Toevallig
Die luiperd luier op n kameelboomtak, die gemsbok knabbel haasgras water toe; die luiperd op sy tak verstrak,
sy hart klop wild, sy tong proe bloed.
Die gemsbok lig sy kop, die luiperd spring, n horing gaan pylreguit deur sy blad  geen kinkels keer, die horing dring
tot anderkant, die lywe swaai, hul val.
Die horingpunt pen hul albei in die grond. Onder l die luiperd, l verbasend stil;
bo draai die gemsbok, kantel op n lank, sy kop bly steek in hierdie misverstand.
