Hoofstuk 16
Hannie ry nou meermale saam met Naas wanneer hy Doornrug toe gaan. Sy ry nou op n nuwe perd. Kriek is n veldperd wat Naas onder die man makgemaak het, en wat so n lekker gang ontwikkel het dat Naas nie daaroor uitgepraat kan raak nie.
Dan wil ek hom ook ry, het Hannie op n dag ges.
Nee, jy kan nie.
Kriek is hondmak, sag in die bek en uiters hanteerbaar. Maar hy is n lewendige dier, n perd wat nimmer soos ou Libanon Hannie s in ag sal neem dat hy selfs om die kleinste voorwerp in die pad sal loop nie.
Ek kan mos perdry. Ek kan mos n perd hanteer, protesteer Hannie. En Naas wil nie; kan nie aan haar s dis vir haar gevaarlik op n lewendige jong perd, juis omdat sy blind is nie.
Tant Lenie praat ook nie. Tant Lenie, wat haar lewe lank probeer om Hannie nooit te laat voel haar blindheid maak haar anders, minder bekwaam en meer afhanklik as ander mense nie, hoor Hannie se argumente om die vurige jong perd te ry en skud net haar kop.
Die meisiekind is soos haar oorle pa. Daar was niks waarvoor hy nie ook kans gesien het nie, s sy.
Maar as jy iets moet oorkom, Hannie, opper Naas. Ek sal dan die verwyt h. Ek sal myself nooit kan vergewe nie.
Maar ek s jou mos ek ry Kriek op m verantwoordelikheid. Ek wil Kriek ry en ek gaan hom ry en jy, ou Ingenasie Ferreira, gaan my nie keer nie. Ai, jys mos nog nie my baas nie!
Ek is nie jou baas nie, maar 
Ja? Maar wat? stel sy die vraag wat hy aan homself wou stel.
Ek het n benul van wat gevaarlik is, besluit hy lamlendig.
Is dit al? Ek dink jy wil hom net vir jouself h!
Hannie kry haar sin. Toe hulle weer Doornrug toe ry, is die ramsaal op Kriek se rug, en Hannie n borrelende fontein van vooruitsig en blydskap. n Perd met so n egalige gang soos Kriek het sy nog nooit gery nie. Dit voel of ek in n skommelstoel sit, s sy.
Naas s liewer niks. Hy ry langs haar op Libanon. Sy o bly onafgebroke op Kriek en hy hoop dat as Kriek sou skrik, hy gou sal by wees. Hy dink onwillekeurig aan wat oom Staag ges het laas toe hy op Doornrug was. Oom Staag kom nou tydig en ontydig daar, ter wille van Cornelia wat na hom luister wanneer niemand anders haar kan beheer nie.
Oom Staag het Naas op n dag eenkant geroep. Maar jou oog oor Hannie hou, ou grote, het hy gemaan. Met Cornelia soos sy is, weet n man nie aldag nie. Niks meer nie. Tog moes dit vir Naas as waarskuwing dien.
Naas kon dit nie glo nie. Sou Cornelia n bedreiging vir haar in die blinde Hannie sien? n Bedreiging in watter opsig?
Kriek gedra hom die dag onverbeterlik. Naas is die hele middag doenig op Doornrug. Cornelia sien hulle, soos dikwels wanneer hulle daar kom, nrens nie.
Naas ry laatmiddag in gedagtes versonke terug. Kotie Davel is die laaste dae mooi aan die beter word. Hy loop al met net een kierie. Soms loop hy so ver soos die naaste lande. Hy vra uit. Hy sien dinge raak en doen selfs dinge aan die hand. Stadig maar seker begin Kotie weer mens word.
En nou het oom Dolf pertinent gevra: Naasman, wanneer kan ons verwag dat jy weer vir goed hier op Doornrug sal kom vervat?
Naas het nie dadelik n antwoord vir oom Dolf nie. Vir hom het dit geword of op Mooifontein alles is wat in sy lewe onmisbaar geword het.
Sien, die tante en ek kan nie meer oog hou nie. Ons wil afgee. Ons wil rus. Met Barkus, Barkus wat vandag hier is en more nergens nie, kan ons die tuig nie neerl nie. Oom Dolf sug swaar. Nou lyk dit of die man se aanwesigheid hier vir Cornelia nie goed is nie. Dis moeilik. Moeilik 
Alles hang in die lug. Oom Dolf beveel nie Naas, kom terug nie. En Naas weet nie hoe om te beloof nie.
Dit l swaar op sy gemoed. Sy gelykmatige lewe, soos hy dit graag sou wou laat voortgaan, maak opeens n liederlike rimpeling. Hy is bekommerd. Hy het dit goed gehad op Doornrug. Na die aanvanklike periode van verwerping, het oom Dolf vir hom n pa en tant Maria n ma geword. Sy gehegtheid aan Cornelia en haar sporadiese buie van gaafheid, al was dit dan ook met n vooropgesette doel, het sy klein vreugdes geword en tog baie gedoen om hom selfvertroue te gee.
Maar dit was nooit soos hy dit hier op Mooifontein gekry het nie. Mooifontein het hom uit die staanspoor met ope arms ontvang, oornag huis vir hom geword. Tant Lenie, Kotie, Santie, maar veral Hannie, het aan hom alles gegee wat hy verloor het daardie dag toe Piet Gunter vir Ousus kom weghaal het die wye onbekende in.
As hy moet teruggaan, sal hy gaan. Hy sal weer by oom Dolf-hulle gaan bly, want hulle het aanspraak op hom. Maar hy gaan iets, die allerkosbaarste, agterlaat op Mooifontein.
Hulle ry op n matige pas voort, Hannie vir n kort rukkie nie aan die babbel nie. Sy gee haar klaarblyklik oor aan Kriek se lekker gang soos Naas hom aan sy somber onrus oorgee.
Naas is baie aan tant Maria en oom Dolf verskuldig. Snaaks van twee mense wat aanvanklik so graniethard en onbetrokke voorgekom het 
Naas se gedagtes word wreed gesteur deur n hartpriemende gil. Dit tref hom soos n koel uit n roer en hy ruk soos hy skrik. Selfs ou Libanon skrik wakker, steier soos n jong perd en is vir n oomblik buite beheer.
Iets donder blitsig op hulle af. Toe gil Hannie. Naas sien magteloos hoe Cornelia met Bordeaux aangejaag kom en reguit op Kriek toesak; hom n ongenadige harde hou met die sambok in haar hand gee. Kriek runnik in protes, trek sy ore plat en vlieg weg.
Cornelia jaag tussen Naas en Hannie se perde in. Sy looi Kriek weer en weer, onderwyl haar kekkellag die lug sny. Naas sien hoe Kriek die aarde skeur; oor miershoop en dan deur die rosyntjiebos vlug. Hy hoor Hannie gil en skree van angs en sien hoe sy krampagtig aan die ramsaal klou.
Naas gee Libanon die teuels, skop hom in die sye, por hom met ferm bevele aan. Libanon slaan oor op n galop, trek sy ore ook plat. Maar vir spoed was Libanon nog nooit gemaak nie en Kriek, met Hannie op sy rug, seil al verder en verder onder hom uit. Cornelia het verdwyn soos sy uit die niet verskyn het.
Ou Libanon doen sy bes, maar bly al verder en verder agter. Toe tref dit Naas. Kriek het in sy skrik n koers gekies half weg van Mooifontein se opstal af; hou nog in di rigting vol. Maar hy sal tog huis toe en stal toe dwing; op een of ander tydstip met n Kaapse draai koers kies na die plek waar daar voer vir hom wag. Daarom stuur Naas Libanon nou in die rigting van die opstal, por hy die ou perd tot sy uiterste spoed.
Naas jaag vir minstens twee myl, al die tyd onrustig. S nou Kriek het intussen vir Hannie afgegooi? Sy kon moed opgegee en afgeval het. Kriek kon haar teen n dwarstak van n boom van sy rug af geskraap het. Hy kon in n erdvarkgat getrap, geval en haar dood geval het. Bly sy in die saal en die staldeur staan oop !
Eindelik sien hy Hannie en Kriek weer, wyd na die suidooste oor die veld, geleidelik besig om in te kom opstal toe. Libanon is nou op pad plaas toe, effens voor die wegholperd. Kriek is oor sy aanvanklike ontsteltenis. Maar hy hol nog of hy betaal word. Naas por Libanon aan om nog vinniger te hardloop. Hy skree vir Hannie om haar voet uit die stiebeuel te kry, want sy het lankal die teuels weggegooi. Sy klou nog steeds krampagtig aan die horing van die ramsaal. Hoor sy hom? Sal sy doen soos hy s? Hy l eindelik n hand op haar skouer, probeer Libanon met die knie nog nader aan Kriek dwing. Hy leun te ver oor, neig om sy ewewig te verloor. Kriek beur weg.
Toe gee Hannie haar aan Naas se arms oor. Sy gryp plotseling na hom en haar skielike oorgawe ruk hom byna uit die saal. Dit voel of Libanon swik, sy ewewig gaan verloor Vir n oomblik is Naas seker hy gaan met Hannie en al uit die saal tuimel. Maar dan herstel Libanon sy balans en is die blinde dogter veilig in Naas se arms.
Toe ou Libanon, pootuit, uiteindelik tot stilstand kom, tel Naas Hannie grond toe en klim dan self uit die saal. Hannie val hom histeries om die nek. Sy klou aan hom. Sy huil en sy lag. Sy praat woorde, woorde, woorde sonder sin. Ook uit sy mond stroom die woorde onbeskaamd. Naas weet nie waarvandaan kom alles wat hy s nie. Maar alles kom uit die diepte van sy innige seunshart. En hy soen haar traannat gesiggie, druk haar stywer teen hom aan, en verstaan eindelik wat sy s. Want sy s: S jy het my lief, ou Naas?
Ja, Hannie, ek  ek  En nou begin hy tot verhaal kom; hakkel: Ek is lief vir jou.
En ek het jou ook lief, ou Naas. So lief  Sal jy met my trou?
Trou?
Dis grootmenswoorde. Aan so iets het hy in sy lewe nog nooit gedink nie. Trou met n meisie? Hy, Naas Ferreira? Hy kan liefh, aanbid. Maar trou?
Toe? Hoekom nie?
Naas kry nie n woord uit nie. Hy kan nie. Die smaad van sy kinderdae kom terug. Hy hoor weer Basie Bessemer se koggelstem: W, ou knoprug! Ou knoprug, w, p!
Naas? Naas, jyt my dan gesoen?
Ons soen mekaar altyd.
Maar nie s nie. Nie so nie, Naas? Toe soen my weer en s jy sal met my trou.
Hannie, ek  Ek is dan gebreklik? kla hy.
En ek is blind! Het jy my dan nie ook lief nie?
Ek het jou lief Hannie. Ek het jou baie lief. Oom Dolf wil h ek moet teruggaan Doornrug toe. Maar ek wil nie. Want dan sal ek nie heeldag naby jou wees nie, bely Naas onbeholpe.
En ek het jou lief en ek wil ook altyd by jou wees, s Hannie. Ek gee ook nie om dat jy gebreklik is nie. Ek sien net jy is mooi. Vir my is jy die mooiste man en ek wil jou vrou wees.
En ek wil jou vir my vrou h, Hannie. Maar 
Maar wat, ou Nasie?
Ek weet nie. Ek het dan niks.
Soen my weer soos flussies, Naas.
Toe hulle lippe ontmoet, gaan haar arms stywer om sy nek. Ook sy omhelsing verinnig. Dit is n lang soen. Nie een van hulle probeer n einde daaraan maak nie. Ou Libanon skop-skop maar geduldig in die stof terwyl sy toom slap in Naas se een hand hang.
Dis op di toneeltjie wat Stefaans, op pad van sy suster af op Mooifontein, afkom as hy die afdraai na Mooifontein binnery. Naas en Hannie is egter salig onbewus van sy teenwoordigheid.
 Dmmit! Hier kom pre, s Stefaans by homself en fluit saggies deur sy tande.
Dan ry hy voort  gevul met di splinternuwe bekommernis. Moet hy gaan vertel, of moet hy nie? Dadelik besluit hy hy sal sy suster gaan s, di vertel en dit dan aan haar diskresie oorlaat. Dis onwaarskynlik dat die storie nie sommer vanaand al in Doornrug se kombuis sal loop nie ... maar dan is hy immers onskuldig.
Naas Ferreira en Hannie Davel keer terug na die opstal met n geheim wat hulle nie weet hoe om vir hulleself te hou nie, want dit l groot in hulle o, in hulle houding teenoor mekaar. Die blydskap borrel in Naas op tot hy dit dawerend uit volle bors wil sing. Tuisgekom, loop hy wye draaie om Hannie. Hy kyk en kyk na haar, drink haar gestalte in en is verslae dat iets so moois met hom kon gebeur het. Maar dan kom die nugterheid, gepaard daarmee die onmag en die onrus. Die hartseer. Die skuldgevoel. Hoe durf hy? Wie sal ooit toelaat dat n wanstaltige gebreklike met n blinde meisie trou? En hy het dan niks!
Naas besef hy moet minstens met tant Lenie praat. Om die geheim met hom te dra, is oneerlik. Maar hoe moet hy praat? Hy, wat al so baie uitgelag is, vrees so n kwetsing. Hy het al gewens Hannie wil die ding uitlap. Maar dit is nie Hannie se plig om aan te kondig nie.
n Paar aande later roep tant Lenie hom na haar slaapkamer. Naas kry sommer die bewerasie. Hannie het iets gerep en nou kom die oordeel! Tant Lenie staan voor haar spielkas. Naas kom skoorvoetend in, bly staan in die deur. Tant Lenie draai om na hom toe. Naas kyk oral, maar nie na haar nie.
Naas Ferreira, hoe is jy soos n hond wat vet gesteel het? vra tant Lenie skerp. Maak toe die deur, beveel sy dan. Hy gehoorsaam, skrik toe hy Hannie in die halfdonker buitekant die deur gewaar.
Weet jy miskien hoekom ek jou laat roep het? vra tant Lenie.
Hm-m  maak Naas n hulpelose mompelgeluid. Tot praat is hy nie in staat nie.
Naas, Bettie het vir my kom s haar broer Stefaans het jou en Hannie op die plaaspad sien vry. Julle het mekaar gesoen, sommer oop en bloot in die veld agter almal se rug! Wat bedoel julle daarmee? Toe, ek wil weet. Jy weet goed ek hou nie van skelms nie.
Hm-m  e-e  is al geluid wat Naas uitkry. Daar kriewel iets in sy keel. Hy kyk oral, behalwe na tant Lenie.
Tant Lenie kom na Naas toe. Sy vat hom agter die kop, dwing hom om in haar o te kyk.
 Naas, ek het Hannie ook voor stok gekry. Syt ges julle is lankal lief vir mekaar en jy wil met haar trou. Dink jy jy kan vir my kind sorg?
Naas voel nou gaan hy huil. Tant Lenie se o wat andersins so mooi en sag is, lyk nou so verdoemend. Hy besef nou hy en Hannie het n vreeslike ding aangevang.
Maar toe trek tant Lenie hom na haar toe en soen hom. Ou Naasman, jy kan ons Hannie kry. Jy kry haar met al ons goeie wense en innige gebede.
En nou is dit tant Lenie wat huil.
En jy moenie oor jou gebreklikheid bekommerd wees nie. Dit sal niks maak as die Here julle eendag met kindertjies sen nie. Dit sal niks maak nie. Hulle sal volmaak en regskape wees, glo my. En tant Lenie huil onkeerbaar.
Kotie het gaandeweg in so n mate herstel dat hy weer die boerdery kan waarneem. Hy loop nog met n kierie en kan nie te lank op die been bly nie. Tog is dit sy hand wat langsamerhand weer alles rig; weer hy wat die besluite neem.
Dit is Kotie wat Naas met twee waens gelaai met koring Johannesburg toe stuur. Naas gaan gesels met oom Dolf. Toe die waens vertrek, is dit drie. Stefaans gaan saam met n vrag van oom Dolf.
Jy moet huis toe kom, Naas. Nou het ons jou die nodigste, s tant Maria. Nou moet jy huis toe kom.
Ek sal vir Kotie s, belowe Naas. Maar dit is nie so maklik nie. Met die ontluiking van sy en Hannie se liefde, met die spontane instemming van tant Lenie tot hul verhouding, het dit vir hom byna vanselfsprekend geword dat hy op Mooifontein sal bly, waar hy net so nodig is en waar daar genoeg plek vir hom en sy kinders eendag sal wees.
Naas is in n tweespalt en weet nie herwaarts of derwaarts nie.
Toe kom soek Stefaans op Mooifontein na Cornelia. Eers was dit Barkus wat sommer net so foeit! weggeraak het, en nou is dit die nonna. Syt somme net soek geraak. Vemre toe die ounooi opstaan, is sy net mooi niewers. Bordeaux is nog op stal. Sy is nie met die perd saam weg nie. Ai, die nonna se kop vat nie. Sy moet na gekyk word, kla Stefaans sy nood.
Jy moet Doornrug toe gaan, Naas, s Kotie. As oom Dolf-hulle jou nodig het, moet jy nie dat ons jou hier hou nie. Ek kan jou nog altyd vra om te kom uithelp as ek vasbrand.
Nee, dis goed, Kotie. Oom Dolf maak al lankal voorbrand ek moet weer daar kom inval. Ek  ek dink dit sal reg wees.
Naas wil meer s, weet nie hoe om dit aan Kotie te s nie. Sy o soek na Hannie.
Kotie lag, iets wat hy deesdae al meer doen. Jong, Hantjie sal jou mis. Maar jy weet tog jy is altyd welkom hier en as ek net tot my eie voordeel moes besluit, het ek ges: Bly hier, want hier is genoeg plek vir ons albei.
So beland Naas terug op Doornrug. Maar di keer word hy nie weer in die solderkamertjie gestop nie. Hy kry die kamer langs oom Dolf-hulle se slaapkamer.
Naas het baie geleer op Mooifontein. Sy verantwoordelikheid is nou ook baie groter as voorheen. Oom Dolf vergesel hom soggens en saans kraal toe, want n boer moet sy vee minstens twee keer per dag onder die oog kry. Die beeste word goed deurgekyk. Oom Dolf het n oog wat alles raaksien en sien baie gou wanneer n bees of bok knieserig is.
Jou beeste moet jy soos goud oppas, s hy dan vir Naas. Sonder n bees is n man gans en al verlore. Ja nee, daar was dae toe n man net jou span osse en een melkkoei gehad het en nog kon leef.
Oemfaan, die wit bul, is nog in sy deel van die kraal. Die ou bul word oud, s oom Dolf. Ek dink ernstig om hom vir Stefaans-hulle vir die winter te gee. Ja, van hom het Doornrug al n hele kudde. Kyk net die jong beeste, almal sy kinders. Oom Dolf sug. Hy dink aan Cornelia; praat dan half met homself, half met Naas: Dis net vir Cornelia vir wie hy tyd het. Ja, Cornelia het n slag met hom. Na haar luister hy. Net sy kan dit by hom in die kraal waag. Maar so n bul bly n onvoorspelbare ding.
Oemfaan is inderdaad gevaarlik, vir n mens gedurig n bedreiging. Mens weet nooit wanneer hy uit die kraal kan breek nie. Naas kan die dag nie vergeet nie toe die wit bul hom so byna dood gehad het. As hy sy sin kan kry, maak hy Oemfaan net more van kant. Maar n bul op n boereplaas is n onontbeerlikheid.
Dit word weer tyd om die grond reg te kry vir die komende jaar se koring. Bemesting moet ingery word. Dag na dag word vrag na vrag geswete beesmis uit die kraal lande toe gery en daar egalig gestrooi. Naas is van plan om vanjaar nog n paar akker by die vorige jaar se lande te voeg. Hy het hor op n fontein laat oopmaak wat nogal n belowende water het.
Konstabel Dorland maak laat een middag sy opwagting, maar nie op soek na Barkus Hoon nie. Daar is wye uitbrekings van hartwater onder die vee in die gebied en hy kom gee opdrag dat oom Dolf al sy groot- en kleinvee op n dag op Driedorings moet besorg om gedip te word. Bring selfs julle honde en al die diere van julle werkers en slaan nie n inkelte oor nie, beveel Dorland. Ja, ons wil nie nog n slag n runderpes in ons land h nie.
Die bul? Dit sal nie maklik wees om Oemfaan daar te kry nie, opper oom Dolf.
Hy moet saamkom. Ek sien net nie hoe hy nie kan saamkom nie, s Dorland.
Hys n beneukte derduiwel, n moordenaar, hou oom Dolf vol.
Maar Oom se manne is mos te perd? Maak n plan. Sorg net dat hy gebring word.
Oom Dolf besef Dorland gaan Oemfaan onthou. Hulle sal die wit bul daar moet kry.
Was Barkus maar hier  Oemfaan het ontsag vir hom, s oom Dolf die volgende dag. Hy en Naas is weer by die krale. Cornelia is ook daar. Sy sit op die ho muur naby Oemfaan. Die koeie is reeds gemelk en sal nou enige oomblik veld toe gaan. Oom Dolf takseer Oemfaan met kommer op sy gesig. Die wit bul met sy rooi o loop grommend heen en weer. Sy kop steek net soms bokant die klipmuur uit. Ja, Barkus sou die ou kon hanteer het, besluit oom Dolf.
Naas luister skaars. Hy word gehipnotiseer deur die bul. Dit is al asof Oemfaan nog altyd sy halwe werk van destyds onthou, of hy nog steeds soos n voorbode sy skaduwee oor die seun gooi.
Die aand aan tafel praat oom Dolf weer oor die beeste wat moet Driedorings toe om gedip te word. Oemfaan sal moet saamgaan. Ek weet nie of hy skaflik saam met die ander beeste sal loop nie. Had ons net vir Barkus hier!
Oom Dolf sug.
 Maar Barkus kan mos nie sy gesig vir konstabel Dorland loop wys nie, jy weet tog, Dolf? skrobbeer tant Maria. En later vra sy: Dinsdag, s jy? Dink jy jy het genoeg mense vir die aanjaag? Jy weet tog dit is vir die kalwers en die koeie n vreemde koers na n vreemde ding.
Naas, gedagtig aan tant Maria se woorde, ry laat die middag oor Mooifontein toe. Daar verneem hy Kotie moet al Mooifontein se diere die Maandag al op Driedorings h. Kotie, ek het so gedink: Stefaans en ek en die hande wat ek op Doornrug kan bybring, kom help jou Maandag. En dan stuur jy Mischa en dies wat jy kan spaar om Doornrug se bees Dinsdag daar te kry. Jy weet oom Dolf sit met die bul, Oemfaan.
Oemfaan? Ja, die derduiwel, beaam Kotie. Goed, ons maak so. S vir oom Dolf.
Die groot swarigheid wat voor wag, is Oemfaan, die wit bul.
Ek weet nie of dit nie beter sal wees as ek hom hede op die daad skiet nie. Ai, ek is so bang vir iemand om seer te kry, mymer oom Dolf nog die Sondagaand aan tafel.
Pa skiet nie vir Oemfaan nie. Ek s Pa skiet nie my kalfie nie! skree Cornelia, wat nou byna nooit praat nie, opeens buite haarself. As Pa Oemfaan doodskiet, sal Pa sien wat gaan dan gebeur. O, ek steek sommer die huis aan die brand! dreig sy en kies koers na buite, die nagduisternis in.
Oom Dolf sug. Tant Maria vou van haar hande krampagtig op haar skoot, stilswye en n algehele blik van onmag hul enigste reaksie.
Laat daardie aand daag Barkus Hoon sommer van nrens af op.
