Hoofstuk 13
In die dae wat aanbreek, hinder dit Naas dat hy nie oom Staag se opdrag uitvoer nie. Daarna doen hy sy bes van di taak te vergeet. Hoe verder hy van die insident in Mtwetwe se stat verwyder raak, hoe vaer word wat daar gebeur het. Alles word op die duur vir hom iets wat verby is. En toe hy oom Staag se opdrag heeltemal van hom afgeskuif het, voel hy vry en kan hy Cornelia weer in die o kyk.
Mooi voorsomerse rens val en hy en Windvol is dag na dag van vroeg tot laat aan t ploeg in die dro lande om somergewasse in die grond te kry. En toe die ou lande almal geploeg en gesaai is, s oom Dolf: Manne, dis nog vroeg en die grond is lekker nat. Keer nog n paar morg nuwe grond om, dan wen ons aankomde jaar dubbel vanjaar se oes.
Naas-hulle pak die nuwe lande aan. Dit gaan met baie meer moeite, want die rou grond laat hom nie so maklik inbreek nie. Die osse is egter uitgevreet en na nog drie weke het hulle minstens nog tien morg nuwe grond aangebraak.
Hy en Windvol ry nou mis op die aartappelland, harde werk. Naas is saans moeg en voel voldaan na elke dag se eerlike arbeid. Dan wil hy hom nie met sy gewete bebodder nie.
Cornelia is ekstra goed vir hom. Sy daag klokslag elke dag met n fles koffie op waar hulle ook al werk. Ook Stefaans en Windvol kry ook hulle porsie.
Ja-nee, vir manne wat so fluks is, moet daar gesorg word, s Cornelia en prys graag hulle vlytigheid.
Naas gee al meer die toon aan in die boerdery. Waar Stefaans aan die begin die hoe en die waarom van dinge uitgel het en die voortou geneem het, is dit Naas wat begin lei, is dit hy wat: Toe-toe, die son drink al water! s en moet aanpor. Hy dra die gesag. Stefaans onderwerp hom aan Naas se leierskap, oom Dolf bespreek sake met hom en Cornelia s dikwels: Pa s jys nou die boer van Doornrug, Naas. Hy s hy hoef jou nie eers meer aan te maan oor werk wat gedoen moet word nie.
Cornelia se prys laat Naas belangrik voel. Soms vergeet hy selfs van sy boggelrug. Hy droom drome waar hy liggaamlik volmaak; gesog is, waar n meisie met Cornelia se mooi gesig en aanvalligheid vir hom s: Jy is my held Naas, ek het jou lief.
Barkus Hoon is nog net n vae skim uit die verlede. Sedert daardie nag met die vloek, het Naas die groot man nog nie weer gesien nie. Maar wanneer konstabel Dorland op Doornrug kom, verneem hy na Hoon.
Hy moenie dink hy sal wegkom nie, s Dorland. Hy is op ons boeke. As n man eers op ons boeke is, kry ons hom, al vat dit ook n honderd jaar.
Van Mooifontein se mense hoor hulle min.
Stefaans gesels een Maandag sommer so terloops. Hy was weer by sy suster op Mooifontein. Kotie Davel het die doodmaakmaagsiekte, s my suster. Die ounooi perbeer glo met haar mirsyne en ou Staag kom met sy bossietjies. Maar die brand pak seur Kotie weer soos die Duiwel uit die hel self. My suster seg dis toordery. Seur Kootman is in sy verstand in tot wie weer waar getoor en my sus s hy gaat nog vrek ok.
Die nuus gryp Naas se gewete opnuut. Hy sien Cornelia weer met die kleibetakelde gesig en die kaal bolyf met die pop sit wat sy by ou Mtwetwe gekry het. Hy onthou weer die kere toe hy so stip in die lywige vrou se o gekyk het. Hy sien hoe Cornelia met n speld in die pop se sy karring. Hy sien weer hoe Kotie Davel krul van die pyn, hoor hom smeek en bid. Dan sien hy hoe Cornelia die punt van n breinaald in die kersvlam warm maak en die pop in die sy brand tot mens die brandreuk kry. En hy sien Cornelia huil en hy hoor hoe sy Kotie se naam oor en oor noem.
Aag, dis nooit so nie. Ek het dit gedroom, probeer hy die gedagtes en voorspooksels van hom weer.
Maar dan praat oom Staag Lemier se stem weer met hom, oom Staag wat hom so ernstig en dringend aangemaan het. Belowe en jou beste is nie goed genoeg nie, Naasman. Jy moet hom vir my kry en bring. Dis doodsake.
Naas het self gesien hoe dodelik siek Kotie was en dit pla hom.
As hy nou weer  Aag, wie s dis van die pop? Dis sommer ouvrougelowe, paai hy sy gewete. Maar as dit nie sommer is nie? As Kotie Davel met die pop getoor is? As Cornelia Kotie met die pop wat sy van die inyangas gekry het, stadig doodmartel?
Nee, Cornelia sal nooit so iets doen nie, maak Naas homself wys. Hy het Cornelia die afgelope tyd van nuuts af leer ken. Sys n dierbare mens en so sagsinnig. En sy het vir hom so n mooi broek en hemp gemaak.
Naas droom van oom Staag Lemier wat hy nie kan ontvlug nie.
En toe, Naasman, wanneer bring jy die pop vir my? vra oom Staag.
E  e ..., Oom, stotter Naas.
Soek jy, jong? Vorder jy, Naasman?
Ek soek, Oom. Naas kyk liewer nie in oom Staag se gesig nie.
Jy moet harder soek. Jy moet daai pop kry, kragtie, man! Weet jy tant Lenie het al n kis vir Kotie laat maak?
Di droom gryp Naas se gewete opnuut vas. Op n Sondag toe Cornelia na vriende is en oom Dolf en tant Marja na ete gaan skuinsl het, waag Naas dit tot oor die kombuis se binnedrumpel. Daar begewe sy moed hom, want hy bevind hom in n groot voorkamer, n vertrek wat radikaal verskil van die praktiese kombuis. Hy voel onmiddellik heeltemal uit sy plek. Soveel swier en weelde sou hy hom dit nooit kon voorstel nie.
Hy sien die lang, lang eetkamertafel met die satyntosseltafelkleedjie, wat hy glo van goud gemaak is, en die donker stoele met hulle penregop rugleunings met goudomboorde satynstof gestoffeer. In die een hoek staan die byna swart servieskas met sy gedraaide pote en gekerfde hortjies, sy spiel en sy verhogies met die koperpotte daarop.
Naas het nog nooit so iets gesien nie. Hy is stomverslae, vergaap hom. Hy vergeet om rond te kyk, na n deur te soek wat na n slaapkamer kan lei. Want volgens wat hy gesien het, sal Cornelia die pop in n kas in haar slaapkamer bre. Maar dit vergeet hy nou in sy verslae verwondering oor di vertrek, wat vir hom mooier is as enigiets wat hy hom ooit kon voorstel. Toe gaan die voordeur oop en staan Cornelia lewensgroot voor hom. Hy is op heterdaad betrap, verbysterd van skrik. Maar Cornelia pluk haar moffies uit en gooi dit saam met haar ryswepie op die tafel.
En waar val jy uit, Naas? vra sy gul en nooi toe sommer. Sit, jong, dan gaan soek ek vir ons koffie.
Sy stap in die rigting van die kombuisdeur. Naas bly botstil staan. Hy moet iets s, maar weet nie wat nie.
Toe stotter hy: Ek sal liewer ook kombuis toe kom.
Cornelia lag vir hom; lag bly en vrolik, Ag, nee, Naas dis jou huis ook. Onthou, jy is my nefie.
Ek  ek wil eers my hande gaan was en  en jou perd gaan versorg, stamel hy en vlug byna uit die voorkamer, deur die kombuis na buite en met die voetpaadjie af fontein toe.
Naas het hom verslae geskrik. Hy glo Cornelia sien deur hom. En hy weet nou hy sal nooit weer die moed h om sy voet oor die binnedrumpel te sit nie.
Naas is n paar dae later met die laaste stukkie leigrond onderkant die huis doenig. Dit is n versteekte lappie grond aan die heel verste punt van die skotige lopie wat bo by die leifontein begin en in rentyd geil gespoel word met die rykste bogrond.
Omdat n ploeg en span osse nie hier kan inkom nie, word die plekkie met n graaf omgespit.
En nou beplant Naas die lappie grond met broodmielies  van alle variteite die lekkerste groenmielie. Naas se gedagtes kuier ver en naby. Sy noue ontkoming in die huis was toe nie so erg nie. Hy het Cornelia daarna n paar keer weer gesien. Vir haar is dit nie snaaks dat hy in die voorkamer was nie. Sy het weer aan hom ges: Dis ook jou huis, jy hoort hier, Naas.
Maar oom Staag Lemier se opdrag knaag aan hom en die blote feit dat hy geprobeer en misluk het, het tog sy gewete in n mate gesalf. Hy sal vir oom Staag s as di hom daag. Gits, wat sou Cornelia gedoen het as sy hom in haar kamer betrap het? Die blote gedagte gee hom hoendervleis.
Oom Dolf het die jongste nuus van Mooifontein gebring.
Hulle het toe jou wragtie n dokter by Koot gehad. Di het glo goed gegee, maar hy s hy weet nie raad nie. Hy het nog nooit so n geval teengekom nie. En mens, die ruik wat die man afgee! Mens kan dit nie in sy kamer uithou nie. Ek was net by hom en toe weer uit. Ek wou-wou net jongosse inspan. Mensig, dis verskriklik, het oom Dolf te vertel.
Feit is, Kotie Davel is ongeneeslik siek. Hy is besig om lewendig te verrot.
En daaraan dink Naas nou. En dit jaag hom.
Naas plant mielie vir mielie. Al n paar keer is dit of hy n geluid hier naby hom hoor. Die een of twee keer dat hy rondgekyk het, het hy niks gewaar nie. Maar daars dit weer!
Naas kyk na waar Stefaans en Windvol hor op die leivoor aan die skoonmaak is. Toe kom die geluid weer, skerp en dringend, byna soos n fluit. Naas verken die boskaas na die pad se kant toe. Toe gewaar hy oom Staag Lemier net vir n oomblik, voor hy agter die bos wegsak. Naas verbleek sommer, want oom Staag het dringend, driftig vir hom gewink om na hom toe te kom.
Naas kyk eers in alle rigtings. Hy moet nou versigtig wees. Stefaans en Windvol woel in die leivoor, kyk nie op nie. Van doer bo waar die land oor die horison verdwyn, tot hier by hom, na alle kante toe, is geen sterfling te sien nie. Hier af in die poort waar die bome alle uitsig versper, gewaar hy ook niemand nie. Hy smyt sy graaf neer en verdwyn vinnig in die boskaas.
Hy kry oom Staag nie dadelik nie, maar n geluid na regs, dieper onder die bome, verklik die ou man se posisie. Oom Staag hou aan om koes-koes deur die bosse te beweeg en stop eers wanneer hulle goed buite sig- en hoorafstand van Stefaans en Windvol is.
Toe, het jy toe al darie duiwelse pop vir ons gesoek, Naas? vra oom Staag nog voor hy groet.
Dag, Oom, groet Naas eers. Ja, Oom, ek het gesoek, maar ek kan die ding nie kry nie. Ek  ek  Syt my so ampers uitgevang.
Dis oorlat jy nie hard genoeg geperbeer het nie. Ek het mos vir jou geseg jy moet die vervloekste ding kry en gou ok. Oom Staag blik Naas aan, sy beskuldigende o ernstig en kwaai op die seun.
Ek het jou mos uitdruklik geseg dis nie net vir perbeer nie. Kry, moet jy die ding kry en gou ok. Die behekste vroumens is besig om Kootman bietjies-bietjies dood te vermoor. Ek het jou geseg. Magtag, ek wens ek kan jou nou bring daar waar Koot Davel l en opvrot, lat jy met jou eige oge kan sien. Jong, jy moet die vuilegoedse ding nog vandag uit haar kamer uit kry en vir my bring. Jy moet hom vir my bring, hede vandag nog vir my bring, of Kootman Davel is n kind des doods. Dan sal dit jou skuld wees, Naas, hoor jy my?
Oom, ek sal. Ek sal my bes doen, stamel Naas.
Bring, seg ek. Nie jou beste nie. Bring! Magtag, kjind, is it dan nie vir jou ok duidelik hoeke doodsake dit is nie?
Ek sal hom bring, beloof Naas. Ek sweer ek sal hom kry en bring.
Hede vandag nog en gn ogenblik later nie. Soek hom. Jy sal hom ruik stink. Soek hom op sy stank, benadruk oom Staag. Toe, loop nou, voor Stefaans-hulle hond se gedagte kry.
Wag! roep oom Staag vir Naas terug.
Is jy te sleg om hom te kry, kom jy vanaand nog oor na my plek toe. Ek wil jou iets loop wys lat jou oge oordentlik oop kan kom. Toe, loop nou. Oom Staag verdwyn self byna oombliklik. Naas vat die graaf en plant voort aan sy mielies. Hy is diep bekommerd; bang. Nou mt hy die pop kry en vir oom Staag bring. Hy is in n hoek gedryf. Ingedagte grawe hy in die harde grond, praat onderlangs met homself. Een keer kyk Stefaans nuuskierig op; gaan dan woordeloos voort met sy werk. n Rukkie later kom oom Dolf daar aan met drinkgoed.
Naas, jou tante en ek wil oorry Driedorings toe om goedjies te koop. Oom Dolf meet die sit van die son. Sal jy vir ons kom inspan?
Nou, Oom? vra Naas.
Ja, man, die kapkar. Cornelia is weg met die treppie.
Naas se hart bokspring. Het hy reg gehoor? Dis nou sy kans. Dis nou of nooit!
By die huis gekom, bring hy dadelik vir Nobel en Nelson en span in. Hy is klaar juis toe tant Maria in die kombuis kom.
Kandas? roep sy na Stefaans se jongste suster, op die oomblik haar huishulp. Naas, sys nog by die wasklip. Sal jy vir haar s sy moet boontjies opsit en sorg dat die benevleis goed sag kom. S vir haar sy moet die pampoen in n ander pot kook, sal jy?
Ek maak so, tant Maria.
Naas kyk hulle agterna toe hulle ry. Hy moes gevra het waarheen Cornelia is en wanneer sy terugkom, dink hy te laat.
Toe draai hy om na die le huis wat vir hom wag. Naas maak die kombuisdeur toe en n oomblik later is hy in die voorkamer wat hom die eerste keer so gemponeer het. En nou word hy ook bewus van die vae onwelriekendheid, soos iets wat iewers ver aan die ontbind is. Hy het al gehoor tant Maria kla oor n reuk.
Di keer kyk Naas nie na die voorkamer se inhoud nie. Hy soek n deur en kry, behalwe die voordeur, n binnedeur na regs. Naas staan n oomblik met sy hand op die deurknop, oorweeg sy volgende stap. Dan maak hy die binnedeur oop en beland in n gang. Van hier kry hy n deur regs uit die gang wat, na ondersoek, toegang gee tot n spens: n groot langwerpige vertrek met rakke swaar gelaai onder die biltong, drovrugte, seep en ander kruideniersware. Daar is ook n deur na links uit die gang. Toe hy dit oopmaak, is hy opnuut verstom. Hy kan byna nie glo wat hy sien nie. Die groot hemelbed met sy ho kap en valletjiesgordyne in die middel van die kamer, lyk soos die hemel self. Dit is so mooi!. Sou mense in di bed slaap? Maar dis nie Cornelia se kamer nie. Dt lei hy af uit die klere in die kas met die ronde spiel  manshemde en baadjies en velskoene wat na motbolle en ouderdom ruik. Wanneer Naas die kasdeur toemaak, sien hy sy eie weerkaatsing vir n oomblik in die spiel; koes dan verskrik uit die vertrek.
Verder in die gang af is nog n deur, nog n slaapkamer. Ook hier is, behalwe n klerekas, n wastafel met skottel en lampetbeker en n groot bed. Dis n ysterledekant met koperknoppe aan die style, blinkgevryf en pragtig. En die spierwit bed is pragtig opgemaak met n bedsprei en n tamaai bulsak daarop.
Maar daar is nie klere in die kaste nie, niks wat hom aan Cornelia laat dink nie. Dis nie hierdie kant nie, mompel hy en besef die onaangename reuk het so te s weggeraak.
Terug in die voorkamer is nie nog n sydeur nie. Naas gaan versigtig by die voordeur uit op die bre stoep. Hy sien daar is nog twee stoepdeure na links, albei toe. Hy draai die eerste een se knop, druk die deur saggies oop en gaan doodluiters in. Hy skrik te laat.
Wies daar? vra n ou, ou stem. Hartjie, is dit jy?, di keer agterdogtig. n Krom man met n bos wit baard staan sukkel-sukkel uit n diep leunstoel op. Die ou man staar vraend na Naas en hy besef meteens: Dis sy oupa Losper! Die ou man moet egter blind wees, want die waterige o wat in Naas se rigting kyk, is sonder fokus of herkenning. Suutjies retireer Naas en maak die deur versigtig toe. As dit sy oupa Losper is, moet sy ouma ook daar naby wees. Hy voel opeens soos n hond. Sy oupa  Sy ouma was duidelik nie in die kamer nie. Waar sou sy dan wees?
Daar is nog net een deur. Die nare reuk is nou sterker. Naas maak die laaste deur versigtig oop; heeltyd bewus dat hy enige oomblik betrap kan word. Onmiddellik walm die stank weer om hom. Hy is nou in n gang en toe hy by n oop deur na links inloer, sien hy die maer withaarvrou krom op die bed sit. Sy sit daar verwese, kyk nie op nie, lyk so weggegooi.
Naas glip verby die oop deur en volg die gang na regs. Toe hy weer by n deur inkyk, herken hy dadelik Cornelia se kamer. Dit is die kamer wat hy in die gesig gesien het! Die bed, die spiel, die klerekas is alles presies soos hy dit gesien het. Hy gaan dadelik na die houtkis, begin klere uitpak en soek. Maar die pop is nie in die kis nie.
Hy soek oral  in die wastafel, in die spielkas, selfs onder die bed. Maar in hierdie kamer is nie so n pop nie. Tog bly hy konstant bewus van die slegte reuk wat verstikkend in die vertrek hang. Naas kyk rond en besluit om die res van die gang ook te verken. Hier is dit stikdonker en hy vind sy weg voel-voel. By ouma Hartjie se kamer loer hy om die deurkosyn en sien dat sy oupa nou by die witkopvrou op die bed sit. Hartjie? Haai, hoor jy my, Hartjie? hoor hy sy oupa s. En dan: Ag, sy hoor nie meer nie. Stomme ou mens weet van niks meer nie. Toe skrik Naas. Hy het perdepote gehoor. Dit kan tog nie al oom Dolf 
Naas hoor Cornelia na Kandassie roep. Hy hoor haar helder stem. Sy wil weet waar haar ma is. Aan die dra van haar stem weet Naas sy is op pad. Sy is reeds in die voorkamer. Dit is te laat. Hy is vasgekeer, betrap.
Naas vlug terug in die rigting van Cornelia se kamer; soek die donker gang op. Cornelia het die stoepdeur al oop. Sy loer by haar oupa-hulle in, vra hard waarheen haar ma is.
Naas maak hom klein in n donker hoekie van reg buite Cornelia se kamerdeur en hoor hoe sy hart angstig bokspring. S nou sy betrap hom hier? Hy probeer om al nader aan die muur te wriemel en voel skielik n harde riffie teen sy skouerblad druk. Dis n skarnier, die skarnier van n valluik! Die deurtjie is skaars agtien duim hoog, maar voel vir Naas soos die poort tot sy redding. Hy maak dit oop, voel binne vir n vloer en klouter in die oomblik toe Cornelia uit haar ouma se kamer kom. Hy struikel half oor iets op die vloer en kom nou agter die plekkie waarin hy hom nou bevind, is bloot n muurkas. Skaars twee voet diep, maar veilig in die stikdonker.
Naas l ingekrimp in die bedompige plekkie wat des te onherbergsaam is omdat die stank van n etterende wond hier byna oorweldigend is. Dit kom voor of die stank hier reg onder sy neus; bedwelmend skerp. Naas hou sy asem in, probeer elke geluid buite opvang. Hy het Cornelia se voetstappe tot in haar kamer gehoor. Nou is dit of sy iewers besluiteloos, miskien vol agterdog staan. Want sy maak nie n geluid nie. Hy hoor haar nie loop nie. Sy staan iewers doodstil en 
Het sy iets agtergekom? Staan sy en luister? Kan sy sy asemhaling hoor? Toe Naas haar weer hoor beweeg, klink dit of sy nader kom. Hy l doodstil, maar sy asemhaling, glo hy, vul die huis. Naas verwens die moed wat hom genoop het om die pop te kom soek. As hy hier betrap word, wat gaan hy aan Cornelia s?
Cornelia kom nader. Toe kraak die deurtjie hier voor hom. Hy sien vaag haar hand, haar wit hand wat deur die deuropening kruip en in sy rigting tas. Dit voel of haar hand blind na sy gesig soek; daaraan wil raak. Hy beur weg, maak hom klein teen die muur agter hom. Maar dan sluit haar vingers om iets. Dit is die ding wat in n kombersie of iets toegedraai met die inklim in sy pad gel het. Cornelia hark dit byna gulsig nader en kry dit met die ander hand ook beet.
Sy het die deurtjie bo iewers vasgehaak, want dit bly oop toe sy met die bondel in haar hande omdraai en na haar kamer toe gaan. Daar gaan sit sy op die bed, in so n posisie dat Naas duidelik kan sien wat sy doen. Cornelia l die bondel versigtig op die bed neer. Toe woel sy die kombersie oop, haastig, halsoorkop. Haar hande bewe. En toe 
Naas uiter byna n kreet van verbasing toe hy sien wat Cornelia in haar hande hou. Genade! Hy kan amper hoor hoe sy gedagtes jaag  want die voorwerp waarna sy nou so intens kyk en kyk asof sy nooit van kyk daarna genoeg kan kry nie is die houtpop wat sy by die inyangas gekry het!
Dit is dieselfde pop, maar ook nie dieselfde pop nie. Die pop wat Cornelia nou in haar hand het met die sprekende trekke van Kotie Davel, het nie meer die nuwe, vars voorkoms van daardie dag nie, maar het oud geword en lyk verweerd soos iemand wat al lank deur n wrede siekte verteer word.
Naas kyk mooi, maar hy kan nie uitmaak waarvan die pop gemaak is nie. Dit kan hout of leer wees, selfs lap of klei en  Hy kom ook nou agter die stank is nie meer so oorheersend hier by hom nie  wat beteken die aaklige, vrot reuk kom van die pop af. Kan dit moontlik wees dat die ding lewe? Maar hoe anders kon dit Kotie verander het van die beeld van n gesonde, welgeskape jong man, tot die verouderde, uitgemergelde, gefolterde mens wat hy nou is?
Cornelia sit op die kant van die bed en kyk na die pop. Dit lyk byna of sy gehipnotiseer word deur die potsierlike, skrikwekkende na-aapsel van Kotie Davel. Sy maak gedempte geluide, skaars n geprewel, nouliks n gepraat. Opeens weeklaag sy lewensmoeg en verslae, druk die afskuwelike pop teen haar vas en gooi dit dan dat dit op die rand van die bed half op die bed bly l en half afhang. En toe druk sy haar gesig in die kussing en Naas hoor haar hartverskeurend, maar sag en gesmoord huil. En hy hoor haar oor en oor weeklaag: Ai, Kotie! Ai, Kotie! Ai, Kotie!
Daarna is sy vir n kort oomblik stil.
Toe Cornelia weer orent kom, is haar wange nat van haar trane, maar haar o het kil en emosieloos geword. Sy tel die pop weer op, kyk lank en aandagtig daarna. Naas, vanuit sy skuilplek, sien hoe haar gesig verander, hoe die hartseer in haar verander in haat wat haar gesig hard maak.
Cornelia loop met die pop in haar arms na die spielkas by die koppenent van haar bed en kom terug met nog iets wat sy vashou. Naas sien nou dit is n lang hoedespeld. Sy vroetel in die wastafel na n kers en vuurhoutjies en steek die kers aan. Nou kyk Naas gehipnotiseerd hoe sy die naald in die kersvlam warm maak en daarna op die mees verweerde plek op die pop, in die sy iewers, druk.
Die naald is warm. Die rook staan. Die slegte reuk verhewig. Naas verstaar hom aan di vreemde, onnatuurlike handeling. Maar nog vreemder en onnatuurliker is haar gesig. Haar hare val vooroor soos sy oor die pop buig. En die uitdrukking op haar gesig onderwyl sy so karring in die pop se verweerde sy, die pop wat vir Naas lyk asof hy lewe en krul van die pyn, is vervul met n besete, boosaardige lekkerkry, nog erger as die lekkerkrytrek destyds op Basie Bessemer se gesig wanneer hy Naas treiter.
Cornelia het n volkome gedaanteverwisseling ondergaan. Daar is nou niks sag meer in haar gesig nie. Al die mooiheid het uit haar gewyk. Dis soms of haar gesig n vlam, n vlam van haat uit die hel self is. Sy is toornig behep met wat sy doen. Sy leef haar in, gee haar oor aan die marteling van n lewelose, gevoellose mismaaksel van n pop. En vir Naas is dit al of die reuk van verrotting vererger het.
Eindelik staak Cornelia haar gekarring met die speld in die pop. Sy sit doodstil op die bed met haar broeiende o na binne gekeer. En Naas, in sy skuiling, se o is groot op haar, want die mens wat daar op die bed sit is nie die Cornelia wat hy ken nie. Dit is glad n ander mens. Dit is iemand verskriklik. Naas sug opeens, sug sy ontsteltenis. Want Cornelia se gesigsuitdrukking het weer verander. Haar ingetonheid het n voorneme geword. Sy skud die pop: Ek sal jou wys! O, jou vuilegoed, jy soek mos daarna! Ek sal jou wys! hoor hy haar dit haatvervul uitkras. Sy staan weer op met die potsierlike pop nog in haar hande en l die pop dan op haar bedkas neer. Toe steek sy weer die kers aan. Sy staan nou effens met haar rug na Naas toe en hy kan nie sien wat sy doen nie. Maar na n rukkie verstik hy byna weer in die stank wat verhewig.
Cornelia het haar posisie voor die kas weer effens verander en nou sien Naas wat sy doen. Sy het die naald in die kersvlam warm gemaak tot dit rooiwarm is en druk dit nou weer met venyn in die pop se lyf. S hou sy dit, totdat daar n yl rokie uit die pop trek en n heksagtige trek van genoegdoening op haar gesig alles wat mooi is uit haar wese verban. Sy hou minute lank so aan, maak die naald weer en weer rooiwarm.
Naas se o is nie vir n oomblik van haar doenigheid af nie. Hy word gehipnotiseer deur die bewegings van haar hande, deur haar veranderde gesigsuitdrukkings, deur haar onmenslike behae, ook deur haar selfmarteling, want, helaas, dit blyk ook deel te wees van die uitwerking wat haar handeling op haar het.
Na wat soos ure voel, lyk dit of Cornelia se folterwerk haar op die duur uitgeput het. Sy skiet die pop weg van haar en dit val eenkant op die vloer. Toe spring sy op, frommel die pop toe in die kombers en kom tot Naas se uiterste skok direk na die muurkas gestap. Maar die keer buk sy net half af, smyt die pop in die muurkas en laat die klap hard val.
Daarna is dit vir n ruk doodstil. Toe Naas weer geluide hoor, is dit Cornelia se sagte gejammer iewers, waarskynlik op haar bed. Sy huil weer. Soms prewel sy woorde, iemand se naam. Dit duur lank. Naas l steeds roerloos opgekrul in die muurkas waar dit benoud geword het en die stank van die afgryslike pop dreig om hom te verswelg. Later vermoed hy Cornelia het opgestaan. Sy werskaf in haar kamer rond. Hy hoor haar water uit die lampetbeker in die wasskottel gooi en plasgeluide soos sy haar gesig afspoel. Dan is dit weer stil, grafstil. Naas oorweeg dit om die kasklap effens, net op n skreef te lig, maar doen dit nie. Die kamerdeur slaan toe. Cornelia se stem klink luid, opgewek soos hy dit ken, as hy haar met haar oupa in die kamer langsaan hoor praat. Dan hoor hy voetstappe in die gang af beweeg, sterf die stemme weg en word dit weer tjoepstil rondom sy skuilplek.
Naas lig die klap loer na buite. Vinnig klouter hy uit die kas. Nou versuim hy nie. Hy haal die pop uit en bespied in die gang af. Sy ouma sit nog op die bed in die een kamer, ingedoke, presies soos netnou.
Versigtig maak Naas die gangdeur oop. Hy kom nou eers agter hoe natgesweet hy is. En sy kop duisel. Dis of alles voor hom tuimel en sweef. Hy moet vir n oomblik doodstil staan om tot verhaal te kom. Hy kyk heen en weer oor die stoep. Cornelia is nrens nie. Hy sien ook nie sy oupa nie.
Naas sluip op die lang stoep voort tot by die voorkamer se deur. Sy o verken oral. Hy hou sy lyf dun teen die muur. Toe hy die voordeur oopmaak, hoor hy Cornelia se stem in die kombuis. Hy luister, hoor hoe Cornelia s: Kandassie, ek gaan nou eers gou vir Bordeaux afsaal en voer gee. Maak jy solank koffie.
Naas wag n kort oomblik. Toe sluip hy deur die voorkamer. Hy skuur by Kandassie verby waar sy voor die es met die kospotte doenig is en sluip met die pop onder sy baadjie na buite nadat hy seker gemaak het Cornelia is nie op die werf in sig nie. Toe vlug hy al langs die huis krale toe. Eers in die bos kies hy die kortste pad; hardloop hy sonder om een keer om te kyk.
Oom Staag staan in die hek van sy takskerm, staan asof hy nog altyd vir Naas daar wag. Gedog jy kom nooit nie, Naasman. Het jy toe uiteindelik die pop-ding? vra oom Staag, die verwyt vlak in sy stem.
Naas oorhandig die bondel aan oom Staag. Oom Staag woel dit oop, gee die pop net een kyk en maak dit dan haastig toe. Naas sien hoe die ou man ril.
Dankie, Naasman, ou seun. Vandag het jy n wonderbaarlike groot ding gedoen, s hy.
Naas kyk op na die verweerde gesig voor hom en sien die opregte verligting en die hoop in oom Staag se o. In sy eie kop duisel dit egter steeds van vrae en emosies. Met n vinnige knik en n groet draai hy om en kies sonder versuim koers terug Doornrug toe. Hy het skoon vergeet om tant Maria se opdragte aan Kandassie oor te dra.
