Hoofstuk 12
Oom Staag Lemier skrik in die vroe oggenduur wakker van n geluid aan sy huisie se lendelam deurtjie. Hy kom halforent en luister aandagtig. Dit kan n hond of n ondier wees wat kom snuffel. Maar op so n nag verlaat niks sy skuilplek nie. Daarom gee hy nog aandagtiger ag. Die ding daar buite probeer die deur oopkry. Waars sy hond dan? Oom Staag wikkel met n sug onder sy velkombers uit en skuifel in die donker deur toe. Op sy: Wies daar? kry hy net n flou geluid.
Toe oom Staag die deur oopmaak, val die verskrompelde, verkluimde figuur sommer net oor die drumpel. Oom Staag skrik eers, maar kom toe agter dit is n kind wat inmekaargekrimp voor hom l. Hy tel die bibberende kind op en dra hom na sy bedjie toe waar hy hom in sy karos toewikkel. Dan stap hy na die herd, waar hy n groot vuur aanpak.
Eers toe die vlam hoog oplaai, sien hy sy nagbesoeker se gesig. Naas kerm en bibber onder die karos. Oom Staag maak bokmelk oor die vuur warm en forseer dit tussen Naas se klapperende tande in. Die huisie is teen di tyd al aan die warm word en Naas aan die ontdooi. Nogtans gaan die seun kort-kort hewig aan die bewe; bibber hy onder die snoesige karos.
Oom Staag gee Naas nog warm melk, di keer mildelik gemeng met n skeut van sy eie stookproduk. Dit slaan Naas se asem weg, maar ruk hom nogtans gou reg.
So ja, nou begin jy weer mens word, s oom Staag. Naas kry nog n beker warm bokmelk en hy drink dit gulsig. Rus nou, s oom Staag en maak Naas toe soos sy ma dit altyd gedoen het.
Naas dommel gou weg en word eers teen elfuur die oggend wakker. Toe hy sy o oopmaak, kyk hy in oom Staag se bebaarde gesig; kyk hy verwonderd rond waar hy nou is.
Toemaar, ou seun, jy is veilig. Voel jy nou beter?
Waar is hulle? vra Naas en kyk bang rond.
Dis net ek hier, s oom Staag. Ek kry gou iets vir jou om te eet.
n Rukkie later sit oom Staag n kalbas vol kragtige boontjiesop voor Naas neer. Dan skep hy vir homself ook in; eet slurp-slurp en steur hom onskynlik nie aan die seun nie. Eers toe Naas die kalbas neersit, s oom Staag. Nou moet jy my alles vertel. Van waar kom jy in so n bedremmelde toestand om middernag hier aan?
Naas begin vertel, onsamehangend aan die begin, maar gaandeweg met groter oortuiging. Oom Staag Lemier vra kort-kort uit. Toe Naas klaar vertel het, s hy: Daardie Cornelia-kind het haar geheel en al aan die Duiwel verpand. Sy is n kind des doods en jy moet nooit weer naby haar kom nie. Ek vat jou na die Davels toe. Jy moet daar loop bly.
Na n rukkie s oom Staag egter: Ek glo ook nie jy sal daar veilig wees nie. Jy moet weg, sommer ver weg. Het jy gn ander mense nie?
Nee, oom Staag.
Maar jy moet kom waar gn inyanga of sangoma ooit sy pote op jou kan l nie. O, die satangsvloeke!
Naas bly nog daardie dag en die volgende dag in oom Staag Lemier se huisie. Hy het sy beproewing klaarblyklik sonder nagevolg oorleef, maar moet nietemin aansterk voor hy ng na Doornrug, ng na Mooifontein kan terugkeer. Intussen gaan Oom Staag Lemier Doornrug toe om vas te stel of tant Maria-hulle weet van Naas se verdwyning.
Ja, dis nogal soos ek verwag het, kom vertel oom Staag na sy besoek. Dolf en Marja kla Barkus het sommer net so daar weggeraak. Maar hulle meen hyt soos n sleg mens diens verlaat en in sy swernoot in geloop. Oor jou is hulle nogal gaande, want tant Marja s hulle is jou voogde.
Hulle is bekommerd en dreig om Dorland aan te s om jou te loop soek. Ou Marja praat baie goed van jou ok. Sy s jy is so n diensbare, hardwerkende kind en hulle het nie ooit norag om op jou nommer te druk nie. En Cornelia, sit daar, die ene ore, weet kamma van gn sout of water nie.
Oom Staag Lemier oorpeins dinge, n diep plooi oor sy bles kop. Naasman, nou sal dit ok nie by die Davels so doodreg wees nie. Di mense kan met jou daar in die moeilikheid kom. Seg jou wat, ek vat jou self na Dorland. Dan vertel jy hom  Nee, dit sal ok nie deug nie. Hys dom en verstaan nie dinge nie. Hy sal jou tog nie glo nie, al s jy wat; sal dink jyt weggeloop en nou bak jy mooi broodjies. Ek dink ons gaan maar eers na die Davels toe. Mens kan dinge met Kootman bepraat. Hy en Lenie is verstandige mense met n gevoel vir hulle ewemens.
Vroeg die derdedagoggend ry hulle na Mooifontein. Daar gekom, vind hulle tant Lenie in n toestand. Dis Kotie, Staag. Ek spook al van eergisternag af met hom. Hy kry die verskriklikste koliekpyn en niks wat ek hom kan ingee, help vir hom nie. Hy s dis kompleet asof spiese in sy ingewande gesteek word. Ek is raadop.
Ek wil self na hom loop kyk, se oom Staag.
Kom, ek vat jou na hom toe. Tant Lenie loop voor. Omdat niemand vir hom s hy kan nie saamgaan nie, is Naas agterna.
Kotie, in die bed, lyk soos n uitgewaste lap. Sy gesig is doodsbleek en sy hare klou sweetklam aan sy voorkop. Santie is by hom; spons hom gedurig af.
Ek voel nou beter, Ma. Ja, ek voel sommer baie beter. Die pyne het my sommer net so gelos, s Kotie en glimlag selfs. Dag, oom Staag. Nee wat, dit moet iets wees wat ek geet het. Die naeltjie-olie wat Ma my ingejaag het, het seker die ding gedoen. Ek wil opstaan. My werk wag.
Nee, Kootman, jy bly in die kooi tot ek met jou klaar is, beveel oom Staag. Steek uit jou tong, ver. Hm. Maak nou jou mond groot oop. S nou vir my mooi waar het jy seer gehad. Oom Staag lig die kombers gedeeltelik weg van Kotie. Hy druk nou op verskillende plekke in Kotie se sye en op sy maag. Seer? vra hy.
Maar Kotie voel hoegenaamd nrens pyn nie. Die ontsettende pyne wat hy verduur het, het skielik geheel en al verdwyn.
Dis Ma se naeltjie-olie. Dit het soos n wonderwerk gehelp, s Kotie. Sjoe, syt alles onder die son geprobeer voor die naeltjie-olie.
Dis gn Lenie se mirsyne nie! grom oom Staag Lemier. Hy s niks meer nie; sit daar met sy stroewe, afgetrokke gesig, sy o bekommerd. Eindelik praat hy weer: Ek het klein Naasman vir julle gebring. Ek kan nie eksplein nie. Hy moet n paar dae hier bly tot  tot daar klaarheid omtrent hom gekom het. Ai, ek weet ok nie of dit goed is as hy hier by julle bly nie 
Ons sal hom graag hier wil h, s tant Lenie. Kotie moet weer op tog gaan, dan sal dit goed wees om so n bruikbare seun hier op die plaas te h. Maar, Staag, wat gaat Marja-hulle s?
Lena, hulle moenie weet nie. En Kotie gaat nergens op tog nie, nie voor ek hom geseg het hy kan nou gaan nie! besluit oom Staag aggressief.
Nadat oom Staag afskeid geneem het, toe hy al n ent weg is, dink Naas aan nog iets. Oom Staag! Oom Staag! roep hy en hol agter die donkiekarretjie aan. Naas word klein soos hy hol. Want oom Staag se eseltjies draf fluks en hy haal hulle eers ver van die huis af in.
Wat is dit nou, Naasman? vra oom Staag begaan, want Naas se asem is skoon weg.
Oom, daars nog iets! hyg Naas. Hy vertel nou wat hy gesien het toe hy so in die vet inyanga-vrou se o gekyk het, van hoe hy gesien het hoe Cornelia met n haakspeld in die houtpop se sy steek en grawe en hoe Kotie dan krul en kerm van pyn.
Oom Staag, ek het dit gesien of hulle hier voor my is, al was Cornelia in haar kamer voor haar kas met die houtpop en Kotie hier op Mooifontein by  by  Nou onthou ek. Hy was by die kraal. Daar was siek beeste en Santie het vir hom koffie gebring 
So by my kloutjie! roep oom Staag opgewonde uit. Dans dit nooit anders nie. Naas klim op, ons draai om. Ek wil eers weer met Kotie loop gesels.
Toe hulle di keer by die opstal kom, is tant Lenie van nuuts af in n toestand. Haar hare is deurmekaar. Daar is vlamme op haar bleek gesig en die verbystering l groot in haar o.
Staag, mens, jy kom of jy gestuur is. Mens, jy was net weg toe Kotie weer begin aangaan of die Duiwel self met sy vurige vurk in sy ingewande karring. Kom help tog! Hannie! Hannie kom staan hier by die stoof, kyk dat die medisyne nie oorkook nie.
Di keer kry hulle Kotie in die greep van die aanval. Naas kon nie dink hy sou in so n kort rukkie so n verandering in n mens sien nie. Kotie l op die vloer voor die bed. Hy rol rond, skop met sy voete, hyg en kerm: Help my! Help my! Ag, Here, help my! soebat hy. Sy gesig is vertrek en sy o is di van n waansinnige. Ek kan nie! Ek kan dit nie uithou nie! kerm hy. Help my! Ma, maak my dood. Maak my liewer dood; ek kan die pyn nie uithou nie!
Oom Staag Lemier betrag die gemartelde jongman aan sy voete sonder sigbare deernis. Tant Lenie staan handewringend langs hom. Sy verwag oom Staag moet iets doen. Maar hy staan daar, s niks en verroer nie n vinger nie. Toe sy dit nie meer kan uithou nie, skree sy, huil sy: Help hom Staag! Magtig, kan jy hom dan nie help nie?
Nee, Lena, ek kan hom nie help nie. Nie nou op die oomblik nie. Die man is getoor. Dis n toor wat ek nie sommer net kan breek nie. Ek wil help. Die Here weet hoe bitterlik graag ek wil help. Maar ek weet nie hoe nie. Ek weet so wragtig nie hoe nie, nie op dese oomblik nie. Lena, jy moet n ware Christeling loop soek om vir Koot te kom bid. Julle moet bid. Julle moet aanhoudend bid. En Naasman sal maar saam met my moet kom. Dis al wat ek nou kan doen. Ja, dis n dikkedensie en nou hang dit alles eenklik net van Naasman hier af.
Oom Staag pluk aan sy yl baardjie. Kotie het effens bedaar, kyk hygend, hulpsoekend na die mense om hom. Jy seg in die nag is dit beter, Lena? Dan kry hy sy slaap partykeers in?
Ja, laasnag was beter. Maar hoe moet my kind so ly en bly leef? vra tant Lenie verslae.
Dis wat my bekommernis ok is. Maar laat Naasman saam met my kom. Dit sal nie oornag regkom nie. Maar daar sal n plan gemaak worre. Dis net  dis net voor mens nie jou hand op die ding gel het nie, is daar nie n antwoord nie. Ai, die helse duiwelsgebroed!
Hannie het langs Naas kom staan. Sy kan nie die pyn sien wat haar broer verduur nie. Maar sy kan hom hoor kerm en tekere gaan. Sy wring haar hande en die trane drup uit haar blinde o. Naas voel skuldig hier langs haar. Dit is al vir hom asof hy skuld aan Kotie se pyn het. Hy kyk na die skraal meisietjie, sy wat nie kan sien nie, wat tog op haar minsame manier aan hom laat blyk het sy hou van hom en dat hy nie vir haar n aanstoot is omdat hy mismaak is nie.
Lena, jy moet maar naeltjies kneus. Of maal dit soos poeier, trek dit en dwing dit vir Kotie in. Dit sal die pyn dalk draagliker maak. Ander raad het ek nie. Ek wil nou maar gou ry en Naasman ry saam met my. Julle moenie met iemand praat dat ons ooit hier was nie. Niemand moet ooit weet nie. Kom, Naasman.
Naas blik vir laas na Hannie voordat hy omdraai om oom Staag te volg. Ofskoon Hannie hom nie kan sien nie, kyk sy na sy kant toe en glimlag deur haar verdriet. Tot siens, Nasie, groet sy.
In teenstelling met hul rit Mooifontein toe, is oom Staag op pad terug spraaksaam. Naas, jy s jyt gesien hoe Cornelia met n haakspeld in die pop se sy in boor? vra hy aan Naas nadat die donkies gedraai het en hulle die lang pad vat.
Ja, Oom. Ek het ook gesien hoe Kotie op die grond val en krul van die pyn. En dan los sy haar gegrou en dan huil sy en dan s sy: Ai, Kotie! Kotie!
En dit het jy gesien asof alles voor jou oge gebeur?
Ja, oom Staag.
Naasman, Kotie Davel is in lewensgevaar en Cornelia, sy weet nie waarmee sy speel nie. Sy speel in die hande van die Duiwel self. Sys eintlik rs in gevaar. Ja, sys nou hede op die oomblik in die hande van die Duiwel self, met sy dissipels, die inyangas saam. Sys in hulle mag. Vir haar kan ons nie help nie, vrees ek. Dis te laat, skat ek. Maar ons kan dalk nog iets vir Kotie doen. Oom Staag skud sy kop, praat met homself, sug.
Ai, sys besig met n gruwelike ding. Maar die skade is nou klaar gedoen. Ek weet. Dis al lankal wat ek hond se gedagte het. Ai, het jy nie nou die nag by my uitgekom nie, was dit ok te laat om iets vir Kotie te doen.
Maar wat is aan die gang, oom Staag? vra Naas, want niks maak vir hom sin nie.
Dis n lang storie, Naas, wat ek geloof jy nie sal verstaan nie. Ek dink dit het by Adam en Eva nog begin. Ja, dalk nog voor hulle.
Ewentwil, Cornelia het haar siel aan die Duiwel verpand. Maar dis nie net haar skuld nie. Ek wil h jy moet vandag nog teruggaan na oom Dolf en tant Marja toe. Die ou sondaars is baie bekommerd oor jou, weet ek. Ek sal vir hulle n storie vertel hoe jy daar by my uitgekom het. Ons sal vir hulle s jy het toe jy by die beeste was, stry gekry met die wagtertjies. Toe het hulle jou gevang en al jou klere met hulle saamgevat. En toe was jy te skaam om jou gesig in jou poedelnaaktheid daar by hulle te wys. Toet jy maar daar by my kom aanklop. Ou Dolf en ou Marja sal ons glo en Cornelia  Cornelia sal met enige liegstorie tevrede moet wees. Want as jy die waarheid praat, weet ek nie met hoe n storie sy daar gaat uitkom nie. Sal jy die ding so s?
As oom so s, sal ek so s, s Naas.
Jy moet so seg, ou seun. Maar dit is nie al nie. Ek het n groot werk vir jou. Daardie houtpop, daardie vuilegoedse toorhoutpop moet jy vir my uit Cornelia se hande kry. Jy moet uitvind waar sy die ding bre en hom daar wegkry. Want met daardie pop is sy besig om Kotie Davel dood te vermoor. En sy sal vir hom bietjies vir bietjies doodmartel. Naas, jy moet vir ons daardie pop kry, want sy sien hom nie ly nie. Sy weet nie wat sy doen nie.
S Oom ek moet die pop steel? vra Naas verbysterd. Want hoe gaan hy dit regkry?
Ja, jy moet hom vir my soek en vir my bring. Want dan  dan sien gn niemand hom ooit weer nie.
Hulle ry voort; Naas nou baie bekommerd. Hulle ry verby die een bekende baken na die ander. In die tyd dat hy hier woon, het Naas die omgewing goed leer ken. Maar vandag sien hy min raak. Hy praat nie n verdere woord nie, net sy gedagtes maal. Oom Staag het ook stug in homself gekeer geraak.
Na n lang ruk s hy tog Ja, Naasman, jys die groot mirsyne. Vir jou wou die inyangas dolgraag gehad het. n Wit kjind soos jy kry hulle nie aldag hier op hulle drempel nie. En dis hoe Cornelia haar gruwelooslike houtpop gekry het. Syt hom gekry in ruil vir jou, dis hoe sy hom gekry het. Hulle wou jou gehad het. Van jou sou hulle sommer sterk mirsyne gemaak het om by ou Belsebul te voetval.
Naas verstaan nie alles wat oom Staag s nie. Dit slaan egter smartlik in, want hy weet nou dat dt wat hy vermoed het, waar is. Cornelia, mooie Cornelia wat hy so lief leer kry het en teenoor wie hy so n lojaliteit ontwikkel het, het nie omgegee wat hulle met hom maak nie. Haar vriendelikheid was om hom na die inyangas te lok, om hom aan hulle uit te lewer. Syt nie omgegee wat van hom word nie. Tot op die laaste het sy nog op sy gehegtheid aan haar gespeel om haar verskriklike doel te bereik.
Cornelia is wreed en gemeen. Maar hy kan haar nie haat nie, ten spyte van alles. Hy kan nie ophou om haar lief te h nie. Hy soek na redes om haar optrede te vergoeilik. Nou nog, op hierdie oomblik, soek hy na verskonings vir haar.
Naas, het jy nou mooi gehoor wat ek vir jou geseg het? Naasmantjie, ek seg weer, as jy nie vir Kotie in sy doodkis wil sien nie, moet jy daardie duiwelse pop-ding vir my kry en gou ok. Het jy gehoor? Jy moet hom kry. Moet gn skaam of steeks wees nie. Soek en kry en bring die verhelsemste ding hier vir my, beklemtoon oom Staag heftig.
Ek sal my bes doen. Ek sal doen wat ek kan, oom Staag, belowe Naas.
Ou seun, belowe en jou bes is nie goed genoeg nie. Jy moet hom kry en gou kry en vir my bring. Dis doodsake vir Kotie, benadruk oom Staag Lemier toe hy Naas n entjie van Doornrug af aflaai.
Naas stap skoorvoetend opstal toe. Hy versuip in n bontgelapte broek en net so n afgeleefde hemp van oom Staag Lemier. Die klere is so groot dat drie van hom maklik daarin kan kom. In sy lewe het hy nog nooit so potsierlik gelyk nie. Maar daaraan dink hy nie nou nie.
Wat vir hom wag om te doen, neem sy gedagtes geheel en al in beslag. Dit l soos n berg voor hom. Hy was tot dusver nog net in die kombuis van Doornrug se huis. Verder as dit, het hy geglo, hoort hy nie. Hy het nie die vrymoedigheid om oor die binnedeur se drumpel te gaan nie. Hy glo hy sal daar soos n hond uitgevoertsek word. Hoe die res van die huis daar uitsien, waar Cornelia se kamer is en hoe haar kamer van binne lyk, weet hy nie. Hy het hom in sy lewe nog net by die Davels in so n kamer bevind. Hy kan hom die inhoud, die voorkoms van n jong vrou soos Cornelia se kamer nie voorstel nie; weet net hy het niks daar verloor nie. As hy die moed bymekaar kan skraap om skelm in so n vertrek in te gaan en hy word daar betrap, wat s hy dan?
Ja, hoe kan hy s wat soek hy daar?
Di vraag hou hom besig die myl of so Doornrug toe. Hy stap al traer. Die jaar vat-vat aan die lente. Dit is warm vandag na die kwaai koue. Links van hom kwetter n mossie verskrik. Maar niks hiervan registreer by hom nie.
Toe Naas regoor die kraal na die opstal toe uitdraai, gewaar hy Stefaans met twee melkkanne op pad huis toe. Hulle sien mekaar op presies dieselfde oomblik. Stefaans sit die kanne neer. Hy beskou Naas oopmond. Toe s hy: Genadetjie, Naas, waarnatoe gaat daai broek en daai hemp saam met jou saam, h?
Naas het nie dadelik n antwoord nie en nou vra Stefaans besorg. En waar in jou swernoot bly jy so die dage om? Ons het ons mal gesoek en gebekommer oor jou!
E  Ek was so n bietjie weg, s Naas lamlendig.
En toe gaat jy en veloor jou broek en hemp. En nou kom jy hier aan in n broek en hemp wat jou oole oupagrootjie kon gedra het. Naas, wie se klere is daai toiings?
Oom  oubaas Staag het dit vir my geleen, bely Naas.
En jou eige, waas die? Jy wil nie vir my loop en seg jy het in jou broek geloop en dinges nie, h?
Ne-nee ek  ek het natgereent.
Wanner? Jy lieg mos! Sies! Al vrybaar en kan nog nie eers behoorlik broekverbind nie! Stefaans spoeg en tel sy kanne weer op.
Toe skrik Naas. Cornelia kom voor om die huis. Sy sien hom. Vir n oomblik lyk dit of sy verstar. Hy sien hoe haar mond oopgaan, en haar o  haar o lyk of hulle n spook gesien het. Maar sy herstel net so gou.
My genade, Naas, hoe laat jy my skrik. Kom. Kom ek kry gou vir jou ander klere.
Sy is by Naas, vat hom agter die huis verby, verby die toe kombuis, deur die perdestal. Sy help hom selfs die leer op. Wag hier, ek kry vir jou ander klere, fluister sy en klim weer met die leer af.
Cornelia daag vyf minute later op met Naas se enigste ander stel klere.
Vat. Trek aan. Toe, trek aan, beveel sy toe hy nie aanstaltes maak nie  juis omdat sy nie, welvoeglik soos dit hoort, haar uit die voete maak nie. Toe, ek maak dadelik vir jou nog n broek en hemp.
Eers toe vra sy: Wat het toe van jou geword, Naas? Hoekom het jy nie op die kar gebly nie? Ek het my van my verstand af gesoek na jou.
Nou jok jy mos, dink Naas. Hy s nietemin. Ou Mtwetwe en die vet ou vrou  hulle 
Sjuut! Moenie verder vertel nie. Moenie vir iemand daarvan vertel nie. S jyt verdwaal. Ja, s jyt verdwaal. Moenie s jy was daar nie.
Goed, ek sal nie.
Naas trek oom Staag se broek en hemp voor haar uit en trek die klere aan wat sy vir hom gebring het.
Nou moet jy kom eet, Naas. Onthou net jyt verdwaal. Ai, Naas, ek het so n kommer uitgestaan oor jou. Ek het naderhand gedink jy kom nie lewendig terug nie. Ek het huis toe gekom en nie geweet wat van jou kon geword het nie. O, jy kan nie dink hoe bly ek is nie.
Sy trek hom na haar toe en soen hom. Hy bemerk selfs vogtigheid in haar o.
Ai, jy moet kom dat ek vir jou kos gee.
Cornelia maak egter nie aanstaltes om met die leer af te klim nie; vroetel aan n strikkie op haar bors en s met n halflaggie. Ek het vir Pappa-hulle ges ons is oorval en ek het sonder jou weggekom. Ek het ges vreemde mense het ons oorval. Jy moet ook maar so vir hulle s, sal jy?
Naas kyk Cornelia verwonderd aan. Haar o is so eerlik op hom. Hy soek, maar hy vind geen dubbelhartigheid in daardie o nie. Hy laat sy kop sak om nie in haar o te kyk nie. Ek sal so vir hulle s, beloof hy.
Cornelia druk hom weer teen haar aan. O, jys my dierbare ou boetie, Naas. Ek  ek sal nog eendag n baie groot present vir jou gee, wag maar.
Toe eers draai sy om en klim met die leer af. Naas volg haar, huiwerig, bang om voor tant Maria en oom Dolf se uitvraery te beland.
