DIE HERE IS ONS HERDER
n Herbesoek aan Psalm 23
Nou by die vol voerkuile kan ons Hom nog sien. Hy gaan nie weg nie.
Sy mooi hande en polse hang oor die toe hek.
Vlokke sterre oor ons koppe wiggel soetjies as iets kw teen die nag,
maar ons kraaltjies het n ho muur.
Elke oggend spoor die paadjie agter Hom aan, karoobos, koorsbome en kastaiing
wei by ons verby.
Kom, kom, roep sy staf ons.
Die rivier val af soos wol, n watervalletjie wit en skoon gewas.
Groen polle spleet saggies oop soos hoefies en middae dut
so staan-staan onder die wilgerboom.
Die son word skaars, die veld teen die rand is rooi en uitgeblr.
As Hy die hek oopstoot, is sy o gewy aan sagtheid.
Die wol van my rug murmel onder sy hand. Soos elke skemer, wag Hy vir die temeriges. Die voetpaadjie kap-kap van ons kloutjies.
Onder die tl swaai ons sterte soos klokkies, hek-in.
