Ella, Ella, Ella
Ella en ek is nie juis vriendinne nie. Wanneer sy my na een van haar partytjies nooi, weet ek dus dat sy dit om n bepaalde rede doen en probeer ek om haar nie teleur te stel nie. Die dorp se Lid vir die Provinsiale Raad, sy sangeres en/of sy pennelekker het, baie soos die dro rangskikking, partykeer dekoratiewe eienskappe waarvan die bedrewe gasvrou in skraal tye gebruik moet maak.
Laas het sy so n partytjie gerel vir die bekende mnr. X, sakeman uit die stad. Ella-hulle het eintlik op hulle oorsese reis met hom kennis gemaak, bevriend geraak en n paar kostelike dae saam in Denemarke deurgebring. Afgesien daarvan is hy een van die direkteure van die firma waarvan Jan, Ella se man, ons takbestuurder is. Toe hy dus nou terloops die dorp aan-doen op pad Kaap toe, is hy vanselfsprekend genooi om by hulle te oornag en vanselfsprekend hulle vriende te ontmoet. Dit is net Ella wat so n in die oog lopende transaksie vanself-sprekend kan hanteer. Daardie aand het sy haar oortref.
Sy het so n stewige net van betowering om haar gaste ge-weef dat ons reeds teen tienuur begin het om vir haar man se grappe te lag, iets wat anders net in die vroe oggendure en n baie fortifiserende drank geskied. Teen elfuur het ons mnr. X. op sy voornaam begin noem, teen twaalfuur Afrikaanse piek-niekliedjies begin sing. Die mans het toe al hulle stompies op die klavier doodgedruk en later het mnr. X hoenderbeentjies met hand en tand afgeknaag. Van watter kant n mens dit ook al wou beskou, was die party n sukses.
Mnr. X het daarna onvas op sy bene gestaan en n heildronk op die party ingestel waar hy soveel gawe Vrystaters ont-moet het.
Kom, s hy, ons maak hierdie lieflike byeenkoms n jaar-likse instelling. Hoe lyk dit, Ella en Jan, kan ons volgende jaar presies almal s, op presies dieselfde datum weer bymekaar-kom, by julle in die stad?
Die slag was gelewer en Jan se soveelste verhoging is vir hom deur Ella uitgeparty. Maar stad toe? Dan was die verho-ging van ons plaaslike man nog veel groter as wat ons verwag het, en ons het Ella en Jan patrioties toegejuig.
Kan ons? herhaal die belangrike gas.
Jan slaan sy arm uitbundig om Ella se skouers, want selfs vir hom was dit moontlik om die goeie boodskap tussen die rels te ontsyfer. Een vervlietende oomblik is dit asof daar n swaeltjie voor Ella se kykers verby swiep, maar dan lag sy  op vyf-en-veertig steeds een van die mooistes van ons dorp.
Top, ons maak so. n Wonderlike gedagte om n wonder-like aand mee te onthou! En sy lig haar glasie.
Daarna maak ons almal klaar om te ry. In die verbygaan wens ek Jan geluk met die goeie vooruitsigte.
Ja, wonderlik tog, s hy hartstogtelik, hoe die Heiland vir n mens beskik.
Ek vind dit nie nodig om hierop kommentaar te lewer nie. In die gang tref ek Ella toevallig alleen aan en toe kon n mens  tog  tekens  van  die  aand  se  inspanning  op  haar  gesig
merk. Sy trek my eenkant toe.
Ek vra j maar, s sy, want dalk is jy die soort mens wat so iets sal onthou. Herinner Jan asseblief oor n jaar daaraan om op hierdie dag vir my blomme te stuur. As hy vergeet, sal almal wat vanaand hier was, dink dat hy harteloos is.
En s hy nie? wil ek vra, maar Ella staan daar voor my, en die kalmte en vertroue wat meteens in haar o kom, gee n on-aardse skoonheid daaraan en ek verwens my eie kleinsielig-heid.
Goed, Ella, ek sal toesien dat die blomme daar kom, s ek.
Ek was een van die weiniges wat geweet het dat die paar vakansieritte wat Ella onlangs na die stad onderneem het, in werklikheid vir diepstralingsbehandeling was in n laaste wan-hopige poging om haar siekte, die Groot Siekte, te keer. Sy en ek weet albei dat as ek namens Jan blomme moet stuur, di waarskynlik in die vorm van n krans na die kerkhof buite die dorp sal gaan.
Ek ken n ander vrou wat ook Ella heet. Die mans sien haar Donderdae by die vendusie. Haar voortande is almal uit, haar hare verwaaid, haar o soos n vasgekeerde rooikat sn en sy verwag vir die soveelste keer n baba. Daarom is dit moeilik om te s hoe oud sy is.
Niemand bie teen haar as sy versukkelde ooie en klein kal-wertjies opkoop nie. Sy slag hulle en verkoop die vleis  hoe wettig of onwettig, het niemand die hart om te vra nie.
Op n dag moes ek na Ella-hulle se huis vir opnames van die politieke party waaraan Ella en ek behoort. Ons was nog rus-tig aan die name opteken toe daar n voetstap op die voorstoep knars. Meteens is dit of daar n opgewonde roering deur die huisie gaan. n Agterdeur klap toe, n primusstofie begin dringend gons in die kombuis, breekgoed kletter, en toe haar lang, breedgeskouerde Jan, n bietjie suur van asem maar netjies aangetrek, in die enigste leunstoel kom sit, sluip daar van oral klein kindertjies soos hasies binne. Hulle groet een vir een, gaan hurk eerbiedig teen die muur en volg ons gesprek met die ogies aanbiddend op die man in die leunstoel gerig. n Krulkoppie van vyf jaar kom bring vir ons koffie. Jan kry syne eerste, in n groot geblomde koppie met die woord Vader in vergulde letters daarop.
Jan gesels met my politiek, n saak waaraan hy sulke ho en idealistiese eise stel, dat ek hom nie veel hoop op n gelukkige einde kan voorhou nie. Hy gaan nie weer stem nie, s hy, want wt onder andere doen die Regering vir hom, die Afrikaner met die groot gesin? Dit klink of hy reken hy behoort deur die owerheid vir sy bedplesier vergoed te word. Ek beloof om sy geval by die Volksraadslid aanhangig te maak.
Ella en n paar nuuskierige kleintjies vergesel my na buite. Het Jan toe by die spoorwe werk gekry? vra ek, want Jan
het steeds moeilikheid met betrekkings.
Nee, Mevrou, hierdie ding om van een werk na die ander te moet, het Jan se senuwees klaar gemaak. Toe s ek: Los die werkery nou heeltemal uit, ons sal wel regkom. Die Here sal ons nie verlaat nie. Ag, Mevrou weet  en haar verweerde ge-sig straal meteens warm en mooi van verering, iemand met so n trotse inbors soos Jan kan maar net nie onder n baas werk nie. Mevrou verstaan mos.
Ja, natuurlik verstaan ek. Ook ek, wat niks as veragting vir Jan het nie, verstaan alles in daardie oomblik by die vrou in haar verslonste oorrok en afgetrapte pantoffels. Die maatskap-py, die Welsyn, die Volksraadslid, Ella en natuurlik die Here  ons sal hom almal help, want hoe kan ons Jan, die spesialis, die vakmanvader verkrag deur hom in onbenullige sleurwerkies in te dwing? Hoe onnadenkend om een van die magtigste morele stutte van ons maatskappy met geldelike sorge te wou belas, die saambindende songod in die o van sy gesin tot blote ar-beider te wou verlaag.
Ek beloof, di slag in alle erns, om sy geval by die Volks-raadslid aanhangig te maak.
Dan ken ek ook nog tant Ella wat in haar jong dae as predi-kantsvrou na ons dorp gekom het en in die brandpunt van ons samelewing gestaan het. Vandag n weduwee, drie-en-tagtig jaar oud, fladder sy soos n gekweste mossie nog om die rand van dieselfde ligkring rond. Sy woon alle stigtelike byeenkom-ste by, en om op hoogte van sake te bly, ook die minder stigteli-kes. Al het die inwonertal van ons dorp verdriedubbel, ken sy almal nog, loof di wat lof verdien, berispe di wat dit behoef. Sy behoort aan die VLU, besoek die skou, sing in die dames-koor, vang nog menige twyfelagtige grap, verteer die onhebbe-like eetgoed op partytjies en volg die toesprake van die leiers van ons volk net so getrou soos die stories oor die radio.
Maar hoe kom jy oral, tannie Ella? vra iemand, want sy
kan nie motor bestuur nie en n n heupbreuk loop sy met krukke of kieries.
Og jong, (sy is n Nederlander van geboorte) daar is altyd iemand. Die Heer syn sorg, weet jy. Somtyds brom hulle n bietjie, maar dan doen hulle dit tog: trapop en trapaf met Ou-tannie.
Op n Saterdagaand, n n uitvoering van die dameskoor, ontdek ek dat ek my handsakkie op my sitplek laat l het. Ek hardloop terug saal toe en keer die opsigter voor. Hy het die swaar deure gegrendel en was besig om die ligte in die voor-portaal dood te maak.
Ek gaan die dolle ou stadsaal binne, die paadjie af, en daar sien ek haar teen die muur van die verhoog op haar krukke leun. Die onvoorsiene het gebeur: Sy is daar vergeet. Nadat sy die steil verhoogtrap afgesukkel het, was almal reeds weg, en sy te uitgeput om die buitedeur te haal voor dit reeds gesluit was. Sy sou die res van die naweek in die saal toegesluit ge-wees het as ek nie daarop afgekom het nie.
Was jy bang? vra ek haar later.
Ja. Ontsettend bang en baie, baie moeg. Maar toe ek nog so staan, s ek vir myself: Maar Ella, dalk is die saal tog nie leeg nie, dalk is dit vol van die ou bekendes van vroer  van domi-nee Jan, van almal wat in ons kerk gesit het toe ons die dag in-gesen is. Sy bly stil. Toe voel ek al klaar beter, en toe ek jou die paadjie afgestap sien kom, dag ek dat jy jou oorlede moeder is wat teruggekom het om my te kom haal. En toe wis ek dade-lik dat alles weer goed is. Sy was die soort mens wat my nooit alleen sou laat agterbly het nie.
