe en dan weer agtertoe beweeg. En al die tyd kyk hy stip voor hom uit, asof hy daar ver iets bespeur. Ek het hom toe maar nie kans gegee om werklik iets te bespeur nie, maar my visier opgestoot en toe oor n tak aangel. Toe die skoot slaan, makeer dit daar voor. Die ou is teen die grond, weer op en daar gaan hy die bome in.
Ons hardloop agterna tot waar hy geval het en volg daarvan-daan sy bloedspoor. Oor seker twee myl volg ons die spoor rivier-af, en toe swaai dit rivierop. Op die een of ander plek moes ons betreklik naby die ou verbygeloop het. n Rukkie later slaag Fanie daarin om Oortjies die spoor te laat volg, en hys weg die bome in. En ook nie lank nie of ons hoor hom blaf. Daar gekom, vind ons dat die buffel in n ruie kolletjie bos skuil. Ek het dit toe raadsaam geag om Fanie kamp toe te stuur om jou en die twee honde te haal, neef Fanie. Die Zoeloe en ek sou dan dophou dat hy nie wegsluip nie. En die ou vabond  toe julle by my kom, was hy lankal dood. Nou, ek dink ek voel hoogmoediger oor my klomp biltong as julle op die feit dat julle al vier buffels dood het, gee tant Lenie uiting  aan  haar  gevoel,  en  toe  begin  die  seuns  babbel.  Japie  is
voorperd.
Pa het ons altyd vertel dit is so vol leeus en gevaarlik hier in die Bosveld, en ons is nou al drie dae hier en ons het nog nie eens n leeu hoor brul nie.
Jongie, gee oom Fanie antwoord, moet maar nie te gerus en haastig word nie. Bly maar gerus weg van die krokodilgate af. Moenie dink omdat Fanie n krokodil geskiet het dat dit alle-
daagse sport is nie. Partymaal gaan dit n volle week lank baie goed, en dan sommer skielik op n aand s leeu: Hier is ek!
Ja, las oom Gert aan, teenswoordig is die leeus nie meer so astrant nie, maar hulle is n slaggie skelmer. Gee hulle maar kans: een van die mooi dae kom hy sommer helder oordag en trek een van ons osse neer. Onthou nou wat ek julle s. En die ou staan op en klop sy pyp teen sy polvy uit.
Nou ja, en dan stuur julle nog die seuns alleen langs die rivier heen en weer, laat tant Lenie op n ontevrede wyse van dikant af hoor.
Nou toe, seuns, begin oom Fanie, ek dink julle moet maar inkruip. Julle moet mre voor sonop opstaan en die biltong uit-hang.
Pa, soebat Fanie, en kan die swartes maar mre my kroko-dil afslag? Ons sal hom ver van die kamp af neem, Ma. Ons wil vreeslik graag sien wat daar in sy maag is.
Ja, maar julle vat nie aan hom voordat julle die biltong uitge-hang het nie, waarsku tant Lenie.
Goed, Ma; nag, Ma; nag, Pa. En die drie is al babbelende voort watentjie toe. Daar l hulle nog lank en gesels oor al die on-dervindings van die dag en toe l hulle en planne maak wat hulle alles op Sondag gaan doen.
Die uiteindelike ooreenkoms is: Ons koop ou Memsi om met n stuk tabak om saam met ons langs die rivier af te gaan. Die drie Zoeloeseuns gaan ook saam. En ons gaan probeer om n vlakvar-kie te vang. Verder haal ons heuningneste uit.
Slaap lekker, krels, s Jaap ewe grootmanagtig, en hy draai hom om. Skaars vyf minute daarna is al drie in droomland.
SONDAG IN DIE KAMP
Ver in die verte staan n klipkoppie, deur die mreson gekleur soos n geelryp peer, bokant die vaalgroen see van doringbome uit. Bo in die wa se tentjie sit Fanie orent op die bed en beskou die toneel voor hom met n stil Sondagvrede in sy siel. Die klipbok-kies en die dassies op daardie ho knoppie staan nou lekker in die mresonnetjie, dink hy so in sy eentjie, en die vols en bokkies wat in die plaat bome bly, sal nog n goeie halfuur moet wag voor-dat hulle die son kry.
Onder die wa word daar n binnensmondse gemompel al hoe duideliker. Lea wil-wil net rusie maak met die honde, wat eenkant op haar kombers l en nie wil padgee dat sy dit kan opvou nie.
Ou Lea, roep Fanie saggies.
Ja? gee sy antwoord, en sy kom onder die wa uit.
Ou Lea, pleit hy, gaan hang jy gou die biltong uit, dan sal ek die Zoeloeseuns vir jou water uit die rivier laat aandra.
Piet en Jaap hoor alles, maar maak asof hulle vas aan die slaap is  geeneen het lus om so vroeg in die mre die yskoue, bloede-rige biltong te hanteer nie. Ou Lea bly ook maar self n paar oom-blikke stil en weeg eers die voor- en nadele van die saak in haar gedagte. Sy is oud, en die emmers water moor haar die opdraande-tjie op van die rivier af.
Goed, Fanie, ek sal dit uithang. Maar dan moet jy nie vir ou Lea kul nie. En sy stap weg.
Piet en Jaap is nou skielik helder wakker.
Fanie, begin Piet, ons moet wag met die koffie totdat Lea amper klaar is. As ons vir Pa-hulle koffie wegbring, sal hulle vra of ons al klaar is met die biltong.
En s nou Ma staan op voordat sy klaar is? vra Japie klaend.
Aag, jong, Sondags slaap Ma en Pa mos altyd totdat die son uit is, stel Fanie hulle gerus, en hy laat dwaal sy blik weer na die koppie toe.
Ek wonder of die diere ook weet dat dit Sondag is? Waarom is alles dan so stil vanmre?
Japie dink diep. Faan, begin hy, as hulle weet dat dit Son-dag en dit dus veilig is, sal hulle mos juis skreeu, sing en rumoer. Fanie  is  egter  gereed  vir  hom:  Ja,  man,  maar  geraas  is  nie
altyd n teken van rus en veiligheid nie.
Pieter  Piet  Koffie! laat hoor oom Fanie hom vanuit die tent.
Ja, Pa, dis amper klaar, jok Piet, en hy spring uit die bed vuur toe. Gelukkig is daar nog n hoop lewendige rooi kole. Hy druk die ketel binne-in, en in n kits ratel die dekseltjie en die wit stoom staan by die tuit uit soos die water kook. Een, twee, drie is die koffie gemaak en ingeskink. Hy kyk nog eers weer n slag hoe ver ou Lea gevorder het, skreeu vir Japie om oom Gert se koffie te kom haal en stap met twee koppies aan tent toe. Sy gedagtes werk nou gou  hy sal sy ma nie kans gee om vrae te stel nie.
Mre, Pa; mre, Ma! En hy buk die tent in. Auk, Ma, maar die biltong is mooi, en dit is baie meer as wat ek gedink het; dit hang sommer so n streep. Pa, wat moet ons met die vel maak waarop die biltong gel het? Hy is so nat. Wil Pa beskuit h by die koffie? En voordat hulle nog kans kry om iets te vra, draf hy al weer wa toe om te gaan beskuit haal.
Oom Fanie ken sy seuns goed en merk sommer aan Piet se stem en sy houding dat daar n slang in die gras is. Maar wag, hy sal liewer nie navraag doen nie, want as hy hulle betrap, moet hy raas of straf  en dis soms beter om seuns nie te danig dop te hou of uit te vra nie. Piet kom met die beskuit. Ma, kan ons ook maar n paar vat?
Ja, my seun. Gee vir oom Gert ook. Pieter.
Ja, Pa?
S vir die Zoeloes hulle moet die osse uitjaag, en die ander moet maar solank begin kos maak. Ek wil h hulle moet ook van-oggend na die ete die Sondagdiens bywoon.
Ja, Pa. En gaan Pa vir hulle preek?
Nee, nie preek nie. Ek wil Memsi sommer so n bietjie uitvra waaraan hulle geglo het voordat hulle met die wit mense gebots het. Daarna wil ek hulle so iets uit die Bybel vertel.
Sal dit lank duur, Pa?
Nie te lank nie. Wat wil julle dan maak?
Nee, Pa, ons wil eers die krokodil oopsny en daarna wil ons langs die rivier in die dik sand gaan speel. Ou Memsi gaan saam, en hy gaan vir ons stories vertel van Dingaan en Shaka.
Nou ja, toe maar, die dag is lank. Ek sal julle nie te lank besig hou nie. Gaan sny maar nou die krokodil oop. Dit sal nog n rukkie duur voordat Ma die ete klaar het.
Ja, Pa. En die outjie draf om Fanie-hulle te gaan roep. Neem hom ver van die kamp af, Pietman! skreeu tant Lenie
agterna.
n Rukkie later knoop die seuns twee osrieme aanmekaar en die een punt om die krokodil se kop, en in die middel en vooraan twee dwarshoute as swingels om aan te trek. Memsi en Singida moet agter trek en die seuns voor. So n krokodil het seker die ge-wig van twee mud mielies, en die vyf moet net beur om hom vorentoe te kry deur die polle en bossies. Japie het egter n plan. Toe hulle hom so n tweehonderd tree gesleep het, los hy en skeur gou n goeie lang lat van die stam van n nondonyela-boom af.
Outjies, laat ek dryf, dan is julle die osse.
Piet en Faan protesteer nog toe slaan hy al hier langs hulle op die grond met die taklat dat die blare en stof so trek.
Toe maar  loop met hom, julle lelike goed 
Ou Memsi geniet dit en l kamma sommer so vooroor soos hy trek. Jaap manewaal hier om en langs hulle, vee met die lat nou oor Fanie en Piet en dan oor Singida-hulle.
Heeik! Swartland  Witbooi, Piepmajol  Sawol  julle brulparras!
En toe al vier so gelyk wegtrek, knyp hy die lat bo tussen sy bene vas sodat dit agter hom sleep en springdraf so n paar tree langs hulle.
Voertsek, saa  Bietjie water, baie modder  Vastrapgly  Kieps! Haa-i-ja-i-aa! En hy spring so op in die lug.
Piet kan nou self nie sy lag hou nie, haak af en gee hom so n skrams skop: Komaan, jou maltrap, kom help trek! Japie spring so geweldig weg dat Fanie ook uitbars van die lag, en Piet laat val die hout en gaan sit sommer daar en hyg na asem.
Sny maar oop, beveel Fanie. Ons is ver genoeg van die kamp af.
Memsi en Singida rol die krokodil om sodat hy op sy rug l en begin rondsoek na n klip om hul messe so effentjies op te slyp. Die seuns staan nader en peper ou Memsi met tallose vrae; party sommer moedswillige vrae.
Memsi, begin Japie, hoeveel kalwers kry n krokodil op n slag?
Maar, Japie, die ding l mos eiers soos n tarentaal  sommer so n hoop!
En wie skop vir hom nes? Sy maag sleep dan op die grond? Hy grawe n gat in die sand, pak hom vol eiers en krap hulle
weer toe.
Broei hy dan op hulle? vra Piet, wat ook nou hoogs gente-resseerd raak.
Jong, ek weet nie wat hy snags doen nie, maar bedags laat hy die son hulle warm bak.
En hoe lank duur dit voordat die kleintjies uitkom?
Ou Memsi is reeds besig om die krokodil oop te sny; Singida hou vas.
Piet, en die ou skraap weer sy mes oor die sandklip, kyk, Piet, die maan groei en word vol en as hy die tweede keer vol is en afneem, kom die kleingoed uit.
En dan? Sukkel hulle dan self aan water toe?
Ek het nie self gesien nie, maar die sangoma  toordokter  s so gou as wat die goedjies moet uitkom, kom grawe die ma die gat oop, en dan klouter al die kleintjies op haar rug. Sy swem dan met hulle tot by n kuil stilstaande water naby die stroom. Daarin laat sy hulle afgly om van paddas en krappe te leef. Sy het dan klaar met hulle.
Maar, Memsi, hoe weet sy wanneer om die gat oop te gra-we?
Nou, jong, sy kan voel. UNkulunkulu  die Skepper  het die goed mos baie slim gemaak.
Teen di tyd het hy die krokodil in die volle lengte oopgekloof, sonder om egter die pens te raak. Oor die pens is daar n soort ge-latienagtige, klewerige vlies. Net voordat hy die mes in die pens steek, gee hy Fanie-hulle die raad om bokant die wind te staan. Maar wat, toe hy die pens oopkloof en die eerste groot geelvis daar uithaal, buk al drie seuns vooroor om te kyk. Hy haal twee yslike onverteerde geelvisse uit, n paar wat half verteer is, n jong rietmuis (so groot as n das van ses maande), n paar bladbene en kloutjies van duikers. Toe skraap hy die orige inhoud van die maag met sy dubbele hande uit en sprei dit oor die gras. Daarin kom toe nog te voorskyn n stuk nekband van n hond, met die kopergespe daaraan, en omtrent tagtig klippies  sommige so groot as n hoendereier, ander soos jou pinkie se kop, almal glad geskaaf.
Sien julle hierdie klippe? begin ou Memsi. Vir elke ding wat die krokodil vang, sluk hy een klippie in. As julle nou hierdie klippies tel, sal julle weet hoeveel goed hy in sy lewe gevang het. Aag wat, spot Fanie, die krokodil is maar net soos n hoen-
der: Hy sluk die klippies in om sy kos te help fynmaak.
Maar, Fanie, vra nou gerus vir al die ou Zoeloes wat jy te-kom. En jy kan hierdie klippies verkoop teen n sikspens en n sjieling stuk. Ons mense bind so n klippie aan n toutjie en hang dit om n koei of bokooi se nek, en dan kalf of lam sy net soveel maal as wat daar klippies in die krokodil se pens was.
Die seuns wil lag, maar ou Memsi is so ernstig dat hulle nie bra weet wat hulle van die storie moet dink nie.
En daardie stuk band en gespe? vra Piet.
Kyk, n krokodil vang baie honde. Dis n slim ding. Op n dag was ek agter ses rooiribbokke aan met n groot windhond waar-voor ek n bees betaal het. En toe die hond hulle bydam, pyl hulle reg op n ou blou seekoeigat af en spring in, die een na die ander, en swem deur. Bo van die rant af kon ek mooi sien. En toe my hond by die gat kom, spring hy ook in agter hulle aan. En dit was laaste sien van my hond. Die krokodil weet die hond kom agter
die bokke aan en hy wag vir hom. As n mens en n hond saam in die water gaan, vang die krokodil altyd eers die hond.
Ou Memsi het nog baie te vertel, toe roep oom Fanie die seuns om te kom hande was vir die ete.
Memsi, julle moet hom in n erdvarkgat stop en voor toe-maak, skreeu Fanie terug vir die Zoeloes toe hy naby die wa kom. Onder die ete moet tant Lenie elke keer die drie stilmaak, want hulle het so baie oor te vertel dat hul kos koud word.
So n rukkie na die ete roep oom Fanie die swartes vir die Son-dagdiens. Die seuns sit kassies reg vir die oumense en neem self plek op n stomp. Die swartes sit plat op die grond, vreeslik ern-stig en selfs verle, asof hulle voor die magistraat staan. Ou Lea sit effens eenkant en loer so uit die hoek van haar oog na Memsi. Die groot, frisgeboude Zoeloe met die wakker o gooi n skadu-wee oor ou Piesl se pad  dit is in die afgelope dae net asof ou Lea se gedagtes nie meer so maklik verder as die kamp wil dwaal nie.
Oom Fanie weet hoe om met werkers te werk en hy laat hulle dus nie onnodig lank in spanning verkeer nie. Hy is van plan om Eksodus 20 te lees, maar wil eers n aanknopingspunt kry by hulle. Hy moet dus ten eerste uitvind aan wie hulle die oorsprong en bestaan van alle sigbare dinge toeskryf  met ander woorde, of hulle van n Skepper weet. Hy haal sy bril af, sit sy vinger tussen die blaaie waar hy wil lees en maak die Bybel toe.
Memsi, begin hy, jou pa en jou oupa en jou grootoupas van wie jy nog die name onthou, wat het hulle ges: Waarvandaan kom die son wat jy daar bo sien skyn, die groot berge daar, die bome, die beeste wat jy nou daar hoor bulk, en die mense wat endulo  lank gelede  geleef het?
Tot oom Fanie se verbasing is ou Memsi glad nie deur die wind nie, maar antwoord ewe kalm.
Baba Fanie, abadala  die oumense  het ons baie dinge ver-tel. Maar almal loop nie met dieselfde pad nie. Party s, veral di wat van Swaziland se kant af kom, dat Umvelingqangi: Inkosi yamakhosi  die koning der koninge  eerste die son gemaak het, en die son het toe die mense, die sterre en alles wat ons met ons
o kan sien, uitgespoeg. Andere s weer, veral die Zoeloes, dat
Umvelingqangi of uNkulunkulu wayekhona  van die begin af daar was, maar hy het nie n vrou gehad nie. Hy het die eerste mense en beeste toe laat voortkom uit n diep, donker gat in n bos riete by die water.
Hoe het die mense gelyk? waag Fanie dit, hoogs genteres-seerd.
Die swart mense was haastig en dom en het die eerste uitge-kom. Hulle het net n paar besies, n paar pikke, kleipotte en vuur uitgebring en toe begin hulle trek. Die mense wat later uitgekom het, baphuma behlubile, was klaar vervel soos n slang toe hulle uitkom. Hulle was wit en hulle was slim, want hulle het die lang-ste binne gebly. Hulle het met baie beeste uitgekom en hulle het baie wette van uNkulunkulu  die Skepper  gekry. Hulle het hul huise (waens) en hul pikke (ploe) deur beeste laat trek. Au, ons swartes was te haastig om weg te gaan, anders sou ons ook so baie beeste gehad en slim gewees het.
Nou ja, ou Memsi, gaan oom Fanie voort, jy s uNkulunkulu  die Skepper  het baie wette vir die wit mense ge-gee. Het jy al gehoor watter paaie die wette ons wys om te loop?
Nee, baba Fanie.
Nou ja, daar is baie wette, baie paaie, en ek sal nie almal van-dag beskryf nie, anders sal jou voete naderhand nie weet op wat-ter een om te trap nie. Ons uNkulunkulu s aan ons om nie te vat wat nie aan ons behoort nie. As ek kom waar n ander man besig was om n bok te slag en hy het net gaan water drink en ek sien sy knipmes daar langs die bok in die gras l, dan s iemand hier binne aan my: Gryp daardie mes en steek hom in jou broeksak. Jaap  loer  onderlangs  na  Piet  met  n  ondeunde  laggie  om  sy
mond.
Die mens het twee harte; die een s: Moenie na uNkulunkulu luister nie, en die ander een s: Ja, jy moet; die een s: Gryp die mes, en die ander een s: Nee, wag n bietjie, help liewer daardie man afslag. En daarna meld hy weer die wet wat verbied dat ons sal begeer wat nie ons sn is nie, en toe praat hy van: ons moenie dat die een hart s die ander man se vrou is mooier as myne nie. Op hierdie stadium word ou Memsi amper weemoedig.
Ja, baba Fanie, maar partymaal het n man sommer drie en meer harte. Toe ek nog drie vrouens gehad het, het ek drie harte gehad. Au, die hart is die ding wat n mens sommer gou oud maak, want al is die ou lyf hoe moeg, die voete deurgeloop, dan spring die hart rond soos n jong bokkie en hy jaag jou nou hierna-toe en dan daarnatoe. Die hart en die o, baba Fanie, ai  En die ou se o dwaal na ou Lea toe. Tant Lenie loer so onderlangs na oom Gert se kant toe, en n bre glimlag plooi om sy mondhoeke.
So n ou vabond praat nogal die waarheid, dink hy. Oom Fanie bemerk dat ou Memsi nou te spraaksaam word en dat die seuns net moet hou om nie te lag nie. Hy rig toe doodernstig n paar woorde tot hulle en toe laat sing hy tant Lenie se geliefkoosde psalm  Psalm 84  en sluit met n kragtige gebed. Toe hy amen s, praat al drie die seuns tegelyk.
Pa, kan ons nou maar loop? Ma, kan ons maar n klompie droperskes kry en vleis om te gaan braai?
Liewe vader, julle maak n mens mal! protesteer tant Lenie, maar oom Faan tree in die bres vir hulle.
Ag, ou hart, gee maar vir hulle sodat hulle kan loop.
Oom Gert is ook aan hul kant: Seuns, julle kan maar dat my twee werkers die osse oppas, dan kan julle maar jul klein Zoeloe-maats ook saamneem, hoor.
Ja, dankie, oom Gert, bedank al drie hom luidkeels, en Japie sit af om die seuns te gaan roep.
Ons kry julle by die rivier, skreeu hy vir Fanie-hulle, op sy gelukkigste wanneer hy voorstelle kan maak of bevele kan gee.
Toe Fanie en Piet met Memsi afstap rivier toe, bemerk die ou man dat Lea met n paar potte ook afkom rivier toe. Die ou kalant het dadelik n grootse plan. Hy draf al singende voor die seuns uit en bied aan om hulle gou die veiligste en lekkerste swemplek te gaan wys.
Dan kan julle solank swem en speel, en voordat julle moeg is, kom ek julle baie stories vertel.
Fanie-hulle is dit heeltemal eens met die plan en begin ook sommer uittrek toe hulle daar kom. Toe Jaap met die swart seuns daar kom, is Piet en Faan al in die water. Elkeen het sy hond om
die lyf en probeer op hom perdry in die water. Die klompie skreeu en lag dat oom Fanie-hulle dit in die kamp kan hoor.
Ou Memsi maak eers asof hy by ou Lea verbystap. Hy wil h sy moet hom die eerste aanspreek, maar sy is nog pure vrou en bly tjoepstil.
O, s die ou, toe hy so n vyftien tree verby is, Moedertjie, het jy nie dalk daar n paar vuurhoutjies vir my nie? En hy stap nader.
Nee, ek het niks nie, antwoord sy, en sy gaan maar voort met skuur aan die potte. Hy kom sit so n paar tree van haar af op n klip en begin sy pyp stop.
We, mama, begin hy, daar waar julle vandaan kom, wen hulle daar baie mielies en sorghum?
Ja, die wit mense wen baie.
En die Zoeloes? vra hy belangstellend, en hy stryk n vuur-houtjie aan brand.
Die ou vrou bly n oomblikkie stil en antwoord toe geslepe: As hulle iemand het om vir hulle te ploeg, wen hulle genoeg om baie bier te maak.
Word daar baie bier by jou kraal gedrink? vra hy weer, en hy skuif n bietjie nader.
Nee, ek het nie lande nie.
Kan jou man dan nie n span osse huur of leen en vir jou ploeg nie?
My man is lankal dood. Ek is n weduwee.
Uthini  wat s jy daar? En hy loop haar storm. Maar wat, haar ou hart skop nou weer soos in die jong dae, en sy loop die skuins wal uit kamp toe asof sy vir n swartslang vlug. Ou Mem-si staan haar net so en agterna kyk en s vol grootse planne: n Bok wat so kan loop  En die ou stap voort na die seuns toe.
Die seuns is al klaar met swem en l op die sand langs die lek-ker water, terwyl die Zoeloeseuns hout bymekaar bring om n bie-tjie later vleis te braai.
Komaan, jong, ons wag al, skreeu Japie.
Ja, ek is hier. En hy kom nader, maak vir hom n plekkie langs hulle op die sand gelyk en gaan sit. In stille afwagting is die
drie se o op hom gerig, onderwyl hy n paar oomblikke sit en mpa-mpa aan sy pyp, wat alewig toe is van die pypolie.
Watter een moet ek vertel?
Piet spring die ander voor: Vertel ons eers waarom Dingaan die wit mense laat doodmaak het.
Piet, dis dinge wat voor my geboorte plaasgevind het daardie, en ek kan maar net oorvertel wat my ouma my vertel het toe ek klein was. Sy het in daardie tyd geleef. Die Boere onder uPiti Retifi no Maritz  Piet Retief en Maritz  het die Kahlamba-berge afgekom met hul waens en baie beeste. Dingaan se spioene het hulle fyn dopgehou.
n Paar van die spioene het kamma as vlugtelinge by die Boere kom werk soek. Daar was van die Boere en hul agterryers wat so n bietjie Zoeloe kon praat. Die Boere was baie goeie men-se. Hulle het vir almal wat by hulle kom kos en slaapplek gegee. En hulle wou nie die land sommer van Dingaan vat nie, maar vra. UPiti Retifi neem toe n paar manne met hom saam en ry na Din-gaan om woonplek te vra. Hulle s toe aan Dingaan: Ons wil graag jou bure wees; ons wil saam met jou woon soos jou vrien-de.
Bantwana  kinders  maar die Zoeloekoning was slim en versigtig. Hy s toe aan uPiti Retifi: Wag, ek wil eers sien of jul harte reg met my is. Kyk, Sigonyela het van my beeste gesteel. Gaan haal daardie beeste vir my. Ek sal julle gidse gee. As julle die beeste hier aflewer, gee ek julle n groot stuk land om op te woon. UPiti Retifi met sy paar manne en die gidse is toe eers weer terug na die groot laer toe. Daarvandaan stuur hulle n paar hardlopers na Sigonyela om hom kennis te gee dat n gewapende mag vuur oor hom en sy manne sal blaas as hy nie dadelik al die beeste en goed wat hy van Dingaan geroof het, oorlewer nie.
Sigonyela het toe al gehoor wat die Boere met hul groot ge-were kan doen, en hy het dus nie nog twee maal gedink nie. Hy het sommer rondgedans soos hy op sy manne skreeu, en voordat die middagskaduwee nog n tree verder gerek het, kom hulle met die beeste.
Saam met die hardlopers was daar een of twee van Dingaan se indoenas. Hulle het toe Dingaan se beeste geken en uitgekeer.
Altesaam het hulle sewehonderd beeste, sestig perde en n klom-pie gewere teruggebring. Die perde en gewere is alles dinge wat Sigonyela by die Boere geroof het.
Die Boere het intussen nie onder die Kahlamha-berge stilge-sit nie, maar getrek tot in die distrik emNambiti  Ladysmith. Daar rond was die wreld n woestyn. Shaka se impis het al wat leef daar uitgemoor en die hutte verbrand. Oral was daar net ou klip-krale en mure van kliphutjies.
Toe die beeste en goed van Sigonyela af by die Boere kom, stel uPiti Retifi voor dat hy en n klomp van die weerbare manne die beeste na Dingaan toe neem, sodat die Zoeloekoning darem kan sien dat die Boere nie sommer net n handjievol is nie. Maritz het botweg geweier en ges dat dit beter sal wees as uPiti Retifi net met vier of vyf krels gaan, sodat die origes die laer kan oppas. UPiti Retifi staan egter daarop en vra vrywilligers.
Au, en toe het die jong Boere sommer op loop gesit. Hulle bied sommer almal aan om te gaan. UPiti Retifi soek toe omtrent sewentig uit en omtrent dertig agterryers. Hulle is toe voort met die beeste oor die uMzinyathi  Buffelrivier  na umGungundlovu toe. Toe hulle by Dingaan kom, was hy baie bly en hy vra hulle om daar by hom n paar dae te rus. Dit was die gewoonte dat mense wat by die koning kom, n paar dae daar moes bly, sodat hy eers vir hulle kan laat beeste slag en bier gee. Hy het hulle hutte aangewys om in te slaap so n entjie buitekant die groot stat en be-loof dat hy op die derde dag die land aan hulle sou gee. n Sende-ling en vriend van Dingaan, u-Owen, het die papier waarop die Boere hul hand moes sit, gereed gehad.
Bantwana, en Dingaan het baie spioene en baie sangomas  toordokters  gehad. Bedags en dwarsdeur die nag het hulle die Boere dopgehou. En die Boere het die gewoonte gehad om saans en partymaal in die nag twee-twee en drie-drie saam die veld in te stap. Die spioene het gesien dat hulle partymaal reg om die stat loop en dan op plekke gaan sit of gebukkend staan asof hulle iets op die grond soek. Dingaan se spioene het dit alles aan hom ver-tel, en die toordokters het snaakse dinge daarvan afgelei en aan die koning vertel, sodat hy baie onrustig begin word het.
Maar nou moet ek julle eers vertel van n baie snaakse toorge-woonte van die Zoeloes en die Swazis. Dit word genoem ukucu-tha nkosi  om die koning te pluk soos n vol. Wanneer een of ander stam se koning met die Zoeloekoning wil kom oorlog maak, dan stuur hy maande vantevore van sy spioene na die Zoeloes se hoofstat. Die spioene moet dan probeer om enigiets van die ko-ning in die hande te kry, soos die koning se hare, naels, spoeg, grond waarop hy getrap het, in kort, enigiets van of uit die koning se liggaam.
Siesa! s Jaap, en hy spoeg hier langs hom, ek wil nie die spioene wees nie.
Hau, nee, Jaap, die koning is mos n groot man. Nou ja, sien, die ding is nou so: Die koning se sithunzi  persoonlikheid  kleef aan die goed vas. Sodra die vyandige koning dan die dinge in hande het, gee hy dit aan sy toordokters en hulle gooi daar toor-goed op. Die toormedisyne werk dan deur die goed afkomstig van daardie koning op hom in en verlam en verswak hom en sy sol-date. Wanneer die ander impi hulle dan aanval of hul beeste roof, kan hulle niks maak nie.
Die seuns loer net onderlangs na mekaar, maar s niks nie. Ernstig gaan hy voort: Sien, toe Dingaan se toordokters hom in die oor fluister dat die Boere bathakathi  towenaars  is, besluit hy om hulle nie kans te gee om weg te kom en hom uit die verte te toor nie. Sy toordokters het hom aangehits en baie planne ge-gee. En n Zoeloekoning kon destyds nie sommer vir die toordok-ters s hulle moet stilbly nie. O nee, die hele stam het aan die toor-dokters geglo soos julle vandag aan julle uNkulunkulu  Skepper  glo.
Op die derde dag roep Dingaan toe die Boere om die papier te kom teken en afskeid van hom te neem. Sy planne was toe al agtermekaar. Toe die Boere kom, gee hy bevel dat hulle hul ge-were buite by die groot hek moet laat staan. Dit is mos gewoonte by die Zoeloes dat niemand met n wapen in die teenwoordigheid van die koning moet kom nie. Nou ja, die Boere weet van niks nie, en hulle kom in tot in die binneste sirkel van umGungundlovu. UPiti Retifi en n paar van sy manne teken toe die papier, en daar-
na teken Dingaan en n paar van sy indunas (met kruisies) en uPiti Retifi steek die papier in sy bladsak. Dingaan vra toe dat die Boere eers moet sit en bier drink. En toe laat hy die regimente sing en dans vir die Boere. Hy staan ook daar by uPiti Retifi, maar toe brand die grond al sy voete, so haastig en benoud word hy. In sy hart is dit so donker as op n renerige onweersnag.
Toe die Boere so n bietjie gedrink het, s Dingaan aan hulle: Hambani kahle  Gaan, en mag julle weg voorspoedig wees, en hy staan eenkant toe. Voordat die Boere nog reg wis wat is wat skreeu hy vir sy impi: Bambani abathakathi  Vang die towe-naars!
Au, en toe pak tien groot kaal Zoeloes sommer een Boer tege-lyk. Die Boere het almal groot messe by hulle gehad en hulle steek en sny baie Zoeloes dood, maar wat, die Zoeloes is duisen-de, en die Boere word sommer gou oorweldig. Niemand mag in die stat doodgemaak word nie, en die Zoeloes sleep hulle toe oor-kant n riviertjie weg van umGungundlovu af en slaan hulle daar op Matiwane-koppie dood. En nou 
Dis genoeg, Memsi, kners Piet op sy tande, ons wil niks meer van die gemors hoor nie. Jou storie is die gevoellose storie van n swarte. As ons met ons Lee-Metfords daar was, sou daar maar min van jou oumas en oupas oorgebly het.
Maar, Piet, julle moet nie vir Memsi kwaad word nie. Ek het maar net vir julle n storie vertel van 
Ja, Memsi, val Fanie hom in die rede, vir jou is dit maar net n storie; vir ons is dit meer as net n storie.
Die seuns staan nou sommer op en stap n eie koers in. Hulle laat ou Memsi alleen daar op n klip sit, en die ou prewel hoor-baar hard: Julle wil altyd h ek moet stories vertel, maar as ek praat, slaan daar vlamme in julle harte op. Eers het Piet n klap ge-kry van ubaba Fanie, en nou wil hy weer sommer skiet  al my oupas en oumas dood  J! J! Die Zoeloe en die wit mens ver-staan nie mekaar nie. Die Zoeloe het eerste begin trek en hy het min wette; die wit mense het laaste begin en hulle het baie, baie wette. En nou lyk dit vir my die wit mense se wette en die Zoeloes se wette loop nie altyd met dieselfde pad nie.
Toe die seuns terugkom uit die bome, is ou Memsi reeds weg kamp toe. Die swart seuns sit so vyftig tree van waar die broers eers gesit het in n kol sand n klipspeletjie en speel.
Na hierdie storie van die bloedige moord het ek nie lus vir vleis nie, s Piet.
Ek ook nie, s Jaap.
Hulle gee toe hul vleis aan die swart seuns en stap na hul klere toe. Daar sit hulle die droperskes en eet, trek aan en stap kamp toe. Die drie het hier in die Bosveld ook nie meer veel erg aan die Zoeloemaats nie. Japie se verklaring aan sy pa is: Pa, hulle is te bang. As hulle net n vlakvark se spoor sien, kyk hulle al waar die naaste boom is. Pa, en krels soos ons wat al grootwild geskiet het, het mos n groot swarte nodig.
By die kamp is hulle net betyds vir koffie, en in die namiddag dwaal hulle maar daar in en om die kamp. Elke nou en dan sug die een teen die ander: Auk! Maar so n Sondag is vir jou n lang dag.
Die Sondag gaan egter ook eindelik om, en die drietjies gaan slaap die aand met grootse planne vir die volgende week.
