DIE SEUNS GAAN OP JAG
Teen dagbreek trek daar n skralerige luggie van die rivier se kant af. Kits l teenaan ou Lea, en die ander twee honde begin ook dink dat dit warmer op die kombers sou wees. Oortjies staan die eerste nader en begin lplek trap by die voetenent. Maar die ou siel skrik wakker en dink dit is wolwe wat haar aan die voete wegsleep. Sy gil dat Fanie, wat half wakker l, se ore sommer so tuit. Oom Gert spring bo uit sy watent met geweer in die hand en skreeu: Wat is dit? Wat is dit?
Oom Fanie kom ook daar met sy geweer aangehardloop en wil net weet wat gebeur het.
Fanie, Jaap, wat is dit?
Pa, dis ou Lea, skreeu Fanie, en hy spring ook af, gevolg deur Piet en Jaap, nog half deur die slaap. En die ou vrou l kop en voete onder die komberse, en hulle hoor net haar gesmoorde angskrete: Maye babo!  Ek is dood, ek is dood!
Het Lea die bobbejaanstuipe of wat sou dit met haar wees! s oom Gert half vies, en hy staan vuurmaakplek se kant toe om hout op die nog gloeiende kole te gooi.
Tant Lenie trek haastig n jas aan, slof n paar pantoffels aan en kom ook op die toneel. Sy buk onder die wa in en begin met Lea praat, maar dit duur n goeie vyf minute voordat sy haar oor-tuig dat daar geen wolwe naby is nie.
Oom Gert en oom Fanie sit intussen die seuns aan die vuur-maak en is self eers terug om aan te trek. Geeneen dink weer aan slaap nie  dit is al amper vyfuur, en teen sesuur word dit lig.
Kom ons gaan maar die swartes ook wakker maak, stel Fanie voor, dan kan hulle solank hul pap kook en as dit lig is, met die werkies begin.
Die drie maak die swartes wakker en is gou besig om hulle van Lea se gille te vertel, toe skreeu oom Fanie van die tent af: Piet, Japie, Faan, waar is julle? Komaan! Ek wil eers gou n stukkie lees.
Dit is nie heeltemal na die seuns se sin dat daar in die Bosveld ook soggens godsdiens gehou moet word nie, en Piet besluit daar en dan dat hy die saak gaan aanroer by sy ma by die eerste die beste geleentheid. Om sake te vererger, lees sy pa uit die Psalms. Dikwels het die seuns al aan mekaar ges: As Pa ons die oggend wil vasvra, dan lees hy n psalm. Daar is mos nie n storie in wat n mens kan onthou nie. Hulle sit toe dus maar ook baie effen-tjies op n kassie daar in die tent en konsentreer vir al wat hulle werd is, maar daar is so baie dinge wat lol om die aandag te trek.
Die kersvlammetjie tower snaakse, brandmaer, kromrug-hoe-pelbeen-gedrogte en figure teen die tent, en dit hou Japie se aan-dag in beslag. Fanie sit strak voor hom op die grond en kyk, ten einde beter te konsentreer. En sommer hier naby sy linkervoet  die drie is nog kaalvoet  sien hy iets beweeg. Hy laat sak sy kop effentjies om beter te kan sien en gewaar dat dit n tamaai ou rooi jagspinnekop is wat aansukkel na die lig toe. Stadig en ongemerk trek hy sy voet terug teen die kas op en hou die spinnekop dop. Iemand moes die ou skrams raak getrap het, want twee van sy ag-terpootjies sleep en hy sukkel om vorentoe te kom.
Piet, met sy hart vol murmureergedagtes, kyk so n paar slae na sy ma om te sien of sy in n goeie bui is, en toe hy bemerk dat Fanie so stip voor hom sit en kyk, voel hy half skuldig en dit val hom ook nog by dat hy moet luister na wat sy pa lees. Die oubaas is reeds by die elfde vers: Die jong leeus ly honger, maar die mens wat opkyk na die Here, het nooit gebrek aan goeie dinge nie. (Oom Fanie verafrikaans sommer so met die lees die Hol-landse teks op so manier dat die seuns dit beter kan verstaan.)
Die jong leeus ly honger  die jong leeus ly honger  hou Piet aan herhaal. Sy pa vra hom as jongste altyd eerste, en dan moet sy antwoord sommer so van sy tong afrol.
Jaap en Faan leef heeltemal in n ander wreld. Tant Lenie het die gewoonte om altyd n hoesie te gee en te skuif op haar stoel
wanneer oom Faan die einde van n hoofstuk nader  sy ken die hoofstukke wat hy lees al goed  ten einde die seuns op hul hoede te stel. Fanie slaag dan ook daarin om op drie na die laaste vers te onthou: Hy bewaar al n mens se bene, sodat nie een daarvan ge-breek word nie (vers 21).
Japie probeer om elke sin te onthou, s elkeen agter sy pa aan, maar slaag nie daarin om een te onthou nie.
Oom Fanie klap die Bybel toe  die seuns voel so n koue windjie deur hul harte gaan  en hy kyk so oor sy bril van die een na die ander: Pieterman, en wat onthou jy, my seun?
Pa het gelees van die leeus wat honger ly, antwoord Piet voordat sy pa se sin nog mooi voltooi is.
Ja, antwoord sy pa goedig, en hy haal sy bril af, en as n leeu honger het, wie gee hom kos?
Pa, as dit jong leeutjies is, spring Japie hom voor om sy posisie te red, dan laat hul ma hulle drink.
Ja, maar s nou die ma het honger, wie sorg dan vir haar en die kleintjies?
Die seuns kry nou moed; hul pa is nie vanmre kwaai nie. Pa, as die ma honger het, dan moet die mannetjie sorg, s Japie half huiwerig.
Ja, my seun, maar s nou die mannetjie en die wyfie en die kleintjies het honger, wie sorg dan?
Pa, die Here, antwoord Piet.
Ja, dis reg. En as die Here nou so mooi sorg vir die leeus, dan sorg Hy nog beter vir die mens, n?
Pa, maar het die leeus nie die Here se hulp meer nodig as n mens nie? Ons het gewere om mee te skiet, vra Japie weer, en hy skuif nader, want hy voel sy posisie is nou gered.
Oom Fanie wil eers vir Fanie vra wat hy op Japie se laaste vraag kan antwoord, maar dit val hom by uit eie kinderjare dat dit nie lekker voel wanneer n mens se pa jou vraag laat beantwoord deur n broer of n ander seun nie. Dit laat jou minderwaardig voel en so n rapsie vyandig teenoor die ander.
Kyk, Japie, begin hy toe, al het ons ook tien gewere en n kas vol patrone, kan ons nog niks raak- of doodskiet as die Here nie sorg dat daar n bokkie of wildebees voor ons verbykom nie.
Japie is nog vol vrae, maar hy reken dit sal in sy guns wees as hy nou maar s: Ja, Pa, ek verstaan.
Fanie, en wat onthou jy?
Met al die pratery het Fanie nog net die eerste deel van sy teks onthou: Pa, die Here bewaar n mens se bene.
Ja, en waarvoor bewaar die Here n mens se bene?
Fanie wil nie h Japie of Piet moet hom voorspring nie en hy dink vinnig: Pa, die Here bewaar n mens se bene dat die giftige spinnekoppe en die pofadders jou nie byt nie.
Ja, heeltemal reg, my seun. En hy verduidelik toe nog die een en ander aan hulle. Kom, laat ons bid.
En die drietjies kniel met singende harte. Fanie vergeet skoon van die rooi jagspinnekop. En toe oom Fanie amen s, is die drietjies uit wa toe om gou skoene aan te trek. Oom Gert staan al en koffie drink by die vuur, en toe Lea die seuns sien uitkom, weet sy oom Fanie is klaar en sy bring vir almal koffie. Die seuns se skoene is gou aan en hulle kom staan ook hul koffie by die vuur en drink, waar oom Gert en hul pa reeds besig is om na mekaar se mening te vra omtrent die rigting wat hulle moet loop.
Pa, en daardie swartes? vra Fanie, en hy wys na drie mans wat in n voetpaadjie tussen die bome deur na die kamp toe kom.
O, dis seker mans wat hulle kom verhuur om ons die wild te wys, s oom Gert opgewonde, en hy vryf sy hande, so bly voel hy. Nou is die posisie gered, gaan hy voort. Die Zoeloes weet net haarfyn waar die wild boer, en hulle sal ons lei. En dit is dan ook so  die Zoeloes is gewillig om elkeen teen n sjieling per dag as gidse te werk.
Nou ja, kyk, stel oom Gert voor, neef Fanie, neem jy nou een en ek een, en ons gee een aan die seuns. Laat hy hulle neem waar blouwildebeeste en kwaggas is; dan kan die drietjies verjaar. As hulle eers op skoot is, kan hulle die swaarder soorte, soos koe-does, waterbokke en bosbokke, begin jag.
Dit is toe alles afgespreek, en binne n halfuur is die seuns met hul gids en die honde op pad. Al drie praat goed Zoeloe, en Fanie stop nog boonop ou Memsi, hul gids, n goeie stuk tabak in die hand, en toe is hy eers maats met hulle.
Julle moet nou net mooi na ou Memsi luister, begin hy hulle te onderrig, dan sal julle die ou mans nog wen. Memsi ken hier-die wreld beter as daardie ander twee mans. Memsi weet waar-heen elke voetpad gaan, en hy weet waar elke wildsoort bly.
Maar wie van ons drie moet nou die eerste skiet? vra Japie, wat bang is Fanie gaan die voorkeur kry omdat hy die ou man ta-bak gegee het. Ou Memsi is egter n man wat drie vrouens het, en hy weet al hoe om die vrede te bewaar.
Kyk, die wreld is hier so: die wild is baie. Ek sal julle bring waar daar soveel as al die vingers van twee hande en die tone van twee voete wildebeeste bymekaar staan. En dan kan julle maar al drie gelyk skiet, en Memsi sal tel hoeveel bly l.
Is dit ver hiervandaan? vra Piet, en hy draf so n entjie om voor Faan en Jaap te kom.
Dit is n bietjie ver, maar darem nie baie ver nie. Kyk, die wil-debees hou nie van die rantjies nie en hy hou ook nie van die ri-vier nie. Jy kry hom by die sandbult en by die laagtes, waar die soetgras groei en die groot bome met die kaal stamme staan. Hy wei waar hy n bietjie om hom kan sien, en daar is altyd n paar ou bulle wat op wag staan.
Maar hoe sal ons dan naby kom as hulle so op wag is? wil Piet weet.
Julle hoef mos nie so baie naby te wees nie. Daardie soort ge-weer wat julle dra, blaas mos hard. Ons sal die honde moet vas-hou. En die ou begin rondkyk na n sekere soort gras, ten einde n tou te vleg om die honde daarmee vas te hou.
Toe maar, stel Fanie hom gerus, ons honde is goed geleer. As ons gebukkend loop en bekruip, dan l hulle en wag totdat ons skiet voordat hulle storm.
Maar dis mos goeie honde, Fanie. Ek moet my hond by hulle bring sodat sy kan leer.
Fanie, met sy wakker o, gewaar weer die eerste die wild. Vyf-, seshonderd tree van hulle af, in n graslaagte tussen n paar mimosabome, sien hy n paar goed beweeg.
Memsi, en wat is daardie? En al vier staan stil. Die ou Zoe-loe hou sy hand bak bo sy o en tuur stip.
Au, jy is die valk se koning. Ngamadube  dit is sebras daar-die. En waar die sebras is, daar is altyd nkonkoni  wildebeeste  ook. Wag, ons moet nou eers weer kyk watter koers die wind waai.
Die ou neem n handvol dro grond, vryf dit fyn tussen sy twee hande en gooi dit die lug in.
A! Sien julle nou watter kant gaan die stof? Dis die kant wat die lug na toe trek. Ons moet die goed daar windop bekruip.
Hy swaai dan sommer ook regsweg die bome in, en toe Fanie weer n vraag wil stel, gaan die ou staan en maak hulle stil op n half gedempte toon: Julle moet nou nie meer hard praat nie. Kyk, die wreld is hier so  die dube  sebra  hoor nie net met sy oor nie, maar hy kan voel met sy stert ook wanneer daar van hom ge-praat word. Julle kan gerus maar oplet as die sebras eers hul ore vinnig begin beweeg en hul sterte begin waai, dan is hulle klaar om te vlug. Hulle wil dan net die laaste tyding in die lug nog voel. Kom nou maar net agter my aan en maak soos ek maak. En die ou l weg vorentoe en kyk nouliks links of regs. Die seuns het egter moeite met die honde. Oral is daar vars spore en vreemde reuke, en die honde wil-wil maar net begin soek.
Memsi, waag Fanie dit nog n slag, ons moet liewer nou begin gebukkend loop, anders sal die honde te veel nuus in die lug stuur.
Sonder om om te kyk of iets te s, begin ou Memsi gebuk-kend loop.
Kyk daar! en al drie seuns gaan sit. Piet het di slag die beste gekyk. Linksweg van hulle op nouliks driehonderd tree tussen die yl, ho gras onder n wydgetakte kameelboom, staan n pragtige rietbokram.
Inhlangu! n Rietbok, is al wat Memsi dadelik kan uitkry. Julle, begin die ou n paar oomblikke daarna half kortasem, dis n baie lekker bok daardie, en ek wil sy wit stert ook h vir my skildvelkierie. Julle moet doodskiet. Die wildebeeste sal net so n draai hardloop dan staan hulle weer. Skiet maar eers hierdie bok. Hau  kyk daar! En hy het Fanie eintlik aan die skouer. Kyk daar agter hom l sy ooi, en daar, Memsi is amper uit-
asem, kyk daar onder die umtholo-boom staan nog drie. Kyk daar lek die een hom nou.
Ja-ha  mastag, s Jaap en Piet tegelyk, en hulle bewe so van opgewondenheid dat hulle amper nie die geweer se slot kan oopkry nie. Fanie, darem nog die kalmste van die drie, neem nou die leiding oor.
Ek glo nie ons moet visier opsit nie. Piet, jy het hulle die eerste gesien, skiet jy die ou ram. Jaap, skiet jy na die agterste van die drie, ek sal na die voorste een skiet. Toe, ek sal tel! En sy longe brand eintlik so jaag sy asem daardeur.
Is julle reg? fluistervra hy, en hy wag nie op n antwoord nie: Een  twee  drie  vi
Kwa-ha-doe-doem-mm, skiet Japie die eerste, gevolg deur die ander twee amper tegelyk. Alles mis, en daar trek die bokke met oopgespalkte wit sterte en swierige pronkspronge die bome in.
Japie, jou aap! My mastag, man, kon jy nie gewag het totdat ek klaar vier ges het nie! raas Fanie.
Aag, man, verdedig Japie hom en hy stap so n paar tree voort, my bok was goed tien tree verder as Piet sn en daarom moes ek mos voor hom geskiet het, sodat ons koels tegelyk by die bokke kan kom.
Japie se antwoord laat Fanie ook n paar oomblikke nadink voordat hy vererg antwoord: n Koel is vinniger as blits, bobbe-jaan  en watter verskil maak tien tree nou?
Aag, man, trap! Moenie op my afklim as jy te sleg is om raak te skiet nie.
Ou Memsi kan nie die seuns se taal verstaan nie, maar hy kan aan die toon van hul stemme hoor en aan Fanie se gesig sien dat hulle lelik vies is.
Toe maar, tree die ou weer in, die bokke het nie ver gehard-loop nie. Die bome is n bietjie ruig daar na vorentoe, en ons sal weer op hulle afkom. Kom maar. En hy stryk voort.
Ek wil net gaan kyk of daar nie bloed l nie, s Piet, en hy swaai verby na die plek waar die ram gestaan het. Hy kan dit maar nie kleinkry dat hy die bok mis geskiet het nadat hy so mooi ge-
korrel het nie. Fanie en Jaap steur hulle nie aan hom nie en stryk agter die ou man aan. Die honde het al besef dat hulle vanmre vereers nie moet soek nie en volg gedwee agterna.
Piet loop daar onder die kameelboom gebukkend en soek rond of hy nie n bloeddruppeltjie kan raaksien nie. Haspaai is ook by, en sy pote brand onder hom en sy stert kwispel met dubbele ener-gie, so vurig word hy toe hy die vars reuk van die bok kry.
Haspaai, wag maar, my hond, Baas sal jou netnou laat bloed lek. En hy streel sy hond oor kop en rug.
Teen di tyd is Fanie-hulle reeds n hele entjie voor.
Ou Memsi kyk nie om nie, want hy meen dat al drie die seuns hom volg. Oom Fanie het hom die oggend die dood voor o ge-stel as hy die seuns laat afdwaal.
Toe Piet opkyk daar van die kameelboom af en sy broers net agter n klompie bome sien wegraak, staan hy eers n rukkie en dink of hy hulle moet volg. Die getel en gelykskietery staan hom glad nie aan nie. Wat nou? Sy pa het hulle n pak slae beloof as hulle afdwaal.
Aag wat, ek sal s ek het nog na bloedspore gesoek en toe ek sien, is Fanie-hulle baie ver weg, is sy besluit, en hy wend hom tot Haspaai.
Haspaai, komaan! Ons sal hulle wys.
Hy stap eers so n entjie in die rigting wat die bokke gehard-loop het, en toe skiet dit hom skielik te binne dat daar lelik fout kan kom met die skietery as hy nie presies weet waar Fanie-hulle is nie. Hulle kan maklik mekaar doodskiet. Au, hy kry sommer so n koue gevoel langs sy rug af, en sonder om nog verder te draal, slaan hy oor op n drafstap in die rigting waar hy Fanie-hulle sien verdwyn het.
Die rietbokke, voortaan op hul hoede en geslepe daarby, ge-waar effens vorentoe Fanie-hulle en spring om met die plan om agter hulle verby te kom. En dis di slag dat hulle Piet amper on-derstebo loop en dat Haspaai op eie verantwoordelikheid een van die ooie skraap. Piet is naby die klompie bome waar hy Fanie-hulle laaste gesien het, toe hy links van hom net n gedruis hoor en Haspaai se opgewonde tjankblaffie. Die bokke bars weerskante
van hom verby, en een van die ooie raak so verbouereerd dat sy skaars vyftig tree voor hom vassteek. Di slag is n boer se seun ook nie aan die slaap nie. Voordat die ooi nog weer haar positiewe bymekaar het, het Piet sy geweer aan die skouer, en toe hy aftrek, makeer dit daar voor.
So skiet n boer se seun, spog hy teen homself, en hy gee buitengewoon lang tre vorentoe met die geweer klaar, ingeval die bok miskien opspring.
Toe die skoot val, steek Memsi vas en kyk om: Hau, waar is die ander seun? vra hy verskrik vir Faan. Hys daar agter, be-duie laasgenoemde half onverskillig. Voordat Fanie nog behoorlik klaar gepraat het, hardloop Memsi al om te gaan uitvind wat die seun aangevang het. Faan en Jaap wil-wil ook eers hardloop, maar die gewone seunshoogmoed hou hulle terug. Hulle gee egter lang tre.
Piet, jy wil h ubaba Fanie moet my doodslaan! skreeu ou Memsi, en hy stap hygend nader. Toe die ou egter die bok daar voor Piet sien l, vergeet hy alle bevele en vrees en prys die jong jagter volgens Zoeloegebruik: Bayede  heil, kleintjie! Hau-hau, jy is klein, maar jy is net klein in die oog. Waar jy beweeg, rol die donder, en jou spoor merk jy met bloed. Siguqa  klein buks! Din-gaan sou die nag oor die wit laer gehang het as hy sulkes soos jy gehad het. Hau, man, wat moet ek s en wat moet ek verswyg! Jy kies en loop jou eie pad waar ander wat saam met jou melk ge-drink het, nog n voorloper nodig het. Aa  En hy spring so op in die lug voor Piet met asgaai omhoog. Sulkes soos jy dien ek graag met my hart en met my wapens.
Piet staan heeltemal oorbluf voor die ou man se lofuiting en kyk die twee naderende broers half geamuseerd aan.
Gelukskoot! s Jaap so onderlangs, en hy loop om die bok. Maar Fanie hou hom di keer heeltemal grootman. Toe hy by Piet kom, kyk hy hom vas in die o.
Mooi, ou Piet, s hy, en hy buk vooroor om die bok nader te beskou.
Japie bevoel en beskou ook die bok, maar s verder niks nie. Hy is gewoonlik half verle, half nukkerig wanneer Piet of Faan
hom uitstof. Na n paar oomblikke vra hy tog iets: Het jy haar in die hardloop geskiet of was sy besig om haar lam te laat suip?
Voordat Piet, wat self nie oorhaastig is om so n vraag te beant-woord nie, nog iets kan s, is Memsi aan die woord. Hy is self ook vader van n paar seuns en hy besef dus Jaap en Faan se po-sisie.
En nou moet ons gou die bok in n ruie boom hang en dan gaan soek ons die wildebeeste, sodat al julle harte kan lag. En die ou het die bok aan die agterpote en sleepdra haar na n ruie groen boom daar naby. Piet is bra onwillig om sy bok so alleen daar agter te laat.
Memsi, en s nou ons kan nie weer hierdie boom kry nie? Die hele wreld lyk dan hier eenders.
Piet, antwoord hy goedig, ou Memsi ken hierdie wreld. Hy ken elke klofie en elke duik en hy sal terugkom na hierdie boom toe.
Piet voel glad nie gerus in sy hart nie, maar om Fanie en Jaap ook n kans te gee, loop hy maar saam met hulle agter Memsi aan. Elke besondere boom met krom stam of n gebreekte tak, elke ou groot miershoop, sien hy raak en probeer n beeld daarvan vorm in sy gees, sodat hy bakens kan h as hulle die bok kom soek. Meer as twee uur lank stap hulle en gewaar niks nie. Japie dra al sy geweer oor die skouer en let ook nie eens meer op nie. Niks ontglip egter ou Memsi se oog nie. Elke keer staan hy stil by n paar vars spore en mompel iets.
Kom ons loop n bietjie so, s hy dan, en hy wysig sy koers effens. En dit is net weer dat hy vooroor buk by n paar vars spore, toe s Faan: Daars hulle! En sy en Piet se harte gaan amper staan. Albei gewaar omtrent tegelyk vier-, vyfhonderd tree links bokant hulle deur n opening in die bome n trop van ten minste veertig wildebeeste.
Gou hiernatoe; hulle het ons nog nie gewaar nie, fluister ou Memsi opgewonde, en hy gaan half op hande en voete vorentoe tot agter n blinkblaar-wag-n-bietjie. Hy sit toe eers n paar oom-blikke en loer dan links dan regs van die blinkblaar verby, ten ein-de vas te stel van watter tot watter bos die seuns te lei om naby die wildebeeste te kom. Die afgelope ses, sewe jaar het hy hom reeds
in die skietseisoen aan jagters verhuur en die ou weet dus al n bietjie hoe om te werk te gaan.
Julle, begin hy, julle moet die gewere se lope agtertoe hou en dan al agter my aankruip. Ons moet naby gaan, sodat ons mooi kan uitkies. As umesi Lenie biltong wil maak, moet julle die jong koeie en bulle uitsoek. Hul vleis is die lekkerste. Kom!
En hy begin op hande en voete vorentoe kruip. Die seuns volg hom, Piet heelagter, want hy wil Fanie en Jaap die beste kanse gee. En omdat hy nie so begerig as die ander twee is om te skiet nie, is hy baie minder opgewonde as hulle. Die honde kruip ook agterna, maar elke nou en dan moet Piet omkyk om met hulle te raas, want hulle hap na mekaar en wil-wil net speel. Hierdie krui-pery van die seuns op hande en voete smaak vir hulle alte veel na n spelery.
Ou Memsi moet seker sowat honderd-en-vyftig tree so ge-kruip het van bos tot bos, toe hulle skielik sommer naby regs van hulle n wildebees hoor blaas. Auk, al vier val plat en l so n paar oomblikke stil. Toe lig ou Memsi sy kop stadig op en kyk regs.
Julle, fluister die ou, l doodstil. Een van die ou wagters het ons gewaar. L doodstil; hy het ons geruik, maar nog nie gesien nie. As hy nog n keer of twee blaas, sal daar n paar van die naas-tes na hom toe kom, en dan kan julle maar vuurmaak onder hulle. Maar,  Memsi,  praat  Faan  gejaag,  n  mens  kan  nie  goed
skiet as jy so plat in die gras l nie.
Ou Fanie, antwoord Memsi, die goed het klaar geskrik van vanoggend se skote, en die wind is voor hul voete. As hulle ons nou net sien roer, trek hulle op n galop. Probeer maar in die l  hulle is mos naby.
Dit l op Japie se tong om bitsig te antwoord: n Mens kan sien hy het nog nooit in sy lewe met n geweer geskiet nie. As n ding net naby is, moet dit maar raak wees, al is daar ook n bos riete voor.
Sal die goed n mens nie trap nie? vra Japie saggies. Kyk nou daar  kyk nou daar  En die ou man se keel trek amper toe van opgewondenheid. Die seuns lig hul koppe n bietjie hor op di slag en sien nog drie bulle aangestap kom na die ou wagter toe.
Shisa!  brand los! hyg ou Memsi dit uit.
Al drie l aan, hul elmbo op die grond gestut. Daar is n paar grasse voor Fanie, maar hy sien n swart kol daar voor, en daarop trek hy sy korrel.
Elkeen tel vir homself, s Japie kortasem. En sy woorde is skaars uit toe die wildebeeste daar vr bondel, en al drie trek byna tegelyk af sommer in die bondel in. Toe die skote knal, skrik een van die bulle inmekaar, maar hy is weer op, op en onderstebo
op en onderstebo. 
Sa! Vat hom! skreeu die seuns, en hulle storm, ou Memsi 
voor met asgaai in die hand.
Skiet hom weer, skreeu die ou, maar die seuns weier. Nee, laat die honde hom vaskeer. En al drie druk op hul
honde se nommer. Die honde laat self ook nie op hulle wag nie, maar dam die ou bul by. Hy moet n koel naby die kruis in h, want sy agterlyf hang swaar aan hom en hy beur vorentoe asof hy n steil opdraande uitklim en sy agterpote al onder hom wil uitgly. Die ander honde spring voor hom verby en hap-hap na sy neus, en Kits pak hom agter aan die stert beet. Au, di slag sien die wilde-beesbul net rooi voor hom, vergeet heeltemal dat hy swaar gekwes is en swaai agtertoe met n woeste gebrul om Kits te vergruis onder sy horings. Sy agterbene kan egter nie die vinnige swaai verdra nie, swik onder hom in, en die ou slaan neer. Memsi is by, en voordat die bul nog weer orent kan sukkel, dril n asgaai weg agter sy blad in.
Usuthu! galm hy sy jagkreet uit.
Die bul probeer n laaste keer om op sy voorpote te kom, maar sy hele rug is loodswaar, en met n gesmoorde brul slaan sy kop teen die grond neer. Die honde is by en het hom aan sy neus en ore, maar die seuns staan n oomblik stil en kyk maar net. Iets in die doodsbrul roer hul harte. Fanie voel n sonderlinge weemoed oor hom kom. Alles is egter maar van korte duur, want ou Memsi het sy lang slagmes uit en sny die bul keelaf.
Gr-rr-ngg, roggel dit deur die sny in die ou bul se keel, en Memsi staan eenkant toe om sy mes aan die gras af te vee.
Julle is jammer dat dit net een is, h? spreek ou Memsi hul-le aan toe hulle so stil staan en toeskou.
Ja, gee Piet antwoord, maar dit moet doodskote wees. En hy begin rondkyk in die rigting wat die ander gevlug het.
Hy het twee skote, jong! skreeu Jaap, een bokant die niere deur en een deur die pens. Ek dink dis jou en my skote, Fanie, want ons het bymekaar gel.
Hoe kan jy dit sommer wil  begin Piet, maar hy dink toe daaraan dat hy tog al sy bok het en dat hy hom alleen geskiet het, en s toe maar: Ja, ek dink ook dis julle twee se skote.
Fanie kyk hom met so n ondeunde trekkie in sy o aan en gaan teen die wildebees se blad sit.
Memsi, en wat nou? vra hy.
Ek wil nou net n gat by die pens insny sodat hy nie kan op-blaas nie, en dan moet ons hom met n paar takke toepak. Sien jy daar bo in die lug  die aasvols?
n Rukkie later stryk die vier geselsend aan kamp toe om die osse te gaan haal om die wildebees en die rietbok op n takslee aan te sleep.
Ek wonder wat Pa-hulle sal s. Hulle sal darem kan sien ons is nie sommer se jagters nie. Dergelike aanmerkings kom voort-durend in hul gesprekke voor, en ou Memsi moet net stap om voor te bly.
Toe hulle in die kamp kom, gaan soek Fanie en Piet eers drink-water by die wa, maar Jaap is reguit na sy ma toe om al die ge-beurde oor te vertel.
Ek kan dit amper nie glo nie. Sy sit haar arm om sy lyf en stap met hom na Fanie-hulle toe.
My groot seuns, spreek sy hulle toe, Ma voel darem regtig hoogmoedig op julle. Ek wonder wat Pa sal s, en sy gee hulle elkeen n druksoen.
Is Ma bly? vra Piet verle.
Baie bly en hoogmoedig, my seuns! Kyk, ek wil h my seun-tjies moet nou eers gou eet en my dan n bietjie hier help in die kamp. Die Zoeloes is te stadig en hulle doen nie soos ek wil h nie. Singida en Memsi kan maar die wild gaan haal, en vanmid-dag kan julle drietjies weer uitgaan.
Goed, Mams, willig al drie in en Fanie skreeu na Singida om hom sy bevele te gee.
Toe oom Fanie en oom Gert teen twee-uur moeg en honger die kamp inkom, hang die rietbok klaar afgeslag aan n tak, en die swartes is besig om die wildebees af te slag. Hy steek vas en kyk na die bok en dan na die slagtery asof hy stom verslae is. Sy seuns hou hom dop met harte wat sing van trots, maar hulle s niks. Tant Lenie loer ook so van ver af met n bre glimlag op haar gesig.
Neef Gert, begin hy vreeslik verbaas, kan jy jou o glo? Oom Gert laat nie op hom wag nie: A nee, maar ek het mos
lankal ges jou seuns is nie sommer elke dag se manne nie! Jy en ek sal ook net lelik in ons spoor moet trap of hulle stof ons uit, en hy knipoog vir oom Fanie.
Die seuns kan nou gerus ontplof, en Jaap is eerste by: Pa, en wat het Pa-hulle geskiet?
My seuntjie, ons was agter n klompie buffels aan, maar hulle het ons uitoorl.
Die volgende uur vertel die seuns net van al hul ondervindings. En daar is die middag toe ook nie weer gejag nie, want oom Fanie wou alles in die kamp eers agtermekaar h, en tant Lenie leer die seuns hoe om biltong te sny. Vereers word daar net uit die boude biltong gemaak, die orige is die Zoeloes sn. Die gesnyde biltong kom in die nat wildebeesvel, sout word opgestrooi en die vel toe-gevou. So moet dit ten minste vyf uur l, en dan word dit uitge-hang. Die seuns het klaar agtergekom dat ou Memsi iemand is wat baie ondervinding opgedoen het en baie stories kan vertel. Vroeg die aand, net na ete, moet hy ook by die groot vuur kom sit en vertel.
Piet se gedagtes dwaal nog heeldag terug na waar hy die og-gend die rietbok geskiet het en die rympie wat ou Memsi opges het: As Dingaan sulkes soos jy gehad het, sou hy die nag oor die wit laer gehang het.
Memsi, begin hy daar by die vuur, vertel ons eers waarom Dingaan die wit mense laat doodmaak het; hulle wou dan sy vriende wees. Het die Engelse hom aangespoor?
Piet, en die ou tik met sy voorvinger op n snuifdosie en laat loop n klompie snuif in sy handpalm uit. Memsi het die storie ook maar van sy pa gehoor, en my pa het dit weer van sy ma ge-
hoor, want my pa se pa is doodgeskiet deur Piet Uys se mense toe Dingaan se mense hulle by eThaleni wou vaskeer.
Vertel ons van Piet Uys en sy seun Dirkie, pleit Japie gees-driftig.
Wag dat Memsi eers n bietjie dink, en die ou neem knip-pie na knippie snuif tussen duim en voorvinger uit sy handpalm en trek dit diep weg in sy ou plat neus. Aa  sug die ou van genot en vee so n paar keer met die rugkant van sy hand oor sy o, nou sal ek praat. Maar jy wil h ek moet voor in die pad begin. Ek sal vertel soos ek dit gehoor het.
Ubaba Piet Uys en sy impi van vierhonderd ruiters het opge-trek nadat Dingaan uPiti Retifi  Piet Retief  en sy mense ver-moor het, om Dingaan se hoofstat, umGungundlovu, te verbrand. Nou, die maBhunu  Boere  was baie en hulle het sommer op die grond gespoeg (van veragting) as hulle praat van Dingaan se impi. Hulle het nie geweet dat tweehonderd wildehonde wat mal is van bloedlus maklik tien leeus kan vasvat nie. En nou, die Boere het nie spioene uitgestuur nie. En hulle ry maar sommer en hulle ry met n voetpad by eThaleni, en voor gaan die voetpad tussen twee rante deur.
Op elke rant was n groot Zoeloe-impi. Toe die Boere naby kom, staan n deel van die twee impis op en retireer agtertoe. Die ander bly plat l in die gras. Die Boere dag toe die Zoeloes vlug en trek op n galop om vuur te maak agter hulle. Aa, wanneer n mambaslang sy agterlyf in sy gat begin intrek, pasop! Moenie aan hom vat nie, want sy kop is in die gat se bek. En die Zoeloes vlug toe al met die poort af tussen die twee rante, en die Boere is agter hulle aan. En toe hulle almal so n ent in die kloof is, toe staan die agterste Zoeloes op, skreeu en slaan op hul skildvelle dat die rante so dreun. Mamo! Toe die voorstes dit hoor, gee hulle antwoord, spring om en laat hul asgaaie ren op die wit mense.
Au, toe die Zoeloes so op hul skildvelle slaan met die knop-kieries en soos mal goed skreeu, toe word die perde ook mal en wil net handuit ruk. Ubaba Piet Uys hou sy perd vas en skreeu vir sy impi om vorentoe te jaag en n pad deur die Zoeloes te skiet. Met vyftien of twintig manne bly hy so n bietjie agter om die ag-
terste Zoeloes terug te skiet. En toe hy sien sy voorste mense be-gin deurbars, gee hy sy perd ook die toom en hy en sy klompie manne jaag. Maar toe is die Zoeloes al rondom hulle, en ubaba Piet het al n asgaai in sy skouer. Voor in die pad is die aanstor-mende Zoeloes so n muur dat ubaba Piet en sy handjievol manne moet uitswaai en sommer aan die hang van die rant langs jaag.
En toe druk die Zoeloes hulle teen n diep donga vas, waar net n smal voetpaadjie deurgaan. Ubaba Piet spring af en skreeu vir sy manne: Gaan julle maar deur, ek is klaar, en hy skiet. Sy seun-tjie  ek ken nie sy naam nie  spring by sy pa af, en hulle skiet en hulle skiet. Maar die Zoeloes is soos miere, en wat kan die twee ou bytjies  die een se vlerk is al lam  nou uitvoer? En hulle steek ubaba Piet Uys en sy seuntjie daar dat die asgaaie soos ystervark-penne in hulle sit.
Die ver-duiwels! vloek Piet voordat hy homself kan beteuel. Haai, Pieter, hoe durf jy so vloek! en oom Fanie loop hom
by.
Ag, Pa, dis sommer n glieps, soebat hy en koes half, maar oom Fanie verskoon hulle nie wanneer hulle vloek nie, en Piet kry n paar taai klappe. Ou Memsi skrik hom boeglam, want hy ver-staan nie wat aangaan nie en verdwyn in die bome. Oom Gert ver-dwyn ook so ongemerk na sy wa toe. Jaap en Fanie sit doodstil, en hul pa stap daar rond. Piet se hartjie voel baie seer, want hy het glad nie gemeen om te vloek nie. Toe tant Lenie hom hoor snik, skiet haar o ook vol trane en sy laat vat tent toe. Sy wil nooit in die minste die seuns laat merk dat sy aan hul kant is wanneer hul pa hulle tug nie.
My seuntjies, begin oom Fanie, want hy voel al weer self seer en jammer vir Piet, Pa wil nie h sy seuntjies moet sulke lelike woorde s nie. Iemand met n mooi karakter huisves nie sulke lelike goggas in sy hart nie. n Vloekwoord is net soos n vlieg wat jy uit die ink haal  hy trek vuil strepe so ver as hy gaan.
Pieter voel nou weer getroos, en skaars n kwartier later is tant Lenie al weer besig om koffie te maak, en die planne vir die vol-gende dag se skiet word druk bespreek. Oom Gert is ook by, en
die ooreenkoms is: Fanie en een Zoeloe gaan saam met oom Gert een koers in; Piet, Jaap en Memsi gaan saam met hul pa n ander koers in.
Nou ja, my seuntjies, spreek oom Fanie hulle aan, gaan nou maar slaap. Mre douvoordag maak ek julle wakker, want ons moet die buffeltrop by die suipplek gaan voorl. Die Zoeloes s hulle kom suip net as dit mooi lig is en dan gaan hulle die ruie bosse in.
Nag, Ma; nag, Pa, en die drietjies is voort watent toe. Net voordat Fanie die kers doodblaas, val dit Japie skielik by dat ou Memsi nog moet vertel waarom Dingaan Piet Retief en sy mense laat vermoor het.
Ons sal hom mreaand van Piet Retief laat vertel, sodat ons kan hoor wat die Zoeloes daaroor te s het.
Ja, en jagstories ook, s Piet met n gaap en kruip onder die kombers in. n Rukkie later is die drietjies vas aan die slaap. In die ander tent laat tant Lenie haar man beloof dat hy die volgende dag versigtig sal wees met die seuns. Sy hou niks van die plan dat kin-ders moet deelneem aan n buffeljag nie en haar hart is reeds seer.
